www.wikidata.af-za.nina.az
Diere behoort tot Animalia een van vyf of soms ses biologiese koninkryke Dit word ook Metazoa genoem Diere is oor die algemeen veelsellige eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg DiereTydperk Cryogenium tans 670 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg NWetenskaplike klassifikasieDomein Eukaryota geen rang Unikonta geen rang Obazoa geen rang Opisthokonta geen rang Holozoa geen rang FilozoaKoninkryk AnimaliaLinnaeus 1758OnderkoninkrykeSien teksSinoniemeMetazoa Choanoblastaea Gastrobionta Zooaea Euanimalia AnimalaeDiere bestaan reeds van die Prekambrium PreYe af maar die meeste bekende dierefilums het tydens die Kambriese ontploffing sowat 542 miljoen jaar gelede in die fossielrekord verskyn Diere kan oor die algemeen in gewerweldes en ongewerweldes verdeel word Gewerweldes het n ruggraat en maak minder as 5 van alle dierespesies uit Dit sluit in visse amfibiee reptiele voels en soogdiere Die res is ongewerweldes hulle het nie n ruggraat nie Dit sluit in weekdiere mossels oesters seekatte pylinkvisse slakke geleedpotiges insekte spinnekoppe skerpioene krappe krewe garnale ringwurms erdwurms bloedsuiers rondewurms platwurms neteldiere jellievisse seeanemone korale ribkwalle en sponsdiere Die studie van diere word dierkunde of soologie genoem Inhoud 1 Etimologie 2 Geskiedenis van klassifikasie 3 Eienskappe 3 1 Struktuur 3 2 Voortplanting en ontwikkeling 3 3 Vermyding van inteling 3 4 Kos en energiebronne 4 Oorsprong en fossielrekord 5 Groepe diere 5 1 Diere sonder bilaterale simmetrie 5 2 Diere met bilaterale simmetrie 5 2 1 Deuterostomia en Protostomia 5 2 2 Ecdysozoa 5 2 3 Lophotrochozoa 6 Getal bestaande spesies 7 Kladogram 8 Sien ook 9 Verwysings 10 Bibliografie 11 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie naam Animalia kom van die Latynse animalis wat beteken het asem het n siel of lewende wese 1 Die Afrikaanse woord dier sluit oor die algemeen mense uit gewoonlik word soogdiere en ander gewerweldes bedoel Die biologiese definisie verwys na alle lede van die koninkryk Animalia so uiteenlopend soos sponse jellievisse insekte en mense 2 Geskiedenis van klassifikasie Wysig Carl Linnaeus is bekend as die vader van moderne taksonomie 3 Aristoteles het die lewende wereld in diere en plante verdeel en Carl Linnaeus het die eerste hieragiese klassifikasie ingestel 4 In Linnaeus se oorspronklike skema was diere een van drie koninkryke en dit is verdeel in Vermes Insecta Pisces Amphibia Aves en Mammalia Sedertdien is die laaste vier verenig onder die filum Chordata In 1874 het Ernst Haeckel die diereryk in twee subkoninkryke verdeel Metazoa meerselliges en Protozoa eenselliges 5 Die Protozoa is later na die koninkryk Protista geskuif en Metazoa word nou beskou as n sinoniem vir Animalia 6 Eienskappe WysigDiere het verskeie eienskappe wat hulle van ander lewensvorme onderskei Hulle is eukarioties en meersellig 7 wat hulle onderskei van bakteriee en die meeste Protista organismes Hulle is heterotrofies verorber ander organismes vir voeding 8 en verteer kos gewoonlik in n interne kamer wat hulle onderskei van plante en alge 9 Hulle verskil ook van plante alge en swamme deurdat hulle nie rigiede selwande het nie 10 Alle diere is beweeglik 11 al is dit net in sekere lewenstadiums By die meeste gaan embrio s deur n blastulastadium 12 n kiemblasiestadium wanneer die embrio die vorm het van n sfeer waarvan die wand uit een sellaag bestaan 13 n eienskap wat eie aan diere is Struktuur Wysig Met n paar uitsonderings soos die sponse het diere liggame wat uit verskillende soorte weefsel bestaan Dit sluit in spiere wat kan saamtrek en beweging beheer en senuwees wat seine stuur en verwerk Daar is ook gewoonlik n interne spysverteringskamer met een of twee openinge 14 Alle diere het eukariotiese selle omring deur n kenmerkende ekstrasellulere matriks wat bestaan uit kollageen en elastiese glukoproteiene 15 Dit kan verkalk wees om strukture soos skulpe bene en sponsnaalde te vorm 16 Tydens ontwikkeling vorm dit n relatief buigbare raamwerk 17 waarop selle kan rondbeweeg en reorganiseer kan word en dit maak ingewikkelde strukture moontlik In teenstelling hiermee het ander meersellige organismes soos plante en swamme selle wat op plek gehou word deur selwande en hulle ontwikkel so deur progressiewe groei 14 Voortplanting en ontwikkeling Wysig Sommige spesies landslakke gebruik liefdespyltjies as n vorm van seksuele seleksie 18 Byna alle diere is gewikkel in die een of ander vorm van seksuele voortplanting 19 Hulle vervaardig haploiede gamete deur meiose Die kleiner beweeglike gamete is spermselle en