www.wikidata.af-za.nina.az
Amfibiee of Amphibia is n klas van die superklas Tetrapoda Hulle het vier pote en word uit eiers gebore Hulle woon in water wanneer hulle klein is en kan aan land gaan wanneer hulle ouer is Paddas salamanders en wurmsalamanders is die drie hoofgroepe amfibiee AmfibieeTydperk 260 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg N n Rooioogboompadda Litoria chloris van Oos AustralieWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSubfilum VertebrataSuperklas TetrapodaKlas AmphibiaLinnaeus 1758Subklasse en ordes Orde Temnospondyli uitgesterf Subklas Lepospondyli uitgesterf Subklas Lissamphibia Orde Anura Orde Caudata Orde GymnophionaAmfibiee word sonder bene gebore hulle groei dit aan terwyl hulle klein is Wanneer hulle grootword verander hulle van vorm Hierdie proses staan as metamorfose bekend Die diere verloor later hul kieue en sterte en groei agterbene aan Klein paddas en salamanders word paddavisse genoem Hierdie diere le tot duisend eiers gewoonlik in water of op klam plekke Hulle vreet ander diere veral insekte Daar is tans omtrent 5 700 spesies Hulle word op al die kontinente aangetref behalwe Antartika maar fossielgetuienis bevestig dat hulle ook daar teenwoordig was 1 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Taksonomie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDie vroegste Tetrapoda verskyn in die laat Devoon n Bekende verteenwoordiger is Ichtyostega uit Groenland ongeveer 363 miljoen jaar oud n Bietjie ouer is Elginerpeton uit Skotland van 368 miljoen jaar gelede In die Devoon en Karboon word daar n groot verskeidenheid fossiele vorme aangetref maar fossiele van die moderne paddas en salamanders verskyn eers in die Jura Die verwantskap met die ouer vorme soos die Temnospondyli en Lepospondyli is nie bekend nie 2 Die moderne amfibiee word gewoonlik die Lissamphibia genoem hoewel dit moontlik is dat hierdie groep nie monofileties is nie Op grond van genetiese en morfologiese inligtings kan die volgende kladogram saamgestel word 3 Tetrapoda AmniotaLissamphibia Stegokrotaphia WurmsalamandersBatrachia Urodela SalamandridaeCryptobranchoideaBombinanura Archaeobatrachia Bombina XenopusNeobatrachia Hoer paddas Bufo RanaDie tye waarop die aftakkings plaasgevind het verskil egter tussen metodes Die tak wat na die wurmsalamanders lei Stegokrotaphia en Batrachia is dalk oud Die morfologiese metode plaas dit die laat Perm 260 miljoen jaar gelede en die genetiese metode in die Karboon 337 miljoen jaar gelede Die salamander padda aftakking Urodela en Bombinanura is n bietjie jonger 254 of 308 miljoen jaar gelede Taksonomie WysigKlas Amphibia Orde Anura paddas Orde Caudata salamanders Orde Gymnophiona wurmsalamanders Verwysings Wysig The first frog fossil from Antarctica has been found Maria Temming sciencenews org 23 April 2020 UCMP Berkeley in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2019 Besoek op 27 Februarie 2017 Fossils Molecules Divergence Times and the Origin of Lissamphibians David Marjanovic Michel Laurin Systematic Biology 56 3 2007 bls 369 388Eksterne skakels Wysig nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Amfibiee nbsp Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Amfibiee amp oldid 2432100