www.wikidata.af-za.nina.az
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word Probleem Die hoofbron Wereldspektrum dateer uit 1982 en dus het groot dele van hierdie artikel die Ontbinding van die Sowjetunie in 1991 misgeloop en is vervolgens verouderd Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoe gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak en verwyder hierdie kennisgewing na die tyd Vir meer hulp sien die redigeringshulp Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word Hierdie kennisgewing is op 13 Augustus 2019 hier geplaas Die Sowjetunie Sove tskij Soyu z Sowjetski Sojoez sɐˈvʲɛt skʲɪj sɐˈjus luister hulp inligting amptelik die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke USSR Soyu z Sove tskih Socialisti cheskih Respu blik SSSR Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik SSSR sɐˈjus sɐˈvʲɛtskʲɪx setsɨelʲɪsˈtʲitɕɪskʲɪx rʲɪˈspublʲɪk luister hulp inligting was n staat in Noord Eurasie wat bestaan het vanaf 1922 tot 1991 Soyuz Sovetskih Socialisticheskih RespublikSojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke 1922 1991 Vlag WapenLeuse Proletarii vseh stran soedinyajtes Proletarii fsech stran sojedinjaites Russies vir Werkers van die wereld verenig Volkslied Die Internasionale 1922 1944 source source track track track track track track track track track track track track track track Gosuda rstvennyj gimn Sove tskogo Soyu za 1944 1991 source source track track track track track track track track track track track track tr Gosoedarstwenni gimn Sowjetskowo Sojoeza Russies vir Volkslied van die Sowjetunie Ligging of SowjetunieDie Sowjetunie in het grootste verspreiding in die Koue OorlogHoofstad MoskouTaal Tale RussiesRegering RepubliekStaatshoof 1917 1924 Wladimir Lenin 1924 1953 Josef Stalin 1953 1964 Nikita Chroesjtsjof 1964 1982 Leonid Brezjnef 1982 1984 Joeri Andropof 1984 1985 Konstantin Tsjernenko 1985 1991 Michail GorbatsjofWetgewer Opperste SowjetHistoriese tydperk 20ste eeu Stigting 30 Desember 1922 Ontbinding 26 Desember 1991Oppervlakte 1991 22 402 200 km2 8 649 538 sq miBevolking 1991 skatting 293 047 571 Digtheid 13 1 km 33 9 sq miGeldeenheid Russiese roebelVoorafgegaan deur Opgevolg deurRussiese Sosialistiese Federale SowjetrepubliekTranskaukasiese Sosialistiese Federale SowjetrepubliekOekraiense Sosialistiese SowjetrepubliekWit Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek ArmenieAzerbeidjanEstlandGeorgieKasakstan Die lys van republieke in die Sowjetunie het in hierdie tyd gewissel Gedurende die laaste jare van sy bestaan het die Sowjetunie 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke SSR e gehad Die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek RSFSR was die grootste republiek in die Sowjetunie en het dit in amper alle opsigte oorheers oppervlakte bevolking ekonomie en politieke invloed Die gebied van die Sowjetunie het ook heelwat gewissel en in die laaste jare was dit ongeveer dieselfde as die voormalige Russiese Ryk met die uitsondering van Pole en Finland Setel van die Opperste Sowjet in Moskou 1982 Die Sowjetunie met sy hoofstad Moskou was met n oppervlakte van 22 4 miljoen km die grootste land ter wereld Hierdie enorme land het oor n ryk skakering van landskappe en inwoners 130 volke en n groot potensiaal van bodemrykdomme beskik Die land het in n baie kort tyd van n agterlike landbouland tot n industriele wereldmag ontwikkel Geen ander land behalwe vir die Verenigde State het sy stempel so sterk op die geskiedenis van die 20ste eeu afgedruk soos die Sowjetunie nie Op die hoogtepunt van sy ekonomiese wetenskaplike en militere ontwikkeling in die 1960 s en vroee 1970 s het die land die status van tweede supermoondheid op die wereldtonel beklee wat as mededinger van die kapitalistiese weste ook in die Derde Wereld groot invloed kon uiteofen en belangrike basisse kon vestig Die land het egter vanwee sy geografiese ligging te kampe gehad met ernstige probleme soos min ysvrye hawens n beperkte landbou oppervlakte en die strawwe koue in groot gebiede wat bewoning en benutting van bodemrykdomme belemmer het Die sosialistiese staat wat in 1917 gevorm is het aanvanklik heeltemal alleen gestaan en het hom in sy bestaan bedreig gevoel Teenslae soos hongersnood en geweldige verliese aan mense en materiaal in die Tweede Wereldoorlog het modernisering op ekonomiese en maatskaplike gebied vertraag In die eerste tien jaar van sy bestaan is die bevolking alle luukse ontse moes hulle baie eenvoudig lewe en is hulle sekere maatskaplike beperkinge opgele So moes die basis vir nywerheidsontwikkeling gele word Selfs in die tweede helfte van die 20ste eeu het die bewind die bevolking met n ystervuis geregeer hoewel die beleid ten opsigte van die verbruiksgoedere versoepel het Oor die algemeen het die lewenstandaard van die Sowjetunie egter stadig toegeneem In die vroee 1970 s was daar n kort detente met die Verenigde State maar die spanning het met die Sowjet Afghaanse Oorlog in 1979 hervat In 1985 het die laaste Sowjet premier Michail Gorbatsjof probeer om die ekonomie deur sy beleid te hervorm en te liberaliseer naamlik glasnost openheid en perestroika herstrukturering wat politieke onstabiliteit veroorsaak het In 1989 het Sowjet satellietstate in Oos Europa hul onderskeie kommunistiese regerings omvergewerp As deel van n poging om die land se ontbinding weens toenemende nasionalistiese en separatistiese bewegings te voorkom is n referendum in Maart 1991 gehou wat deur drie Sowjetrepublieke geboikot is wat daartoe gelei het dat die meerderheid van die deelnemende burgers ten gunste van die bewaring van die unie as hernude federasie gestem het Gorbatsjof se mag is aansienlik verminder na die Russiese president Boris Jeltsin se hoeprofiel rol om n staatsgreep teen te staan van die ekstremiste in die Kommunistiese Party Aan die einde van 1991 het Gorbatsjof bedank en die Opperste Sowjet het vergader en die Sowjetunie formeel ontbind Die oorblywende twaalf Sowjetrepublieke het oorgegaan as onafhanklike post Sowjet state met die Russiese Federasie voorheen die Russiese SFSR wat die regte en verpligtinge van die Sowjetunie aanvaar het en as die opvolgstaat erken is Die Sowjetunie was n magtige staat wat baie belangrike tegnologiese prestasies en innovasies in die 20ste eeu bewerstekkig het waaronder die lansering van die wereld se eerste mensgemaakte satelliet die eerste mens in die ruimte en die eerste tuig wat op n ander planeet Venus geland het Die land het die tweede grootste ekonomie ter wereld gehad en die grootste staande militere mag ter wereld 1 2 3 Die Sowjetunie is erken as een van die vyf kernwapenstate en het die grootste voorraad van massavernietigingswapens gehad 4 Dit was n stigterslid en permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad sowel as n lid van die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa OVSE die Wereldfederasie van Vakbonde WFTU en die voorste lid van die Raad vir Wedersydse Ekonomiese Bystand Engelse afkorting COMECON en die Warskouverdrag Inhoud 1 Ligging 2 Geskiedenis 2 1 Rewolusie en stigting 2 2 Vereniging van republieke 2 3 Stalin era 2 3 1 1930 s 