www.wikidata.af-za.nina.az
Geld is n simboliese voorstelling van waarde Iets besit slegs waarde as n mens dit vir n doel kan aanwend wat hom bevoordeel Byvoorbeeld volgens Maslow se behoeftehierargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primer Dit wil se in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie Voedsel klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek Die vraag is hoe het geld die simbool vir waarde geword Papiergeld van verskeie lande Inhoud 1 Ruilmiddels 2 Metale kry waarde 3 Munte 4 Papiergeld 5 Die staat en geld 6 Moderne gebruike van geld 7 Geskiedenis van Suid Afrikaanse geld 8 Sien ook 9 Verwysings 10 Eksterne skakelsRuilmiddels WysigVroeerjare was sekere waardevolle items geruil vir ander waardevolle items n Geskikte voorbeeld is die van n visserman wat vis vir koring verruil by n koringboer Indien die koringboer nie vis wou he nie maar velle was die proses moeiliker Eers moet die visserman velle vir sy vis ruil en dan kon hy met die koringboer verder onderhandel In die onderhandeling moes hy dan bepaal hoeveel velle die koringboer vir n gerf koring wil he Die aantal velle was die prys vir n gerf koring Die probleem soos die visserman ondervind het met die koringboer was algemeen Dit het die behoefte laat ontstaan na n item wat vir alles geruil kan word Sommige van die waarde items was meer in aanvraag as ander en was as n ruilmiddel gebruik Dit het egter nie die probleem opgelos nie Die volgende fase van ontwikkeling was om van waardelose items te gebruik as ruilmiddel Dit was baie belangrik dat hierdie items skaars moes wees en n relatiewe lang lewensduur sou he Ruilmiddels wat gebruik was was skulpe klippe boombas walvistande hondetande en vere Sulke ruilmiddels is veral op die eilande van die Stille Oseaan gebruik Daar word berig dat fei klippe tot omstreeks 1965 as ruilmiddel op die eiland Yap in die Stille Oseaan gebruik is Ander ruilmiddels soos vee is ook gebruik Op party plekke in Afrika word beeste vandag nog gebruik as ruilmiddel Die Latynse woord vir geld pecunia kom van die woord pecus wat vee beteken In Engels word die woord pecuniary gebruik as van geldsake gepraat word Dit kom van dieselfde woord af Dit wys dat mense lank gelede in Europa vee as ruilmiddel gebruik het Geld het die simbool vir waarde geword Om hierdie simboliese waarde van geld in konteks te plaas Wanneer n visserman een vis gevang het en hy kon dit verruil vir een skulp verteenwoordig die skulp die moeite wat die visserman gedoen het om die seehulpbron te ontgin deur een vis te vang sodat n mens dit kan eet Wanneer hy daardie skulp neem en n gerf koring wou koop moes die boer besluit of die skulp wat hy gaan ontvang verteenwoordigend was van die moeite wat hy gedoen het om die gerf te ontgin uit die landbouhulpbron Indien hy nie so gevoel het nie kon hy meer gevra het Sy behoefte aan skulpe om vleis te koop sou ook sy besluit beinvloed het Daarom le die waarde van geld tussen die moeite om te ontgin en die behoefte van die mens Metale kry waarde WysigMense het van baie vroeg af metale soos goud brons koper en yster vir geld gebruik Die ou Egiptenare het 3500 jaar gelede al ringe van goud of elektrom gemaak en as geld gebruik Duisend jaar later het die Grieke ysterstawe byle spiese en sekels as vorme geld gebruik Die Sumeriers was van die eerste beskawings omtrent 3000 v C wat van n geldstelsel gebruik gemaak het Vir elke klont goud wat hulle uitgereik het het hulle n gerf koring weg gebere Die goud het geen waarde besit nie maar dit wat die goud verteenwoordig het nl n gerf koring het die waarde besit Om te waarborg dat die klonte goud wat die regering uitgereik