www.wikidata.af-za.nina.az
Kommunismepolitieke ideologie ekonomiese stelselSubklas vansosialismeGekarakteriseer deuranti capitalismTeenoorgestelde vananti kommunismeAmptelike kleurrooi Kommunisme verwys na n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoe en te neem volgens hul behoeftes Die uitwerking van die Kommunisme In die 1920er en 1930er In die 1940er en 1950er In die 1960er en 1970erDie Hamer en sekel n algemene simbool van kommunisme In die praktyk word met Kommunisme veral die stroming bedoel wat op die idees van Karl Marx marxisme en Wladimir Lenin leninisme gebaseer is en die uitwerking van die idees in die Sowjetunie Kuba Noord Korea en ander sosialistiese state Met die woord Kommunisme word enersyds n ekonomiese stelsel aangedui waarin geen privaatbesit van produksiemiddele voorkom nie en andersyds n politieke leer wat die grondslag vorm vir bewegings wat so n stelsel nastreef Die Kommunistiese leer is veral beinvloed deur die idees van Karl Marx en Friedrich Engels wat in 1848 in hul Kommunistiese Manifes uiteengesit is Die oorspronklike Marxistiese teorie is in later jare oral in die wereld op verskillende wyses by heersende situasies aangepas In Brittanje en Wes Europa het politieke bewegings ontstaan wat ten gunste van n verwatering van die Marxisme was terwyl die Sowjetunie onder leiding van Lenin n militanter strategie vir die verwesenliking van die Marxisme ontwikkel het as wat Marx waarskynlik self sou voorgestaan het In die Sowjetunie het verskeie denkrigtings uit die Marxisme ontwikkel byvoorbeeld Leninisme Trotskyȉsme en Stalinisme Die vinnige verspreiding van die Kommunisme na die Tweede Wereldoorlog het daartoe gelei dat die beweging sy monolitiese karakter verloor het In China het Mao Zedong se interpretasie van die Marxisme hom in konflik met die Sowjetunie gebring terwyl verskeie variasies ook in Europa en Latyns Amerika ontstaan het waaronder Titoisme in Joego Slawie en Castroisme in Kuba Inhoud 1 Ontwikkeling 1 1 Voorlopers 1 2 Karl Marx 2 Politieke leer 2 1 Marxisme 2 2 Politieke strominge 2 3 Leninisme 2 4 Die Derde Internasionale 2 5 Stalinisme 3 Verspreiding 3 1 Europa 3 2 Asie 3 3 Latyns Amerika 3 4 Afrika 3 4 1 Suid Afrika 4 Sien ook 5 Bronne 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsOntwikkeling WysigOnder Kommunisme word gewoonlik n ekonomiese stelsel verstaan waarin in teenstelling met die kapitalisme geen privaatbesit van produksiemiddele voorkom nie omdat die middele aan die gemeenskap behoort Die ware wat deur die produksiemiddele geproduseer word asook die inkomste wat daaruit verkry word word op so n wyse onder die gemeenskap verdeel dat elkeen volgens sy eie behoefte ontvang In sy suiwer vorm kom so n stelsel nerens te wereld voor nie hoewel sekere lande waaronder die Sowjetunie en China wel probeer om dit te bereik Die teorie waaruit die gedagte van n kommunistiese samelewing ontstaan het word ook Kommunisme genoem In die 19e en die 20e eeu het verskeie politieke strominge die leer versprei Die ideaal van gelykheid in n samelewing die grondslag van die Kommunistiese leer is al in die antieke tyd deur die Griekse filosoof Plato geopper Sy idees het denkers soos Thomas More 1478 1535 en Tommaso Campanella 1568 1639 beinvloed Die eerste Christene het ook geprobeer om gelykheid van die gemeenskapslede te bereik en in later eeue het sekere kloosterordes en godsdienstige groepe soos die wederdopers ook die ideaal nagestreef Die vorm van kommunisme wat hulle beoefen het het egter geen invloed gehad op die ontstaan van die politieke ekonomiese en ideologiese leer van die Kommunisme soos dit in die 19e eeu ontwikkel het nie Voorlopers Wysig In die 17e eeu het die Engelsman Gerrard Winstanley 1609 1660 die beginsel verkondig van elkeen volgens sy vermoe elkeen volgens sy behoeftes Hy was die belangrikste grondlegger van die radikale beweging die diggers wat verwant was aan die radikaal demokratiese party van die levellers In teenstelling met die levellers het die diggers hebsug en privaatbesit beskou as die oorsaak van alle kwaad onderdrukking slawerny en verarming n Tydgenoot van Winstanley James Harrington 1611 1677 het in 1656 n boek Oceana gepubliseer waarin hy die verhouding tussen ekonomiese en politieke mag uitgestippel het Volgens hom het grondeienaars onvermydelik ook die politieke lewe oorheers ekonomiese mag lei tot politieke mag Politieke demokrasie is onmoontlik sonder ekonomiese demokrasie In Frankryk het sekere denkers tydens en na die Franse Revolusie die idee verkondig dat ware vryheid en gelykheid nie moontlik is nie solank produksiemiddele privaatbesit bly Ondanks die verskille in die politieke denkbeelde van skrywers soos Babeuf De Saint Simon Fourier Louis Blanc en Proudhon bevat hul werke tog enkele ooreenstemmende kernpunte Hul ideaal was n maatskappy met gelyke ekonomiese geleenthede vir almal waarin niemand uitgebuit sou word nie Omdat hulle geglo het dat die mens in wese goed is en privaatbesit sleg het hierdie sogenaamde utopiese sosialiste verwag dat die afskaffing van privaatbesit alle euwels uit die weg sou ruim Onderling het hul denkbeelde oor die ideale natuurlike samelewing egter verskil Karl Marx Wysig Die denke van Karl Marx 1818 1883 het die grootste invloed op die leer van die Kommunisme gehad Marx is geinspireer deur onder andere die idees van die Franse Revolusie en deur die haglike omstandighede waarin die arbeiders van Engeland verkeer het Die arbeiders was n industriele proletariaat wat opeengehoop in die agterbuurte van die groot stede gewoon het Deur die omverwerping van die kapitalistiese stelsel wat op privaatbesit van die produksiemiddele gegrond was sou die proletariaat volgens Marx sosiale onregverdigheid en egoisme uit die weg ruim Hy was ook van mening dat die ekonomiese produksiewyse van n maatskappy die staatsvorm daarvan bepaal Die idees van Karl Marx is in 1848 duidelik geformuleer toe hy in samewerking met Wilhelm Friedrich Engels 1820 1 895 die Kommunistiese Manifes gepubliseer het Die Manifes is in opdrag van die Bond van Kommuniste in Londen geskryf In die openingsin van die Manifes