www.wikidata.af-za.nina.az
In biologie is binomiale name die formele metode waarvolgens spesies se name gegee word Soos die woord binomiaal suggereer word die wetenskaplike naam van n spesie gevorm deur die kombinasie van twee terme die genus naam en die spesie beskrywer Alhoewel die fynere detail kan verskil is daar seker aspekte wat universeel aangeneem word Wetenskaplike name word gewoonlik kursief gedruk of getik soos Homo sapiens As dit met die hand geskryf word behoort dit onderstreep te word Die eerste term genusnaam geslagnaam generiese naam word altyd met n hoofletter geskryf terwyl die beskrywer nie met n hoofletter geskryf word nie al is dit afkomstig van n eienaam Byvoorbeeld Canis lupus of Anthus hodgsoni Maar let daarop dat dit n moderne gebruik is Linnaeus het altyd die spesifieke beskrywer met n hoofletter geskryf en tot die vroee 20ste eeu was dit algemene gebruik om die spesifieke beskrywer met n hoofletter te skryf as dit van n eienaam afkomstig was Wanneer dit saam met n gewone naam gebruik word word die wetenskaplike naam gewoonlik agterna in hakkies geskryf byvoorbeeld die Huismossie Passer domesticus is bedreig Die wetenskaplike naam behoort in die algemeen voluit geskryf word wanneer dit vir die eerste keer gebruik word of as verskeie spesies van die selfde genus in n referaat of verslaggelys of bespreek word Dit kan afgekort word deur slegs die aanvanklike letter en n punt vir die genus te gebruik byvoorbeeld Canis lupus word C lupus In uitsonderlike gevalle het die afkorting tot meer algemene gebruik versprei byvoorbeeld die bakterie Escherichia coli word gereeld slegs E coli genoem en Tyrannosaurus rex is moontlik meer bekend as T rex Die afkorting sp of spec word gebruik wanneer die werklike spesifieke naam nie bekend is nie byvoorbeeld Canis sp dui n spesie van die genus Canis aan Die afkorting spp meervoud dui verskeie onbekende spesies aan Die afkorting cf word gebruik wanneer die indentifikasie nie bevestig is nie byvoorbeeld Corvus cf splendens dui aan dat daar twyfel oor die spesie bestaan Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Binomiale naam amp oldid 2227900