www.wikidata.af-za.nina.az
Die Verenigde Nasies Arabies الأمم المتحدة Chinees 联合国 Engels United Nations Frans Organisation des Nations unies Russies Organizaciya Obedinyonnyh Nacij Spaans Organizacion de las Naciones Unidas of VN is n internasionale organisasie wat 193 lidlande behels 1 Amper alle internasionaal erkende lande is lede Daar is twee waarnemers van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies wat nie lid is van die Algemene Vergadering nie die Heilige Stoel wat soewereiniteit oor die Vatikaanstad hou en die Staat Palestina 2 Vlag van die Verenigde Nasies Die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York VSA Embleem van die Verenigde Nasies Genl Jan Smuts indertydse eerste minister van die Unie van Suid Afrika het die aanhef tot die grondwet van die Verenigde Volke organisasie soos dit destyds in Afrikaans geheet het opgestel Die VN is gestig na die Tweede Wereldoorlog op 24 Oktober 1945 in San Francisco na die Dumbarton Oaks Konferensie in Washington D C maar die eerste sitting van die Algemene Vergadering met 51 nasies verteenwoordig is eers gehou op 10 Januarie 1946 in Church House Londen Die Verenigde Nasies is die direkte opvolger van die voormalige Volkebond wat op 18 April 1946 ontbind is Die organisasie se hoofkantoor is in United Nations Plaza in New York Verenigde State Die VN het kantore in Geneve Wene en Nairobi Die amptelike tale is Arabies Chinees Engels Frans Russies en Spaans waarvan Engels en Frans werkstale is 3 Die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad wat die mag het om resolusies te veto is Frankryk Rusland tot 21 Desember 1991 as die Sowjetunie die Verenigde Koninkryk die Verenigde State en die Volksrepubliek China tot 25 Oktober 1971 die Republiek China Niepermanente lede is tans Albanie Brasilie Gaboen Ghana en die Verenigde Arabiese Emirate vir 2022 23 4 en Ecuador Japan Malta Mosambiek en Switserland vir 2023 24 5 Daar is sterk steun vir n vergroting van die Veiligheidsraad en die uitbreiding van die vetoreg aan ander lande om die wereld van vandag te weerspieel maar ondanks inisiatiewe deur die G4 lande Brasilie Duitsland Indie en Japan asook vanuit die geledere van die Afrika unie kon eenstemmigheid hieroor steeds nie bereik word nie 6 Die doel van die organisasie is die fasilitering van samewerking rakende internasionale wetgewing internasionale sekuriteit ekonomiese ontwikkeling maatskaplike vooruitgang menseregte en internasionale reg In 2001 het beide die Verenigde Nasies en die destydse sekretarisse generaal Kofi Annan die Nobelprys vir Vrede ontvang 7 Inhoud 1 Stigtingsgeskiedenis 2 Struktuur 3 Sekretarisse generaal 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Bronnelys 7 Verdere leesstof 8 Eksterne skakelsStigtingsgeskiedenisDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Geskiedenis van die Verenigde Nasies VN kantoor in Wene Oostenryk Die VN in 1945 stigterslede in ligblou protektorate en gebiede van die stigterslede in donkerblou VN kantoor in Geneve Switserland VN lidlande VN waarnemerlande Palestina Vatikaan Kwalifiserende nielidlande Niue Cook eilande Nieselfregerende gebiede Antarktika internasionale gebied Permanente lede van die Veiligheidsraad en die G4 lande VN kantoor in Nairobi Kenia Die gereelde kontak tussen die Geallieerdes gedurende die Tweede Wereldoorlog in die besonder tussen die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State het die weg gebaan vir die stigting van die VN Die beleidsrigting vir die nuwe organisasie is uiteengesit in die Atlantiese Handves Atlantic Charter wat in Augustus 1941 deur die Amerikaanse president Franklin D Roosevelt en die Britse premier Winston Churchill gesamentlik op die oorlogskip Augusta iewers in die Atlantiese Oseaan uitgereik is In die Atlantiese Handves het die twee staatsmanne die wens uitgespreek dat daar na die oorlog n waterdigte stelsel van internasionale ooreenkomste opgebou moes word vir die handhawing van vrede en veiligheid maar met behoud van staatsoewereiniteit dit wil se elke staat se alleenseggenskap oor sy eie sake Op 1 Januarie 1942 is die Verklaring van die Verenigde Nasies Declaration of the United Nations waarin die idee en die doelstellings van die Atlantiese Handves uiteengesit is deur die afgevaardigdes van 26 lande onderteken Die verklaring waarin die naam Verenigde Nasies United Nations op voorstel van Roosevelt vir die eerste keer voorkom is later deur die afgevaardigdes van nog 21 lande onderteken n Verdere stap was die byeenkoms van die groot moondhede in Moskou waar China toe nog nasionalisties en pro Westers die Verenigde Koninkryk die Verenigde State en die Sowjetunie op 30 Oktober 1943 die Verklaring van Moskou Moscow Declaration on General Security onderteken het Die verklaring het onder meer voorsiening gemaak vir die stigting van n internasionale organisasie wat hom vir wereldvrede moes beywer Die organisasie het vorm begin aanneem by die byeenkoms te Dumbarton Oaks Augustus Oktober 1944 n landgoed naby Washington D C Die vier lande het daarin geslaag om n soort grondplan vir die VN op te stel Hulle was dit eens dat daar n veiligheidsraad moes wees waarin die vyf groot moondhede die Groot Vyf naamlik