www.wikidata.af-za.nina.az
Dinosourusse was langer as 160 miljoen jaar die oorheersende landdiere van laat in die Trias periode ongeveer 230 miljoen jaar gelede tot aan die einde van die Kryt periode ongeveer 65 miljoen jaar gelede toe die meeste uitgesterf het tydens die Kryt Paleogeen uitwissing Fossielrekords dui daarop dat voels tydens die Jura periode uit Theropoda dinosourusse ontwikkel het en die meeste paleontoloe beskou hulle as die enigste dinosourus klade wat tot vandag nog lewe 1 DinosourusseTydperk Laat Trias Holoseen 231 4 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg NWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSubfilum VertebrataKlas ReptiliaSubklas DiapsidaInfraklas ArchosauromorphaSuperorde Dinosauria Owen 1842 Belangrike groepe Ornithischia Stegosauria Ankylosauria Ornithopoda Ceratopsia Saurischia Sauropodomorpha TheropodaDinosourusseKladistiese klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlade DinosauriformesKlade Dinosauria Owen 1842 Dinosourusse is n groep diere wat baie van mekaar verskil Paleontoloe het met behulp van fossiele wereldwyd reeds meer as 500 afsonderlike genera geidentifiseer 2 wat saam meer as 1 000 spesies bevat 3 Sommige dinosourusse was herbivore terwyl ander karnivore was Sommige was tweevoetig ander viervoetig en nog ander kon tussen hierdie twee posture wissel Baie spesies het uitvoerige skeletveranderings ondergaan soos benerige pantsers horings of kruine Alhoewel hulle oor die algemeen as groot diere bekend is was baie dinosourusse so groot soos mense of selfs kleiner Die meeste het neste gebou en eiers gele Die naam dinosourus is vir die eerste keer in 1842 deur sir Richard Owen gebruik en is afgelei van die Griekse deinos en sauros letterlik vreeslike of wonderlike akkedis In die eerste helfte van die 20ste eeu het wetenskaplikes geglo dinosourusse was stadige dom koudbloedige diere Navorsing en ontdekkings sedert die 1970 s dui egter daarop dat hulle aktiewe diere was met n verhoogde metabolisme wat verskeie aanpassings ondergaan het in sosiale interaksie Sedert die eerste dinosourusfossiel vroeg in die 19de eeu gevind is is saamgestelde dinosourusskelette n gewilde trekpleister in museums dwarsoor die wereld Hulle het n plek in die wereldkultuur en is gewild as onderwerp in boeke en rolprente soos Jurassic Park of nuusitems wat dikwels in die media gedek word Inhoud 1 Etimologie 2 Definisie 2 1 Algemene beskrywing 3 Geskiedenis van evolusie 3 1 Oorsprong en vroee evolusie 3 2 Evolusie en paleobiogeografie 4 Klassifikasie 4 1 Taksonomie 5 Biologie 5 1 Grootte 5 1 1 Grootste en kleinste 5 2 Gedrag 5 3 Kommunikasie 6 Uitwissing van groot groepe 6 1 Chicxulub krater 6 2 Dekan trappe 6 3 Regressie 6 4 Moontlike oorlewende dinosourusse 7 Verwysings 8 Verdere leesstof 9 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie takson Dinosauria is in 1842 amptelik so genoem deur die paleontoloog sir Richard Owen wat dit gebruik het om te verwys na die kenmerkende stam of suborde van souriese reptiele wat in Engeland en dwarsoor die wereld erken is 4 Die term is afgelei van die Antieke Griekse woorde deinos deinos vreeslike of verskriklik groot en saῦros sauros akkedis of reptiel 4 5 Owen het dit bloot gebruik om te verwys na die grootte van die diere 6 en nie na hul voorkoms nie Definisie WysigVolgens filogenetiese taksonomie word dinosourusse gewoonlik gedefinieer as n groep bestaande uit Triceratops Neornithes moderne voels hul laaste gemeenskaplike voorsaat en alle afstammelinge 7 Daar is ook al voorgestel dat Dinosauria gedefinieer word na aanleiding van die laaste gemeenskaplike voorsaat van Megalosaurus en Iguanodon aangesien dit twee van die drie genera is wat Owen genoem het toe hy die Dinosauria erken het 8 Albei definisies lei tot dieselfde groepe diere wat as dinosourusse beskou word Dinosauria Ornithischia Saurischia en dit sluit in Teropodes meestal tweepotiges karnivore en voels Ankilosouriers gepantserde plantvretende vierpotiges Stegosouriers plantvretende vierpotiges met plate Seratopsiers plantvretende vierpotiges met horings en krae Ornitopodes twee en vierpotige plantvreters insluitende eendbekdinosourusse Souropodomorfe meestal groot vierpotige plantvreters met lang nekke en sterte 9 Voels word nou erken as die enigste oorlewende linie van teropodedinosourusse In tradisionele taksonomie is voels beskou as n aparte klas wat ontwikkel het uit dinosourusse n uitgestorwe superorde Die meeste moderne paleontoloe staan egter die idee voor dat vir n groep om natuurlik te wees alle afstammelinge van lede van die groep ook in die groep ingesluit moet wees Voels word dus beskou as dinosourusse en dinosourusse is dus nie uitgesterf nie Voels word geklassifiseer as behorende tot die subgroep Maniraptora wat Coelurosauria is wat Theropoda is wat Saurischia is wat dinosourusse is 10 Algemene beskrywing Wysig Dinosourusse kan in die algemeen beskryf word as argosourusse met ledemate wat reguit onder die lyf gehou word 11 Baie prehistoriese diere word dikwels as dinosourusse beskou maar word nie wetenskaplik as dinosourusse geklassifiseer nie soos ichtiosourusse mosasourusse plesiosourusse pterosourusse en Dimetrodon nie een van hulle het die reguit ledemate onder die lyf wat kenmerkend van ware dinosourusse is nie 12 Dinosourusse was die oorheersende landgewerweldes van die Mesosoikum veral die Jura en Kryt periode Ander groepe diere het beperkte grootte en nisse gehad soogdiere was byvoorbeeld selde groter as katte en was dikwels knaagdiergrootte vreters van klein prooi 13 Dinosourusse was n groot groep uiteenlopende diere volgens n 2006 studie is meer as 500 nie vlieende genera al tot dusver geidentifiseer en die totale getal genera in die fossielrekord word geraam op sowat 1 850 waarvan byna 75 nog ontdek moet word 14 Volgens n vroeere studie het daar sowat 3 