www.wikidata.af-za.nina.az
Die aartappel Solanum tuberosum is n styselryke knolagtige plant van die Solanaceae familie Die woord aartappel kan verwys na die plant sowel as die eetbare knol In die omgewing van die Andes word daar ook etlike naverwante aartappel spesies gekweek Aartappels is die wereld se vierde gewildste voedselgewas na rys koring en mielies 1 Tans word meer as 8 000 aartappelkultivars in meer as 130 lande verbou Daar word beraam dat sowat 350 miljoen ton aartappels op 195 000 vierkante kilometer se aartappelvelde verbou word 2 AartappelWetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk PlantaeKlade TracheofieteKlade AngiospermaeKlade EudicotsKlade AsteridsOrde SolanalesFamilie SolanaceaeGenus SolanumSpesie S tuberosumBinomiale naamSolanum tuberosumL Langtermynberging van aartappels vereis gespesialiseerde sorg in koue pakhuise 3 en hierdie pakhuise is van die oudste en grootste stoorgeriewe vir bederfbare goedere in die wereld Inhoud 1 Oorsprong en verspreiding 2 Produksie 3 Top aartappelproduserende lande 4 Bestanddele 5 Aartappelplant 6 Aartappelgeregte 7 Verskillende soorte 8 Samestelling van die aartappel 9 Sien ook 10 Bronne 11 Verwysings 12 Eksterne skakelsOorsprong en verspreiding wysigWilde aartappelspesies kom steeds voor in die Verenigde State Uruguay en Chili 4 Genetiese toetsing van die wye verskeidenheid van kultivars en die wilde spesie dui daarop dat die aartappel n enkele oorsprong gehad het in die Titicaca meerbekken van suidelike Peru naby die grens met Bolivie 5 van n spesie in die Solanum brevicaule kompleks moontlik as afstammeling van Solanum candolleanum Dit is waarskynlik dat hierdie wilde aartappelspesies reeds n aanvullende voedsel in die daaglikse dieet van plaaslike bewoners was Nogtans het die hoe gliko alkaloiedinhoud n toksiese substans prosessering en voorbereiding van die aartappels noodsaaklik gemaak Styselkorrels wat op werktuie in die Titicacabekken gevind is en baie ooreenkomste toon met ons huidige gevriesdroogde aartappelprodukte dui daarop dat aartappels reeds 3 500 jaar gelede gedroog en fyngemaal is 6 Hoewel Peru in wese die geboorteplek van die aartappel is is vandag meer as 99 persent van alle wereldwye verboude aartappels afstammelinge van n subspesie inheems aan suid sentrale Chili 7 Op grond van historiese rekords plaaslike landboukundiges en DNS ontleding is die mees verboude wereldwye variant Solanum tuberosum ssp tuberosum inheems aan die Chiloe eilandgroep waar dit reeds 10 000 jaar gelede al gekweek is 8 9 Sedert die eerste Europese invoere deur Spanje in 1536 is die aartappel deur Europese seevaarders versprei na hawens en gebiede wereldwyd Duisende rasse volhard in die Andes waar meer as honderd kultivars in n vallei gevind kan word en n dosyn of meer kan onderhou word deur n landbouhuishouding 10 Aartappels het gou n belangrike stapelvoedsel en veldgewas geword nadat dit in Europa gevestig is Maar n gebrek aan genetiese diversiteit weens die feit dat baie min rasse aanvanklik ingevoer is het die gewas kwesbaar gemaak vir siektes In 1845 het n plantsiekte bekend as laatroes veroorsaak deur die swam agtige oomiseet Phytophthora infestans vinnig deur die armer gemeenskappe van Wes Ierland versprei wat gelei het tot oesmislukkings en die groot Ierse hongersnood Aan die Kaap die Goeie Hoop is aartappels vanaf die 1770s moontlik al heelwat vroeer sowel vir plaaslike verbruik verbou as vir proviand aan verbygaande skepe op die roete na Indie en elders In die res van Afrika is die gewas eers deur sendelinge ingevoer wat hulle in die 1830s in Basoetoland tans Lesotho en in die 1880s in Oos Afrika gevestig het 11 Produksie wysig nbsp Oktober Skildery deur Jules Bastien Lepage 1848 1884 Olie op doek 1878 National Gallery of Victoria Melbourne Australie nbsp Aartappeloes in Noord Lincolnshire EngelandDie jaarlikse dieet van n gemiddelde wereldburger in die eerste dekade van die twintigste