www.wikidata.af-za.nina.az
Nikolaas II Aleksandrowitsj Russies Nikolaj II Aleksandrovich Nikolai II Aleksandrowitsj Tsarskoje Selo 6 Mei 1868 Jekaterinburg 17 Julie 1918 was die laaste keiser van Rusland en die laaste heerser van die Romanof dinastie 1613 1917 Hy het van 1 November 1894 regeer tot met sy gedwonge abdikasie op 15 Maart 1917 Nikolaas IIKeiser van die Hele RuslandDinastie Holstein Gottorp RomanofBewind 1894 1917Kroning 26 Mei 1896Volle naam Nikolai Aleksandrowitsj RomanofAnder titels TsaarGebore 6 Mei 1868Tsarskoje SeloGesterf 17 Julie 1918Jekaterinburg17 Julie 1998 Katedraal van Petrus en Paulus Sint Petersburg Russiese FederasieVoorganger Aleksander IIIOpvolger 1 Tsarewitsj Aleksei eerste abdikasie die abdikasie is later verander sodat die troon sou gaan na groothertog Michail 2 Groothertog Michail tweede abdikasie wys die troon van die hand 3 Georgi Lwof president van die tussentydse regeringGade Aleksandra FjodorownaKinders OlgaTatjanaMariaAnastasiaAlekseiVader Aleksander IIIMoeder Maria FjodorownaTydens sy bewind het die Russiese Ryk verval van een van die grootste magte van die wereld tot een van ekonomiese en militere agteruitgang Weens die Chodinka tragedie anti Semitisme Bloedige Sondag die gewelddadige onderdrukking van die 1905 rewolusie die teregstelling van politieke opponente en sy vermeende verantwoordelikheid vir die Russies Japannese Oorlog het hy die bynaam Bloedige Nikolaas by sy teenstanders gekry 1 2 Historiografie in die Sowjetunie beeld Nikolaas uit as n swak en onbevoegde leier wie se besluite gelei het tot militere nederlae en die dood van miljoene onderdane 3 Rusland het van 1904 tot 1905 groot verliese in die Russies Japannese Oorlog gely onder meer die verwoesting van die Baltiese Vloot die verlies van Russiese invloed oor Mantsjoerye en Korea en die Japannese anneksasie van Suid Sachalin Die Anglo Russiese Vriendskapsverdrag wat daarop gemik was om Duitsland te keer om invloed in die Midde Ooste te kry het geeindig in politieke en diplomatieke konfrontasies tussen Rusland en die Verenigde Koninkryk Nikolaas het die Russiese mobilisasie op 30 Julie 1914 goedgekeur wat daartoe gelei het dat Duitsland op 1 Augustus 1914 oorlog teen Rusland verklaar het Daar word geraam sowat 3 300 000 Russe het in die Eerste Wereldoorlog gesneuwel 4 Die keiserlike weermag se groot verliese en die bevelvoerder se onbevoegde beheer in die oorlog asook die gebrek aan kos en ander voorraad aan die tuisfront was die grootste faktore wat tot die val van die Huis van Romanof gelei het Na die Februarie rewolusie van 1917 het Nikolaas namens homself en sy seun geabdikeer Hy en sy gesin is in hegtenis geneem en in die somer van 1918 na Tobolsk gestuur 5 Met die goedkeuring van Lenin Swerdlof en die res van die Bolsjewistiese leiers is Nikolaas en sy gesin eindelik in die nag van 16 17 Julie 1918 tereggestel 6 Hul oorskot is eindelik presies 80 jaar later op 17 Julie 1998 in Sint Petersburg begrawe In 1981 is Nikolaas en sy gesin deur die Russies Ortodokse Kerk buite Rusland in New York as martelare en heiliges verklaar 7 Op 15 Augustus 2000 8 het die Russies Ortodokse Kerk in Rusland hulle as verduurders van lyding heilig verklaar n titel wat gegee word aan gelowiges wat op n manier soos Christus sterf 9 Inhoud 1 Familie agtergrond 2 Tsesarewitsj 3 Verlowing troonbestyging en troue 4 Titel 5 Bewind 5 1 Buitelandse sake 5 2 Kerksake 5 3 Russies Japannese Oorlog 5 4 Anti Joodse opstande van 1903 1906 5 5 Bloedige Sondag 5 6 1905 rewolusie 5 7 Verhouding met die Doema 5 8 Die tsarewitsj se siekte en Raspoetin 5 9 Europese betrekkinge 5 10 300 jaarvierings 5 11 Eerste Wereldoorlog 5 12 Ineenstorting 6 Die einde 6 1 Abdikasie 6 2 Gevangenskap 6 3 Teregstelling 7 Identifikasie 8 Begrafnis 9 Heiligverklaring 10 Nalatenskap 11 Titels en aanspreekvorms 12 Kinders 13 Stamboom 14 Sien ook 15 Verwysings 16 Ander bronne 17 SkakelsFamilie agtergrond Wysig Nikolaas II as kind by sy ma Maria Fjodorowna in 1870 Nikolaas is in die Aleksander paleis in Tsarskoje Selo gebore as die die oudste seun van keiser Aleksander III en prinses Dagmar van Denemarke toe bekend as Maria Fjodorowna Sy familie en vriende het hom Nicky genoem Hy het vyf jonger sibbes gehad Aleksander 1869 1870 Georgi 1871 1899 Ksenia 1875 1960 Michail 1878 1918 en Olga 1882 1960 Sy grootouers aan vaderskant was keiser Aleksander II en keiserin Maria Aleksandrowna gebore prinses Marie van Hesse en by die Ryn Aan moederskant was sy grootouers koning Christiaan IX en koningin Louise van Denemarke Hy was hoofsaaklik van Duitse en Deense afkoms sy laaste etnies Russiese voorouer was groothertogin Anna Petrowna van Rusland 1708 1728 die dogter van Pieter die Grote Nikolaas II links en sy neef koning George V van die Verenigde Koninkryk in Duitse militere uniforms in Berlyn voor die oorlog 1913 Nikolaas was verwant aan verskeie monarge van Europa Sy ma se sibbes het ingesluit konings Frederik VIII van Denemarke en George I van Griekeland asook Brittanje se koningin Alexandra vrou van koning Edward VII Koning George V van die Verenigde Koninkryk was die neef van Nikolaas sy vrou Aleksandra en keiser Wilhelm II van Duitsland Nikolaas was ook n neef van Haakon VII van Noorwee Maud van Wallis en koning Konstantyn I van Griekeland Nikolaas en Wilhelm II was ook op twee maniere agterkleinneefs Nikolaas en sy vrou was self kleinneef en niggie asook agter agterkleinneef en niggie Tsesarewitsj Wysig Nikolaas as tsesarewitsj in 1892 Op 13 Maart O S 1 Maart 1881 het Aleksander III die troon bestyg na die sluipmoord op sy pa Aleksander II en Nikolaas het as die oudste seun die tsesarewitsj troonopvolger geword Om veiligheidsredes het die nuwe tsaar en sy gesin hul hoofwoning na die Gatsjina paleis buite die stad geskuif en net vir amptelike geleenthede in die Anitsjkof paleis in die hoofstad oorgebly In 1884 het Nikolaas meerjarig geword en later die jaar is sy oom groothertog Sergei Aleksandrowitsj getroud met prinses Elisabeth van Hesse Darmstadt Ella dogter van prins Lodewyk IV en sy oorlede vrou prinses Alice en n kleindogter van koningin Victoria Op die troue in Sint Petersburg het die 16 jarige Nikolaas Ella se jongste suster die 12 jarige Alix ontmoet Vyf jaar later in 1889 het sy Sint Petersburg besoek en die twee het verlief geraak In 1893 het Nikolaas namens sy ouers die troue van sy neef George Hertog van York met prinses Mary van Teck bygewoon Koningin Victoria is getref deur die fisieke ooreenkoms tussen die twee neefs en hul voorkoms het verskeie gaste op die troue verwar In die tyd het Nikolaas n verhouding gehad met die Sint Petersburgse ballerina Matilda Ksjessinskaja 10 Hoewel Nikolaas die troonopvolger was het Aleksander wat toe in sy 40 s was gedink daar is nog baie tyd oor om sy oudste seun die sake van die regering te leer 11 Sergei Witte Rusland se minister van finansies het sake anders gesien en voorgestel Nikolaas word in die Siberiese Spoorwegkomitee aangestel 12 Aleksander het gemeen Nikolaas is te jonk vir ernstige verantwoordelikhede maar volgens Witte sou die jong tsesarewitsj nooit staatsake verstaan as hy nie daaraan bekend gestel word nie 12 Aleksander se aanname dat hy nog lank sou leef en daar nog baie tyd was om Nikolaas op te lei is teen 1894 verkeerd bewys toe Aleksander se gesondheid begin agteruitgaan 13 Verlowing troonbestyging en troue Wysig Die Romanof familie saam met lede van die Deense koningshuis Dit sluit in keiser Aleksander III van Rusland Maria Fjodorowna koning Haakon van Noorwee Nikolaas II koning Christiaan IX van Denemarke koning Konstantyn I van Griekeland koningin Alexandra van Brittanje prins Andreas van Griekeland koningin Louise van Denemarke en koning George I van Griekeland In April 1894 is Nikolaas saam met sy oom Sergei en tante Ella na Koburg in Duitsland vir die troue van Ella en Alix se broer Ernst Ludwig Groothertog van Hesse met hul gemeenskaplike niggie prinses Victoria Melita van Sakse Koburg en Gotha Onder die gaste was koningin Victoria en keiser Wilhelm II In Koburg het Nikolaas vir Alix gevra om te trou maar sy het dit van die hand gewys As diep godsdienstige lidmaat van die Lutherse Kerk was sy ongewillig om haar tot die Russies Ortodokse geloof te bekeer 14 Die Duitse keiser het egter vir haar gese sy het n plig om met Nikolaas te trou en haar geloof te verander nes haar suster Ella in 1892 gedoen het Op 20 April 1894 het Nikolaas en Alix verloof geraak Die amptelike verlowingsfoto van Nikolaas en Alix April 1894 Sy ouers was aanvanklik daarteen gekant omdat Alix n swak indruk gewek het op haar besoeke aan Rusland Hulle het ook gehoop om Rusland se nuwe bondgenootskap met Frankryk te versterk deur n huwelik tussen Nikolaas en prinses Helene van Orleans dogter van Philippe die Graaf van Parys Hulle het net hul toestemming gegee toe hulle besef Aleksander II se toestand versleg Koningin Victoria was ook aanvanklik teen hul huwelik gekant omdat sy blykbaar nie van Rusland gehou het nie Teen Oktober 1894 het Aleksander III op sy sterfbed gele en hy en Nikolaas het Alix gevra om na die keiserlike paleis in Liwadija te kom 15 Sy het op 22 Oktober daar aangekom en 10 dae later is Aleksander op 49 jarige ouderdom dood Nikolaas toe net 26 was die nuwe keiser van Rusland Daardie aand het sy pa se priester hom ingeseen as keiser Nikolaas II Die volgende dag het Alix die Ortodokse geloof