www.wikidata.af-za.nina.az
Afrikaans is tipologies beskou n Indo Europese Wes Germaanse Nederfrankiese taal 2 wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het Afrikaans is op 8 Mei 1925 as n amptelike taal van Suid Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet naas Faroees wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het AfrikaansGepraat in Suid Afrika Namibie Botswana Zimbabwe Eswatini Verenigde Koninkryk Australie Nieu Seeland Kanada Verenigde State Ierland Argentinie Gebied Suider AfrikaTotale sprekers 7 2 miljoen eerste taal 10 3 miljoen tweede of derde taal 1 Rang 99Taalfamilie Indo Europees Germaans Wes Germaans Nederfrankies Nederlands Afrikaans Skrifstelsel Latynse alfabetArabiese alfabet Arabiese Afrikaans Amptelike statusAmptelike taal in Suid Afrika Namibie erken as minderheidstaal Gereguleer deur Die Taalkommissie van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Suid Afrika TaalkodesISO 639 1 afISO 639 2 afrISO 639 3 afr Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid Afrika en daarnaas ook n belangrike taal van Namibie Volgens die Suid Afrikaanse sensusopname van 2011 beskou ongeveer 6 9 miljoen sprekers in Suid Afrika 13 5 van die totale bevolking 3 dit as hulle moedertaal Sowat een miljoen van die sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels 4 Buiten die oorspronklike taalgebied is daar groot groepe Afrikaanssprekendes in lande soos Namibie ongeveer 180 000 naastenby 9 van alle huishoudings 5 die Verenigde Koninkryk ongeveer 100 000 6 Nieu Seeland 21 000 in 2006 7 Botswana 20 000 die Verenigde State 23 010 volgens die 2009 2013 American Community Survey wat deur die Amerikaanse Sensusburo in Oktober 2015 gepubliseer is 8 Australie 43 741 volgens die sensus van 2016 en Kanada 8 770 volgens die sensus van 2011 9 Afrikaans het as kontaktaal aan die suidpunt van Afrika ontwikkel uit die kontak tussen 16de en 17de eeuse Nieunederlands of Nuwe Nederlands Khoi San Maleis Portugees Frans Duits Engels en verskeie Nguni en Sothotale 10 Inhoud 1 Klassifikasie 2 Geskiedenis 2 1 Ontstaan van die Afrikaanse omgangsvarieteite 2 2 Standaardisering en ontwikkeling van Afrikaans as kultuurtaal 3 Die Afrikaanse Taalbeweging 3 1 Afrikaans en nasionalisme 3 2 Afrikaans na 1994 4 Huidige verspreiding 4 1 Afrikaans in Suider Afrika 4 2 Afrikaans as Afrikataal 4 3 Afrikaans in die res van die wereld 5 Die woordeskat van Afrikaans 5 1 Ou Nederlandse woorde 5 2 Dialektiese woorde 5 3 Woorde met veranderde betekenis 5 4 Verengelsing 5 5 Voorbeelde 6 Spelwyse 7 Woordeboeke 7 1 Woordeboek van die Afrikaanse Taal 7 2 Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal 8 Streeksdialekte 9 Toekoms van Afrikaans 10 Sien ook 11 Verwysings 12 Eksterne skakelsKlassifikasie Wysig Nederfrankiese taalgebied in Europa Indo Europees Germaans Wes Germaans Nederduits Nederfrankies Nederlands AfrikaansAfrikaans is n Indo Europese taal wat aan die Wes Germaanse tak van die Germaanse tale behoort Afrikaans behoort saam met Nederlands aan die Nederfrankiese taalgroep wat van Oudnederlands afstam Nederfrankiese verskeidenhede word in Europa in Nederland die noorde van Belgie Frans Vlaandere in Frankryk en die Duitse gebied langs die Ryn tussen Keulen en die grens tussen Duitsland en Nederland gepraat Buite Europa word Nederfrankiese verskeidenhede in Suid Afrika Namibie Suriname en die Nederlandse eilande in die Karibiese See gepraat Die Nederfrankiese verskeidenhede word saam met Nedersaksies onder Nederduits gegroepeer Daar het n skeiding gekom tussen Nederduits en Hoogduits vanwee die Hoogduitse klankverskuiwing 11 Geskiedenis WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Geskiedenis van Afrikaans Ontstaan van die Afrikaanse omgangsvarieteite Wysig Die Eerste Taalmonument in Burgersdorp Oos Kaap versinnebeeld die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapkolonie Die Afrikaanse Taalmonument in Paarl Wes Kaap versinnebeeld die invloed van ander tale in die ontstaan van Afrikaans Teen die middel van die 17de eeu het Europeers hulle aan die Kaap gevestig Op taalgebied sou hier n proses plaasvind wat in alle Nuwe Wereldlande waar mense van verskillende tale en kulture vermeng het plaasgevind het Nuwe omgangsvarieteite sou ontstaan Aan die Kaap sou ook taalontwikkelinge wat latent in Nederlands aanwesig was tot ontplooiing kom 12 soos die sinkopee van die intervokaliese d en g byvoorbeeld sadel gt saal en regen gt reen By die ontwikkeling van sommige Afrikaans Hollandse omgangsvarieteite was die invloed van vreemde tale gering maar ander varieteite het n kreoliseringsproses ondergaan byvoorbeeld Hottentot Hollands en Slawe Hollands Alle vreemdelinge aan die Kaap het Nederlands egter eie probeer maak Veral ander Europeers is binne n relatief kort tydperk geassimileer Die nuwe omgangsvarieteite word wel deur n eenvoudiger taalkode gekenmerk Hierdie proses was egter nie alleen tot die Kaap beperk nie In Brasilie sou in dieselfde tyd n omgangsvarieteit ontstaan het wat grammatikaal eenvoudiger as Europese Portugees is In Quebec het ook n omgangsvarieteit ontstaan wat grammatikaal eenvoudiger as Europese Frans is As gevolg van die Europese volksverhuising verhuis Friese Angele Sakse en Jutte van die Europese vasteland na die Britse eilande waar hierdie Germaanse immigrante met die Britse Kelte vermeng Tussen 800 