www.wikidata.af-za.nina.az
Die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie NAVO Engels North Atlantic Treaty Organization NATO Frans Organisation du traite de l Atlantique nord OTAN is n militere bondgenootskap wat tot stand gekom het met die ondertekening van die Noord Atlantiese Verdrag op 4 April 1949 Die organisasie se hoofkantoor is in Brussel in Belgie gelee Die organisasie het n stelsel van gemeenskaplike verdediging daargestel waar die lidlande instem om mekaar te verdediging in geval van n aanval deur n eksterne party Hierdie verdrag het n militere bondgenootskap gesluit wat later die Westerse Europese Unie sou word Die NAVO het tans 31 lidlande en die amptelike tale is Engels en Frans Vlag van die NAVO 1 Kenteken van die NAVO Ligging van die NAVO Die toetreding van die Bondsrepubliek Duitsland in 1955 Die NAVO en die Warskouverdragslande tydens die Koue Oorlog Lidlande volgens jare Kandidaatlande van die NAVO in Europa Lidlande Kandidaatlande MAP Belowe uitnodiging Geen lidmaatskap beplan Houding oor toetreding onbekend Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Begin van die organisasie 1 2 Begin van die Koue Oorlog 2 Lidlande 3 Kandidaatlande 4 Sekretaris generaals 5 Spitsberade 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigBegin van die organisasie Wysig Die Verdrag van Brussel wat op 17 Maart 1948 tussen Belgie Nederland Luxemburg Frankryk en die Verenigde Koninkryk onderteken is word allerwee as die voorloper van die NAVO verdrag beskou Die deelname van die Verenigde State is egter as nodig geag om as teenvoeter te dien vir die militere mag van die Sowjetunie en daarom is samesprekings feitlik onmiddellik na die ondertekening van bogenoemde verdrag begin Hierdie samesprekinge het gelei tot die stigting van die Noord Atlantiese Verdrag wat op 4 April 1949 onderteken is Dit het die lande van die Brusselse verdrag ingesluit asook die Verenigde State Kanada Portugal Italie Noorwee Denemarke en Ysland Drie jaar later op 18 Februarie 1952 het Griekeland en Turkye ook aangesluit Die insluiting van Wes Duitsland op 9 Mei 1955 is as n beduidende keerpunt in die geskiedenis van die Europese kontinent beskryf deur die destydse Minister van Buitelandse sake van Noorwee Halvard Lange Die stap het inderdaad gelei tot die sluiting van die Warskouverdrag wat op 14 Mei 1955 deur die Sowjetunie en sy sattelietstate onderteken is Sodoende is die twee kante van die Koue Oorlog afgebaken Begin van die Koue Oorlog Wysig NAVO eenheid is vroeg in sy bestaan bedreig tydens Charles de Gaulle se presidentskap van Frankryk vanaf 1958 en later De Gaulle het beswaar aangeteken teen die Verenigde State se oorheersende rol in die organisasie en wat hy beskou het as n spesiale verhouding tussen die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk In n memorandum wat de Gaulle aan President Dwight D Eisenhower en Eerste Minister Harold Macmillan gestuur het op 17 September 1958 het hy vertoe gerig vir die skepping van n drieledige direktoraat wat Frankryk op n gelyke grondslag as die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk sou plaas en ook dat die geografiese gebiede van belang uitgebrei moes word na werelddele wat vir Frankryk van belang was soos onder andere Algerie waar Frankryk in n teeninsurgensieveldtog betrokke was en waarvoor hulle NAVO ondersteuning wou he De Gaulle het die antwoord onbevredigend gevind en begin om n onafhanklike verdedigingsmag vir sy land te bou Op 11 Maart 1959 het Frankryk sy Middelandse vloot vanuit NAVO bevel onttrek drie maande later het de Gaulle die plasing van buitelandse kernwapens op Franse grondgebied verban Dit het daartoe gelei dat die Verenigde State in 1967 tweehonderd militere vliegtuie onttrek het en die beheer van tien lugmagbasisse wat hulle sedert 1950 beheer het weer aan die Franse te oorhandig Frankryk het ook intussen begin werk aan n onafhanklike kernprogram Frankryk het hulle eerste kernwapen op 13 Februarie 1960 getoets Ten spyte van Frankryk se solidariteit met die res van NAVO tydens die Kubaanse missielkrisis in 1962 het de Gaulle voortgegaan met sy strewe na n onafhanklike verdedigingsmag en Frankryk se Atlantiese en Engelse Kanaalvloot vanuit NAVO bevelstrukture verwyder In 1966 is alle Franse gewapende magte vanuit NAVO bevel verwyder en is alle nie Franse NAVO troepe gevra om Frankryk te verlaat Frankryk het egter n lid van NAVO gebly en het in 1995 weer by NAVO se Militere