aangeneem met die naam Aleksandra Fjodorowna die titel groothertogin en die aanpsreekvorm Keiserlike Hoogheid 16 Nikolaas het dalk onvoorbereid gevoel vir die taak wat voorle want hy het sy neef en swaer groothertog Aleksander gevra 17 Wat gaan van my en die hele Rusland word 18 Tsaar Aleksander se stoet het Liwadija op 7 November verlaat op pad na Moskou met onder andere sy niggie koningin Olga van Griekeland en sy vrou se swaer en suster die Prins en Prinses van Wallis Nadat hy in die Kremlin in staatsie gele het is hy op 19 November in Sint Petersburg begrawe 19 Nikolaas en Aleksandra sou oorspronklik in die Russiese lente van 1895 trou maar op Nikolaas se aandrang is dit vervroeg Hy het Aleksandra nou nodiger as ooit gehad 20 Die troue het op 26 November 1849 plaasgevind op die verjaardag van die keiserin weduwee Maria Fjodorowna en die hof se rouproses is effens verslap Hulle is die middag n paar minute voor een in die eg verbind 21 Titel Wysig Nikolaas II se kroning deur Walentin Serof Nikolaas se volle titel was Ons Nikolaas II deur Gods genade Keiser en Outokraat van die Hele Rusland van Moskou Kief Wladimir Nowgorod tsaar van Kazan tsaar van Astrachan koning van Pole tsaar van Siberie tsaar van Tsjersonesos tsaar van Georgie lord van Pskof en groothertog van Smolensk Litaue Wolhinie Podolie en Finland prins van Estland Liwonie Koerland en Semigalie Samogitie Belostok Karelie Twer Joegra Perm Wjatka Wolga Bulgarie en ander gebiede lord en groothertog van Nizjni Nowgorod Tsjernigof Rjazan Polotsk Rostof Jaroslawl Beloozero Oedorski Obdorie Kondie Witebsk Mstislaf en al die noordelike gebiede monarg van Iwerie Kartalinie en die Kabardiese lande en Armeense gebiede erf lord en heerser van Tsjerkassie lord van Turkestan erfgenaam van Noorwee hertog van Sleeswyk Holstein Stormarn Dithmarschen en Oldenburg en so meer en so meer en so meer Bewind WysigOndanks n besoek in 1893 aan die Verenigde Koninkryk waar hy die laerhuis in debat gesien en beindruk gelyk het met die werking van die konstitusionele monargie het Nikolaas die idee van verkose verteenwoordigers in Rusland die rug toegekeer Kort nadat hy tsaar geword het het n afvaardiging van kleinboere en werkers van verskillende dorpe se plaaslike vergaderings zemstwo s na die Winterpaleis gekom met voorstelle vir hofhervormings soos die aanvaarding van n konstitusionele monargie 22 asook hervormings wat die politieke en ekonomiese lewe van die boere sou verbeter 23 24 Nikolaas se keiserlike monogram Hoewel hulle voor die tyd beleefde pleidooie ingestuur het was Nikolaas kwaad en het hy die advies van n keiserlike raad geignoreer deur vir hulle te se dit het onder my aandag gekom dat in die laaste maande in verskeie vergaderings van die zemstwo s stemme opgeklink het van die wat n sinnelose droom het dat die zemstwo s gevra sal word om aan die regering van die land deel te neem Ek wil he almal moet weet ek sal al my krag daaraan wy om ter wille van die hele nasie die beginsel van absolute outokrasie te handhaaf net so stewig en so sterk as my oorlede vader 25 Nikolaas en Aleksandra met hul eerste kind Olga 1896 Op 26 Mei 1896 is Nikolaas amptelik as tsaar gekroon in die Oespenski katedraal in die Moskouse Kremlin 26 Die volgende dag op 27 Mei 1896 is n groot fees met kos gratis drank en herdenkingsbekers in die Chodinka veld buite Moskou gehou ter viering daarvan Chodinka is gekies omdat dit die enigste plek naby Moskou was wat al die stad se inwoners kon huisves 27 Dit is hoofsaaklik as militere opleidingsterrein gebruik en was ongelyk met loopgrawe Voordat die kos en drank uitgedeel is het gerugte ontstaan dat daar nie genoeg vir almal sou wees nie As gevolg daarvan het die skare begin vorentoe beur om hul deel te kry Mense het geval en is vertrap sommige het in die veld se stof versmoor 28 Van die sowat 100 000 mense daar het na raming 1 389 gesterf 26 en rofweg 1 300 is beseer 27 Die Chodinka tragedie is beskou as n slegte voorteken en dit was dus vir Nikolaas van die begin van sy bewind af moeilik om die vertroue van die volk te wen Die gala van die Franse ambassadeur is die aand gehou Nikolaas wou in sy kamers bly en bid vir die mense wat hul lewe verloor het maar sy ooms het gedink sy afwesigheid op die bal sal betrekking met Frankryk nadelig beinvloed Nikolaas het dus die bal bygewoon en die rouende volk het hom daarna beskou as ligsinnig en onsimpatiek In die eerste paar jaar van sy bewind het Nikolaas maar net sy pa se beleid voortgesit en ontwikkel In 1897 is Aleksander III se reeks finansiele hervormings afgehandel wat 15 jaar te vore begin het Teen 1902 was die Transsiberiese Spoorlyn amper voltooi dit het die Russiese handel in die Verre Ooste n hupstoot gegee maar baie werk was nog aan die spoorlyn nodig Buitelandse sake Wysig In buitelandse sake het Nikolaas die beleide van sy pa gevolg Hy het die Frans Russiese Alliansie versterk en n beleid van algemene Europese versoening gevolg wat op sy aanbeveling gelei het tot die beroemde Haagse Vredeskonferensie Die doel daarvan was die beeindiging van die wapenwedloop en die daarstelling van metodes om internasionale dispute vreedsaam op te los Hoewel dit minder suksesvol was as wat gehoop is weens die wantroue tussen die groot moondhede was die Haagse konvensies tog van die eerste amptelike verklarings van oorlogswette In 1901 is Nikolaas II en die Russiese diplomaat Friedrich Martens benoem vir n Nobelprys vir Vrede vir die inisiatief om die Haagse Vredeskonferensie byeen te roep en in werking te stel 29 Kerksake Wysig In 1903 het Nikolaas in n kerkkrisis betrokke geraak oor die heiligverklaring van Serafim van Sarof Daar is die vorige jaar voorgestel dat as hy tot heilige verklaar word die keiserlike egpaar n seun en troonerfgenaam sal kry Aleksandra het in Julie 1902 geeis dat Serafim in minder as n week tot heilige verklaar word maar Nikolaas het gese dit moet binne n jaar gebeur Ondanks openbare teenkanting het die kerk geswig onder die druk van die keiser en keiserin en in Januarie 1903 het hulle aangekondig Serafim is n heiligverklaring waardig Daardie somer het die keiserlike gesin vir die geleentheid na Sarof gereis 30 Russies Japannese Oorlog Wysig Rusland se Baltiese Vloot is in die Slag van Tsushima deur die Japannese verwoes Teen die eeuwisseling van die 20ste eeu was n botsing tussen Rusland en Japan byna onafwendbaar Rusland het in die Verre Ooste uitgebrei Die groei van sy nedersettings en territoriale ambisies terwyl sy suidwaartse pad na die Balkan geblokkeer is het gebots met Japan se eie territoriale ambisies op die Chinese en Asiatiese vasteland Nikolaas het n aggressiewe buitelandse beleid gevolg ten opsigte van Mantsjoerye en Korea en het die skema vir houtkonsessies in hierdie gebiede sterk ondersteun 31 n Oorlog het in Februarie 1904 uitgebreek toe Japan die Russiese vloot onverwags by Port Arthur in Mantsjoerye aanval voor n amptelike oorlogsverklaring 31 Met die Russiese vloot wat in Port Arthur vasgekeer is was die enigste ander vloot die Baltiese Vloot Dit was halfpad om die aarde van Port Arthur verwyder maar n besluit is geneem om dit op n nege maande lange seereis na die Ooste te stuur Brittanje wou Rusland nie toelaat om die Suez kanaal te gebruik nie vanwee sy bondgenootskap met Japan en omdat die Baltiese Vloot tevore per ongeluk op Britse vissersbote in die Noordsee losgebrand het Die Baltiese Vloot is op pad na Port Arthur deur baie ongelukke getref en is byna deur die Japannese uitgewis in die Slag van Tsushima 31 Oor land het die Russiese leer logistieke probleme ondervind Terwyl opdragte en voorraad uit Sint Petersburg gekom het het gevegte in Oos Asiatiese hawens plaasgevind met net die Transsiberiese Spoorlyn wat heen en weer vir die vervoer van voorraad en soldate gebruik kon word 31 Die afstand van 9 200 km tussen Sint Petersburg en Port Arthur is deur n enkelspoor bedien met geen spoor om die Baikalmeer nie Die magte aan die front kon dus net stadig aangevul word Die beleerde Port Arthur is na nege maande van weerstand deur Japan oorgeneem 31 Nikolaas se standpunt oor die oorlog het baie mense verstom Hy het die oorlog met selfvertroue binnegegaan en dit beskou as n geleentheid om Russiese moraal en patriotisme aan te vuur terwyl hy min aandag gegee het aan die finansiele gevolge van n langafstandoorlog 32 Kort voor die Japannese aanval op Port Arthur het Nikolaas nog geglo daar sal geen oorlog wees nie Ondanks die uitbreek van die oorlog en Rusland se baie nederlae het Nikolaas steeds in n oorwinning geglo vanwee sy beskouing van die Japannese as minderwaardig en militer swak 31 Toe n Russiese nederlaag onafwendbaar lyk het die oproepe om vrede toegeneem Sy eie ma en sy neef keiser Wilhelm II van Duitsland het Nikolaas aangespoor om vredesonderhandelings aan te knoop Nikolaas het egter ontwykend gebly en op 10 Oktober 1904 n telegram aan die keiser gestuur dat hy beplan om aan te hou veg totdat die Japannese uit Mantsjoerye verdryf is 31 Eers op 27 28 Mei 1905 met die verwoesting van die Russiese vloot deur Japan het Nikolaas besluit om vir vrede te onderhandel Hy het Amerikaanse bemiddeling aanvaar en Sergei Witte aangestel as hoofgevolmagtigde vir die vredesonderhandelings Die oorlog is beeindig met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth 31 Anti Joodse opstande van 1903 1906 Wysig Die Kisjinef koerant Bessarabets wat antisemitiese