www.wikidata.af-za.nina.az
Rotte Rattus verwys na verskeie medium grootte knaagdiere Egte rotte is lede van die genus Rattus Uit n menslike oogpunt is die belangrikste lede van hierdie genus die swartrot Rattus rattus en die bruinrot Rattus norvegicus Baie lede van ander knaagdiergenusse en families word ook rotte genoem en deel baie karaktereienskappe met egte rotte n Rot het n gemiddelde leeftyd van drie jaar 1 RotteDie bruinrot Rattus norvegicusWetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas MammaliaOrde RodentiaFamilie MuridaeSubfamilie MurinaeGenus RattusFischer de Waldheim 1803Spesies50 spesies Sien teksSinoniemeStenomys Thomas 1910 Inhoud 1 Spesies en beskrywing 2 As troeteldiere 3 As onderwerpe in wetenskaplike ondersoek 4 Rottelag 5 As voedsel 6 Spesies 7 Sien ook 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsSpesies en beskrywing Wysig nbsp Vier dae oue rotte nbsp n Polinesiese rot Rattus exulans Die bekendste rotspesies is die swartrot Rattus rattus en die bruinrot Rattus norvegicus Die Rattus groep is algemeen bekend as Ou Wereld rotte of egte rotte en het hul oorsprong in Asie Rotte is groter as die meeste van die Ou Wereld muise waaraan hulle verwante is maar hulle weeg in die natuur selde meer as 500 g Die term rot word ook gebruik om na ander klein soogdiere te verwys wat nie werklik rotte is nie Een voorbeeld hiervan is die buidelrot of Opossum wat as n lid van die klas Marsupialia n buideldier is en dus familie van die kangaroe eerder as die rot is Die wydverspreide en problematiese kommensale rotspesies vorm n minderheid in die diverse Rattus genus Baie rotspesies is endemies en sommige het bedreigd geword as gevolg van verlies van hul habitat of kompetisie met die bruinrot die swartrot of die Polinesiese rot In Westerse lande hou baie mense getemde rotte as troeteldiere aan Hierdie rotte is meesal van die spesis R norvegicus wat van die grasvelde van China afkomstig is en na Europa versprei het en uiteindelik in 1775 na die Nuwe Wereld Troeteldierrotte is oor die algemeen bruinrotte wat afstammelinge is van bruinrotte wat vir navorsing geteel is maar hulle is dieselfde spesies as die algemene straatrotte wat in stede aangetref word Getemde rotte is geneig om meer gedwee as hulle wilde voorvaders te wees asook meer vatbaar vir siektes moontlik as gevolg van inteling Die algemene spesies is opportunistiese bittereinders en woon gewoonlik saam of naby mense Daar word aanvaar dat die Swart Dood veroorsaak was deur die mikro organisme Yersinia pestis wat deur die rotvlooi Xenopsylla cheopis gedra was Die vlooie se prooi was die spesie R rattus wat in die Europese stede van die tyd gewoon het die rotte was self ook slagoffers van die plaag Rotte word dikwels blameer vir die beskadiging van voedsel en ander goedere Alhoewel moderne wilde rotte Leptosirose Weilsiekte kan dra asook ander siektes wat tussen spesies insluitende mense oorgedra kan word is sulke gevalle seldsaam Wilde rotte wat in goeie omgewings woon is gewoonlik gesonde stewige diere Wilde rotte wat in stede woonagtig is kan ly onder slegte diete en interne parasiete en miete maar dra oor die algemeen nie siektes na mense oor nie Die algemene lewensduur van n rot strek van twee tot vyf jaar met drie jaar as n gemiddelde leeftyd As troeteldiere Wysig nbsp n Getemde rot wat geleer is om op sy eienaar se skouer te bly Spesiaal geteelde rotte word sedert die laat 19de eeu as troeteldiere aangehou Rotte is sosiale intelligente diere en kan geleer word om n sandbak as toilet te gebruik om te kom wanneer geroep word en n verskeidenheid toertjies uit te voer Troeteldierrotte is gewoonlik variante van die spesie R Norvegicus of bruinrot die spesie het ook n gewilde albino variant maar ander rotte soos die swartrot word ook soms as troeteldier aangehou Die verskil in die gedrag tussen n troeteldierrot en n wilde rot hang af van die hoeveelheid getemde voorouers wat n spesifieke rot gehad het Wanneer n troeteldierrot van n betroubare bron verkry is hou dit geen meer gesondheidsrisiko s as ander algemener troeteldiere in nie As onderwerpe in wetenskaplike ondersoek Wysig nbsp n Getemde rot wat