2 3 2 Tweede Wereldoorlog 2 3 3 Koue Oorlog 2 4 Chroesjtsjof era 2 5 Era van Stagnasie 2 6 Gorbatsjof era 2 7 Ontbinding 2 8 Leiers 2 9 Republieke en opvolgerstate 3 Ekonomie 4 Demografie 5 Kultuur 6 Sport 7 Algemeen 7 1 Topografie 7 2 Klimaatstreke 7 3 Flora en fauna 7 4 Riviere en mere 8 Verwysings 9 Ander bronne 10 Eksterne skakelsLigging Wysig Wladiwostok in die Russiese Verre Ooste Nasa Satellietbeeld van die Diomedes eilande in die Beringstraat Rusland is links en die VSA regs Die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke Sowjetunie of USSR het sowat n sesde van die totale landoppervlakte van die wereld beslaan Dit het die oostelike helfte van Europa en een derde van Asie ingesluit en was meer as twee keer so groot soos die Volksrepubliek China Byna 10 000 km het die westelikste punt 20 OL naby Kaliningrad van Kaap Dezjnef aan die Beringstraat 170 WL geskei Die noordelikste punt van die vasteland wat aan die bopunt van die Taimir skiereiland gelee was le op die 78 NB en die suidelikste punt wat in Turkmenistan gelee was le op 38 NB Driekwart van die landmassa het noord van die 50ste breedtegraad gele n Vergelyking van die geografiese ligging met die van n moondheid soos die Verenigde State maak die probleme wat daaruit voortspruit begryplik Die Verenigde State behalwe vir die deelstaat Alaska le naamlik in sy geheel suid van die 49ste breedtegraad wat groot voordele vir die landbou in die VSA inhou Die Sowjetunie was boonop n laagland met uitgestrekte vlaktes wat aan die een kant na die Arktiese Oseaan en aan die ander kant via Wes Europa na die Atlantiese Oseaan afloop Slegs in die suide en ooste was daar hoe bergreekse Sowat 75 van die vasteland was minder as 450 m bo seespieel gelee Die grense van die Sowjetunie was meer as 56 000 km lank waarvan twee derdes kuslyn in die noorde en ooste en een derde landgrense in die weste en die suide was In die uiterste noordweste grens van die Sowjetunie was Noorwee Finland die Finse Golf die Oossee en Pole Op die punt waar die grens landinwaarts buig het dit die skeiding tussen die Sowjet en die Poolse deel van die voormalige Oos Pruise gevorm Verder suid het die Sowjetunie aan die destydse Tsjeggo Slowakye Hongarye en Roemenie gegrens Die noordelike tak van die Donaudelta het die grens tot by die Swartsee gevorm Tussen die Swart en die Kaspiese See het die Sowjetunie aan Turkye en Iran gegrens Oos van die Kaspiese See het die Sowjetunie aan Iran Afghanistan en die Volksrepubliek China gegrens Naby die ontmoetingspunt van die grense van die Sowjetunie Afghanistan en die Volksrepubliek China was die Sowjetunie deur n smal strook Afghaanse land van Pakistan en Indie geskei Die Sowjetunie het ook aan Mongolie en Noord Korea gegrens Geen land ter wereld het so n lang kuslyn gehad nie maar geen land was ook deur soveel see wat verys en moerassige kuste omring nie Net ten suide van die belangrike hawens Wladiwostok n ysvrye hawe en destydse Sowjet vlootbasis en Nachodka was die kort grens tussen die Sowjetunie en Noord Korea die Japanse See Aan die oostelikste kant het die Beringstraat die Eurasiese vasteland van die Noord Amerikaanse vasteland geskei Hier was die tydsverskil tussen die Sowjet Russiese Groot Diomedes eiland en die Klein Diomedes eiland wat slegs vyf kilometer van eersgenoemde afle n volledige etmaal 24 uur Aan die Arktiese Oseaan het die Sowjetkus verskeie vlak see gehad wat deur groepe eilande van mekaar geskei word Van oos na wes was dit die Oos Siberiese See die Laptefsee die Karasee en die Barentssee Die argipels word onderskeidelik die Nieu Siberiese Eilande Noordland Nowaja Zemlja en Franz Josef land genoem Naby die hawe Moermansk aan die Beringsee het die landgrens met Noorwee begin Geskiedenis WysigRewolusie en stigting Wysig Moderne rewolusionere bydrywighede in die Russiese Ryk het begin met die Desembriste opstand van 1825 Hoewel lyfeienskap in Rusland in 1861 afgeskaf is was die terme daarvan ongunstig vir die kleinboere en het dit rewolusionere aangemoedig n Parlement die Staatsdoema is in 1906 gestig na die Russiese Rewolusie van 1905 maar tsaar Nikolaas II het pogings teengestaan om van n absolute monargie na n konstitusionele monargie oor te slaan Maatskaplike onrus is in die Eerste Wereldoorlog vererger deur militere terugslae en voedseltekorte in groot stede Lenin Trotsky en Kamenef vier die tweede herdenking van die Oktoberrewolusie n Spontane opstand in Petrograd weens Rusland se ekonomiese en morele agteruitgang tydens die oorlog het gelei tot die Februarie rewolusie en die omverwerping van die keiserlike regering in Maart 1917 Die tsaristiese outokrasie is vervang met die Russiese Voorlopige Regering wat verkiesings sou hou vir die Russiese Grondwetgewende Vergadering en sou aanhou veg in die oorlog aan die kant van die Drievoudige Entente Terselfdertyd het werkersrade in Russies bekend as sowjets sovety sowjeti dwarsoor die land ontstaan Die Bolsjewiste onder leiding van Wladimir Lenin het in die sowjets en op straat voorspraak gemaak vir n sosialistiese rewolusie Op 25 Oktober 7 November volgens die Gregoriaanse kalender 1917 het die Bolsjewiste die belangrikste regeringsgeboue in Petrograd sonder veel teenstand beset Ook die Winterpaleis in Petrograd is oorgeneem en die bewind van die Voorlopige Regering is so beeindig Alle mag was nou in die hande van die sowjets Hierdie gebeure sou later amptelik in die Sowjetunie bekend word as die Groot Sosialistiese Oktober rewolusie In Desember het die Bolsjewiste n wapenstilstandsooreenkoms met die Sentrale Moondhede onderteken hoewel gevegte teen Februarie 1918 hervat is In Maart het Sowjet Rusland sy betrokkenheid in die oorlog finaal beeindig en die Verdrag van Brest Litofsk onderteken n Lang en bloedige burgeroorlog het hierop gevolg tussen die Rooi Leer en die Wit Leer Dit het in 1917 begin en in 1923 geeindig met die Rooi Leer se oorwinning Dit het ingesluit buitelandse inmenging die moord op die tsaar en sy gesin en die hongersnood van 1921 waarin sowat vyf miljoen mense dood is 5 In Maart 1921 na n verwante konflik met Pole is die Vrede van Riga onderteken waarvolgens betwiste gebiede in die huidige Belarus en Oekraine tussen Pole en Sowjet Rusland verdeel is Laasgenoemde moes ook soortgelyke konflikte in die nuwe republieke Finland Estland Letland en Litaue oplos Vereniging van republieke Wysig Op 28 Desember 1922 is n konferensie van gevolmagtigde afgevaardigdes van die Russiese SFSR die Transkaukasiese SFSR die Oekraiense SSR en die Wit Russiese SSR gehou waar die verdrag vir die stigting van die Sowjetunie 6 en die verklaring van die stigting van die USSR onderteken is en daarmee is die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke gestig 7 Op 1 Februarie 1924 het die Verenigde Koninkryk die USSR erken In dieselfde jaar is die Sowjetgrondwet aanvaar wat die Desember 1922 vereniging gewettig het n Intensiewe restrukturering van die land se ekonomie nywerheid en politiek het in die vroee dae van Sowjetmag in 1917 begin n Groot deel daarvan is gedoen volgens die Bolsjewistiese Aanvanklike Verordenings regeringsdokumente wat deur Lenin