www.wikidata.af-za.nina.az
Wladimir Iljitsj Lenin Russies Vladimir Ilich Lenin 22 April O S 10 April 1870 21 Januarie 1924 was n Russiese rewolusioner skrywer regsgeleerde stigter van die Bolsjewisteparty leier van die Oktober rewolusie stigter van die Sowjetunie en die eerste leier van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek Lenin was een van sy skuilname as rewolusioner en is waarskynlik n verwysing na die rivier Lena Hy is gebore as Wladimir Iljitsj Oeljanof Vladimir Ilich Ulyanov Wladimir LeninWladimir Lenin in 1920Voorsitter van die Volksraad van KommissarisseAmpstermyn8 November 1917 21 Januarie 1924Voorafgegaan deur Aleksander Kerenski as president van die voorlopige regering Opgevolg deur Aleksei Rikof Josef Stalin as partyleier Leier van die BolsjewistepartyAmpstermyn17 November 1903 21 Januarie 1924Voorafgegaan deur GeenOpgevolg deur Josef Stalin as hoofsekretaris Persoonlike besonderhedeGebore 22 April O S 10 April 1870 Simbirsk Russiese RykSterf 21 Januarie 1924Gorki Leninskije Russiese SFSR SowjetuniePolitieke party BolsjewistepartyEggenoot note Nadezjda KroepskajaProfessie Politikus rewolusioner regsgeleerdeReligie Geen 1 HandtekeningAs hoof van die Bolsjewiste het hy die Rooi Leer na oorwinning gelei in die Russiese Burgeroorlog en daarna die wereld se eerste amptelike sosialistiese staat gestig Uit sy uitgebreide teoretiese en filosofiese bydraes tot Marxisme is Leninisme gebore 2 Hy het op 21 Januarie 1924 in sy datsja n voormalige herehuis in Gorki Leninskije gesterf na n aantal beroertes Sy gebalsemde liggaam is op permanente tentoonstelling in Moskou Hy is deur Josef Stalin opgevolg as partyleier Inhoud 1 Vroee lewe 1 1 Broer se teregstelling 2 Rewolusioner 2 1 Die Februarie rewolusie 2 2 Die April tesis 2 3 Die Oktober rewolusie 3 n Nuwe regering 3 1 Stigting van die Tsjeka 3 2 Rooi Terreur 3 3 Burgeroorlog 4 Latere lewe en dood 5 Standbeelde van Lenin 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsVroee lewe WysigWladimir Iljitsj Oeljanof is in Simbirsk tans Oeljanofsk aan die Wolga gebore as die tweede seun van Ilja Nikolajewitsj Oeljanof 1831 1886 n bekende skoolinspekteur en later skooldirekteur in Simbirsk wie se pos hom die oorerflike adellike titel van Sy Eksellensie besorg het 3 en Maria Aleksandrowna Oeljanowa gebore Blank n onderwyseres Sy geboortestad wat sowat 2 400 km van Sint Petersburg gelee is is na sy dood Oeljanofsk hernoem ter ere van hom In dieselfde jaar het Sint Petersburg Leningrad geword na aanleiding van Lenin die naam waaronder hy later bekend geword het Lenin was van gemengde afkoms Russies Kalmik 4 5 Tsjoewasj Duits Sweeds en Joods Sy oupa aan moederskant Moshko later Dmitri Blank was n Oekrainse Jood wat hom tot die Ortodokse geloof bekeer het om destydse beperkings op Jode te ontduik Lenin was n goeie swemmer en ysskaatser Van 1879 af het hy aan die Simbirsk gimnasium vir seuns studeer waar hy in 1887 sy skoolloopbaan met n goue medalje voltooi het Hy het onder andere Latyn Grieks Duits en Frans studeer As lede van die intelligentsia het die Oeljanof egpaar hul kinders van wie almal buiten een rewolusionere geword het 6 geleer dat destydse praktyke in die Russiese Ryk soos die skending van menseregte verkeerd was en hulle aangemoedig om te streef na hoer ideale n vrye gemeenskap en gelyke regte Lenin n intelligente en pligsgetroue student was n ywerige leser onder andere van werke deur Aleksander Poesjkin Iwan Toergenef Leo Tolstoi en Nikolai Nekrasof Broer se teregstelling Wysig Die jaar na sy pa se dood in Januarie 1886 weens bloeding op die brein is Lenin se oudste broer Aleksander Oeljanof ter dood veroordeel en gehang