www.wikidata.af-za.nina.az
Denemarke Deens Danmark ˈd ɛnmɑɡ luister hulp inligting amptelik die Koninkryk Denemarke Kongeriget Danmark ˈkʰɔŋeʁiːed ˈtaenmak luister hulp inligting is gelee in Noord Europa in die gebied wat as Skandinawie bekend staan Dit is n grondwetlike monargie met koningin Margrethe II as simboliese leier en n eenkamerparlement die Folketinget Koninkryk DenemarkeKongeriget Danmark Deens Vlag WapenNasionale leuse Guds hjaelp Folkets kaerlighed Danmarks styrke Deens vir God se hulp die volk se liefde Denemarke se sterkte Volkslied Der er et yndigt land Deens vir Daar is n pragtige land source source track track track track track track track track track track track track track Koninklike Volkslied Kong Christian stod ved hojen mast Deens vir Koning Christian staan by die hoe mas source source track track track track track track Hoofstad Kopenhagen 55 43 N 12 34 O 55 717 N 12 567 O 55 717 12 567Grootste stad KopenhagenAmptelike tale DeensRegering Monarg Eerste minister Unitere parlementeregrondwetlike monargieMargrethe IIMette FrederiksenOnafhanklikheid Vorming Kerstening Huidige grondwet Faroese tuisregering Groenlandse tuisregering ca 8ste eeuca 9655 Junie 184924 Maart 19481 Mei 1979Oppervlakte Totaal Water 42 943 1 km2 130ste 16 580 myl21 74 2015 2 Bevolking 2023 skatting Digtheid 5 935 619 3 114de 138 22 km2 358 0 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2023 skatting 432 489 miljard 4 53ste 73 385 4 11de BBP nominaal Totaal Per capita 2023 skatting 405 626 miljard 4 41ste 68 827 4 10de MOI 2021 0 948 5 6de baie hoogGini 2020 27 5 6 6de laagGeldeenheid Kroon a href ISO 4217 html title ISO 4217 DKK a Tydsone Somertyd MET UTC 01 MEST UTC 02 Internet TLD dkSkakelkode 45 Nasa satellietbeeld van Denemarke Die Oresundbrug verbind die Deense hoofstad Kopenhagen met die Suid Sweedse stad Malmo Denemarke is met n oppervlakte van sowat 43 000 vierkante kilometer die kleinste van die Skandinawiese lande maar nogtans die mees digbevolkte en ten opsigte van sy bevolking ook die tweede grootste na Swede Denemarke bestaan uit die skiereiland Jutland Deens Jylland in geologiese opsig n uitbreiding van die Noord Duitse Vlakte en n groot aantal eilande waarvan sowat 100 bewoon is Seeland Deens Sjaelland wat naby die Suid Sweedse kus le is die grootste en mees digbevolkte van die eilande Denemarke se hoofstad Kopenhagen is aan die nou seestraat van die Oresund gelee n deurvaart wat van die Kattegat na die Oossee lei Denemarke se kontrole oor al drie deurvaarte wat die Atlantiese Oseaan met die Oossee verbind naas die Sund ook die Groot en Klein Belt Deens Store og Lille Belt het van die land gedurende die Middeleeue n Noord Europese groot moondheid gemaak wat sy buurlande oorheers en sy magsgebied tot by Noorwee Ysland Groenland en die Faroereilande uitgebrei het Die twee laasgenoemde gebiede is nog steeds Deense besittings Die land vorm in sommige opsigte n soort oorgang tussen Middel en Noord Europa sy landskappe en klimaat kom grootliks ooreen met die van Noord Duitsland en lyk baie min op die van die Skandinawiese skiereiland behalwe vir Suid Swede Vanwee sy taalkundige erfenis Deens maak deel uit van die Noord Germaanse en Oos Nordiese taalfamilie en n gemeenskaplike geskiedenis van meer as duisend jaar waartydens die land saam met Noorwee of Swede deur dieselfde koningshuis geregeer is handhaaf Denemarke nou politieke en kulturele bande met die ander vier Nordiese lande Swede Noorwee Finland en Ysland Denemarke het egter ook in politieke en kulturele opsig steeds n brugfunksie tussen Middel en Noord Europa vervul Die Deense koning was as die heerser van Sleeswyk en Holstein ook n vors van die Heilige Romeinse Ryk en Denemarke was die eerste Nordiese land wat by die Europese Unie aangesluit het Die land het egter geen lidstaat van die Eurosone geword nie Na n vinnige industrialisering in die 19de en 20ste eeu het Denemarke wat nog steeds oor n hoogs moderne landbousektor beskik tot een van die mees gevorderde nywerheidslande ontwikkel Die land het n welvaartstelsel volgens die Nordiese model Inhoud 1 Etimologie 2 Geografie 3 Klimaat 4 Fauna en flora 5 Geskiedenis 5 1 Oorsig 5 2 Die Middeleeue 5 3 Die tydperk van die Kalmarunie 5 4 Die vroee moderne tydperk 5 5 Die Sleeswyk Holstein kwessie 5 6 Die 20ste eeu 5 7 Die 21ste eeu 6 Politiek 6 1 Staatsopbou 6 2 Uitvoerende gesag 6 3 Wetgewende gesag 7 Ekonomie 7 1 Ekonomiese struktuur 7 2 Buitelandse handel 7 3 Huidige stand van sake 7 4 Omgewingsbeleid 8 Demografie 8 1 Bevolkingstruktuur 8 2 Taal 8 3 Godsdiens 9 Kuns 9 1 Argitektuur 9 2 Letterkunde 9 3 Kookkuns 9 4 Sport 10 Verwysings 11 Bronnelys 12 Eksterne skakelsEtimologie Wysig Die Jelling stene waarna algemeen verwys word as Denemarke se doopsertifikaat Die etimologie van die naam Denemarke die verhouding tussen Dene en Denemarke en die ontstaan van Denemarke as n verenigde koninkryk is onderworpe aan n voortdurende wetenskaplike debat 7 8 Dit fokus veral op die voorvoegsel Dan en of dit na die Dani of n geskiedkundige persoon Dan verwys en die presiese betekenis van die marke agtervoegsel Die meeste etimologiese woorde en handboeke lei Dan af van n word wat plat land beteken 9 verwant aan Duits Tenne dorsvloer en Engels den grot 9 10 Daar word geglo dat die marke element woud of grensgebied beteken met waarskynlike verwysings na die grenswoude in Suid Sleeswyk 11 Die eerste gebruik van die woord Denemarke in Denemarke self is gevind op die twee Jelling stene twee runestene wat glo opgerig is deur Gorm die Oue ca 955 en Harald Bloutand ca 965 Na die groter van die twee stene word dikwels verwys as die doopsertifikaat Deens dabsattest van Denemarke 12 hoewel albei die woord Denemarke gebruik in die akkusatiefe naamval ᛏᛅᚾᛘᛅᚢᚱᚴ tanmaurk danmɒrk op die groot steen en in die genitiewe naamval ᛏᛅᚾᛘᛅᚱᚴᛅᚱ tanmarkar danmarkaɽ op die klein steen terwyl die datiewe naamval tanmarku danmarkʊ op die kontemporere Skivum steen verskyn Na die inwoners van Denemarke word daar verwys as tani danɪ of Danes in die akkusatiewe naamval Geografie WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Geografie van Denemarke Kaart van Denemarke Denemarke neem n besondere stelling binne die Skandinawiese lande in Dit vorm n soort brug tussen Sentraal en Noord Europa en bestaan met uitsondering van die skiereiland Jutland wat sowat die helfte van die land se oppervlakte verteenwoordig uit meer as 470 groot en klein eilande wat tussen Jutland en die Suid Sweedse gewes Skane le Slegs sowat honderd van hierdie eilande is bewoon Die grootste eilande is Seeland met die hoofstad Kopenhagen Funen Deens Fyn Falster Lolland Langeland en Bornholm Denemarke se enigste landgrens is die met Duitsland byna sewentig