400 dinosourusgenera bestaan insluitende talle wat nie in die fossielrekord behoue sou gebly het nie 15 Teen 17 September 2008 het altesaam 1 047 verskillende spesies dinosourusse al name gehad 16 Van hulle was plantvreters ander vleisvreters insluitende saad vis insek en allesvreters Terwyl die vroee dinosourusse tweevoetig was soos moderne voels was sommige prehistoriese spesies viervoetig en ander soos Ammosaurus en Iguanodon kon ewe maklik op twee of vier voete loop Skedelaanpassings soos horings en plate was algemeen terwyl sommige spesies pantsers gehad het Hoewel hulle bekend is as groot diere was die meeste dinosourusse in die Mesosoikum so groot soos mense of kleiner Dinosourusse was minstens teen die Vroee Jura oor die wereld versprei 17 Moderne voels bewoon feitlik alle habitats van die land tot die see Geskiedenis van evolusie WysigOorsprong en vroee evolusie Wysig nbsp Skelet van Marasuchus lilloensis n dinosourusagtige Ornithodira Tydlyn van leweHierdie kas sien bespreking wysig 4500 4000 3500 3000 2500 2000 1500 1000 500 0 WaterEenselligeleweFotosinteseEukarioteMeerselligeleweArtropode WeekdierePlanteDinosourusse SoogdiereBlommeVoelsPrimate Aarde 4540 Vroegste water Vroegste lewe Vroegste suurstof Atmosferiese suurstof Suurstofkrisis Seksuele voortplanting Vroegste plante Vroegste diere Ediacarium biota Kambrium ontploffing Tetrapodes Vroegste apeFanerosoikumProterosoikumArgeikumHadeikumPongolaHuroniesKriogeniumSaharaKarooKwarterYstydperkeKlikbaar Miljoen jaar gelede nbsp Sien ook Lewe Mens en Natuur Dinosourusse het tydens die Middel tot Laat Trias uit hul argosourus voorsate ontwikkel rofweg 20 miljoen jaar gelede nadat n geskatte 95 van alle lewe op aarde in die Perm Trias uitwissing uitgesterf het 18 19 Radiometriese datering van die rotsformasie wat fossiele bevat van die vroee dinosourus genus Eoraptor van sowat 231 4 miljoen jaar gelede wys dat hulle in die tyd in die fossielrekord aanwesig was 20 Paleontoloe dink Eoraptor verteenwoordig die gemeenskaplike voorsaat van alle dinosourusse 21 as dit waar is beteken dit die eerste dinosourusse was klein tweevoetige roofdiere 22 Die ontdekking van primitiewe dinosourusagtige Ornithodira soos Marasuchus en Lagerpeton in Argentiniese Middel Trias strata ondersteun die teorie ontleding van fossiele dui daarop dat hierdie diere wel klein tweevoetige roofdiere was Dinosourusse kon al 243 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak het soos gesien kan word uit oorblyfsels van die genus Nyasasaurus uit daardie periode hoewel bekende fossiele te verbrokkel is om te bepaal of hulle dinosourusse was of net naby verwante 23 Toe dinosourusse op die toneel verskyn was die land bewoon deur verskeie soorte argosourusse en terapsides soos etosourusse sinodonte disinodonte en ornitosoegides Die meeste van hierdie ander diere het uitgesterf in die Trias in een van twee uitwissingsvoorvalle Die eerste was tussen die tydsnedes Karnium en Norium sowat 215 miljoen jaar gelede toe disinodonte en n verskeidenheid argosouromorfe uitgesterf het Dit is gevolg deur die Trias Jura uitwissing sowat 200 miljoen jaar gelede wat die einde ingelui het vir die meeste van die ander groepe vroee argosourusse soos die etosourusse ornitosoegides en fitosourusse Die verliese het daartoe gelei dat die land oorheers is deur krokodilagtiges dinosourusse soogdiere pterosourusse en skilpaaie 7 Die eerste paar linies van die vroee dinosourusse het gediversifiseer in die Karnium en die Norium tydsnede van die Trias moontlik deur die nisse te vul wat deur uitgestorwe spesies leeg gelaat is 9 Evolusie en paleobiogeografie Wysig Die evolusie van dinosourusse na die Trias het gevolg op veranderings in plantegroei en die ligging van die kontinente In die Laat Trias en Vroee Jura was die landmassas verbind in een superkontinent Pangea en die wereldwye dinosourusbevolkings het meestal bestaan uit selofisoied karnivore vleisvreters en vroee souropodomorf herbivore plantvreters 24 Naaksadiges veral konifers n moontlike voedselbron het in die Laat Trias begin gedy Vroee souropodomorfe het nie gesofistikeerde meganismes gehad om kos in die mond te verwerk nie en moes ander metodes verder af in die verteringskanaal gebruik om die kos op te breek 25 Die algemene gelyksoortigheid van dinosourusse het tot in die Middel en Laat Jura voortgeduur met die meeste bevolkings wat bestaan het uit roofdiere soos seratosouriers spinosouroiede en karnosouriers en plantvreters soos stegosouriese ornitiskiums en groter souropodes Ankilosouriers en ornitopodes het ook al hoe algemener geraak maar prosouropodes het uitgesterf Konifers en pteridofiete was die mees algemene plante Souropodes soos die vroeere prosouropodes het ook nie kos in die mond verwerk nie maar ornitiskiums het verskeie maniere ontwikkel om kos in die mond te hanteer insluitende moontlike wang agtige organe om die kos in die mond te hou en kaakbewegings om dit fyn te maal 25 Nog n noemenswaardige gebeurtenis in die Jura was die verskyning van ware voels wat afgestam het van selurosouriers 26 Teen die Vroee Kryt en die voortdurende verbrokkeling van Pangea het dinosourusse op die onderskeie landmassas begin verskil Vroeg in die tydperk het ankilosouriers iguanodonte en brachiosourides deur Europa Noord Amerika en Noord Afrika begin versprei Hulle is later in Afrika aangevul of vervang deur groot spinosouride en karcharodontosouride teropodes en rebbachisouride en titanosouride souropodes wat ook in Suid Amerika voorgekom het In Asie het selurosouriers soos dromeosourides troodontides en oviraptorosouriers algemene teropodes geword en ankilosourides en vroee seratopsiers soos Psittacosaurus het belangrike plantvreters geword Intussen het Australie die tuiste geword van primitiewe ankilosouriers hipsilofodonte en iguanodonte 24 Dit lyk of die stegosouriers in die een of