www.wikidata.af-za.nina.az
Insekte Insecta is n klas van die geleedpotiges Arthropoda Die klas bevat ongeveer 950 000 spesies en is verreweg die grootste klas van alle diere ongeveer 70 van die byna 1 miljoen ontdekte diersoorte hoort tot die insekte InsekteTydperk 396 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg NWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ArthropodaSubfilum HexapodaKlas InsectaLinnaeus 1758SinoniemeEctognatha EntomidaInsekte het nes ander geleedpotiges gesegmenteerde liggame en gelede pote vandaar die naam geleedpotige en haal asem deur middel van n trageestelsel Kenmerkend van insekte is hulle ses pote en sommige insekte het ook n duidelike eksoskelet Die liggaam van n insek is in drie verdeel die kop borsstuk en agterlyf alhoewel die verdeling nie altyd duidelik is nie By sommige insekte is die dele saamgesmelt of is van die dele gesplete Talle insekte het vlerke behalwe die eerste verteenwoordigers van hierdie klas die Apterygota en heelparty ander vorms wat dit later verloor het soos die weeluise Insekte ontwikkel uit n eier en gaan deur verskillende stadiums voor hulle volwassenheid bereik waaronder n papiestadium Die diere kan baie verskil in hulle stadiums soos n rusper wat n vlinder word Insekte is Ecdysozoa en soos alle diere wat tot hierdie groep behoort vervel hulle om te kan groei Insekte lewe op land en in varswater alhoewel daar n paar soorte is wat ook in seewater woon Die vakgebied wat hom besig met die bestudering van insekte heet insektekunde oftewel entomologie Sommige insekte is van groot nut vir die mens en word op groot skaal gekweek soos bye vir hul heuning en sywurms vir sy Ander bestuif plante beheer pesinsekte en dien as voedsel vir ander diere Daar is ook insekte wat n plaag beskou word soos die wat gewasse beskadig of siektes oordra Insekte speel ook n kosbare rol in biologie navorsing oor die vrugtevlieg het n onskatbare bydrae tot genetika gelewer Daar is ook insekte wat parasiete is soos weeluise luise of vlooie Kommunikasie tussen insekte vind plaas deur middel van geurstowwe of liggaamsgedrag Dit is veral belangrik vir insekte soos bye termiete en miere wat sosiaal is Hulle bou state waar net n koningin eiers le en die dogters die werkers van die nes vorm Die volwasse moderne insekte wissel in grootte van 0 139 mm n dwergperdeby Dicopomorpha echmepterygis tot 56 7 cm lang stokkieduiwel Phobaeticus chani Die uitgestorwe Meganeura wat 300 miljoen jaar gelede gelewe het was die grootste insek ooit met n vlerkspan van 75 cm Inhoud 1 Verskillende vorme 1 1 Uitwendige skelet 1 2 Saamgestelde oe 1 3 Voelhorings 1 4 Pote 1 5 Asemhaling 2 Taksonomie 3 Bronnelys 4 Eksterne skakelsVerskillende vorme WysigBaie insekte ontwikkel op n markwaardige manier hulle neem vier verskillende vorme aan Motte kewers bye en miere het ook so n lewensloop Die eier is die eerste stadium in die lewe van die insek Die ruspe broei uit die eier en word groot en vet Wanneer dit uitgegroei is bind die ruspe sy liggaam met sydrade vas aan ʼn tak en gooi sy vel af Dan kom die derde vorm die papie te voorskyn Na verloop van ʼn langer of korter tydperk kruip die skoenlapper uit die dop van die papie Uitwendige skelet Wysig Party dele van die insek se huid is baie hard soos die dop of voorvlerke van die liewenheersbesie en ander kewers Ander dele is egter sag veral die vliesagtige dele tussen die segmente vandie agterlyf wat ons sien as ons die voorvlerke oplig Die huid van n insek bedek die hale liggaam en is sy uitwendige skelet waaraan die spiere vasgeheg is Dit bestaan hoofsaaklik uit ʼn waterdigte stof chitien Saamgestelde oe Wysig n Insek het gewoonlik twee soorte oe enkele oe die sogenaamde ocelli