www.wikidata.af-za.nina.az
Darling is n klein dorp in die Weskus gebied van die Wes Kaap omtrent 75 km noord van Kaapstad DarlingKunsmark by Evita se PerronDarlingKoordinate 33 23 S 18 23 O 33 383 S 18 383 O 33 383 18 383 Koordinate 33 23 S 18 23 O 33 383 S 18 383 O 33 383 18 383Land Suid AfrikaProvinsieWes KaapDistriksmunisipaliteitWeskusPlaaslike MunisipaliteitSwartlandStigting1853TydsoneUTC 2 SAST Die NG kerkgebou op Darling is deur Wynand Louw ontwerp en die hoeksteen in 1958 gele Inhoud 1 Geskiedenis 2 Dorp en omgewing 3 Wapen 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Bron 7 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigTeen die begin van die 18de eeu het omtrent 29 boere in n gebied genaamd Groenkloof geboer Darling is in 1853 op een van die plase Langfontein gestig Dit is vernoem na sir Charles Henry Darling wat in 1851 na die Kaap gekom het as luitenant goewerneur Dorp en omgewing WysigDie Darling museum stel die geskiedenis van die dorp en die Darling roomhuis wat in 1899 deur twee Sweedse setlaars Nils Georg Moller en G Threnstrom gevestig is en in 1950 gesluit is ten toon Darling is beroemd vir veldblomme en sedert 1917 word die Darling veldblomskou elke jaar deur die Darling veldblomvereniging wat in 1915 deur mev Suzanne Malan en mnr Frederick Duckitt van Waylands gestig is gehou 1 Geargiveer 4 Januarie 2007 op Wayback Machine Landbou in die gebied is gefokus op graanproduksie druiwe aartappels ertjies en suiwelboerdery Die eerste Merinoskape in Suid Afrika is ook hier aangehou nadat n verskepingsfout hulle hier afgelewer het Wolproduksie in Suid Afrika vind sy oorsprong in die Darling omgewing Die Suid Afrikaanse satiris Pieter Dirk Uys voer baie van sy vertonings as Evita Bezuidenhout by Evita se Perron n kabaretteater en restaurant in Darling op Die kunsmark daarnaas is in 2006 deur die Darling trust n liefdadigheidsorganisasie wat die probleme van verarmde gemeenskappe in die omgewing aanspreek oorgeneem Die Hildebrand monument is net buite Darling opgerig ter ere van veldkornet C P Hildebrand van die Boeremagte se Maritz kommando Die gerestoureerde Victoriaanse huise en boomryke strate maak Darling n gewilde naweekoord vir inwoners van Kaapstad en omgewing Wapen WysigDarling het in 1955 munisipale status gekry Die raad het in 1960 n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer In groen n gaande goue leeu n gekanteelde goue skildhoof belaai met drie rooi arctotis blomme goud gesaad Die helmteken was n koei se kop uitkomend uit n goue muurkroon en die wapenspreuk was Ora et labora 1 Sien ook WysigNG gemeente Darling Lys van dorpe in Suid Afrika Yzerfontein MalmesburyVerwysings Wysig Kaap die Goeie Hoop Offisiele Koerant 3010 21 Januarie 1960 Bron WysigKuttel M The Groene Kloof In Lantern Tydskrif vir VOlksopvoeding Jaargang 3 no 2 September 1953 Eksterne skakels WysigDarling Veldblomvereniging Darlingmuseum Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine Evita se Perron webwerf Die Darling Trust Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Darling Wes Kaap amp oldid 2562906