onderteken is Een van die prominentste deurbrake was die groot restrukturering van die Sowjetekonomie gebaseer op die totale elektrifisering van die land Die plan is in 1920 ontwikkel en het n tydperk van 10 tot 15 jaar behels n Netwerk van 30 kragstasies insluitende 10 groot hidroelektriese kragaanlegte en verskeie nywerheidsprojekte is aangepak 8 Dit het die prototipe geword van daaropvolgende vyfjaarplanne en is teen 1931 voltooi 9 Stalin era Wysig Van sy stigting af was die regering van die Sowjetunie geskoei op die eenpartyregering van die Kommunistiese Party Bolsjewiste Na die ekonomiese beleid van oorlogskommunisme tydens die burgeroorlog as n voorspel tot die volle ontwikkeling van sosialisme in die land het die Sowjetregering in die 1920 s sommige privaat ondernemings toegelaat om saam met die genasionaliseerde nywerheid te bestaan volgens die Nuwe Ekonomiese Beleid Die verklaarde doel van die eenpartystaat was om te verseker kapitalistiese uitbuiting vind nooit weer in die land plaas nie en dat die beginsels van demokratiese sentralisme die doeltreffendste manier sou wees om die wense van die volk op n praktiese manier te verteenwoordig Debatte oor die toekoms van die ekonomie het die agtergrond verskaf vir n magstryd in die jare na Lenin se dood in 1924 Aanvanklik sou Lenin vervang word deur n driemanskap bestaande uit Grigori Zinowijef van die Oekraiense SSR Lef Kamenef van die Russiese SFSR en Josef Stalin van die Transkaukasiese SFSR Op 3 April 1922 is Stalin aangewys as hoofsekretaris van die Kommunistiese Party Lenin het Stalin aangestel as hoof van die Werkers en Boere inspektoraat en dit het Stalin aansienlike mag gegee Deur sy invloed stelselmatig te konsolideer en sy mededingers in die party te uitoorle het Stalin die onbetwiste leier van die Sowjetunie geword en teen die einde van die 1920 s n totalitaristiese bewind gevestig In Oktober 1927 is Zinowijef en Trotsky uit die Sentrale Komitee geskop en verban Die USSR in 1922 en 1936 in rooi Russiese SFSR In 1928 het Stalin die eerste vyfjaarplan in werking gestel om die sosialistiese ekonomie op te bou In die nywerheid het die staat beheer oor alle bestaande ondernemings oorgeneem en n intensiewe industrialiseringsprogram onderneem In die landbou is die gedwonge kollektivisering van plase oor die hele land ingestel Droogtes en hongersnood het ontstaan en die dood van miljoene mense veroorsaak koelakke groot grondbesitters wat oorleef het is vervolg en baie is na die Goelag gestuur vir gedwonge arbeid 10 Gemeenskaplike opstuwing het in die middel 1930 s voortgeduur Stalin se Groot Suiwering het gelei tot die teregstelling of aanhouding van baie ou Bolsjewiste wat saam met Lenin aan die Oktober rewolusie deelgeneem het Volgens gedeklassifiseerde dokumente het die NKGB in 1937 en 1938 meer as een en n half miljoen mense in hegtenis geneem van wie 681 692 geskiet is 11 Oor die twee jaar was daar gemiddeld meer as duisend teregstellings per dag 12 Volgens die historikus Geoffrey Hosking is sowat 10 miljoen tot 11 miljoen mense in die 1930 s vermoor 13 hoewel die historikus Timothy D Snyder beweer volgens argiefbewyse is hoogstens 9 miljoen mense gedurende die hele Stalin era dood 14 Volgens die leerstelling van staatsateisme was daar n regeringsgesteunde program om almal tot ateisme te dwing 15 16 17 Die regering het godsdienste geteiken op grond van staatsbelang en hoewel die meeste georganiseerde godsdienste nooit verbied is nie is beslag op kerkeiendomme gele gelowiges lastig geval en godsdiens bespot terwyl ateisme in skole verkondig is 18 Die regering het die Russies Ortodokse Kerk probeer beheer en in tye van nasionale krisis uitgebuit vir die staat se eie doeleindes Hul eindelike doel was egter om dit uit die weg te ruim In die eerste vyf jaar van die Sowjetbewind het die Bolsjewiste 28 biskoppe en meer as 1 200 priesters van die Kerk tereggestel Baie ander is gevange geneem en verban Die meeste kweekskole is gesluit en die publikasie van die meeste godsdiensmateriaal is verbied Teen 1941 was nog net 500 kerke oop uit sowat 54 000 wat voor die Eerste Wereldoorlog bestaan het 1930 s Wysig Nouer samewerking tussen die Sowjetunie en die Weste het in die vroee 1930 s ontwikkel Van 1932 tot 1934 het die Sowjetunie aan die Wereldontwapeningskonferensie deelgeneem In 1933 is diplomatieke betrekkinge tussen die land en die Verenigde State aangeknoop nadat die nuutverkose Amerikaanse president Franklin D Roosevelt in November Stalin se Kommunistiese regering amptelik erken en n nuwe handelsooreenkoms tussen die twee lande aangegaan het 19 In September 1934 het die Sowjet by die Volkebond aangesluit Nadat die Spaanse Burgeroorlog in 1936 uitgebreek het het die USSR die republikeinse magte teen die nasionaliste gesteun terwyl laasgenoemde deur Fascistiese Italie en Nazi Duitsland gesteun is In Desember 1936 het Stalin n nuwe grondwet afgekondig wat wereldwyd as die mees demokratiese grondwet denkbaar geprys is Volgens die historikus J Arch Getty was baie mense later spyt oor hulle ondersteuning daarvan Die burgerregte persoonlike vryhede en demokratiese vorme wat in Stalin se grondwet verkondig is is feitlik onmiddellik vertrap en het lank na Stalin se dood steeds dooie letters gebly 20 In 1939 het die Sowjetunie voelers na Nazi Duitsland uitgesteek Byna n jaar nadat Brittanje en Frankryk die Munchen ooreenkoms met Duitsland aangegaan het het die Sowjetunie ook ooreenkomste met die land aangegaan In Augustus 1939 het die twee lande die Molotof Ribbentrop verdrag onderteken Die nieaanvalsverdrag het die Sowjetunie in staat gestel om die Baltiese lande Litaue Letland en Estland Bessarabie Noord Boekowina en Oos Pole te beset Laat in November toe die Sowjetunie nie Finland langs diplomatieke wee kon oorreed om sy grens 25 km weg van Leningrad te skuif nie het Stalin opdrag gegee vir die inval van Finland Tweede Wereldoorlog Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Tweede Wereldoorlog Baie historici beskou die Slag van Stalingrad as n keerpunt in die Tweede Wereldoorlog Duitsland het die Molotof Ribbentrop verdrag verbreek en die Sowjetunie op 22 Junie 1941 binnegeval Dit was die begin van die stryd aan die oostelike front wat in die USSR bekend was as die Groot Patriotiese Oorlog Die Rooi Leer het die skynbaar onoorwinlike Duitse weermag in die Slag van Moskou gestuit deels danksy n besonder strawwe winter In die Slag van Stalingrad wat van laat in 1942 tot vroeg in 1943 geduur het is die Duitsers n terugslag toegedien waarvan hulle nooit heeltemal herstel het nie en dit het n keerpunt in die oorlog geword Na Stalingrad het die Sowjetmagte deur Oos Europa na Berlyn beweeg voordat Duitsland in 1945 oorgegee het Die Duitse weermag het 80 van sy militere lewensverliese aan die oostelike front gely 21 Van links Stalin Roosevelt en die Britse premier Winston Churchill in 1943 by die Teheran konferensie Die Sowjetunie het ook groot verliese in die Tweede Wereldoorlog gely sowat 27 miljoen van die land se mense het gesterf 22 Sowat 2 8 miljoen Sowjetse oorlogsgevangenes is in net agt maande van 1941 tot 1942 weens Nazi mishandeling dood