www.wikidata.af-za.nina.az
Mongolie amptelik die Mongoolse Staat Mongools Mongol uls in Mongoolse Cyrillies ᠮᠣᠩᠭᠣᠯ ᠤᠯᠤᠰ mɔŋˈɢɔɮ ʊɮs in Mongoolse skrif Latynse alfabet Mongol uls is n landingeslote land in Sentraal Asie en le tussen Rusland in die noorde en die Volksrepubliek China in die suide Die hoofstad en grootste stad is Ulaanbaatar ook bekend as Oelan Bator Russies Ulan Bator waar sowat 45 van die land se bevolking woon Mongol uls Mongools ᠮᠣᠩᠭᠣᠯ ᠤᠯᠤᠰ Mongoolse Staat Vlag EmbleemVolkslied Mongol ulsyn torijn duulal tr Mongol ulsyn toriin duulal Mongools vir Volkslied van Mongolie source source Hoofstad Ulaanbaatar Oelan Bator 47 55 N 106 53 O 47 917 N 106 883 O 47 917 106 883Grootste stad Ulaanbaatar Oelan Bator Amptelike tale MongoolsRegering President Eerste minister Unitere semi presidensiele republiek 1 2 3 Ukhnaagiin KhurelsukhLuvsannamsrain Oyun ErdeneOnafhanklikheid Vorming Xiongnu ryk Mongoolse Ryk Onafhanklikheid verklaarvan die Mantsjoe Qing ryk Mongoolse Volksrepubliek Huidige grondwet 209 v C 120629 Desember 191126 November 192413 Februarie 1992Oppervlakte Totaal Water 1 566 000 km2 18de 605 000 myl20 67Bevolking 2020 skatting 2015 sensus Digtheid 3 353 470 4 134ste 3 057 778 5 2 07 km2 194ste 5 4 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2021 skatting 42 412 miljard 6 115de 12 431 6 93ste BBP nominaal Totaal Per capita 2021 skatting 14 233 miljard 6 133ste 4 172 6 116de MOI 2019 0 737 7 99ste hoogGini 2018 32 7 8 mediumGeldeenheid Togrog a href ISO 4217 html title ISO 4217 MNT a Tydsone Somertyd UTC 7 8 9 nie toegepas nie UTC 8 9 10 Internet TLD mn monSkakelkode 976 Nasa Satellietbeeld van MongolieMongolie het in 2020 n bevolking van 3 353 677 gehad en beslaan n oppervlakte van 1 566 000 km Volgens oppervlakte is Mongolie naas Kasakstan die grootste land wat deur land omring word Albei lande le net sowat 37 km uitmekaar Daarbenewens is Mongolie die ylbevolkste land ter wereld Mongolie se gebied is ongeveer gelyk aan die van die historiese gebied Buite Mongolie en die term word soms gebruik om die onafhanklike land van die aangrensende Chinese outonome gewes Binne Mongolie te onderskei Die land se noorde word oorwegend gekenmerk deur steppe terwyl die suide deur die Gobiwoestyn oorheers word Mongolie se geskiedenis is veral bekend vir die Mongoolse Ryk wat in 1206 deur Djengis Khan gestig is nadat hy die Mongoolse en Turkse volke in die gebied van die huidige Mongolie verenig het Daarna het hy en sy opvolgers groot dele van Sentraal en Wes Asie China Korea en Oos Europa verower Inhoud 1 Ligging en klimaat 2 Bevolking 3 Sosiale maatreels 4 Ekonomie 5 Geskiedenis 6 Verwysings 7 Bronne 8 Eksterne skakelsLigging en klimaat Wysig Klimaatsones in Mongolie volgens die Koppen klimaatklassifikasie Kaart van Mongolie Topografiese kaart van MongolieDie gebied van Mongolie beslaan n oppervlakte van 1 556 000 km en die gemiddelde hoogte bo seespieel is 1 580 m Die land is in die oostelike deel van Sentraal Asie gelee en grens in die noorde aan Siberie en in die suide aan die Volksrepubliek China n Groot gedeelte van die westelike en noordelike bergagtige gebiede is altyd met sneeu bedek Die oostelike deel van Mongolie bestaan uit heuwelagtige vlaktes terwyl die suide wat ongeveer n derde van die land se oppervlakte beslaan uit die Gobiwoestyn bestaan Die grootste gedeelte van hierdie woestyn is eintlik halfwoestyngebied met heelwat grasvelde steppes en oases Die Gobi verdeel die streek in twee gebiede die noordelike deel vroeer bekend as Buite Mongolie en nou n onafhanklike staat die Mongoolse Staat 1 556 000 km en die suidelike deel Binne Mongolie 1 778 000 km n outonome gebied binne die Volksrepubliek China Mongolie het n kontinentale klimaat met koue winters en warm somers Die gemiddelde temperatuur is 4 C met temperature van tot 34 C in Januarie in die noorde en somertemperature van tot 23 C in die suide Die weer is dikwels onvoorspelbaar sodat temperature binne een dag met 30 C kan wissel Sand en haelstorms kan onverwags voorkom en in die somermaande kan skielike reenbuie oorstromings veroorsaak Hoewel die swaar sneeuneerslae slegs in die bergagtige gebiede voorkom word die steppes ook soms deur hewige sneeustorms getref Bevolking WysigDie meeste inwoners woon in die akkerbougebied in die weste terwyl die Gobiwoestyn baie yl bewoon is Ongeveer 25 van die