www.wikidata.af-za.nina.az
Die Jura is n geologiese periode van die Mesosoiese Era en strek van die einde van die Trias sowat 201 3 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kryt sowat 145 miljoen jaar gelede Die Jura is ook n chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoiese erateem Groot dinosourusse het in die Jura voorgekom in woude met ewe groot konifers Periode sisteem Epog serie Tydsnede etage M jaar geledeKryt Vroeg Berriasium jongerJura Laat Titonium 145 0 152 1Kimmeridgium 152 1 157 3Oxfordium 157 3 163 5Middel Callovium 163 5 166 1Batonium 166 1 168 3Bajosium 168 3 170 3Aalenium 170 3 174 1Vroeg Toarsium 174 1 182 7Pliensbachium 182 7 190 8Sinemurium 190 8 199 3Hettangium 199 3 201 3Trias Laat Rhaetium ouerDie verdeling van die Jura IKS Die Jura is die middelste periode van die Mesosoikum ook bekend as die era van die reptiele Die periode het begin kort na die Trias Jura uitwissing Nog twee groot uitwissings het voorgekom in die Jura maar nie een word gereken onder die Groot Vyf massauitwissings nie Die Jura is genoem na die Jura gebergte in die Europese Alpe waar kalksteen strata uit die periode die eerste keer ontdek is Teen die begin van die Jura het die superkontinent Pangaea uitmekaar begin dryf en twee landmassas Laurasie in die noorde en Gondwana in die suide gevorm Dit het die kuslyn verleng en die kontinentale klimaat verander van droog tot vogtig en baie van die woestyne van die Trias is vervang deur reenwoude Op die land het die dierelewe verander van die Trias se oorheersende Dinosauromorpha en Crocodylomorpha tot een wat slegs deur dinosourusse oorheers is Die eerste voels het ook in die Jura hul verskyning gemaak nadat hulle uit n tak van die Theropoda ontwikkel het Ander belangrike gebeurtenisse sluit in die verskyning van die eerste akkedisse en die evolusie van soogdiere In die oseane het seereptiele voorgekom soos Ichthyosauria en Plesiosauria terwyl Pterosauria die oorheersende vlieende gewerweldes was Die plantegroei het meestal uit naaldbome bestaan n Pliosaurus regs en n Leedsichthys in die see Plesiosauria soos die Muraenosaurus was volop in die see Die Diplodocus met lengtes van tot meer as 30 m was algemeen Die Allosaurus was een van die grootste landroofdiere Die Stegosaurus was een van die mees herkende genera en het in die Middel Jura geleef Die Archaeopteryx was die eerste bekende voel en het in die Laat Jura voorgekom Eksterne skakels WysigVoorbeelde van Jura fossiele Palaeos com Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jura Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Jura Proterosoikum Fanerosoiese EonNeo Paleosoiese Era Mesosoiese Era Kainosoiese EraEdiacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwarter Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Jura amp oldid 2586511