kilometer terwyl die kuslyn vanwee die groot aantal inhamme oor sowat 7 400 kilometer strek Geen plek in die land le verder as sowat vyftig kilometer van die see af nie Klimaat Wysig Klimaatsones in Denemarke volgens die Koppen klimaatklassifikasie In vergelyking met die ander Skandinawiese lande het Denemarke danksy die invloed van die Atlantiese Oseaan en sy suidelike ligging n betreklik milde klimaat met gematigde somers en milde winters Neerslae kom dwarsdeur die jaar voor alhoewel daar min sneeuvalle aangeteken word Die Atlantiese invloede neem in die oostelike landsdele geleidelik af hier word laer windsnelhede en minder neerslae aangeteken as in Wes Denemarke In koue winters wat egter selde voorkom word die kontinentale invloede duidelik die Oossee bevries en koue lugmassa s uit die ooste oorheers die winterweer Fauna en flora Wysig Die heuwellandskap van Rebild Bakker Gedurende die afgelope eeue is groot dele van Denemarke se oorspronklike woude afgekap Klein oorblyfsels van hierdie ongerepte woude het in natuurreservate soos die Nasionale Rebild Bakker park bewaar gebly Die park maak deel uit van Rold Skov Trollwoud wat tans met n oppervlakte van 86 km die mees uitgestrekte bosgebied in die land vorm Sowat twaalf persent van die huidige Deense grondgebied is met bosse veral loofbos met beuke en eikebome bedek Daarnaas kom olms haselneutbome esdorings dennebome berke espe en lindebome asook kastaiingbome algemeen voor In die vlaktes van Wes Jutland het enkele moeraslande bewaar gebly net soos duinlandskappe en heidevelde Tipiese inheemse dierspesies sluit rooi wild hase eekhorings krimpvarkies vosse dassies marters wasbere en wasbeerhonde in Seehonde word langs die Deense kuste aangetref Die kusgebiede is daarnaas die habitat van talle voelspesies soos eksters duiwe bleshoenders ganse eende seemeeus seeswaeltjies en seeduikers Geskiedenis WysigOorsig Wysig Die Ladby skip is die grootste skeepsgraf wat tot dusver in Denemarke opgegrawe is Denemarke se geskiedenis is nou verweef met die van die ander Nordiese lande Denemarke se pogings om die Oossee te oorheers het tot by die 16de eeu die kwaai mededinging van Swede gehad maar daar was nogtans ook langdurige periodes waartydens Denemarke met ander Skandinawiese lande in politieke en dinastiese opsig verenig het soos die Kalmarunie Ander belangrike aspekte wat n groot invloed op die Deense geskiedenis uitgeoefen het was die betrekkinge met die Europese vasteland en die uitbreiding van die Deense magsgebied in oorsese gebiede soos Engeland Ysland en Groenland in die Wiking tydperk Gedurende die tiende eeu het die klein Deense koninkryke in n gemeenskaplike staat verenig en tot by die Vredesluiting van Roskilde in 1658 waardeur Denemarke sy besittings in Suid Swede verloor het het die Deense heersers hul magsgebied voortdurend probeer uitbrei In die 19de eeuse konflik met Duitsland oor Sleeswyk en Holstein en die Duitse minderheid in die suide van die land moes Denemarke sy suidelike gebiede uiteindelik in 1864 aan Duitsland afstaan en het vervolgens n beleid van politieke neutraliteit gevolg Na die Duitse besetting tydens die Tweede Wereldoorlog het Denemarke by die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie NAVO en die Europese Ekonomiese Gemeenskap die latere Europese Unie aangesluit Die Middeleeue Wysig Koning Knoet die Grote 1018 1035 Onse Liewe Vroukerk Vor Frue Kirke in Kalundborg Die magtige baksteendomkerk met vyf torings het omstreeks 1175 as deel van Kalundborg se versterkings ontstaan Denemarke was reeds in sy voorgeskiedenis deur Germaanse stamme bewoon Die eerste historiese dokumente wat na die Deense volk verwys dateer egter eers uit die sesde eeu v C Daar word aangeneem dat Suid Swede die oorspronklike tuisland van die Dene was en dat hulle later na die huidige Deense eilande en die skiereiland Jutland uitgebrei het Tydens die 11de eeu het die Deense gebied tot by die Schleilinie gestrek die grenslyn met die Heilige Romeinse Ryk in die suide wat deur die Schleirivier gevorm is Die Denekoning Dan na wie die land vernoem sou wees is eerder n legendariese as n historiese figuur Denemarke is aanvanklik deur plaaslike heersers geregeer en omtrent 800 het een van hulle Gottrik die sogenaamde Danewerk n versterking suid van die Schleirivier ter beskerming teen aanvalle van die Frankiese Ryk opgerig As gevolg van die Frankiese magsuitbreiding onder Karel die Grote het die Dene vir die eerste keer in aanraking met n ander beduidende Europese nasie gekom Karel se stigting van n mark n militere gebied langs die Deense grens het naas die oprigting van die Danewerk ook tot die versterking van die handelsentrum Haithabu gelei Met n Deens Frankiese ooreenkoms in 811 is die Eiderrivier as grenslyn vasgele en die noordwaartse uitbreiding van die Franke stopgesit Met die gelyktydige begin van die Skandinawiese Wikings se handels roof en veroweringstogte waaraan ook talle Deense krygers deelgeneem het het Denemarke nou self daarmee begin om sy invloed in Noord Europa te versterk en handelsbande met oorsese nasies aan te knoop Eers in die tiende eeu het die Deense konings Gorm en Harald Bloutand daarin geslaag om die Deense volk in een koninkryk te verenig Harald het die Christelike geloof aangeneem en die Christelike sendingwerk in Denemarke bevorder Tydens die 11de eeu het die grootskaalse togte van Deense Wikings in die Noordseegebied n aanvang geneem Die Deense koning Sven Vurkbaard 986 1014 het Engeland verower en Knoet die Grote 1018 1035 was heerser oor n uitgestrekte Deense Noordseeryk wat naas Denemarke en Engeland ook Noorwee en Skotland ingesluit het Na sy dood het hierdie ryk egter weer begin verbrokkel en eers koning Sven II Svend Estridson 1047 1074 het daarin geslaag om die sentrale gesag op ryksvlak te herstel Hy het gereeld munte laat slaan en klerici en beamptes wat tot dusver grotendeels uit Engeland afkomstig was deur inheemses vervang 13 In die periode tussen 1025 en 1035 het die Eiderrivier die nuwe suidgrens van Denemarke geword Saam met die ander lande van Noord Europa het Denemarke in geestelike opsig n deel van die nuutgestigte bisdom Lund geword en die tradisionele bande met die bisdom van Bremen en Hamburg wat sedert 948 bestaan het is verbreek Na n tyd van politieke instabiliteit het koning Waldemar die Grote 1157 1182 wet en orde herstel die bedreiging deur Slawiese stamme afgeweer en die land weer deur n bloeitydperk laat gaan Met die bou van n kasteel by die Groot Belt was hy in staat om die toegang tot die Noord en Oossee te kontroleer terwyl met die verowering van die Duitse eiland Rugen in 1169 n ekspansiewe fase in Denemarke se buitelandse beleid ingelui is Sy opvolgers Knoet VI 1182 1202 en Waldemar II 