materiaal gepubliseer het het geld gekry van Wjatsjeslaf Plewe die minister van binnelandse sake 33 Die berigte het die Kisjinef opstand teen die Jode aangevuur Nikolaas se regering het die opstand veroordeel en die streekgoewerneur afgedank Die oortreders is aangekeer en deur die hof gestraf 34 Die leiers van die Russies Ortodokse Kerk het ook die opstand veroordeel 35 In sy private hoedanigheid het Nikolaas sy bewondering van die oproermakers uitgespreek hy het geglo antisemitisme is n nuttige manier om die volk agter sy bewind te verenig 36 In 1911 het hy egter regeringsmaatreels goedgekeur om antisemitisme te voorkom na die sluipmoord van Pjotr Stolipin deur die Joodse rewolusioner Dmitri Bogrof 37 Bloedige Sondag Wysig Soldate brand los op werkers in Sint Petersburg Op Saterdag 21 Januarie 1905 het n priester Georgi Gapon die regering in kennis gestel dat n optog van werkers die volgende dag in Sint Petersburg sou plaasvind Hy het gevra dat die tsaar teenwoordig sou wees sodat hulle n petisie aan hom kon oorhandig Die ministers het dadelik bymekaargekom om die probleem te bespreek Hulle het dit nie eens oorweeg om die tsaar wat in Tsarskoje Selo buite Sint Petersburg was oor die optog of die petisie in te lig nie Hul voorstel dat n ander lid van die keiserlike familie die petisie ontvang is afgewys Eindelik het die ministers besluit om ekstra troepe na die stad te bring en te hoop sake ruk nie handuit nie Daardie aand is die tsaar vir die eerste keer van die optog in kennis gestel Op Sondag 22 Januarie 1905 het vader Gapon sy optog begin Die werkers het vreedsaam en vrolik deur die stad se strate geloop Party het kruise ikone en godsdienstige plakkate gedra en ander Russiese vlae en portrette van die tsaar Hulle het godsdienstige liedere en God Behoed die Tsaar gesing Om 14 00 moes die verskillende groepe voor die Winterpaleis bymekaarkom Oral in die stad het hulle egter gevind dat hul pad na die paleis deur troepe geblokkeer word Onseker oor wat dit beteken en gretig om nie die ontmoeting met die tsaar mis te loop nie het die groepe mense vorentoe beweeg In hierdie oomblik van chaos het die soldate losgebrand Koeels het mans vroue en kinders getref en bloedvlekke op die sneeu gelaat Die amptelike getal slagoffers is 92 dood en n paar honderd gewond die ware syfer was waarskynlik veel hoer Intussen het Gapon verdwyn en is ander leiers gevange geneem Hulle is uit die hoofstad verban en het elders gerugte versprei dat duisende mense doodgeskiet is Daardie dag bekend as Bloedige Sondag het die verloop van die Russiese geskiedenis verander Dit het die ou legendariese geloof vernietig dat die tsaar en die volk een is Buite Rusland het die toekomstige Britse eerste minister Ramsay MacDonald die tsaar aangeval Hy noem hom n bloedbevlekte skepsel en alledaagse moordenaar 38 1905 rewolusie Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Russiese Rewolusie 1905 Te midde van toenemende teenstand en opstande en na beraadslaging met Witte en die politikus prins Swjatopolk Mirski het die tsaar op 25 Desember 1904 n oekase oor hervorming met vae beloftes uitgereik 39 Die goewerneur generaal van Sint Petersburg Dmitri Trepof het opdrag gekry om drastiese stappe te doen om die rewolusionere bedrywighede stop te sit Die tsaar se oom groothertog Sergei is in Februarie deur n rewolusioner in Moskou met n bom die lug ingeblaas toe hy die Kremlin verlaat Op 3 Maart het die tsaar die rewolusionere veroordeel Intussen het Witte aanbeveel n manifes word uitgereik 40 Hervormingskemas sou uitgewerk word deur die politikus Iwan Goremikin en n komitee wat bestaan het uit verkose verteenwoordigers van die zemstwo s en munisipale rade onder die presidentskap van Witte In Junie het die Russiese oorlogskip Potemkin wat deel van die Swartseevloot was gemuit Groothertog Sergei en sy vrou Ella Omstreeks Augustus September na sy diplomatieke sukses in die beeindiging van die Russies Japannese Oorlog het Witte aan die tsaar geskryf en klem gele op die dringendheid van politieke hervormings tuis Die tsaar was onverstoorbaar hy het die grootste deel van daardie herfs deurgebring deur te jag 41 Met die Russiese nederlaag aan die hand van n nie Westerse land het die aansien en mag van die outokratiese bewind sterk afgeneem 42 Nikolaas wat verbaas was oor die gebeure het met woede en verbystering gereageer Na maande van wanorde het hy aan sy ma geskryf Dit maak my siek om die nuus te lees Niks behalwe stakings in skole en fabrieke vermoorde polisiemanne Kosakke en soldate betogings wanorde muitery nie Maar die ministers in plaas daarvan om met vinnige besluite te reageer vergader net soos n klomp bang henne en kekkel oor verenigde ministeriele optrede dreigende stil dae het aangebreek inderdaad stil omdat daar algehele orde in die strate was maar terselfdertyd het almal geweet iets gaan gebeur die soldate het op die teken gewag maar die ander kant wou nie begin nie n Mens het dieselfde gevoel gekry as voor n donderstorm in die somer Almal was gespanne en uiters senuweeagtig en natuurlik kon daardie soort spanning nie lank hou nie Ons is te midde van n rewolusie met n totaal ongeorganiseerde administratiewe staatsmasjien en hierin le die grootste gevaar 43 In Oktober het n spoorwegstaking in n algemene staking ontwikkel wat die land lamgele het In n stad sonder elektrisiteit het Witte aan Nikolaas gese die land is op die vooraand van n kataklismiese rewolusie Nikolaas het geen ander keuse gehad as om stappe in die rigting van konstitusionele liberalisme te neem nie 44 Die keiser en outokraat van die hele Rusland moes die Oktober manifes onderteken waarin hy toestem tot die stigting van n staatsdoema en om n deel van sy outokrasie aan hulle af te staan Vir die volgende ses maande was Witte die eerste minister In die manifes belowe die tsaar om basiese burgerregte in te stel groter deelname in die staatsdoema toe te laat en om die doema met wetgewende magte toe te rus Hy was egter nogtans vasbeslote om sy outokrasie te bewaar Dit is vervat in die 1906 grondwet waarin hy beskryf word as die oppermagtige outokraat en waarvolgens hy omvattende uitvoerende mag behou ook in kerksake Sy kabinetsministers is nie toegelaat om by mekaar in te meng of mekaar te help nie hulle was slegs aan hom verantwoordelik Verhouding met die Doema Wysig Nikolaas het n swak verhouding met die Doema gehad Die Eerste Doema het feitlik dadelik met die tsaar gebots Sy 524 lede het skaars byeengekom toe formuleer hulle n Versoekskrif tot die Troon Daarin is algemene stemreg geeis sook radikale grondhervormings die vrylating van alle politieke gevangenes en die afdanking van ministers wat deur die tsaar aangestel is ten koste van die wat vir die Doema aanvaarbaar is 45 Groothertogin Olga Aleksandrowna Nikolaas se jonger suster het geskryf Daar was so n somberheid by Tsarskoje Selo Ek verstaan niks van politiek nie Ek het net gevoel alles loop verkeerd met die land en ons almal Dit het nie gelyk of die Oktober grondwet enigiemand tevrede stel nie Ek het saam met my ma na die eerste Doema gegaan Ek onthou die groot groep afgevaardigdes van kleinboere en fabriekswerkers Die boere het somber gelyk Maar die werkers was erger Dit het gelyk of hulle ons haat Ek onthou die droefheid in Alix se oe 46 Hoewel Nikolaas aanvanklik n goeie verhouding met sy eerste minister Sergei Witte gehad het het Aleksandra hom gewantrou omdat hy n ondersoek gelas het na Grigori Raspoetin en toe die politieke situasie agteruitgaan het Nikolaas die Doema ontbind Die Doema was vol radikale van wie baie wou he wetgewing moet deurgevoer word wat onder meer die besit van privaat eiendom afskaf Witte wat nie in staat was om die oenskynlik onoorkomelike probleme op te los om Rusland en die monargie te hervorm nie het op 14 April 1906 aan Nikolaas geskryf om sy bedanking in te dien hoewel Nikolaas hom volgens ander weergawes gedwing het om te bedank Nikolaas was nie onwelwillend teenoor Witte nie en op 22 April is Witte n ridder van die Orde van Sint Aleksander Nefski gemaak met diamante Die laaste twee woorde is in die keiser se eie handskrif geskryf gevolg deur Ek bly onherroeplik goedgunstig teenoor jou en innig dankbaar vir altyd Nikolaas Nikolaas II Stolipin en n Joodse afvaardiging tydens die tsaar se besoek aan Kief in 1911 n Tweede Doema het in Februarie 1907 vir die eerste keer byeengekom Die linkse partye onder andere die Sosiaal Demokrate en die Sosiale Rewolusionere wat die Eerste Doema geboikot het het 200 setels in die Tweede Doema gewen meer as n derde Weer kon Nikolaas nie wag om van die Doema ontslae te raak nie In twee briewe aan sy ma kom sy bitterheid tot uiting n Belaglike afvaardiging kom van Engeland om die liberale lede van die Doema te spreek Oom Bertie het ons ingelig dat hulle baie jammer is maar hulle was nie in staat om hulle te stop nie Hul beroemde vryheid natuurlik Hoe kwaad sal hulle nie wees nie as n afvaardiging van ons na die Iere gaan om hulle sukses toe te wens in hul stryd teen hul regering 47 n Bietjie later skryf hy Alles sal goed verloop as dit wat in die Doema gese word tussen sy mure bly Elke woord wat gese word word egter openbaar gemaak in die volgende dag se koerante wat ywerig deur almal gelees word Op baie plekke word die bevolking weer kriewelrig Hulle begin weer praat oor grond en wag om te sien wat die Doema oor die kwessie gaan se Ek kry