konstrasteer Marx en Engels dat die kommunisme reeds oral versprei het Daar dwaal n gees deur Europa die gees van kommunisme In die slotgedeelte versoek hulle die kommuniste om alle demokratiese en radikale strominge te ondersteun maar voeg by dat die doel die vorming van die proletariaat tot n selfbewuste almalomvattende klas bereik kan word slegs deur die gewelddadige omverwerping van die sosiale struktuur Die slotwoorde lui dan ook Proletariers van die wereld verenig Politieke leer WysigBy die moderne Kommunisme is daar nie sprake van een politieke leer nie In die lande waar kommunistiese stelsels toegepas word is die oorspronklike teorie gewysig om by plaaslike toestande aan te pas Die verskillende vorme soos die oorspronklike Marxistiese Leninisme van Lenin die Trotskyȉsme van Leon Trotsky die Stalinisme van Josef Stalin die Maoisme van Mao Zedong en die Castroisme van Fidel Castro het egter almal die teorie van Karl Marx as grondslag Marxisme Wysig Die denke van Karl Marx is grootliks beinvloed deur ander beroemde filosowe soos Georg Wilhelm Friedrich Hegel Johann Gottlieb Fichte Immanuel Kant en Ludwig Feuerbach asook deur die denkers van die Franse Revolusie en Engelse ekonome soos Adam Smith en John Stuart Mill Sy geskrifte is meer n radikale kritiek op die werk van hierdie filosowe as wat dit n filosofiese stelsel op sigself is Sy belangrikste werk na die Kommunistiese Manifes van 1848 was Das Kapital waarvan die eerste volume in 1867 gepubliseer is Die ander twee volumes is na sy dood deur Friedrich Engels gepubliseer Marx se wereldbeskouing was materialisties dit wil se hy het die waarneembare werklikheid as die enigste werklikheid beskou Hy het soos die ander materialiste geglo dat alles in en op die aarde materie is wat uit materie ontstaan het Marx het egter van die ander materialiste verskil in die opsig dat hy n onderskeid gemaak het tussen lewelose materie aan die een kant en die mens aan die ander kant Terwyl die materialiste hulle bemoei het met die vraag wat die mens is het Marx meer belang gestel in wat die mens se denke en optrede bepaal Volgens Marx begin die geskiedenis by die mens se drang om sekere behoeftes te bevredig In die proses van behoeftebevrediging verrig die mens arbeid dit wil se hy produseer middele om sy behoeftes te bevredig Namate die proses vorder beweeg die mens wat self uit die natuur ontstaan het verder weg van die natuur Deur die natuur te bemeester en tot die insig te kom van wat hom van die natuur onderskei bereik die mens volkome menswees en daarmee n vrye bewussyn Die gedagte dat die mens deel is van die materiele werklikheid en daaruit ontstaan het is die grondslag van Marx se wereldbeskouing en n ommeswaai van die idealisme van Hegel Volgens Hegel word die mens se optrede deur idees bepaal idees wat hy van die Absolute Idee wat hy God noem ontvang Alles is manifestasies van die Absolute Idee wat beteken dal mens en materie brokkies daarvan is By Hegel geskied die wordingsproses van bo af vanuit n bonatuurlike sfeer en beweeg afwaarts na die mens Marx het verklaar dat Hegel se filosofie op sy kop staan en het dit omgedraai in plaas daarvan dat die werklikheid uit die idee ontstaan ontstaan die idee uit die werklikheid Die proses geskied dus van onder af boontoe en eindig met die mens se bereiking van n vrye bewussyn wanneer hy tot die besef kom dat hy die opperste wese is en homself geskep het Volgens Marx is daar geen bonatuurlike sfeer nie en ontstaan godsdiens net soos alle ander sosiale instellings uit die mens se materiele omstandighede Die bereiking van n vrye bewussyn deur middel van arbeid skeppende aktiwiteit beteken dat ekonomiese omstandighede die belangrikste faktor in die mens se omgewing is want daardeur word sy denke en optrede bepaal Staat politiek godsdiens regspleging ideologie kultuur en so meer ontstaan dus alles uit die ekonomiese struktuur en sal verander na gelang die ekonomiese omstandighede verander Die kern van die ekonomiese lewe volgens Marx is die produksiemiddele wat hy ook die produksiekragte genoem het Die produksiekragte bevat twee elemente naamlik die arbeidsmiddele werktuie en die tegniese kennis wat daarvoor aangewend word Die aard van die produksiekragte beinvloed die produksieverhoudinge met ander woorde die verhoudinge waarin mense in die produksieproses tot mekaar staan Die weefgetou het byvoorbeeld n feodale stelsel met leenhere tot gevolg gehad terwyl die stoomenjin n industrieel kapitalistiese stelsel tot gevolg gehad het In die kapitalistiese stelsel is die produksieverhoudinge die van kapitaliste werkgewers aan die een kant en arbeiders werknemers aan die ander kant Marx het die arbeiders die proletariaat genoem Marx het aangevoer dat die mens in die kapitalistiese stelsel nie vry is nie geen vrye bewussyn het nie omdat hy van die produk van sy arbeid vervreem is Die produk wat hy met sy arbeid vervaardig en waarin hy homself uitdruk of vergestalt behoort nie aan hom nie maar aan die kapitalis Die arbeider word dus van sy produk sy selfuitdrukking beroof Die vervreemding word nog n stap verder gevoer deur gespesialiseerde stukwerk Die proses van vervreemding versprei onvermydelik ook na die sogenaamde bo strukture van die samelewing naamlik die staat die politiek godsdiens en kultuur omdat die strukture uit die ekonomiese omstandighede ontwikkel Volgens Marx was die staat n instrument vir die bourgeoisie die kapitaliste om hul bevoorregte posisie te handhaaf Die regspleging en die politieke lewe het die belange van die bourgeoisie weerspieel terwyl godsdiens as opium vir die volk moes dien Die kapitalistiese samelewing wat Marx ontleed het was die van Engeland in die middel van die 19e eeu Dit het uit die 16e eeu ontwikkel toe die ontdekking van nuwe seeroetes n opbloei in die handel en die stigting van kolonies tot gevolg gehad het Die rykdom van die kapitalistiese samelewing was gegrond op opgegaarde ware Volgens Marx is n waar enige produk wat nie in die bedryf waarin dit ontstaan het gebruik word nie maar deur die kapitalis verruil of verkoop word In die sin is die arbeider se arbeidskrag sy