en 1100 sou Wikings of Vikinge hulle ook op die Britse Eilande vestig Die nuwe Germaanse taal wat hier ontwikkel het en later as Engels afkomstig van Angele bekend sou staan is ook grammatikaal eenvoudiger as die Germaanse tale van die Europese vasteland As gevolg van die grootskaalse taal en kultuurvermenging in Amerika het daar ook nuwe omgangsvarieteite ontstaan wat grammatikaal eenvoudiger as Standaardengels is Die bekendste voorbeeld hiervan is Negerengels Die Nederlandse omgangsvarieteite aan die Kaap tussen 1652 en omstreeks 1800 is selde op skrif gestel wat beteken dat ons nie vandag presies weet hoe hierdie varieteite gelyk het nie 13 Teen omstreeks 1800 is die volgende omgangsvarieteite aan die Kaap gepraat 1 Suiwer Nederlands 2 Burger Afrikaans of Kaaps Hollands soos gebruik deur die aristokrasie 3 Boere Afrikaans veral op die platteland 4 Hottentot Hollands of Hottentot Afrikaans 5 Slawe Afrikaans 6 Vreemdeling Afrikaans 14 Die skrywer A N E Changuion vermeld dat die volgende varieteite in 1844 aan die Kaap gepraat was 1 Suiwer Nederlands 2 Hoog Hollands soos gebruik in die gegoede burgerlike kringe aan die Kaap 3 Plat Kaaps van ander blankes en Engelse 4 Plat Kaaps van die Hottentotte en ander gepeupel 15 In 1875 was S J du Toit van mening dat drie soorte Afrikaans in die Kaap gepraat was Dit was volgens hom 1 Heere Afrikaans 2 Boere Afrikaans 3 Hottentot Afrikaans 16 S J du Toit was van mening dat Boere Afrikaners die regte inwoners van Suid Afrika was en het hy Boere Afrikaans as die model waarop Standaardafrikaans geskoei moes word beskou Standaardisering en ontwikkeling van Afrikaans as kultuurtaal Wysig Aan die Kaap is verskillende Afrikaans Hollandse omgangsvarieteite gepraat met Nederlands as die oorkoepelende kultuurtaal Nederlands was die algemeen aanvaarde kultuurtaal en het as skryftaal bestuurstaal kerktaal en die taal van die onderwys gedien In 1806 het die Kaapkolonie vir die tweede keer in Britse hande geval waarna Engels n kragtige opmars begin het Die gebruik van Afrikaans Nederlands is onder Engelse bestuur ontmoedig In 1854 het die Oranje Vrystaat Nederlands as amptelike taal aanvaar In 1882 is Nederlands naas Engels as die amptelike taal in die Kaap aanvaar In 1888 is Nederlands as die amptelike taal in die Zuid Afrikaansche Republiek ZAR aanvaar Om die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapse parlement te herdenk is die Eerste Taalmonument in 1893 by Burgersdorp opgerig Aan die einde van die 19de eeu was sommige mense van mening dat Afrikaans veral Boere Afrikaans meer erkenning moes geniet en het hulle voorspraak vir n eie inheemse taal begin maak Afrikaans In die Nederlandstalige pers is toe soms briewe en artikels in Afrikaans geplaas Die Kaapse Maleiers het ook begin om Afrikaans Nederlands naas Arabies in hulle godsdiensgeoefeninge te gebruik Die Maleiers het onder andere Afrikaans Nederlands geskryf maar in die Arabiese alfabet Die Afrikaanse Taalbeweging Wysig Die Afrikaanse Patriot uitgegee in 1876 Die eerste en tweede Afrikaanse Taalbeweging het veral die Amerikaanse Taalbeweging en ook die Vlaamse Taalbeweging as voorbeelde beskou In die VSA het Noah Webster vir n eie inheemse Amerikaanse taal in die plek van Engels gepleit In Vlaandere Brasilie Noorwee en Quebec het ook stemme vir n eie inheemse taal opgegaan Hierdie taalbewegings was deur nasionalisme aangevuur Die Vlaamse Taalbeweging die Brasiliaanse Taalbeweging die Amerikaanse Taalbeweging en die Quebecse Taalbeweging het op n mislukking uitgeloop Die Noorse Taalbeweging was wel aanvanklik n sukses maar is tans besig om te misluk Alleen die Afrikaanse Taalbeweging was volledig suksesvol in die vestiging van n nuwe kultuurtaal Die motivering en doelstellings van al hierdie taalbewegings was dieselfde Die eerste Afrikaanse taalbeweging neem in 1875 met die stigting van die GRA of die Genootskap van Regte Afrikaners in Paarl n aanvang Die doelstellings van die GRA is egter deur die meeste Kapenaars verwerp Nederlands was as die algemene aanvaarde kultuurtaal beskou Dit was die formele skryftaal kerktaal bestuurstaal onderwystaal en die taal van die pers Nederlands het hoe aansien geniet en is as n deftige statustaal beskou Afrikaans was as n taal wat die stempel van onkunde dra beskou Hoofregter J H de Villiers was in 1876 van mening dat n Afrikaanse Bybel soos voorgestaan deur die Patriotmanne onvanpas was omdat die Afrikanerbevolking Nederlands in elk geval verstaan 17 Dieselfde regter was al op 13 Mei 1875 in Kaapstad van mening dat as dit die bedoeling is van die GRA en Patriotmanne om Nederlands te vervang met Afrikaans dit later sal blyk n groot misslag te wees en die beweging uiteindelik n mislukking sal word omdat die bevolkingsgrootte van die Afrikaners te klein is 18 Artikels in die Nederlandstalige pers het neerhalend na Afrikaans verwys In De Zuid Afrikaan is na Afrikaans as n corruptie een mengelmoes van onzin en dwaasheid verwys wat niks anders sou wees as een caricatuur van de gemeene wijze waarop die Mozambiekers op onze straten spreken en n b meestal geschreven wordt door uitlanders die noch ons volk noch ons land kennen 19 Di Afrikaanse Patriot mondstuk van die GRA is as n vod n Prulblad n Hottentot Courant beskryf Die meeste Afrikaners het Afrikaans op daardie tydstip egter as n uiters minderwaardige taalvorm beskou Vir