bevolking woon in die hoofstad Ulaanbaatar en 25 in ander stedelike nedersettings As gevolg van n dalende sterftesyfer en n stygende geboortesyfer is die bevolkingsaanwas hoog Die bevolking is taamlik homogeen met n meerderheid Mongole Die belangrikste subgroep is die Khalkha Mongole 75 van die bevolking Ander Mongoolse subgroepe is onder andere die Boerjate en die Dariganga Die grootste nie Mongoolse groep is die Kasakke ongeveer 4 van die bevolking n groep wat verwant is aan die Mongole maar n Turkse taal praat Daar woon ook Mongole in Binne Mongolie en Rusland Ulaanbaatar is die hoofstad en grootste stad van MongolieAlle Mongole toon geneties dieselfde fisieke eienskappe Hulle is kort selde langer as 1 68 m stewig gebou met n ivoorkleurige tot bruin vel en swart hare Kenmerkend is die kort skedels en ovaal of ronde gesigte waardeur die hoe wangbene skuins oe en neusstruktuur die indruk van platheid wek Khalkha Mongools n subfamilie van die Altaiese tale is die spreektaal van Mongolie terwyl die geskrewe taal n Cyrilliese alfabet is waarvan die lettertekens aan Russies Bulgaars en Serwies ontleen is Tradisioneel het die oorgrote meerderheid van die bevolking Lamaisme as godsdiens aangehang Dit is n vorm van Tibettaanse Boeddhisme Godsdiens speel in Mongolie n baie geringe rol en die land het dan ook geen staatsgodsdiens nie Formeel bestaan daar nog godsdiensvryheid maar die geestelike en wereldlike mag van die lamas priesters is beperk en godsdiensbeoefening word nie aangemoedig nie In die hoofstad Ulaanbaatar bestaan daar wel nog n Lamaistiese klooster wat funksioneer Sosiale maatreels WysigHoewel die sterftesyfer in Mongolie in die laaste paar dekades baie gedaal het veroorsaak swak higieniese toestande en wanvoeding onder meer vitamiengebreke nog heelwat probleme Siektes soos tuberkulose geslagsiektes geelsug en tifus kom algemeen voer want ten spyte van n groot toename in die getal medici is mediese toerusting skaars en word hospitale nog slegs in die stedelike sentra aangetref Behandeling is egter byna altyd gratis Op die gebied van die onderwys het Mongolie groot vordering gemaak Die Mongoolse leiers beskou die onderwys wat vroeer in die hande van die lamas was as n geskikte instrument vir die opbouing van n nuwe gemeenskap Voor die Tweede Wereldoorlog was feitlik die hele bevolking analfabete en is daar klem gele op die bevordering van die elementere lees en skryfkuns Na die Tweede Wereldoorlog is meer aandag aan middelbare en hoer onderwys gegee Onderwys is gratis en verpligtend vir alle 8 tot 14 jariges en as gevolg daarvan behoort analfabetisme nou tot die verlede en is die skolingsgraad in Mongolie hoog Die regering skep ook geriewe om die kinders van nomadiese veetelers van leermateriaal klere en huisvesting te voorsien In die praktyk beteken dit dat baie kinders van hulle ouers geskei word Kleuterskole word ook opgerig om vroue die geleentheid te gee om tot die arbeidsmark toe te tree In Ulaanbaatar is die Staatsuniversiteit van Mongolie asook party hoerskole en inrigtings vir die opleiding van mediese personeel landboukundiges en onderwysers Baie studente studeer in Rusland of in een van die Oos Europese lande Daar was in die laaste paar dekades n groot verbetering in behuising Saam met die industrialisasie en die gevolglike verstedeliking verruil n steeds groter aantal Mongole die tradisionele joert of gher n tentagtige semipermanente nomadewoning vir n woonstel in baksteenwoonstelkomplekse wat deur die regering opgerig word Op die platteland is die joert egter steeds belangrik veral in vaste nedersettings Ekonomie Wysig Oyu Tolgoi het sowat 18 000 werkers in diens Ulaanbaatar uitsig met die Blue Sky Tower aan die linkerkantOp ekonomiese gebied was Mongolie eeue lank van nomadiese veetelers afhanklik Tot met die Tweede Wereldoorlog het die Mongole hulle op veeteelt toegespits en was hulle vir voedsel klere en behuising volkome daarvan afhanklik Ongeveer die helfte van die bevolking is steeds van veeteelt afhanklik maar die omstandighede waaronder dit bedryf word het baie verander In die begin van die twintigerjare met die ontstaan van die Volksrepubliek Mongolie is daar begin met n sosialiseringsproses wat veral na die Tweede Wereldoorlog op dreef gekom het Die Mongole het begin wegbeweeg van n suiwer agrariese veeteeltekonomie na n agraries industriele