enigste besitting ook n waar omdat dit deur die kapitalis gekoop word Omdat die kapitalis net soos met enige ander ware n wins uit die arbeider se arbeid moet maak hou hy lone so laag moontlik en laat hy die arbeider so lank moontlik werk Hy ontvang dus meer arbeid as waarvoor hy betaal of andersom die arbeider se vergoeding is minder as wat sy arbeidskrag werd is Die bykomende arbeid wat deur Marx meerwaarde genoem is word deur die kapitalis gebruik vir investering in nuwe arbeidbesparende masjiene sodat hy steeds minder arbeiders nodig het Dit lei tot konsentrasie van kapitaal en monopolievorming terwyl al hoe meer arbeiders werkloos word Wanneer die arbeiders van hul uitbuiting bewus word sal hulle teen die kapitalistiese stelsel in opstand kom en dit omverwerp Die omverwerping van die kapitalisme is volgens Marx die onvermydelike gevolg van die ewigdurende klassestryd wat die hele geskiedkundige proses kenmerk Dat dit onvermydelik en voorspelbaar is het Marx deur middel van sy dialektiek probeer bewys Die dialektiek is ontleen aan die van Hegel waar volgens n tese n antitese ontlok en die stryd tussen die twee n sintese tot gevolg het So byvoorbeeld is die kapitalisme n sintese wat uit die feodalisme ontwikkel het Die sintese vorm op sy beurt weer n tese kapitalisme wat n antitese die proletariaat ontlok Die stryd tussen die twee die klassestryd lei tot n sintese wat die beste elemente van die tese en die antitese bevat naamlik die kommunistiese samelewing Die dialektiek is dus die meganisme waarmee sosiale ontwikkeling plaasvind Dit is onvermydelik omdat elke nuwe sosiale orde wat tot stand kom reeds teenstrydighede in homself bevat Marx het aangevoer dat die dialektiese proses by die bereiking van n kommunistiese samelewing sal ophou omdat die kommunisme geen teenstrydighede bevat nie Die gewelddadige omverwerping van die kapitalisme die revolusie van die proletariaat sou egter kon plaasvind net wanneer die proletariaat van homself as n klas bewus geword het Daarom het die kommunisties geinspireerde politieke strominge van die 19e eeu hulle daarvoor beywer om die proletariaat te organiseer en tot revolusie aan te hits Met die bereiking van die kommunistiese ideaal sou die voorgeskiedenis van die mensdom eindig en die werklike geskiedenis eers begin Marx se teorie oor sosiale ontwikkeling bevat heelparty leemtes Hy het byvoorbeeld nooit die ooreenkoms tussen die produksiekragte en die produksieverhoudinge duidelik omskryf nie en ook nie die verskil tussen die twee begrippe verduidelik nie In sy dialektiek kom daar gapings voor Hy kon nie verduidelik hoe die samelewing van slawebesitters noodwendig vir die feodale stelsel plek gemaak het nie en kon ook nie aandui of die verandering met n revolusie gepaard gegaan het nie Hy kon ook nie bewys dat die produksiewyse van die feodale stelsel hoer was as die van die slawebesitters nie met ander woorde dat die sintese hoer was as die tese waaruit dit ontstaan het Marx was ook vaag omtrent die aard van die revolusie Daar was volgens hom twee soorte revolusies naamlik n katastrofiese revolusie waardeur die ou orde skielik en gewelddadig omvergewerp word en n permanente revolusie waardeur daar n bondgenootskap of koalisie tussen die proletariaat en die kleinburgery ontstaan Nadat die koalisie n oorwinning behaal het word die gesag geleidelik van die klein burgers na die proletariaat oorgedra Hy het nie daarin geslaag om die twee soorte revolusies met mekaar te versoen nie Die leemtes en teenstrydighede in sy teorie het daartoe aanleiding gegee dat latere volgelinge dit steeds verskillend geinterpreteer het Politieke strominge Wysig Sowel Marx as Engels het hulle aktief met die revolusie besig gehou Hulle het gesamentlik die stigting van die Eerste Internasionale georganiseer n vereniging wat die arbeiderbewegings van verskillende lande saamgesnoer het In 1864 het Duitse Franse Poolse Switserse Italiaanse en Engelse sosialiste vir die eerste keer in Londen byeengekom en n program van aksie opgestel Die organisasie het daarna nog verskeie internasionale kongresse gehou Die arbeiderbeweging het internasionaal ook meer eenvormig geword en in die meeste lande aansluiting gevind by die reeds bestaande sosialistiese partye Kort na Marx se dood is die sosialistiese Fabian Society in Londen gestig Veertig jaar na die publikasie van die Kommunistiese manifes was daar nog geen teken van die einde van die kapitalisme in Engeland nie en ten spyte van herhaalde krisisse het die proletariaat nog nie in opstand gekom nie In die kapitalistiese lande het die omstandighede van die arbeiders selfs verbeter vakbonde stemreg sosiale wette ensovoorts het daartoe bygedra Hierdie situasie het n invloed op die Kommunistiese denke en die verwerkliking daarvan gehad Die vroeere radikalisme het verdwyn en plek gemaak vir die matigheid van die Fabian sosialiste wat verbeterings binne die bestaande stelsel nagestreef het Van n gewelddadige revolusie was daar nie meer sprake nie Dieselfde ontwikkeling het ook op die Europese vasteland voorgekom In Duitsland was Karl Kautsky 1854 1938 van die Sosiaal Demokratiese party die leidende teoretikus na die dood van Engels in 1895 Hy het net soos sekere van sy tydgenote die wetenskaplike grondigheid van sommige Marxistiese stellings bevraagteken Hy het onder andere die idee van n gewelddadige revolusie verwerp terwyl Eduard Bernstein 1850 1932 aangevoer het dat die klassestryd in intensiteit eerder afneem as toeneem Die uiteenlopende kritiek op die teorie van Marx was die gevolg van ontwikkelinge na 1850 wat die teorie in botsing met die werklikheid gebring het Leninisme Wysig Die eerste Russiese vertaling van Das Kapital het reeds in 1872 verskyn maar die oorwegend agrariese Rusland was in daardie stadium nog nie ryp vir die Marxisme nie Revolusies was egter geen onbekende verskynsel in tsaristiese Rusland nie en ten spyte van die afskaffing van lyfeienskap in 1861 het n versetbeweging bekend as die Narodniki teen 1870 ontstaan Die leiers was S G Netsjajev 1847 1882 en P N Tkatsjov 1844 1885 wat n organisasie gestig het wat in vele opsigte as