ander stadium van die Vroee Kryt en vroee Laat Kryt uitgesterf het n Groot verandering in die Vroee Kryt wat in die Laat Kryt in n groter mate voortgesit is is die evolusie van blomplante Terselfdertyd het verskeie groepe plantvreters meer gesofistikeerde maniere ontwikkel om kos in die mond met tande fyn te maal Daar was in die Laat Kryt drie groot bevolkings dinosourusse Op die noordelike kontinente Noord Amerika en Asie was die meeste teropodes tirannosourides en verskeie soorte kleiner teropodes terwyl die plantvreters veral bestaan het uit hadrosourides seratopsiers ankilosourides en pachisefalosouriers Op die suidelike kontinente wat die nou verbrokkelende Gondwana uitgemaak het was abelisourides die algemene teropodes en titanosourier souropodes die algemene plantvreters In Europa was dromeosourides rabdodontide iguanodonte nodosouride ankilosouriers en titanosourier souropodes volop 24 Blomplante het toegeneem 25 en die eerste grassoorte het aan die einde van die Kryt verskyn 27 Hadrosourides wat kos gemaal het en seratopsiers wat kos stukkend geskeur het het wydverspreid in Noord Amerika en Asie geword Teropodes het ook versprei as plant en allesvreters en terisinosouriers en ornitomimosouriers het algemeen geraak 25 In die Kryt Paleogeen uitwissing van sowat 66 miljoen jaar gelede aan die einde van die Kryt periode het alle dinosourusgroepe uitgesterf behalwe Neornithes voels Sommige ander diapsidegroepe soos krokodilagtiges sebesosoegiers skilpaaie akkedisse slange sfenodontes en choristoderas het ook oorleef 28 Die oorlewende linies Neornithes voels insluitende die voorsate van moderne loopvoels eende en hoenders en watervoels het aan die begin van die Paleogeen periode vinning gediversifiseer en nisse gevul wat leeg gelaat is deur dinosourusgroepe Soogdiere het egter ook vinnig gediversifiseer en het die nisse op land uiteindelik oorheers 29 Klassifikasie WysigHoofartikel Klassifikasie van dinosourusseDinosourusse is argosourusse nes moderne krokodilagtiges Binne die argosourusgroep word dinosourusse veral deur hul loop onderskei Dinosourusse se bene strek van die lyf af ondertoe terwyl die bene van akkedisse en krokodille na die kant toe uitstrek 30 Dinosourusse as n klade word verdeel in twee hoofgroepe souriskiums Saurischia en ornitiskiums Ornithischia Souriskiums sluit in die taksa wat n meer onlangse gemeenskaplike voorsaat met voels deel as met ornitiskiums terwyl ornitiskiums die taksa insluit wat n meer onlangse gemeenskaplike voorsaat met Triceratops deel as met souriskiums Anatomies kan die twee groepe veral uitmekaar geken word deur die struktuur van hul pelvis Vroee souriskiums akkedisheupe van die Griekse saῦros sauros akkedis en ἰsxion ischion heupgewrig het die heupstruktuur van hul voorsate behou Ornitiskiums voelheupe van die Griekse orni8eios ornitheos voel en isxion ischion heupgewrig het n aangepaste pelvisstruktuur nbsp Saurischia pelvisstruktuur linkerkant nbsp Tirannosourus pelvis wys die Saurischia struktuur linkerkant nbsp Ornithischia pelvisstruktuur linkerkant nbsp Edmontosourus pelvis wys die Ornithischia struktuur linkerkant Taksonomie Wysig nbsp Stegosaurus stenops skelet nbsp Triceratops horridus skelet Amerikaanse Natuurhistoriese Museum nbsp Die huismossie Passer domesticus word dikwels gebruik om moderne voels te verteenwoordig in definisies van die groep Dinosauria Die volgende lys is n vereenvoudigde klassifikasie van groepe gebaseer op hul evolusionere verwantskappe Dit is georganiseer volgens n lys Mesosoiese dinosourusspesies deur Holtz 2008 31 Die dolk toon groepe aan met geen oorlewende lede nie DinosauriaSaurischia met akkedisheupe sluit in Theropoda en Sauropodomorpha Theropoda alle tweevoetiges die meeste was karnivore Herrerasauria vroee tweevoetige karnivore Coelophysoidae klein vroee teropodes sluit in Coelophysis en naby verwante Dilophosauridae vroee vleisetende teropodes met kuiwe Ceratosauria met horings Tetanurae met reguit sterte sluit in die meeste teropodes Megalosauroidea vroee groep groot karnivore Carnosauria Allosaurus en naby verwante soos Carcharodontosaurus Coelurosauria geveerde teropodes Compsognathidae algemene vroee Coelurosauria met klein voorste ledemate Tyrannosauridae Tyrannosaurus en naby verwante met klein voorste ledemate Ornithomimosauria soos volstruise meestal sonder tande karnivore tot moontlik herbivore Alvarezsauroidea klein insektivore met klein voorste ledemate en een groot klou Maniraptora met lang skraal arms en vingers Therizinosauria tweevoetige herbivore met groot kloue en klein koppe Oviraptorosauria meestal sonder tande Archaeopterygidae klein teropodes met vlerke of primitiewe voels Deinonychosauria klein tot mediumgrootte en voelagtig met n kenmerkende toonklou Avialae moderne voels en hul naby verwante Scansoriopterygidae klein primitiewe voels met lang derde vingers Omnivoropterygidae groot vroee voels met kort sterte Confuciusornithidae klein tandlose voels Enantiornithes primitiewe vlieende voels wat in bome gehou het Euornithes gevorderde vlieende voels Yanornithiformes Sjinese voels uit die Kryt met tande Hesperornithes duikende watervoels Aves moderne voels met snawels en hul uitgestorwe verwante dd dd dd dd dd dd dd nbsp Verskeie souropodes van links Camarasaurus Brachiosaurus Giraffatitan en Euhelopus Sauropodomorpha herbivore met klein koppe en lang nekke en sterte Guaibasauridae klein primitiewe Sauropodomorpha omnivore Plateosauridae primitiewe tweevoetige Prosauropoda Riojasauridae klein primitiewe Sauropodomorpha Massospondylidae klein primitiewe Sauropodomorpha Sauropoda groot en swaar viervoetiges Vulcanodontidae primitiewe Sauropoda met pilaaragtige ledemate Eusauropoda ware Sauropoda Cetiosauridae walvis reptiele Turiasauria Europese groep Jura en Kryt Sauropoda Neosauropoda nuwe Sauropoda Diplodocoidea lang skedels