die groter onbeweeglike gamete is eierselle 20 Hulle smelt saam en vorm sigote wat in nuwe individue ontwikkel 21 Baie diere kan ook aseksueel voortplant 22 Dit kan geskied deur middel van partenogenese waar bevrugte eierselle geproduseer word sonder paring knopvorming of verdeling 23 Manlike sjimpansees bly dikwels in die gemeenskap waarin hulle gebore word terwyl wyfies by ander groepe aansluit n Sigoot ontwikkel aanvanklik in n hol sfeer wat n blastula genoem word 24 dit ondergaan herrangskikking en differensiasie In sponse swem blastulalarwes na n nuwe ligging en ontwikkel in n nuwe spons 25 In die meeste ander groepe ondergaan die blastula n meer ingewikkelde herrangskikking 26 Dit vorm eers n invaginasie en dan n gastrula met n spysverteringskamer en twee aparte kiemlae n eksterne ektoderm en n interne endoderm 27 In die meeste gevalle ontwikkel daar ook n mesoderm tussenin 28 Hierdie kiemlae differensieer dan om weefsel en organe te vorm 29 Vermyding van inteling Wysig By seksuele voortplanting lei inteling met n nabye familielid gewoonlik tot n afname in biologiese gehalte soos die voorkoms van n vroee dood by sekere spesies 30 Diere het verskeie maniere ontwikkel om inteling te vermy en uitkruising te bevorder 31 Sjimpansees gebruik byvoorbeeld verspreiding om te voorkom dat nabye familielede paar 31 individuele diere versprei na verskillende groepe en weg van die groep waarin hulle gebore is In verskeie spesies paar wyfies met verskillende mannetjies en bring dus kleintjies voort van n hoer genetiese gehalte Dit gebeur veral by wyfies wat n paartjie gevorm het met n mannetjie van swak genetiese gehalte soos n nabye familielid 32 Kos en energiebronne Wysig Diere is heterotrofies wat beteken hulle eet ander organismes direk of indirek 33 Hulle word gewoonlik ook verder verdeel in groepe soos karnivore herbivore omnivore en parasiete 34 Predasie is n biologiese interaksie waar n roofdier n heteretroof wat jag sy prooi die organisme wat aangeval word eet 35 n Roofdier het dalk of dalk nie sy prooi doodgemaak voordat hy dit eet maar die daad van predasie lei gewoonlik daartoe dat die prooi doodgemaak word 36 Die ander belangrike kosbron is dooie organiese materiaal 37 Dit is soms moeilik om tussen die twee voedingsvorme te onderskei soos wanneer n parasiet n gas organisme eet en dan sy eiers daarop le sodat sy kleintjies die verrottende karkas kan eet Druk wat hulle op mekaar uitoefen lei dikwels tot n evolusie resies tussen die jagter en prooi en dit lei tot verskeie evolusie aanpassings in albei 38 Die meeste diere gebruik die energie van sonlig direk of indirek deur plante of plantvretende diere te eet Fotosintese in plante omskep die energie van sonlig in chemiese energie in die vorm van eenvoudige suikers byvoorbeeld glukose Hierdie suikers word dan gebruik as die boustene vir plantgroei 14 Wanneer n dier die plante vreet of diere vreet wat die plante gevreet het verkry hulle hul energie daaruit Die energie help die dier groei en gee hom die energie om te beweeg 39 40 Diere wat naby hidrotermiese of koue bronne op die seebodem voorkom is nie van die energie van sonlig afhanklik nie 41 In plaas daarvan vorm chemosintetiese Archaea en bakteriee die basis van die voedselketting 42 Oorsprong en fossielrekord Wysig Dunkleosteus was n 10 m lange prehistoriese vis 43 Daar word algemeen geglo diere het binne die groep eukariote met sweephare flagella ontstaan 44 Hul naaste bekende verwante wat steeds bestaan is die Choanoflagellatea kraagsweepdiertjies waarvan die morfologie ooreenstem met die van die koanosiete kraagselle van sekere sponse 45 Molekulere studies plaas diere in n supergroep genaamd Opisthokonta wat ook Choanoflagellatea die swamme en n paar klein parasitiese protiste insluit 46 Die naam kom van die ligging van die flagellum aan die agterkant van beweeglike selle soos by die meeste diere se spermselle terwyl ander eukariote se flagellum gewoonlik aan die voorkant is 47 Die eerste fossiele wat dalk die van diere is is uit die Proterosoiese Eon en het voorgekom in 665 miljoen jaar oue rotse 48 in die Trezona formasie van Suid Australie 48 Daar word geglo die fossiele was van vroee sponsdiere Die volgende moontlike dierefossiele was uit die einde van die Prekambrium sowat 610 miljoen jaar gelede en is bekend as die Ediacariese biota 49 Dit is egter moeilik om n verband te vind met latere fossiele Sommige was dalk voorlopers van moderne filums hulle kon aparte groepe gewees het of was dalk glad nie diere nie 50 Die meeste bekende filums maak hul verskyning min of meer op dieselfde tyd in die Kambrium periode sowat 542 miljoen jaar