model gedien het vir die organisasie wat Lenin 1870 1924 later vir die Bolsjewiste ontwikkel het Volgens Netsjajev moes streng gedissiplineerde selle oral in Rusland gestig word met die uitsluitlike doel om die tsaristiese regime omver te werp In teenstelling met die anargis Michail Bakoenin 1814 1876 het Tkatsjov aangevoer dat die staat nie deur die revolusie vernietig moes word nie maar deur die revolusionere diktatuur oorgeneem moes word Die oorname moes deur n streng gedissiplineerde sentralisties sosialistiese party geskied Industriele kapitalisme het eers aan die einde van die 19e eeu in Rusland posgevat Daar kon volgens die Marxistiese teorie dus nie sprake wees van n sosialistiese revolusie nie want volgens Marx moes die kapitalisme eers volkome ontwikkel en n bloeityd beleef voordat dit onvermydelik deur n sosialistiese revolusie beeindig sou word Boonop was die revolusionere tradisie nog altyd die van populisme dit wil se die revolusie moes spontaan uit die volk ontstaan en die revolusionere leiers se taak was bloot om hulle daarop voor te berei Lenin gebore Wladimir Oeljanof was teen 1890 al n oortuigde Marxis en n erkende leier van die Russiese revolusionere beweging Hy het egter verklaar dat Marx se teorie onvolledig was en dat dit deur sosialiste in alle rigtings verder ontwikkel moes word Hy het aangevoer dat die Russiese proletariaat op eie krag slegs n vakbondbewussyn in plaas van n revolusionere bewussyn kon ontwikkel dit wil se die werkers sou met blote sosiale hervormings tevrede wees sonder om vir n algehele sosiale omwenteling te veg Volgens Lenin het die proletariaat n voorhoedeparty nodig gehad om n sosiale bewussyn n bewuswording van hul klas by hom te kweek Die party moes die weg na die revolusie aandui en daarna namens die proletariaat die diktatuur uitoefen Lenin het die Marxistiese begrip diktatuur van die proletariaat vervang deur diktatuur van die proletariaat en die kleinboere Dit was nodig omdat Rusland meer kleinboere as arbeiders gehad het en n bondgenootskap tussen die twee n voorvereiste vir n revolusie was Onder leiding van die diktatuur sou nie net die produksiemiddele nie maar ook die landbougrond gesamentlike besit word In 1903 het Lenin met sy gewysigde Marxisme n breuk in die Russiese Sosiaal Demokratiese Arbeiderparty veroorsaak Twee groepe het binne die party ontstaan naamlik die Mensjewiste minderheid gelei deur Julius Martov en die Bolsjewiste meerderheid gelei deur Lenin Die Mensjewiste was verteenwoordigend van dogmatiese Marxisme Hulle het geglo dat die kapitalisme in Rusland eers volkome moes ontwikkel voordat die revolusie van die proletariaat kon plaasvind en dat samewerking met die liberale bourgeoisie noodsaaklik was Hulle was ook ten gunste van n demokratiese grondwet Die Bolsjewiste was voorstanders van n diktatuur van die proletariaat en kleinboere onder leiding van n geselekteerde militante party In 1912 het die Bolsjewiste hul eie party gestig en in 1917 nadat n revolusie in Rusland uitgebreek het het hulle die tydelike regering van die Mensjewiste omvergewerp en die bewind oorgeneem Lenin het opposisiepartye sowel as kritici onder die Bolsjewiste uitgeskakel sodat die Bolsjewiste of Kommuniste teen 1921 n monolitiese party in beheer van alle aspekte van die openbare lewe in Rusland was Len in het net so os Marx die staat beskou as n middel waarmee een klas n ander klas kon onderdruk Omdat die meerderheid van die proletariaat na die revolusie die minderheid van die bourgeoisie sou onderdruk kon die staatsapparaat volgens Lenin veel kleiner wees as veer die revolusie Namate die Kommunisme gedy sou die staat geleidelik afsterf Die arbeidersbevolking sou dan sommige van die vroeere staatspligte oorneem byvoorbeeld in die vorm van n burgermilisie in plaas van n beroepspolisiemag of van n wasvrou wat tegelykertyd ook burgemeester is Die Derde Internasionale Wysig Die Tweede Internasionale van Sosialistiese Partye wat in 1889 in Parys gestig is was in Lenin se oe n mislukking omdat die kongres geen verenigde front teen die patriotiese oorlogspogings van hul onderskeie vaderlande tydens die Eerste Wereldoorlog 1914 1918 kon vorm nie Lenin het die oorlog as n suiwer imperialistiese oorlog beskou Imperialisme gegrond op die besit van kolonies en voortspruitend uit monopolievorming was volgens hom die hoogste en laaste stadium van die kapitalisme Hy het n beroep op die proletariaat van die oorlogvoerende lande gedoen om die imperialistiese oorlog te verander in n burgeroorlog en n sosialistiese revolusie te bewerkstellig Daar is slegs in Rusland aan hierdie oproep gehoor gegee Die oorwinning wat die Bolsjewiste in Rusland behaal het het na die oorlog nuwe prestige aan Sosialiste in Europa verleen By die eerste kongres van die Derde Internasionale Komintern wat in 1919 op inisiatief van Lenin in Moskou gehou is het Rusland wat die vorige jaar n Sowjetstaat geword het die leiding geneem Die besluite van die kongres was n weerspieeling van Lenin se idee van die Marxisme Leninisme Die afgevaardigdes uit Europa moes almal aan 21 voorwaardes voldoen wat daarop gemik was om n de1initiewe breuk tussen die kommunistiese partye en die ouer sosialistiese partye te bewerkstellig n Besluit van die kongres het bepaal dat die nuwe partye wat van die sosialiste wegbreek almal die woord kommunisties in hul naam moes he Die kommunistiese partye moes as instrumente dien vir die bevryding van die proletariaat Hulle moes sterk gesentraliseerd wees gereeld hul geledere suiwer oor n propagandistiese pers beskik hulle vir n wereldrevolusie beywer en kant kies teen die Sosiaal Demokrate wat net blote hervormings sonder n revolusie verlang het Die Komintern het wereldkommunisme van n uitgewerkte program voorsien en vee I daartoe bygedra dat dit in Europa stewig wortel geskiet en ook na ander dele van die wereld begin versprei het Die Sowjetunie was tegelykertyd die voorbeeld en die leier Die onbetwiste leierskap van die Sowjetunie het duidelik geblyk toe Lenin in 1921 die Komintern met sy sogenaamde Nuwe Ekonomiese Beleid NEB gekonfronteer het Die NEB 1921 1924 het onder