www.wikidata.af-za.nina.az
Die Februarie rewolusie Russies Fevralskaya revolyuciya Fevral skaja revoljuzija in 1917 in Rusland was die eerste fase van die Russiese Rewolusie van 1917 Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van tsaar Nikolaas II die val van Keiserlike Rusland en die einde van die Romanof dinastie n Voorlopige regering onder prins Georgi Lwof het die tsaar vervang Lwof is later weer deur Aleksander Kerenski vervang Die Tussentydse Regering was n alliansie tussen liberale en sosialiste wat politieke hervormings wou teweegbring en n demokraties verkose regering wou daarstel Februarie rewolusieDeel van die Russiese Rewolusie 1917 Betogers in Petrograd in 1917 Datum 8 12 Maart 1917Ligging Sint Petersburg RuslandResultaat Abdikasie van Nikolaas II Stigting van die Russiese Republiek Begin van die dubbel heerskappy van die Oorgangsregering en die Petrograd sowjetStrydende partyeRegeringsmagteGendarmes Ministerie van Binnelandse Sake se Polisiedepartment Stadleer garnisoen Burgerlikes vroulike werkers Rooi Garde Wasiljefski eiland Stadleer garnisoen later dae AanvoerdersGeneral Sergei Khabalof Alexander Shlyapnikof en ander Inhoud 1 Van ontevredenheid tot onrus 2 Abdikasie 3 Voorlopige Regering 4 Verwysings 5 Sien ook 6 Eksterne skakelsVan ontevredenheid tot onrus WysigDie rewolusie het volgens die Gregoriaanse kalender in Maart 1917 plaasgevind Volgens die Juliaanse kalendar wat Rusland in die tyd gebruik het het dit egter in Februarie geval vandaar die naam Februarie rewolusie Dit het uitgebreek sonder enige spesifieke leierskap of vooraf beplanning Die hoofstad Petrograd so genoem vanaf 1914 voorheen en tans weer Sint Petersburg was die middelpunt van die aksie Op 23 Februarie 8 Maart volgens die Gregoriaanse kalender het mense in die rye vir kos begin betoog Duisende vroulike tekstielwerkers het gou daarna by hulle aangesluit Hulle het uit hulle fabrieke geloop deels ter viering van Internasionale Vrouedag maar ook om teen die geweldige broodtekort te betoog Al hoe meer mense het uit die fabrieke gestroom om by die betogers aan te sluit Die skares het deur die strate geloop en geskree Brood en Gee ons brood In die volgende twee dae het die staking wat aangemoedig is deur sosialistiese aktiviste versprei na al die fabrieke en winkels in die stad Teen 25 Februarie was feitlik elke nywerheidsonderneming in Petrograd asook talle handels en diensondernemings gesluit Studente witboordjie werkers en onderwysers het by die stakers aangesluit In die Staatsdoema het sosialistiese en liberale afgevaardigdes besef dat hulle n groot probleem op hande het Hulle het die bestaande regering veroordeel en n kabinet van ministers geeis Die Doema wat hoofsaaklik uit lede van die burgerklas bestaan het het druk op die tsaar uitgeoefen om te abdikeer en so n rewolusie te voorkom Abdikasie Wysig nbsp Nikolaas II in ballingskap in 1917 nadat hy geabdikeer hetTeen Saterdag 25 Februarie het die polisie beheer oor die situasie verloor Nikolaas wat geweier het om die erns van die situasie in te sien het op die aand n telegram aan die hoof van die Petrogradse militere distrik generaal Sergei Chabalog gestuur Ek beveel jou om more n einde te bring aan die wanorde in die hoofstad wat onaanvaarbaar is in die moeilike tyd van oorlog met Duitsland en Oostenryk 1 Die meeste van die soldate het die opdrag op die 26ste gehoorsaam maar muiterye wat dikwels deur offisiere van die laer range gelei is het oornag versprei Op die oggend van die 27ste het soldate wat gestuur is om die onrus te beeindig aangesluit by die werkers in die strate van wie baie teen die tyd gewapen was Die polisie wat ver in die minderheid was het self later by die stakers aangesluit Teen die aand van die 27ste het die kabinet bedank en n tydelike militere diktatorskap voorgestel maar Rusland se militere leiers het dit verwerp Nikolaas wat aan die oorlogsfront was was geweldig gefrustreerd en bekommerd oor die skaal van die oproer Hy het vir sy lewe gevrees Terselfdertyd was hy bekommerd oor die toestand van sy siek seun Hy het eindelik oorgegee en op 2 Maart geabdikeer in die hoop dat die laaste diens aan die volk soos hy in sy manifes se die onrus sal beeindig en eenheid in Rusland sal bring 2 Kort na hierdie ineenstorting van die Romanof dinastie is die kroon aan Nikolaas se jonger broer Michail aangebied Hy het dit geweier tensy dit die besluit van n verkose regering is Voorlopige Regering Wysig n Minderheid van Doema afgevaardigdes het hulself daarna uitgeroep as n voorlopige regering onder die voorsitterskap van prins Georgi Lwof n gematigde hervormingsgesinde Aleksander Kerenski van die Sosiale Rewolusionere Party het egter geleidelik die leierskap oorgeneem Hy het vryheid van spraak voorgestaan duisende politieke gevangenes vrygelaat en wou Rusland in die Eerste Wereldoorlog hou ten spyte van talle probleme soos ontevrede soldate teenstand teen die oorlog en kos en voorraadtekorte Wladimir Lenin wat in ballingskap in die neutrale Switserland was het op 3 April in Petrograd aangekom Hy het die Voorlopige Regering onmiddellik begin ondermyn Hy het die leiding van die Bolsjewiste beweging oorgeneem en die proletariaat teen die regering opgesteek met onder meer beloftes van vrede brood en grond vir almal Kerenski kon nie al die probleme hanteer nie Die regering was onder geweldige druk van links en regs asook van die Geallieerdes om voort te gaan met die oorlog teen Duitsland Eindelik sou al die magteloosheid en ontevredenheid lei tot n nog groter verreikender opstand die Oktober rewolusie Verwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en February Revolution Aangehaal deur Chabalof in sy getuienis van 22 Maart 1917 in Padenije tsarskogo rezjima stenografitsjeskije otsjetoe doprosof i pokazanii dannich w 1917 g w Tsjrezwitsjainoi Sledstwennoi Komissii Wremennogo Prawitel stwa Die val van die tsaristiese regime stenografiese verslae van die ondervraging en getuienis in 1917 voor die Buitengewone Kommissie van Ondersoek van die Voorlopige Regering red P E Shchegolev 7 vol Moskou en Leningrad 1924 1927 1 190 91 Mark Steinberg en Vladimir Khrustalev Fall of the Romanovs 50 Sien ook WysigRussiese Rewolusie 1905 Russiese Rewolusie 1917 Oktober rewolusie Russiese BurgeroorlogEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Februarie rewolusie Chronology of the Russian Revolution World History Database Geargiveer 8 Junie 2011 op Wayback Machine Sowjet geskiedenisargief by www marxists org Russiese Rewolusie argief by www libcom org Geargiveer 19 November 2008 op Wayback Machine Precis of Russian Revolution n Opsomming van die sleutelgebeure From Liberty to Brest Litovsk dooie skakel Ooggetuie van die eerste jaar van die rewolusie Let History Judge Russia s Revolutions kommentaar deur Roy Medvedev Project Syndicate 2007 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Februarie rewolusie amp oldid 2473358