www.wikidata.af-za.nina.az
Asparagales in Engels ook asparagoid lilies genoem is die botaniese naam van n redelik nuwe orde van eensaadlobbige plante Die orde word nie in die Cronquist stelsel 1981 erken nie maar wel in die APG Angiosperm Phylogeny Group stelsel 1998 APG II stelsel 2003 en APG III stelsel 2009 AsparagalesTydperk Laat Kryt tans 100 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg NAsparagus officinalisWetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk PlantaeKlade TracheofieteKlade AngiospermaeKlade EensaadlobbigesOrde AsparagalesLink 1 2 TipegenusAsparagusL FamiliesLys Amaryllidaceae 74Asparagaceae 75Asphodelaceae 73Asteliaceae 65Blandfordiaceae 64Boryaceae 63Doryanthaceae 69Hypoxidaceae 67Iridaceae 71Ixioliriaceae 70Lanariaceae 66Orchidaceae 62Tecophilaeaceae 68Xeronemataceae 72sensu LAPG 3 SinoniemeAsparagales Bromhead 4 Iridales Dumort Die orde se naam kom van die tipefamilie Asparagaceae Dit is in 1977 die eerste voorgestel deur Huber Baie van die families in die orde is voorheen geklassifiseer onder die orde Liliales n baie groot takson wat feitlik alle eensaadlobbiges ingesluit het met kleurryke blomdekblare en geen stysel in hulle kiemwit Ontledings van DNS volgorde het aangedui baie van die taksons in Liliales behoort herverdeel te word in drie ordes Liliales Asparagales en Dioscoreales Die grense van die Asparagales en van sy families het die afgelope jare veranderings ondergaan toekomstige navorsing kan tot nog veranderings en eindelik groter stabiliteit lei Asparagales is die grootste orde van eensaadlobbige plante dit bevat 14 families 1 122 genusse en sowat 36 000 spesies Inhoud 1 Beskrywing 2 Vergelyking met Liliales 3 Verwysings 4 Bronne 5 SkakelsBeskrywing WysigDie orde word duidelik omskryf op grond van molekulere filogenetika maar is moeilik om morfologies te definieer omdat sy lede struktureel uiteenlopend is Die meeste spesies van Asparagales is kruidagtige meerjarige plante hoewel sommige rankplante en ander boomagtig is Die orde bevat ook baie geofiete bolle knolle en wortelstokke Een van die definierende eienskappe van die orde is die teenwoordigheid van fitomelanien n swart pigment wat teenwoordig is in die saadvel en n swart kors skep Fitomelanien word in die meeste families van Asparagales aangetref hoewel nie in Orchidaceae nie laasgenoemde word as n sustergroep van die res van die orde beskou Die blare van feitlik al die spesies vorm n stywe roset of by die basis van die plant of aan die punt van die stam maar soms aan die kant van die stam Die blomme is nie juis kenmerkend nie hulle is lelieagtig met ses blomdekblare en tot ses meeldrade Die orde het vermoedelik sowat 120 130 miljoen jaar gelede vroeg in die Krytperiode van ander verwante eensaadlobbiges afgeskei maar omdat dit so moeilik is om die betrokke families te klassifiseer is ramings moeilik Uit n ekonomiese oogpunt is Asparagales die belangrikste orde van die eensaadlobbiges naas Poales wat grasse en grane insluit Spesies word as kos en smaakmiddels gebruik byvoorbeeld uie knoffel aspersies vanielje en saffraan in medisyne en kosmetiek Aloe as snyblomme byvoorbeeld freesias gladiolusse irisse en orgidee en as ornamentele plante byvoorbeeld daglelies en agapanthusse Vergelyking met Liliales WysigAsparagales word oor die algemeen onderskei van Liliales deur die gebrek aan merke aan die blomdekblare die teenwoordigheid van stamheuningkelke in die vrugbeginsels eerder as aan die basis van die blomdekblare of meeldrade en die teenwoordigheid van sekondere groeisels Hulle is gewoonlik geofiete maar met lineere blare en sonder fyn aartjies in die blare Die sade is gewoonlik sonder n eksterne epidermis in die meeste spesies wat vlesige vrugte dra of as dit teenwoordig is bedek met n laag swart koolstofryke fitomelanien in spesies met droe vrugte soos neute Daarteenoor het spesies van Liliales sade met n goed ontwikkelde buitenste epidermis geen fitomelanien nie en gewoonlik n sellulere binnelaag Die plante wat van die ou Liliales geskei is is moeilik om te karakteriseer Geen enkele morfologiese eienskap is oenskynlik uniek aan die orde Asparagales nie Verwysings Wysig Stevens 2016 Asparagales Tropicos 2015 LAPGIII 2009 Bromhead 1838 p 132Bronne WysigStevens P F 2016 Angiosperm Phylogeny Website Missouri Botanical Gardens http www mobot org mobot research apweb besoek op 7 Februarie 2016 Asparagales Link Missouri Botanical Garden 2015 http www tropicos org Name 50324390 besoek op 13 April 2015 Haston Elspeth Richardson James E Stevens Peter F Chase Mark W Harris David J 2009 The Linear Angiosperm Phylogeny Group LAPG III a linear sequence of the families in APG III Botanical Journal of the Linnean Society 161 2 128 131 doi 10 1111 j 1095 8339 2009 01000 x Bromhead Edward Ffrench 1838 An Attempt to ascertain Characters of the Botanical Alliances Edinburgh New Philosophical Journal 25 123 134 https www biodiversitylibrary org page 2506093 page 137 mode 1up besoek op 21 April 2015 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Asparagales Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Asparagales amp oldid 2606656