meer voorsiening gemaak vir klein private ondernemings in die Sowjetunie Terselfdertyd het Lenin toenadering tot die Sosialiste en Liberaliste aan beveel en revolusionere avonture veroordeel ten einde die Kommunistiese Sowjetunie vir die kapitalistiese lande meer aanvaarbaar te maak Stalinisme Wysig Na Lenin se dood in 1924 het n ideologiese stryd tussen Leon Trotsky 1879 1940 en Josef Stalin 1879 1953 ontstaan Trotsky het aangevoer dat samelewings nie soos deur Marx beskryf gelykmatig volgens n vaste patroon ontwikkel nie maar juis ongelykmatig waardeur n voortdurende reeks revolusies nodig is Hy het gewys op die noodsaaklikheid dat revolusionere situasies oral in die wereld gevind of geskep moet word dat n revolusionere bewussyn by die proletariaat gekweek moet word en dat die party altyd vir revolusionere neigings vatbaar moet wees In teenstelling met Trotsky se teorie van n wereldwye of permanente revolusie het Stalin n beleid van sosialisme in een land voorgestaan Hy het net soos Lenin geglo dat dit moontlik is om die Kommunisme in een land te vestig sonder om te wag op revolusies in ander kapitalistiese lande Hy het egter gevrees dat die kapitalistiese lande sou probeer om die Russiese Revolusie ongedaan te maak en het daarom die proses van sosialisering versnel Hy het sy sleutelposisie in die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party gebruik om diktatoriale magte te bekom alle teenkanting uit te skakel en Trotsky te verban 1929 Die beleid wat later as Stalinisme bekend geword het was in werklikheid n versnelde voortsetting van ortodokse Marxistiese Leninisme versnelde industrialisasie ten koste van die landbou en teen 1928 versnelde gedwonge kollektivisering van die landbou Stalin het egter van Lenin verskil in die opsig dat hy as gevolg van die versnelde sosialisering n ooreenstemmende intensivering van die klassestryd te wagte was en derhalwe n binnelandse skrikbewind gevoer het Elke sosiale groep in die Sowjetunie is deur Stalin se terreur geraak Die Kommunistiese Party is telkens gesuiwer lojale Kommuniste is geskors veroordeel verban of vermoor Miljoene dwangarbeiders het talle kanale fabrieke en dam me gebou Die staatsapparaat die onderwys wetenskap en nywerheid is deur talle suiwerings geteister In die proses van sosialisering het die klem op nasionalisme eerder as op internasionalisme geval In die Komintern het Stalin voortgegaan om die Sowjetunie se belange voorop te stel en slaafse navolging van Moskou te eis In 1928 is die Verenigde Front beleid waarmee Lenin in 1921 begin het laat vaar en is die Sosiaal Demokrate en Liberaliste weer eens as vyande bestempel net soos die Fasciste later In 1935 is die Verenigde Front beleid in ere herstel en is Kommuniste in Europa versoek om saam met die Sosialiste teen die Fascisme te veg In 1939 toe die Sowjetunie n verdrag vir gebiedsuitbreiding met Nazi Duitsland sluit is anti Fascisme veroordeel omdat Stalin verklaar het dat die Fascisme nie so n groot boosheid soos die kapitalisme was nie Die talle beleidveranderinge is elke keer deur die Sowjetunie se eie belange bepaal en nie deur die van wereldkommunisme nie Stalin se voorbeeld is deur die leiers van die ander Kommunistiese partye gevolg Hulle het net soos Stalin met behulp van persoonlike agente hul gesag uitgeoefen eerder as deur middel van die party Die party as instelling het gevolglik agteruitgegaan Sowjet oorheersing van die Komintern en die sterk sentralisasie van die Komintern se bestuursapparate het dus daarvoor gesorg dat wereldkommunisme voor die Tweede Wereldoorlog n monolitiese beweging was Verspreiding WysigNa die Tweede Wereldoorlog waaruit die Sowjetunie as n groot moondheid getree het het die Kommunisme vinnig na groot dele van Europa en Asie versprei Teen die middel van die 20e eeu het dit ook vastrapplek in Afrika en Latyns Amerika gekry Die vinnige verspreiding oor groot en uiteenlopende gebiede het onvermydelik daartoe gelei dat die beweging sy monolitiese karakter verloor het Die tradisionele Marxistiese Leninisme en Stalinisme soos voorgeskryf deur Moskou was nie noodwendig vir ander Kommunistiese lande elk met sy eie omstandighede aanvaarbaar nie So het Maoisme byvoorbeeld in Asie ontstaan Titoisme in Europa en Castroisme in Latyns Amerika Europa Wysig Die Sowjet leers wat in 1945 na Berlyn opgeruk het het die een Oos Europese staat na die ander bevry Onder die wakende oog van Moskou was Kommunistiese partye teen 1949 in al hierdie lande Albanie Bulgarye Roemenie Pole Tsjeggo Slowakye Oos Duitsland en Joego Slawie aan die bewind Die Kommunistiese oorname het in die meeste gevalle in drie fases geskied Tydens die eerste fase was daar n ware koalisie tussen Sosialiste en Kommuniste In die tweede fase het die koalisie oenskynlik voortgeduur maar is die werklike sleutelposisies deur Kommuniste gevul In die derde fase is die Sosialiste gedwing om met die Kommuniste saam te smelt Die Kommunistiese partye in Oos Europa het reeds voor die Tweede Wereldoorlog bestaan en het tydens die oorlog groot aansien verwerf vanwee hul aktiewe verset teen die Duitse besetting Hulle het tot die Komintern behoort was op Sowjet lees geskoei en was dus aanhangers van die Stalinisme Joego Slawie was egter n uitsondering Die spesifieke wyse waarop die Kommuniste onder leiding van Josip Tito in Joego Slawie aan die bewind gekom het die wyse waarop die land sy posisie teenoor Moskou verdedig het en die teoretiese en praktiese afwyking wat dit ten opsigte van Marxistiese Leninisme nagevolg het regverdig die gebruik om van die Joego Slawiese opvattings oor die staat en maatskappy as Titoisme te praat Aan die einde van die Tweede Wereldoorlog het die ondergrondse Kommunistiese party in Joego Slawie reeds n staatsapparaat gereed gehad waarmee hy die bewind kon oorneem Tito is aangewys as president Die Joego Slawiese praktyk het geteer dat n sosialistiese oorwinning wel op n ander wyse as die Russiese Revolusie kon geskied en dat die veelheid van historiese bewegings nie na een enkele vorm herlei kon word nie Bowendien het die Joego Slawe geweier om die Stalinisme te aanvaar Gedwonge