www.wikidata.af-za.nina.az
Die Grondwet van Suid Afrika is die hoogste wet van Suid Afrika Dit is op 4 Desember 1996 as Wet 108 van 1996 deur die Konstitusionele Hof van Suid Afrika aanvaar Ingevolge die tussentydse grondwet wet 200 van 1993 moes die grondwetlike vergadering n nuwe grondwet saamstel Die Konstitusionele Hof van Suid Afrika moes sertifiseer dat die nuwe grondwet voldoen aan die 34 grondwetlike beginsels waarop vooraf ooreengestem is volgens die onderhandelaars van die tussentydse grondwet Die aanvanklike voorlegging aan die hof is nie goedgekeur nie die grondwetlike vergadering moes die teks weer in oenskou neem en die hof se redes in ag neem Op 4 Desember 1996 het die hof die gewysigde weergawe goedgekeur en dit het die amptelike grondwet van Suid Afrika geword by ondertekening deur president Nelson Mandela met effek vanaf 4 Februarie 1997 Dit is sedertdien al enkele kere gewysig Inhoud 1 Inhoud 1 1 Inleiding 1 2 Hoofstukke 1 3 Bylae 2 Grondwet in Afrikaans 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsInhoud WysigDie grondwet bestaan uit n inleiding 1 veertien hoofstukke en sewe bylaes Elke hoofstuk en bylaag fokus op n spesifieke onderwerp Inleiding Wysig Ons die mense van Suid Afrika Erken die ongeregtighede van ons verlede Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel en Glo dat Suid Afrika behoort aan almal wat daarin woon verenig in ons verskeidenheid Daarom neem ons deur ons vryverkose verteenwoordigers hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde Die verdeeldheid van die verlede te heel en n samelewing gegrond op demokratiese waardes maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep Die grondslag te le vir n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit en n Verenigde en demokratiese Suid Afrika te bou wat sy regmatige plek as n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem Mag God ons mense beskerm Nkosi Sikelel iAfrika Morena boloka setjhaba sa heso God seen Suid Afrika God bless South Africa Mudzimu fhatutshedza Afurika Hosi katekisa Afrika Hoofstukke Wysig Grondliggende bepalings Handves van regte Regering van samewerking Die parlement Die president en nasionale uitvoerende gesag Provinsies Plaaslike regering Howe en regspleging Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie Openbare administrasie Veiligheidsdienste Tradisionele leiers Finansies Algemene bepalingsBylae Wysig Nasionale vlag Ampsede en plegtige verklarings Verkiesingsprosedures Funksionele gebiede van konkurrente nasionale en provinsiale wetgewende bevoegdheid Funksionele gebiede van eksklusiewe provinsiale wetgewende bevoegdheid Oorgangsreelings Wette herroepGrondwet in Afrikaans WysigOm n volledige Afrikaanse weergawe van die grondwet te bekom kan die webblad van die Grondwetlike hof geraadpleeg word Daar moet egter daarop gelet word dat die Engelse weergawe deur die President van Suid Afrika onderteken is en dus as die amptelike weergawe geag word Verwysings Wysig http www constitutionalcourt org za site theconstitution afrikaans htmEksterne skakels WysigBlad oor die grondwet by die Grondwetlike hof Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Grondwet van Suid Afrika amp oldid 2487429