as gevolg van verhongering en teregstellings 23 24 Tydens die oorlog was die Sowjetunie Amerika Brittanje en China bekend as die Groot Vier Geallieerde moondhede 25 en hulle het later die Vier Polisiemanne geword wat die grondslag van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gevorm het 26 Die Sowjetunie het as n supermoondheid uit die oorlog getree Nadat die Westerse wereld eers geweier het om dit te erken het die land teen die laat 1940 s amptelike betrekkinge met feitlik elke land gehad Dit was n stigterslid van die Verenigde Nasies in 1945 en het een van die vyf permanente lede van die Veiligheidsraad geword dit het die land die reg gegee om enige van die raad se besluite te veto Die Sowjetunie het sy status as een van die wereld se twee supermoondhede behou vanwee sy oorheersing in Oos Europa militere krag ekonomiese krag hulp aan ontwikkelende lande en wetenskaplike navorsing veral in ruimtetegnologie en wapens 27 Koue Oorlog Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Koue Oorlog Die Koue Oorlog was n langdurige toestand van politieke konflik militere spanning en ekonomiese mededinging wat na die Tweede Wereldoorlog ontstaan het hoofsaaklik tussen die Sowjetunie en sy satellietstate aan die een kant en die Westerse wereld veral die Verenigde State aan die ander kant Hoewel die twee belangrikste magte amptelik nooit regstreeks gebots het nie het die konflik gelei tot militere bondgenootskappe die strategiese ontplooiing van wapens uitgebreide hulp aan swakker lande spioenasie propaganda n wapenwedloop mededinging op internasionale sportgeleenthede en tegnologiese mededinging soos die ruimtewedloop Net na die oorlog het die Sowjetunie sy ekonomie uitgebrei terwyl dit steeds streng sentrale beheer gehandhaaf het Dit het beheer oor die meeste lande in Oos Europa geneem en hulle in satellietstate omskep Die land het die state in 1955 in n militere bondgenootskap die Warskouverdrag en van 1949 tot 1991 in n ekonomiese organisasie Comecon verenig 28 Die Sowjetunie het op sy eie herstel gekonsentreer en beslag op die meeste van Duitsland se nywerheidsfabrieke gele Dit het oorlogsvergoeding van Oos Duitsland Hongarye Roemenie en Bulgarye gevorder met Sowjetoorheersde gesamentlike ondernemings Dit het ook handelsooreenkomste aangegaan wat ontwerp was om die Sowjetunie te bevoordeel Moskou het die Kommunistiese Partye van sy satellietstate beheer en hulle het opdragte van die Kremlin uitgevoer Sy bondgenote van die Tweede Wereldoorlog Amerika en Brittanje het sy vyande geword uit vrees vir sy ambisies Chroesjtsjof era Wysig Die Sowjetleier Nikita Chroesjtsjof links by die Amerikaanse president John F Kennedy op 3 Junie 1961 in Wene Die Sowjetse ruimtevaarder Joeri Gagarin die eerste mens in die ruimte Stalin is op 5 Maart 1953 dood Omdat geen opvolger aangewys is nie wou die hoogste amptenare van die Kommunistiese Party aanvanklik die Sowjetunie met n driemanskap regeer onder leiding van Georgi Malenkof Dit het nie lank geduur nie en Nikita Chroesjtsjof het eindelik die daaropvolgende magstryd teen die middel 1950 s gewen In 1956 het hy Stalin se wandade ontbloot en beheer oor die party en die volk afgeskaal Dis was bekend as de Stalinisasie Die grootste omvang van die Sowjetse invloedsfeer na die Kubaanse Rewolusie van 1959 en voor die Sowjet Chinese konflik van 1961 Moskou het Oos Europa as n kritieke buffersone in die weste beskou in die moontlike geval van nog n inval soos die een deur die Duitsers in 1941 Daarom wou die USSR sy beheer oor die streek verstewig deur die Oos Europese lande in satellietstate te omskep wat van hom afhanklik en aan sy leierskap onderdanig is Militere mag is in 1956 gebruik om opstande in Hongarye en Pole te onderdruk Laat in die 1950 s het n konfrontasie met China oor die USSR se soeke na toenadering tot die Weste wat Mao Zedong beskou het as Chroesjtsjof se revisionisme gelei tot n skeuring in die wereldwye Marxisties Leninistiese beweging Die regerings van Albanie Kambodja en Somalie het hulle aan die kant van China geskaar in plaas van die USSR In die tydperk van die laat 1950 s en vroee 1960 s het die Sowjetunie groot wetenskaplike en tegnologiese suksesse in die ruimtewedloop behaal Hulle het die eerste kunsmatige satelliet Spoetnik 1 in 1957 gelanseer n lewende hond met die naam Laika ook in 1957 en die eerste mens Joeri Gagarin in 1961 die ruimte ingestuur Die eerste vrou in die ruimte was Walentina Teresjkowa 1963 die eerste mens wat in die ruimte geloop het was Aleksei Leonof 1965 die eerste sagte landing op die maan was deur Loena 9 1966 en die eerste maanverkenningstuie was Loenochod 1 en 2 1970 en 1973 29 Chroesjtsjof het in die middel 1950 s die Ontdooiing begin n komplekse verskuiwing in die politieke kulturele en ekonomiese lewe in die Sowjetunie Die tydperk sluit in n mate van openlikheid en kontak met ander nasies asook nuwe sosiale en ekonomiese beleide met groter klem op verbruikersgoedere Dit het n verhoging van die lewenstandaard tot gevolg gehad terwyl hoe vlakke van ekonomiese groei gehandhaaf is Sensuur is ook verslap Chroesjtsjof se hervormings in landbou en administrasie was egter oor die algemeen onproduktief In 1962 het hy n krisis met die VSA ontketen oor die Sowjetunie se ontplooiing van kernmissiele in Kuba n Ooreenkoms is tussen die USSR en VSA aangegaan om vyandelike kernmissiele uit beide Kuba en Turkye te verwyder en die krisis is so afgeweer Dit het Chroesjtsjof baie verleentheid veroorsaak en sy prestige het afgeneem Eindelik het dit gelei tot sy verwydering uit sy amp in 1964 Era van Stagnasie Wysig Leonid Brezjnef en die Amerikaanse president Jimmy Carter onderteken die SALT II wapenbeperkingsooreenkoms op 18 Junie 1979 in Wene Die Era van Stagnasie was n tydperk met negatiewe ekonomiese politieke en sosiale resultate in die Sowjetunie Dit het tydens die bewind van Leonid Brezjnef begin en voortgeduur onder Joeri Andropof en Konstantin Tsjernenko Nadat nog n tydperk van gesamentlike leierskap op Chroestsjof se verwydering gevolg het het Brezjnef hom vroeg in die 1970 s as leier gevestig In 1968 het die Sowjetunie en Warskouverdragsbondgenote Tsjeggo Slowakye binnegeval om die Praagse Lente hervormings te beeindig Brezjnef het die inval en vorige invalle in Oos Europese state geregverdig met die instelling van die Brezjnef doktrine waarvolgens die Sowjetunie hom die reg toeeien om die soewereiniteit te skend van enige land wat probeer om Marxisme Leninisme met kapitalisme te vervang Onder Brezjnef was daar n tydperk van detente met die Weste wat gelei het tot verdrae oor wapenbeheer soos SALT I en SALT II terwyl die Sowjetunie steeds sy militere krag vergroot het In Oktober 1977 is die Sowjetunie se derde grondwet eenparig goedgekeur Die heersende gevoel van die Sowjetleiers met Bresjnef se dood in 1982 was n teenstand teen verandering Bresjnef se lang bewind is later n tydperk van stagnasie period zastoya period zastoja gedoop Die topleierskap was teen die tyd oud en verstok Gorbatsjof era Wysig Twee ontwikkelings het die daaropvolgende dekade oorheers die toenemende oenskynlike verbrokkeling van die