kollektivisering van die landbou volgens die Sowjet model is deur Joego Slawie afgewys terwyl kleinskaalse private ondernemings aangemoedig word Daar word gewaak teen oordrewe nasionalisme en burokrasie Joego Slawie maak daarop aanspraak dat hy die enigste Kommunistiese land is wat die ideaal van die verdwyning van die staat geleidelik verwesenlik die staat beheer die ekonomiese en sosiale lewe nie so vol kame soos in die ander Kommunistiese lande nie In sy buitelandse beleid weier hy om aan een van die twee magsblokke Oos en Wes gebonde te wees Die ontstaan van Titoisme het op aandrang van die Sowjetunie n verskerping van Stalinisme in die ander Oos Europese lande tot gevolg gehad en in 1948 is Joego Slawie uit die Kominform geskors Die Kominform Kommunistiese Informasieburo is in 1947 gestig om die ou Derde Internasionale te vervang en slegs die Oos Europese lande en die Kommunistiese partye van Frankryk en Italie is toegelaat om hulle hierby aan te sluit Tot en met die laat 1980s was die hele Oos Europa met uitsondering van Joego Slawie en Albanie onder die Sowjetunie se invloedsfeer Hoewel verskeie variasies van gewoonlik meer liberale Kommunisme al in lande soos Pole Hongarye en Tsjeggo Slowakye ontstaan het en weer deur die Sowjetunie onderdruk is Albanie het in die laat vyftigerjare afvallig van Moskou geword weens die beleid van destalinisasie wat in 1956 deur Nikita Chroesjtsjof ingevoer is Na n breuk tussen Moskou en Beijing ontstaan het was Albanie n Chinese satellietstaat Asie Wysig Net soos in Europa is die vinnige verspreiding van die Kommunisme in Asie ook grotendeels aan die Tweede Wereldoorlog toe te skryf Die Kommunistiese partye in die lande van Suidoos Asie is versterk deurdat hulle deelgeneem het aan en in baie gevalle die leiding geneem het in die nasionale verset teen Westerse koloniale oorheersing en Japanse imperialisme Na die oorlog het die koloniale moondhede wat weer hul besittings opgeeis het die nasionaliste soms in die arms van die Kommunisme gedryf byvoorbeeld in Indo China waar n guerrillastryd in 1946 teen die Franse ontstaan het Die stryd het na die onttrekking van Frankryk in 1954 in n volskaalse oorlog ontvlam wat eers in 1973 met die totstandkoming van n verenigde Vietnam beeindig is Sedertdien het Laos en Kambodja ook onder Kommunistiese bewind gekom Om die Japanse oorgawe te vergemaklik is Korea in 1945 in twee verdeel Noord Korea was onder die invloed van die Sowjetunie en Suid Korea onder die invloed van die VSA Die Kommunistiese noorde se aanval op die suide in 1950 het tot n volskaalse oorlog gelei wat eers in 1953 beeindig is Noord Korea het Kommunisties gebly Die belangrikste gebeurtenis in Asie was die stigting van Kommunistiese China die Volksrepubliek China in 1949 onder leiding van Mao Zedong Hoewel die Kommunistiese Party van China onder toesig van die Komintern ontwikkel en Mao in Marxistiese terme gedink het het die Chinese Revolusie op n heel ander wyse as die Russiese Revolusie geskied Dit is deur n langdurige guerrillastryd voorafgegaan waarin nasionalisme en die eie Chinese kulturele tradisie n groot rol gespeel het Die toepassing van Chinese Marxisme Maoisme in die praktyk in die loop van die vyftigerjare het teen 1960 n definitiewe breuk tussen Beijing en Moskou veroorsaak Die Chinese Revolusie in teenstelling met die Russiese was onmiskenbaar n boererevolusie Mao was reeds in 1935 daarvan oortuig dat die boere wat n onmisbare rol in die voortsetting van die guerrillastryd gespeel het na die Kommunistiese oorwinning die wesenlike krag van die revolusionere proses moes vorm Hierdie siening was in regstreekse botsing met die beleid van Stalin en die Komintern wat die klem op industrialisasie laat val het Mao het ook van ortodokse Marxisme afgewyk in die opsig dat hy die sogenaamde eerste fase van die revolusie samewerking met die bourgeoisie oorgeslaan en sedert 1939 die Kommuniste die leiding laat neem het In ortodokse Marxisme speel die massa n veel passiewer rol as in die Maoisme Volgens die Maoisme moet die Kommunistiese Party in voortdurende dialoog met die massa verkeer en hom in baie opsigte deur die massa laat lei In Moskou daarenteen word veel meer op n tegnokratiese elite vertrou In die Maoisme val die klem veel sterker op die menslike wil as n faktor in die geskiedenis in teenstelling met die rasionele beplanning en burokratiese leiding in die Sowjetunie Om die rede het Mao die kollektivisering van die massa as n voorvereiste vir die kollektivisering van die landbou gestel Die begrip teenstellings staan sentraal in die Maoistiese leer Die dialektiese proses het volgens Mao nie na die revolusie opgehou nie want dit sou stagnasie van die sosiale ontwikkeling impliseer Die gedagte dat teenstellings binne die sosiale struktuur ook na die revolusie ontstaan en opgelos moet word hou verband met Mao se siening van permanente revolusie die massa moet voortdurend gemobiliseer word ten einde die revolusie vorentoe te dra en te verhoed dat die heersende klas bourgeois word Hiervan was die Kulturele Rewolusie in China 1966 67 n voorbeeld China het die Sowjetunie nie beskou as n kommunistiese staat nie maar as n tegnokrasie wat onbevoeg was om die leiding in die wereldrevolusie te neem Die wereldrevolusie moet volgens Mao die kapitalistiese lande via die Derde Wereld bereik Daarom dat China nog voor die Sowjetunie n groot belangstelling in die Derde Wereld en veral in Afrika begin toon het Die verset teen tegnokrasie het by baie jeugdiges in die Weste weerklank gevind en n belangstelling in die Volksrepubliek China laat ontstaan Daardeur is die ideologiese verdeling wat die Kommunisme sedert die Tweede Wereldoorlog kenmerk nog verder beklemtoon Latyns Amerika Wysig Kuba was die eerste Latyns Amerikaanse land waar die Kommunisme geseevier het en is tot dusver die enigste land waar dit staande gebly het Die revolusie is in 1959 deur Fidel Castro bewerkstellig Daar bestaan groot verskille tussen Castroisme en die Kommunistiese partye van die ander Latyns Amerikaanse lande wat hul leiding van Moskou ontvang Die verskille geld veral ten opsigte