www.wikidata.af-za.nina.az
Die Bolsjewiste Russies bolsheviki bolshevisty afgelei van die woord bolsje meer was n faksie van die Marxistiese Russiese Sosiaal Demokratiese Arbeidersparty RSDAP Dit het ontstaan toe die party geskeur het die ander faksie was die Mensjewiste afgelei van mensje minder Die skeuring het plaasgevind op die tweede partykongres in 1903 Die Bolsjewiste het later die Kommunistiese Party van die Sowjetunie geword 1 Die Bolsjewiste het die bewind in Rusland oorgeneem tydens die Oktober rewolusie wat deel was van die Russiese Rewolusie 1917 en het die Sowjetunie in 1922 gestig na die Russiese Burgeroorlog n Vergadering van die Bolsjewiste Wladimir Lenin is heel regsBoris Koestodijef se 1920 skildery Die BolsjewisDie Bolsjewiste of die Meerderheid was n organisasie van professionele rewolusionere met n streng interne hierargie wat hulself beskou het as n voorhoede van die rewolusionere proletariaat Die party is gestig deur Wladimir Lenin onder wie se leiding die Oktober rewolusie plaasgevind het Inhoud 1 Die skeuring 2 Politieke filosofie 3 Van Bolsjewisme na Kommunisme 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsDie skeuring WysigOp die tweede kongres van die RSDAP wat in Augustus 1903 in Brussel en Londen gehou is was daar groot meningsverskille tussen Lenin en Julius Martof tot in die tyd n groot vriend van Lenin Hulle kon nie hul verskille byle nie en die party het in twee faksies geskeur 2 Lenin was die leier van die Bolsjewiste en Martof van die Mensjewiste Die twee faksies het in 1903 1904 voortdurend verander soos wat talle lede heen en weer oorgeloop het Die Bolsjewiste het n relatief klein rol gespeel in die rewolusie van 1905 en was n minderheid in die Sint Petersburg sowjet van Werkerafgevaardigdes wat deur Leon Trotsky gelei is In die minder belangrike Moskou sowjet was hulle egter die meerderheid Hierdie twee sowjets het die model geword waarop ander sowjets in 1917 gestig is Die twee faksies het in Januarie 1912 finaal bande verbreek toe die Bolsjewiste n partykongres in Praag gereel het net vir hul eie lede Hulle het die Mensjewiste finaal uit die party geskors en n onafhanklike party gestig met die naam RSDAP Bolsjewiste Politieke filosofie WysigDie Bolsjewiste het die party georganiseer met n sterk gesentraliseerde hierargie en hul doel was om die tsaar se bewind omver te werp en die mag oor te neem Die party het gewoonlik geweier om saam te werk met liberale en radikale partye wat hulle bourgeois genoem het of later selfs met ander sosialistiese organisasies hoewel Lenin soms taktiese bondgenootskappe aangegaan het Van Bolsjewisme na Kommunisme WysigOnder Lenin en Stalin was die woorde Bolsjewisties en Kommunisties sinoniem en die amptelike naam van die party was die Kommunistiese Party Bolsjewiste In 1952 by die XIX Partykongres het Stalin egter verklaar dat hulle nie meer die bolsjewiste meerderheid is nie maar die hele party Die party is hernoem na die Kommunistiese Party van die Sowjetunie Verwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en Bolshevik Na die skeuring het die Bolsjewiste hulself RSDAP b Russies RSDRP b genoem waar b staan vir Bolsjewiste Kort nadat hulle in November 1917 die bewind oorgeneem het het die party sy naam verander in die Russiese Kommunistiese Party Bolsjewiste RKP b algemeen bekend as die Kommunistiese Party Eers in 1952 het die party die woord Bolsjewiste uit sy naam verwyder Israel Getzler Martov A Political Biography of a Russian Social Democrat Cambridge University Press 2003 eerste uitgawe 1967 ISBN 0 521 52602 7 p 78Eksterne skakels WysigWall Street and the Bolshevic Revolution Geargiveer 12 Mei 2008 op Wayback Machine deur Antony C Sutton Bolshevism the Road to Revolution deur Alan Woods Chronology of the Bolshevik Party World History Database Geargiveer 27 Januarie 2012 op Wayback Machine Pathfinder Books Kommunistiese aanlyn boekwinkel The Bolsheviks and Workers Control deur Maurice Brinton Twenty Years in Underground Russia Memoirs of a Rank and File Bolshevik Geargiveer 25 Februarie 2003 op Wayback Machine deur Cecilia Bobrovskaya Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Bolsjewis amp oldid 2447775