ekonomie Die groot veekuddes behoort nie meer aan die lamas of wereldlike vorste tot wie die arat of veewagter vroeer in n feodale verhouding gestaan het nie Die kuddes is nou in die gemeenskaplike besit van n agrariese kooperasie Slegs n klein aantal veewagters trek deesdae met die vee rond sodat mannekrag bespaar en op ander plekke soos in die nywerhede benut kan word Mongolie se belangrikste uitvoerprodukte is lewende hawe vleis wol klere en leer en daar word hoofsaaklik na Rusland die Volksrepubliek China en die Verenigde Koninkryk uitgevoer Sowat 33 van die land se invoere kom uit die Volksrepubliek China Rusland Japan Verenigde State en Suid Korea en sluit landboumasjinerie voertuie petroleum en petroleumprodukte suiker en suikerprodukte asook koring in In 1921 was kameelkaravane Mongolie se hoofvervoermiddel Geskiedenis Wysig Die uitbreiding van die Mongoolse Ryk van 1206 tot 1297Die Mongole se voorouers was die Hunne of Hsiungnu wat van ongeveer die 4de tot die 1ste eeu v C in Asie gewoon het Na n paar eeue van oorlog met die Han Chinese wat deur onderlinge burgeroorloe vererger is het die Hsiung nu konfederasie ontbind Party stamme het hulle in China gevestig terwyl ander weswaarts tot in Europa getrek het In 1206 het nomadiese stamme onder leiding van Djengis Khan n enkele Mongoolse feodale staat gevorm Djengis Khan en sy opvolgers het n groot gedeelte van Eurasie geplunder en verower In 1691 is Mongolie wat verswak is deur twiste tussen die khans vorste en invalle van buite deur die invallers uit Mantsjoerye verower Eers in 1911 het Mongolie n onafhanklike feodale monargie geword Aangevuur deur die Oktoberrewolusie van 1917 in Rusland het Damdini Suhbaatar n nasionale held militante ondergrondse groepe georganiseer en die Russe en Chinese uit Mongolie begin verdryf Suhbaatar se magte het op 11 Junie 1921 die oorhand gekry en op 26 November 1924 is die Volksrepubliek Mongolie amptelik uitgeroep met Ulaanbaatar as hoofstad Ulaanbaatar beteken rooi held Naas die Sowjetunie het die Volksrepubliek Mongolie die tweede kommunistiese staat in die wereld geword en die Sowjetunie het van die begin af meegehelp dat die bewind gehandhaaf word Verwysings Wysig en Shugart Matthew Soberg September 2005 Semi Presidential Systems Dual Executive and Mixed Authority Patterns PDF Graduate School of International Relations and Pacific Studies Verenigde State University of California San Diego Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 19 Augustus 2008 Besoek op 21 Februarie 2016 en Shugart Matthew Soberg Desember 2005 Semi Presidential Systems Dual Executive And Mixed Authority Patterns PDF French Politics Palgrave Macmillan Journals 3 3 323 351 doi 10 1057 palgrave fp 8200087 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 4 Maart 2016 Besoek op 21 Februarie 2016 en Odonkhuu Munkhsaikhan 12 Februarie 2016 Mongolia A Vain Constitutional Attempt to Consolidate Parliamentary Democracy ConstitutionNet International Institute for Democracy and Electoral Assistance Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 10 April 2019 en Renewed 2015 2045 population projection www 1212 mn Mongoolse Diens vir Statistiese Inligting 1 Januarie 2017 Besoek op 28 Mei 2020 en 2015 population and housing by census of mongolia www 1212 mn Mongoolse Diens vir Statistiese Inligting 1 Januarie 2016 Besoek op 28 Mei 2020 6 0 6 1 6 2 6 3 en Mongolia Internasionale Monetere Fonds April 2021 Besoek op 30 Junie 2021 en Human Development Report 2020 PDF United Nations Development Programme 2020 Besoek op 30 Junie 2021 en Mongolia Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2020 Besoek op 30 Junie 2021 en Mongolia Standard Time is GMT UTC 8 some areas of Mongolia use GMT UTC 7 Time Temperature com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 4 Oktober 2017 en Clock changes in Ulaanbaatar Mongolia timeanddate com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 10 April 2019 Bronne WysigAlgemeen en Mongolia Encyclopaedia Britannica Besoek op 30 Junie 2021 en Mongolia Central Intelligence Agency Besoek op 30 Junie 2021 Wereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 60 5 volume 19 bl 154Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mongolie en Toerisme inligting oor Mongolie op Wikivoyage Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Mongolie amp oldid 2476911