gelede 51 Dit is steeds onbekend of die gebeurtenis bekend as die Kambriese ontploffing veroorsaak is deur n vinnige differensiasie tussen verskillende groepe en of dit was vanwee n verandering in toestande wat fossilering moontlik gemaak het Sommige paleontoloe dink diere het lank voor die Kambriese ontploffing ontstaan dalk reeds n miljard jaar gelede 52 Spoorfossiele soos voetspore en gate uit die Tonium periode wat ontdek is dui op die moontlike teenwoordigheid van tripoblastiese wurms met drie kiemlae omtrent so groot sowat 5 mm breed en kompleks soos erdwurms 53 Aan die begin van die Tonium sowat n miljard jaar gelede was daar n afname in die verskeidenheid van stromatoliete wat dalk daarop dui dat weidiere hul verskyning gemaak het aangesien stromatoliet verskeidenheid toegeneem het nadat weidiere uitgesterf het met die Perm Trias en die Ordovisium Siluur uitwissing Dit het weer afgeneem kort nadat die weidierbevolking herstel het Die ontdekking dat soortgelyke spore vandag geskep word deur die reusagtige eensellige protis Gromia sphaerica werp egter n skadu oor die vertolking van die fossiele as bewyse van n vroee evolusie van diere 54 55 Groepe diere WysigBeide tradisionele morfologiese en moderne molekulere filogenetiese ontledings dui op n groot evolusionere oorgang van diere sonder n bilaterale simmetrie Porifera Ctenophora Cnidaria en Placozoa na die wat wel bilateraal simmetries is Bilateria Laasgenoemde word verder geklassifiseer in of Deuterostomia waarby die eerste opening van die spysverteringstelsel die anus word en die tweede een die mond of Protostomia waarby die mond eerste gevorm word Die verwantskap tussen diere sonder n bilaterale simmetrie word betwis maar alle diere met n bilaterale simmetrie vorm vermoedlik n monofiletiese groep Die huidige begrip van die verwantskap tussen die groot groepe diere word deur die volgende kladogram opgesom 56 Choanozoa Choanoflagellatea Animalia PoriferaPlacozoaCtenophora Cnidaria Bilateria Deuterostomia Protostomia Ecdysozoa Lophotrochozoa Diere sonder bilaterale simmetrie Wysig Verskeie dierefilums word gekenmerk deur die afwesigheid van bilaterale simmetrie en daar word geglo hulle het vroeg in die evolusie uit ander diere ontwikkel Die sponse Porifera het vermoedelik eerste ontwikkel en word beskou as die oudste dierefilum 57 Hulle het nie die komplekse organisasie wat in die meeste ander filums aangetref word nie 58 Hul selle is gedifferensieer maar in die meeste gevalle nie in aparte soorte weefsel georganiseer nie 59 Sponse neem gewoonlik voedingstowwe in deur water deur gaatjies in te trek 60 n Reeks studies van 2008 tot 2015 ondersteun egter die mening dat Ctenophora of die ribkwalle die basale lyn van diere is 61 62 63 Die bevinding is omstrede want dit dui daarop dat sponse dalk nie so primitief is nie 61 en ander navorsers meen dit is n statistieke ongerymdheid 64 65 66 n Oranje olifantoorspons Agelas clathrodes voor en twee korale Iciligorgia schrammi en Plexaurella nutans agter Filums soos Ctenophora en Cnidaria wat seeanemone korale en jellievisse insluit is radiaal straalsgewys simmetries en het spysverteringskamers met een opening wat as mond en anus dien 67 Albei het verskillende soorte weefsel maar dit is nie in organe georganiseer nie 68 Daar is net twee hoofkiemlae die ektoderm en endoderm met net verstrooide selle tussenin Daarom word die diere soms diploblasties genoem 69 Daar word nou geglo die Myxozoa mikroskopiese parasiete wat aanvanklik as Protozoa beskou is het binne Cnidaria ontwikkel 70 Diere met bilaterale simmetrie Wysig Alle ander diere vorm n monofiletiese groep wat Bilateria genoem word Hulle is meestal bilateraal simmetries en het dikwels n gespesialseerde kop met voedings en sintuiglike organe Die liggaam is triploblasties dit beteken al drie kiemlae is goed ontwikkel en weefsel vorm afsonderlike organe Die spysverteringskanaal het twee openinge n mond en n anus en daar is n interne holte bekend as n seloom of buikholte of pseudoseloom skynbuikholte Daar is uitsonderings op al hierdie eienskappe Genetiese studies het ons begrip van die verhouding tussen die diere in Bilateria aansienlik verander Dit lyk of die meeste tot twee groot stambome behoort Deuterostomia en Protostomia laasgenoemde sluit in die Ecdysozoa en Lophotrochozoa Die Chaetognatha is aanvanklik as Deuterostomia geklassifiseer maar onlangse molekulere studies het die groep geeien as n basale Protostomia lyn 71 Daar is ook n paar klein groepe diere met bilaterale simmetrie met relatief kriptiese morfologie waarvan die verwantskap met ander diere nog nie baie duidelik is nie So het