ly aan diabetes mellitus n metaboliese aandoening wat ook n algemene siekte onder mense is In 1895 het Clark Universiteit in Worcester Massachusetts n bevolking van getemde wit bruinrotte geskep vir die bestudering van die effekte van dieet en ander fisiologiese studies Deur die jare is rotte in baie eksperimentele studies gebruik wat bygedra het tot ons kennis oor genetika siektes die effekte van dwelms en ander onderwerpe wat positiewe bydraes tot die gesondheid en welsyn van die mens gelewer het Laboratoriumrotte was ook kosbaar in psigologiese studies en ander die bestudering van verskeie verstandelike prosesse 2 n Studie in 2007 het gevind dat rotte metakognisie besit n verstandelike bevoegdheid wat vroeer slegs in mense en sommige primate waargeneem is 3 4 Getemde rotte verskil op baie maniere van wilder rotte wat hulle bruikbaarheid as onderwerpe vir wetenskaplike studie affekteer Hulle is meer kalm en minder geneig om te byt hulle kan groot samedrommings duld hulle teel vroeer en produseer meer babarotte en hulle breine lewers niere byniere en harte is kleiner Barnett 2002 Bruinrotte word dikwels gebruik as modelorganisme vir wetenskaplike navorsing daar word verwag dat ontdekkings uit eksperimente op rotte ook insig in die werking van ander organismes sal gee Muise word meer dikwels as rotte gebruik vir genetiese navorsing maar rotte is n gewilde keuse vir toetse wat verwant is aan intelligensie die leerproses en dwelmmisbruik siende dat hulle hoogs intelligent is asook vindingryk aggressief en aanpasbaar by hul omstandighede Hulle psigologie blyk op baie maniere eners as die van mense te wees Heeltemal nuwe rassoorte van die bruinrot is al geteel vir gebruik in laboratoriums soos die Wistarrot n spesiale albinovorm van Rattus norvegicus wat by die Wistar Instituut in Philadelphia geteel is Meeste van die genome van Rattus norvegicus is reeds ontsyfer 5 Rottelag WysigDaar is ontdek dat rotte n kort hoe frekwensie ultra soniese sosiaal uitgelokte vokalisering uiter tydens spelery en wanneer hulle gekielie word Die geluid word as n helder tjirp beskryf Mense kan hierdie getjirp nie sonder spesiale toerusting hoor nie Daar is ook ontdek dat rotte net soos mense areas van hul liggame het wat kielierig is en meer laggeluide uitlok as ander areas Die gelag word met positiewe emosies geassosieer daar vorm ook n sosiale band tussen die rot en die persoon wat hom kielie en rotte blyk naderhand n verlange te he om deur die persoon gekielie te word Ander reaksies op die kieliery het die volgende ingesluit die rotte wat die meeste gelag het het ook die meeste gespeel en het ook verkies om meer tyd met ander laggende rotte te spandeer Dit dui op n sosiale voorkeur aan rotte wat soortgelyke gedrag vertoon Soos rotte ouer word blyk daar egter n afname te wees in hoeveel hulle lag en hulle reaksies wanneer hulle gekielie word 6 Rotte se getjirp word ook gerapporteer in bykomende studies waaruit dit geblyk het dat rotte lag wanneer hulle stoei en voor hulle paar of morfien ontvang Dit word geinterpreteer dat die klank dus ook dui op n verwagting van iets belonends 7 As voedsel Wysig nbsp Knaagdier vleisgereg in Yangshuo Guangxi ChinaSoos alle ander soogdiere is rotte eetbaar en word hulle soms in noodgevalle gevang en geeet Rotvleis word nie algemeen geeet nie vanwee n streng verbod daarop in Islamitiese en Joodse wette die verbod op alle vleis in baie volgelinge van Hindoeisme en die rot se swak reputasie in baie ander kulture As voedsel is rotte egter baie keer n makliker verkrygbare bron van proteine as enige ander fauna Die inboorlinge langs die kus in Suid Queensland Australie het dikwels rotte in hulle dieet ingesluit 8 In die Misjmi kultuur van Indie is rotte n belangrike onderdeel van die tradisionele dieet Misjmi vroue mag geen vleis behalwe vis varkvleis wilde voels en rotte eet nie 9 In sommige kulture is of was rotte beperk aanvaarbaar as n vorm van voedsel vir n spesifieke sosiale of ekonomiese klas In die tradisionele kulture van die Hawaiiers en die Polinesiers was die rot n algemene voedselsoort Tydens feeste kon die Polinesiese mense van Paaseiland rotte eet maar die