eeu het meer as 33 kg of 73 lb aartappels ingesluit Die plaaslike belangrikheid van die aartappel is ongelukkig baie wisselvallig en kan vinnig verander Dit bly n belangrike gewas in Europa veral Oos en Sentraal Europa waar die per kapita produksie steeds die hoogste in die wereld is maar die vinnigste groei oor die afgelope paar dekades het in Suid en Oos Asie plaasgevind China is nou die wereld se grootste aartappelprodusent en byna n derde van die wereld se aartappels word in China en Indie geproduseer 12 Aartappels reproduseer in oormaat met min moeite en is redelik goed aangepas by diverse klimaatstoestande mits die klimaat koel en klam genoeg is vir die plante om genoeg water te versamel uit die grond om die styselagtige knolle te vorm Aartappels stoor nie baie goed nie en is kwesbaar vir swamme wat op die gestoorde knolle voed en hulle vinnig laat vrot In teenstelling kan gewasse soos graan vir n paar jaar gestoor word met n lae risiko van verrotting Die opbrengs van kaloriee per akker sowat 9 2 miljoen is hoer as die van mielies 7 5 miljoen rys 7 4 miljoen koring 3 miljoen of sojaboon 2 8 miljoen 13 Top aartappelproduserende lande wysigLand Megaton 2013 nbsp China 88 9 nbsp Indie 45 3 nbsp Rusland 30 2 nbsp Oekraine 22 3 nbsp VSA 19 8 nbsp Duitsland 9 7 nbsp Bangladesj 8 6 nbsp Frankryk 7 0 nbsp Nederland 6 8 nbsp Pole 6 3Wereldtotaal 368 1Bron FAOSTAT 14 Bestanddele wysigDie berekende voedingswaarde van 100 gram gekookte aartappel is 15 Energiewaarde 458 kJWater 71 2 Koolhidraat 22 7 gramProteine 2 3 gramVet 0 1 gramVitamien C 13 mgKalsium 10 mgAartappelplant wysigDie aartappel is n blaarryke kruidagtige gewas wat tot een meter hoog kan word Die blomme wissel in kleur volgens die varieteit en wit ligroos en bloupers word aangetref Die vruggies wat uiteindelik na bevrugting uit die blomme ontstaan is groen bessies wat baie na klein groen tamaties lyk Die ondergrondse gedeelte van die plant bestaan uit ʼn betreklik swak ontwikkelde wortelstelsel en vertakkings van die stam waarvan die punte verdik om die knolle te vorm Dat die aartappelknol n stam en nie ʼn wortel is nie blyk onder meer uit die feit dat dit onontwikkelde sytakke bekend as oe het verder word dit groen deur blootstelling aan lig As die knol geplant word ontwikkel die oe tot n nuwe plant Indien die knol in stukke elk met een of meer oe gesny word is elke stuk in staat om tot n plant te ontwikkel Gewoonlik word egter kleinerige heel knolle as plantmateriaal moere verkies nbsp Blaarsteel met blare nbsp Volle blaardrag van een plant nbsp Aartappelmoere nbsp Jong knol aan n stoel nbsp BloeiselsAartappelgeregte wysig nbsp Verskeie aartappelgeregte nbsp Hamburger en tjips nbsp Gebakte aartappel in die skil met botter bedek nbsp Vis en tjipsVerskillende soorte wysig n Baie groot verskeidenheid aartappelsoorte varieteite wat by bepaalde klimaatstoestande aangepas is word oor die wereld aangetref Die planttelers het deur middel van kruisteelt en seleksie reeds n baie groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van beter aangepaste varieteite met hoe siekteweerstand en kwaliteit Afgesien van algemene groeiwyse verskil die verskillende aartappelvarieteite aansienlik wat knoleienskappe betref So byvoorbeeld verskil die vorm van die knolle en die kleur van die skil Laasgenoemde wissel van ligbruin tot donkerrooi Ook die vleiskleur wissel van wit tot heldergeel In Suid Afrika bestaan daar by huisvrouens n vooroordeel teen aartappels met geel vleis waarskynlik omdat hulle ongewoond daaraan is Varieteite met geel vleis het dikwels n besonder goeie geur Samestelling van die aartappel wysigDie aartappelknol bestaan uit 72 80 water Die droe materiaal bestaan oorwegend 80 88 uit stysel Aartappels bevat slegs 3 8 suiker Die stikstofverbindings vorm sowat 3 van die droe massa en bestaan uit proteien veral globulien en sekere vry aminosure Slegs spore van vet kom voor Wat minerale