1202 1241 het van Denemarke n groot moondheid in die Oosseegebied gemaak wat Duitse en Baltiese gebiede soos Holstein Hamburg Lubeck Mecklenburg Pommere Rugen en Estland ingesluit het maar as gevolg van die Slag van Bornhoved in 1227 weer verbrokkel het Ook die eerste dekades van die 14de eeu was deur n politieke krisis oorskadu waaraan eers koning Waldemar IV Atterdag 1340 1375 n einde kon maak Nogtans het die hertogdom Sleeswyk daarin geslaag om sy besondere status te handhaaf en ook die magtige Noord Duitse handelstede het met hul Hansebond die Deense invloed in die Oosseegebied begin beperk Die tydperk van die Kalmarunie Wysig Die Kalmarunie teen die begin van die 16de eeu Waldemar se dogter Margarete was die stigteres van die Kalmarunie n politieke unie wat alle Skandinawiese ryke Denemarke Swede en Noorwee met die Faroereilande en Groenland ingesluit het en in 1397 tot stand gekom het Die beleid van Margarete se agterneef en erfgenaam Erik van Pommere het egter tot nuwe politieke geskille met die Hanse Swede die Holsteinse grawe en die inheemse Deense adel gelei Erik het Swede en Noorwee verloor en is in 1439 uit Denemarke verdryf Die Deense Ryksraad het in 1448 graaf Christiaan I van Oldenburg tot Deense koning verkies en hy is vervolgens in 1450 ook tot koning van Noorwee in 1457 tot koning van Swede en in 1460 deur die Sleeswyk Holsteinse Raad tot hertog van Sleeswyk en graaf van Holstein verkies Die personele unie met Swede het egter in 1523 tot n einde gekom en koning Christiaan II het naas Swede ook die Deense troon verloor Die vroee moderne tydperk Wysig Koning Christiaan IV van Denemarke Standbeeld in Kristiansand Noorwee In 1523 is Christiaan II se oom hertog Frederik van Sleeswyk Holstein tot Deense koning verkies Sy seun Christiaan III het in 1536 die Lutherse geloof wat al danksy die optrede van predikers die eerste aanhangers in Denemarke gehad het in n staatsgreep as Deense staatsreligie afgedwing Koning Christiaan IV het om politieke en godsdienstige redes in die Dertigjarige Oorlog ingegryp maar is na sy nederlaag in 1626 gedwing om in die Vrede van Lubeck afstand te neem van sy ekspansionistiese beleid in Noord Duitsland Denemarke is vervolgens veral deur Swede bedreig wat tot die nuwe groot moondheid in die Oosseegebied ontwikkel het en in 1658 moes Denemarke in die Vrede van Roskilde al sy besittings op die Skandinawiese skiereiland waaronder Skane Blekinge Halland en die Noorse Bohuslan aan Swede afstaan Die bedreiging deur buitelandse magte het die aanleiding tot politieke herstrukturering gegee Die Deense Stande het hul invloed kwytgeraak die koningshuis het sy magsbasis met die invoering van die erflike monargie in 1660 en die afkondiging van die grondwetlike absolutistiese regeringstelsel in die sogenaamde Koningswet van 1665 versterk Die sogenaamde Gottorf kwessie wat die vrede in Europa bedreig het is in die tydperk tussen 1767 en 1773 deur ooreenkomste met Rusland opgelos die Deense Ryk wat destyds van Ysland en van die Noordkaap tot by die Elberivier gestrek het het vervolgens in alle oorloe op die Europese vasteland neutraal gebly en hom eerder aan binnelandse hervormings soos die landhervorming en die bevryding van die boere toegewy Na die Britse aanval op Kopenhagen in 1807 het Denemarke n bondgenoot van Frankryk geword en sy nou bande met die Franse keiser Napoleon Bonaparte ook in 1813 nog steeds gehandhaaf As gevolg van hierdie beleid was die Deense staat in 1814 bankrot en het in 1814 in die vrede van Kiel ook Noorwee verloor In 1815 het die Deense koning in sy hoedanigheid as heerser van Holstein en hertog van Lauenburg n lid van die Duitse Bond geword Sleeswyk het ondanks sy nou bande met Holstein nie by die Bond aangesluit nie Die Sleeswyk Holstein kwessie Wysig Die Grondwetlike Vergadering Grundlovgivende Rigsforsamling kom in 1848 in Kopenhagen byeen Skildery deur Constantin Hansen Die binnelandse beleid is sedert 1830 deur die sterk liberale opposisie en die etniese geskille tussen Dene en Duitsers oorheers Koning Christiaan VIII het met sy Ope Brief in 1846 geprobeer om die Deense staat met n gemeenskaplike suksessiereg vir die landsdele Denemarke Sleeswyk Lauenburg en Holstein te bewaar maar het felle teenstand van die Duitse bevolking in Sleeswyk Holstein gekry Die Duitse bewoners se weerstand teen die inlywing van Sleeswyk by Denemark het in Maart 1848 aanleiding tot n oorlog met die Duitse Ryk gegee Na byna drie jaar se oorlogvoering was die belangrikste geskille nog steeds nie besleg nie In 1849 het Denemarke n nuwe grondwet gekry wat van die land n grondwetlike monargie gemaak het Die grondwet is nie in Sleeswyk afgekondig nie In die Verdrag van Londen in 1852 is Denemark as staat in sy geldende grense erken en die Europese moondhede het ook die gemeenskaplike suksessiereg van Denemarke en die hertogdomme goedgekeur Nogtans het die land hom as gevolg van Pruisiese en Oostenrykse druk daartoe verplig om n nuwe grondwet af te kondig waarin alle landsdele gelyke regte geniet het en afstand geneem van sy planne om Sleeswyk by Denemarke in te lyf Alle pogings om n nuwe grondwet daar te stel het egter misluk Die Deens Sleeswykse grondwet van 1863 het nie aan die Pruisiese en Oostenrykse vereistes voldoen nie en na n ultimatum van die twee moondhede het in 1864 die Duits Deense Oorlog uitgebreek In die Vrede van Wene van dieselfde jaar is Denemarke gedwing om die drie hertogdomme Sleeswyk Holstein en Lauenburg aan Pruise af te staan Die 20ste eeu Wysig Barrikades tydens n opstand in die Kopenhaagse stadsbuurt Norrebro Julie 1944 In sy buitelandse beleid het Denemarke in die volgende dekades aanspraak op neutraliteit gemaak Die binnelandse politiek is vanaf 1920 deur die toenemende invloed van die Liberale en Sosiaal Demokratiese Party gekenmerk en onder koning Christiaan X is in 1915 n demokratiese grondwet daargestel Na die Eerste Wereldoorlog het die Verdrag van Versailles voorsiening vir n referendum in Noord Sleeswyk en dele van Sentraal Sleeswyk gemaak In 1920 het n meerderheid van die stemgeregtigdes hulle in Noord Sleeswyk ten gunste van die insluiting by Denemarke uitgespreek Nogtans was daar steeds n Duitse minderheid in die Deense Noord Sleeswyk asook n Deense minderheid in die Duitse deel van Suid Sleeswyk Tydens die Tweede Wereldoorlog is Denemarke deur Duitse troepe beset Alhoewel enkele duisend Dene as vrywilligers by die Duitse Waffen SS aangesluit het het veral sedert 1943 het n sterk Deense versetsbeweging ontstaan wat deur groot dele van die bevolking ondersteun is Danksy die Duitse diplomaat Georg Ferdinand Duckwitz 1904 1973 wat geheime inligting oor die beplande deportasie van Deense Jode aan die Deense versetsbeweging en Sweedse