www.wikidata.af-za.nina.az
Suider Afrika of Suidelike Afrika is die suidelike gedeelte van die kontinent van Afrika Die gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie Nasa Satellietbeeld van Suider Afrika Ligging van Suider Afrika Klassifikasie van die term Suider Afrika volgens verskeie bronne donkergroen VN statistiek afdeling groen geografies liggroen SAOG n Algemene afbakening veral vir geografiese en ekologiese doelwitte is die gebied suid van die Zambezi Okavango en Kunenerivier die eilande aan hierdie gebied se kus en die gebiedswaters tot 200 seemyl van die kus asook Prins Eduard eiland en Marion eiland in sub Antarktika Dit sluit dus die suide van Mosambiek suid van die Zambezirivier Botswana en Zimbabwe sowel as Suid Afrika Lesotho en Eswatini in n Voorbeeld hiervan is die voelgidse wat algemeen beskikbaar is en wat die verspreiding van die verskillende spesies in Suider Afrika aandui Geopolities beskou die Verenigde Nasies die streek as die lande Namibie Botswana Suid Afrika Lesotho en Eswatini Inhoud 1 SAOG lidmaatskap 2 Platorand 3 Klimaatstreke 3 1 Die suidelike gras en boslandstreek 3 2 Die suidelike graslandstreek 3 3 Die suidwestelike halfwoestyn 3 4 Die woestynstreek 3 5 Die Kaapse fynbosstreek 3 6 Die woudstreek 4 Dreinering 5 Sien ook 6 Verwysings 7 Bronne 8 Eksterne skakelsSAOG lidmaatskap WysigDie Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG word ook geassosieer met hierdie streek met lande tot so ver noord as die Demokratiese Republiek van die Kongo en so ver oos as Tanzanie en Madagaskar Dit is in 1980 gestig om samewerking in die streek te bevorder Die gemeenskap sluit die volgende lande in 1 Angola Botswana Comore eilande Demokratiese Republiek die Kongo Eswatini Lesotho Madagaskar Malawi Mauritius Mosambiek Namibie Seychelle Suid Afrika Tanzanie Zambie ZimbabwePlatorand WysigDie platorand wat die skeiding tussen die kusgebied en die binnelandse plato vorm bestaan nie uit aaneenlopende bergreekse nie en talle onderbrekings kom voor In die noordooste van die subkontinent word die platorand gevorm deur die Natalse Drakensberge wat uitloop in die hooglande van Lesotho waar hoogtes van meer as 3 800 meter bereik word Dit vorm ook die hoogste deel van die subkontinent Suidwaarts strek die platorand aanvanklik as die Stormberge waarna dit weswaarts swaai in die reekse van die Kikvors en Nuweveldberge By die Komsberg swaai dit weer skerp noordwes en word voortgesit as die Roggeveldberge en Kamiesberge In Namibie verskyn dit as die Noukloofberge die Khomas Hoogland en die berge van die Kaokoveld Klimaatstreke WysigKlimaatsgewys kan die geografiese gebied in ses verskillende streke verdeel word Die suidelike gras en boslandstreek Wysig n Graslandskap in Namibie Die gebied beslaan die grootste gedeelte van noordelike Namibie noordoostelike Botswana Zimbabwe Mosambiek die Noordelike provinsie in Suid Afrika asook die oostelike gedeelte van Mpumalanga en n strook aan die weskus so ver suid as Port Elizabeth Dit is n somerreenvalstreek en dit ontvang gemiddeld 500 mm reen per jaar Die suidelike graslandstreek Wysig Hierdie streek kom slegs in Suid Afrika voor oos van 26 O en suid van 25 S Dit is ook n somerreenvalgebied en die reenval is gemiddeld 500 mm per jaar Die suidwestelike halfwoestyn Wysig Die Karoo na reenBehalwe vir smal stroke aan die noord suid en wesgrens van die Suider Afrikaanse subgebied beslaan die klimaatstreek feitlik die hele gebied wes van 26 O Dit reen ook meestal net in die somer maar slegs 200 mm per jaar Die