weens sy deelname aan n komplot om tsaar Alexander III te vermoor 7 Lenin was toe 17 jaar oud Sy suster Anna wat saam met Aleksander in hegtenis geneem is is verban na die Oeljanofs se landgoed by Kokoesjkino n dorp sowat 40 km van Kazan Dit alles het n groot invloed op Lenin gehad en het daartoe bygedra dat hy radikale politieke idees begin ontwikkel het In die tyd is hy beinvloed deur werke van Georgi Plechanof en ook Nikolai Tsjernisjefski se 1863 boek Wat Moet Gedoen Word 8 Hierby het hy ook aan die Universiteit van Kazan waar hy regte studeer het vertroud geraak met die werke van Karl Marx en Friedrich Engels 8 Hy was hier betrokke by n studente opstand in Desember 1887 en is in hegtenis geneem die universiteit het hom geskors en die regering het hom verbied om toegang tot n ander universiteit te kry Hy is ook na die familielandgoed by Kokoesjkino verban Hy het egter op sy eie verder studeer Hy is later toegelaat om aan die Universiteit van Sint Petersburg te studeer waarna hy in 1891 tot die balie toegelaat is 9 In 1892 het hy n graad in regte aan die Universiteit van Sint Petersburg behaal Rewolusioner Wysig Polisiefoto van Lenin Desember 1895 Lenin se vrou Nadezjda KroepskajaLenin het n paar jaar lank in die Wolga hawestad Samara in die regte gepraktiseer waar hy insig gekry het in die landarbeiders se sosiaal ekonomiese toestande 10 In 1893 het hy na Sint Petersburg getrek waar hy by rewolusionere propaganda betrokke geraak het In 1895 het hy die Bond vir die Bevryding van die Werkersklas gestig n koalisie van die stad se Marxistiese groepe Op 7 Desember 1895 is Lenin in hegtenis geneem vir n sameswering teen tsaar Aleksander III en daarna was hy 14 maande lank in eensame aanhouding 11 In Februarie 1897 is hy na die dorpie Sjoesjenskoje in Oos Siberie verban Daar het hy Georgi Plechanof die Marxis wat sosialisme in Rusland bekend gestel het ontmoet In Julie 1898 is Lenin getroud met sy mede aktivis Nadezjda Kroepskaja algemeen bekend as Kroepskaja en in April 1899 het hy die boek Die Ontwikkeling van Kapitalisme in Rusland gepubliseer 12 onder die skuilnaam Wladimir Iljin dit was een van 30 teoretiese werke wat hy geskryf het terwyl hy n banneling was Na sy ballingskap het Lenin in Munchen 1900 1902 Londen 1902 1903 en Geneve 1903 1905 gewoon 13 In 1900 het hy en Julius Martof later n groot teenstander die koerant Iskra Vonk gestig en artikels oor die rewolusionere politiek gepubliseer Hulle het ook mense gewerf vir die Marxistiese Russiese Sosiaal Demokratiese Arbeidersparty RSDAP Die party het sy eerste kongres in 1898 gehou terwyl Lenin in Siberie in ballingskap was In sy korrespondensie het hy verskeie skuilname gebruik en in 1902 eindelik die naam Lenin aangeneem afgelei van die Siberiese rivier Lena 14 In 1903 het Lenin die tweede kongres van die RSDAP bygewoon eers in Brussel en daarna in Londen Hier het n skeuring plaasgevind tussen die Bolsjewiste faksie onder leiding van Lenin en Martof se Mensjewiste faksie Bolsjewis is afgelei van die Russiese woord bolsjinstwo meerderheid en Mensjewis van mensjinstwo minderheid 15 Die name het ontstaan na die klein nederlaag wat die Mensjewiste gelei het in die verkiesing vir die koerant se redaksionele paneel en vir die leierskap van die party se sentrale komitee n Groot verskil tussen die faksies was die Lenin groep se voorkeur vir n alliansie van werkers en plaasarbeiders om die tsaristiese regering oor te neem en die Martof faksie se voorkeur vir samewerking tussen die werkersklas en die liberale bourgeoisie om die bewind omver te werp In November 1905 het Lenin na Rusland teruggekeer om die 1905 Russiese Rewolusie te steun 16 In 