www.wikidata.af-za.nina.az
Dicynodontia of die disinodonte is n takson van Anomodontia terapsides wat hul oorsprong in die middel Permperiode gehad het Hulle het in die laat Perm oorheers en deur die Trias bestaan met n paar wat moontlik tot in die vroee Kryt oorleef het Disinodonte was plantvreters met twee slagtande vandaar hul naam twee hondetande Hulle was die suksesvolste en mees uiteenlopende groep terapsides wat nie soogdiere was nie met meer as 70 bekende genera wat gewissel het van die grootte van n rot tot die van n olifant Hulle het onder meer voorgekom in wat vandag Suid Afrika is DicynodontiaTydperk Middel Perm laat Trias 1 268 208 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg NDie skedel van die disinodont Endothiodon angusticeps in die Amerikaanse Museum van Natuurgeskiedenis Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas SynapsidaOrde TherapsidaSuborde AnomodontiaInfraorde DicynodontiaOwen 1859 Inhoud 1 Eienskappe 2 Geskiedenis 3 Evolusie 3 1 Filogenie 4 VerwysingsEienskappe Wysig nbsp n Lewensgroot model van n Diictodon Die disinodonte se skedel was hoogs gespesialiseerd lig maar sterk Die sinapsied slaapopeninge aan die agterkant van die skedel was vergroot om groter kakebeenspiere te huisves Die voorkant van die skedel en die onderste kakebeen was gewoonlik smal en in alle gevalle buiten in n paar primitiewe vorme tandloos In plaas daarvan het die voorkant van die bek n benerige soort snawel gehad soos skilpaaie en seratopsiers Kos is verwerk deur die terugtrekking van die onderste kakebeen wanneer die bek toegegaan het wat n kragtige skeuraksie tot gevolg gehad het 2 Dit sou disinodonte in staat stel om taai plantmateriaal te vreet Baie genera het ook twee slagtande gehad wat moontlik n vorm van seksuele dimorfisme was 3 Die lyf was kort sterk en vaatjievormig met sterk ledemate Die stert was kort Geskiedenis WysigDisinodonte is sedert die middel 1800 s bekend Die Suid Afrikaanse geoloog Andrew Geddes Bain het disinodonte in 1845 vir die eerste keer beskryf Hy was destyds n opsigter vir die bou van militere paaie vir die Corps of Royal Engineers en het tydens opnames baie reptielfossiele in Suid Afrika ontdek Hy het hierdie fossiele in 1845 in n brief in Transactions of the Geological Society of London gepubliseer en hulle bidentals genoem vanwee die twee prominente slagtande 4 In dieselfde jaar het die Engelse paleontoloog Richard Owen twee spesies disinodonte van Suid Afrika name gegee Dicynodon lacerticeps en Dicynodon bainii Omdat Bain besig was in die Corps of Royal Engineers het hy Owen gevra om sy fossiele omvattender te beskryf Owen het eers in 1876 n beskrywing gepubliseer in sy Descriptive and Illustrated Catalogue of the Fossil Reptilia of South Africa in the Collection of the British Museum 5 Teen die tyd was baie meer disinodonte bekend In 1859 het nog n belangrike spesie Ptychognathus declivis in Suid Afrika n naam gekry Die volgende jaar het Owen die groep Dicynodontia genoem 6 In sy Descriptive and Illustrated Catalogue het Owen Bain vereer deur sy eie naam Dicynodontia met die naam Bidentalia te vervang 5 Die naam was egter nie lank gewild nie en is in die volgende jare met Owen se Dicynodontia vervang 7 Evolusie Wysig nbsp Eodicynodon n primitiwe disinodont uit die middel Perm van Suid Afrika nbsp Lisowicia n reusagtige disinodont uit die laat Trias van Pole Disinodonte het in die Guadalupium die eerste keer hul verskyning gemaak en vinnig ontwikkel totdat hulle die suksesvolste en volopste landgewerweldes van die Lopingium geword het In die tyd was daar n groot verskeidenheid ekotipes insluitende groot middelslag en klein plantvreters en molagtige gatgrawers met kort ledemate Net vier linies het sover bekend die Perm Trias uitwissing oorleef die