en sterte tande gewoonlik smal Macronaria boksagtige skedels lepel of potloodvormige tande Brachiosauridae met lang nekke en lang arms Titanosauria uiteenlopend stewig met bree heupe dd dd dd dd dd dd nbsp Verskeie ornitopodes en n heterodontosouride Heel links Camptosaurus links Iguanodon middel agter Shantungosaurus middel voor Dryosaurus regs Corythosaurus heel regs klein Heterodontosaurus heel regs groot Tenontosaurus Ornithischia met voelheupe uiteenlopende twee en viervoetige herbivore Heterodontosauridae klein herbi omnivoor ornitopodes met prominente snytande Thyreophora gepantserde dinosourusse meestal viervoetig Ankylosauria met skildplate as primere pantsers sommige met knuppelagtige sterte Stegosauria skerp punte en plate as primere pantsers Neornithischia nuwe Ornithischia Ornithopoda verskeie groottes twee en viervoetiges talle met tande en n kenmerkende manier van kou Marginocephalia gekenmerk deur kopbeengroei Pachycephalosauria tweevoetiges met knobbelrige groeisels aan skedels Ceratopsia viervoetiges met krae sommige met horings dd dd dd Biologie Wysig nbsp Shantungosaurus giganteus Stegosaurus armatus Amphicoelias fragillimus Triceratops horridus Spinosaurus aegyptiacus nbsp n Diagram wat die grootste bekende dinosourusse in vyf klades vergelyk met die mens Kennis oor dinosourusse kom van n verskeidenheid fossiele en niefossiele rekords insluitende gefossileerde bene uitwerpsels vere velafdrukke interne organe gastroliete voetspore en sagte weefsel 32 33 Baie studieterreine dra by tot die mens se begrip van dinosourusse insluitende fisika chemie biologie en paleontologie Twee onderwerpe wat veral deeglik bestudeer word is grootte en gedrag 34 Grootte Wysig Bewyse dui daarop dat die grootte van dinosourusse gewissel het tydens die geologiese periodes Trias Vroee Jura Laat Jura en Kryt 21 Teropode roofdiere in die Mesosoikum era het gewoonlik tussen 100 en 1 000 kg geweeg terwyl huidige soogroofdiere hoogstens 10 tot 100 kg weeg 35 Die souropodes was die grootste en swaarste dinosourusse Vir n groot deel van die dinosourus tydperk was die kleinste souropodes groter as enigiets anders in hul habitat en die grootste een was n grootteorde groter as enigiets anders wat sedertdien die aarde bewandel het Reusagtige prehistoriese soogdiere soos die Paraceratherium die grootste landsoogdier nog is verdwerg deur die groot souropodes en net moderne walvisse is byna so groot of groter 36 Grootste en kleinste Wysig nbsp n Mens in vergelyking met n Giraffatitan nbsp n Mens in vergelyking met n Anchiornis huxleyi Wetenskaplikes sal waarskynlik nooit seker wees watter dinosourusse die grootste of die kleinste was wat ooit bestaan het nie Dit is omdat net n baie klein persentasie diere gefossileer word en die meeste daarvan is onder die grond begrawe Min van die fossiele wat ontdek word is volledige skelette en afdrukke van velle en ander sagte weefsel is skaars Die rekonstruksie van volledige skelette deur n vergelyking met die grootte en morfologie van soortgelyke beter bekende spesies is n onnoukeurige kuns en die rekonstruksie van spiere en ander organe is hoogstens ingeligte raaiskote 37 Die langste en swaarste dinosourus volgens goeie fossiele is Giraffatitan brancai voorheen geklassifiseer as n spesie van Brachiosaurus Die oorblyfsels is tussen 1907 en 1912 in Tanzanie ontdek Die bene van verskeie individue van dieselfde grootte is in die skelet geinkorporeer 38 dit is 12 m hoog en 22 5 m lank en sou behoort het aan n dier wat tussen 30 000 en 60 000 kg geweeg het Die langste volledige dinosourus is die 27 m lange Diplodocus wat in 1907 in Wyoming VSA ontdek is 39 Daar was groter dinosourusse maar kennis oor hulle is gebaseer op n paar stukke fossiele Die meeste van die grootste plantvretende voorbeelde is almal in die 1970 s of later ontdek en sluit in die massiewe Argentinosaurus wat tussen 80 000 en 100 000 kg kon geweeg het van die langstes was die 33 5 m lange Diplodocus hallorum 40 en die 33 m lange Supersaurus 41 Die hoogste een was die 18 m hoe Sauroposeidon so hoog soos n gebou van ses verdiepings Die swaarste en langste van hulle almal was dalk Amphicoelias fragillimus wat net bekend is van een nou verlore gedeeltelike werwelboog wat in 1878 beskryf is Die dier kon 58 m lank gewees en meer as 120 000 kg geweeg het 40 Die grootste bekende karnivoor was Spinosaurus wat 16 tot 18 m lank was en 8 150 kg kon geweeg het 42 As n mens nie voels insluit nie was die kleinste bekende dinosourus omtrent so groot soos n duif 43 Die kleinste nie vlieende dinosourusse was die naaste aan voels verwant Die algehele lengte van Anchiornis huxleyi se skelet was byvoorbeeld minder as 35 cm 43 44 A huxleyi is tans die kleinste nie vlieende dinosourus wat van n volwasse fossiel beskryf is met n geskatte gewig van 110 g 44 Die kleinste plantvretende nie vlieende dinosourus sluit in Microceratus en Wannanosaurus elk sowat 60 cm lank 31 45 Gedrag Wysig nbsp n Nes van Maiasaura peeblesorum is in 1978 ontdek Baie moderne voels is baie sosiaal en kom dikwels in swerms voor Daar is algemene konsensus dat n deel van die gedrag van voels sowel as krokodille voels se naaste lewende verwante ook algemeen in uitgestorwe dinosourusse was Vertolkings van die gedrag van fossiele spesies word gewoonlik gebaseer op die posisie van skelette en hul habitat rekenaarsimulasies van hul biomeganika en vergelykings met moderne diere in soortgelyke ekologiese nisse Die eerste moontlike bewyse van groepvorming as n algemene gedrag onder dinosourusse buiten voels was die ontdekking in 1878 van 31 Iguanodon bernissartensis in Belgie Daar is destyds geglo die ornitiskiums het omgekom nadat hulle saam in n diep sinkgat geval en verdrink het 46 Ander voorbeelde van groepe diere wat saam gesterf het is sedertdien ontdek Dit tesame met die spore van groepe diere dui daarop dat