Sowjetunie se ekonomiese en politieke strukture en die laslappiepogings van hervorming om die proses om te keer Kenneth S Deffeyes meen in Beyond Oil die Reagan administrasie het Saoedi Arabie aangemoedig om die prys van olie in 1980 te verlaag tot op n punt waar die Sowjetunie nie n wins kon maak met die verkoop van sy olie nie en die USSR se ekonomie is so geknou 30 Brezjnef se twee opvolgers oorgangsfigure met hul wortels diep in sy tradisie het nie lank gehou nie Andropof was 68 jaar oud en Tsjernenko 72 toe hulle aan die bewind gekom het albei is binne twee jaar dood In n poging om n derde korttermynbewind af te weer het die regering hom tot die volgende generasie gewend en Michail Gorbatsjof tot hoofsekretaris van die Kommunistiese Party verkies Reagan groet n jong seun tydens n toer van Rooiplein saam met Gorbatsjof tydens die Moskouberaad van Mei 1988 Gorbatsjof het pogings aangewend om aansienlike veranderings in die ekonomie en partyleierskap teweeg te bring wat perestroika hervorming genoem is Sy beleid van glasnost openheid het die publiek toegang tot inligting gegee na dekades van groot regeringsensuur Hy wou ook die Koue Oorlog beeindig In 1988 het die Sowjetunie sy troepe uit Afganistan onttrek na n nege jaar lange oorlog In 1989 het rewolusies in die satellietstate ontstaan Met die afbreek van die Berlynse Muur en met Oos Duitsland en Wes Duitsland wat n hereniging nagestreef het het die einde aangebreek van die Ystergordyn tussen die Weste en die Sowjetbeheerde streke Laat in die 1980 s het die republieke van die Sowjetunie stappe aangewend om hulle soewereiniteit te herstel Op 7 April 1990 is n wet aanvaar dat enige republiek kon afstig as meer as tweederdes van sy inwoners in n referendum daarvoor stem 31 In 1990 het baie republieke die eerste vrye verkiesings vir hulle eie wetgewende liggame gehou In 1989 het die Russiese SFSR die grootste republiek met sowat die helfte van die bevolking n nuutverkose Kongres van Volksafgevaardigdes saamgeroep Boris Jeltsin is as voorsitter verkies Op 12 Junie 1990 het die kongres Rusland se soewereiniteit oor sy grondgebied verklaar en wette begin goedkeur wat sommige van die USSR se wette sou vervang Na n wegholoorwinning van Sajudis in Litaue het die land op 11 Maart 1990 sy onafhanklikheid verklaar Op 17 Maart 1991 is n referendum vir die behoud van die USSR in nege lande gehou die ander het die stem geboikot Die meeste van die inwoners in die nege lande het vir die behoud van die Sowjetunie gestem en dit het Gorbatsjof se gewildheid n klein hupstootjie gegee In die somer van 1991 het agt republieke ooreengekom oor die Nuwe Unie verdrag dit sou die Sowjetunie in n baie losser unie omskep het Die ondertekening van die verdrag is egter in Augustus onderbreek deur n staatsgreeppoging deur geharde lede van die regering en die KGB wat Gorbatsjof se hervormings wou omkeer en die sentrale regering se beheer oor die publieke wou herstel Nadat die staatsgreep misluk het is Jeltsin as n held beskou danksy sy besliste optrede tydens die oproer terwyl Gorbatsjof se bewind so te se verby was Die magsbalans het aansienlik na die kant van die republieke oorbeweeg In Augustus 1991 reeds het Letland en Estland hulle volle onafhanklikheid verklaar Gorbatsjof het laat in Augustus as hoofsekretaris van die Kommunistiese Party bedank en kort daarna is die party se bedrywighede vir n onbepaalde tyd opgehef wat sy bewind in effek beeindig het Teen die herfs kon Gorbatsjof nie langer gebeure buite Moskou beinvloed nie en selfs daar is hy uitgedaag deur Jeltsin wat in Julie 1991 tot president van Rusland verkies is Ontbinding Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Ontbinding van die Sowjetunie Grensveranderinge na die Koue Oorlog Die oorblywende 12 republieke het voortgegaan met besprekings oor nuwe al hoe losser modelle vir die unie In die tyd het Jeltsin dit wat van die Sowjetregering oorgebly het oorgeneem insluitende die Moskouse Kremlin Die finale slag was op 1 Desember 1990 toe Oekraine die tweede magtigste republiek oorweldigend vir onafhanklikheid gestem het Dit het enige realistiese kans dat die Sowjetunie op enige manier kon voortbestaan beeindig Teen Desember 1990 het almal buiten Rusland en Kazakhstan hulle volle onafhanklikheid verklaar Op 8 Desember 1991 het die presidente van Rusland Oekraine en Belarus voorheen Wit Rusland die Belawezja ooreenkoms onderteken wat die Sowjetunie as ontbind verklaar het en die Gemenebes van Onafhanklike State GOS in sy plek in die lewe geroep het Op 21 Desember 1991 het afgevaardigdes van al die Sowjetrepublieke buiten Georgie die Alma Ata protokol onderteken wat die ooreenkoms bekragtig het Op 25 Desember het Gorbatsjof as president van die USSR bedank en die president se magte aan Jeltsin oorgedra Daardie nag is die Sowjetvlag vir die laaste keer gestryk en die Russiese driekleur in sy plek gehys Die volgende dag op 26 Desember 1991 het die Opperste Sowjet die hoogste regeringsliggaam van die Sowjetunie gestem dat nie hy of die land meer bestaan nie Dit word algemeen beskou as die amptelike finale ontbinding van die Sowjetunie en die einde van die Koue Oorlog 32 Rusland is daarna internasionaal erken 33 as die USSR se opvolgerstaat Rusland het al die USSR se buitelandse skuld aanvaar en die voormalige land se oorsese eiendomme as sy eie opgeeis Leiers Wysig Leiers van die Sowjetunie in chronologiese orde Wladimir Lenin 1917 1924 Josef Stalin 1924 1953 Nikita Chroesjtsjof 1953 1964 Leonid Brezjnef 1964 1982 Joeri Andropof 1982 1984 Konstantin Tsjernenko 1984 1985 Michail Gorbatsjof 1985 1991 Republieke en opvolgerstate Wysig Die voormalige Sowjetstate 1 Armeense SSR 2 Azerbeidjanse SSR 3 Wit Russiese SSR 4 Estniese SSR 5 Georgiese SSR 6 Kazachstanse SSR 7 Kirgisiese SSR 8 Lettiese SSR 9 Litause SSR 10 Moldawiese SSR 11 Russiese SFSR 12 Tadjikistanse SSR 13 Turkmeense SSR 14 Oekraiense SSR 15 Oezbekistanse SSRVoormalige Sowjetrepublieke Opvolgerstate Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek Lettiese Sosialistiese Sowjetrepubliek Litause Sosialistiese Sowjetrepubliek Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek Oekraiense Sosialistiese Sowjetrepubliek Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek Turkmeense Sosialistiese Sowjetrepubliek Wit Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek Armenie Azerbeidjan Estland Georgie Kasakstan Kirgisie Letland Litaue Moldowa Oekraine Oesbekistan Rusland Tadjikistan Turkmenistan BelarusEkonomie WysigDie Sowjetunie was die eerste land wat sy ekonomie geskoei het op kommunistiese beginsels waardeur die staat al die produksie beheer het Demografie WysigDie Sowjetunie was een van die wereld se etnies mees uiteenlopende lande met meer as 100 nasionale etniese groepe wat binne die grense geleef het Die totale bevolking is in 1991 op 293 miljoen geskat Kultuur Wysig source source track track Die Mars van die Entoesias n lied uit die 1930 s wat beroemd in die Sowjetunie was Die Sowjetse sanger liedjieskrywer digter en akteur Wladimir Wisotski in 1979 Die kultuur van die Sowjetunie het gedurende sy 69 jarige bestaan deur verskeie stadiums