bestanddele betref is die knol ryk aan kalium fosfor en yster maar arm aan kalsium Die aartappel kan as n goeie bron van sekere vitamiene veral askorbiensuur vitamien C tiamien vitamien B1 riboflavien vitamien B2 en niasien beskou word Ongelukkig is die belangrike vitamiene A en D feitlik nie aanwesig nie Met uitsondering van die tropiese gebiede word aartappels oral waar landbou beoefen word as voedselgewas geplant Die voedingswaarde van aartappels word dikwels onderskat maar dit is beslis een van die mees ekonomiese stapelvoedsels n Dieet bestaande uit aartappels en volmelk het min of meer al die bestanddele vir liggaamsonderhoud Dit kan ook met groot voordeel as veevoer aangewend word Ook in die nywerheid word die aartappel gebruik veral as bron van nywerheidstysel en alkohol Laasgenoemde word verkry deur die gisting en distillasie van aartappels Sien ook wysigAartappelresies speletjie wat met aartappels gespeel word Aartappelskyfies Slaptjips Vis en tjipsBronne wysigKENNIS 1980 ISBN 079810824X volume 2 bl 341Verwysings wysig Potatoes Notes in Engels Department of Horticulture and Landscape Architecture Purdue University Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016 Besoek op 15 Januarie 2009 Potatoes South Australia Industry Potatoes The World s favourite vegetable Besoek op 29 Mei 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2017 Besoek op 29 Mei 2017 Potato storage value Preservation Kohli Pawanexh 2009 Potato storage and value Preservation The Basics PDF Crosstree Techno visors Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 6 Augustus 2020 Besoek op 2 Junie 2010 Hijmans RJ Spooner DM 2001 Geographic distribution of wild potato species American Journal of Botany Botanical Society of America 88 11 2101 12 doi 10 2307 3558435 Spooner DM 2005 A single domestication for potato based on multilocus amplified fragment length polymorphism genotyping Proceedings of the National Academy of Sciences 102 41 14694 99 doi 10 1073 pnas 0507400102 Lay summary Geargiveer 26 April 2011 op Wayback Machine Hugo Campos Oscar Ortiz reds The Potato Crop Its Agricultural Nutritional and Social Contribution to Humankind Springer Open 2020 Kindle uitgawe pos 3398 3405 Miller N 29 Januarie 2008 Using DNA scientists hunt for the roots of the modern potato in Engels American Association for the Advancement of Science Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020 Besoek op 10 September 2008 Solis JS 2007 Molecular description and similarity relationships among native germplasm potatoes Solanum tuberosum ssp tuberosum L using morphological data and AFLP markers Electronic Journal of Biotechnology 10 3 0 doi 10 2225 vol10 issue3 fulltext 14 John Michael Francis 2005 Iberia and the Americas ABC CLIO ISBN 1 85109 426 1 Theisen K 1 Januarie 2007 World Potato Atlas Peru History and overview International Potato Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2008 Besoek op 10 September 2008 John Reader The Untold History of the Potato London Vintage Books 2009 bl 246 47 Hijmans Robert 2001 Global distribution of the potato crop American Journal of Potato Research 78 6 403 12 doi 10 1007 BF02896371 dooie skakel Ensminger Audrey Ensminger M E Konlande James E 1994 Foods amp Nutrition Encyclopedia CTC Press ISBN 0 8493 8981 X FAOSTAT faostat fao org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2016 Besoek op 25 Januarie 2015 USDA National Nutrient Database for Standard Reference Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2015 Besoek op 24 Desember 2013 Eksterne skakels wysigWiki webtuistes nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aartappel nbsp Wikiwoordeboek het n inskrywing vir aartappel FotokunsThe Guardian 29 Julie 2020 Spuds you like Potato Photographer of the Year in picturesHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal nbsp Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Aartappel amp oldid 2585085