1906 is hy verkies tot die presidium van die RSDAP Hy het tussen Finland en Rusland gereis maar weer in Desember 1907 na Wes Europa teruggekeer na die mislukking van die rewolusie In 1909 om dubbelsinnighede uit die weg te ruim oor die gepaste roete na n kommunistiese rewolusie het Lenin Materialisme en Empirio kritisisme gepubliseer wat die grondslag van Marxisme Leninisme geword het In 1914 met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog het die meeste sosiaal demokratiese partye in Europa hul lande se deelname aan die oorlog gesteun Lenin was egter teen die oorlog gekant en nadat hy vir n kort rukkie in Oostenryk aangehou is het hy op 5 September 1914 na die neutrale Switserland uitgewyk waar hy eers in Bern en daarna Zurich gebly het 17 In 1915 het hy by die Zimmerwald konferensie teen die oorlog aan die hoof gestaan van n linkse minderheid wat sy idee ondersteun het dat die imperialistiese oorlog omskep moet word in n klasse oorlog 18 Die Februarie rewolusie Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Februarie rewolusie Die trein waarmee Lenin in April 1917 na Petrograd teruggekeer hetDie Februarie rewolusie in 1917 in Rusland was die eerste fase van die Russiese Rewolusie van 1917 Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van tsaar Nikolaas II en die val van Keiserlike Rusland Die Romanof dinastie is vervang deur n ongemaklike politieke verhouding aan die een kant n voorlopige regering onder prins Georgi Lwof en later Aleksander Kerenski en aan die ander kant n aantal sowjets rewolusionere rade wat deur werkers soldate en landarbeiders verkies is Lenin was steeds in Zurich Hy was vasbeslote om dadelik na Rusland terug te keer Maar dit was nie maklik nie aangesien die Eerste Wereldoorlog nog aan die gang was Switserland was omring deur die oorlogsbondgenote Duitsland Frankryk Oostenryk Hongarye en Italie en die see is oorheers deur die Russiese bondgenoot Brittanje Samespreking tussen die voorlopige regering en Duitsland om Russe toe te laat om na hul land terug te keer in ruil vir oorlogsgevangenes het voortgesleep Eindelik op 31 Maart het die Switserse kommunis Fritz Platten toestemming van Duitsland gekry dat Lenin en ander bannelinge deur Duitsland na Rusland mag reis Op 9 April het Lenin Kroepskaja en ander bannelinge n spesiale trein in Bern gehaal wat deur Duitsland en Swede na Rusland gereis het Net voor middernag op 16 April Ou Styl 3 April 1917 het die trein by die Finland stasie in Sint Petersburg toe Petrograd genoem aangekom Hulle is verwelkom deur werkers en soldate met rooi vlae Lenin het die skare toegespreek oor die internasionale belangrikheid van die Russiese Rewolusie Die imperialistiese rowersoorlog is die begin van n burgeroorlog regdeur Europa Die wereldwye sosialistiese rewolusie het reeds begin Duitsland kook Nou enige dag kan Europese kapitalisme in sy geheel ineenstort Matrose kamerade ons moet veg vir n sosialistiese rewolusie veg totdat die proletariaat volle oorwinning smaak Lank lewe die wereldwye sosialistiese rewolusie 19 Die April tesis Wysig Op die trein van Switserland af het Lenin sy beroemde April tesis opgestel sy program vir die Bolsjewisteparty Daarin se hy die Bolsjewiste moenie tevrede wees met die Februarie rewolusie van die bourgeoisie nie maar dat die Bolsjewiste moet bly veg vir n sosialistiese rewolusie deur die werkers en armste landarbeiders Volgens hom kon hierdie sosialistiese rewolusie teweeggebring word deurdat die sowjets die mag van die voorlopige regering afneem Die Bolsjewiste moes dadelik n veldtog onder die Russiese volk begin om hulle te oortuig van die noodsaak van die sowjets se mag Hy het dus