www.wikidata.af-za.nina.az
WikipediaTipe webblad WikiTaal e Veeltalig insluitend AfrikaansRegistrasie OpsioneelEienaar Wikimedia StigtingOuteur Die gemeenskapOpgerig 15 Januarie 2001Huidige status AktiefURL http af wikipedia org Wikipedia is n veeltalige kopielinkse ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees verbeter en uitgebrei te word Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki sagteware en word verskaf en ondersteun deur die nie winsgewende Wikimedia stigting Waarnemers beskou die tweeledige bestuur waarin n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor n globale digitale projek met n stigting deel en sodoende formele met informele organisasiestrukture verbind word as n eksperiment wat steeds aan die gang is 1 Afgesien van tipiese ensiklopedie inskrywings sluit Wikipedia ook inligting in wat meer algemeen verbind word met almanakke aardrykskundige woordeboeke en spesialis tydskrifte asook dekking van huidige gebeure Daar bestaan tans Wikipediaweergawes in 327 tale en daar is ongeveer 114 000 aktiewe gebruikers meer as 44 miljoen geregistreerde gebruikers wat saamwerk aan die Engelse uitgawe van Wikipedia wat dit moontlik gemaak het om die ensiklopedie in minder as vier jaar te laat groei tot die wereld se grootste ensiklopedie tans met meer as sesmiljoen artikels wat steeds groei teen n tempo van duisende per dag As die weergawes in al die tale bymekaar getel word bevat Wikipedia meer as 59 miljoen artikels Wikipedia is een van die gewildste verwysingswerwe op die Web met ongeveer 80 miljoen besoeke per dag Wikipedia ontvang lof vanwee die feit dat dit vrylik toeganklik is en n wye reeks onderwerpe in diepte dek Dit is al gekritiseer vir die potensiaal wat dit het om onakkurate inligting te bevat die gebrek aan gesaghebbendheid teenoor n tradisionele ensiklopedie vir n sistematiese vooroordeel en vir gebreke in die meer tradisionele ensiklopediese onderwerpe Vandalisme is n gereelde probleem hoewel dit oor die algemeen vinnig opgemerk en artikels maklik en gou herstel word Inhoud 1 Verwante projekte 1 1 Taaluitgawes 1 2 Susterprojekte 2 Toekennings en nominasies 2 1 2004 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 5 1 Verwante werwe 5 2 OpstelleVerwante projekteTaaluitgawes Sedert 2004 word Wikipedia in baie tale bedryf Agtien taaluitgawes het reeds meer as eenmiljoen artikels in 2022 Van die taaluitgawes met die meeste artikels sluit in Wikipedia bevorder onpartydigheid Engels 6 545 miljoen Cebuano 6 1258 miljoen Duits 2 707 miljoen Sweeds 3 551 miljoen Frans 2 438 miljoen Nederlands 2 096 miljoen Russies 1 837 miljoen Spaans 1 789 miljoen Italiaans 1 763 miljoen Egiptiese Arabies 1 589 miljoen Pools 1 529 miljoen Japannees 1 334 miljoen Chinees 1 291 miljoen Vietnamees 1 274 miljoen Portugees 1 094 miljoenSedertdien vergroot verskeie weergawes met vele tale met meer as honderdduisend artikels ook Afrikaans Sien hier vir die volledige lys en hier vir n volledige tabel van die aantal artikels in elke taaluitgawe Susterprojekte Wikipedia het die volgende susterprojekte WikiWoordeboek Wiktionary n gratis woordeboek WikiBoeke WikiBooks n gratis handboek WikiAanhaling WikiQuote n gratis ensiklopedie van aanhalings WikiBron WikiSource n stoor van brontekste in enige taal wat in die publieke domein of onder die GFDL vrygestel is Wikivoyage n vrye reisgidsIn Februarie 2002 het meeste deelnemers aan die Spaanse Wikipedia nie saamgestem met die rigting van die projek nie en weggebreek om die Enciclopedia Libre te vorm Toekennings en nominasies2004 In Mei 2004 het Wikipedia twee groot toekennings verwerf Die eerste was die Golden Nica for Digital Communities wat deur Prix Ars Electronica toegeken is tesame met n 10 000 vergunning en n uitnodiging om n toespraak te lewer by die PAE Cyberarts Festival in Oostenryk later daardie jaar Die tweede was n Beoordeelaars se Webby toekenning vir Gemeenskap 1 Geargiveer 22 Julie 2011 op Wayback Machine Wikipedia is ook genomineer vir n Best Practices Webby In September 2004 het die Japannese Wikipedia n toekenning van die land se grootste Adverteerdersvereniging ontvang Hierdie toekenning wat gewoonlik aan individue wat n groot bydrae tot die Web in Japannees gelewer het toegeken word is namens die projek deur n jarelange bydraer in ontvangs geneem Sien ookAfrikaanse WikipediaVerwysings www bpb de 23 November 2012 Wikipedia Formale Organisation und informale Gemeinschaft Besoek op 16 Februarie 2016Eksterne skakelsWikimedia Commons bevat media in verband met Wikipedia Sien Wikipedia in Wiktionary die vrye woordeboek Taalneutrale voorblad van Wikipedia Afrikaanse uitgawe van Wikipedia Wikipedia Frequently Asked QuestionsVerwante werwe Meta Wikipedia Beleid verwante en tegniese bespreking oor Wikipedia en sy susterprojekte sluit n handleiding in oor hoe om n eie MediaWiki werf te begin Webwerf van MediaWiki die sagteware van Wikipedia OpenFacts Kopiee van Wikipedia inhoud Die Wikipedia Cafeshop Argief van Wikipedia persverklarings Wikipedia Trofee uitstallingOpstelle The Free Universal Encyclopedia and Learning Resource deur Richard Stallman RMS IBM History Flow Geargiveer 3 Junie 2004 op Wayback Machine Technical experiment on visualizing dynamic evolving documents and the interactions of multiple collaborating authors Gebruik verskeie Wikipedia artikels as voorbeelde Kaplan Andreas Haenlein Michael 2014 Collaborative projects social media application About Wikipedia the free encyclopedia Business Horizons Volume 57 Issue 5 pp 617 626 Operation of a Large Scale General Purpose Wiki Website Geargiveer 4 Februarie 2005 op Wayback Machine November 2002 deur Lars Aronsson stigter van susning nu Coase s Penguin deur Yochai Benkler Wikimedia Stigting Projekte Broeikas Commons Meta Wiki Wikibooks Wikidata Wikinews Wikipedia Wikiquote Wikisource Wikispecies Wikiversity Wikivoyage WikiWoordeboekSien ook Wiki MediaWiki QRpedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wikipedia amp oldid 2513234