hulle was dit n taal sonder grammatika n Hottentotstaal n wartaal n mengelmoes vol onsin en dwaashede en n taal wat by skaapkrale en in die kombuis hoort Afrikaans en nasionalisme Wysig Die erkenning van Afrikaans as amptelike taal naas Engels vind gedurende 1925 plaas Volgens Wet 9 van 1925 is Afrikaans toe aan Nederlands gelykgestel maar in die praktyk het die ondersteuners van D F Malan Nederlands op n despotiese manier met Afrikaans vervang 20 Afrikaans het sinoniem met nasionalisme geword Afrikaans as kultuurtaal is beskou as die produk van nasionalisme 21 of as n uitingsvorm van nasionalisme 22 Die Afrikaners het immers oor n reeds gevestigde kultuurtaal beskik Nederlands wat doelbewus met n ander kultuurtaal Afrikaans vervang moes word Die ondersteuners van D F Malan wou nie alleen n wig tussen Afrikaans en Nederlands inslaan nie maar ook n wig tussen die Afrikaners en die Kleurlinge J B M Hertzog het juis gewaarsku dat Malan die verkeerde pad volg Vir Hertzog was Nederlands die kultuurtaal van die Afrikaner en het Hertzog die Kleurlinggemeenskap ook as n deel van die Afrikaners beskou Malan het gewen Hy het die Kleurlinge tot nie blankes laat verklaar en hulle uit blanke dorpe en stede laat verwyder Uiteindelik het juis hierdie rassisme die taal skade berokken Afrikaans het apartheidstaal geword n simbool van die onderdrukking van die gekleurde helfte van sy eie sprekers Met sy nuwe funksie as amptelike taal het die woordeskat van Afrikaans in die 20ste eeu grootskaals uitgebrei en intussen het meer as 200 Afrikaanse vakwoordeboeke verskyn Om die taal wat oorspronklik n eenvoudige kommunikasiemiddel en omgangstaal was tot n medium vir die onderwys administrasie literatuur kunste en wetenskappe te kon uitbou is dikwels na Nederlandse terme teruggekeer om neologismes te vorm Die verskillende Afrikaanse vaktale het intussen ook die internasionale woordeskat wat op hulle gebiede gebruiklik is oorgeneem Afrikaans na 1994 Wysig Verspreiding van Afrikaans versus Engels as huistaal onder Blanke Suid Afrikaners 87 5 100 Afrikaans 75 87 5 Afrikaans 62 5 75 Afrikaans 50 62 5 Afrikaans 50 62 5 Engels 62 5 75 Engels 75 87 5 Engels 87 5 100 Engels Tweetalige teken in Afrikaans en Suid Ndebele by die Pretoriase Kunsmuseum Die Grondwet van 1909 het bepaal dat Nederlands en Engels die amptelike tale van die land was In 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel Die Grondwet van 1961 het Afrikaans en Engels as amptelike tale erken maar bevestig dat Afrikaans en Nederlands dieselfde status geniet Volgens die Grondwet van 1983 was slegs Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land Die Grondwet van 1996 het elf amptelike tale erken waarvan Afrikaans een is Die aftakeling van Afrikaans as n volwaardige ampstaal in Suid Afrika het in die afgelope jare tot groot paniek gelei Regeringsinstellings en privaatondernemings gee om verskillende redes dikwels aan Engels die voorkeur Die mening het begin posvat dat Engels as wereldtaal n meer geskikte taal vir onderwys en internasionale kommunikasie is Hierdie beskouing is in stryd met die teenswoordige ontwikkeling in baie lande waar streektale as n soort reaksie op die toenemende globaliseringstendense en die dreigende verlies van kulturele identiteit begin herleef Afrikaans toon in sy huidige situasie baie ooreenkomste met Europese streektale en beskik oor dieselfde potensiaal om in sy hoofsaaklike taalgebiede die weste van Suid Afrika en die suide van Namibie n funksie as enigste amps en wetenskapstaal te kan vervul Daar is talle voorbeelde van ander lande waar n konsekwente taalbeleid ten gunste van kleiner tale suksesvol ingestel is Die Kanadese provinsie Quebec het n eentalige Franse gebied in Noord Amerika geword ondanks die ekonomiese druk wat vanuit die Engelse omgewing uitgaan In Katalonie die historiese nywerheidsentrum van Spanje het die plaaslike Katalaans Spaans volledig uit die openbare lewe verdring en selfs in tersiere onderwys is Katalaans as enigste voertaal aanvaar In Luxemburg word Luxemburgs eintlik n vorm van Moeselfrankies as amptelike taal naas Frans en Duits erken In die geval van Afrikaans bly die letterkunde en die kultuurlewe n waarborg vir die voortbestaan daarvan Afrikaanse koerante en tydskrifte geniet net soveel sukses as privaat televisiekanale wat op die Afrikaanse mark gefokus is In die suidelike helfte van Namibie is Afrikaans die belangrikste huis en omgangstaal en die grootste koerant van die land Die Republikein verskyn in Afrikaans Terwyl die verkope van Suid Afrikaans gepubliseerde boeke tussen 2004 en 2014 meer as verdubbel het van 1 5 miljoen tot 3 6 miljoen verkope en die aantal Suid Afrikaans gepubliseerde boektitels toegeneem het van 9 000 tot 16 000 het die aandeel Suid Afrikaans gepubliseerde boeke in Afrikaans van 25 tot 45 persent gestyg 23 Hoewel Afrikaans as voer en onderrigtaal dikwels aan die kortste end by staatsinstansies trek staan verkope van Afrikaanse boeke in Suid Afrika baie sterk Die grote gros van Engelstalige boeke wat in Suid Afrika verkoop word is naamlik van buitelandse oorsprong en die verkoopsyfers van boeke wat plaaslik in Engels geskryf en verkoop word word oorskadu deur die in Afrikaans Die mededinging van plaaslike boeke in Engels met die uit die buiteland is die vernaamste rede hiervoor 24 In 2004 was net 22 van plaaslik