van die bewerkstelliging van die Kommunistiese revolusie in Latyns Amerika Volgens die Sowjetunie was Latyns Amerika nog half feodaal en halfkoloniaal Die revolusie moet derhalwe n demokratiese karakter he en kan slegs deur middel van n koalisie tussen die arbeiders kleinboere en nasionale bourgeoisie slaag Die revolusie moet in die stede gesentreer wees en die voorhoede moet deur die Kommunistiese Party gevorm word Daarenteen beskou Castro net soos die Chinese die platteland as van groter belang omdat hy self die Kubaanse Revolusie met behulp van die kleinboere bewerkstellig het Vir hom speel die plattelandse partisane dus n belangriker rol as die stedelike party Castro is in die eerste plek n nasionalis en dan eers n Marxis Hoewel Kuba in die ideologiese stryd in die Kommunistiese wereld aanvanklik n ongebonde houding ingeneem het was hy sedert die vroee sewentigerjare in toenemende mate van Sowjet bystand afhanklik en derhalwe in die Sowjet invloedsfeer Die owerheidsbeleid is ook dienooreenkomstig gewysig om by die Sowjet model aan te pas Castro se bewind was ernstig getoets in die nasleep van die Sowjet ineenstorting in 1991 bekend in Kuba as die Spesiale Tydperk Die land het n ernstige ekonomiese afswaai beleef as gevolg van die onttrekking van Sowjet subsidies jaarliks van 4 miljard tot 6 miljard wat gevolglik effekte soos voedsel en brandstoftekorte tot gevolg het 1 2 Kuba het sedertdien n nuwe bron van hulp en ondersteuning in die Volksrepubliek van China gevind Daarbenewens het Hugo Chavez voormalige president van Venezuela en Evo Morales president van Bolivia bondgenote geword en albei lande is groot olie en gas uitvoerders Afrika Wysig In Noord Afrika net soos in die res van die Arabiese wereld het die Kommunisme nie veel welslae behaal nie Ter wille van ekonomiese en militere bystand van die Sowjetunie was Kommunistiese partye wel toegelaat solank hulle nie revolusionere aktiwiteite onderneem het nie Die Marxisme word beskou as goddeloos en onversoenbaar met die Islamitiese kultuur In Egipte het die voormalige president Gamal Abdel Nasser wat in 1952 aan die bewind gekom het wel n gematigde vorm van sosialisme bekend as Arabiese Sosialisme ingevoer Die Suezkanaal groot handelsondernemings en nywerhede is genasionaliseer terwyl private grondbesit tot n vasgestelde maksimum beperk is Daar het enige ooreenkoms met die Kommunisme egter opgehou Afrika suid van die Sahara het eers aan die einde van die vyftigerjare die belangstelling van die Kommunistiese wereld China sowel as die Sowjetunie gewek Die Chinese en die Sowjet offensief in Afrika was onafhanklik van mekaar en dikwels in regstreekse konflik Sedert die laat sestigerjare was Afrika die middelpunt van die Sowjetunie en China se stryd om leierskap van die Kommunistiese wereld en Kuba het ook aan die kant van die Sowjetunie toegetree n Spesiale departement vir Afrika was in 1958 deur die Sowjetunie se departement van buitelandse sake gestig en het binne 3 jaar soveel welslae behaal dat dit in twee verdeel is Die Tweede Departement vir Afrika was verantwoordelik vir Afrika suid van die Sahara en het so groot geword dat dit self ook later in twee verdeel is Die Sowjetunie se teenwoordigheid in Afrika het gespruit uit n begeerte om die vasteland die wereld se tweede grootste vir die Sowjetblok te wen nie net ter wille van die enorme ekonomiese voordeel wat hy daaruit kan put nie maar ook ter wille van die strategiese waarde in terme van die Koue Oorlog Die inlywing van Afrika by die Sowjetblok moes egter sonder geweld geskied dit wil se sonder n gewelddadige konfrontasie tussen die Ooste en die Weste wat n kernoorlog kon ontketen Nasionalistiese bewegings was egter aangemoedig om nie voor geweld terug te deins nie Dit het voorsiening gemaak vir n stryd teen neo kolonialisme met ander woorde die nuwe state moet ekonomies onafhanklik van die Westerse moondhede word Dit sou bewerkstellig deur die verskaffing van ekonomiese en tegniese hulp deur die Sowjetunie waardeur die Russe ook beheer oor die verdere ekonomiese beplanning van die state sou verkry Daarna moes daar ontslae geraak word van leiers wat hulle teen Kommunistiese druk verset of wat nie sterk genoeg in hul pro Kommunistiese optrede is nie en in die laaste fase moet hulle vervang word deur jonger leiers wat in die Sowjetunie of in sy satellietstate opgelei en geindoktrineer is Ontwikkelings in Afrika sedert 1962 het die Sowjet program egter heeltemal verongeluk Die eerste fase het byvoorbeeld oorbodig geword omdat die Westerse moondhede geredelik van hul kolonies afstand gedoen het en is net ten opsigte van die Portugese kolonies toegepas Die tweede fase het haas onuitvoerbaar geword omdat Afrika se afhanklikheid van die Westerse ekonomiee onderskat is en die beplande ekonomiese hulp uit die Sowjetunie dus onvoldoende was Die derde en die vierde fase is in die wiele gery deur die Afrika nasionalisme waarvan die krag ook deur die Sowjetunie onderskat was Dit het geblyk dat die Afrika leiers nadat hulle eers aan die bewind gekom het verkies het om n konserwatiewe koers in te slaan en nie revolusionere aktiwiteit in hul eie lande wou duld nie Hulle was gretig om ekonomiese en tegniese hulp van die Sowjetunie sowel as van die Weste te ontvang maar sonder om daarmee hul selfstandigheid prys te gee Die gedagte aan n onbuigsame program vir Afrika is deur die Sowjetunie laat vaar In sy taktiek daarna het die staat daarop gekonsentreer om die vertroue van die Afrikastate te wen hoofsaaklik deur n aansienlike bydrae tot hul ekonomiese en politieke stabiliteit te lewer Daar was ook besliste pogings aangewend om politieke en intellektuele leiers vir die Moskou ideologie te wen China se benadering tot Afrika het verskil in baie opsigte van die van die Sowjetunie In ooreenstemming met Mao se teorie oor permanente revolusie het China oorlog as die hoogste vorm van stryd beskou waardeur teenstellings tussen klasse en tussen nasies opgelos moet word Bloedige revolusies was beskou as deel van n groter wereldskema Anders as die Sowjetunie het China dit as onmoontlik beskou om Afrika by n Chinese