onlangse molekulere studies Acoelomorpha en Xenoturbella geeien as behorende tot n monofiletiese groep 72 73 74 maar daar is weinig ooreenstemming oor of die groep binne Deuterostomia ontwikkel het 73 en of dit n sustergroep van alle ander diere met bilaterale simmetrie Nephrozoa verteenwoordig 75 76 Ander groepe met onsekere verwantskap sluit Rhombozoa en Orthonectida in Een filum Monoblastozoa is in 1892 deur n wetenskaplike beskryf maar tot dusver was daar geen verdere bewys dat dit bestaan nie 77 Deuterostomia en Protostomia Wysig Twee winterkoninkies van die spesie Malurus cyaneus Deuterostomia verskil in verskeie opsigte van Protostomia Diere van albei groepe het n volledige spysverteringstelsel By laasgenoemde groep ontwikkel die eerste opening wat in die embrio verskyn in die mond en die tweede opening in die anus In eersgenoemde groep ontwikkel die openinge andersom 78 By die meeste Protostomia vul selle eenvoudig die binnekant van die gastrula in om die mesoderm te vorm maar by Deuterostomia vorm dit deur die invaginasie van die endoderm 79 Deuterostomia embrio s ondergaan radiale kliewing verdeling en Protostomia spirale kliewing 80 Dit alles dui daarop dat Deuterostomia en Protostomia twee aparte monofiletiese stambome is Die belangrikste filums van Deuterostomia is Echinodermata en Chordata 81 Eersgenoemde is radiaal simmetries en uitsluitlik seediere soos seesterre seekastaiings en seekomkommers 82 Chordata word deur die gewerweldes diere met rugstringe oorheers 83 Dit sluit in visse amfibiee reptiele voels en soogdiere 84 Deuterostomia sluit ook Hemichordata of die kraagdraers in 85 86 Hoewel hulle nie vandag juis volop is nie behoort die belangrike fossiele graptoliete dalk tot hierdie groep 87 Ecdysozoa Wysig Geelvlerknaaldekokers Sympetrum flaveolum Die Ecdysozoa behoort tot Protostomia en is genoem na die algemene eienskap van groei deur vervelling 88 Dit sluit die grootste dierefilum die Arthropoda in en bevat insekte spinnekoppe krappe ens Al die diere se liggaam is in herhalende segmente verdeel wat gewoonlik in pare voorkom Twee kleiner filums Onychophora en Tardigrada is nabye verwante en deel die eienskappe Ecdysozoa sluit ook die Nematoda of rondewurms in wat dalk die tweede grootste dierefilum is Rondewurms is meestal mikroskopies en kom voor in feitlik elke omgewing waar daar water is 89 n Paar is belangrike parasiete 90 Kleiner filums wat aan hulle verwant is is Nematomorpha of die perdehaarwurms Kinorhyncha Priapulida en Loricifera Hierdie groepe het n klein buikholte wat n skynbuikholte genoem word Die wingerdslak Helix pomatia Lophotrochozoa Wysig Lophotrochozoa wat binne die groep Protostomia ontwikkel het sluit twee van die mees suksesvolle dierefilums in Mollusca en Annelida 91 92 Eersgenoemde wat die tweede grootste dierefilum is volgens spesies wat beskryf is bevat diere soos slakke mossels en pylinkvisse laasgenoemde die gesegmenteerde wurms soos erdwurms en bloedsuiers Hierdie twee groepe is lank as nou verwant beskou omdat hulle soortgelyke larwes het maar Annelida is as nader aan Arthropoda beskou omdat albei gesegmenteer is 93 Nou word hulle beskou as die resultaat van saamlopende maar onafhanklike evolusie vanwee baie morfologiese en genetiese verskille tussen die twee filums 94 Lophotrochozoa sluit ook Nemertea of die snoerwurms Sipuncula en verskeie filums in wat n sirkel tentakels met trilhare om die mond het 95 Platyzoa sluit die filum Platyhelminth of die platwurms in 96 Hulle is eers as van die mees primitiewe Bilateria beskou maar dit lyk nou of hulle uit meer komplekse voorouers ontwikkel het 97 Die groep bevat n paar parasiete soos suigwurms and lintwurms 96 Platwurms het nie n seloom of buikholte nie nes hul naaste verwante die mikroskopiese Gastrotricha 98 Die ander Platyzoa filums is meestal mikroskopies en het skynbuikholtes Die belangrikste groep is Rotifera of die raderdiertjies wat algemeen in wateromgewings voorkom Hulle sluit ook Acanthocephala Gnathostomulida Micrognathozoa en moontlik Cycliophora in 99 Hierdie groepe het almal komplekse kake en behoort tot die filum Gnathifera Getal bestaande spesies WysigDiere kan in die algemeen in twee bree groepe verdeel word gewerweldes diere met n ruggraat en ongewerweldes sonder n ruggraat Die helfte van alle gewerweldes wat beskryf is is visse Driekwart van alle ongewerweldes wat beskryf is is insekte Die volgende lys is van die bestaande spesies wat beskryf is vir elke groot subgroep van diere soos beraam vir die IUBN rooilys van bedreigde spesies 2014 3 100 Die getal spesies volgens elke filum van die diereryk Groep Beeld Subgroep Geraamde