gepubliseerde boeke in Afrikaans teenoor 77 wat Engelstalig was Teen 2015 het die omset van Afrikaanse boeke tot 49 van die totaal toegeneem terwyl die aandeel van Engelse boeke tot 50 afgeneem het Ook wat die digkuns betref floreer Afrikaanse werke terwyl plaaslike verkope van Engelse digbundels so power vaar dat bykans geen plaaslike uitgewer meer daarin belangstelling toon nie Afrikaanse boeke word deesdae ook deur buitelandse uitgewers soos PRH Macmillan Oxford en Pearson uitgegee n Verdere pluspunt is die ruimer mediasteun wat ondermeer deur die Afrikaanse pers aan plaaslike Afrikaanse boeke toegestaan word sodat die Afrikaanse skrywer meer blootstelling as die van n plaaslike Engelse skrywer geniet 24 Statistiek in PASA Uitgewersvereniging van Suid Afrika se Annual book publishing industry survey dui aan dat die netto verkope van Afrikaanse boeke tussen 2009 en 2015 op ongeveer 2 miljoen per jaar konstant gebly en die aantal nuwe Afrikaanse titels van 832 tot 890 toegeneem het Die getal titels van Afrikaanse boeke in druk het toegeneem van 5 000 tot 8 500 en die totale omset van Afrikaanse boeke het van R190 miljoen tot R237 miljoen gestyg n toename van sowat 25 Daarteenoor het die verkope van boeke in ander tale hoofsaaklik in Engels tussen 2009 en 2015 van 1 88 miljoen eksemplare tot 1 74 miljoen eksemplare gedaal 24 Die opbloei in die verkope van Afrikaanse boeke kan ten dele toegeskryf word aan die verswakkende rand en Brexit met die gevolglike vergrotende prysverskil tussen plaaslike en ingevoerde boeke Daar bestaan ook n getroue leserspublikum by die Afrikaanse uitgewers wat by die Engelse uitgewers van plaaslike boeke ontbreek Afrikaanse boeke se voorkoms vertoon ook merendeels beter as hul ingevoerde Engelstalige ewekniee wat teen lae onkoste op swak papier gedruk onleesbaar klein geset en sommer net aanmekaargelym word 24 Uit n skatting van 2007 blyk dit dat Engels as onderrigtaal nie n groot invloed uitoefen op Afrikaanssprekende kinders se huistaalgebruik nie Dit blyk verder dat baie minder bruin Afrikaanssprekers na Engels oorskakel as wat aanvanklik vermoed is Afrikaansmediumskole is wel regtens of onregtens daarvan beskuldig dat hulle taalbeleid aanwend om inname van swart leerlinge te bemoeilik 25 Sekere swart ouers soms met die steun van provinsiale onderwysdepartemente het dan gedinge aanhangig gemaak om onderrig in Engels by hierdie skole af te dwing Teen 2006 was daar 300 enkelmedium Afrikaanse skole vergeleke met 2 500 in 1994 nadat meeste Afrikaanse skole na dubbelmedium onderwys oorgeskakel het 25 Huidige verspreiding WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Geografiese verspreiding van Afrikaanssprekendes Afrikaans in Suider Afrika Wysig Suid Afrikaanse provinsies met n meerderheid Afrikaanstaliges in 2011 Daar is ook groot Afrikaanse gemeenskappe in die ander provinsies 0 20 20 40 40 60 60 80 80 100 Geografiese verspreiding van Afrikaans in Suid Afrika volgens bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011 lt 1 km 1 3 km 3 10 km 10 30 km 30 100 km 100 300 km 300 1000 km 1000 3000 km gt 3000 km Verspreiding van Afrikaans in Namibie volgens die 2011 sensus lt 1 1 5 99 6 10 99 11 20 99 21 30 99 31 49 99 Verspreiding van Afrikaans in die Verenigde State 2000 sensus Hoofverspreiding van Afrikaans Daar is onlangs nuwe skattings gegrond op SA Satistics 2010 mid year estimates uitgereik wat toon dat Afrikaans as huistaal oor die afgelope drie jaar veranderinge ondergaan het Die getal mense wat Afrikaans tuis gebruik het van omtrent 6 44 miljoen in 2007 tot omtrent 6 49 miljoen in 2010 gestyg Namibie inkluis Wat verrassend hierby mag wees is dat die syfer van swart Afrikaanssprekendes gestyg het van omtrent 0 24 miljoen in 2007 tot 0 29 miljoen in 2010 As redes daarvoor word onder meer die bevolkingsgroei in Namibie asook in die Vrystaat en die noordelike deel van Suid Afrika vermoed waar Afrikaans die meesgebruikte taal onder werkers in die landbou is wat sodoende die taal ook by die huis gebruik Verder kan ook vasgestel word dat Afrikaanse huishoudings toenemend na dubbelmedium oorskakel wat beteken dat Engels benewens Afrikaans gebruik word Die getal wit Afrikaanssprekendes het effens toegeneem terwyl die persentasie bruin Afrikaanssprekendes stadig maar seker daal Volgens 2007 se Community Survey word geskat dat omtrent 6 44 miljoen Suid Afrikaners Afrikaans as huistaal gebruik het Blankes 2 76 miljoen Namibie inkluis Bruin 3 44 miljoen Namibie inkluis Swart 0 24 miljoen Namibie uitgesluit Indiers minder as 10 000 Benewens blanke en bruin Afrikaanssprekendes word Afrikaans deur die meeste etniese groepe in Suid Afrika as n tweede of selfs derde taal gepraat Westelike Suid Afrika d w s die provinsies Noord en Wes Kaap en die westelike streke van die Vrystaat is tans n oorwegend Afrikaanstalige gebied n groot segment van Afrikaanses in die gebied is Kleurlinge In die oostelike Suid Afrika is daar stedelike konsentrasies van veral blanke Afrikaanssprekers in Pretoria Bloemfontein Vereeniging Welkom Potchefstroom Klerksdorp Kemptonpark Pietersburg Nelspruit Witbank en Krugersdorp In Namibie is daar sowat 146 000 sprekers Afrikaans word daar erken as nasionale taal maar die enigste amptelike taal sedert onafhanklikheid in 1989 is Engels Volgens skattings is daar tot twintig miljoen mense wereldwyd wat Afrikaans