groepvorming algemeen was onder baie vroee dinosourusspesies Voetspore van honderde of selfs duisende herbivore dui daarop dat hulle in groot troppe beweeg het soos bisons of springbokke Souropode spore bewys die diere het beweeg in groepe wat uit meer as een spesie bestaan het of minstens in Oxfordshire Engeland 47 hoewel daar geen ander bewyse is van troppe nie 48 Om saam in groepe te beweeg was dalk n metode van verdediging vir migrasiedoeleindes of om beskerming aan die jong diere te bied Daar is bewyse dat baie soorte stadig groeiende dinosourusse insluitende verskeie teropodes souropodes ankilosouriers ornitopodes en seratopsiers groepe van onvolwasse individue gevorm het Daar word ook geglo dinosourusse het troppe gevorm om saam groot prooi te jag 49 Die gedrag is egter ongewoon onder voels krokodille en ander reptiele nbsp n Kunstenaarsvoorstelling van twee Centrosaurus apertus in n geveg Uit n gedragsoogpunt is een van die waardevolste fossiele in 1971 in die Gobiwoestyn ontdek Dit het n velosiraptor ingesluit wat n protoseratops aanval 50 dit het n bewys verskaf dat dinosourusse mekaar wel aangeval het 51 Nog n bewys is die fossiel van n gedeeltelik herstelde stert van n edmontosourus die stert is op so n manier beskadig dat dit wys die dier is gebyt deur n tirannosourus maar dat dit die aanval oorleef het 51 Vergelykings tussen die buiteoogvliesringe van dinosourusse en moderne voels is al gebruik om die aktiwiteitspatrone van dinosourusse vas te stel Hoewel sommige wetenskaplikes meen dinosourusse was bedags aktief wys hierdie vergelykings klein roofdiere soos die dromeosourides juravenators en megapnosourusse was waarskynlik snags aktief Groot en middelslag dinosourusse kon bedags en snags ewe aktief gewees het hoewel die klein ornitiskium agilisourus bedags aktief was 52 Kommunikasie Wysig Dit is bekend dat moderne voels kommunikeer deur middel van visuele en klankseine en die verskeidenheid van visuele vertoonstrukture onder fossiele dinosourusgroepe toon aan visuele kommunikasie was belangrik onder hulle Oor die gebruik van klank is egter minder bekend In 2008 het die paleontoloog Phil Senter bevind die meeste Mesosoiese dinosourusse het nie geluide gemaak nie ondanks die uitbeelding van brullende dinosourusse in rolprente 53 54 Hy het bevind die stembande in die larinks het waarskynlik verskeie kere ontwikkel in reptiele insluitende krokodille wat gromgeluide in die keel kan maak Voels het egter nie n larinks nie en gebruik n sirinks n stemorgaan wat uniek is aan voels 55 Uitwissing van groot groepe WysigHoofartikel Kryt Paleogeen uitwissing nbsp n Kunstenaarsvoorstelling van n asteroide wat die Aarde aan die einde van die Kryt periode tref Die ontdekking dat voels n soort dinosourus is wys die dinosourusbevolking as n geheel het nie uitgesterf soos meestal gemeen word nie 56 Alle nie vlieende dinosourusse en baie groepe voels het egter wel sowat 66 miljoen jaar gelede uitgesterf tydens die Kryt Paleogeen uitwissing Baie ander groepe diere het ook in die tyd uitgesterf onder meer ammoniete plesiosourusse pterosourusse en baie groepe soogdiere 17 Daar was nie groot verliese onder insekte nie en hulle was dus waarskynlik kos vir van die oorlewende dierspesies Die aard van die massauitwissing word sedert die 1970 s baie goed nagevors Daar is tans verskeie teoriee daaroor en die een wat deur die meeste wetenskaplikes ondersteun word is dat dit veroorsaak is deur n groot komeet of asteroide wat die aarde getref het en n katastrofale uitwerking op die omgewing gehad het Chicxulub krater Wysig Die impakteorie is ondersteun deur die ontdekking van die 18 km wye Chicxulub krater in die laat 1970 s in die Golf van Meksiko 57 wat beskou word as bewys van n groot katastrofale impak 58 As en stof het daarna onder meer die son se strale afgekeer en dus fotosintese onmoontlik gemaak 59 Brande het ook waarskynlik wereldwyd voorgekom weens die hitte en brandende brokstukke wat deur die impak veroorsaak is Onlangse navorsing het getoon die wereldwye puinlaag wat deur die impak gevorm is bevat genoeg roet om te kan aflei die hele biosfeer het gebrand 60 Die asteroide of komeet het in die see geland en sou enorme tsoenami s veroorsaak het waarvoor bewyse gevind is op verskeie plekke in die Oos VSA en om die Karibiese See seesand op plekke wat toe in die binneland gelee was en plantoorblyfsels en aardrotse in see sedimente wat dateer uit die tyd van die impak In Maart 2010 het n internasionale paneel wetenskaplikes die asteroide teorie spesifiek die Chicxulub impak onderskryf as die oorsaak van die uitwissing n Span van 41 wetenskaplikes het 20 jaar se wetenskaplike geskrifte nagevors en enige teoriee oor enorme vulkaniese uitbarstings verwerp Hulle het vasgestel die uitwissing is veroorsaak deur die Chicxulub impak wat soveel energie opgewek het as 100 teraton TNT meer as n miljard keer die energie van die bomme op Nagasaki en Hirosjima 58 Daar is egter wetenskaplikes wat glo die uitwissing is veroorsaak of vererger deur ander faktore soos vulkaniese uitbarstings 61 klimaatsveranderings en of n verandering in seevlakke Dekan trappe Wysig nbsp Die Dekan trappe soos gesien vanaf Matheran in Indie Voor 2000 is argumente dat basaltlawa van die Dekan trappe in Indie die uitwissing veroorsaak het gewoonlik verbind met die opinie dat die uitwissing geleidelik plaasgevind het Basaltlawa voorvalle het omstreeks 68 miljoen jaar gelede begin en langer as 2 miljoen jaar geduur Die mees onlangse getuienis dui daarop dat die trappe oor n tydperk van 800 000 jaar plaasgevind het oor die tyd van die Kryt Paleogeen grens K Pg grens en dit kon verantwoordelik gewees het vir die uitwissing en die stadige herstel van die biotika daarna 62 Regressie Wysig Daar is duidelike bewyse dat seevlakke in die Maastricht die laaste etage van die Kryt periode meer gedaal