gegaan In die eerste 11 jaar na die rewolusie 1918 1929 was daar relatiewe vryheid en kunstenaars het met verskillende style geeksperimenteer om n besonderse Sowjetkunsstyl te vind Lenin wou he kuns moet toeganklik vir die publiek wees Aan die ander kant is honderde intellektuele skrywers en kunstenaars verban of tereggestel en hulle werk verbied soos Nikolai Goemiljof geskiet omdat hy glo teen die Bolsjewistiese regering saamgesweer het en Jewgeni Zamjatin verban 34 Die regering het n verskeidenheid neigings aangemoedig In die kuns en letterkunde het talle skole floreer sommige tradisioneel en ander radikaal eksperimenteel Die Kommunistiese skrywers Maksim Gorki en Wladimir Majakofski was in die tyd aktief Rolprente as n manier om n grootliks ongeletterde gemeenskap te beinvloed is deur die staat aangemoedig baie van die regisseur Sergei Eisenstein se beste prente dateer uit die tydperk Later tydens Stalin se bewind is die Sowjetkultuur gekenmerk deur die opkoms en oorheersing van die regeringvoorgeskrewe styl sosialistiese realisme en alle ander neigings is streng onderdruk Daar was enkele uitsonderings soos die werk van Michail Boelgakof Baie skrywers is gevange geneem en vermoor 35 Na die Chroestsjof ontdooiing van die laat 1950 s en vroee 1960 s het sensuur verslap In die tyd het n kenmerkende Sowjetkultuur ontwikkel wat gekenmerk is deur n konformistiese openbare lewe en n intense fokus op persoonlike lewe n Groter eksperimentering met kunsvorme was weer toelaatbaar met die gevolg dat meer gesofistikeerde en subtiel kritieke werk geskep is Die regering se klem op sosialistiese realisme het afgeneem n Ondergrondse andersdenkende letterkunde bekend as samizdat het in die tyd ontwikkel In argitektuur het die Chroesjtsjof era gefokus op funksionele ontwerp eerder as die hoogs dekoratiewe styl van Stalin se tyd In die tweede helfte van die 1980 s het Gorbatsjof se beleide perestroika en glasnost die vryheid van uitdrukking dwarsdeur die Sowjetunie aansienlik in die media uitgebrei 36 Vakansiedae Datum Afrikaanse naam Plaaslike naam Opmerkings1 Januarie Nuwejaarsdag Novyj God Seker die grootste viering van die jaar Die meeste van die tradisies van Kersfees wat deur Stalin verbied is soos Djed Moroz Kersvader en n feesboom is na Nuwejaar geskuif en word vandag steeds daarmee verbind 23 Februarie Dag van die Weermag en Vloot Den Sovetskoj Armii i Voenno Morskogo Flota Die stigting van die Rooi Leer 19188 Maart Internasionale Vrouedag Mezhdunarodnyj Zhenskij Den 12 April Ruimtevaardersdag Den kosmonavtiki Die dag in 1961 waarop Joeri Gagarin die eerste mens in die ruimte geword het1 Mei Internasionale Werkersdag Pervoe Maya Den Solidarnosti Trudyashihsya 9 Mei Oorwinningsdag Den Pobedy Oorgawe van Nazi Duitsland 19457 Oktober Dag van die USSR grondwet Den Konstitucii SSSR Aanvaarding van die 1977 grondwet tussen 1936 en 1977 gevier op 5 Desember na die 1936 grondwet7 November 8 November Viering van die Oktober rewolusie 1917 Godovshina Velikoj Oktyabrskoj socialisticheskoj revolyuciiSport Wysig Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980 in MoskouIn sport was die Sowjetse nasionale sokkerspan een van die sterkste mededingende spanne Dit het sewe keer aan die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi deelgeneem en een keer die vierde plek behaal in 1966 Vir die UEFA Europa beker kon die Sowjetunie ses keer kwalifiseer en dit het die heel eerste toernooi in 1960 gewen Tydens die Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne kon die Sowjetse nasionale sokkerspan die goue medalje verower Die land se eerste sportkoerant Sowetski Sport is op 20 Julie 1924 in Moskou gestig Die Sowjetse Olimpiese Komitee is op 21 April 1951 gestig en die Internasionale Olimpiese Komitee IOK het dit op 7 Mei 1951 erken Sowjetatlete se eerste Olimpiese Spele was in 1952 in Helsinki Moskou die destydse hoofstad van die Sowjetunie en die Russiese SFSR het die Olimpiese Somerspele 1980 gehuisves wat deur talle veral Westerse lande geboikot is Die staatgeborgde voltydse amateuratlete van die Oosbloklande het gehelp om die ideologie van ware amateurs in die wiele te ry omdat dit die amateurs van die Weste wat hulleself gefinansier het n agterstand gegee het Die USSR het sportspanne ingeskryf wat in naam studente soldate of beroepslui was maar in werklikheid het die staat baie van hierdie mededingers betaal om voltyds te oefen 37 Tog het die IOK gehou by die tradisionele reels rakende amateursport 38 Algemeen WysigTopografie Wysig Kommunizma piek die hoogste bergspits van die voormalige Sowjetunie nou Ismail Samanipiek in Tadjikistan Leninpiek tweede hoogste bergspits van die voormalige Sowjetunie ook in TadjikistanDie Europese en Asiatiese deel van die Sowjetunie was gekenmerk deur uitgestrekte laaglande wat deur plooiingsgebergte omring was Die Europese deel was byna geheel en al deur die Sowjet laagland ingeneem Dit was n laagland van byna 4 miljoen km wat van Pole tot aan die Oeralgebergte en van die Noordelike Yssee tot aan die Kaspiese en die Swartsee gestrek Die hoogste deel was op die Wolgaheuwelland 370 m terwyl die grootste hoogteverskil in die groot gebied minder as 500 m was Die Asiatiese deel wat van die Oeral tot aan die Stille Oseaan gestrek het het bestaan uit die Wes Siberiese Vlakte die Midde Siberiese Hoogland wat saamval met die baie ou ongeplooide Siberiese Skild die bergagtige Oos Siberie en die Toereense Vlakte suid van die Oeralgebergte wat deur berge omring was Die Wes Siberiese Vlakte meer as 2 miljoen km groot is een van die grootste laagvlaktes ter wereld In die weste was dit deur die Oeral en in die ooste deur die Middel Siberiese bergland begrens Die suidelike grens wat die skeiding tussen die Wes Siberiese laagland en die Toereense Vlakte vorm is die Toergai plato wat aan die suidoostekant van die Oeral die Toergai vlakte en die Kazachse Rug gelee is Die Toergai vlakte is n geul van sowat 20 by 200 km tussen die tafelland en die Kasakse Rug Oos Siberie bestaan uit hoogvlaktes wat deur hoe berge van mekaar geskei word Rondom die sentrale Joekagi plato le die gebergtes Werchojansk Tsjerskogo Kolyma Anadyr Tsjoektsji en Korjak Die hele gebied word in die suide en ooste deur hoe berge begrens die Kaukasus met die Elbroes 5 633 m die Kopet op die grens met Iran die Pamirgebergte wat die noordwestelike deel van die Himalajagebergte is Die hoogste bergspitse van die Sowjetunie die Stalin of Kommunizma piek 7 495 m nou Ismail Samanipiek en Leninpiek 7 134 m kom in die gebied voor Verder oos le die Tiensjangebergte met Pobedy of Oorwinningspiek 7 439 m nou Genis Cokusu op die grens met die Volksrepubliek China en die Tannoe Ola en die Jablonowigebergte wat op die grens met Mongolie le Die oostelikste en suidelikste berge is die Stanowoi die Dzjoegdzjoer en die Sichote Alin gebergte Klimaatstreke Wysig Topografiese kaart van die SowjetunieOmdat die land geen hoe berge het wat noord suid loop nie verander die klimaatstreke van die voormalige Sowjetunie geleidelik van wes na oos In die gebied tussen ongeveer Moskou en Siberie verander die klimaat van n yskoue poolklimaat in