getalspesies 100 Gewerweldes Visse 32 900 Amfibiee 7 302 Reptiele 10 038 Voels 10 425 Soogdiere 5 513Totale gewerwelde spesies 66 178Ongewerweldes Insekte 1 000 000 Weekdiere 85 000 Skaaldiere 47 000 Korale 2 000 Spinnekopagtiges 102 248 Fluweelwurms 165 Koningkrappe 4Ander 68 658Totale ongewerwelde spesies 1 305 075Totale dierespesies 1 371 253Meer as 95 van alle dierespesies in die wereld wat beskryf is is ongewerweldes Kladogram WysigDie Metazoa diere is verwant aan die swamme Fungi en het uit dieselfde groep eensellige eukariote ontstaan die Ophistokonta n Vereenvoudigde kladogram sien so uit 101 Opisthokonta Fungi Holozoa IchthyosporaFilozoa FilastereaChoanozoa Choanoflagellatea Animalia Ctenophora Porifera Placozoa Cnidaria Bilateria Sien ook WysigBiologiese klassifikasie Etologie Groot vyf Klein vyf diere Onmoontlike vyfVerwysings Wysig Cresswell Julia 2010 The Oxford Dictionary of Word Origins 2nd uitg New York Oxford University Press ISBN 978 0 19 954793 7 having the breath of life from anima air breath life Animal The American Heritage Dictionary 4de 2006 Houghton Mifflin Company Calisher CH 2007 Taxonomy what s in a name Doesn t a rose by any other name smell as sweet Croatian Medical Journal 48 2 268 270 PMC 2080517 PMID 17436393 Linnaeus Carl 1758 Systema naturae per regna tria naturae secundum classes ordines genera species cum characteribus differentiis synonymis locis in Latyn 10de uitg Holmiae Laurentii Salvii Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008 Besoek op 22 September 2008 Haeckel Ernst 1874 Anthropogenie oder Entwickelungsgeschichte des menschen in Duits Leipzig p 202 Hutchins 2003 Panda Classroom in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2013 Besoek op 30 September 2007 Bergman Jennifer Heterotrophs Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2007 Besoek op 30 September 2007 Douglas Angela E Raven John A Januarie 2003 Genomes at the interface between bacteria and organelles Philosophical Transactions of the Royal Society B 358 1429 5 17 discussion 517 8 doi 10 1098 rstb 2002 1188 PMC 1693093 PMID 12594915 Davidson Michael W Animal Cell Structure in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020 Besoek op 20 September 2007 Saupe S G Concepts of Biology in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020 Besoek op 30 September 2007 Minkoff Eli C 2008 Barron s EZ 101 Study Keys Series Biology 2nd revised uitg Barron s Educational Series p 48 ISBN 978 0 7641 3920 8 WAT aanlyn VivA intekening benodig 14 0 14 1 14 2 Adam Carr Christine Hayhoe Christy Hayhoe Douglas Hayhoe Katharine 2010 Science Perspectives 10 Nelson Education Ltd ISBN 978 0 17 635528 9 Alberts Bruce Johnson Alexander Lewis Julian Raff Martin Roberts Keith Walter Peter 2002 Molecular Biology of the Cell 4th uitg New York Garland Science Besoek op 2015 03 23 Sangwal 2007 Becker Wayne M 1991 The world of the cell Benjamin Cummings ISBN 978 0 8053 0870 9 Koene J M 2006 Tales of two snails sexual selection and sexual conflict in Lymnaea stagnalis and Helix aspersa Integrative and Comparative Biology 46 4 419 429 doi 10 1093 icb icj040 PMID 21672754 Knobil Ernst 1998 Encyclopedia of reproduction Volume 1 Academic Press p 315 ISBN 978 0 12 227020 8 Schwartz Jill 2010 Master the GED 2011 w CD Peterson s p 371 ISBN 978 0 7689 2885 3 Hamilton Matthew B 2009 Population genetics Wiley Blackwell p 55 ISBN 978 1 4051 3277 0 Adiyodi K G Hughes Roger N Adiyodi Rita G Julie 2002 Reproductive Biology of Invertebrates Volume 11 Progress in Asexual Reproduction Wiley p 116 Kaplan 2008 GRE exam subject test Kaplan Publishing p 233 ISBN 978 1 4195 5218 2 Tmh 2006 Study Package For Medical College Entrance Examinations Tata McGraw Hill p 6 22 ISBN 978 0 07 061637 0 Ville Claude Alvin Walker Warren Franklin Barnes Robert D 1984 General zoology Saunders College Pub p 467 ISBN 978 0 03 062451 3 Hamilton William James Boyd James Dixon Mossman Harland Winfield 1945 Human embryology prenatal development of form and function Williams amp Wilkins p 330 Philips Joy B 1975 Development of vertebrate anatomy Mosby p 176 ISBN 978 0 8016 3927 2 The Encyclopedia Americana a library of universal knowledge Volume 10 Encyclopedia Americana Corp 1918 p 281 Romoser William S Stoffolano J G 1998 The science of entomology WCB McGraw Hill p 156 ISBN 978 0 697 22848 2 Ralls K Ballou J April 1982 Effect of inbreeding on juvenile mortality in some small mammal species Lab Anim 16 2 159 66 doi 10 1258 002367782781110151 PMID 7043080 31 0 31 1 Pusey A Wolf M 1996 Inbreeding avoidance in animals Trends Ecol Evol Amst 11 5 201 6 doi 10 1016 0169 5347 96 10028 