het as op enige ander tyd in die Mesosoiese Era Dit is moontlik veroorsaak deurdat oseaanriwwe minder aktief geraak en toe onder hul eie gewig gesink het 17 63 n Groot regressie sou die gebied van die kontinentale plat aansienlik verklein het en dit is waar die meeste seespesies aangetref is Die regressie sou ook klimaatsveranderings teweeggebring het deels deur winde en seestrome te ontwrig en deels deur die Aarde se albedo te verminder en temperature wereldwyd te laat toeneem 64 Regressie het ook die verlies aan binnesee tot gevolg gehad Dit het habitats in n groot mate verander en kusvlaktes vernietig Moontlike oorlewende dinosourusse Wysig Die fossiele van nie vlieende dinosourusse word soms bo die K Pg grens ontdek In 2001 het die paleontoloe Zielinski en Budahn na bewering n enkele Hadrosauridae beenfossiel in die San Juan vallei in Nieu Mexiko ontdek en dit beskryf as n bewys dat dinosourusse in die Paleoseen epog voorgekom het Die formasie waarin dit ontdek is is gedateer as komende uit die Paleoseen sowat 64 5 miljoen jaar gelede As die been nie vanwee weerstoestande na n jonger stratum verplaas is nie sou dit wel n bewys wees dat sommige dinosourus bevolkings vir minstens n halfmiljoen jaar in die Kainosoiese Era oorleef het 65 Nog bewyse sluit in dinosourus oorblyfsels in die Hell Creek formasie in Amerika wat 40 000 jaar jonger as die K Pg grens is Ook in Sjina en ander dele van die wereld was daar berigte oor sulke vondste 66 Baie wetenskaplikes glo die bene het uitgespoel en is toe in veel jonger afsettings herbegrawe 67 68 Direkte datering van die bene self steun egter die jonger datum en ander daterings dui op n ouderdom van 64 8 miljoen jaar 69 Al is dit korrek weerspreek die vonds van n paar dinosourusse wat tot in die vroee Paleoseen oorleef het nie die feite van die massauitwissing nie 67 Verwysings Wysig Gauthier Jacques de Querioz Kevin Feathered dinosaurs flying dinosaurs crown dinosaurs and the name Aves PDF New Perspectives on the Origin and Early Evolution of Birds Proceedings of the International Symposium in Honor of John H Ostrom Peabody Museum of Natural History Yale University ISBN 0 912532 57 2 Besoek op 2009 09 22 Wang S C and Dodson P 2006 Estimating the Diversity of Dinosaurs Proceedings of the National Academy of Sciences USA 103 37 13601 13605 doi 10 1073 pnas 0606028103 PMID 16954187 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Will the real dinosaurs stand up BBC September 17 2008 4 0 4 1 Owen R 1842 Report on British Fossil Reptiles Part II Report of the Eleventh Meeting of the British Association for the Advancement of Science Held at Plymouth in July 1841 London John Murray pp 60 204 Liddell Scott Jones Lexicon of Classical Greek Besoek op 2008 08 05 Farlow J O and Brett Surman M K 1997 Preface In Farlow J O and Brett Surman M K reds red The Complete Dinosaur Indiana University Press pp ix xi ISBN 0 253 33349 0 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 7 0 7 1 Benton Michael J 2004 Origin and relationships of Dinosauria In Weishampel David B Dodson Peter and Osmolska Halszka reds red The Dinosauria 2nd uitg Berkeley University of California Press pp 7 19 ISBN 0 520 24209 2 AS1 onderhoud meer as een naam editors list link Olshevsky G 2000 An annotated checklist of dinosaur species by continent Mesozoic Meanderings 3 1 157 9 0 9 1 Langer Max C Martin D Ezcurra Jonathas S Bittencourt Fernando E Novas 2010 The origin and early evolution of dinosaurs Biological Reviews 85 1 65 66 82 doi 10 1111 j 1469 185x 2009 00094 x PMID 19895605 Padian K 2004 Basal Avialae In Weishampel D B Dodson P Osmolska H reds The Dinosauria 2de uitg Berkeley University of California Press pp 210 231 ISBN 0 520 24209 2 Glut Donald F 1997 Dinosaurs The Encyclopedia Jefferson North Carolina McFarland amp Co p 40 ISBN 0 89950 917 7 Lambert David the Diagram Group 1990 The Dinosaur Data Book New York Avon Books p 288 ISBN 978 0 380 75896 8 Morales Michael 1997 Nondinosaurian vertebrates of the Mesozoic In Farlow JO Brett Surman MK red The Complete Dinosaur Bloomington Indiana University Press pp 607 624 ISBN 0 253 33349 0 Wang S C and Dodson P 2006 Estimating the Diversity of Dinosaurs Proceedings of the National Academy of Sciences USA 103 37 13601 13605 Bibcode 2006PNAS 10313601W doi 10 1073 pnas 0606028103 PMC 1564218 PMID 16954187 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Russell Dale A 1995 China and the lost worlds of the dinosaurian era Historical Biology 10 3 12 doi 10 1080 10292389509380510 Amos J 17 September 2008 Will the real dinosaurs stand up BBC News in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2019 Besoek op 23 Maart 2011 17 0 17 1 17 2 MacLeod N Rawson PF Forey PL Banner FT Boudagher Fadel MK Bown PR Burnett JA Chambers P Culver S Evans SE Jeffery C Kaminski MA Lord AR Milner AC Milner AR Morris N Owen E Rosen BR Smith AB Taylor PD Urquhart E amp Young JR 1997 The Cretaceous Tertiary biotic transition Journal of the Geological Society 154 2 265 292 doi 10 1144 gsjgs 154 2 0265 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Kump LR Pavlov A amp Arthur MA 2005 Massive release of hydrogen sulfide to the surface ocean and atmosphere during intervals of oceanic anoxia Geology 33 5 397 400 Bibcode 2005Geo 33 397K doi 10 1130 G21295 1 Tanner LH Lucas SG amp Chapman MG 2004 Assessing the record and causes of Late Triassic extinctions PDF Earth Science Reviews 65 1 2 103 139 Bibcode 2004ESRv 65 103T doi 10 1016 S0012 8252 03 00082 5 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 2007 10 25 Besoek op 2007 10 22 Alcober Oscar A Martinez Ricardo N 2010 A new herrerasaurid Dinosauria Saurischia from the Upper Triassic Ischigualasto Formation of northwestern Argentina ZooKeys 63 63 55 81 doi 10 3897 zookeys 63 550 PMC 3088398 PMID 21594020 1 21 0 21 1 Sereno PC 1999 The evolution