het almal ewe groot was het hulle n staatstempel daarop geplaas Ons kan dit n koringstandaard noem Goud was die waardevolste omdat dit so skaars was en nie verkleur of roes nie Daarna het silwer en koper gevolg As meer as een metaal gebruik is om te betaal moes hulle dit afweeg In die Bybelse tye het mense al muntmetale afgeweeg Later jare het goud die waarde gekry en was dit nie meer nodig dat n gerf koring weggesit moes word nie Dit het later jare gelei tot die goudstandaard Munte Wysig Munte van die Koninkryk van Lidie 6 v C Sedert 643 tot 630 v C was munte die algemeenste voorstelling van geld in die streek van Lidie Hierdie eerste munte is gemaak van elektrom n natuurlike element wat n mengsel van goud en silwer is en n gelerige kleur vertoon Munte het dit makliker en vinniger gemaak om handel te dryf Munte is al meer in ou Griekeland gebruik en daarna in die Romeinse Ryk en in die Middeleeue in Europa Handel het so toegeneem dat daar later nie meer genoeg goud was om te munt nie Silwer is toe al meer gebruik Die eerste munte is geslaan op die Griekse eiland Aegina n klipgooi weg van die hoofstad Athene Dit was silwer muntstukke met die Atheense uil op die een kant en die godin Athene waarna die stad vernoem is op die ander kant Papiergeld WysigIn die Middeleeue het mense en besighede nie groot hoeveelhede geld in die vorm van munte by hulle gehou nie Hulle het dit veilig in n bank bewaar Sodra iemand n betaling wou maak het hy n nota aan sy bank gestuur om te vra dat n sekere bedrag uit sy rekening oorgedra word na die rekening van die mens aan wie hy geld skuld Die notas aan die bank was eintlik geld wat later banknote genoem is Die meeste van die munte self het in die bank se kluise gebly Meer as drie eeue gelede in 1704 het n Skotse bankier John Law voorgestel dat mense papiergeld gebruik pleks van goud en silwer So het n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van geld in die Weste begin In China was papiergeld in gebruik vanaf die negende tot die vyftiende eeu Banknote het in die agtiende eeu n al groter rol begin speel Eers is dit net gebruik in die plek van die muntmetaal wat dit gedek het maar later het dit self die waarde daarvan geneem Net soos die vroegste mense wat waardelose voorwerpe soos skulpe as geld gebruik gebruik ons vandag papier om die waarde voor te stel Die staat en geld WysigDie volgende stap was dat die staat munte begin uitgee het Die munte is geslaan uit die metaal waarop die staat besluit het As dit goud was se ons die land is op die goudstandaard geplaas en as dit silwer was op die silwerstandaard Verskeie lande het die silwerstandaard vir n lang tydperk en konsekwent deur die geskiedenis gebruik onder andere China en antieke Griekeland Hierdie feit was n belangrike faktor in die wisselwerking tussen Spanje en sy kolonies in Asie en in Suid Amerika In Europa het verskeie lande wat n bimetaalstandaard met vaste wisselkoers tussen silwer en goud gehad het oorgegaan na n de facto silwerstandaard onderwyl Engeland oorgegaan het na die goudstandaard Hierdie is n instansie van Gresham se Wet in elke geval het die oorwaardeerde metaal oorgeneem Die groot goudontdekkings in die 19e eeu in Amerika Australie en Suid Afrika het n groot rol gespeel in hierdie proses Hoewel mens aan goud as die voor die handliggende metaalstandaard dink is dit goed om te onthou dat silwer pennies in Engeland oor n tydperk van 1100 jaar in gebruik was Die belangrikste munt was die standaardmunt wat geslaan is uit standaardmetaal Die standaardmunt was egter baie werd wat dit moeilik gemaak het om kleiner betalings te maak Om die probleem op te los is munte geslaan uit minder