bo op die kop en n groot samegestelde oog aan elke kant van die kop Die samegestelde oe is baie ingewikkeld Hulle bestaan uit n groot aantal klein fasette wet elkeen n uiters klein ogie is met n lens en n soort netvlies byna soos ons oe hoewel hul bouvorm verskil Die getal fasette verskil van soort tot soort Dit wissel tussen minder as tien in elke oog by party insekte en 4 000 by die huisvlieg en tot 30 000 by party soorte naaldekokers Ondanks hul ingewikkelde bou is hierdie samegestelde oe nie so doeltreffend soos die mens se oe in die vorming van n duidelike beeld nie Hulle is nie in staat om te fokusseer nie Hulle is egter baie gevoelig vir bewegings Dit is die rede waarom dit so moeilik is om n vlieg te vang Voelhorings Wysig Behalwe die oe dra n insek nog n paar sintuigorgane op die kop die voelhorings of antennae Hulle dien veral as reukorgane n Mannetjiemot vind die wyfie met sy reuksin as sy voelhorings afgesny is kan hy haar nie vind nie Die bouvorm van die voelhorings wissel baie by verskillende soorte insekte Hulle is soms draadvormig of met knoppe of met ingewikkelde vertakkings Pote Wysig Die bors is in drie dele verdeel prothorax mesothorax metathorax hierdie woorde beteken voor middel en agterbors Elkeen dra n paar pote Alle insekte het hierdie drie pare pote nooit meer nie n Spinnekop met vier pare pote is dus nie n insek nie Die pote van insekte is gewysig om aan te pas by hul funksie Die pote van insekte het gewrigte min of meer soos die mens se bene Hoewel hul bouvorm baie verskil word dieselfde benamings aan meeste van hul beendere toegeken Asemhaling Wysig Insekte het nie longe soos die mens nie Hulle het ʼn baie ingewikkelde stelsel van lugbuise of tragee wat vertak en in alle dele van die liggaam en sy aanhangsels voorkom Lug dring die tragee binne vanwee asemhalingsbewegings deur klein poortjies die stigmata Taksonomie Wysig Insekte kan meteens in reuse hoeveelhede voorkom soos treksprinkane en periodieke sikades Hierdie radarbeeld van die Mississippirivier toon aan dat die insekte hulself in enorme getalle versprei het Insekte vlug snags voor n kollig by n watergat in Namibie Okambara Elephant Lodge met sigbare sterre op die agtergrond Die klas insekte word onderverdeel in sowat dertig ordes Insekte Apterigota sonder vlerke Thysanura Microcoryphia Zygentoma Diplura Protura oerinsekte Collembola springstertePterigota insekte met vlerke Eksopterigota Hemimetabola met onvolledige gedaantewisseling Ephemeroptera eendagsvliee Plecoptera steenvliee Odonata naaldekokers en waterjuffers Embioptera webspinners Grylloblattodea n baie klein orde berginsekte Orthoptera sprinkane Phasmatodea stokinsekte Mantophasmatodea nuwe orde wat in 2002 ontdek is Dermaptera oorkruipers Dictyoptera Mantodea hottentotsgotte Blattaria kakkerlakke Isoptera termiete Zoraptera Psocoptera stofluise Mallophaga Anoplura stekende luise Thysanoptera Heteroptera Homoptera verouderde groep met plantluise en sikades Sternorrhyncha plantluise Auchenorrhyncha sikades Endopterigota Holometabola met volledige gedaantewisseling Neuroptera netvlerkiges Raphidioptera kameelnekvlieg Megaloptera elsvlieg Mecoptera skerpioenvlieg Trichoptera skietmot kokerjuffer Lepidoptera vlinders skubvlerkiges Diptera tweevlerkiges vliee muskiete Siphonaptera vlooie Coleoptera kewers Strepsiptera waaiervlerkiges Hymenoptera vliesvlerkiges bye hommels wespe miereBronnelys Wysig Insekte in Wereldspektrum volume 12 1983 Ensiklopedie Afrikana Edms Bpk Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Insek Wikispecies het meer inligting verwant aan Insek Wikiwoordeboek het n inskrywing vir insek Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Insek amp oldid 2253558