of dinosaurs Science 284 5423 2137 2147 doi 10 1126 science 284 5423 2137 PMID 10381873 Sereno P C Forster Catherine A Rogers Raymond R Monetta Alfredo M 1993 Primitive dinosaur skeleton from Argentina and the early evolution of Dinosauria Nature 361 6407 64 66 Bibcode 1993Natur 361 64S doi 10 1038 361064a0 Nesbitt S J Barrett P M Werning S Sidor C A en A J Charig 2012 The oldest dinosaur A Middle Triassic dinosauriform from Tanzania Biology Letters 24 0 24 1 24 2 Holtz Thomas R Jr Chapman Ralph E Lamanna Matthew C 2004 Mesozoic biogeography of Dinosauria In Weishampel David B Dodson Peter Osmolska Halszka reds The Dinosauria 2nd uitg Berkeley University of California Press pp 627 642 ISBN 978 0 520 24209 8 25 0 25 1 25 2 25 3 Fastovsky David E Smith Joshua B 2004 Dinosaur paleoecology In Weishampel David B Dodson Peter Osmolska Halszka reds The Dinosauria 2nd uitg Berkeley University of California Press pp 614 626 ISBN 978 0 520 24209 8 Padian K 2004 Basal avialae In Weishampel DB Dodson P Osmolska H red The Dinosauria 2d edition University of California Press pp 210 231 ISBN 0 520 24209 2 AS1 onderhoud meer as een naam editors list link Prasad V Stromberg CA Alimohammadian H Sahni A 2005 Dinosaur coprolites and the early evolution of grasses and grazers Science 310 5751 1170 1180 Bibcode 2005Sci 310 1177P doi 10 1126 science 1118806 PMID 16293759 Archibald J David Fastovsky David E 2004 Dinosaur Extinction In Weishampel David B Dodson Peter Osmolska Halszka reds The Dinosauria 2nd uitg Berkeley University of California Press pp 672 684 ISBN 978 0 520 24209 8 Lindow B E K 2011 Bird Evolution Across the K Pg Boundary and the Basal Neornithine Diversification In Dyke G en Kaiser G reds Living Dinosaurs The Evolutionary History of Modern Birds John Wiley amp Sons Ltd Chichester UK doi 10 1002 9781119990475 ch14 Brusatte Stephen L 2012 Dinosaur Paleobiology 1 uitg New York Wiley J pp 9 20 21 ISBN 978 0 470 65658 7 31 0 31 1 Holtz Thomas R Jr 2011 Dinosaurs The Most Complete Up to Date Encyclopedia for Dinosaur Lovers of All Ages Winter 2011 Appendix Dal Sasso C and Signore M 1998 Exceptional soft tissue preservation in a theropod dinosaur from Italy Nature 392 6674 383 387 Bibcode 1998Natur 392 383D doi 10 1038 32884 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Schweitzer M H Wittmeyer J L and Horner J R 2005 Soft Tissue Vessels and Cellular Preservation in Tyrannosaurus rex Science 307 5717 1952 1955 Bibcode 2005Sci 307 1952S doi 10 1126 science 1108397 PMID 15790853 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Weishampel D B Dodson P Oslmolska H 1990 The Dinosauria University of California Press pp 733 ISBN 0 520 06727 4 Farlow JA 1993 On the rareness of big fierce animals speculations about the body sizes population densities and geographic ranges of predatory mammals and large carnivorous dinosaurs Functional Morphology and Evolution American Journal of Science Special Volume 293 A pp 167 199 Sander P Martin Christian Andreas Clauss Marcus Fechner Regina Gee Carole T Griebeler Eva Maria Gunga Hanns Christian Hummel Jurgen Mallison Heinrich 2011 Biology of the sauropod dinosaurs the evolution of gigantism Biological Reviews 86 1 117 155 doi 10 1111 j 1469 185X 2010 00137 x PMC 3045712 PMID 21251189 Paul Gregory S 2010 Princeton Field Guide to Dinosaurs Princeton University Press ISBN 978 0 691 13720 9 Colbert Edwin Harris 1971 Men and dinosaurs the search in field and laboratory Harmondsworth Eng Penguin ISBN 0 14 021288 4 Lucas H Hecket H amp S 2004 Reappraisal of Seismosaurus a Late Jurassic Sauropod Proceeding Annual Meeting of the Society of Paleontology 36 5 422 40 0 40 1 Carpenter Kenneth 2006 Biggest of the big a critical re evaluation of the mega sauropod Amphicoelias fragillimus In Foster John R and Lucas Spencer G reds red Paleontology and Geology of the Upper Jurassic Morrison Formation New Mexico Museum of Natural History and Science Bulletin 36 Albuquerque New Mexico Museum of Natural History and Science pp 131 138 AS1 onderhoud meer as een naam editors list link Lovelace David M 2007 Morphology of a specimen of Supersaurus Dinosauria Sauropoda from the Morrison Formation of Wyoming and a re evaluation of diplodocid phylogeny Arquivos do Museu Nacional 65 4 527 544 dal Sasso C Maganuco S Buffetaut E Mendez MA 2006 New information on the skull of the enigmatic theropod Spinosaurus with remarks on its sizes and affinities PDF Journal of Vertebrate Paleontology 25 4 888 896 doi 10 1671 0272 4634 2005 025 0888 NIOTSO 2 0 CO 2 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 2011 04 29 Besoek op 2011 05 05 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 43 0 43 1 Zhang F Zhou Z Xu X Wang X Sullivan C 2008 A bizarre Jurassic maniraptoran from China with elongate ribbon like feathers Nature 455 7216 1105 1108 Bibcode 2008Natur 455 1105Z doi 10 1038 nature07447 PMID 18948955 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 44 0 44 1 Xu X Zhao Q Norell M Sullivan C Hone D Erickson G Wang XL Han FL Guo Y 2008 A new feathered maniraptoran dinosaur fossil that fills a morphological gap in avian origin Chinese Science Bulletin 54 3 430 435 doi 10 1007 s11434 009 0009 6 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Butler R J Zhao Q 2009 The small bodied ornithischian dinosaurs Micropachycephalosaurus hongtuyanensis and Wannanosaurus yansiensis from the Late Cretaceous of China Cretaceous Research 30 1 63 77 doi 10 1016 j cretres 2008 03 002 Yans J Dejax J Pons D Dupuis C amp Taquet P 2005 Implications paleontologiques et geodynamiques de la datation palynologique des sediments a facies wealdien de Bernissart bassin de Mons Belgique Comptes Rendus Palevol in French 4 1 2 135 150 doi 10 1016 j crpv 2004 12 003 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link AS1 onderhoud onerkende taal