waardevolle metale In die twintigste eeu was daar in die lande wat op die goudstandaard was ook silwer en kopermunte in omloop Hulle is pasmunte genoem In baie lande het die staat eers toegelaat dat goud by die handelsbanke gehou word en dat die banke hul eie banknote kon uitgee Later het die staat egter begin eis dat die land se edelmetale in n sentrale bank die Reserwebank in Suid Afrika gehou word In die geval mag net die staat banknote uitgee Vandag kan die staat selfs geld terugtrek en ander uitgee Dit het onlangs in die Europese Unie gebeur toe n enkele geldeenheid die euro in die meeste lande die plaaslike geldeenhede vervang het Moderne gebruike van geld WysigGeld word hoofsaaklik vir drie dinge gebruik volgens die moderne ekonomiese teorie As ruileenheid koop en verkoop word uitbalanseer deur die netto vloei van geld nul te kry As rekeneenheid die eenheid waarin waardes verreken word Byvoorbeeld as n motor wat R100 000 werd is verkoop word en R50 000 is al afbetaal word daar nog R50 000 geskuld As waardehouer ek verkoop my huis hou die geld n halfjaar in die bank en koop dan n nuwe huis In Duitsland so onlangs as die 1870 s of die Kaapkolonie in die vroeg negentiende eeu het verskillende eenhede sirkuleer en was daar geen enkele eenheid wat al drie bogenoemde rolle vervul het nie In Noord Duitsland byvoorbeeld was handel hoofsaaklik in Thalers maar daar is boekgehou in Mark Banco In sommige lande word een geldeenheid as waardehouer gebruik in Latyns Amerika is byvoorbeeld die meeste bank deposito s in VS dollars onderwyl n plaaslike geldeenheid as ruileenheid fungeer Die enigste konkrete instrument wat die ruilfunksie en die waardefunksie van die mense se geld in die hede kan koppel is dan termynkontrakte en of opsies vir die wisselkoers tussen die twee eenhede wat tipies op die markte in Chicago verhandel Geskiedenis van Suid Afrikaanse geld WysigSien ook Geldsoorte van die Kaapkolonie en Suid Afrikaanse Rand1782 Handgeskrewe note word vir die eerste keer in Suid Afrika vrygestel 1 1793 Opening van die eerste staatsbank Lombaard Bank in Kaapstad 2 1803 Note word vir die eerste keer in Suid Afrika gedruk 1806 Luitenant Generaal sir David Baird militere goerwerneur van die Kaapkolonie het n dokument gepubliseer wat die amptelike wisselkoerse toon van die verskillende geldeenhede wat in die kolonie sirkuleer het 1837 Die eerste privaatbank Cape of Good Hope Bank begin self papiernote uitreik 3 1 4 1868 Suid Afrika aanvaar die Britse sterlingstelsel as eerste amptelike geldstelsel 1892 Sewe munte uit die Britse sterling geldstelsel word vir Suid Afrika gedruk met Paul Kruger se gesig daarop 1923 Die volledige reeks munte uit die Britse sterling geldstelsel word vir Suid Afrika gedruk met George V se gesig daarop 1961 Suid Afrika word n republiek en die geldeenheid verander na die Suid Afrikaanse Rand en sent 1962 Suid Afrika bekom sy eie fabriek vir die druk van banknote 2003 Die Suid Afrikaanse Reserwebank is die enigste instansie in Suid Afrika wat note mag laat druk en munte slaan Note word gemaak deur die Suid Afrikaanse Notemaatskappy en munte deur die Suid Afrikaanse Munt Sien ook WysigGeldeenheidVerwysings Wysig 1 0 1 1 https www resbank co za BanknotesandCoin SouthAfricanCurrency BankNotes Pages HistoryofSouthAfricanbanknotes1782To1920 aspx en www resbank co za history https www iol co za business report economy sad end to cape of good hope 770574 http www capetown at heritage history brit reform merch art htmEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geld Wikiwoordeboek het n inskrywing vir geld Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Geld amp oldid 2552635