www.wikidata.af-za.nina.az
Periode sisteem Epog serie Tydsnede etage M jaar geledeKarboon Mississippium Tournaisium jongerDevoon Laat Famennium 372 2 358 9Frasnium 382 7 372 2Middel Givetium 387 7 382 7Eifelium 393 3 387 7Vroeg Emsium 407 6 393 3Pragium 410 8 407 6Lochkovium 419 2 410 8Siluur Pridolium geen gedef ouerDie verdeling van die Devoon IKS Die Devoon is n geologiese periode van die Paleosoiese Era wat strek van die einde van die Siluur sowat 419 2 miljoen jaar gelede tot die begin van die Karboon sowat 358 9 miljoen jaar gelede Dit is genoem na Devon Engeland waar rotse uit die periode die eerste keer bestudeer is Dit is ook n chronostratigrafiese sisteem van die Paleosoiese erateem In die Devoon het die lewe op land vir die eerste keer n noemenswaardige diversifikasie beleef Vaatryke plante wat spore vrystel het oor die droe land begin versprei en uitgebreide woude gevorm wat die kontinente bedek het Teen die middel van die Devoon het verskeie groepe plante blare en wortels ontwikkel en teen die einde van die periode het die eerste saaddraende plante hul verskyning gemaak Visse het ook in n groot mate gediversifiseer in so n mate dat die Devoon dikwels die era van die vis genoem word Die voorouers van alle vierpotige gewerweldes het aangepas om op land te loop hul sterk bors en bekkenvinne het geleidelik in pote ontwikkel 1 In die oseane het primitiewe haaie toegeneem Die eerste weekdiere met skulpe het verskyn Die Laat Devoon uitwissing het die seelewe grootliks beinvloed en verskeie spesies is heeltemal uitgewis Die paleogeografie is oorheers deur die superkontinent Gondwana in die suide die kontinent Siberie in die noorde en die vroee vorming van die klein kontinent Euramerika tussen in Inhoud 1 Visse 2 Bronne 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsVisse WysigGedurende die Devoon het n groep visse die Choanichityes staande poele vars water bewoon Hierdie visse het behalwe kiewe ook nog longe gehad om vir die periodieke gebrek aan suurstof in die water te vergoed Hulle kon dus suurstof uit die lug kry deur na die opeervlak te kom Hierdie groep visse het aan die landwerweldiere oorsprong gegee maar vier geslagte het bly voortbestaan Die selekantide Latimeria chalumnae is seker die beroemdste lewende fossiel Die eerste voorbeeld van hierdie vis is in 1938 naby die mond van die Chalumna rivier by Oos Londen gevang Mev M Courtanay Latimer van die Oos Londense Museum na wie die vis genoem is het die beroemde viskundige prof dr J L B Smith daarvan in kennis gestel Prof Smith het besef dat die vis ver van sy tuiste gevang is en het van die seestrome afgelei dat sy eintlike tuiste die Mosambiekkanaal moet wees Bronne Wysig Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal uit die Engelse Wikipedia KENNIS 1980 ISBN 0798108231 volume 1 bl 122Verwysings Wysig 1 Fossil tracks record oldest land walkers BBC NewsEksterne skakels WysigThe Devonian Times UC Berkeley webtuiste oor die Devoon Voorbeelde van Devoon fossiele Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Devoon Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Devoon Proterosoikum Fanerosoiese EonNeo Paleosoiese Era Mesosoiese Era Kainosoiese EraEdiacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwarter Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Devoon amp oldid 2186792