heeltemal wegbeweeg van die Bolsjewiste se vroeere standpunt dat die rewolusie in die middelklas moet begin Die April tesis was radikaler as enigiets wat Lenin se mede rewolusionere al gehoor het Toe hy die tesis aan die RSDAP voorlees het die Mensjewiste hom uitgejou Een het dit die geyl van n kranksinnige genoem Selfs in die Bolsjewiste kamp het hy aanvanklik net een partylid se steun gehad 20 Hoe radikaal die tesis ook al was dit het die Bolsjewisteparty n politieke toevlugsoord gemaak vir Russe wat ontnugter was met die voorlopige regering en die oorlog 21 22 Die Oktober rewolusie Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Russiese Rewolusie 1917 n Skoongeskeerde Lenin op 11 Augustus 1917 in FinlandIn Petrograd het ontevredenheid met die voorlopige regering gelei tot die spontane Juliedae opstande deur nywerheidswerkers en soldate 23 Nadat dit onderdruk is het die regering vir Lenin en die Bolsjewiste die skuld daarvoor gegee 24 Die regering het die Bolsjewiste in hegtenis geneem en die party verbied Lenin het na Finland gevlug Hier het hy oortuig geraak dat die voorlopige regering in n gewapende opstand omvergewerp moes word 25 Intussen het hy Staat en Rewolusie gepubliseer waarin hy meen dat die sowjets van werkers en soldate moet regeer eerder as n parlementere liggaam 26 Terwyl Lenin in Finland was het Kerenski wat in die voorlopige regering en die Petrograd sowjet gedien het gevoel hy kort n betroubare militere leier Kort na die aanstelling van Lawr Kornilof het Kerenski hom egter daarvan beskuldig dat hy sy eie militere diktatorskap probeer vestig Kornilof oortuig dat Kerenski onder druk van die Bolsjewiste optree het gereageer deur n beroep op alle Russe te doen om hul sterwende land te red Hy het ook soldate na Petrograd gestuur om die stad te bevry Onseker van die steun onder sy offisiere het Kerensi onder meer hulp van die Bolsjewiste gevra Hul invloed oor spoorweg en telegraaf werkers het grootliks daartoe bygedra dat die soldate gestuit is Die Bolsjewiste se rol in die voorkoming van n staatsgreep het hul posisie geweldig versterk Vroeg in September het die Sowjetraad die Bolsjewiste uit die tronk vrygelaat en Leon Trotsky het hoof van die Petrograd sowjet geword Die regering en selfs die ander partye soos die Mensjewiste het intussen al hoe ongewilder geraak In Oktober het Lenin na Petrograd teruggekeer bewus daarvan dat die toenemend radikale stad reg was vir n tweede rewolusie Die Bolsjewiste se sentrale komitee het n resolusie opgestel waarin die ontbinding van die voorlopige regering gevra word ten gunste van die Petrograd sowjet asook die oorname van die bewind Die oorname van mag was grotendeels vreedsaam Op 25 Oktober Nuwe Styl 7 November 1917 het die Bolsjewiste die belangrikste regeringsgeboue in Petrograd sonder veel teenstand beset In die nag van 25 26 Oktober het hulle die Winterpaleis die setel van die voorlopige regering oorgeneem Die aanval het om 21 45 begin en is aangekondig deur n loskruitskoot vanaf die kruiser Aurora Die Aurora le steeds in Sint Petersburg voor anker Die Winterpaleis is omstreeks 02 00 beset Die amptelike datum van die rewolusie is 25 Oktober toe al die geboue behalwe die Winterpaleis oorgeneem was n Nuwe regering WysigOp die aand van die Oktober rewolusie is die Al Russiese Kongres van Sowjets in die Smolni instituut in Petrograd gehou met n Bolsjewiste meerderheid Nie al die land se sosialiste was ten gunste van die volle oorname van mag deur die sowjets nie die Sosialisties Rewolusionere Party en die Mensjewiste het uit die vergadering geloop uit protes teen die oorname van die voorlopige regering waarvan hul partye deel was 27 