www.wikidata.af-za.nina.az
Latyn Lingua Latina was n taal wat oorspronklik in die streek Latium wat Rome insluit gepraat is Dit het baie aansien en belang verwerf as die amptelike taal van die Romeinse Ryk Belangrike Latynse skrywers was Cicero Tacitus Vergilius Horatius en Ovidius Latyn Lingua LatinaGepraat in Latium Romeinse Monargie Romeinse Republiek Romeinse Ryk Middeleeuse Europa en Vroee moderne Europa Armeense Koninkryk van Kilikie Vatikaanstad Gebied Middellandse SeeTotale sprekers uitgesterfTaalfamilie Indo Europees Italies Latyns Faliskies Latyn Skrifstelsel Latynse alfabet Amptelike statusAmptelike taal in VatikaanstadGereguleer deur Opus Fundatum LatinitasTaalkodesISO 639 1 laISO 639 2 latISO 639 3 lat Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Inhoud 1 Latynse taalimperium 2 Invloed 3 Hoofeienskappe 3 1 Naamwoorde 3 2 Werkwoorde 4 Latyn en die Romantiek 5 Latyn en Engels 6 Latyn en Afrikaans 7 Onderrig van Latyn 7 1 Afrikaanse handboeke 8 Verwysing 9 Sien ook 10 Eksterne skakelsLatynse taalimperium WysigDie Latynse taalimperium van die Romeinse Ryk kan om verskillende redes beskou word as een van die vreedsaamstes in die geskiedenis Die verowerdes is naamlik toegelaat om hul taal en godsdiens te behou Ook is gepoog om die oorwonne volkere se lojaliteit te win deur hulle goed te behandel korrupsie en uitbuiting tee te gaan maar ook paaie besproeiingskanale en ander bouwerke op te rig en die gebiede ekonomies te ontwikkel Die Romeine was nie die ander tale binne die ryk vyandiggesind nie maar het dit ook nie bevorder nie Tog het uitsonderings voorgekom in Egipte is amptenare afgedank wat nie Latyn magtig was nie Egipties is ook nie erken nie maar wel Grieks Sekere vermaarde Grieke kon ook nie burgerregte verwerf as hul Latyn te swak was nie In die meerderheid gevalle was die taaldwang op subtiele wyse toegepas Soos te vinde by die oorwonne Galliers waar die huidige Frankryk tans staan is daar in aanraking gekom met n beskawing wat hulle en die Romeine as beter en as hoer beskou het Vir n burger om sekere betrekkings te kon kry en as beskaafd deur te gaan moes die persoon Latyn ken Die Galliese aristokrasie wat hul voorregte wou behou het hul kinders na Rome toe gestuur om Latyn goed te leer praat en skryf Selfs in die tyd van die hoogbloei van die Romeinse Ryk het die Romeine en Grieke egter steeds die Griekse taal as superieur beskou n Romein wat as beskaaf wou deurgaan het Grieks geleer gepraat en geskryf 1 Invloed WysigAl die Romaanse tale het hul oorsprong in Latyn en talle woorde in moderne tale soos Afrikaans is gebaseer op Latyn Omtrent 80 van wetenskaplike woorde in Engels wortel in Latyn Latyn was die lingua franca die taal wat geleerdes gebruik het vir wetenskaplike en politieke sake vir meer as n duisend jaar in die Westerse wereld In die agtiende eeu is dit begin vervang deur Frans en dan deur Engels laat in die negentiende eeu Kerklatyn bly vandag nog die formele taal van die Rooms Katolieke Kerk en dit is die amptelike nasionale taal van die Vatikaanstad alhoewel Italiaans die voertaal is Die kerk het Latyn aanhou gebruik as sy liturgiese taal tot die 1960 s Dit word steeds gebruik saam met Grieks om die name wat in die wetenskaplike klassifikasie van alle lewende dinge gebruik word te verskaf Vandag is die naaste verwante taal daaraan Italiaans Lees meer oor Latyn se invloed op vandag se tale Hoofeienskappe WysigLatyn is n sintetiese of inflektiewe taal aanvoegsels word aangeheg aan n vaste stam om geslag getal en vorm aan te dui in byvoeglike naamwoorde selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde Hierdie proses word