owerhede gegee het is in Oktober 1943 n grootskaalse reddingsaksie vir Denemarke se Joodse bevolking georganiseer Duisende Deense vlugtelinge was sodoende in staat om na Swede te vlug Na die wysiging van die Deense grondwet het die oudste dogter van koning Frederik IX Margarete sy opvolger as Deense koningin geword terwyl die Landsting of tweede kamer van die parlement afgeskaf is Die buitelandse beleid is onder meer oorheers deur Denemarke se lidmaatskap in die Nordiese Raad die Europese Unie en die NAVO Die regte van die Deense en Duitse minderhede in Sleeswyk is in 1955 in n Duits Deense ooreenkoms gereel Die 21ste eeu Wysig Die Storebaelts brug is in 1998 ingewy Die beleid teenoor immigrante vlugtelinge en die Moslem gemeenskap het die politieke debat in die vroee 21ste eeu oorheers n Reeks satiriese spotprente wat die profeet Mohammed uitgebeeld het en op 30 September 2005 in die konserwatiewe dagblad Jyllands Posten het tot gewelddadige betogings in die Moslemwereld en n diplomatieke krisis gelei Die Deense prokureur generaal het op 17 Maart 2006 bevestig dat die spotprente volgens die Deense strafwet nie as blafemies of rassisties beskou word nie Fanatieke moslems in die buiteland het die uitbeelding van Mohammed egter steeds as taboe beskou en was ook nie bereid om die Westerse beginsels van persvryheid te respekteer nie Jyllands Posten se besluit om die Mohammed spotprente te publiseer was volgens die leier van die kultuurafdeling Flemming Rose daarop gemik om die media se selfsensuur ten opsigte van Islamitiese onderwerpe te deurbreek 14 Die Minister vir Vlugtelinge Immigrante en Integrasie Rikke Hvilshoj Venstre Regsliberale Party het op 4 November 2005 n Verklaring ten opsigte van Integrasie en aktiewe Medeburgerskap in die Deense Samelewing bekend gestel wat 17 stellings bevat en deur vlugtelinge en ander immigrante wat aansoek om n permanente verblyfpermit doen onderteken moet word Buitelanders moet sodoende die bewys lewer dat hulle bereid sal wees om die grondleggende waardes van die Deense samelewing te erken en respekteer 15 Buitelanders wat aansoek om inburgering doen moet vanaf Desember 2005 aan bykomende vereistes voldoen en onder meer n behoorlike kennis van die Deense taal kultuur en geskiedenis he 15 Politiek WysigStaatsopbou Wysig Die streng bewaakte Deense kroonjuwele waaronder die kroon van koning Christian IV word in die kasteel Rosenborg vertoon Volgens die grondwet van 1953 is Denemarke n parlementer demokratiese monargie Die Deense koning of koningin fungeer as staatshoof maar oefen geen politieke gesag meer uit nie Die huidige staatshoof is koningin Margrethe II van Denemarke Die 179 afgevaardigdes in die Deense parlement die Folketing word elke vier jaar verkies Groenland en die Faroer eilande word elkeen deur twee parlementslede verteenwoordig Uitvoerende gesag Wysig Die Deense koning of koningin oefen formeel die uitvoerende gesag uit tog word hierdie funksie in die praktyk deur die kabinet waargeneem wat onder die voorsitterskap van die eerste minister staan Die eerste minister word deur die koning benoem maar moet oor n meerderheid in die parlement beskik Sedert 20 November 2001 word Denemarke deur n minderheidsregering onder leiding van Anders Fogh Rasmussen geregeer Die koalisie van die regsliberale Venstre party en die Konserwatiewe Volksparty word in die Folketing deur die Deense Volksparty gesteun Wetgewende gesag Wysig Christiansborg in Kopenhagen gemeenskaplike setel van Denemarke se regterlike uitvoerende en wetgewende gesag Die huidige koningin van Denemarke Margrethe II Folketing die Deense parlement Die huidige eerste minister van Denemarke Mette Frederiksen Sosiaaldemokratiese Party Setels in die Deense parlement sedert die laaste verkiesing in 2019 Die eenkamerparlement Folketing oefen die wetgewende gesag uit Wetsbesluite kan slegs gesamentlik deur die koning en die Folketing geneem word Oorlogsverklarings en die ondertekening van n vredesooreenkoms moet eweneens sowel deur die staatshoof asook die parlement goedgekeur word Die 179 afgevaardigdes in die Folketing word vir n periode van maksimaal vier jaar in algemene verkiesings volgens die beginsel van proporsionele verteenwoordiging verkies Alle Deense burgers het vanaf die ouderdom van 18 stemreg en mag ook as kandidate staan Wetsontwerpe kan deur n tweederdemeerderheid van die afgevaardigdes in n nasionale referendum getoets word Sodra tenminste dertig persent van die Deense stemburgers n wetsontwerp verwerp mag dit nie meer deur die parlement bekragtig word nie Die laaste algemene verkiesing is op 5 Junie 2019 gehou Van die altesaam 179 afgevaardigdes is 175 in Denemarke twee op die Faroer eilande en twee in Groenland verkies Die senter regse regeringskoalisie onder leiding van Venstre moes sy mag aan n senter linkse koalisie onder leiding van die Sosiaaldemokrate afstaan Mette Frederiksen het die eerste minister van Denemarke geword Altesaam sewe politieke partye is in die Deense parlement verteenwoordig Party Setels 2011 Setels 2015 Setels 2019 Sosiaaldemokratiese Party Socialdemokratiet 44 47 48 1Deense Volksparty Dansk Folkeparti 22 37 16 21Liberale Party Venstre 47 34 43 9Rooi Groen Alliansie Enhedslisten De Rod Gronne 12 14 13 1Liberale Alliansie Liberal Alliance 9 13 4 9Die Alternatiewe Alternativet 0 9 5 4Sosiaal liberale Party Radikale Venstre 17 8 16 8Sosialistiese Volksparty Socialistisk Folkeparti 16 7 14 7Konserwatiewe Volksparty Det Konservative Folkeparti 8 6 12 6Die Nuwe Regte Nye Borgerlige 4 4Ekonomie WysigEkonomiese struktuur Wysig Olieplatform in die Noordsee Die ekonomiese struktuur van Denemarke word deur n groot aantal middelgroot ondernemings in die nywerheids en dienstesektor gekenmerk Hierdie maatskappye is dikwels hoogs gespesialiseerd innoverend en uitvoergerig en baie van hulle behoort in tegnologiese opsig tot die markleiers in hul verskeie sektore soos byvoorbeeld Bang amp Olufsen Vestas Danfoss Ecco en Rockwool 16 Denemarke beskik egter ook in die skeepvaarts handels en brouerybedryf oor groot maatskappye wat op die wereldmark meeding In die laat 20ste en vroee 21ste eeu het n aantal ondernemings in die bankbedryf masjienbou toerisme en voedselbedryf asook farmaseutiese ondernemings saamgesmelt om op die internasionale markte te kan meeding Die Deense landbou is al dekades lank n belangrike en mededingende uitvoerbedryf n Opvallende kenmerk van die Deense ekonomie is die belangrikheid van die openbare sektor wat danksy die omvattende sisteem van sosiale sekerheid meer as 30 persent van alle werknemers in diens het 16 Volgens die Deense model van flexicurity het die land n relatief buigsame arbeidsmark en ontslagwetgewing wat gepaard gaan met n aktiewe beleid