eerste drie word elk deur n enkele genus verteenwoordig Myosaurus Kombuisia en Lystrosaurus die laaste genus was die algemeenste en wydverspreidste plantvreters van die Indusium vroegste Trias Nie een van hulle het lank in die Trias oorleef nie Die vierde groep was die Kannemeyeriiformes die enigste disinodonte wat gedurende die Trias gediversifieer het 8 Hierdie stewige diere van vark tot osgrootte was van die Olenekium tot die Ladinium wereldwyd die volopste plantvreters Teen die Karnium is hulle deur Traversodontidae sinodonte en Rhynchosauria reptiele vervang Gedurende die Norium middel van die laat Trias het hulle getalle begin afneem moontlik weens toenemende droogheid Die rol van groot plantvreters is oorgeneem deur souropodomorfe dinosourusse Fossiele van die disinodont Lisowicia bojani wat omtrent so groot soos n Asiatiese olifant was is in Pole ontdek en dui daarop dat disinodonte ten minste tot in die Norium of vroegste Rhaetium laat Trias orleef het dit was ook die grootste bekende disinodontspesie 9 10 Filogenie Wysig Onder is n kladogram wat aangepas is vanaf Angielczyk en Rubidge 2010 wat die filogeniese verwantskappe van Dicynodontia aandui 11 Dicynodontia EodicynodonColobodectesLanthanostegus Pylaecephalidae RobertiaDiictodonProsictodonChelydontopsEndothiodonPristerodon Emydopoidea EmydopsMyosaurus Kingoriidae DicynodontoidesKombuisia Cistecephalidae CistecephalusCistecephaloidesKawingasaurus Pristerodontia InterpresosaurusElphRhachiocephalus Cryptodontidae OudenodonTropidostomaAustralobarbarus Geikiidae OdontocyclopsIdelesaurus Dicynodontoidea KatumbiaDelectosaurusDicynodonLystrosauridaeKannemeyeriiformesVivaxosaurusVerwysings Wysig Racki Grzegorz Lucas Spencer G 2018 Timing of dicynodont extinction in light of an unusual Late Triassic Polish fauna and Cuvier s approach to extinction Historical Biology 1 11 doi 10 1080 08912963 2018 1499734 Crompton A W Hotton N 1967 Functional morphology of the masticatory apparatus of two dicynodonts Reptilia Therapsida Postilla 109 1 51 Colbert E H 1969 Evolution of the Vertebrates John Wiley amp Sons Inc 2de uitg bl 137 Bain A G 1845 On the discovery of fossil remains of bidental and other reptiles in South Africa Transactions of the Geological Society of London 1 53 59 doi 10 1144 GSL JGS 1845 001 01 72 hdl 2027 uc1 c034667778 5 0 5 1 Owen R 1876 Descriptive and Illustrated Catalogue of the Fossil Reptilia of South Africa in the Collection of the British Museum Londen British Museum p 88 Owen R 1860 On the orders of fossil and recent Reptilia and their distribution in time Report of the Twenty Ninth Meeting of the British Association for the Advancement of Science 1859 153 166 Kammerer C F Angielczyk K D 2009 A proposed higher taxonomy of anomodont therapsids PDF Zootaxa 2018 1 24 Kammerer Christian F Frobisch Jorg Angielczyk Kenneth D 31 Mei 2013 On the validity and phylogenetic position of Eubrachiosaurus browni a kannemeyeriiform dicynodont Anomodontia from Triassic North America PLoS ONE 8 5 e64203 doi 10 1371 journal pone 0064203 PMC 3669350 PMID 23741307 Tomasz Sulej Grzegorz Niedzwiedzki 2019 An elephant sized Late Triassic synapsid with erect limbs Science 363 6422 78 80 doi 10 1126 science aal4853 PMID 30467179 St Fleur Nicholas 4 Januarie 2019 An Elephant Size Relative of Mammals That Grazed Alongside Dinosaurs The New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019 Besoek op 6 Januarie 2019 Kenneth D Angielczyk Bruce S Rubidge 2010 A new pylaecephalid dicynodont Therapsida Anomodontia from the Tapinocephalus Assemblage Zone Karoo Basin Middle Permian of South Africa Journal of Vertebrate Paleontology 30 5 1396 1409 doi 10 1080 02724634 2010 501447 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Dicynodontia amp oldid 2205826