verbuiging declinatio genoem Vir werkwoorde gee die aanhangsels persoon getal tyd vorm en wys weer en die proses word vervoeging coniugatio genoem Daar is vyf verbuigngs van selfstandige naamwoorde en vier vervoegings van werkwoorde Naamwoorde Wysig Die ses naamwoordvorme is nominatief gebruik wanneer die onderwerp van die sin aangetoon word genitief gebruik om n verhouding of besit aan te toon datief gebruik om die indirekte voorwerp van die werkswoord dikwels verteenwoordig deur vir of aan aan te toon akkusatief gebruik om die direkte voorwerp van die werkwoord aan te toon vokatief gebruik vir die persoon of voorwerp wat aangespreek word ablatief gebruik om die oorsaak oorsprong instrument verwydering van die werkwoord aan te toon dikwels met voorsetsels soos deur met en vanaf Daarby het sommige naamwoorde n lokatiewe vorm om n plekverhouding uit te druk wat gewoonlik deur die ablatiewe vorm tesame met n voorsetsel soos in gedek wou wees maar hierdie argaiese gebruik van die Indo Europese dae word slegs in die name van mere stede dorpe soortgelyke plekke en in n paar nader woorde gevind Werkwoorde Wysig Die werkwoord het bepaalde en onbepaalde vorme Die bepaalde vorme kry aparte aanvoegsels vir die drie persone en die twee getalle Die onbepaalde vorme word nie vir persoon en getal vervoeg nie Daar is vier wyse die onbepaalde infinitivus die aantonende indicativus die aanvoegende coniunctivus en die gebiedende wys imperativus Die infinitivus is onbepaald na vorm Die ander drie wyse word vir persoon en getal vervoeg Infinitivus vocare om te roepIndicativus voco vocas ek roep jy roep en so meerConiunctivus vocem dat ek mag roep ens Imperativus voca vocate roep meervoud Die coniunctivus druk hoop wens of twyfel uit en word dikwels in n bysin gebruik Talle van werkwoorde het aparte aanhangsels vir die bedrywende activus en die lydende vorm passivus voco ek roep vocor ek word geroep Daar is ook werkwoorde wat net in die lydende vorm gebruik word deponentia Die vertaling kan in baie gevalle n aktiewe betekenis het loquor ek spreekLatyn en die Romantiek WysigNa die val van die Romeinse Ryk het Latyn in verskeie ander tale ontwikkel Vir baie eeue lank was hierdie tale slegs gepraat en Latyn is steeds gebruik vir skryf n Voorbeeld hiervan Latyn was die amptelike taal van Portugal tot 1296 toe dit eers vervang is deur Portugees Die Romaanse tale is inderdaad nie afgelei vanaf klassieke Latyn nie maar eerder van die gesproke Volkslatyn Latyn en die Romaanse tale verskil onder meer deurdat die Romaanse tale n kenmerkende beklemtoning ontwikkel het teenoor Latyn se kenmerkende verskil in die lengte van die klinkers Italiaans het vandag albei aspekte daarvan terwyl Spaans nog net die beklemtoning oorhet en Frans nie een van die twee nie Nog n ander groot verskil tussen die Romaanse tale en Latyn is dat eersgenoemde met die uitsondering van Roemeens hulle vormeindes in meeste woorde verloor het behalwe in die geval van sommige voornaamwoorde Roemeens het nog steeds vyf naamwoordvorme maar gebruik nie meer die ablatiewe vorm nie Latyn en Engels WysigEngelse grammatika is nie n direkte nasaat van Latynse grammatika nie Pogings om Engelse grammatika in dieselfde vormpie in te giet as wat Latynse grammatikareels dikteer soos die aansitterige verbod op die opgebreekte infinitief het nie sy beslag gekry in die alledaagse gebruik nie Aan die ander kant ontspring goed die helfte van Engelse woorde uit Latyn insluitend baie woorde wat van die argaiese Grieks af kom en toe deur die Romeine ingespan is om nie eers te praat van die duisende Franse Spaanse en Italiaanse woorde van Latynse herkoms wat