Die volgende dag het Lenin die Kongres van Sowjets bygewoon vir die eerste keer sonder vermomming sedert die Juliedae Hy is geesdriftig toegejuig Daar is dadelik begin met die vorming van n regverdige en demokratiese vrede n wet vir die oordrag aan die sowjets van alle landeienaars se grond kloosters en grond wat aan die tsaar behoort het 28 asook die verkiesing van n Raad van Volkskommissarisse Sownarkom as basis van n nuwe sowjetregering Op 3 Maart 1918 het Rusland aan die Eerste Wereldoorlog onttrek Weens die bedreiging deur Duitsland is die regering se setel op 10 11 Maart van Sint Petersburg na Moskou geskuif 29 Stigting van die Tsjeka Wysig Op 20 Desember 1917 is die Al Russiese Spesiale Kommissie vir die Bestryding van Teenrewolusie en Sabotasie gestig 30 Dit is kortliks die Tsjeka ChK of Cheka genoem die afkorting van die Russiese kort naam Tsjrezwitsjainaja Komissija Spesiale Kommissie Feliks Dzerzjinski is aangestel as hoof van die geheime diens Die mag om sensuur Bolsjiwistiese beheer oor alle gedrukte nuusmedia en wye mag om koerante toe te maak wat die regering kritiseer 31 toe te pas is so gevestig alle nie Bolsjewistiese sowjets is ontbind en anti sowjet koerante is gesluit totdat Prawda Die Waarheid en Izwjestija Die Nuus n nuus monopolie gevestig het n Rewolusionere terreur is terselfdertyd gevoer nie net teen die bourgeoisie en regses nie maar ook teen enigiemand sosialis landarbeider of fabriekswerker wat die Bolsjewistiese bewind teengestaan het 32 Enige lasterlike artikels oor die Tsjeka is ook verbied 33 Soos Lenin dit gestel het n Goeie kommunis is altyd ook n goeie Tsjekis 33 Rooi Terreur Wysig Kaart van Goelag kampe in die SowjetunieNa n sluipmoordaanval op Lenin deur Fanja Kaplan en die moord op die Petrogradse hoof van die Tsjeka Moisei Oeritski het Stalin openlike en sistematiese massaterreur aan Lenin voorgestel teen diegene wat daarvoor verantwoordelik was Die Bolsjewiste het Dzerzjinski opdrag gegee om met n Rooi Terreur te begin Dis aangekondig in die uitgawe van 1 September 1918 van die Krasnaja Gazjeta Rooi Gaset 34 Onskuldige burgers is beskuldig van sameswering teen die Kommunistiese Party en is tereggestel of na strafkampe gestuur Dit het n groot uittog van die intelligentsia tot gevolg gehad baie het na ander lande soos Amerika uitgewyk Lenin het onder andere in September 1918 lyste geteken met die name van 25 keiserlike ministers en staatsdiensamptenare en 765 Wit Beweging wagte wat tereggestel moes word 35 Ook die Russies Ortodokse Kerk is nie ontsien nie Kerke en heiligdomme is geplunder en verwoes omdat hulle n bedreiging vir die kommunistiese beleid sou wees Hy het ook opdrag gegee dat die tsaar en sy gesin vermoor word In dieselfde tyd is die tsaar se broer groothertog Michael Aleksandrowitsj tsarina Aleksandra se suster groothertogin Elisabeth Fjodorowna n neef van die keiser se pa groothertog Sergei Michailowitsj en verskeie ander adellikes vermoor Burgeroorlog Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Russiese Burgeroorlog Lenin lewer n toespraak op die Rooiplein in 1919Monargiste gematigde rewolusionere soos die Mensjewiste en leers van die Geallieerde magte het die kommuniste uit die kussings probeer lig Die Wit Leer en die Rooi Leer van die kommuniste was drie jaar lank in n oorlog gewikkel wat eers in 1921 tot n einde gekom het met n oorwinning vir die Rooies Die onrus in die land het egter nog tot in 1924 voortgeduur Vroeer in 1917 het Lenin as n anti imperialis gese dat onderdrukte volke die reg het om van die Russiese Ryk af te stig Maar aan die einde van die burgeroorlog het die Sowjetunie Armenie Georgie en Azerbeidjan geannekseer