8 PMID 21237809 Petrie M Kempenaers B 1998 Extra pair paternity in birds Explaining variation between species and populations Trends in Ecology and Evolution 13 2 52 57 doi 10 1016 s0169 5347 97 01232 9 PMID 21238200 Rastogi V B 1997 Modern Biology Pitambar Publishing p 3 ISBN 978 81 209 0496 5 Levy Charles K 1973 Elements of Biology Appleton Century Crofts p 108 ISBN 978 0 390 55627 1 Begon M Townsend C Harper J 1996 Ecology Individuals populations and communities 3de uitg Blackwell Science Londen ISBN 0 86542 845 X ISBN 0 632 03801 2 ISBN 0 632 04393 8 predation Britannica com Besoek op 2011 11 23 Marchetti Mauro Rivas Victoria 2001 Geomorphology and environmental impact assessment Taylor amp Francis p 84 ISBN 978 90 5809 344 8 Allen Larry Glen Pondella Daniel J Horn Michael H 2006 Ecology of marine fishes California and adjacent waters University of California Press p 428 ISBN 978 0 520 24653 9 Gupta P K Genetics Classical To Modern Rastogi Publications p 26 ISBN 978 81 7133 896 2 Garrett Reginald Grisham Charles M 2010 Biochemistry Cengage Learning p 535 ISBN 978 0 495 10935 8 New Scientist IPC Magazines 152 2050 2055 105 1996 CS1 maint untitled periodical link Castro Peter Huber Michael E 2007 Marine Biology 7th uitg McGraw Hill p 376 ISBN 978 0 07 722124 9 Monster fish crushed opposition with strongest bite ever in Engels smh com au Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2017 Campbell Niel A 1990 Biology 2nd uitg Benjamin Cummings Pub Co p 560 ISBN 978 0 8053 1800 5 Richard R Behringer Alexander D Johnson Robert E Krumlauf Michael K Levine Nipam Patel Neelima Sinha reds 2008 Emerging model organisms a laboratory manual Volume 1 illustrated uitg Cold Spring Harbor Laboratory Press p 1 ISBN 978 0 87969 872 0 Hall Brian Keith Hallgrimsson Benedikt Strickberger Monroe W 2008 Strickberger s evolution the integration of genes organisms and populations Jones amp Bartlett Learning p 278 ISBN 978 0 7637 0066 9 Hamilton Gina Kingdoms of Life Animals ENHANCED eBook Lorenz Educational Press p 9 ISBN 978 1 4291 1610 7 48 0 48 1 Maloof Adam C Rose Catherine V Beach Robert Samuels Bradley M Calmet Claire C Erwin Douglas H Poirier Gerald R Yao Nan Simons Frederik J 17 Augustus 2010 Possible animal body fossils in pre Marinoan limestones from South Australia Nature Geoscience 3 9 653 659 Bibcode 2010NatGe 3 653M doi 10 1038 ngeo934 Pdf Costa James T Darwin Charles 2009 The annotated Origin a facsimile of the first edition of On the origin of species Harvard University Press p 308 ISBN 978 0 674 03281 1 Schopf J William 1999 Evolution facts and fallacies Academic Press p 7 ISBN 978 0 12 628860 5 Milsom Clare Rigby Sue 2009 Fossils at a Glance John Wiley and Sons ISBN 978 1 4051 9336 8 Campbell Neil A Reece Jane B 2005 Biology 7de uitg Pearson Benjamin Cummings p 526 ISBN 978 0 8053 7171 0 Seilacher Adolf Bose Pradip K Pfluger Friedrich 2 Oktober 1998 Triploblastic animals more than 1 billion years ago trace fossil evidence from india Science 282 5386 80 83 Bibcode 1998Sci 282 80S doi 10 1126 science 282 5386 80 PMID 9756480 Matz Mikhail V Frank Tamara M Marshall N Justin Widder Edith A Johnsen Sonke 9 Desember 2008 Giant Deep Sea Protist Produces Bilaterian like Traces PDF Current Biology 18 23 1 6 doi 10 1016 j cub 2008 10 028 PMID 19026540 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008 Besoek op 2008 12 05 Reilly Michael 20 November 2008 Single celled giant upends early evolution in Engels MSNBC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2019 Besoek op 5 Desember 2008 Pisani Davide Pett Walker Dohrmann Martin Feuda Roberto Rota Stabelli Omar Philippe Herve Lartillot Nicolas Worheide Gert 2015 12 15 Genomic data do not support comb jellies as the sister group to all other animals Proceedings of the National Academy of Sciences in Engels 112 50 15402 15407 Bibcode 2015PNAS 11215402P doi 10 1073 pnas 1518127112 ISSN 0027 8424 PMC 4687580 PMID 26621703 Bhamrah H S Juneja Kavita 2003 An Introduction to Porifera Anmol Publications PVT LTD p 58 ISBN 978 81 261 0675 2 Sumich James L 2008 Laboratory and Field Investigations in Marine Life Jones amp Bartlett Learning p 67 ISBN 978 0 7637 5730 4 Jessop Nancy Meyer 1970 Biosphere a study of life Prentice Hall p 428 Sharma N S 2005 Continuity And Evolution Of Animals Mittal Publications p 106 ISBN 978 81 8293 018 6 61 0 61 1 Dunn Casey W Hejnol Andreas Matus David Q Pang Kevin Browne William E Smith Stephen A Seaver Elaine Rouse Greg W Obst Matthias Edgecombe Gregory D Sorensen Martin V Haddock Steven H D Schmidt Rhaesa Andreas Okusu Akiko Kristensen Reinhardt Mobjerg Wheeler Ward C