telegramme van oral oor waarin ek gevra word om n ontbinding te gelas maar dit is te gou daarvoor n Mens moet hulle toelaat om iets onteenseglik doms of gemeens aan te vang en dan woeps weg is hulle 48 Nadat die Tweede Doema soortgelyke probleme as die Eerste ervaar het het die nuwe eerste minister Stolipin vir wie Witte as reaksioner beskryf het die Doema eensydig ontbind en die verkiesingswette so verander dat toekomstige Doemas n konserwatiewer aard het en dat hulle oorheers word deur die liberaal konserwatiewe Oktobristeparty van Aleksander Goetsjkof Stolipin n bekwame politikus het ambisieuse planne gehad vir hervorming Dit het ingesluit die beskikbaarstelling van lenings aan die laer klasse om grond te kan koop met die doel om n boereklas lojaal aan die kroon te skep Toe die Doema vyandig bly het Stolipin egter nie gehuiwer nie om artikel 87 van die grondwet op te roep wat die tsaar in staat stel om dringende en buitengewone noodmaatreels af te kondig tydens die reses van die Staasdoema Die Derde Doema het n onafhanklike liggaam gebly Hierdie keer was die lede versigtig In plaas daarvan dat hulle met ywer probeer regeer het het opponerende partye saamgewerk om die liggaam as n geheel te ontwikkel Hulle het mag probeer behou deur hul vingers op die nasionale beursie te hou Hulle het die reg gehad om ministers agter geslote deure te ondervra oor hul voorgestelde uitgawes Hierdie sessies wat deur Stolipin onderskryf is was vir albei kante opvoedkundig en mettertyd is wedersydse antagonisme vervang deur weersydse respek Selfs op die gebied van militere uitgawes waar die Oktober manifes duidelik besluite aan die keiser oorlaat was n Doemakommissie aan die werk Dit het bestaan uit aggressiewe patriotte wat nie minder gretig as Nikolaas was om die gevalle eer van die Russiese weermag te herstel nie en die kommissie het dikwels uitgawes aanbeveel wat meer was as wat voorgestel is Die monument vir Stolipin in Kief Mettertyd het Nikolaas ook meer vertroue in die Doema gekry Hierdie Doema kan nie daarvan beskuldig word dat hulle die mag probeer oorneem nie en daar is geen rede om met hulle vas te sit nie het hy in 1909 aan Stolipin gese 49 Ongelukkig is Stolipin se planne deur konserwaties aan die hof ondermyn Reaksionere soos prins Wladimir Orlof het voortdurend vir die tsaar vertel die blote bestaan van die Doema is n klad op outokrasie iets wat keiserin Aleksandra in elk geval altyd geglo het Stolipin het hulle geskinder is n verraaier en geheime rewolusioner wat met die Doema saamsweer om die regte wat God aan die tsaar gegee het te steel Witte was ook heeltyd besig met n gekonkel teen Stolipin Hoewel Stolipin niks met Witte se val te doen gehad het nie het Witte hom blameer Verder het Stolipin onwetend die tsarina kwaad gemaak Hy het n ondersoek na Raspoetin gelas en die resultaat aan die tsaar gegee wat dit gelees het maar niks gedoen het nie Stolipin het ook eie reg gebruik en Raspoetin gelas om Sint Petersburg te verlaat Aleksandra het heftig kapsie gemaak maar Nikolaas het geweier om sy eerste minister teen te gaan 50 Teen die tyd van die sluipmoord op Stolipin deur Dmitri Bogrof n student en polisie informant op 18 September 1911 in n teater in Kief was Stolipin moeg vir die laste van sy amp Vir n man wat duidelike besluitneming verkies het was dit frustrerend om saam met n tsaar te werk wat in fatalisme en mistisisme geglo het Nikolaas het byvoorbeeld eenkeer n ongetekende dokument teruggestuur met die woorde Ondanks die mees oortuigende argumente ten gunste van n positiewe besluit in hierdie saak dring n innerlike stem al hoe meer daarop aan dat ek nie verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie Tot dusver het my gewete my nie in die steek gelaat nie Daarom gaan ek in hierdie geval met wat dit vir my voorskryf Ek weet jy glo ook n tsaar se hart is in die hande van God Laat dit so wees Ek aanvaar n groot verantwoordelikheid voor God vir alle wette wat ek uitvaardig en ek is te eniger tyd gereed om verantwoording te doen vir my besluit 50 Aleksandra wat geglo het Stolipin het die bande gesny wat haar seun lewend hou het die eerste minister gehaat 50 In Maart 1911 in n woedebui en met die stelling dat die tsaar nie meer vertroue in hom het nie het Stolipin gevra om te bedank Twee jaar tevore toe hy terloops opgemerk het dat hy wil bedank het Nikolaas vir hom gese Dit is nie n kwessie van vertroue of n gebrek daaraan nie Dit is my wens Onthou ons woon in Rusland en nie oorsee nie daarom sal ek nie die moontlikheid van enige bedanking oorweeg nie 51 Die keer het dit nie so ver gevorder nie Op 18 September 1911 in n optog waarin Stolipin se motor nie bewaak is nie het Raspoetin wat net toe uit sy bannelingskap teruggekeer het geskree toe Stolipin se motor by hom verbyry Die dood volg hom Die dood ry agter hom 52 Daardie nag het Bogrof vir Stolipin in n teater in Kief vermoor 52 In 1912 is n Vierde Doema verkies met feitlik dieselfde lede as tevore Die Doema het te vinnig begin Dit is nou stadiger maar beter meer houdend het Nikolaas gese 49 Die Eerste Wereldoorlog het nie goed vir Rusland ontwikkel nie Teen laat 1916 was die Romanof familie so desperaat dat groothertog Pawel Nikolaas se enigste oorlewende oom hom glo gesmeek het om n grondwet en regering wat aan die Doema verantwoordelik is goed te keur Nikolaas het geweier en sy oom berispe omdat hy hom gevra het om sy kroningseed te verbreek om outokratiese mag vir sy opvolgers te bewaar Die tsarewitsj se siekte en Raspoetin Wysig Tsarewitsj Aleksei omstreeks 1913 Die kwessie van die troonopvolging het sake verder vererger Die tsaar en tsarina het vier dogters gehad Olga in 1895 Tatjana in 1897 Maria in 1899 en Anastasia in 1901 Eers daarna op 12 Augustus 1904 het hulle n seun Aleksei gehad Die jong troonopvolger het hemofilie gehad n oorerflike siekte wat keer dat bloed stol Dit was destyds onbehandelbaar en het gewoonlik gelei tot n voortydige dood As n kleindogter van koningin Victoria het Aleksandra dieselfde defekte geen gehad wat verskeie Europese koningshuise onder meer die van Pruise en Spanje aangetas het Aleksandra het die geen aan haar seun oorgedra Grigori Raspoetin Vanwee die kwesbaarheid van die outokrasie in die tyd het Nikolaas en Aleksandra besluit om nie die nuus oor hul seun se siekte aan enigiemand buite die paleishuishouding bekend te maak nie Selfs in die paleis was mense wat nie geweet het presies wat met Aleksei skort nie Aleksandra het haar eers tot Russiese dokters gewend om haar seun te behandel Hul behandelings het egter gewoonlik nie gewerk nie en sy het haar al hoe meer verlaat op mistisisme en heilige mans of starets soos hulle in Rusland genoem is Dit het gelyk of een starets n ongeletterde man van Siberie met die naam Grigori Raspoetin sukses behaal het Sedert 1912 het sy invloed op Aleksandra en eindelik ook op Nikolaas al hoe groter geword In die jaar is Aleksei amper dood weens n besering Hy het al hoe meer gebloei totdat geglo is hy sal nie oorleef nie Die laaste sakramente is op 10 Oktober 1912 op hom toegedien Desperaat het Aleksandra Raspoetin gekontak en die het gese God het jou trane gesien en jou gebede gehoor Moet jou nie bekommer nie Die kleintjie sal nie sterf nie Moenie toelaat dat die dokters hom te veel pla nie 53 Die bloeding het daardie selfde dag opgehou en die seun het begin herstel Aleksandra het gedink dis n teken dat God met Raspoetin is vir die res van sy lewe sou sy hom heftig verdedig en haar woede uithaal op enigeen wat dit durf waag om hom te bevraagteken Die adel was gekant teen sy invloed en in Desember 1916 is hy eindelik deur n paar Russiese adellikes vermoor Europese betrekkinge Wysig Nikolaas II en sy seun Aleksei aan boord van die kesierlike jag Standart tydens koning Edward VII se staatsbesoek aan Rusland Tallinn 1908 Rusland en Brittanje het in 1907 die Anglo Russiese Konvensie onderteken as teenvoeter vir bespeurde Duitse aggressie Brittanje het toe reeds n verdrag met Frankryk onderteken en die Anglo Russiese verdrag het dus gelei tot die Drievoudige Entente Die volgende jaar in Mei 1908 het Nikolaas en Alexandra se gemeenskaplike oom Bertie en tant Alix Brittanje se koning Edward VII en koningin Alexandra n staatsbesoek aan Rusland gebring die eerste regerende Britse monarge wat dit doen Hulle het egter nie Russiese grond betree nie en aan die kus van die hedendaagse Tallinn op hul jagte gebly Later die jaar is Nikolaas onkant gevang deur die nuus dat sy minister van buitelandse sake Aleksander Izwolski n geheime ooreenkoms met sy eweknie in Oostenryk Hongarye graaf Alois von Aehrenthal gesluit het dat Rusland nie die Oostenrykse anneksasie van Bosnie en Herzegowina sou teenstaan nie in ruil vir die Russiese vloot se toegang tot die Dardanelle en die Bosporus dit was n hersiening van 1878 se Verdrag van Berlyn Toe Oostenryk Hongarye wel die gebied in Oktober beset het dit n diplomatieke krisis tot gevolg gehad Toe Rusland oor die anneksasie beswaar aanteken het Oostenryk gedreig om geheime kommunikasie tussen Izwolski en Aehernthal uit te lek Dit het daartoe gelei dat Nikolaas in n brief teenoor die Oostenrykse keiser Frans Josef oor n breuk in vertroue gekla het In 1913 tydens die Balkan oorloe het Nikolaas persoonlik aangebied om as bemiddelaar tussen Serwie en Bulgarye op te tree Die Bulgare het agter sy aanbod van die hand gewys Nikolaas het in 1913 ook