as moeder tweede of derde taal kan praat Etniese Groep Afrikaanssprekendes in 2011Bruin Suid Afrikaners 3 442 164Wit Suid Afrikaners 2 710 461Swart Suid Afrikaners 602 166Asiatiese en Indiese Suid Afrikaners 58 700Ander 41 591Totaal 6 855 082Afrikaans as Afrikataal Wysig Hoewel Afrikaans as n Germaanse taal geklassifiseer word kan dit op grond van ruimtelike gebruik as n Afrikataal bestempel word In Afrika word daar n reeks tale gepraat wat nie aan mekaar verwant is nie In die sin kan enige taal van Afrika as sinoniem met Afrikataal beskou word Verdere redes sluit in 26 Die taal dra die naam van die vasteland Gedurende sy ontwikkeling het Afrikaans redelik baie woorde uit ander Afrikatale soos Khoekhoens en die Bantoetale ontleen Die taalgemeenskap het in Afrika die lig gesien en is merendeels tot Afrika beperk Die sprekers van Maleis Nederlands Frans Hoogduits Platduits en Portugees wat vanuit ander werelddele afkomstig is het aan die Kaap n nuwe oorspronklike taalgemeenskap naamlik die van Afrikaans geskep Daar is Afrikane wat Afrikaans magtig is Omrede die Taalkommissie die hoogste gesag in Afrikaans se hoofkwartier fisies op die Afrika vasteland gestasioneer is vergelyk Nederlandse Taalunie wat die Nederlandse taal reguleer in Den Haag kan dit ook as aanduiding dien dat Afrikaans n Afrikataal is Afrikaans in die res van die wereld Wysig Met die einde van die amptelike beleid van rasseskeiding het die internasionale belangstelling in Suid Afrika duidelik toegeneem en na dekades van sanksies en boikotte is daar sprake van n normalisering van die kulturele en politieke betrekkinge tussen die Lae Lande Nederland en Vlaandere en Suid Afrika se Afrikaanssprekende gemeenskap 27 n Aantal universiteite in die buiteland onder meer Gent in Belgie Keulen en Gottingen in Duitsland en Wene in Oostenryk het Afrikaans as n taalvak binne die verband van die Neerlandistiek ingevoer Die Adam Mickiewicz universiteit in Poznan Pole se Instituut vir Engelse Filologie het n Departement van Nederlands en Suid Afrikaanse Studies 28 en bied ook spesialisasie in Suid Afrika en Afrikaans aan 29 Skole vir sekondere onderwys in Nederland kan kies om Afrikaans as n deel van die vak Nederlands te onderwys Die ontwikkeling en geskiedenis van Afrikaans is n verpligte deel van die vak Literatuurgeskiedenis as n deel van die geskiedenis van die Nederlandse taal in Suid Afrika In die Verenigde State word Afrikaans as taalvak as deel van studies in Germaanse tale of Afrikastudies aangebied Die National African Language Resource Center NALRC in Bloomington Indiana het n brosjure oor Afrikaans vir voornemende studente aan die Universiteit van Wisconsin in Milwaukee die Universiteit van Kalifornie in Los Angeles en die Brigham Young universiteit in Provo Utah gepubliseer 30 31 32 Suid Afrikaanse emigrante het in baie oorsese lande Afrikaanse gemeentes klubs en ander instellings gestig en tans is daar enkele honderdduisend sprekers van Afrikaans in die buiteland In Julie 2008 is die eerste Afrikaanse radioprogram OppieStasie in Australie deur Erika von Kaschke nee Jooste op die gemeenskapsradiostasie begin 33 Die program speel Afrikaanse musiek en verskaf inligting aan nuwe immigrante Die woordeskat van Afrikaans WysigMet insluiting van komposita het die woordeskat van Afrikaans tussen 1900 en die laat 20ste eeu gegroei van slegs 50 000 tot n driekwart miljoen woorde 34 Saam met die uitbou van Afrikaans tot n volwaardige moderne amps en wetenskapstaal is dus honderdduisende nuwe woorde by die oorspronklike kernwoordeskat wat van Nederlands oorgeerf is gevoeg Alhoewel Afrikaans in leksikale opsig grotendeels sy Nederlandse wortels bewaar het is daar nogtans net soos in ander gevalle waar n Europese taal na n nuwe oorsese omgewing oorgeplant is n aantal belangrike afwykings van moderne Nederlands Ou Nederlandse woorde Wysig Net soos Amerikaanse Engels baie woorde van 17de en 18de eeuse Engels bewaar het wat in moderne Britse Engels uitgesterf het soos fall wat in Engeland deur die Latynse autumn vervang is het sommige ou Nederlandse woorde wat in die moderne Nederlandse standaardtaal nie meer gebruiklik is nie in Kaaps Nederlands bly voortleef Kaaps Nederlands Afrikaans Algemeen Nederlands AN bloeisel bloesemfontein bron fonteinplaas boerderij hofstede hoevenavorsing onderzoek deftig navorsing veral in Vlaandere party enige menigeystervark stekelvarkenweeluis bedwants Duitse leenwoord borsspeld 35 broche Franse leenwoord stiksiende 35 bijziendeDialektiese woorde Wysig Alhoewel die destydse veral Suid Nederlandse standaardtaal van VOC amptenare aanvanklik die meeste hoe funksies aan die Kaap vervul het het Afrikaans Nederlandse omgangsvarieteite uit die Nederlandse dialekte ontwikkel Sommige woorde uit die Nederlandse dialekte wat in Nederland en Vlaandere nie in die huidige woordeskat van die standaardtaal opgeneem is nie is wel opgeneem in die Kaaps Nederlandse en Afrikaanse leksikon Kaaps Nederlands Afrikaans Algemeen Nederlands AN bees rund cfr beest vark zwijn varkenvat nemen cfr vatten spog pochenkuier n besoek afle kuieren op je gemak wandelen Die Afrikaanse woorde boetie en boeta het hulle oorsprong heel waarskynlik in Nederlandse dialekvorme soos beut en boetje 36 Woorde met veranderde betekenis Wysig Net soos in ander oorsese gebiede het Europese setlaars ook aan die Kaap