www.wikidata.af-za.nina.az
Die Wes Kaap Engels Western Cape Xhosa Ntshona Koloni is een van die nege provinsies van Suid Afrika Die hoofstad en grootste nedersetting is Kaapstad Dit het in 1994 n afsonderlike provinsie geword toe die ou Kaapprovinsie in die Noord Oos en Wes Kaap verdeel is Die Prins Eduard eilande bestaande uit die Prins Eduard eiland en Marion eiland in die suidelike Indiese Oseaan maak deel uit van die provinsie Wes Kaap Provinsie Wes KaapiPhondo leNtshona KoloniWestern Cape Province WapenOppervlakte 129 462 km 10 6 van S A oppervlakte 4de grootste Bevolking 2011 sensus 5 822 734 1 Bevolking 2020 skatting Geranglys 3de in S A 7 005 741BBP 14 6 van S A BBPAmptelike tale 1 Afrikaans 49 7 Xhosa 24 7 Engels 20 2 Etniese groepe 1 Bruin mense 48 8 Swart mense 32 8 Wit mense 15 7 Asiate 1 0 Hoofstad KaapstadAnder belangrike nedersettings Genadendal Hermanus George Knysna Stellenbosch die Paarl Wellington Worcester Robertson Swellendam Oudtshoorn Saldanha Vredenburg Malmesbury Somerset WesPremier Alan Winde DA Kaapstad met die N2 snelweg in die voorgrond Wingerde in Constantia naby Kaapstad Kaapstad is ook Suid Afrika se moederstad en wetgewende hoofstad en huisves die imposante Parlementsgebou Die Kaapstad hawe vroeer Tafelbaaihawe is die naasbesigste hawe in die land na die Durban hawe Ander belangrike plekke is onder meer Stellenbosch die Paarl Beaufort Wes George Knysna Oudtshoorn Saldanha Vredenburg Worcester Malmesbury Mosselbaai en Vredendal Inhoud 1 Demografie 2 Geografie 3 Wet en regering 4 Ekonomie 5 Gedrukte media 6 Bronne 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsDemografie Wysig Meerderheidstale in die Wes Kaap Afrikaans Engels Xhosa Geen meerderheidstaal Bevolking 2011 sensus 5 822 734 Tale Afrikaans 49 7 gevolg deur Xhosa 24 7 en Engels 20 2 Volgens Statistiek Suid Afrika se raming in 2017 het die Wes Kaap se bevolking 6 51 miljoen beloop oftewel 10 8 van die land se totaal Geografie Wysig Uitsig oor Kaapstad en die Tafelberg Die provinsie met n oppervlakte van 129 390 vierkante kilometer le in die suidweste van die land met die Atlantiese Oseaan aan sy westekant en die Indiese Oseaan in die suide Die Noord en Oos Kaap le onderskeidelik noord en oos Die gebied om Kaapstad is n winterreengebied terwyl die suidelike deel langs die Indiese Oseaan die hele jaar deur reen ry n Deel van die barre Groot Karoo le in die Wes Kaapse binneland n Ketting van bergreekse die Kaapse Plooigordel waaronder die Sederberg Hexrivierberge die Outeniekwaberge en die Tsitsikammaberge skei die kusgebiede en die binneland Wet en regering Wysig Setel van die Wes Kaapse Provinsiale Parlement in Kaapstad Die hoofstad van die Wes Kaap is Kaapstad en die premier is Alan Winde Die Grondwet van die Wes Kaap is in 1998 aanvaar en in al drie amptelike tale van die provinsie Afrikaans Engels en Xhosa beskikbaar Die Wes Kaapse Provinsiale Parlement is ook in Kaapstad en dit voer die wetgewing volgens die provinsiale belange wat in die Grondwet van Suid Afrika bepaal is deur onder meer op die gebied van landbou onderwys omgewingsake gesondheidsorg behuising taalbeleid toerisme handel en welvaart In 2020 is die setelindeling in die Wes Kaapse parlement Demokratiese Alliansie 24 African National Congress 12 EFF 2 GOOD 1 ACDP 1 VF Plus 1 en Al Jama ah 1 Ekonomie WysigDie Wes Kaap is n belangrike sentrum vir handel nywerhede en die landbou en n vername wynproduserende streek Benewens druiwe word ander vrugte asook groente gekweek Noord en oos van Kaapstad is koring n belangrike gesaaide Vissery is die belangrikste bedryf langs die Weskus en in die Karoo word met skape geboer Toerisme is ekonomies van die uiterste belang in die Wes Kaap Oudtshoorn is