Engels ook verryk het nie Vanaf die sestiende tot in die agtiende eeu het Engelse skrywers enorme getalle nuwe woorde geskep van die Latynse en Griekse wortels Hierdie woorde is inkpotwoorde gedoop asof hulle gestort is uit n potjie ink en was ryk in geur en betekenis Die meeste van die woorde is eenmalig deur n skrywer gebruik en het toe vergete geraak maar n paar het bly voortbestaan Imbibe extrapolate en inebriation is almal inkpotwoorde uitgekerf uit Latynse en Griekse woorde Latyn en Afrikaans WysigAfrikaans en Latyn verskil op grammatikale gebied baie sterk van mekaar Afrikaans ken min vervoegings soos ek my myne lank lang die lange iets lanks kind kinders spreek gespreek sprekende In Latyn het die meeste woorde n groot getal vorme waarvan die gebruik vir Afrikaanssprekendes dikwels moeilik is om te verstaan Onderrig van Latyn WysigVir meer inligting besoek die artikel Latynonderrig dd Latynonderrig geskied in verskeie lande van dwarsoor die wereld In Suid Afrika was Latynse skole reeds in 1714 gestig hoewel die Britse Ryk eers in 1822 die Latynse taal op eie bodem saam met Engels verpligtend gemaak het Latyn se status as verpligte universiteitstoelatingsvak loop egter teen die middel van die 20ste eeu ten einde As verpligte regstaal word Latyn van sy status in 1994 gestroop Afrikaanse handboeke Wysig Gonin H L 1956 Latynse grammatika en leesboek eerste jaargang Vierde hersiene druk Johannesburg Voortrekkerpers Geargiveer 25 November 2016 op Wayback Machine 22 7 MG Gonin H L 1945 Latynse grammatika en leesboek tweede jaargang Johannesburg Voortrekkerpers Geargiveer 25 November 2016 op Wayback Machine 26 2 MG Gonin H L 1947 Latynse grammatika en leesboek derde en vierde jaargang Johannesburg Voortrekkerpers Geargiveer 24 November 2016 op Wayback Machine 17 8 MGVerwysing Wysig Steyn J C 1980 Tuiste in eie taal die behoud en bestaan van Afrikaans Kaapstad Tafelberg Uitgewers p 30 31 41Sien ook WysigLatyn se invloed op vandag se tale Italiese tale Romeinse Ryk Lys van gedrukte Afrikaans vreemdtalige woordeboekeEksterne skakels Wysig Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Latyn Wikimedia Commons bevat media in verband met Latyn Sien Latyn in Wiktionary die vrye woordeboek Ethnologue verslag vir Latyn Corpus Scriptorum Latinorum n allesomvattende webografie van Latynse tekse en die vertalings daarvan Die Perseus projek het talle nuttige bladsye waarmee klassieke tale en letterkundes bestudeer kan word insluitende n interaktiewe Latynse woordeboek words deur William Whitaker Geargiveer 18 Junie 2006 op Wayback Machine Windows exe n aanlyn woordeboekprogram wat in staat is om verskeie woordvorme op te soek Retiarius Org sluit n Latyntekssoekenjin in Latyn Engelse woordeboek en Latynse grammatika van die Universiteit van Notre Dame Latynse hulpbronne Geargiveer 4 Desember 2004 op Wayback Machine Latynse tekse en n versameling van woordeboeke Gratis aanlynkursusse in Latyn http sprachprofi de vu latin Geargiveer 14 Februarie 2004 op Wayback Machine http wikibooks org wiki Latin Die Latynbiblioteek bevat talle Latyntekste Textkit het Latynse handboeke en e tekste Latin English Dictionary vanaf Webster se Rosetta Uitgawe Taalkruisverwysing Geargiveer 5 Desember 2004 op Wayback Machine n Vreemde taalkruisverwysingswoordeboek aangevuur deur sy eie soekenjin Alle kruiskombinasie tussen Latyn en Frans Duits Italiaans en Spaans kom hierin voor Ephemeris n Latynse koerant Rhetor deur Gabriel Harvey Geargiveer 4 Desember 2004 op Wayback Machine oorspronklik publiseer in 1577 en nooit weer herdruk nie Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Latyn amp oldid 2507717