die noorde geleidelik tot n landklimaat wat in die grootste deel heers verder suid terwyl n steppe en woestynklimaat in die heel suidelike dele heers Die strawwe landklimaat wat in die grootste deel van die voormalige Sowjetunie heers word gekenmerk deur groot temperatuursverskille tussen somer en winter n kort lente en herfs en min reen Die matigende invloed van die see is beperk omdat sowat 75 van die land meer as 400 km van die kus al is Boonop is die Arktiese Oseaan vir meer as ses maande per jaar verys Die afwesigheid van bergreekse in die noorde stel die land in groot mate bloot aan die koue poollug terwyl die hoe bergreekse in die suidooste die land van die matigende invloed van die Stille Oseaan afsny Slegs die Atlantiese Oseaan het n matigende invloed op die klimaat Die invloed is tot by ongeveer die Jenisejrivier in Siberie merkbaar Daarenteen bly die grond in groot dele van Noord Siberie dwarsdeur die jaar verys dit word merzlota of permafrost genoem Gedurende die winter is die temperatuursverskille tussen die verskillende dele van die land die grootste Die groot afstand vanaf die oseaan veroorsaak nie alleen groot uiterstes in temperatuur nie maar ook lae reenval in die meeste gebiede In groot dele van die Sowjetunie is die jaarlikse reenval tussen 400 en 500 mm Teen die tyd dat die lug van die Atlantiese Oseaan die Sowjetunie bereik het dit reeds n groot deel van sy voggehalte verloor Riga nou die hoofstad van die onafhanklike Letland wat in die weste gelee is kry egter jaarliks nog sowat 600 mm reen Slegs die bergstreke van Sentraal Asie die Kaukasus en Suidwes Siberie kry reenval wat bo die gemiddelde is terwyl Oos Siberie waar die moeson in n bepaalde tyd van die jaar heers ook goeie reen ontvang In die laagvlaktes oos van die Lenarivier waar die laagste temperature van die land voorkom val jaarliks minder as 200 mm reen In Sentraal Asie wat naby die middelpunt van die Eurasiese vasteland le bring die droe pool lug baie min reen Vanwee die hoe temperature heers daar in die streek n woestynklimaat Flora en fauna Wysig Landskap in die Oeralgebergte Kaart an die Altai gebergteDie Sowjetunie kon in verskeie min of meer parallelle gebiede verdeel word wat nie slegs ten opsigte van klimaat van mekaar verskil nie maar ook ten opsigte van bodemgesteldheid en plantegroei Die meeste groot eilande in die Noordelike Yssee het n poollandskap Hier is die temperatuur byna altyd benede die vriespunt en die grond is permanent verys Daar is geen bome of struike nie maar slegs verskillende soorte mos gras en n paar soorte blomme Die gebied het n ryk voellewe en ysbere vosse knaagdiere en in minder mate rendiere kom ook voor Net suid van die gebied le die toendra of yswoestyn waar die somers koel en kort en die winters straf is Sowat een sesde van die totale oppervlakte van die voormalige Sowjetunie is toendra gebied Omdat slegs die boonste laag grond gedurende die somer ontdooi ontstaan daar n suur swart grondlaag wat hoofsaaklik uit plantreste bestaan Die dreinering van die grond is meestal swak en gevolglik is daar baie moerasse in die gebied Daar groei verder ook byna geen bome in die streek nie maar struike dwergwilge en berke verskillende soorte mos en moerasplante kom vry algemeen voor Bloedsuiende insekte kom hier baie voor en maak die gebiede minder geskik vir menslike bewoning Die soogdiere wat die meeste in die gebied voorkom is die vos rendier wolf poolhaas en knaagdiere In die suide van die toendra waar daar meer bosse is word elande bere veelvrate n soort klein roofdier en eekhorings aangetref Die grootste deel sowat 37 van die Sowjetunie is met bosse bedek Vanwee n hoe reenval en die suurgehalte van die grond ontstaan n asgrys tot wit loogagtige grond wat podsol genoem word Die grond is nie vir landbou geskik nie Die bosgebied kan in die taiga naaldwoud en die gemengde loofwoud verdeel word Die taiga strek oor die laagland van die Europese deel en oor die Wes Siberiese Vlakte noord van die 57ste breedtegraad en die gebied oos van die Jenisei In die taiga groei bome soos die Siberiese lariks Skotse den seder spar berk en esp Oor die taiga swerf Russiese bere losse Europese rooikatte veelvrate sabeldiere bokke en elande In die ooste kom swartbere tiers panters en rooiwolwe voor In die suide gaan die taiga geleidelik oor in gemengde loofwoud wat egter slegs in die Europese deel van die Sowjetunie voorkom Die halfsteppe of beboste steppe is n oorgangsgebied tussen die noordelike bosse en die suidelike steppe In die gebied wissel loofbosse en grasland mekaar af Die steppe beslaan sowat 15 persent van die Sowjetunie se grondgebied en is gelee tussen die westelike grens en die Altai gebergte Die swart kleur van die grond tsjernosem word veroorsaak deur die hoe humusgehalte 6 16 wat veral van verrotte plantreste afkomstig is Waar die baie vrugbare tsjernosem nie as landbougrond gebruik word nie groei daar verskillende soorte gras en struike Trapganse toringvalke arende vosse en dasse woon op die steppe Die droe steppe gaan geleidelik oor in die halfwoestyn waar daar verskillende soorte grand voorkom en die plantegroei skaars is Sand klei en klipwoestyne word in Sentraal Asie en Kasakstan aangetref Vogtige subtropiese gebied kom slegs langs die Kaukasiese Swartseekus en die Lenkoran laagvlakte aan die Kaspiese See voor Die bergstreke van die Sowjetunie het n hooggebergteklimaat en plantegroei gehad Riviere en mere Wysig Nasa Satellietbeeld van die Karasee met die mondings van die Jenisej links en Ob riviere regs Die Aralmeer in 1989 en 2014In die berge ontspring n aantal van die grootste riviere te wereld Hulle voer groot hoeveelhede smeltwater deur die steppe bosse en toendras na die vlak kussee van die Arktiese Oseaan Sowat 2 050 miljard m soetwater vloei jaarliks in die see in en bring mee dat die soutgehalte laer is as die van die Yssee self As gevolg hiervan verys die see baie maklik wat in die lente tot groot oorstromings lei Die rivier Ob 3 680 km lank 394 miljard m water per jaar Jenisejrivier 3 354 km lank 548 miljard m en Lena 4 270 km lank 488 miljard m voer sowat 71 van die land se water na die Yssee af Die middellope van die Ob en die Jenisei is 4 tot 5 km breed terwyl hulle benedelope gemiddeld meer as 30 km breed is Die Siberiese riviere is tussen vyf in die suidweste en nege maande in die noordooste per jaar verys As die ys in die lente vanuit die suidweste begin smelt ontstaan daar groot oorstromings by die benedeloop van die riviere Die meeste riviere in die Europese deel van die Sowjetunie begin in Wit Rusland en Litaue en stroom traag na die Noordelike Yssee byvoorbeeld die Noordelike Dwina en die Petsjora Die Newa Daoegawa Westelike Dwina en die Nemunas vloei na die Oossee Dnjepr Dnister Don en Koeban na die Swartsee en Terek Oral en Wolga na die Kaspiese See Sowat 255 miljard m water dit is sowat 70 van alle water wat die see uit riviere ontvang vloei jaarliks deur die Wolga 3 690 km in die Kaspiese See in n Val van 5 tot 10 cm km bring mee dat die stroom stadig vloei Met uitsondering van die Ob en die Irtisj mond die riviere van Sentraal Asie in die Aralmeer Sirdarja