www.wikidata.af-za.nina.az
Periode sisteem Epog serie Tydsnede etage M jaar geledeJura Vroeg Hettangium jongerTrias Laat Rhaetium 201 3 208 5Norium 208 5 228Karnium 228 235Middel Ladinium 235 242Anisium 242 247 2Vroeg Olenekium 247 2 251 2Indusium 251 2 252 2Perm Lopingium Changhsingium ouerDie verdeling van die Trias IKS Die Trias is die eerste geologiese periode van die Mesosoiese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Paleosoiese Era die Perm sowat 250 miljoen jaar gelede tot die begin van die Jura sowat 200 miljoen jaar gelede Dit is ook die eerste chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoiese erateem Beide die begin en einde van die periode word gekenmerk deur groot uitwissings Die Trias is in 1834 so genoem deur Friedrich von Alberti na aanleiding van die drie duidelik onderskeibare rotslae wat dwarsdeur Duitsland en Noordwes Europa voorkom rooi sandsteen kalksteen en moddersteen wat die Trias genoem word 1 Die Trias het begin net na die Perm Trias uitwissing wat die Aarde se biosfeer uitgeput gelaat het dit sou tot omtrent die helfte van die periode duur om die vorige diversiteit te herstel Therapsida en Archosauria was die twee belangrikste gewerweldes in die tyd n Subgroep van die Archosauria die dinosourusse het in die Laat Trias vir die eerste keer hul verskyning gemaak maar het nie oorheers tot die daaropvolgende Jurassiese Periode nie 2 Die eerste ware soogdiere n subgroep van die Therapsida het ook in die periode ontwikkel asook die eerste vlieende gewerweldes die pterosourusse wat nes die dinosourusse n subgroep van die Archosauria was Die groot kontinent Pangaea het tot in die middel van die Trias bestaan waarna dit in twee landmassas verdeel het Laurasie in die noorde en Gondwana in die suide Die klimaat in die Trias was hoofsaaklik warm en droog 3 met woestyne oor n groot deel van Pangaea Die klimaat het egter vogtiger geraak namate Pangaea uiteengedryf het Die einde van die periode word weer eens gekenmerk deur n groot katastrofe die Trias Jura uitwissing waarin baie groepe uitgewis is Hierna kon die dinosourusse die Jura periode oorheers Verwysings Wysig Friedrich von Alberti Beitrag zu einer Monographie des bunten Sandsteins Muschelkalks und Keupers und die Verbindung dieser Gebilde zu einer Formation Contribution to a monograph on the colored sandstone shell limestone and mudstone and the joining of these structures into one formation Stuttgart en Tubingen Duitsland J G Cotta 1834 Brusatte S L 2008 09 12 Superiority Competition and Opportunism in the Evolutionary Radiation of Dinosaurs PDF Science 321 5895 1485 1488 Bibcode 2008Sci 321 1485B doi 10 1126 science 1161833 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 2014 06 24 Besoek op 2012 01 14 Onbekende parameter coauthors geignoreer hulp Lethally Hot Earth Was Devoid of Life Could It Happen Again Eksterne skakels Wysig The Triassic world Geargiveer 22 Februarie 2016 op Wayback Machine Douglas Henderson s illustrations of Triassic animals dooie skakel Die Trias uitwissings Geargiveer 1 Augustus 2017 op Wayback Machine Voorbeelde van Trias fossiele Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trias Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Trias Proterosoikum Fanerosoiese EonNeo Paleosoiese Era Mesosoiese Era Kainosoiese EraEdiacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwarter Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Trias amp oldid 2472354