www.wikidata.af-za.nina.az
Die Ordovisium is a geologiese periode die tweede van ses van die Paleosoiese tydvak Dit strek van 485 4 tot 443 4 miljoen jaar gelede en val tussen die Kambrium en die Siluur Die Ordovisium is genoem na n Keltiese stam en is in 1879 deur Charles Lapworth gedefinieer nadat volgelinge van Adam Sedgwick en Roderick Murchison dieselfde rotse in onderskeidelik die Kambrium en die Siluuur geplaas het Lapworth het besef die fossiele in die strata verskil van albei periodes en het hulle toe in n aparte periode geplaas Die periode is in 1960 amptelik aanvaar deur die Internasionale Geologiese Kongres Lewende organisme het in die periode bly floreer nes in die Kambrium hoewel die einde van die periode gekenmerk word deur n groot massauitwissing Ongewerweldes soos weekdiere en geleedpotiges het die oseane oorheers Visse die wereld se eerste ware gewerweldes het bly ontwikkel en die met kake het dalk laat in die periode hul verskyning gemaak Die lewe op land was egter steeds onderontwikkel Uitwissings WysigDie Ordovisium Siluur uitwissing het aan die einde van die periode sowat 443 miljoen jaar gelede plaasgevind en is waarskynlik veroorsaak deur n gammastraaluitbarsting Sowat 60 van die seelewe is uitgewis Die Kambrium Ordovisium uitwissing het aan die begin van die periode sowat 485 miljoen jaar gelede plaasgevind Eksterne skakels WysigVoorbeelde van Ordovisium fossiele Nog Ordovisium fossiele Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ordovisium Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Ordovisium Proterosoikum Fanerosoiese EonNeo Paleosoiese Era Mesosoiese Era Kainosoiese EraEdiacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwarter Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ordovisium amp oldid 1891694