Berlyn besoek 54 300 jaarvierings Wysig In Februarie 1913 is die 300 jarige bestaan van die Romanof dinastie gevier Op 21 Februarie is n Te Deum in die Kazan katedraal en n staatsonthaal in die Winterpaleis gehou 55 In Mei het Nikolaas en sy gesin n pelgrimstog oor die hele ryk onderneem al met die roete aan die Wolga langs wat die tienerjarige Michail Romanof van die Ipatijef klooster in Kostroma na Moskou gevolg het toe hy die eerste Romanof tsaar geword het 56 Eerste Wereldoorlog Wysig Op 28 Junie 1914 is aartshertog Frans Ferdinand van Oostenryk Este die erfgenaam van die Oostenryk Hongaarse troon in Sarajevo in n sluipmoordaanval gedood n Oorlog was nie onafwendbaar nie maar die leiers diplomate en 19de eeuse verbondskappe het n klimaat vir grootskaalse konflik geskep Die begrip Pan Slawisme en gedeelde etnisiteit het simpatie tussen Rusland en Serwie geskep Territoriale konflik het gelei tot mededinging tussen Duitsland en Frankryk en tussen Oostenryk en Serwie en as gevolg daarvan het bondgenootskapsnetwerke oor Europa ontwikkel Die Drievoudige Entente en die Drievoudige Verbond is reeds voor die oorlog gevestig Nikolaas wou nie Serwie alleen laat met die ultimatum deur Oostenryk Hongarye nie maar ook nie n oorlog ontketen nie In n reeks briewe tussen hom en keiser Wilhelm II van Duitsland het albei hul hoop op vrede uitgespreek en elkeen het probeer om die ander sover te kry om terug te tree Nikolaas het gehoop dat Rusland net aan die Oostenrykse grens sal hoef te mobiliseer om n oorlog met Duitsland te verhoed Nikolaas II regs en keiser Wilhelm II van Duitsland in 1905 Nikolaas dra n Duitse leeruniform en Wilhelm een van die Russiese husare Op 25 Julie 1914 het die ministersraad in Krasnoje Selo vergader Hier het Nikolaas besluit om tussenbeide te tree in die Oostenryk Serwiese konflik n stap nader aan n algemene oorlog Hy het die Russiese leer op 25 Julie paraat gestel 57 Hoewel dit nie algemene mobilisasie was nie het dit die Duitse en die Oostenrykse grens bedreig en gelyk soos n gereedmaking vir oorlog 57 Die leer het egter nie gebeurlikheidsplanne gehad vir n gedeeltelike mobilisasie nie en op 30 Julie 1914 het Nikolaas die noodlottige stap gedoen om die bevel van algemene mobolisasie te bevestig al is hy sterk afgeraai Op 28 Julie het Oostenryk Hongarye amptelik oorlog verklaar teen Serwie Op 29 Julie 1914 het Nikolaas n telegram aan Wilhelm II gestuur met die voorstel dat die Oostenryk Serwiese probleem aan die Haagse Konferensie voorgele word Wilhelm II het nie in sy antwoord die kwessie van die Haagse Konferensie aangeraak nie 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 Graaf Witte het aan die Franse ambassadeur Maurice Paleologue gese die Russiese oogpunt van die oorlog was malligheid Slawiese solidariteit was eenvoudig nonsens en Rusland sou nie enige baat by die oorlog vind nie 68 Rusland het op 30 Julie opdrag gegee vir algemene mobilisasie maar wou steeds nie aanval as vredesonderhandelinge sou plaasvind nie Duitsland het uit reaksie op Russiese mobilisasie sy eie mobilisasieplanne aangekondig Duitsland het Rusland gevra om binne die volgende 12 uur te demobiliseer 69 Toe die altimatum om 19 00 in Sint Petersburg verval het die Duitse ambassadeur in Rusland met die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Sazonof vergader en drie keer gevra of Rusland nie wou heroorweeg nie Toe met n handdruk het hy die nota oorhandig waarin Rusland se uitdaging aanvaar word Op 1 Augustus is oorlog verklaar Binne minder as n week op 6 Augustus het Frans Josef die Oostenryk Hongaarse oorlogsverklaring teen Rusland onderteken Met die uitbreek van oorlog op 1 Augustus 1914 was Rusland heeltemal onvoorbereid 70 Voor die oorlog het die weermag 1 400 000 soldate gehad met die mobilisasie het nog 3 100 000 reserwes bygekom en nog miljoene is op n gereedheidsgrondslag geplaas In elke ander opsig was Rusland egter onvoorbereid vir oorlog Duitsland het 10 keer meer treinspore per vierkante kilometer as Rusland gehad en terwyl Russiese soldate gemiddeld 1 290 km moes reis na die front het Duitse soldate minder as n kwart van die afstand gereis Rusland se swaarnywerheid was nog te klein om die enorme leers toe te rus wat die tsaar op die been gebring het en die land se ammunisiereserwes was jammerlik klein Daar was n tekort aan enigiets van wapens en vervoermiddels tot stewels Met die Baltiese See wat deur Duitse duikbote afgesny is en die Dardanelle deur wapens van Duitsland se bondgenoot Turkye kon Rusland aanvanklik net hulp kry via Archangelsk wat toegevries was in die winter of via Wladiwostok wat meer as 6 400 km van die frontlinie was Teen 1915 is n treinspoor noord van Petrozawodsk na die Kolagolf gebou en hierdie verbinding het die grondslag gele vir die ysvrye hawe van wat eindelik Moermansk genoem sou word Die Russiese magte is verder grootliks verswak deur die wedersydse minagting tussen die oorlogsminister Wladimir Soechomlinof en die aanvoerder van die leers in die veld groothertog Nikolaas Nikolajewitsj 70 Desondanks is n onmiddellike aanval gelas op die Duitse provinsie Oos Pruise Die Duitsers het met groot doeltreffendheid daarheen opgeruk en die twee invallende Russiese leers verslaan Die Slag van Tannenberg waar n hele Russiese leer uitgewis is het n groot skadu gegooi oor die tsaar se toekoms Die Russiese leers het aan die begin van die oorlog groot sukses behaal teen beide die Oostenryk Hongaarse en die Ottomaanse leers maar was nie opgewasse teen die magtige Duitse weermag nie In September 1914 om druk op Frankryk te verlig is die Russe gedwing om n geslaagde aanval op Galisie in Oostenryk Hongarye te staak en eerder die Duits besette Silesie aan te val 71 Russiese gevangenes by die Slag van Tannenberg waar die Russiese Tweede Leer deur Duitse magte uitgewis is Geleidelik het n uitputtingsoorlog begin vorm aanneem aan die groot Oosterse Front waar die Russe te staan gekom het teen die gekombineerde magte van Duitsland en Oostenryk Hongarye en hul verliese was enorm Generaal Denikin wat teruggeval het uit Galisie het geskryf Die Duitse swaar geskut het hele rye loopgrawe weggevee en hul verdedigers saam daarmee Ons het skaars gereageer Daar was niks waarmee ons kon reageer nie Ons regimente hoewel hulle uitgeput was het die een aanval na die ander met bajonette afgeweer Bloed het sonder ophou gevloei die manskappe het minder en minder en minder geword 72 Totale verliese vir die lente en somer van 1915 was 1 400 000 gesneuweldes en gewondes terwyl 976 000 soldate gevange geneem is Nederlae aan die front het wanorde tuis gekweek Eers was Duitsers die teiken en drie dae lank in Junie is winkels bakkerye fabrieke privaat huise en langoedere van mense met Duitse vanne geplunder en afgebrand Die woedende skare het hulle tot die regering gewend en geeis die keiserin moet in n klooster toegesluit die tsaar afgesit en Raspoetin gehang word In Julie 1915 het koning Christiaan X van Denemarke n kleinneef van die tsaar Hans Niels Andersen na Tsarskoje Selo gestuur met n aanbod om as bemiddelaar op te tree Hy het verskeie kere tussen Londen Berlyn en Petrograd gereis en in Julie die tsaar se ma Maria Fjodorowna gespreek Nikolaas het koning Christian se aanbod van die hand gewys omdat hy gevoel het dit sou verraad wees om n aparte vredesooreenkoms met die Sentrale Moondhede te teken terwyl sy bondgenote Brittanje en Frankryk in die oorlog bly 73 Die energieke en bekwame generaal Aleksei Poliwanof het Soechomlinof as oorlogsminister vervang maar dit het nie die strategiese posisie verbeter nie 70 Na die groot Russiese terugval en die verlies van Pole het Nikolaas die rol van hoofbevelvoerder in September 1915 oorgeneem nadat hy sy kleinneef groothertog Nikolaas afgedank het Dit was n fout want die tsaar is daarna persoonlik verbind met die voortdurende verliese aan die front Hy was ook meestal ver weg van Sint Petersburg by die hoofkwartier in Mogilef en toe die rewolusie in Petrograd uitbreek kon hy dit nie keer nie Eintlik was dit grootliks n simboliese stap want alle belangrike militere besluite is deur die stafhoof generaal Michail Aleksejef geneem en Nikolaas het nie veel meer gedoen as om die troepe en hospitale te inspekteer nie 74 Nikolaas en sy gesin in die Krim Mei 1916 Die Doema het steeds n beroep gedoen om politieke hervormings en politieke onrus het deur die oorlog voortgeduur Nikolaas was afgesny van die openbare mening en het nie besef hoe sake agteruitgaan nie Met Nikolaas aan die front is binnelandse sake en beheer oor die hoofstad in die hande van keiserin Aleksandra gelaat Aleksandra se verhouding met Raspoetin en haar Duitse agtergrond het die gesag van die dinastie egter skade berokken Nikolaas is verskeie kere oor Raspoetin se skadelike invloed gewaarsku maar het niks daaraan gedoen nie Gerugte oor en beskuldigings teen Aleksandra en Raspoetin was volop Aleksandra is selfs daarvan beskuldig dat sy verraadagtige simpatie met Duitsland het Woede oor Nikolaas se gebrek aan optrede en die groot skade wat Raspoetin se invloed aan Rusland se oorlogspogings en aan die monargie aanrig het eindelik gelei tot Raspoetin se moord deur n groep adellikes onder leiding van prins Feliks Joesoepof en groothertog Dmitri Pawlowitsj n neef van die tsaar vroeg die oggend van 30 Desember O S 17 Desember 1916 Ineenstorting Wysig Die gebrek aan voorraad en toenemende swaarkry het