van werkskepping wat ook herskoling en streng kontroles behels en n hoe vlak van sosiale veiligheid 17 Buitelandse handel Wysig Die eksklusiewe ekonomiese sone van Denemarke en sy oorsese gebiede Uitvoere dra sowat n derde tot Denemarke se bruto geografiese produk BGP by Belangrike uitvoergoedere sluit masjiene en masjienonderdele farmaseutiese produkte tekstiele elektronika agrariese en visseryprodukte meubels metaalware en voertuie in Die land is sedert 2002 n netto uitvoerder van aardgas en ruolie Die belangrikste handelsvennote is Duitsland Swede die Verenigde Koninkryk Nederland die VSA veral ten opsigte van uitvoere die Volksrepubliek van China invoere en Noorwee Ondanks die globale finansiele krisis het Denemarke se uitvoere in 2008 nog met altesaam 6 6 persent gestyg en het eers in die loop van 2009 n sterk afwaartse neiging getoon 15 9 persent In 2010 en 2011 kon Deense uitvoere veral na Duitsland en die VR van China weer redelike groei toon 2011 3 8 persent Die mededingendheid van die Deense ekonomie op die wereldmark het nogtans versleg sodat uitvoere in ander lande byvoorbeeld Duitsland heelwat stewiger gegroei het 18 Huidige stand van sake Wysig Oestyd op n plaas naby Branderslev op die eiland Lolland Na n lang groeifase het ook die Deense ekonomie as gevolg van die globale finansiele en ekonomiese krisis begin afkoel In 2008 het dit met 1 2 persent gekrimp 19 Nadat dit in die herfs van 2008 met 1 7 persent n historiese laagpunt bereik het het werkloosheid merkbaar toegeneem tot 7 4 persent in November 2009 Nogtans kla n aantal sektore waaronder die mediese en die boubedryf oor n tekort aan mannekrag sodat die Deense regering werkers uit die buiteland in die besonder uit Duitsland en Pole werf Die inflasiekoers was in die middel van 2008 met 4 3 persent buitensporig hoog maar het in 2009 weer merkbaar gedaal tot 1 3 persent Eiendomspryse wat tydelik skerp gedaal het ondergaan intussen weer n opwaartse regstelling Die landbousektor word deur hoe finansieringkoste en dalende grond en produkpryse in n moeilike situasie geplaas In Maart 2008 het die Deense eerste minister Anders Fogh Rasmussen en die leier van Groenland se selfadministrasie Hans Enoksen ooreengekom om alle potensiele inkomste wat uit die ontginning van Groenlandse olievelde sal voortspruit gelykop te deel Denemarke finansieer tans die helfte van Groenland se begroting Groenland het sedert 2006 lisensies vir die eksplorasie en ontginning van ruolie in die Diskobaai n gebied wes van die hoofeiland met n oppervlakte van sowat 100 000 vierkante kilometer aan die hoogste bieders verkoop Die werklike omvang van Groenlandse oliebronne en die ekonomiese vatbaarheid van hul ontginning is tans nog nie duidelik nie n Amerikaanse ondersoek beraam Groenland se oliereserwes tot n kwart van die globale voorrade kan beloop 20 Omgewingsbeleid Wysig Die seegebonde windplaas Middelgrundens Vindmollepark in die Oresund lewer 40 MW krag Denemarke maak ten opsigte van sy omgewingsbeleid sowel van markekonomiese instrumente asook van wetgewing gebruik om sy doelwitte te bereik Aangesien Groenland as deel van die Deense Ryksgemeenskap erg deur die gevolge van globale verwarming geraak word geniet klimaatbeskerming hoe prioreit in Denemarke se energiebeleid Die land was die eerste in die Europese Unie wat in 1992 n belasting op koolstofdioksiedemissies ingevoer het en daar word beplan om tot die jaar 2025 25 persent van Denemarke se energiebehoeftes met hernubare energiebronne te dek Gekombineerde warmte en kragsisteme biomassa as energiebron en vullisverbranding speel hier naas windenergie n belangrike rol Tans voorsien windenergie in byna twintig persent van Denemarke se elektrisiteitsbehoeftes Die beplande oprigting van die wereld se grootste windplaas in die Kattegat sal energie vir 40 000 huishoudings lewer Die gebruik van kunsmis en insekdoders bly n uitdaging vir Denemarke se intensiewe landbou net soos oorbenutting van visbronne vir die visserybedryf Demografie WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Demografie van Denemarke Kusdorpie op die eiland Bornholm Die Deense bevolking het van slegs 797 584 in 1769 gegroei tot 5 668 743 in 2015 waarvan 4 996 980 etniese Dene in 2011 en 567 932 immigrante met hul nakomelinge 21 Denemarke is die mees digbevolkte land in Noord Europa die oorgrote meerderheid van sy bevolking is verstedelik Die oostelike dele van die eiland Seeland word deur n baie hoe bevolkingsdigtheid gekenmerk meer as n kwart van die totale Deense bevolking is in die metropolitaanse gebied van Kopenhagen gekonsentreer Daarenteen is die weste en noorde van Jutland asook die meeste klein eilande maar yl bevolk Bevolkingstruktuur Wysig Denemarke het n relatief homogene bevolking byna 90 persent van sy 5 67 miljoen inwoners is etniese Dene Die belangrikste minderhede is boorlinge van ander Skandinawiese lande Turkse immigrante en die Duitse bevolking in die suide wat net soos die Deense minderheid in die Duitse deelstaat Sleeswyk Holstein n besondere status het Die persentasie buitelanders het in 2009 9 5 persent beloop waarvan 7 3 persent in die buiteland gebore was Die meeste van die tussen 15 000 en 25 000 Duitssprekendes verwys na hulself as Duitse volksgroep en woon naby die Duitse grens Hul bevolkingsaandeel beloop in die gewes Noord Sleeswyk tussen ses en tien persent Die regtelike aspekte van die Deense en Duitse minderhede is deur Denemarke en die Bondsrepubliek Duitsland in 1955 in die sogenaamde Bonn Kopenhaagse Verklarings gereel Aan albei minderheidsgroepe word politieke voorregte asook staatsfondse toegeken om onder meer skole biblioteke en pastorie te finansier Taal Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Tale van Denemarke n Skootrekenaar met n Deense sleutelbord Deens dien as amptelike taal van Denemarke Daarnaas praat Dene en Duitsers in Noord Sleeswyk die Deense gedeelte van Sleeswyk of Suid Jutland ook Sonderjysk die Duitse minderheid ook Duits alhoewel hierdie twee tale nie as ampstale erken word nie Op die Faroereilande geniet Faroees in Groenland Groenlands die status van amptelike taal Die Deense taal maak saam met Yslands Faroees Noors en Sweeds deel uit van die Noord Germaanse groep van Indo Europese tale Tot by die laat Wiking tydperk het die Skandinawiese dialekte nouliks van mekaar verskil Die oudste gemeenskaplike erfenis is rune inskrifte uit die derde eeu wat van Jutland tot in Suid Swede ontdek is Eers vanaf die tweede eeu kan daar sprake wees van n selfstandige Deense taal Die opvallendste fonetiese kenmerk van Deens is die sogenaamde stod van beklemtoonde sillabes Die Deense alfabet behels met ae o en a drie bykomende letters Die laasgenoemde letter is tot in 1948 die jaar