begin om met bekende woorde uit hul beskaafde en dialektiese Nederlands na nuwe diere plante en ander dinge te verwys mits hulle ten minste n sekere ooreenkoms met Europese spesies en natuurverskynsels getoon het Sodoende het n aantal Nederlandse woorde in n nuwe konteks en omgewing ook n ander betekenis gekry n Groter aantal voorbeelde kom uit die landboutaal n Dam is in Nederland steeds n wal terwyl dit in Afrikaans ook na die water kan verwys wat deur die damwal ingehou word Afrikaanssprekendes kan byvoorbeeld se dat hulle in die dam gaan swem en bedoel dan die damwater Die Suid Afrikaanse taalkundige S P E Boshoff het hierdie oorgang na n nuwe betekenis aan die verskil van bodem tussen die waterryke Nederland en die droe dor klimaat van Suid Afrika toegeskryf alhoewel die Dagregister van Jan van Riebeeck die eerste Nederlandse goewerneur aan die Kaap volgens J du P Scholtz ook bewys lewer dat die betekenisverskuiwing al in die Nederlandse omgangstaal aan die gang was 37 Pad het in Afrikaans n ruimer betekenis gekry as in Nederlands waar dit slegs na n weg verwys wat deur die voetstappe van mense of diere gemaak is In Suid Afrika het dit ook n sinoniem vir n geasfalteerde verkeersweg geword en reeds in die 18de eeu het afleidings soos padmaker in die Kaapse taal voorgekom wat na n opsigter verwys het wat vir die instandhouding van n pad verantwoordelik was 38 Vlei wat uit vallei ontstaan het het naas dal tussen twee bergreekse spesifiek Kaapse betekenisse gekry soos moerassige laagte tussen berge en duinmeer 18de en 19de eeuse reisigers het reeds na hierdie taalgebruik verwys 39 Dalk wat uit dadelik saamgetrek is het selfs n verandering ten opsigte van sy woordsoort ondergaan Terwyl dadelik n bywoord van tyd is onmiddellik gou word dalk in Afrikaans as n bywoord met modale funksie gebruik en is n sinoniem vir miskien moontlik Die oudste dokumente waarin die Kaaps Nederlandse dalk voorkom dateer uit die jare 1787 en 1789 40 Verengelsing Wysig Na die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het groot getalle Afrikaners begin verstedelik Die Witwatersrand was n groot trekpleister maar ook hoofsaaklik Engelssprekend Honderde duisende Afrikaners het in hierdie stede verengels In die twintigerjare is die eerste Afrikaanse hoerskole aan die Rand gestig en Afrikaners is aangemoedig om hulle eie taal met trots te gebruik Dit was in n poging om die verengelsing tee te gaan Aanvanklik was dit ook n groot sukses Daar is begin om ook Anglisismes aktief uit Afrikaans te weer Sedert die negentigerjare swaai die gety egter weer ten gunste van Engels Engels druk deurgaans n swaar stempel af op Afrikaans Beide die Afrikaanse leksikon en sintaksis ervaar n sterk Engelse invloed Baie Afrikaanse ouers het begin om hulle kinders na Engelstalige skole te stuur Baie Afrikaanse ouers praat wel nog onderling Afrikaans met mekaar maar Engels met hulle kinders Voorbeelde Wysig Maleis amper van hampir baadjie van badju baie van badju en piering van piring Khoe gogga van xoxon Portugees mielie van milho kombers van cobertas en kraal van curral Zoeloe moetie en afleidings daarvan soos moetieman moetiemoord en moeitiewinkel van die Zoeloe umuthi wat medisyne beteken Woordeskat uit swart tale donga dagha klei of sement mopanie maroela moepel kaboe mielies tollie mamba tsetse vlieg indaba indoena impie loboloa pasella babalaas haikona ietermago sakaboela tamboekie gras kaia marog skokiaan poetoe pap Maleis nartjie blatjang bobotie borrie sosatie mebos doepa paljas siesal ramkie nonnie nonna kierang pamperlang lieplapper Portugees tronk makou tamaai maskie Duits strawasie laer werda jaarhonderd sweis verfoes werskaf hekel Frans pawee perske sermyn peer bermotsersan peer Let daarop dat meeste ander Afrikaanse woorde wat van Franse afkoms is eers in Nederlands opgeneem is en daardeur in Afrikaans beland het Khoekhoens boegoe karee dagga koekmakranka kambro kanna ghaap noem noem kwagga oorbietjie geitjie gogga karos abba kamma kamalielies kamtig kastig hoeka ga ng soe aitsa arrie eina gonna kierie hn n ghnarra gorra karkoer koedoe 41 Afrikaans het op sy beurt weer invloed op Suid Afrikaanse Engels en ander inheemse tale uitgeoefen deurdat n hele aantal Afrikaanse woorde in die tale opgeneem is 10 90 95 van Afrikaans se woordeskat is na raming van Germaanse oorsprong Spelwyse Wysig Die berig oor die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se stigting het in die koerant Het Westen verskyn In die verlede is verskillende spelvorme vir Afrikaans gebruik byvoorbeeld die Patriotspelling van die GRA en die getoelies van die Kaapse Moslemgemeenskap wat albei van n vereenvoudigde en vernieude spelling gebruik gemaak het Sedert 1914 is die Taalkommissie van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verantwoordelik vir die normalisering van Afrikaans Die spelreels van die Taalkommissie word gepubliseer in die Afrikaanse woordelys en spelreels Die rede vir die invoering van n Afrikaanse spelling word wel bevraagteken Aanvanklik is beweer dat in Afrikaans die skrifbeeld die gesproke beeld moet volg ons skryf soos ons praat Sommige het egter gemeen dat die Afrikaanse spelling nie sodanig ingevoer is om die spreektaal te volg nie maar om die twee tale te skei Die gewysigde skrifbeeld moes die skeiding vergestalt Vele Afrikaanse en Nederlandse woorde word immers op dieselfde