Martindale Mark Q Giribet Gonzalo April 2008 Broad phylogenomic sampling improves resolution of the animal tree of life Nature 452 7188 745 9 Bibcode 2008Natur 452 745D doi 10 1038 nature06614 PMID 18322464 Ryan Joseph F Pang Kevin Schnitzler Christine E Nguyen Anh Dao Moreland R Travis Simmons David K Koch Bernard J Francis Warren R Havlak Paul 13 Desember 2013 The Genome of the Ctenophore Mnemiopsis leidyi and Its Implications for Cell Type Evolution Science 342 6164 1242592 doi 10 1126 science 1242592 ISSN 0036 8075 PMC 3920664 PMID 24337300 Moroz Leonid L Kocot Kevin M Citarella Mathew R Dosung Sohn Norekian Tigran P Povolotskaya Inna S Grigorenko Anastasia P Dailey Christopher Berezikov Eugene 5 Junie 2014 The ctenophore genome and the evolutionary origins of neural systems Nature 510 7503 109 114 Bibcode 2014Natur 510 109M doi 10 1038 nature13400 ISSN 0028 0836 PMC 4337882 PMID 24847885 Philippe Herve Derelle Romain Lopez Philippe Pick Kerstin Borchiellini Carole Boury Esnault Nicole Vacelet Jean Renard Emmanuelle Houliston Evelyn April 2009 Phylogenomics Revives Traditional Views on Deep Animal Relationships Current Biology 19 8 706 712 doi 10 1016 j cub 2009 02 052 ISSN 0960 9822 PMID 19345102 Pick K S Philippe H Schreiber F Erpenbeck D Jackson D J Wrede P Wiens M Alie A Morgenstern B September 2010 Improved Phylogenomic Taxon Sampling Noticeably Affects Nonbilaterian Relationships Molecular Biology and Evolution 27 9 1983 1987 doi 10 1093 molbev msq089 ISSN 0737 4038 PMC 2922619 PMID 20378579 Nosenko Tetyana Schreiber Fabian Adamska Maja Adamski Marcin Eitel Michael Hammel Jorg Maldonado Manuel Muller Werner E G Nickel Michael 1 April 2013 Deep metazoan phylogeny When different genes tell different stories Molecular Phylogenetics and Evolution 67 1 223 233 doi 10 1016 j ympev 2013 01 010 PMID 23353073 Langstroth Lovell Langstroth Libby 2000 Newberry Todd red A Living Bay The Underwater World of Monterey Bay University of California Press p 244 ISBN 978 0 520 22149 9 Safra Jacob E 2003 The New Encyclopaedia Britannica Volume 16 Encyclopaedia Britannica p 523 ISBN 978 0 85229 961 6 Kotpal R L Modern Text Book of Zoology Invertebrates Rastogi Publications p 184 ISBN 978 81 7133 903 7 Chang E Sally Neuhof Moran Rubinstein Nimrod D Diamant Arik Philippe Herve Huchon Dorothee Cartwright Paulyn 1 Desember 2015 Genomic insights into the evolutionary origin of Myxozoa within Cnidaria Proceedings of the National Academy of Sciences 112 48 14912 14917 Bibcode 2015PNAS 11214912C doi 10 1073 pnas 1511468112 ISSN 0027 8424 PMC 4672818 PMID 26627241 Marletaz Ferdinand Martin Elise Perez Yvan Papillon Daniel Caubit Xavier Lowe Christopher J Freeman Bob Fasano Laurent Dossat Carole 8 Augustus 2006 Chaetognath phylogenomics a protostome with deuterostome like development Current Biology 16 15 R577 R578 doi 10 1016 j cub 2006 07 016 ISSN 0960 9822 PMID 16890510 Hejnol A Obst M Stamatakis A Ott M Rouse G W Edgecombe G D 2009 Assessing the root of bilaterian animals with scalable phylogenomic methods Proceedings of the Royal Society B Biological Sciences 276 4261 4270 doi 10 1098 rspb 2009 0896 PMC 2817096 PMID 19759036 73 0 73 1 Philippe H Brinkmann H Copley R R Moroz L L Nakano H Poustka A J Wallberg A Peterson K J Telford M J 2011 Acoelomorph flatworms are deuterostomes related to Xenoturbella Nature 470 7333 255 258 Bibcode 2011Natur 470 255P doi 10 1038 nature09676 PMC 4025995 PMID 21307940 Edgecombe G D Giribet G Dunn C W Hejnol A Kristensen R M Neves R C Rouse G W Worsaae K Sorensen M V 2011 Higher level metazoan relationships Recent progress and remaining questions Organisms Diversity amp Evolution 11 2 151 172 doi 10 1007 s13127 011 0044 4 Rouse Greg W Wilson Nerida G Carvajal Jose I Vrijenhoek Robert C 2016 02 03 New deep sea species of Xenoturbella and the position of Xenacoelomorpha Nature 530 7588 94 97 Bibcode 2016Natur 530 94R doi 10 1038 nature16545 PMID 26842060 Besoek op 2016 02 03 Cannon Johanna T Vellutini Bruno C Smith III Julian Ronquist Frederik Jondelius Ulf Hejnol Andreas 2016 02 03 Xenacoelomorpha is the sister group to Nephrozoa Nature 530 7588 89 93 Bibcode 2016Natur 530 89C doi 10 1038 nature16520 PMID 26842059 Besoek op 2016 02 03 Gone Missing circa 1892 Peters Kenneth E Walters Clifford C Moldowan J Michael 2005 The Biomarker Guide Biomarkers and isotopes in petroleum systems and Earth history 2 Cambridge University Press p 717 ISBN 978 0 521 83762 0 Safra Jacob E 2003 The New Encyclopaedia Britannica Volume 1 Volume 3 Encyclopaedia Britannica p 767 ISBN 978 0 85229 961 6 Valentine James W Julie 1997 Cleavage patterns and the