koning self was nie toegelaat om dit te doen nie siende dat die eilanders geglo het dat hy in n toestand van heiligheid verkeer het genaamd tapu 10 Tydens die bestudering van antieke argeologiese vondsplekke in Hawaii het argeoloe ontdek dat die konsentrasie rotoorblyfsels wat met algemene huishoudings geassosieer was drie keer groter was as die wat met die huishoudings van die hoelui geassosieer was Die rotbeentjies wat gevind was was almal gebrand en met n koolstofmetaal gedek wat daarop dui dat die rotte as voedsel voorberei was Die feit dat rotte se oorblyfselfs grootliks met die algemener huishoudings geassosieer word mag daarop dui dat die opperklasse nie rotte geeet het nie moontlik vanwee die smaak of as gevolg van hul status 11 Die taboe rakende rotte as voedsel is nie uniek tot die wereld se grootste godsdienste of Westerse kulture nie Beide die Shipibo mense van Peru en die Siriono s van Bolivie beskou die eet van rotte as n taboe 12 13 Spesies WysigRattus adustus Rattus annandalei Rattus argentiventer Rattus baluensis Rattus bontanus Rattus boulos Rattus burrus Rattus colletti Rattus elaphinus Rattus enganus Rattus everetti Rattus exulans Rattus feliceus Rattus foramineus Rattus fuscipes Rattus giluwensis Rattus hainaldi Rattus hoffmani Rattus hoogerwerfi Rattus jobiensis Rattus koopmani Rattus korinchi Rattus leucopus Rattus losea Rattus lugens Rattus lutreolus Rattus macleari Rattus marmosurus Rattus mindorensis Rattus mollicomulus Rattus montanus Rattus mordax Rattus morotaiensis Rattus nativitatis Rattus nitidus Rattus norvegicus Rattus novaeguineae Rattus osgoodi Rattus palmarum Rattus pelurus Rattus praetor Rattus ranjiniae Rattus rattus Rattus sanila Rattus sikkimensis Rattus simalurensis Rattus sordidus Rattus steini Rattus stoicus Rattus tanezumi Rattus tawitawiensis Rattus timorensis Rattus tiomanicus Rattus tunneyi Rattus turkestanicus Rattus villosissimus Rattus xanthurusSien ook WysigLys van Suider Afrikaanse soogdiere volgens alfabet Lys van Suider Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider Afrikaanse soogdiere en hul ordesVerwysings WysigHierdie artikel gebruik teksgedeeltes uit die Engelse Wikipedia artikel Rat Rats as pets van About com se Exotic pets Laaste besoek op 13 Desember 2007 The Story of Rats Their Impact on Us and Our Impact on Them S Anthony Barnett Allen amp Unwin Crows Nest NSW Australia 2002 ISBN 1 86508 519 7 Foote Allison L en Crystal Jonathon D Metacognition in the Rat Geargiveer 3 Julie 2012 op Wayback Machine in Current Biology Volume 17 6 Bl 551 555 20 Maart 2007 Rats Capable Of Reflecting On Mental Processes by www sciencedaily com Genome project www ensemble org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2008 Besoek op 17 Februarie 2007 Laughing rats and the evolutionary antecedents of human joy Physiology amp Behavior 79 2003 533 547 Don t look now but is that dog laughing in Science News deur Susan Milius Week van 28 Julie 2001 Vol 160 Nr 4 bl 55 Hobson Keith A Stephen Collier April 1984 Marine and Terrestrial Protein in Australian Aboriginal Diets Current Anthropology Vol 25 Nr 2 bl 238 240 Mills J P Januarie 1952 The Mishmis of the Lohit Valley Assam The Journal of the Royal Anthropological Institute of Great Britain and Ireland Vol 82 Nr 1 bl 1 12 Leach Helen Februarie 2003 Did East Polynesians Have a Concept of Luxury Foods World Archaeology Vol 34 Nr 3 Luxury Foods bl 442 457 Kirch Patrick V Sharyn Jones O Day Februarie 2003 New Archaeological Insights into Food and Status A Case Study from Pre Contact Hawaii World Archaeology Vol 34 Nr 3 bl 484 497 Behrens Clifford A September 1986 Shipibo Food Categorization and Preference Relationships between Indigenous and Western Dietary Concepts American Anthropologist New Series Vol 88 Nr 3 bl 647 658 Priest Perry N Oktober 1966 Provision for the Aged among the Siriono Indians of Bolivia American Anthropologist New Series Vol 68 Nr 5 bl 1245 1247Eksterne skakels Wysig nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rot nbsp Wikispecies het meer inligting verwant aan Rot nbsp Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rot amp oldid 2495415