waarin n spelllinghervorming in werking getree het as aa geskryf Die Deense woordeskat bevat n groter aantal Middelnederduitse leenwoorde MIddelnederduits was die tradisionele lingua franca van die Europese Noorde en die Hanseverbond tydelik ook die taal van die Deense koning en hof asook die kommandotaal van die Deense leer Tans is Engels die belangrikste vreemde taal in Denemarke alhoewel ook Duits en Frans nog steeds n beduidende invloed het Sowat negentig persent van alle Deense leerders leer Duits tenminste tydelik as tweede vreemde taal aan Godsdiens Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Godsdiens in Denemarke Die Domkerk van Roskilde dien sedert die 15de eeu as begraafplaas van Deense koninklikes In 1995 is dit as n Unesco werelderfenis gelys Die Deense grondwet waarborg geloofsvryheid Net soos in ander Skandinawiese lande is die Protestantisme die belangrikste religieuse stroming in 2009 was 83 1 persent van die Deense bevolking lede van die Evangelies Lutherse staatskerk dikwels ook volkskerk of Folkekirken genoem wat tydens die Reformasietydperk uit die Rooms Katolieke bisdomme ontwikkel en talle ou tradisies en seremonies bewaar het Die staatskerk word deur die Folketing bestuur die Deense koningin fungeer as kerkhoof die kerkminister as administratiewe hoof Die Rooms Katolieke minderheid in 2002 34 884 mense 22 of 0 64 persent van die bevolking is in die aartsbisdom Kopenhagen georganiseer Hulle is net soos Moslems 3 87 persent meestal immigrante of afstammelinge van immigrante Ander beduidende godsdienstige minderhede sluit Protestantse groepe buite die staatskerk Jehovah se Getuies 14 672 aanhangers en sowat 3 000 Jode in 23 Net soos in Noorwee Ysland en Liechtenstein word die beginsel van institusionele skeiding van staat en kerk in Denemarke nie toegepas nie Kuns Wysig Die Sonstrydwa van Trundholm Steengrafte uit die Jongsteentydperk en keramiese voorwerpe is die oudste kulturele monumente en kunswerke in Denemarke Ryk versierde wapens helme en wapenskilde is naas gesmede Oudnoorse horings die belangrikste argeologiese vondste wat uit die Bronstydperk dateer In n moerasgebied naby Trundholm het argeoloe n strydwa met ses wiele n bronsperd en n vergulde bronsskyf ontdek wat as Sonstrydwa van Trundholm bekend staan n verwysing na funksie as n vroee uitbeelding van die sonskyf Ander belangrike argeologiese vondste soos die silwerketel van Gundestrup uit die tweede eeu v C en die silwerbeker uit Hoby wat met reliefs van Priamos en Achilles versier is is respektiewelik uit die Keltiese gebiede van Europa en die Romeinse Ryk ingevoer Die kunstenaars van die Wikingtydperk het die Germaanse bandkeramiekstyl met Christelike motiewe gekombineer Die runesteen in Jeling wat in die tiende eeu ontstaan het en n gekruisigde Christusfiguur uitbeeld word as die beduidendste kunswerk uit hierdie periode beskou Tydens argeologiese opgrawings in Jutland is ook oorblyfsels van militere versterkings ontdek wat volgens Romeinse voorbeelde aangele is en uit woongeboue met walle bestaan het Argitektuur Wysig Deense Baksteengotiek Sankt Knuds Kirke die katedraalkerk van Odense Die Operahuis van Sydney Australie is volgens n ontwerp van die Deense argitek Jorn Utzon uit die jaar 1957 gebou en in 2007 deur Unesco as n argitektoniese werelderfenis gelys Die vroegste Deense kerke is van hout gebou sodat min van hulle bewaar gebly het en eers vanaf die laat 11de eeu is steenkerke met dikwels ingevoerde boumateriale opgerig Aangesien ook die boumesters uit die buiteland gekom het is inheemse stylelemente met vreemde veral Duitse en Franse invloede vermeng Die Romaanse stylperiode het in Denemarke eers na die Wiking tydperk omstreeks 800 tot 1060 begin en die Deense kerkboukuns het sy hoogtepunt in die 12de eeu met die katedrale in Lund tans Suid Swede en Ribe bereik n Tipies Deense verskynsel was versterkte rondkerke wat in die tweede helfte van die 12de eeu hoofsaaklik op die eiland Bornholm maar ook in ander dele van die land ontstaan het Teen die middel van die 12de eeu is naas die tradisionele gehoue stene en natuursteenblokke ook bakstene gebruik om kerkgeboue soos die van Sint Bend in Ringstedt en die kloosterkerk van Soro asook wereldlike bouwerke soos die versterkings van die Danewerk op te rig In die 13de eeu het die Franse Gotiese katedraalboukuns ook na Denemarke uitgestraal alhoewel dit hier onder die sterk invloed van die Noord Duitse baksteengotiese boustyl gekom het Meesterwerke van hierdie boukuns is die katedraal van Roskilde die Sint Knudskerk in Odense en die Mariakerk in Helsingor Ook gedurende die 16de en 17de eeu toe Hollandse en Vlaamse boumeesters die Renaissance boukuns in Denemarke ingevoer het was bakstene die hoofsaaklike boumateriaal Die kasteel Kronborg aan die Oresund wat omstreeks 1580 deur Anton van Opbergen opgerig is word as die eerste beduidende voorbeeld van die Deense Renaissance boustyl beskou Koning Christiaan IV het tydens die 17de eeu die kastele van Frederiksborg en Rosenborg laat bou terwyl ook n aantal kerkgeboue en die Effektebeurs van Kopenhagen omstreeks 1620 deur Renaissance boumeesters ontwerp is Alhoewel die eerste geboue in die Barok styl nog onder koning Christiaan IV begin is soos byvoorbeeld die Kopenhaagse Trinitatis kerk se ronde toring wat in 1642 voltooi is het die Deense Barok boukuns sy bloeitydperk eers in die tweede helfte van die 17de en die eerste helfte van die 18de eeu beleef en onder meer die styl van die Franse absolutisme en Italiaanse paleis argitektuur weerspieel Die Deense Barok ontwerpe was nogtans veral deur nugterheid en matigheid ten opsigte van hulle stylelemente gekenmerk n Uitmuntende voorbeeld van Denemarke se Barok boukuns is die kasteel Frederiksborg in Kopenhagen wat in die jare 1708 1709 voltooi is terwyl veral die argitek Niels Eigtved met sy stadsbeplanning in Kopenhagen sy medewerking by die bou van die kasteel Christiansborg en sy ontwerpe vir n aantal woonpaleise sy stempel op die 18de eeuse Deense boukuns afgedruk het Die nou politieke bande met Frankryk het in die eerste helfte van die 19de eeu wat ook as die Goue Tydperk van die Deense kuns bekend staan tot sterk klassisistiese invloede op die Deense argitektuur gelei Caspar Frederik Harsdorff en Christian Frederik Hansen het as die beduidendste argitekte van hierdie periode onder meer die Vrouekerk in Kopenhagen 1811 1829 geskep hul styl volg merendeels Romeinse en Franse voorbeelde In die tweede helfte van die 19de eeu het romantiserende stromings die klassisistiese styl verdring en naas Renaissance elemente het ook die Middeleeuse baksteenboukuns weer n sterk invloed begin uitoefen Hierdie boustyl wat as Historisme bekend staan het onder meer die ontwerpe