woestynstreek Wysig Die Namibwoestyn Dit beslaan n nou strook met die kus van Namibie op en binnelands saam met die Oranjerivier tot so ver as 21 O Die Kalahariwoestyn en die Namibwoestyn vorm deel van hierdie streek Dit reen gemiddeld minder as 125 mm per jaar In die Namibiese kusstrook is die vog wat vanaf misbanke van die see af ingestoot word dikwels die enigste bron van vogtigheid Die Kalahari wat in die volksmond n woestyn genoem word is nie n woestyn omdat dit n te lae neerslag ontvang of n te karige plantbedekking het nie Die woestyntoestande bier word geskep deur die sanderige oppervlak waarin alle water onmiddellik wegsyfer Gevolglik is oppervlakwater baie skaars In die suidelike deel is die sand rooi van kleur en bou dit sowat 15 meter hoe ronde rugduine wat noordweswaarts strek Noordwaarts word die sand egter witgrys namate die reenval toeneem en verdwyn die duine geleidelik In die noordelike deel van Namibie is die landskap al baie gelyk en vorm dit n vlak kom waarvan die Etoshapan die laagste deel is Die Kaapse fynbosstreek Wysig Kaapse fynbos Dit strek as n nou strokie van die suidkus van Suid Afrika oos so ver as Port Elizabeth en met die Weskus op so ver as St Helenabaai In die valleie reen dit ongeveer 200 mm per jaar maar in die kusgebergtes kan dit tot 3000 mm per jaar reen hoofsaaklik in die winter Die gebied het van die grootste verskeidenheid plantspesies in die wereld Die woudstreek Wysig Woudlandskapdetail Klein kolletjies woud en boswereld strek vanaf die Tsitsikammawoud aan die kusgebied van die Oos Kaapprovinsie van Suid Afrika oos en noordoos deur KwaZulu Natal noord met die Drakensberge deur Mpumalanga en dan weer weswaarts na die Soutpansberge en in oostelike Zimbabwe in Dreinering WysigDie grootste gedeelte van die suidelike platogebied word gedreineer deur die Oranjerivier die langste rivier in Suid Afrika Een van sy takriviere die Vaalrivier dreineer die grootste gedeelte van Gauteng en die Vrystaatse Hoeveld Nog n tak van die Oranje die Visrivier wat die suidelike deel van Namibie dreineer is veral bekend om die diep canyon waarin hy vloei Laasgenoemde rivier vloei egter net af en toe en staan gevolglik as n episodiese rivier bekend Sien ook WysigSuider Afrikaanse Doeane unie Suider Afrikaanse Groot Teleskoop Suider Afrikaanse OntwikkelingsgemeenskapVerwysings Wysig MEMBER STATES in Engels Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020 Besoek op 18 Maart 2018 Bronne WysigKennis 1980 ISBN 0 7981 0826 6 volume 4 bl 800 801 Verkorte vertaling van die artikel Southern Africa op die Engelse Wikipedia en Smither s Mammals of Southern Africa A field guide bl xiii tot xvi Redakteur Peter Apps Derde uitgawe 2000 af Sinclair I Hockey P amp Tarboton W 2002 Sasol Voels van Suider Afrika 3de uitgawe Kaapstad Struik Uitgewers ISBN 978 1 86872 743 8 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suider Afrika en Southern Africa Encyclopaedia Britannica Besoek op 18 Maart 2018 Gebiede van die Wereld Afrika Noord Midde Ooste Suid van die Sahara Sentraal Suider Wes Oos Amerikas Noord Sentraal Karibiese Gebied Suid Latyns Asie Sentraal Oos Noord Asie Verre Ooste Suid Indiese subkontinent Suidoos Suidwes Midde Ooste Wes Europa Sentraal Noord Suid Wes Oos Oseanie Australasie Australie Seeland Melanesie Mikronesie Polinesie Poolgebiede Arktika Antarktika Oseane Arktiese Atlantiese Indiese Stille Suidelike See Oorsig van SeeSien ook Kontinente van die wereld Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Suider Afrika amp oldid 2544959