topology of the metazoan tree of life PNAS The National Academy of Sciences 94 15 8001 8005 Bibcode 1997PNAS 94 8001V doi 10 1073 pnas 94 15 8001 PMC 21545 PMID 9223303 Hyde Kenneth 2004 Zoology An Inside View of Animals Kendall Hunt p 345 ISBN 978 0 7575 0997 1 Alcamo Edward 1998 Biology Coloring Workbook The Princeton Review p 220 ISBN 978 0 679 77884 4 Holmes Thom 2008 The First Vertebrates Infobase Publishing p 64 ISBN 978 0 8160 5958 4 Rice Stanley A 2007 Encyclopedia of evolution Infobase Publishing p 75 ISBN 978 0 8160 5515 9 Tobin Allan J Dusheck Jennie 2005 Asking about life Cengage Learning p 497 ISBN 978 0 534 40653 0 Simakov Oleg Kawashima Takeshi Marletaz Ferdinand Jenkins Jerry Koyanagi Ryo Mitros Therese Hisata Kanako Bredeson Jessen Shoguchi Eiichi 26 November 2015 Hemichordate genomes and deuterostome origins Nature 527 7579 459 465 Bibcode 2015Natur 527 459S doi 10 1038 nature16150 ISSN 0028 0836 PMC 4729200 PMID 26580012 Safra Jacob E 2003 The New Encyclopaedia Britannica Volume 19 Encyclopaedia Britannica p 791 ISBN 978 0 85229 961 6 Dawkins Richard 2005 The Ancestor s Tale A Pilgrimage to the Dawn of Evolution Houghton Mifflin Harcourt p 381 ISBN 978 0 618 61916 0 Prewitt Nancy L Underwood Larry S Surver William 2003 BioInquiry making connections in biology John Wiley p 289 ISBN 978 0 471 20228 8 Schmid Hempel Paul 1998 Parasites in social insects Princeton University Press p 75 ISBN 978 0 691 05924 2 Biodiversity Mollusca The Scottish Association for Marine Science Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2006 Besoek op 2007 11 19 Russell Bruce J Writer Denning David Writer 2000 Branches on the Tree of Life Annelids VHS BioMEDIA ASSOCIATES Eernisse Douglas J Albert James S Anderson Frank E 1 September 1992 Annelida and Arthropoda are not sister taxa A phylogenetic analysis of spiralean metazoan morphology Systematic Biology 41 3 305 330 doi 10 2307 2992569 JSTOR 2992569 Kim Chang Bae Moon Seung Yeo Gelder Stuart R Kim Won September 1996 Phylogenetic Relationships of Annelids Molluscs and Arthropods Evidenced from Molecules and Morphology Journal of Molecular Evolution New York Springer 43 3 207 215 doi 10 1007 PL00006079 PMID 8703086 Collins Allen G 1995 The Lophophore University of California Museum of Paleontology Besoek op 2015 03 23 96 0 96 1 Gilson Etienne 2004 El espiritu de la filosofia medieval Ediciones Rialp p 384 ISBN 978 84 321 3492 0 Ruiz Trillo Inaki Riutort Marta Littlewood D Timothy J Herniou Elisabeth A Baguna Jaume 19 Maart 1999 Acoel Flatworms Earliest Extant Bilaterian Metazoans Not Members of Platyhelminthes Science 283 5409 1919 1923 Bibcode 1999Sci 283 1919R doi 10 1126 science 283 5409 1919 PMID 10082465 Todaro Antonio Gastrotricha Overview Gastrotricha World Portal in Engels University of Modena amp Reggio Emilia Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020 Besoek op 26 Januarie 2008 Kristensen Reinhardt Mobjerg Julie 2002 An Introduction to Loricifera Cycliophora and Micrognathozoa Integrative and Comparative Biology 42 3 641 651 doi 10 1093 icb 42 3 641 PMID 21708760 100 0 100 1 The World Conservation Union 2014 IUCN Red List of Threatened Species 2014 3 Summary Statistics for Globally Threatened Species Table 1 Numbers of threatened species by major groups of organisms 1996 2014 The origin of Metazoa a unicellular perspective Arnau Sebe Pedros Bernard M Degnan Inaki Ruiz Trillo Nature Reviews Genetics 2017 Bibliografie WysigNielsen Claus 2012 Animal Evolution Interrelationships of the Living Phyla 3rd uitg New York Oxford University Press ISBN 978 0 19 960602 3 AS1 onderhoud ref harv link Schmidt Nielsen Knut 1997 Animal Physiology Adaptation and Environment 5th uitg Cambridge University Press ISBN 0 521 57098 0 Magloire Kim 2004 Cracking the AP Biology Exam 2004 2005 Edition The Princeton Review ISBN 978 0 375 76393 9 AS1 onderhoud ref harv link Sangwal Keshra 2007 Additives and crystallization processes from fundamentals to applications John Wiley and Sons ISBN 978 0 470 06153 4 AS1 onderhoud ref harv link Hutchins Michael 2003 Grzimek s Animal Life Encyclopedia 2nd uitg Detroit Gale ISBN 0 7876 5777 8 AS1 onderhoud ref harv link Holmes Thom 2008 The First Vertebrates Infobase Publishing ISBN 978 0 8160 5958 4 AS1 onderhoud ref harv link Eksterne skakels WysigTree of Life Project Animal Diversity Web Databasis met diere klassifikasie foto s en inligting Wikispecies het meer inligting verwant aan Dier Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dier Wikiwoordeboek het n inskrywing vir dier Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Dier amp oldid 2526445