groot stakings en rebellies tot gevolg gehad Met Nikolaas aan die front was daar geen gesag nie en die hoofstad is deur stakers en muitende dienspligsoldate oorgeneem Ondanks pogings van die Britse ambassadeur sir George Buchanan om die tsaar te waarsku dat hy konstitusionele hervormings sal moet instel om n rewolusie te keer het Nikolaas by die leerhoofkwartier 600 km van Sint Petersburg af gebly en die hoofstad kwesbaar gelos vir intriges en opstande 75 Teen vroeg in 1917 was Rusland op die punt van algehele ineenstorting Diensplig het 15 miljoen mans van plase weggeneem en kospryse het die hoogte ingeskiet n Eier het vier keer soveel gekos as in 1914 en botter vyf keer soveel Die strawwe winter het die spoorwee wat toegegooi is met die vervoer van noodvoorraad n finale knou toegedien 75 Rusland het die oorlog met 20 000 lokomotiewe begin teen 1917 was daar net 9 000 oor Die treintrokke het afgeneem van n halfmiljoen tot 170 000 In Petrograd was daar feitlik geen teken van meel en brandstof nie 75 Nikolaas het in die oorlog n drankverbod ingestel om patriotisme en produktiwiteit te verhoog maar dit het ook gelei tot n verlies aan inkomste uit drankbelasting 76 Een van die laaste foto s van die tsaar by Tsarskoje Selo na sy abdikasie Op 23 Februarie 1917 het n kombinasie van besonderse koue weer en kwaai kostekorte in Petrograd daartoe gelei dat mense winkelvensters begin breek het om brood en ander noodsaaklikhede in die hande te kry Rooi baniere het in die strate verskyn en die skares het gedreunsing Weg met die Duitserin Weg met Protopopof Weg met die oorlog Weg met die tsaar 75 Die polisie het van die dakke af op mense begin losbrand en dit het die oproer vererger Die soldate in die hoofstad was nie gemotiveer nie en hul offisiere het geen rede gehad om lojaal teenoor die regering te wees nie Hulle was kwaad en vol rewolusionere drif en het hulle aan die kant van die burgerlikes geskaar 77 Die tsaar se kabinet het hom gesmeek om na Petrograd terug te keer en het aangebied om dadelik te bedank Honderde kilometers van daar het die tsaar met waninligting van die minister van binnelandse sake Aleksander Protopopof dat die situasie onder beheer was opdrag gegee dat streng teen die betogers opgetree word Die beste deel van die weermag is in Pole en Galisie uitgewis en 170 000 rekrute seuns van die platteland en ouer mans uit Petrograd se werkersklasbuurte moes die fort in die hoofstad hou onder die bevel van gewonde en verlamde offisiere wat van die front teruggekeer het en kadette van die militere akademies Baie eenhede het weens n gebrek aan wapens en offisiere nooit eens formele opleiding gehad nie 77 Generaal Chabalof het op die oggend van Sondag 11 Maart 1917 probeer om die tsaar se opdrag te begin uitvoer Ondanks groot plakkate wat mense gewaarsku het om uit die strate te bly het groot skares saamgedrom Hulle het net uitmekaargegaan nadat sowat 200 doodgeskiet is Nikolas het hierop versterkings na die hoofstad gestuur en die Doema ontbind 77 Dit was te laat Op 12 Maart het verskeie regimente begin muit onder meer die legendariese Preobrazjenski regiment wat deur Pieter die Grote gestig is Die arsenaal is geplunder en die ministerie van binnelandse sake militere regeringsgebou polisiehoofkwartier howe en talle ander polisiegeboue is aan die brand gesteek Teen die middag was die Fort van Petrus en Paulus mat sy swaar geskut in die hande van die oproermakers Teen die aand het 60 000 soldate by die rewolusie aangesluit 77 Lede van die Doema en die Petrogradse sowjet het n tussentydse regering gevorm om die orde te probeer herstel Hulle het geeis dat Nikolaas II abdikeer Die tsaar kon nie eintlik weier nie sy generaals het saamgestem hy het geen lojale soldate gehad nie sy gesin was in die hande van die tussentydse regering en hy was bang n burgeroorlog breek uit en open die deure vir Duitse verowering Die einde WysigAbdikasie Wysig Na die Februarie rewolusie het Nikolaas eindelik geabdikeer eers ten gunste van sy seun Aleksei maar n paar uur later het hy op advies van dokters ook namens Aleksei bedank Hy het sy broer groothertog Michail as nuwe tsaar aangewys Groothertog Michail wou nie die troon aanvaar nie tensy die volk toegelaat is om deur n grondwetlike vergadering te stem vir of die voortsetting van die monargie of n republiek iets wat nooit gebeur het nie Nikolaas II se abdikasie en die uitbreek van die Bolsjewistiese rewolusie het n einde gebring aan 300 jaar van Romanof tsaars Die val van die outokratiese keiserryk het liberale en sosialiste in Brittanje en Frankryk verheug Die VSA was die eerste land wat die tussentydse regering erken het In Rusland is die nuus van die tsaar se abdikasie met gemengde gevoelens begroet vreugde verligting vrees woede en verwarring 78 Dit is debatteerbaar of Nikolaas se gedwonge abdikasie regtig wettig was en of hy die reg gehad het om namens sy seun te abdikeer hy was immers na sy eie abdikasie eintlik n onderdaan van Aleksei en net groothertog Michail as die aangewese regent het die reg gehad om die opvolging te verander Sommige historici glo Nikolaas het tot met sy dood tsaar gebly al was dit net teoreties Gevangenskap Wysig Die goewerneurshuis in Tobolsk waar die keiserlike gesin tussen Augustus 1917 en April 1918 gevange gehou is Nikolaas was desperaat om na Brittanje te gaan vir sy bannelingskap Die Britse regering het op 19 Maart 1917 teensinnig aangebied om asiel aan die gesin toe te staan hoewel voorgestel is dit sou beter wees as die Romanofs na n neutrale land gaan Nuus oor die asiel het groot teenkanting van die Arbeidersparty en baie Liberale gekry en die Britse ambassadeur sir George Buchanan het gemaan die verlinkses sou die gewese tsaar se teenwoordigheid gebruik as n verskoning om die openbare mening teen ons te laat draai 79 Die regering het die aanbod van asiel in April teruggetrek na besware deur koning George V wat bekommerd was dit sou oproer in Brittanje veroorsaak Die tsaar en Aleksei in Tobolsk 1917 Die Franse regering wou ook nie die Romanofs aanvaar nie vanwee die toenemende onrus aan die Westerse Front en tuis oor die voortgesette oorlog teen Duitsland 80 81 Nog n rede was die idee dat keiserin Aleksandra pro Duits was 79 Om die gesin te beskerm teen die toenemende rewolusionere toestande het die tussentydse regering die gesin in Augustus na Tobolsk in die Oeralgebergte gestuur totdat hulle in die lente van 1918 via Japan oorsee kon gaan 82 Daar het hulle redelik gerieflik in die voormalige goewerneur se woning gebly In Oktober 1917 het die Bolsjewiste egter die tussentydse regering oorgeneem Nikolaas was nie baie bekommerd nie want Boris Solowijef die man van Maria Raspoetin was veronderstel om reddingspogings te organiseer maar niks het daarvan gekom nie Daar is gerugte dat Solowijef vir die Bolsjewiste of Duitsers of albei gewerk het 83 Op 1 Maart 1918 is die gesin op soldaatrantsoene geplaas wat beteken het die verlies van 10 lojale bediendes asook botter koffie en ander luukses Nikolaas en Aleksandra was geskok oor die nuus van die Verdrag van Brest Litofsk waarvolgens Rusland ingestem het om Pole Finland die Baltiese lande Oekraine die Krim en die grootste deel van die Kaukasus af te staan 84 Wat hulle moed gegee het was die geloof dat hulp op pad was 85 Op 30 April 1918 is die Romanofs na hul finale bestemming gestuur die dorp Jekaterinburg waar hulle aangehou is in die Ipatijef huis die woning van die militere ingenieur Nikolai Ipatijef Teregstelling Wysig Die Russiese keiserlike gesin tussen omstreeks 1913 en 1914 Daar is verskeie weergawes oor wat daarna gebeur het en historici het nog nie tot n finale vergelyk gekom nie Volgens die weergawe van Jakof Joerofski die hooflaksman is die gesin omtrent tweeuur die oggend van 17 Julie 1918 wakker gemaak hulle het aangetrek en is na n kelderkamer agter die Ipatijef huis geneem Die voorwendsel was die gesin se veiligheid omdat Bolsjewistiese magte glo op pad na Jekaterinburg was en dalk op die huis sou skiet 86 Saam met Nikolaas Aleksandra en hul kinders was hul dokter en drie bediendes wat vrywillig by die gesin gebly het die tsaar se persoonlike dokter Ewgeni Botkin Aleksandra se bediende Anna Demidowa die gesinskok Iwan Charitonof en die voetsoldaat Aleksei Troepp n Vuurpeloton het intussen in n aangrensende vertrek byeengekom dit het bestaan uit sewe Kommunistiese soldate van Sentraal Europa en drie plaaslike Bolsjewiste en was onder die bevel van Joerofski 86 Terwyl die vuurpeloton die kamer binnegekom het het Joerofski aangekondig die Oeral sowjet van werkersafgevaardigdes het hulle ter dood veroordeel Hy het daarna die tsaar trompop geskiet 86 Die vuurpeloton het daarna die res van die mense geskiet Die tsaar is eerste dood Anastasia Tatjana Olga en Maria het die eerste sarsie skote oorleef Die susters het 1 3 kg se diamante en edelgesteentes in hul klere weggesteek wat aanvanklik die skote en bajonetsteke afgeweer het 87 Hulle is daarna van naby in die kop geskiet 88 Volgens n aankondiging van die Presidium van die Oeral streeksowjet is sameswerings ontbloot om die gewese tsaar te bevry teenrewolusionere magte was op pad na Jekaterinburg en die oudtsaar was skuldig aan onvergeeflike misdade teen die nasie 89 In die lig van die vyand se nabyheid aan Jekaterinburg en die Tsjeka se ontbloting van n ernstige Wit Leer sameswering om die gewese tsaar en sy gesin te ontvoer