van argitekte soos Hans Christian Hansen en Ferdinand Meldahl oorheers en later ook stylelemente van die destydse moderne Europese argitektuur oorgeneem Na 1930 het die moderne boukuns met onder meer die funksionalistiese stylrigting sy invloed laat geld Moderne Deense argitekte soos Arne Jacobsen 1902 1971 wat met administratiewe skool en hotelgeboue bekendheid verwerf het het invloede van leidende internasionale kollegas soos Le Corbusier en Ludwig Mies van der Rohe met hul eie terughoudende modernistiese styl vermeng Jorn Oberg Utzon 1918 het met sy ontwerp vir die Operahuis van die Australiese metropool Sydney internasionale bekendheid verwerf en het in 2003 die Pritzker prys vir sy lewenswerk ontvang Naas Utzon geniet Henning Larsen 1925 internasionale erkenning Sy eerste belangrike projek die Universiteit van Trondheim in Nooorwee is in 1978 voltooi Maar eers met sy ontwerp vir die monumentele hoofgebou van die Departement van Buitelandse Sake in die Saoedi Arabiese hoofstad Riad het Larsen in 1984 n belangrike internasionale deurbraak gemaak In Denemarke het Larsen projekte soos die sentrale biblioteek in Gentofte en die Ekonomiese Universiteit in Frederiksberg behartig In Kopenhagen het hy die Deense Design Center die operahuis en die Ferring wolkekrabber 2000 2007 ontwerp 24 Letterkunde Wysig Hans Christian Andersen in 1860 Die stad Dresden het Martin Andersen Nexo in 1967 68 ter geleentheid van sy 100ste verjaardag met n standbeeld vereer Die vroegste literere werke het deel uitgemaak van die gemeenskaplike Nordiese literatuur terwyl n spesifiek Deense literere lewe eers taamlik laat begin en daarnaas ook sterk buitelandse invloede vertoon het Die 16de eeuse Deense volksliedkuns was nog nou verbonde met die Middeleeuse Skandinawiese heldesang genre Deens kaempeviser maar terselfdertyd het die invloede van Duitsland en Frankryk hulle in hierdie periode nog sterker laat geld as in ander Nordiese lande Tot by die ontbinding van die Kalmarunie in 1523 het die Deense skrywers hoofsaaklik onder Franse invloed gestaan maar veral sedert die Reformasietydperk het Duitsland se literere lewe op die noordelike buurland ingewerk Digters soos Jens Immanuel Baggesen 1764 1826 Adam Gottlob Oehlenschlager en Karl Adolf Gjellerup 1857 1919 het hul werke selfs gedeeltelik in Duits geskryf Die begin van die Deense literatuur se goue tydperk word vereenselwig met Ludvig Holberg 1684 1754 n boorling van die Noorse stad Bergen en het sy hoogtepunt met die digter en sprokieskrywer Johannes Ewald 1743 1781 en die dramatikus Adam Gottlob Oehlenschlager 1779 1850 bereik Ander belangrike skrywers van hierdie periode was die dramatikus Henrik Hertz 1798 1870 en die wereldbekende sprokieskrywer Hans Christian Andersen 1805 1875 Die moderne Deense literatuur het n aanvang geneem met die literere historikus Georg Brandes 1842 1927 en die digters Holger Drachmann 1846 1908 en Jens Peter Jacobsen 1847 1885 Jacobsen het onder meer bekendheid verwerf met sy outobiografiese roman Niels Lyhne Die hoofkarakter is n aanhanger van die Darwinisme wat groot probleme met sy lewenswerklikheid ondervind Herman Joachim Bangs 1857 1912 het sy invloed as impressionistiese digter ook buite die landsgrense laat geld net soos Henrik Pontoppidan 1857 1943 en Johannes Vilhelm Jensen 1873 1950 wat albei in 1917 die Nobelprys vir Letterkunde vir hul werk ontvang het In sy hoofwerk Den lange Rejse Die lang reis ses boekdele 1908 1922 het Jensen gepoog om die geskiedenis van die Germane vanuit n darwinisties ewolusionere perspektief te beskryf Alhoewel die werk in wetenskaplike opsig vandag nie meer as toonaangewend beskou word nie is sy styl en taalgebruik ook vir huidige lesers nog indrukwekkend Martin Andersen Nexo 1869 1954 was n wereldburger en humanis wat vanwee sy bewondering vir die Sowjet kommunisme in die weste omstrede was Sy proletariese romans soos Pelle erobreren Pelle die veroweraar oor n Sweedse immigranteseun wat tot die leier van die Deense Sosiaal Demokratiese beweging verkies word vier boekdele 1906 1910 was na die Tweede Wereldoorlog eerder in Oos as in Wes Europa gewild maar oortuig steeds met hul realistiese verteltrant Die skiereiland Jutland en sy mense word in die romans van Jeppe Aakjaer 1866 1930 Marie Bregendahl 1867 1940 en Jakob Knudsen 1858 1917 behandel Die Deense liriek van die laat 19de en die eerste helfte van die 20ste eeu sluit werke van Viggo Stuckenberg 1863 1905 Sophus Claussen 1865 1931 Sophus Michaelis 1865 1932 Helge Rode 1870 1937 Ludvig Holstein 1864 1943 en Johannes Jorgensen 1866 1956 in en word deur simbolistiese religieuse en natuurelemente asook l art pour l art invloede gekenmerk Skrywers soos Kjeld Abell 1901 1961 Kaj Munk 1898 1940 en Carl Erik Soya 1896 1983 het die 20ste eeuse dramatiese genre oorheers terwyl Hans Christian Branner 1903 1966 en Martin Alfred Hansen 1909 1955 psigoanalitiese invloede verwerk het Karen Blixen 1865 1962 se outobiografiese roman Den afrikanske Farm 1937 is in 1985 deur die Amerikaanse regisseur Sydney Pollack as Out of Africa verfilm Die na oorlogse skrywersgenerasie sluit die veelsydige skrywer Klaus Rifbjerg 1931 in wat onder meer met sy realistiese romans bekendheid verwerf het asook die essayis en skrywer van absurde romans Villy Sorensen 1929 2001 Leif Panduro 1923 1977 outeur van onder meer die outobiografiese kindheidstorie Ogledage wat in 1961 gepubliseer is en die liriese digter Ole Wivel 1921 2004 Peter Hoeg 1957 het met sy roman Froken Smillas fornemmelse for sne in 1992 internasionale bekendheid verwerf en die werk is later deur die Deense regisseur Bille August verfilm Kookkuns Wysig Rodgrod word van rooi bessies berei en met vanieljesous bedien Die tradisionele Deense kookkuns het sy oorsprong in die voor industriele periode die tydperk voor 1860 toe bier en swartbrood gesoute en gerookte vleis as stapelvoedsel gebruik en as voorrade gestoor is Geregte uit hierdie periode is nog steeds gewild soos byvoorbeeld ollebrod n sop wat van alkoholvrye bier en suiker berei word vandgrod n graanpap wat met water gekook word gule aerter n sop wat van droe ertjies berei word aebleflaesk appels wat in vet gebraai en met stukkies spek bedien word klipfisk stokvis finker afval lewer en longe blodpolse bloedwors en gronlangkal groenkool Gedurende die tweede helfte van die 19de eeu die bloeitydperk van kooperasies het melk en aartappels die nuwe stapelvoedsel geword terwyl tegniese vernuwings soos stowe en vleismeule en die groter rol wat kleinhandel begin speel het ook die geleentheid gebied het om nuwe metodes en geregte te beproef So het gebraaide varkvleis met bruinsous gekookte kabeljou in mosterdsous biefaftreksel met vleis brood en meelbolletjies frikkadelle