www.wikidata.af-za.nina.az
Iridaceae is n familie van plante in die orde van Asparagales Die familie het sy naam aan die irisse te danke Dit sluit ook ander bekende gekultiveerde plante in soos die Freesia die Gladiolus en die Krokus IridaceaeTydperk 60 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg N Middel Paleoseen OnlangsIris pseudacorusWetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk PlantaeKlade TracheofieteKlade AngiospermaeKlade EensaadlobbigesOrde AsparagalesFamilie IridaceaeJuss 1 Subfamilies en tribusSubfamily Aristeoideae Subfamilie Crocoideae Subfamilie Geosiridoideae Subfamilie Iridoideae Tribe Irideae Tribe Sisyrinchieae Tribe Tigridieae Tribe Trimezieae Subfamilie Isophysidoideae Subfamilie Nivenioideae Subfamilie PatersonioideaeSpesies van hierdie familie is meerjarige plante met n blombol knol of wortelstok Die plante groei regop en het grasagtig blare met n skerp sentrale vou Met uitsondering van koue streke en die noorde van Eurasie kom die plante wereldwyd voor n Saffraankrokusblom met rooi stempels Die spesery saffraan word van die stempels van die saffraankrokus Crocus sativus voorberei Freesias ook genoem kammetjies is klein kruidgewasse met ondergrondse knolletjies in n verskeidenheid kleure maar hoofsaaklik wit geel liggeel en soms ook ligpers met pers vlekke Die plante behoort tot die familie Iridaceae en die genus Freesia Die sowat 20 Freesia spesies wat inheems in Suid Afrika is word reeds die afgelope 200 jaar gekweek maar veral die laaste 40 jaar is groot welslae met die kweek van nuwe hibrides behaal Daarom is die hedendaagse varieteite byvoorbeeld meer gehard en word groter blomme op langer en sterker stingels gedra Die 20 Freesia spesies wat in Suid Afrika aangetref word is meestal bekend onder die volksname aandblommetjie en kammetjie terwyl Freesia corymbosa ook flissie Freesia leichtlinii geelpype en Freesia andersoniae bergaandblommetjie genoem word Freesia refracta in n verskeidenheid varieteit en kruisings is een van die soorte wat baie gekweek word Freesias word ook op groot skaal in Nederland as snyblomme vir die uitvoermark gekweek omdat dit so lig is om te vervoer Ter onderskeiding van die gekweekte plant is die veldblom Freesias ook bekend as kammetjies knolplante met fraai meestal wit geel of pers blommetjies Hulle word veral as snyblomme gekweek en soms ook wildefreesia genoem Freesias se blare is lynvormig en word in twee rye gedra Die bloeiwyse is gesteel en kamvormig en dra n aantal welriekende blomme Die knolletjies moet in Maart sowat 5 cm diep en 5 cm uitmekaar in vrugbare en goed gedreineerde grond geplant word Die plante moet teen ryp beskerm word Hoewel freesias halfskadu verkies moet hulle wel ʼn bietjie sonlig kry Hulle moet ook versigtig water gegee word Om te keer dat hulle plat gespuit word kan hulle met takkies gestut word of toegelaat word om deur ogiesdraad te groei Hulle vertoon veral baie mooi as hulle tussen lae eenjarige plante soos lobelias geplant word Bron WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409486 bandVerwysings Wysig Angiosperm Phylogeny Group 2009 An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants APG III PDF Botanical Journal of the Linnean Society 161 2 105 121 doi 10 1111 j 1095 8339 2009 00996 x Besoek op 2013 07 06 Eksterne skakels Wysig nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Iridaceae nbsp Wikispecies het meer inligting verwant aan Iridaceae nbsp Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Iridaceae amp oldid 2604359