manier uitgespreek byvoorbeeld richting rigting provincie provinsie nationaal nasionaal rover rower vrouw vrou ens Nogtans het die Taalkommissie die spelling gewysig In 1925 is die Kollewijn spelling wat in 1891 ontwerp is as die spelling vir Afrikaans in Suid Afrika aanvaar Hierdie spelling was n vereenvoudiging van die moeilike Nederlandse spelling Russisch moet nou Russies word en moeilijk moeilik Dit was n meer fonetiese spelling gebaseer op die skryf hoe jy praat manier Hierdie spelling is in sekere gemeenskappe veral in Vlaandere en in Suid Afrika in gebruik geneem maar nie amptelik aanvaar nie Woordeboeke WysigWoordeboek van die Afrikaanse Taal Wysig Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal algemeen bekend as die WAT is die grootste verklarende Afrikaanse woordeboek As omvattende verklarende woordeboek probeer dit om Afrikaans in sy wydste omvang te weerspieel Afrikaans in al sy verskyningsvorme nl standaardtaal streektaal geselstaal en die verskillende varieteite van Afrikaans soos Namakwalands en Kaaps word in die WAT opgeneem Vyftien dele is reeds gepubliseer Die vyftiende deel wat van skool tot Sri Lankaans strek het in 2019 verskyn Dit is ook op CD en op die internet beskikbaar Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal Wysig Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal algemeen bekend as die HAT is die bekendste verklarende Afrikaanse woordeboek Dit word oor die algemeen as gesaghebbend beskou In teenstelling met die WAT is die HAT n verklarende Afrikaanse woordeboek in n enkele band waarvan die huidige uitgawe 1 632 bladsye beslaan Die woordeboek word sedert 1965 gereeld hersien Die sesde papieruitgawe van die HAT het in 2015 verskyn toe die gedrukte HAT 50 jaar oud was HAT op CD ROM is in 2009 bekend gestel Streeksdialekte WysigGeografies word die Afrikaanse dialekte in drie hoofgroepe verdeel Kaapse Afrikaans Oosgrens Afrikaans en Oranjerivier Afrikaans 42 Griekwa Afrikaans behoort tot die Oranjerivier Afrikaans Oorlams word deur taalkundiges as n kreooltaal met elemente van Bantoetale beskou Toekoms van Afrikaans WysigDie Afrikaanse Taalraad ATR het n verslag Die algemene demografie van Afrikaans 2022 op 4 November 2022 bekendgestel Die studie bied n oorsig van demografiese data en projeksies oor die Afrikaanse taal tot in 2041 43 Dit dek Afrikaans in sy geheel en sluit alle varieteite van die taal in Volgens die verslag is die belangrike demografiese neigings tussen 2021 tot 2041 as volg Sterk bevolkingsgroei en migrasie sal taaldiversiteit in stedelike gebiede verhoog Afrikaanse getalle groei in absolute terme van 7 11 miljoen 2021 na 7 12 miljoen 2031 wat dui op n groeiende behoefte vir skole Afrikaanssprekendes krimp relatief tot die algehele bevolking van 11 7 2021 na 9 2041 wat hulle toegang tot staatshulpbronne verswak Die reeds hoe vlakke van verengelsing ongeveer 20 000 Afrikaanssprekendes per jaar sal waarskynlik toeneem en die groei van die taal beperk Die bruin swart meerderheid binne die Afrikaanse taalgemeenskap groei van 59 5 in 2021 na 63 8 in 2041 44 Sien ook WysigTale van Namibie Tale in Suid Afrika Afrikaanssprekende bevolking in Suid Afrika Afrikaanse Woordelys en Spelreels AWS Afrikaanse letterkunde Verskille tussen Afrikaans en Nederlands Lys van Afrikaanse rolprente Wikipedia Algemene spelfoute Lys van gedrukte Afrikaans vreemdtalige woordeboeke Lys van Afrikaanse wetenskapsfiksie Afrikaans as wetenskapstaalVerwysings Wysig www ethnologue com https www ethnologue com language afr http www statssa gov za census census 2011 census products Census 2011 Census in brief pdf en Gerhard Louw Afrikaans Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 1999 Besoek op 1 Januarie 2008 http data un org Data aspx d POP amp f tableCode 3a27 3bareaCode 3a0 3bsexCode 3a0 amp c 2 3 5 7 9 11 13 14 15 amp s vcvv2 asc countryEnglishNameOrderBy asc refYear desc amp v 1 Volgens amptelike statistiek het 140 236 Suid Afrikaanse burgers in 2001 in die Verenigde Koninkryk gebly Statistics South Africa Comparative Assessment of Data on Self Declared Emigration 2002 Update Geargiveer 3 September 2006 op Wayback Machine en Statistics New Zealand QuickStats about Culture and Identity Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2008 Besoek op 1 Januarie 2008 mongabay com How many people speak Afrikaans in America Besoek op 15 September 2019 Statistics Canada 2011 Census of Canada Topic based tabulations Besoek op 19 Mei 2015 10 0 10 1 Rajend Mesthrie Language in South Africa p 200 tot 206 Gluck H ed Metzler Lexikon Sprache pages 472 473 Stuttgart Weimar Metzler 2000 entries niederdeutsch and niederfrankisch Raidt Edith H Afrikaans en sy Europese Verlede Kaapstad Nasou Beperk 1991 bl 230 Raidt Edith H Afrikaans en sy Europese Verlede Derde hersiene en uitgebreide uitgawe Kaapstad Nasou 1991 bl 171 Van der Merwe H J J M Herkoms en Ontwikkeling van Afrikaans Afrikaanse Pers Boekhandel Johannesburg 1970 bl 69 Changuion A N E De Nederduitsche Taal in Zuid Afrika Hersteld Kaapstad Richert Pike 1844 E H Raidt Taalvariasie in Negentiende Eeuse Afrikaans Tydskrif vir Geesteswetenskappe jaargang 32 4 240 256 bl 241 A de Villiers Die Hollandse Taalbeweging in Suid Afrika Kaapstad 1936 bl 97 A de Villiers Die Hollandse Taalbeweging in Suid Afrika Kaapstad 1936 bl 36 Van Rensburg 1997 bl 44 J J le Roux