Komitee aangesluit en werksverhoudinge met NAVO se militere strukture versterk Die skepping van NAVO het dit noodsaaklik gemaak dat militere tegnologie gestandaardiseer moes word en dat daar n eenvormige strategie deur Bevel Beheer en Kommunikasiesentrums ontwikkel moes word Daar is gevolglik n standaardisasie ooreenkoms gesluit Die 7 62x51 NAVO rondte is toe onder andere in die 1950 s as n standaard rondte vir gewere van NAVO lande in gebruik geneem Fabrique Nationale se FAL het toe die mees gewilde 7 62 NAVO geweer in Europa geword en diens gedoen tot in die vroee 1980 s Vliegtuie se bevelseine is ook gestandaardiseer sodat NAVO vliegtuie op enige NAVO basis sou kon land Lidlande WysigDatum Geskiedenis van die lidmaatskap van die NAVO No 4 April 1949 Belgie Denemarke Frankryk Italie Kanada Luxemburg Nederland Noorwee Portugal Verenigde Koninkryk Verenigde State Ysland 1218 Februarie 1952 Griekeland en Turkye 146 Mei 1955 Wes Duitslanda 1530 Mei 1982 Spanje 1612 Maart 1999 Hongarye Pole en Tsjeggie 1929 Maart 2004 Bulgarye Estland Letland Litaue Roemenie Slowakye en Slowenie 261 April 2009 Albanie en Kroasie 285 Junie 2017 Montenegro 2927 Maart 2020 Noord Masedonie 304 April 2023 Finland 31a Op 3 Oktober 1990 het die deelstate of Lander van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die NAVO geword Kandidaatlande WysigHuidige kandidaatlande is Bosnie en Herzegowina en Swede moontlike kandidaatlande is Georgie en Oekraine Sekretaris generaals Wysig Jens Stoltenberg die NAVO se Sekretaris generaal sedert 1 Oktober 2014 2 Jens Stoltenberg Noorwee sedert 1 Oktober 2014 Anders Fogh Rasmussen Denemarke 1 Augustus 2009 30 September 2014 Jaap de Hoop Scheffer Nederland 1 Januarie 2004 31 Julie 2009 Alessandro Minuto Rizzo Italie 17 Desember 2003 31 Desember 2003 George Robertson Verenigde Koninkryk 14 Oktober 1999 17 Desember 2003 Javier Solana Spanje 5 Desember 1995 6 Oktober 1999 Sergio Balanzino Italie 20 Oktober 1995 5 Desember 1995 Willy Claes Belgie 17 Oktober 1994 20 Oktober 1995 Sergio Balanzino Italie 13 Augustus 1994 17 Oktober 1994 Manfred Worner Duitsland 1 Julie 1988 13 Augustus 1994 Peter Carington Verenigde Koninkryk 25 Junie 1984 1 Julie 1988 Joseph Luns Nederland 1 Oktober 1971 25 Junie 1984 Manlio Giovanni Brosio Italie 1 Augustus 1964 1 Oktober 1971 Dirk Stikker Nederland 21 April 1961 1 Augustus 1964 Paul Henri Spaak Belgie 16 Mei 1957 21 April 1961 Hastings Ismay Verenigde Koninkryk 4 April 1952 16 Mei 1957Spitsberade Wysig Die NAVO se Spitsberaad van 1999 in Washington D C 50 jaar NAVO Die NAVO se Spitsberaad van 2002 in Praag NAVO vennootskappe wereldwyd NAVO lidlande Kandidaatlande Individuele vennootskapsaksieplan Vennootskap vir Vrede Mediterrane dialoog Istanboelse samewerkingsinisiatief Wereldwye vennote 17 September 1949 Stigting in Washington D C Verenigde State 16 19 Desember 1957 Parys Frankryk 26 Junie 1974 Brussel Belgie 29 30 Mei 1975 Brussel Belgie 10 11 Mei 1977 Londen Verenigde Koninkryk 30 31 Mei 1978 Washington D C Verenigde State 9 10 Junie 1982 Bonn Duitsland 21 November 1985 Brussel Belgie 2 3 Maart 1988 Brussel Belgie 29 30 Mei 1989 Brussel Belgie 4 Desember 1989 Brussel Belgie 5 6 Julie 1990 Londen Verenigde Koninkryk 7 8 November 1991 Rome Italie 10 11 Januarie 1994 Brussel Belgie 27 Mei 1997 Parys Frankryk 8 9 Julie 1997 Madrid Spanje 22 25 April 1999 Washington D C Verenigde State 13 Junie 2001 Brussel Belgie 28 Mei 2002 Rome Italie 21 22 November 2002 Praag Tsjeggie 28 29 Junie 2004 Istanboel Turkye 22 Februarie 2005 Brussel Belgie 28 29 November 2006 Riga Letland 2 4 April 2008 Boekarest Roemenie 3 4 April 2009 Baden Baden Duitsland Kehl am Rhein Duitsland en Straatsburg Frankryk 19 20 November 2010 Lissabon Portugal 21 22 Mei 2012 Chicago Verenigde State 4 5 September 2014 Newport Verenigde Koninkryk 8 9 Julie 2016 Warskou Pole 25 Mei 2017 Brussel Belgie 11 12 Julie 2018 Brussel Belgie 3 4 Desember 2019 Watford Verenigde Koninkryk 14 Junie 2021 Brussel Belgie 24 Maart 2022 Brussel Belgie 29 30 Junie 2022 Madrid Spanje 11 12 Julie 2023 Vilnius Litaue Verwysings Wysig en A Star is Born NATO Besoek op 4 April 2023 en NATO Secretary General NATO Besoek op 4 April 2023 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met NAVO en Amptelike tuisblad en Basic texts NAVO argiewe en Partnership for Peace programme en Parliamentary Assembly Ontsluit van https af wikipedia org w index php title NAVO amp oldid 2580063