In die lig van die nadering van die Rooi hoofstad van die Oeralgebergte deur teenrewolusionere groepe en die moontlikheid dat die gekroonde tiran n verhoor deur die volk sal vryspring n sameswering deur die Wit Leer om hom en sy gesin te ontvoer is blootgele en die ooreenstemmende dokumente sal gepubliseer word het die Presidium van die Oeral streeksowjet in die vervulling van die wil van die Rewolusie besluit om die gewese tsaar Nikolai Romanof te skiet wat skuldig is aan tallose bloedige gewelddadige handelings teen die Russiese volk 90 Identifikasie Wysig Jekaterinburg se Kerk op Bloed op die plek waar Ipatijef huis eens gestaan het In 1979 het die amateur argeoloog Aleksander Awdonin naby Swerdlofsk Jekaterinburg afgekom op die oorskot van Nikolaas II sy vrou en drie van hul dogters asook die van die vier mense wat saam met hulle vermoor is 91 92 Die keiser en sy dogter Maria 1901 In Januarie 1998 is die oorskot wat onder n grondpad naby Jekaterinburg opgegrawe is amptelik uitgeken as die van Nikolaas en sy gesin uitsluitende een van die dogters en Aleksei Die identifikasie insluitende vergelykings van hul DNS met die van lewende familielede is uitgevoer deur aparte Russiese Britse en Amerikaanse wetenskaplikes en hulle het bevind dit is oortuigend 93 94 95 96 In Julie 2007 het n amateur historikus die bene van n seun en jong meisie naby Jekaterinburg ontdek 97 Aanklaers het die ondersoek na die dood van die keiserlike gesin heropen en in April 2008 is in DNS toetse deur n Amerikaanse laboratorium bevind die bene behoort aan Nikolaas se twee kinders Aleksei en Maria volgens Russiese nuusagentskappe 98 Dieselfde dag het Russiese owerhede aangekondig die oorskot van die hele familie is uitgeken 98 99 Op 1 Oktober 2008 het die Russiese hooggeregshof bevind Nikolaas II en sy gesin was die slagoffers van politieke vervolging en hul naam moet in ere herstel word 100 101 102 In Maart 2009 is die resultate van die DNS toetse gepubliseer dit het bevestig dat die twee liggame wat in 2007 ontdek is die van Aleksei en Maria is 103 Begrafnis WysigNa die DNS toetse van 1998 is die oorskot van die keiser en sy gesin op 17 Julie 1998 uit die Katedraal van Petrus en Paulus in Sint Petersburg begrawe presies 80 jaar na hul teregstelling Die seremonie is deur die destydse Russiese president Boris Jeltsin bygewoon Hy het gese Vandag is n historiese dag vir Rusland Ons het baie jare lank geswyg oor hierdie afgryslike misdaad maar die waarheid moes uitkom 104 Heiligverklaring WysigTsaar Nikolaas II van RuslandTsaar martelaar Nikolaas II van RuslandKeiserlike Verduurder van Lyding tsaar Nikolaas II van Rusland Gebore 1868 05 18 18 Mei 1868 Tsarskoje Selo Sint Petersburg Russiese RykOorlede 17 Julie 1918 op 50 Jekaterinburg Russiese SFSRFeesdag 17 JulieVereer in Russies Ortodokse KerkHeilig verklaar in 1981 en 2000Heilig verklaar deur Russies Ortodokse Kerk Buite Rusland en die Russies Ortodokse KerkPelgrimsoord Kerk op Bloed JekaterinburgIn 1981 het die Russies Ortodokse Kerk Buite Rusland Nikolaas en sy gesin erken as martelaar heiliges Op 14 Augustus 2000 het die sinode van die Russies Ortodokse Kerk in Rusland hulle ook as heiliges erken maar nie as martelare nie omdat hul dood nie regstreeks uit hul Christelike geloof gespruit het nie In plaas daarvan is hulle as verduurders van lyding heilig verklaar Nikolaas se heiligverklaring was egter omstrede Die Russies Ortodokse Kerk Buite Rusland was in 1981 verdeeld daaroor want sommige lede het gemeen hy was n swak heerser en kon nie die opkoms van die Bolsjewiste keer nie Een priester het uitgewys martelaarskap in die Russies Ortodokse Kerk het niks te doen met die martelaar se persoonlike optrede nie maar eerder met die manier waarop hy of sy gesterf het 105 Die Russies Ortodokse Kerk in Rusland het die gesin se klassifikasie as martelare verwerp omdat hulle nie spesifiek vir hul geloof vermoor is nie Sommige mense in albei kerke was ook teen die heiligverklaring gekant omdat hulle hom as n swak keiser beskou het wie se onbekwaamheid gelei het tot die Russiese Rewolusie en die lyding van sy volk hulle het hom gedeeltelik blameer vir sy eie dood en die van sy vrou kinders en bediendes Dit het nie vir hulle saak gemaak dat hy in sy privaat lewe n saggeaarde man en goeie eggenoot en pa was of n leier wat opregte meegevoel met die kleinboere gehad het nie 105 Ondanks die oorspronklike teenkanting het die Russies Ortodokse Kerk in Rusland hulle erken as verduurders van lyding of mense wat hul dood met Christelike nederigheid tegemoetgegaan het Die Kerk erken egter nie die bene wat in die Katedraal van Petrus en Paulus begrawe is as die van die keiserlike gesin nie Nalatenskap WysigNikolaas word oor die algemeen beskou as onbekwaam vir die enorme taak om die uitgestrekte Russiese Ryk te regeer 106 Die historikus Barbara Tuchman gee n verdoemende evaluasie van sy bewind en se hy het net een idee van regeer gehad om die absolute monargie wat hy van sy pa geerf het ongeskonde te hou Volgens haar het hy nie die intellek energie en opleiding gehad wat sy amp vereis het nie en het hy staatgemaak op persoonlike gunstelinge nukke koppigheid en ander metodes van n leekop outokraat Sy meen sy beeld van onverstoorbaarheid was inderwaarheid traak my nieagtigheid Toe n telegram vir hom gebring word wat hom inlig oor die uitwissing van die Russiese vloot by Tsushima het hy dit gelees in sy sak gedruk en verder tennis gespeel 107 Nikolaas het wydverspreide kritiek in Rusland gekry na die oorwinning van die rewolusionere Pawel Bikof wat in Rusland die eerste volle weergawe van die val van die tsaar geskryf het het Nikolaas beskryf as n tiran wat met sy lewe geboet het vir die eeue lange onderdrukking en despotiese regering van sy voorouers oor die Russiese volk oor die verarmde en bloeddeurweekte land Sowjet historici het gemeen Nikolaas was nie geskik om n staatsman te wees nie en dat hy n swak wil gehad het en deur avontuurlustige magte gemanipuleer is Sy bewind is veroordeel weens die oormatige gebruik van die weermag polisie en howe om die rewolusionere beweging te vernietig Hy is daarvoor gekritiseer dat hy nasionalisme en chauvinisme aangewakker het Tydens die 1905 rewolusie was hy bekend as Bloedige Nikolaas Sy bewind is beskou as n tyd van lyding vir die Russe 2 Robert K Massie gee n simpatieker beeld van die tsaar Hy se daar is steeds mense wat daarop aandring dat hy Bloedige Nikolaas was Hy word algemeen beskryf as vlak swak en dom n eendimensionele figuur wat lamlendig oor die laaste dae van n korrupte en verbrokkelende stelsel gewaak het Volgens hom erken historici dat Nikolaas n goeie man was daar is genoeg historiese bewyse van sy persoonlike sjarme sagmoedigheid liefde vir sy familie diepe geloof en sterk Russiese patriotisme maar hulle reken persoonlike faktore is onbelangrik wat saak maak is dat Nikolaas n swak tsaar was Die tragedie van Nikolaas II was basies dat hy op die verkeerde plek in die geskiedenis verskyn 108 Titels en aanspreekvorms Wysig18 Mei 1868 13 Maart 1881 Sy Keiserlike Hoogheid Groothertog Nikolaas Aleksandrowitsj van Rusland 13 Maart 1881 1 November 1894 Sy Keiserlike Hoogheid die Tsesarewitsj van Rusland 1 November 1894 15 Maart 1917 Sy Keiserlike Majesteit die Keiser en Outokraat van die Hele Rusland 15 Maart 1917 17 Julie 1918 Nikolaas Aleksandrowitsj Romanof Sedert 2000 Sint Nikolaas die Verduurder van LydingKinders WysigFoto Naam Gebore Oorlede NotaBy prinses Alix van Hesse Darmstadt 6 Junie 1872 17 Julie 1918 getroud op 26 November 1894 Groothertogin Olga Nikolajewna 15 November O S 3 November 1895 17 Julie 1918 Deur die Bolsjewiste in Jekaterinburg doodgeskiet Groothertogin Tatjana Nikolajewna 10 Junie O S 29 Mei 1897 Groothertogin Maria Nikolajewna 26 Junie O S 14 Junie 1899 Groothertogin Anastasia Nikolajewna 18 Junie O S 5 Junie 1901 Tsarewitsj Aleksei Nikolajewitsj 12 Augustus O S 30 Julie 1904Stamboom Wysig 8 Nikolaas I van Rusland 4 Aleksander II van Rusland 9 Prinses Charlotte van Pruise 2 Aleksander III van Rusland 10 Lodewyk II Groothertog van Hesse en by die Ryn 5 Prinses Marie van Hesse en by die Ryn 11 Prinses Wilhelmina van Baden 1 Nikolaas II van Rusland 12 Friedrich Wilhelm Hertog van Sleeswyk Holstein Sonderburg Glucksburg 6 Christiaan IX van Denemarke 13 Prinses Louise Carolina van Hesse Kassel 3 Prinses Dagmar van Denemarke 14 Landgraaf Wilhelm van Hesse Kassel 7 Prinses Louise van Hesse Kassel 15 Prinses Louise Charlotte van Denemarke Sien ook WysigLys van groothertoe van Rusland Huis van RomanofVerwysings Wysig Woods Alan 1999 The First Russian Revolution Geargiveer 30 Junie 2012 op Wayback Machine in Bolshevism The Road to Revolution by Alan Woods Well Red Publications ISBN 1900007053 2 0 2 1 Kallistov D P 1977 History of the USSR in Three Parts From the earliest times to the Great October Socialist Revolution Progress Publishers Martin Vennard Tsar Nicholas exhibits from an execution BBC News 27 Junie 2012 Urlanis Boris 2003 Wars and Population University Press of the Pacific ISBN 1410209458 Lieven 1993 p 238 Lieven 1993 pp 242 244 A Reader s Guide to Orthodox Icons The Icons that Canonized the Holy Royal Martyrs New York Times 2000 Nicholas II And Family Canonized For Passion Orthodox Terminology Church of the Mother of God Kshessinska 1960 Dancing in Petersburg Londen vert Haskell Massie 1967 bl 40 12 0 12 1 Pierre Andre 