en ander geregte met maalvleis op Deense spyskaarte verskyn Terselfdertyd het n groot aantal vrugtegeregte soos rodgrod sodsuppe vrugtesop en kompot gewild geraak net soos nuwe geregte met groente gesmoorde kool in meelsous rooikool ingemaakte rooi beet komkommerslaai en ertjies en worteltjies wat in meel en melk gekook word 25 Sport Wysig Michael Laudrup is deur die Deense Sokkervereniging as die beste Deense sokkerspeler nog aangewys Sport is gewild in Denemarke en sy bevolking neem aan en kyk na n wye verskeidenheid sportsoorte Die nasionale sportsoort is sokker met meer as 320 000 spelers in meer as 1 600 sokkerklubs 26 Denemarke het tussen 1984 en 2004 ses keer vir die UEFA Europa beker gekwalifiseer en die 1992 toernooi gewen ander vername prestasies sluit in die Sokker Konfederasiebeker titel in 1995 en die kwarteindrondte van die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 1998 Bekende Deense sokkerspelers sluit in Allan Simonsen wat in 1977 as die beste Europese sokkerspeler aangewys is Peter Schmeichel die wereld se beste doelwagter in 1992 en 1993 asook Michael Laudrup wat deur die Deense Sokkervereniging as die beste Deense sokkerspeler nog aangewys is 27 Handbal is na sokker een van die gewildste sportsoorte in Denemarke Die Deense nasionale vrouespan het gedurende die 1990 s groot prestasies behaal en altesaam 13 medaljes ingepalm sewe goue in 1994 1996 2 1997 2000 2002 en 2004 vier silwer in 1962 1993 1998 en 2004 en twee brons in 1995 en 2013 Die Deense nasionale mansspan het twaalf medaljes ingepalm vier goue in 2008 2012 2016 en 2019 vier silwer in 1967 2011 2013 en 2014 en vier brons in 2002 2004 2006 en 2007 die meeste deur enige span in die Europese Handbalkampioenskap 28 In 2019 het die Deense nasionale mansspan sy eerste wereldbekertitel ingepalm in die toernooi wat Denemarke en Duitsland saam aangebied het 29 In onlangse jare het Denemarke ook in n sterk fietsryland ontwikkel met Michael Rasmussen wat tydens die Tour de France in 2005 en 2006 die Bergklassement gewen het Ander gewilde sportsoorte sluit in gholf wat veral onder ouer mense gewild is 30 tennis waarin Denemarke op n professionele vlak suksesvol is basketbal Denemarke het in 1951 by die internasionale beheerliggaam FIBA aangesluit 31 rugby die Deense Rugbyunie dateer uit 1950 32 yshokkie waar hulle dikwels in die wereldkampioenskap se mans se topvlakafdeling meeding roei Denemarke spesialiseer in liggewigrooi en is veral vir sy liggewig sonder stuurman vier bekend waarin hulle ses goue en twee silwermedaljes tydens die wereldkampioenskap asook drie goue en twee bronsmedaljes tydens die Olimpiese Somerspele ingepalm het en sekere binnenshuise sportsoorte veral pluimbal tafeltennis en gimnastiek in al die sportsoorte hou Denemarke wereldkampioenskappe en Olimpiese medaljes Denemarke se talle strande en strandoorde is gewilde plekke vir hengel kanovaart kajak en baie ander watersportsoorte Verwysings Wysig da Area Statistiek Denemarke Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019 Besoek op 14 April 2019 en Surface water and surface water change OESO Besoek op 22 April 2023 da Population and population projections Statistiek Denemarke Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2018 Besoek op 30 Oktober 2018 4 0 4 1 4 2 4 3 en Denmark Internasionale Monetere Fonds April 2023 Besoek op 22 April 2023 en Human Development Report 2021 2022 PDF United Nations Development Programme 2021 Besoek op 22 April 2023 en Gini Index Denmark Wereldbank Besoek op 22 April 2023 da Kristian Andersen Nyrup Bog IX Kong Gorms Saga Middelalderstudier Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2010 Besoek op 9 Januarie 2010 da Bent Ostergaard 2007 Indvandrerne i Danmarks historie Syddansk Universitetsforlag pp 19 24 ISBN 978 87 7674 204 1 9 0 9 1 de Jan de Vries 1962 Altnordisches etymologisches Worterbuch p 73 da Niels Age Nielsen 1989 Dansk etymologisk ordbog pp 85 96 da Udvalgte stednavnes betydning Navneforskning Kobenhavns Universitet Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2006 Besoek op 16 Julie 2006 en Heather O Donoghue 2008 Old Norse Icelandic Literature A Short Introduction John Wiley amp Sons p 27 ISBN 978 0 470 77683 4 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2016 Besoek op 12 April 2016 de Harm G Schroter Geschichte Skandinaviens Munchen C H Beck 2007 bl 24 de Der Fischer Weltalmanach 2007 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2006 bl 116 15 0 15 1 de Der Fischer Weltalmanach 2007 bl 115 16 0 16 1 de Duitse Departement van Buitelandse Sake Denemarke Ekonomie Geargiveer 10 September 2007 op Wayback Machine en Ministry of Employment Flexicurity Geargiveer 8 Maart 2010 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Denemarke Ekonomie Uitvoere Geargiveer 11 Maart 2016 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Denemarke Ekonomie Huidige stand van sake Geargiveer 10 September 2007 op Wayback Machine de Der Fischer Weltalmanach 2009 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2008 bl 113 en denmark dk Facts and statistics de Der Fischer Weltalmanach 2007 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2006 bl 114 de Der Fischer Weltalmanach 2009 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2008 bl 111 de Iwanowski s Danemark Dormagen Iwanowski 2011 bl 32 33 de denmark dk Tradisionele kookkuns da DIF specialforbunds medlems Danmarks Idraetsforbund 2013 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2014 Besoek op 15 Junie 2014 da Michael Laudrup bedste spiller gennem tiderne Deense Sokkervereniging 13 November 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2011 Besoek op 18 November 2012 en National Team rankings Europese Handbalkampioenskap Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2014 Besoek op 13 Mei 2014 en Flawless Denmark claim first world title 27 Januarie 2019 da Om DIF Medlemstal Die Nasionale Olimpiese Komitee en Sportvereniging van Denemarke Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2007 Besoek op 16 Julie 2007 en Profile Denmark FIBA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2015 Besoek op 24 September 2015 en Richard Bath 1997 The Complete Book of Rugby Seven Oaks Ltd p 66 ISBN 1 86200 013 1 Bronnelys WysigAlgemeen en Denmark Encyclopaedia Britannica Besoek op 22 April 2023 en Denmark Central Intelligence Agency Besoek op 22 April 2023 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Denemarke Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Denemarke en Toerisme inligting oor Denemarke op Wikivoyage da Amptelike webwerf Koninkryk van Denemarke Denemarke Faroereilande Groenland Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Denemarke amp oldid 2571721