Handleiding in het Afrikaans voor Nederlanders Amsterdam S L van Looy 1921 bl 4 F A Ponelis Standaardafrikaans in oorgang V N Webb red Afrikaans na Apartheid Pretoria J L van Schaik 1992 bl 69 90 J du P Scholtz Wording en Ontwikkeling van Afrikaans Kaapstad Tafelberg uitgewers 1980 bl 9 Mossel Bay Advertiser 24 Februarie 2016 Skrywers geslyp in die kuns om treffend te skryf Besoek op 1 Mei 2017 24 0 24 1 24 2 24 3 en Malan M 2017 Die Afrikaanse boek se toekoms lyk rooskleurig Kaapse bibliotekaris 61 2 12 15 PDF Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 19 September 2017 Besoek op 19 September 2017 25 0 25 1 en Lafon Michel Webb Vic Wa Kabwe Segatti Aurelia 2008 The Standardisation of African Languages Language political realities IFAS Working Paper Series CentRePoL amp IFAS p 47 Besoek op 30 Januarie 2021 Ponelis F A Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde Botha Ponelis Combrink Odendal Reds Ruimtelike klassifikasie Kaapstad Academica 1989 bl 26 27 Terblanche Otto Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit Port Elizabeth Vlaandere en Suid Afrika Normalisering van politieke en kulturele betrekkinge sedert 1990 Besoek op 5 Mei 2016 UAM Department of Dutch and South African Studies UAM IFA Suid Afrikaanse Spesialisasie en Afrikaans PDF Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 28 November 2017 Besoek op 30 Julie 2017 http www afrikaans com leer lekker leer na skool vooruitsigte hier kan jy in afrikaans studeer dooie skakel http www afrikaans com news headlines het jy geweet afrikaans floreer in die buiteland dooie skakel Radio Fremantle 107 9FM Raidt 1991 bl 177 35 0 35 1 Scholtz J du P 1980 Wording en ontwikkeling van Afrikaans Kaapstad Tafelberg Uitgewers p 103 Scholtz J du P Afrikaans uit die vroee tyd Kaapstad Nasou Beperk 1965 bl 97 Raidt 1991 bl 180 Raidt 1991 bl 181 Raidt 1991 bl 181 Raidt 1991 bl 182 Taalgeskiedenis CJ Conradie af Blant annet Van Rensburg M C J 1984 Die Afrikaans van Griekwas in die tagtigerjare Pretoria RGN rapport Mulder C amp Steenkamp C et al 2022 Die algemene demografie van Afrikaans Afrikaanse Taalraad Bekendstelling van die algemene demografie van Afrikaans 2022 6 November 2022 Eksterne skakels WysigWikiquote het aanhalings in verband met AfrikaansWikimedia Commons bevat media in verband met Afrikaans Sien Afrikaans in Wiktionary die vrye woordeboek Algemene inligtingafrikaans com Omniglot arikel oor Afrikaans Ethnologue verslag oor Afrikaans Afrikaans be Webblad vir die gebruik bevordering en uitbreiding van Afrikaans in Belgie en Nederland UCLA International Institute Language Materials Project Geargiveer 5 Junie 2011 op Wayback MachineOntstaan en geskiedenis van AfrikaansAfrikaans is Amsterdams Nederlandse artikel in Taalschrift Tydskrif oor taal en taalbeleid S J du Toit se Patriot woordeboek Afrikaans Engels uit 1902 Gerald Groenewald Afrikaans as lingua franca in Namibie ca 1800 1920 In LitNet Akademies jaargang 7 3 Desember 2010 Geargiveer 5 Julie 2014 op Wayback MachineToekoms van AfrikaansBBC Future 15 Mei 2020 Is Afrikaans in danger of dying out TaalhulpmiddelsGoogle se masjienvertaling van en na Afrikaans Gratis en vrye Afrikaanse speltoetser vir OpenOffice Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine Gratis Afrikaanse spel en grammatikatoetser vir MS Office Windows en Mac Kommersiele Afrikaanse speltoetser tesourus en woordafbreker Afrikaanse sleutelbord Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine Afrikaanse lesse op die net Geargiveer 2 April 2009 op Wayback Machine Goudmyn vir Afrikaans onderwysers Geargiveer 27 Julie 2005 op Wayback Machine Webruimte vir Afrikaans onderwysers by die Universiteit van PretoriaSagteware in AfrikaansTranslate org za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine n Projek om vrye en oopbronsagteware in Afrikaans en ander Suid Afrikaanse tale te vertaal Pootle Geargiveer 29 Mei 2011 op Wayback Machine aanlyn vertaling van Afrikaanse oopbronsagtewareAfrikaanse kultuurverwante skakelsFAK Die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Huis der Nederlanden Geargiveer 30 Julie 2005 op Wayback Machine Nederlands Vlaams Afrikaanse kultuursentrum Storiewerf dooie skakel oor kinder en jeugboeke www voortrekkers org za Amptelike webblad van Die Voortrekkers Afrikaans Literature and Language Web dossier Afrika Studiecentrum Leiden 2011 Afrikaans in die buitelandAfrikaans in Europa by die Departement Nederlandistiek Universiteit van Wene Die Afrikaanse Klub van Nieu Seeland Die Roepstem n Nederlandse inisiatief om die Afrikaanse en die Nederlandse taalwereld saam te bring Afrikaans hoort by Nederlands met besprekingsforum Nederlands vir Afrikaanse dommies n Webblad vir Afrikaanssprekendes wat wil of moet Nederlands leer Bladmusiek van Afrikaanse liedere YouTube com Chinese leerder leer Afrikaans USA Afrikaans CreditAfrikaans in die sakewereldVind Afrikaans Vriendelike BesighedeIndo Europese tale Kentum tale Germaanse taleNoord Germaanse tale Deens Faroees Noors Bokmal Nynorsk Sweeds YslandsWes Germaanse tale Afrikaans Duits Engels Fries Noord Fries Oos Fries Saterfries Wes Fries Jiddisj Limburgs Luxemburgs Nederduits Nederlands Oos Vlaams Wes Vlaams Nedersaksies Wes Veluws SkotsOos Germaanse tale Boergondies Goties Vandaals Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Afrikaans amp oldid 2554922