ryk in te lyf maar n chaotiese en deur revolusie geteisterde Afrika sou vir China n belangrike strategiese wapen teen die Weste wees Sowjet teenwoordigheid in Afrika was vir China net so ongewens soos die van die Westerse lande Chinese indringing in Afrika het in 1955 begin met die opening van n ambassade in Kairo en het in die daaropvolgende dekade so vinnig gevorder dat talle organisasies in die lewe geroep is om die kontak met die Afrikalande te handhaaf Die organisasies was almal oenskynlik ekonomies of kultureel van aard maar die meeste van hulle het politieke doelwitte en was direk aan die Chinese premier verantwoordelik Die Kommissie vir Kulturele Betrekkinge was byvoorbeeld belas met die taak om rekrute vir guerrilla oorlogvoering in Afrika te werf en op te lei terwyl die China Afrika Vriendskapsgenootskap verantwoordelik was vir politieke ondermyning Die Arabiese lande in Afrika veral Egipte was spoedig deur China afgeskryf as imperialistiese werktuie waarby die Sowjetunie ook as imperialisties bestempel word en meer aandag is aan Afrika suid van die Sahara geskenk waar Maoisme n vrugbaarder bodem gevind het Vir die Swart state was Maoisme met sy beklemtoning van revolusie as n aanvaarbare strydmiddel aanlokliker as die meer besadigde en intellektuele Sowjet Marxisme Boonop het China homself as deel van die Derde Wereld voorgedoen en as n land wat self koloniale onderdrukking verduur het totdat hy hom deur middel van n revolusie bevry het Kultureel en ekonomies het agrariese China wat tot onlangs self n onderontwikkelde land was meer met Afrika gemeen as die Sowjetunie Daarom dat ekonomiese en tegniese bystand van China so geredelik deur Afrika aanvaar word Net soos die Sowjetunie het China ook die krag van Swart nasionalisme onderskat en ernstige terugslae beleef veral in die middel sestigerjare toe verskeie regerings wat onder Chinese invloed was in n reeks staatsgrepe omvergewerp is China het sy dreigemente en militante voorskrywery aan Afrikastate laat vaar en ook n nuwe taktiek begin volg Op alle terreine van die ekonomiese lewe lewer hy soveel hulp en rentevrye lenings dat sy bystand in verskeie lande onontbeerlik vir verdere ontwikkeling geword het veral in Tanzanie Hoewel slegs n geringe getal Afrikalande Angola Mosambiek Benin en Madagaskar n Marxistiese regeringstelsel het kom sosialisme in n verskeidenheid van vorme in baie van die ander lande voor Hul vatbaarheid vir invloede uit die Kommunistiese wereld die Sowjetunie en China is nie soseer ideologies van aard nie maar ekonomies Dit is die vatbaarheid wat deur die Kommunisme uitgebuit kon word Suid Afrika Wysig In 1915 het n deel van die Arbeiderparty weggebreek en n organisasie die International Socialist League gestig Sy amptelike spreekbuis was n publikasie genaamd die International Ander linksgesinde groepe in Suid Afrika in daardie jare was die Cape Communist Party die Social Democratic Federation die Durban Marxian Club en die Jewish Socialist Society Hierdie organisasies het by n kongres in Johannesburg Januarie Maart 1921 besluit om die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party te stig Die stigtingskongres is in Julie Augustus 1921 in Kaapstad gehou Die amptelike publikasie van die SAKP was The Worker waarmee die International saamgesmelt het Meer as die helfte van die blad is in Swart tale gepubliseer omdat daar veral gepoog is om die Swart arbeiders by die Kommunistiese beweging te betrek Die sekretaris van die party W H Andrews het die SAKP in 1923 24 in die Derde Internasionale in Moskou verteenwoordig Die internasionale se inmenging met die SAKP se beleid het in 1927 tot n skeuring in die party gelei en verskeie van die leiers onder wie Andrews is deur Moskou geskors Die aksieprogram wat in 1927 deur die party op voorskrif van Moskou opgestel is was onder meer daarop gemik om alle beperkende maatreels ten opsigte van arbeiders Blank sowel as Swart en hul organisasies op te het grondbesit te herverdeel gratis onderwys vir almal te bekom en die Kaapse stem reg vir Nie Blankes na die ander provinsies uit te brei Kort voordat die Wet op die Onderdrukking van die Kommunisme No 44 van 1950 op 17 Julie 1950 van krag geword het het die SAKP self ontbind en ondergronds gegaan Sommige van die partylede het beheer verkry oor Swart politieke organisasies soos die African National Congress Na sy verbanning het die SAKP sy aktiwiteite in Brittanje voortgesit n Marxisties Leninistiese program vir Suid Afrika wat in 1962 deur die Sentrale Komitee van die party opgestel is aanvaar die beleid van ondermyning en gewelddadige revolusie Die Suid Afrikaanse situasie word as n spesiale soort kolonialisme beskou en n regering soortgelyk aan die van die volksdemokrasiee van Oos Europa word vir Suid Afrika in die vooruitsig gestel Op 2 Februarie 1990 het die regering die SAKP die ANC die PAC en ander verbode partye en organisasies ontban 3 Tydens die eerste demokratiese en veelrassige parlementsverkiesings van April 1994 het die SAKP nie as n onafhanklike party aan die verkiesing deelgeneem nie maar sy lede aangemoedig om die ANC te steun Die ANC het die verkiesing gewen en in sy kabinet het die nuwe president Nelson Mandela n aantal lede van die SAKP ANC aangestel insluitende Joe Slovo as die Minister van Behuising Sien ook WysigSosialisme KapitalismeBronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409567 bandVerwysings Wysig Health consequences of Cuba s Special Period CMAJ Canadian Medical Association Journal 179 3 257 2008 doi 10 1503 cmaj 1080068 PMC 2474886 PMID 18663207 AS1 onderhoud ref harv link Patricia Maroday 12 Januarie 2015 Doing Business with Cuba The Complete Guide in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2016 Winkler Prins Encyclopedie 1991 deur red Winkler Prins bl 323Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kommunisme Basiese inleiding tot sosialisme kommunisme en marxisme Libcom org Uitgebreide biblioteek met bykans 20 000 artikels boeke pamflette en tydskrifte oor libertariese kommunisme Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kommunisme amp oldid 2593405