en Amoedarja uit of hulle droog in die woestyn op Die meeste riviere in die destydse Sowjetunie vloei in n noord suid rigting In die Europese deel van die Sowjetunie en Oekraine kon daar dus verbindingskanale gegrawe word wat dit moontlik gemaak het om van die Oossee na die Yssee of van die Kaspiese See na die Swartsee te vaar Riviervervoer was nog altyd baie belangrik Baie van die ou stede le langs riviere Hulle is meestal aan die hoe regteroewer van die rivier gelee wat hulle teen oorstromings beskerm Die Sowjetunie het meer as 250 000 mere gehad Hulle is meestal gelee in die gebied wat vroeer deur n yskap bedek was in die Europese deel en in Noord Siberie Ander mere is gevorm deur plooie en breuke in die aardkors die Baikalmeer in Oos Siberie is hiervan die beste en beroemdste voorbeeld Geen meer ter wereld is so oud 25 miljoen jaar en diep 1 620 m as die meer nie Die natuurlike trog wat 48 km breed en 644 km lank is is met sowat 23 000 miljard m helder water gevul Dit het n oppervlakte van 31 500 km en hou meer as 20 van alle oppervlak soetwater ter wereld dit was ook die grootste soetwaterbron 80 in die Sowjetunie In die droe steppe en woestyne is daar soutwatermere soos die Aralmeer 66 500 km en die Balchasj meer sowat 20 000 km waarin daar dik soutlae is Verwysings Wysig GDP Million 1990 CIA Factbook 1991 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2015 Besoek op 30 November 2015 Scott and Scott 1979 p 305 October 30 1961 The Tsar Bomba CTBTO Preparatory Commission in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020 Besoek op 29 Augustus 2018 Status of Nuclear Powers and Their Nuclear Capabilities in Engels Federation of American Scientists Maart 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020 Besoek op 19 Maart 2014 Evan Mawdsley 1 Maart 2007 The Russian Civil War Pegasus Books p 287 ISBN 978 1 933648 15 6 Richard Sakwa The Rise and Fall of the Soviet Union 1917 1991 1917 1991 Routledge 1999 ISBN 978 0 415 12290 0 pp 140 143 Julian Towster Political Power in the U S S R 1917 1947 The Theory and Structure of Government in the Soviet State Oxford Univ Press 1948 p 106 Lapin G G 2000 70 Years of Gidroproekt and Hydroelectric Power in Russia Hydrotechnical Construction 34 8 9 374 379 doi 10 1023 A 1004107617449 ru On GOELRO Plan at Kuzbassenergo Geargiveer 26 Desember 2008 op Wayback Machine Stephane Courtois Mark Kramer 15 Oktober 1999 Livre noir du Communisme crimes terreur repression Harvard University Press p 206 ISBN 978 0 674 07608 2 Thurston Robert W 1998 Life and Terror in Stalin s Russia 1934 1941 Yale University Press p 139 ISBN 978 0 300 07442 0 Abbott Gleason 2009 A companion to Russian history Wiley Blackwell p 373 ISBN 978 1 4051 3560 3 Geoffrey A Hosking 2001 Russia and the Russians a history Harvard University Press p 469 ISBN 978 0 674 00473 3 Hitler vs Stalin Who Was Worse Geargiveer 12 Oktober 2017 op Wayback Machine The New York Review of Books 27 Januarie 2011 Religion and the State in Russia and China Suppression Survival and Revival by Christopher Marsh page 47 Continuum International Publishing Group 2011 Inside Central Asia A Political and Cultural History by Dilip Hiro Penguin 2009 Adappur Abraham 2000 Religion and the Cultural Crisis in India and the West in Engels Intercultural Publications ISBN 978 81 85574 47 9 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2017 Besoek op 14 Julie 2016 Forced Conversion under Atheistic Regimes It might be added that the most modern example of forced conversions came not from any theocratic state but from a professedly atheist government that of the Soviet Union under the Communists USGOV1 Ukrainian Holodomor man made famine Facts and History Geargiveer 24 April 2013 op Wayback Machine Holodomorct org 28 November 2006 Besoek op 29 Julie 2013 Getty J Arch 1991 State and Society Under Stalin Constitutions and Elections in the 1930s Slavic Review 50 1 18 35 doi 10 2307 2500596 JSTOR 2500596 William J Duiker 31 Augustus 2009 Contemporary World History Wadsworth Pub Co p 128 ISBN 978 0 495 57271 8 Geoffrey A Hosking 2006 Rulers and victims the Russians in the Soviet Union Harvard University Press p 242 ISBN 978 0 674 02178 5 Daniel Goldhagen Hitler s Willing Executioners p 290 The Treatment of Soviet POWs Starvation Disease and Shootings June 1941 January 1942 encyclopedia ushmm org in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020 Besoek op 9 Maart 2019 Brinkley Douglas 2003 The New York Times Living History World War II 1942 1945 The Allied Counteroffensive Macmillan 2004 ISBN 978 0 8050 7247 1 Urquhart Brian Looking for the Sheriff New York Review of Books 16 July 1998 The Soviet Union and the United States Revelations from the Russian Archives Exhibitions Library of Congress www loc gov in Engels 15 Junie 1992 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2017 Besoek op 12 November 2017 Main Intelligence Administration GRU Glavnoye Razvedovatel noye Upravlenie Russia Soviet Intelligence Agencies Fas org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020 Besoek op 24 November 2008 Tank on the Moon The Nature of Things with David Suzuki CBC TV 6 Desember 2007 Archived from the original on 26 Desember 2008 https web archive org web 20081226123643 http www cbc ca natureofthings magazine2 html Kenneth S Deffeyes Beyond Oil The View from Hubbert s Peak Origins of Moral Ethical Crisis and Ways to Overcome it Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine by V A Drozhin Honoured Lawyer of Russia Brzezinski Zbigniew Brzezinski Zbigniew K Sullivan Paige 1997 Russia and the Commonwealth of Independent States Documents Data and Analysis ISBN 978 1 56324 637 1 Country Profile Russia Foreign amp Commonwealth Office of the United Kingdom Geargiveer 11 Maart 2008 op Wayback Machine On the other hand See the index of Stalin and His Hangmen by Donald Rayfield 2004 Random House Rayfield 2004 pp 317 320 Gorbachev Mikhail Encyclopaedia Britannica 2 October 2007 URL besoek op 1 Desember 2017 dooie skakel Benjamin Daniel 27 Julie 1992 Traditions Pro Vs Amateur Time Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2009 Besoek op 18 Maart 2009 Schantz Otto The Olympic Ideal and the Winter Games Attitudes Towards the Olympic Winter Games in Olympic Discourses from Coubertin to Samaranch PDF Comite International Pierre De Coubertin Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 5 Mei 2013 Besoek op 13 September 2008 Cite journal requires journal hulp Ander bronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 67 2 volume 26 bl 49 54 Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal uit die Engelse WikipediaEksterne skakels WysigWiki webtuistes Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sowjetunie Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Sowjetunie ru Kaart van die USSR grense republieke en die grondgebied van die USSREnsiklopediee en Soviet Union Encyclopaedia Britannica Besoek op 13 Augustus 2019 Argitektuur en it domusweb it Soviet Modernism 1955 1991 Architekturzentrum Wien Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sowjetunie amp oldid 2554267