volstruiswereld en huisves die skouspelagtige Kangogrotte Gedrukte media Wysig Die Media24 sentrum in Kaapstad waarin Naspers se hoofkantoor gesetel is Die Wes Kaap beskik in 2008 oor ses dagblaaie waarvan drie in Engels twee Afrikaans en een tweetalig Engels en Afrikaans was Die vier Engelse of deels Engelse dagblaaie het meer te make met die stryd om die massamark op veral die Kaapse Vlakte as met die demografie van die provinsie Tot omstreeks 1950 het die provinsie n Afrikaanse oggend en middagblad Die Burger en Die Suiderstem asook n Engelse oggend en middagblad die Cape Times en die Cape Argus gehad Vroeg in die een en twintigste eeu tref die verskynsel van poniekoerante geheel en al geskoei op die Britse lees Suid Afrika toe Naspers die Daily Sun in Gauteng van stapel laat loop en later ook Die Son in Kaapstad as weekblad Die Son het later n dagblad geword toe Independent News amp Media met sy eie poniedagblad vorendag gekom het die Daily Voice As teenvoeter hiervoor laat loop Media24 die Engelse daaglikse Cape Son van stapel Intussen het Daily Voice agtergekom die werkersklas waarop die koerant gemik is is oorweldigend Afrikaanssprekend en pas hulle die inhoud van die koerant aan om baie meer Afrikaans te bied Elke groot dorp in die suidwestelike gedeelte van die provinsie het sy eie Media24 weekblad na die groep mettertyd al die geslaagde onafhanklike weekblaaie op die platteland uitgekoop het Hulle is Die Paarl en Wellington Paarl Post Somerset Wes en die Strand Distrikspos Worcester Standard Malmesbury Swartlander Vredenburg Weslander Hermanus Hermanus Times Stellenbosch EikestadnuusMedia24 het koerante wat hulle eie drukkery besit het en daar gedruk het soos op Vredenburg en Worcester mettertyd verplig om dit te sluit en gebruik te maak van die geriewe by Paarl Print in die Paarl wat teen groot koste opgerig is en sonder die samewerking van al die gemeenskapskoerante in die Boland groep nie sy volle kapasiteit sou benut nie Enkele van die oorblywende onafhanklike weekblaaie op die platteland is Ons Kontrei op Vredendal wat in die munisipale gebiede Matzikama en Cederberg versprei word en Tempo wie se hoofkwartier ook op Vredendal is maar wat van Darling tot op Vanrhynsdorp en in die munisipale gebied Saldanhabaai versprei word Bronne WysigWes Kaap by Mieliestronk Met toestemming gebruikVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 statssa gov za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine 2011 sensusEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Wes Kaap Wikinews bevat nuus in verband met Wes Kaap en Toerisme inligting oor Wes Kaap op Wikivoyage en Amptelike webwerf Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Wes Kaap Amptelike simbole van die provinsie Wes KaapBlom Boom Voel Dier die bakkiesblom die silwerboom die Kaapse suikervoel die bontebokDisa unflora Leucadendron argenteum Promerops cafer Damaliscus pygarusProvinsies van Suid Afrika Gauteng KwaZulu Natal Limpopo Mpumalanga Noord Kaap Noordwes Oos Kaap Vrystaat Wes Kaap Provinsie Wes KaapHoofstad KaapstadStreke Kaapse Skiereiland Kaapse Wynlande Sentraal Karoo Overberg Tuinroete WeskusGrootste stede en dorpe Kaapstad George Mosselbaai Knysna Oudtshoorn Paarl Robertson Stellenbosch Swellendam Vredenburg WorcesterMunisipaliteite Beaufort Wes Bergrivier Bitou Breedevallei Kaap Agulhas Cederberg Drakenstein George Hessequa Kaapstad Kannaland Knysna Laingsburg Langeberg Matzikama Mosselbaai Oudtshoorn Overberg Overstrand Prins Albert Saldanhabaai Sentraal Karoo Stellenbosch Swartland Swellendam Theewaterskloof Tuinroete Weskus Witzenberg Koordinate 34 S 20 O 34 S 20 O 34 20 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wes Kaap amp oldid 2529471