omdat die Wit Leer hulle as aanvalsbasisse gebruik het 36 Lenin het die anneksasies verdedig deur te se dit is geopolitieke beskerming teen kapitalistiese keiserlike plundering 37 Om die stede wat deur oorlog geisoleer is te onderhou die soldate te voed en ekonomiese ineenstorting te verhoed het die Bolsjewistiese regering oorlogskommunisme daargestel Dit het onder meer die opeising van kos van die landarbeiders behels Hulle het teenstand gebied met kleiner oeste Dit het gelei tot gewapende konfrontasies met die Tsjeka en Rooi Leer die skiet van gyselaars die gebruik van gifgas deportasie na arbeidskampe en eindelik n verwoestende hongersnood tog het Lenin die koskwotas verhoog 38 39 40 Die burgeroorlog oorlogskommunisme en die hongersnood van 1921 waarin sowat 5 miljoen mense dood is het n groot deel van Rusland verwoes en het rebellies teen die Bolsjewiste tot gevolg gehad Lenin het oorlogskommunisme toe met die Nuwe Ekonomiese Beleid NEB vervang waarmee die nywerheid en landbou suksesvol herstel is Latere lewe en dood Wysig Lenin in 1923Die stres van die rewolusie regering en burgeroorlog asook wonde wat hy in verskeie sluipmoordaanvalle opgedoen het het n merk gelaat op sy gesondheid Hy het daarby 14 tot 16 uur per dag gewerk In Maart 1922 het dokters rus voorgeskryf In Mei 1922 het Lenin die eerste van drie beroertes gehad en hy kon weke lank nie praat nie Die beweging aan sy regterkant was ook aangetas Teen Junie het hy goed herstel en teen Augustus het hy van sy pligte weer hervat In Desember 1922 het hy die tweede beroerte gehad wat sy regterkant gedeeltelik verlam het en hy het uit die aktiewe politiek getree In Maart 1923 het die derde beroerte gevolg waarna hy stom en aan sy bed gekluister was tot met sy dood Na sy eerste beroerte het hy dokumente aan Kroepskaja gedikteer onder andere Lenin se Testament waarin hy die struktuur van die sowjets verander en voorstel dat Stalin uit sy pos as die Kommunistiese Party se hoofsekretaris sedert 1922 verwyder word omdat sy onbeperkte mag onaanvaarbaar was Sy woorde Stalin slishkom grub dui op onbeskoftheid ruheid en n gebrek aan afronding eienskappe wat onaanvaarbaar in n hoofsekretaris is Na Lenin se dood het Kroepskaja die testament aan die sentrale komitee gepos sodat dit voorgelees kon word op die 13de Kongres in Mei 1924 Stalin en sy bondgenote het egter die testament onderskep sodat hulle aan die bewind kon kom Dit is eers in 1925 in Amerika gepubliseer deur die Amerikaanse intellektueel Max Eastman Lenin is op 21 Januarie 1924 om 18 50 op Gorki oorlede Hy was 53 jaar oud In die vier dae dat hy in staatsie gele het het meer as 900 000 roubeklaers na sy liggaam gaan kyk Drie dae na sy dood is Petrograd hernoem tot Leningrad Dit het die naam behou tot in 1991 toe die Sowjetunie ontbind is Die gebied om die stad is egter steeds bekend as Leningrad oblast Sy liggaam is gebalsem en word uitgestal in die Lenin mausoleum langs die Kremlin in Moskou Ondanks die amptelike diagnose dood weens die gevolge van beroerte het die Russiese wetenskaplike Iwan Pawlof gese hy is dood aan neurosifilis volgens n publikasie in 2004 deur V Lerner en kollegas in die European Journal of Neurology Volgens die skrywers sal DNS toetse gebruik kan word om te bepaal of sy dood aan neorosifilis te wyte is of nie 41 In Januarie 2011 het die politieke party Verenigde Rusland n webtuiste goodbyelenin ru begin waar mense kan stem of Lenin se liggaam begrawe moet word of nie 42 43 Standbeelde van Lenin Wysig In Kinesjma In Doesjanbe In Toela In Astrachan In Donetsk In Kolomna In Borzna In Norilsk Verwysings Wysig Chivers C J Russia Weighs What to Do With Lenin s Body