link Day J J Upchurch P Norman DB Gale AS Powell HP 2002 Sauropod trackways evolution and behavior Science 296 5573 1659 doi 10 1126 science 1070167 PMID 12040187 Wright Joanna L 2005 Steps in understanding sauropod biology In Curry Rogers Kristina A and Wilson Jeffrey A red The Sauropods Evolution and Paleobiology Berkeley University of California Press pp 252 284 ISBN 0 520 24623 3 AS1 onderhoud meer as een naam editors list link Lessem Don Glut Donald F 1993 Allosaurus The Dinosaur Society s Dinosaur Encyclopedia Random House pp 19 20 ISBN 978 0 679 41770 5 The Fighting Dinosaurs in Engels American Museum of Natural History Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2012 Besoek op 5 Desember 2007 51 0 51 1 Carpenter K 1998 Evidence of predatory behavior by theropod dinosaurs Gaia 15 135 144 dooie skakel Schmitz L Motani R 2011 Nocturnality in Dinosaurs Inferred from Scleral Ring and Orbit Morphology Science 332 6030 705 708 Bibcode 2011Sci 332 705S doi 10 1126 science 1200043 PMID 21493820 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Hopson James A 1975 The evolution of cranial display structures in hadrosaurian dinosaurs Paleobiology 1 1 21 43 Diegert Carl F 1998 A digital acoustic model of the lambeosaurine hadrosaur Parasaurolophus tubicen Journal of Vertebrate Paleontology 18 3 Suppl 38A Senter P 2008 Voices of the past a review of Paleozoic and Mesozoic animal sounds Historical Biology 20 4 255 287 doi 10 1080 08912960903033327 Dingus L and Rowe T 1998 The Mistaken Extinction Dinosaur Evolution and the Origin of Birds New York W H Freeman Hildebrand A R G T Penfield et al 1991 Chicxulub crater a possible Cretaceous Tertiary boundary impact crater on the Yucatan peninsula Mexico Geology 19 867 871 58 0 58 1 Schulte P Alegret L Arenillas I Arz J A Barton P J Bown P R Bralower T J Christeson G L Claeys P Cockell C S Collins G S Deutsch A Goldin T J Goto K Grajales Nishimura J M Grieve R A F Gulick S P S Johnson K R Kiessling W Koeberl C Kring D A MacLeod K G Matsui T Melosh J Montanari A Morgan J V Neal C R Nichols D J Norris R D Pierazzo E 5 Maart 2010 The Chicxulub Asteroid Impact and Mass Extinction at the Cretaceous Paleogene Boundary Science 327 5970 1214 1218 Bibcode 2010Sci 327 1214S doi 10 1126 science 1177265 Alvarez LW Alvarez W Asaro F Michel HV 1980 Extraterrestrial cause for the Cretaceous Tertiary extinction Science 208 4448 1095 1108 Bibcode 1980Sci 208 1095A doi 10 1126 science 208 4448 1095 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Robertson D S Lewis W M Sheehan P M amp Toon O B 2013 K Pg Extinction Re evaluation of the Heat Fire Hypothesis Journal of Geophysical Research Biogeosciences Keller G 2012 The Cretaceous Tertiary Mass Extinction Chicxulub Impact and Deccan Volcanism Earth and Life Springer 759 793 Keller G Adatte T Gardin S Bartolini A Bajpai S 2008 Main Deccan volcanism phase ends near the K T boundary Evidence from the Krishna Godavari Basin SE India Earth and Planetary Science Letters 268 3 4 293 311 Bibcode 2008E amp PSL 268 293K doi 10 1016 j epsl 2008 01 015 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Li Liangquan Keller Gerta 1998 Abrupt deep sea warming at the end of the Cretaceous Geology 26 11 995 998 Bibcode 1998Geo 26 995L doi 10 1130 0091 7613 1998 026 lt 0995 ADSWAT gt 2 3 CO 2 Marshall CR Ward PD 1996 Sudden and Gradual Molluscan Extinctions in the Latest Cretaceous of Western European Tethys Science 274 5291 1360 1363 Bibcode 1996Sci 274 1360M doi 10 1126 science 274 5291 1360 PMID 8910273 Fassett JE Lucas SG Zielinski RA and Budahn JR Lucas Zielinski Budahn 2001 Compelling new evidence for Paleocene dinosaurs in the Ojo Alamo Sandstone San Juan Basin New Mexico and Colorado USA PDF Catastrophic events and mass extinctions Lunar and Planetary Contribution 1053 45 46 Bibcode 2001caev conf 3139F Besoek op 2007 05 18 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Sloan R E Rigby K Van Valen L M Gabriel Diane 1986 Gradual dinosaur extinction and simultaneous ungulate radiation in the Hell Creek Formation Science 232 4750 629 633 Bibcode 1986Sci 232 629S doi 10 1126 science 232 4750 629 PMID 17781415 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 67 0 67 1 Fastovsky David E Sheehan Peter M 2005 Reply to comment on The Extinction of the dinosaurs in North America PDF GSA Today 15 7 11 doi 10 1130 1052 5173 2005 015 11b RTEOTD 2 0 CO 2 Sullivan RM 2003 No Paleocene dinosaurs in the San Juan Basin New Mexico Geological Society of America Abstracts with Programs 35 5 15 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011 04 08 Besoek op 2007 07 02 Fassett J E Heaman L M Simonetti A 2011 Direct U Pb dating of Cretaceous and Paleocene dinosaur bones San Juan Basin New Mexico Geology 39 2 159 162 doi 10 1130 G31466 1 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Verdere leesstof WysigBakker Robert T 1986 The Dinosaur Heresies New Theories Unlocking the Mystery of the Dinosaurs and Their Extinction New York Morrow ISBN 0 688 04287 2 Holtz Thomas R jr 2007 Dinosaurs The Most Complete Up to Date Encyclopedia for Dinosaur Lovers of All Ages New York Random House ISBN 978 0 375 82419 7 Paul Gregory S 2000 The Scientific American Book of Dinosaurs New York St Martin s Press ISBN 0 312 26226 4 Paul Gregory S 2002 Dinosaurs of the Air The Evolution and Loss of Flight in Dinosaurs and Birds Baltimore The Johns Hopkins University Press ISBN 0 8018 6763 0 Sternberg C M 1966 Canadian Dinosaurs in Geological Series no 54 Tweede uitg Ottawa National Museum of Canada p 28Eksterne skakels Wysig nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dinosourus nbsp Wikispecies het meer inligting verwant aan Dinosourus nbsp Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia nbsp Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Dinosourus amp oldid 2544762