1925 Journal Intime de Nicholas II Paris Payot bl 45 The Health Of The Czar Western Daily Press 15 Februarie 1894 Besoek op 10 Maart 2016 via British Newspaper Archive King 1994 bl 54 King 2006 bl 326 The Czar And Princess Alix Another Manifesto Exeter and Plymouth Gazette 5 November 1894 Besoek op 11 Maart 2016 via British Newspaper Archive Figes Orlando 1996 A People s Tragedy bl 18 Feinstein Elaine 2006 Excerpt from Anna of All the Russias Vintage ISBN 978 1 4000 3378 2 Czar Alexander s Funeral Sheffield Evening Telegraph 20 November 1894 Besoek op 11 Maart 2016 via British Newspaper Archive Massie 1967 bl 42 Massie 1967 bl 44 Warth bl 20 Figes bl 165 Pierre Andre 1925 Journal Intime de Nicholas II Paris Payot bl 127 Radziwill Catherine 1931 Nicholas II The Last of the Tsars Londen Cassell And Company Ltd bl 100 26 0 26 1 Warth bl 26 27 0 27 1 Massie 1967 bl 1017 Warth bl 26 27 The Nomination Database for the Nobel Prize in Peace 1901 1956 Geargiveer 30 Mei 2013 op Wayback Machine Nobelprize org Besoek op 1 Mei 2014 King 2006 bl 137 31 0 31 1 31 2 31 3 31 4 31 5 31 6 31 7 Kowner Historical Dictionary of the Russo Japanese War bl 260 264 Warth bl 67 Beyond the Pale The Pogroms of 1903 1906 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2019 Besoek op 17 Julie 2008 Massie 1967 bl 94 95 122 in Russiese uitgawe Solzhenitsyn Alexander 2001 Two hundred years together Moskou bl 329 Figes Orlando 1996 A People s Tragedy bl 197 8 Massie Robert K Nicholas and Alexandra 1967 bl 228 Massie Robert K The Fate of the Romanovs The Final Chapter Random House ISBN 0 394 58048 6 1995 bl 125 Harold Williams Shadow of Democracy bl 11 22 H Williams bl 77 O Figes A People s Tragedy bl 191 Kenez Peter 1999 A History of the Soviet Union From the Beginning to the End Cambridge University Press ISBN 0521311985 bl 7 Lyons M 1974 Nicholas II The Last Tsar Routledge amp Kegan Paul ISBN 0710078021 bl 116 http www peoples ru state politics vitte Massie 1967 bl 243 Vorres Ian 1985 The Last Grand Duchess Londen Finedawn Publishers bl 121 Massie 1967 bl 244 Massie 1967 bl 245 49 0 49 1 Massie 1967 bl 246 50 0 50 1 50 2 Massie 1967 bl 247 Massie 1967 bl 248 52 0 52 1 Massie 1967 bl 226 Massie 1967 bl 185 Clay Catarine 2006 King Kaiser Tsar Three Royal Cousins Who Led the World to War Walker amp Company ISBN 0802716237 bl 300 301 King 2006 bl 391 King 2006 bl 397 57 0 57 1 Merriman John 2009 A History of Modern Europe Volume Two W W Norton amp Company ISBN 0393933857 bl 967 The Evidence in the Case A Discussion of the Moral Responsibility for the War of 1914 as Disclosed by the Diplomatic Records of England Germany Russia France Austria Italy and Belgium deur James M Beck James M Beck LL D Late Assistant Attorney General of the U S Author of The War and Humanity p 81 bl 106 Palaeologus M G 1991 Tsarist Russia during World War Moscow International Relations bl 155 156 Russies 1ste uitg Paleologue M G La Russie des Tsars pendant la grande guerre Paris Plon 1922 Chapter XII Maurice Paleologue An ambassador s memoirs Volume 1 hoofstuk VIII Buchanan G 1923 My Mission to Russia and other diplomatic memories Londen Cassell bl 200 Archive org Besoek op on 1 Mei 2014 Churchill Winston 1931 The unknown war Londen C Scribner s Sons bl 170 Massie 1967 bl 84 320 in die Russiese uitgawe Martin Gilbert The First World War A Complete History 1994 bl 27 John Keegan The First World War 1998 bl 63 Hew Strachan The First World War Vol I To Arms 2001 bl 85 Hamilton Richard F and Herwig Holger H 2003 Origins of World War One Cambridge University Press ISBN 0521817358 bl 514 Zubov Andrei red 2010 History of Russia XX Century Volume I 1894 1939 AST Publishers bl 291 Tames bl 43 Josef und Ulli Germany during World War One in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2009 Besoek op 7 September 2009 70 0 70 1 70 2 Tames bl 42 Massie Robert K Nicholas and Alexandra The Last Tsar and His Family 1967 bl 309 310 Tames bl 46 Hall C 2006 Little Mother of Russia Holmes and Meier ISBN 0841914222 bl 264 King Greg and Wilson Penny 2003 The Fate of the Romanovs John Wiley amp Sons ISBN 0471207683 75 0 75 1 75 2 75 3 Tames bl 52 Warth bl 199 77 0 77 1 77 2 77 3 Tames bl 53 Tames bl 55 79 0 79 1 Massie Robert K Nicholas and Alexandra The Last Tsar and His Family 1967 bl 461 Gareth Russell 2014 The Emperors How Europe s Rulers Were Destroyed by the First World War Amberley pp 164 65 Rose Kenneth King George V 1983 bl 210 Massie Robert K Nicholas and Alexandra The Last Tsar and His Family 1967 bl 487 Massie Robert K Nicholas and Alexandra The Last Tsar and His Family 1967 bl 488 492 Massie Robert K Nicholas and Alexandra The Last Tsar and His Family 1967 bl 493 494 Tames bl 62 86 0 86 1 86 2 Nicholas amp Alexandra The Last imperial Family of Tsarist Russia Booth Clibborn Editions 1998 ISBN 1861540388 Massie 1995 bl 8 Massie 1995 bl 6 Alexander Robert 2003 The Kitchen Boy A Novel of the Last Tsar Penguin Group US ISBN 978 1 101 20036 0 Telegraph quoted in The Kitchen Boy by Robert Alexander unpaginated Robert K Massie 2012 The Romanovs The Final Chapter Modern Library p 34 ISBN 978 0 679 64563 4 Coble MD The identification of the Romanovs Can we finally put the controversies to rest Investig Genet 2 20 doi 10 1186 2041 2223 2 20 PMC 3205009 PMID 21943354 Ekspertiza podtverdila chto najdennye ostanki prinadlezhat Nikolayu II in Russies ITAR TASS 5 Desember 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2017 Coble M D Loreille O M Wadhams M J Edson S M Maynard K Meyer C E Niederstatter H Berger C Berger B Falsetti A B Gill P Parson W Finelli L N 2009 Mystery Solved The Identification of the Two Missing Romanov Children Using DNA Analysis PLoS ONE 4 3 e4838 doi 10 1371 journal pone 0004838 PMC 2652717 PMID 19277206 Famous DNA in Engels Isogg org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2015 Besoek op 25 Oktober 2010 Parsons TJ Muniec DS Sullivan K Woodyatt N Alliston Greiner R Wilson MR Berry DL Holland KA Weedn VW Gill P Holland MM 1997 A high observed substitution rate in the human mitochondrial DNA control region Nature Genetics 15 4 363 8 doi 10 1038 ng0497 363 PMID 9090380 Harding Luke 25 Augustus 2007 Bones found by Russian builder finally solve riddle of the missing Romanovs The Guardian in Engels London Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019 Besoek op 20 Mei 2010 98 0 98 1 DNA Confirms Remains of Tsar s Children CBS News in Engels Associated Press 30 April 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2013 Besoek op 28 September 2007 Details on further testing of the Imperial remains are contained in Rogaev E I Grigorenko A P Moliaka I K Faskhutdinova G Goltsov A Lahti A Hildebrandt C Kittler E L W and Morozova I Genomic identification in historical case of Nicholas II Royal family Proceedings of the National Academy of Sciences 2009 The mitochondrial DNA of Alexandra Alexei and Maria are identical and of haplogroup H1 The mitochondrial DNA of Nicholas was haplogroup T2 Their sequences are published at GenBank as FJ656214 FJ656215 FJ656216 and FJ656217 BBC News Russia s last Tsar rehabilitated Besoek op 1 Oktober 2008 Last Tsar s family rehabilitated Russiatoday com 1 Oktober 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2009 Besoek op 7 September 2009 Russia s Last Tsar Declared Victim of Repression in Engels Time Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2012 Besoek op 7 September 2009 DNA proves Bolsheviks killed all of Russian Tsar s children Geargiveer 6 Maart 2014 op Wayback Machine CNN 22 Desember 2008 Romanovs laid to rest BBC News 17 Julie 1998 105 0 105 1 Massie 1995 bl 134 135 Ferro Marc 1995 Nicholas II Last of the Tsars New York Oxford University Press ISBN 0 19 508192 7 bl 2 Tuchman Barbara W The Guns of August New York Presidio Press 1962 p 71 Massie 1967 bl viii x Ander bronne WysigFiges Orlando 2015 A People s Tragedy The Russian Revolution 1891 1924 The Bodley Head King Greg 1994 The Last Empress Birch Lane Press King Greg 2006 The Court of the Last Czar Pomp Power and Pageantry in the Reign of Nicholas II John Wiley amp Sons Kowner Rotem 2006 Historical Dictionary of the Russo Japanese War ISBN 0 8108 4927 5 The Scarecrow Press AS1 onderhoud plek link Lieven Dominic 1993 Nicholas II Empreror of all the Russias Londen Pimlico Massie Robert K 1967 Nicholas and Alexandra Massie Robert K 1995 The Fate of the Romanovs The Final Chapter Random House ISBN 0 394 58048 6 Tames Richard 1972 Last of the Tsars Londen Pan Books Ltd Warth Robert D 1997 Nicholas II The Life and Reign of Russia s Last Monarch Praeger ISBN 0275958329 Skakels WysigThe Execution of Tsar Nicholas II 1918 EyeWitness to History Briewe van Nikolaas II Briewe van die tsaar aan die tsaritsa 1914 17 Briewe van die tsaritsa aan die tsaar 1914 17 Briewe van Nikolaas II geskryf in ballingskap Thirteen Years at the Russian Court deur Pierre Gilliard Memories of the Russian Court deur Anna Vyrubova Frozentears org n Media biblioteek oor Nikolaas II en sy gesin Yakov Yurovsky se weergawe van die teregsteling van die keiserlike gesin Nikolai II Lewe en Dood Edvard Radzinski Later in Engels gepubliseer as The Last Tsar the Life and Death of Nicholas II Russies Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nikolaas II van Rusland Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Nikolaas II van Rusland amp oldid 2578072