die vier aanwesiges plus Frankryk permanente sitting moes he Die veiligheidsraad sou die kern van die nuwe internasionale organisasie vorm Om te voorkom dat die Groot Vyf teen mekaar uitgespeel word sou elkeen n vetoreg op die standpunt van die ander vier he Op die Konferensie van Jalta 4 tot 11 Februarie 1945 is fyner punte opgeklaar soos dat die vetoreg nie vir prosedurevoorstelle en minder belangrike kwessies sou geld nie Die stigtingsdatum van die VN is ook by Jalta vasgestel Die stigtingsvergadering is op 25 April 1945 geopen 13 dae na die dood van Roosevelt wat een van die inisieerders was en 12 dae voor die oorgawe van Nazi Duitsland Daar was uit die staanspoor onmin tussen die groot lande enersyds en die kleiner lande andersyds Laasgenoemde het gevrees vir struwelinge tussen die groot moondhede in die Veiligheidsraad Die oorspronklike gedagte dat samewerking tussen die groot moondhede op die hoogste vlak die wereldvrede moes dien het egter geseevier en die kleiner lande moes uiteindelik toegee Die kleiner lande het egter wel daarin geslaag om die belangrikheid van ander hulpliggame van die VN veral die Algemene Vergadering te verhoog deur wysiging van die betrokke artikels in die Handves Sedert die stigting van die VN het die grondslag van die organisasie soos dit in die voorwoord en die eerste twee artikels van die Handves vervat is feitlik onveranderd gebly Sommige van die artikels is gewysig die aantal lede van die Veiligheidsraad is byvoorbeeld mettertyd van 11 tot 15 vermeerder Hersiening van die Handves is moontlik wanneer twee derdes van die lede van die Algemene Vergadering en nege eers sewe lede van die Veiligheidsraad instem dat n algemene konferensie van lidlande gehou word Die destydse Suid Afrikaanse premier genl J C Smuts het n belangrike bydrae gelewer tot die opstel van die Handves StruktuurDie Verenigde Nasies funksioneer deur middel van vyf hooforgane te wete die Algemene Vergadering die Veiligheidsraad die Ekonomiese en Maatskaplike Raad die Sekretariaat en die Wereldhof n Sesde hooforgaan die Voogdyraad het in 1994 sy werksaamhede opgeskort met die onafhanklikheid van Palau die laaste oorblywende voogdygebied van die VN 8 Suidwes Afrika wat die onafhanklike Namibie sou word is ook dekades lank deur Suid Afrika as n voogdygebied bestuur Suid Afrika het onder apartheid uiters gespanne betrekkinge met die VN gehandhaaf en het mettertyd Suidwes Afrika byna as n soort ekstra provinsie beskou eerder as om in te willig dat die gebied onafhanklik word Sekretarisse generaalDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Sekretaris generaal van die Verenigde Nasies Kofi Annan sewende sekretaris generaal 1997 2006 Negende sekretaris generaal Antonio Guterres 2017 hede Die Sekretarisse generaal van die Verenigde Nasies was 9 Gladwyn Jebb Verenigde Koninkryk 24 Oktober 1945 29 Januarie 1946 Trygve Lie Noorwee 2 Februarie 1946 10 April 1953 Dag Hammarskjold Swede 10 April 1953 18 September 1961 U Thant Birma 3 November 1961 31 Desember 1971 Kurt Waldheim Oostenryk 1 Januarie 1972 31 Desember 1981 Javier Perez de Cuellar Peru 1 Januarie 1982 31 Desember 1991 Boutros Boutros Ghali Egipte 1 Januarie 1992 31 Desember 1996 Kofi Annan Ghana 1 Januarie 1997 31 Desember 2006 Ban Ki moon Suid Korea 1 Januarie 2007 31 Desember 2016 Antonio Guterres Portugal sedert 1 Januarie 2017Sien ook2011 Verenigde Nasies se Klimaatberaad Verenigde Nasies Konferensie vir die Standardisering van Geografiese NameVerwysings en Member States Verenigde Nasies Besoek op 1 Januarie 2023 en Non member States Verenigde Nasies 7 Augustus 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2020 Besoek op 1 Januarie 2023 en General Assembly of the United Nations Rules of Procedure Verenigde Nasies Besoek op 1 Januarie 2023 en UN elects five new members to serve on the Security Council Verenigde Nasies 11 Junie 2021 Besoek op 1 Januarie 2023 en Five countries elected to serve on UN Security Council Verenigde Nasies 9 Junie 2022 Besoek op 1 Januarie 2023 en Japan Says No to G4 Bid Global Policy Forum 7 Januarie 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2021 Besoek op 1 Januarie 2023 en The Nobel Peace Prize 2001 Nobelprize org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2018 Besoek op 1 Januarie 2023 en Fasulo Linda 2004 An Insider s Guide to the UN pl 8 Yale University Press ISBN 978 0 300 14197 9 en United Nations rulers org Besoek op 1 Januarie 2023 Bronnelys af Wereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 69 9 volume 28 bl 103Verdere leesstof en Lowe Vaughan Roberts Adam Welsh Jennifer Zaum Dominik reds 2008 The United Nations Security Council and War The Evolution of Thought and Practice since 1945 Oxford University Press ISBN 978 0 19 953343 5 en Roberts Adam Kingsbury Benedict reds 1994 United Nations Divided World The UN s Roles in International Relations 2de uitg Oxford University Press ISBN 978 0 19 827926 6 Eksterne skakelsWikimedia Commons bevat media in verband met Verenigde Nasies ar en es fr ru zh Amptelike tuisblad en United Nations Encyclopaedia Britannica Besoek op 1 Januarie 2023 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Verenigde Nasies amp oldid 2580064