New York Times 5 Oktober 2005 Triumf i Tragediya I V Stalin politicheskij portret Triomf en Tragedie I W Stalin n Politieke Portret Dmitrij Volkogonov Dmitri Wolkogonof Boek 1 Deel 1 bl 95 114 Novosti Moskou 1989 Ronald W Clark Lenin The Man Behind the Mask London Faber and Faber 1989 bl 4 9 Ronald W Clark Lenin The Man Behind the Mask Londen Faber and Faber 1989 bl 4 Moscow Museum Puts Lenin s Jewish Roots on Display The New York Times New York 23 Mei 2011 Besoek op 27 Mei 2011 dooie skakel Wolkogonof Dmitri 1994 Lenin n Nuwe Biografie Free Press p 8 ISBN 0 02 933435 7 Christopher Read 2005 Lenin 16 8 0 8 1 Biography TV reeks Vladimir Lenin Voice of Revolution A amp E netwerk 2005 ASIN B000AABKX6 Service Robert Lenin A Biography ISBN 0 330 49139 3 J Brooks en G Chernyavskiy 2007 Lenin and the Making of the Soviet State Bedford St Martin s Boston en New York The Development of Capitalism in Russia The Process of the Formation of a Home Market for Large Scale Industry in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020 Besoek op 29 Mei 2011 The Development of Capitalism in Russia Paul Le Blanc 1908 Revolution Democracy Socialism Selected Writings of Lenin Londen Pluto Press bl 9 Hill Christopher Lenin and the Russian Revolution 1971 Penguin Books Londen bl 36 Christopher Read Lenin Abingdon Routledge 2005 bl 60 1 Read Christopher Lenin 2005 bl 81 Clar Ronald W Lenin the Man Behind the Mask 1988 bl 154 Read Christopher Lenin 2005 bl 132 4 Ronald W Clark Lenin The Man Behind the Mask Londen Faber and Faber 1989 bl 210 1 Orlando Figes A People s Tragedy The Russian Revolution 1891 1924 Londen Pimlico 1996 bl 388 Read Christopher 1996 From Czar to Soviets The Russian People and Their Revolution 1917 1921 Oxford University Press pp 151 153 ISBN 0 19 521241 X Read Christopher Lenin 2005 157 60 Read Christopher Lenin 2005 158 61 Read Christopher Lenin 2005 160 1 Read Christopher Lenin 2005 162 3 Lenin Vladimir 1917 The State and Revolution Orlando Figes A People s Tragedy The Russian Revolution 1891 1924 Londen Pimlico 1996 bl 490 John Reed Ten Days That Shook the World Londen Penguin 1977 bl 129 137 aanlyn beskikbaar gestel deur Marxists Internet Archive Christopher Read 2005 Lenin Londen Routledge 212 The Impact of Stalin s Leadership in the USSR 1924 1941 Nelson Thornes 2008 p 3 ISBN 978 0 7487 8267 3 Leonard Shapiro The Communist Party of the Soviet Union Leonard Bertram Schapiro The Communist Party of the Soviet Union Eyre amp Spottiswoode 1970 ISBN 0 413 27900 6 bl 183 Sien ook Lenin and the First Communist Revolutions V 33 0 33 1 Black Book of Communism bl 79 Red Terror Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2009 Besoek op 30 Mei 2011 Gellately Robert 2007 Lenin Stalin and Hitler The Age of Social Catastrophe Knopf p 57 ISBN 1 4000 4005 1 Pipes Richard 1994 Russia Under the Bolshevik Regime Vintage pp 141 166 ISBN 0 679 76184 5 Lenin Vladimir 1915 The Revolutionary Proletariat and the Right of Nations to Self Determination Black Book of Communism bl 92 97 116 121 Twentieth Century Atlas Death Tolls Lenin and the First Communist Revolutions VII in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 1999 Besoek op 30 Mei 2011 V Lerner Y Finkelstein en E Witztum The enigma of Lenin s 1870 1924 malady European Journal of Neurology 2004 11 371 376 En finir avec la momie de Lenine Golosovanie za i protiv zahoroneniya tela Vladimira Lenina nachalos v interneteEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wladimir Lenin Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en Vladimir Lenin Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wladimir Lenin amp oldid 2472410