www.wikidata.af-za.nina.az
Vygies is vetplante van die familie Aizoaceae wat veral in die sukkulente Karoo in baie spesies voorkom Die ou naam vir hierdie familie is Mesembryanthemaceae en in Engels word hul dikwels Mesembs genoem Die meeste vygies word in die Wes en Noord Kaap gevind maar daar is ook drie vygiesoorte wat in Gauteng en Noord Wes deur natuurbewaringsordonansies beskerm word 1 Vygie n BokbaaivygieWetenskaplike klassifikasieKoninkryk PlantaeDivisie MagnoliophytaKlas MagnoliopsidaOrde CaryophyllalesFamilie AizoaceaeMartinovGeneraSien teksSinoniemeFicoidaceae Mesembryanthemaceae Tetragoniaceae Inhoud 1 Taksonomie 2 Genera 3 Groeiwyse en morfologie 4 Voortplanting 5 Verteenwoordigers 6 Tuinbou 7 Sien ook 8 Bron 9 VerwysingsTaksonomie Wysig nbsp Lithops marmorata Frithia pulchra en Lithops aucampiaeVygies is n groep plante wat vroeer deur Linnaeus almal onder die genus Mesembryanthemum geplaas is maar vanaf ongeveer 1921 in ongeveer 125 genera ingedeel is Sowat 2 500 spesies is reeds beskryf en daar bestaan n goeie moontlikheid dat nog meer beskryf kan word Hierdie groep plante word dikwels as die familie Mesembryanthemaceae beskou maar volgens n meer algemeen aanvaarde klassifikasie word die vygies saam met ander plante soos die kraalbos Galenia en Hottentotsvye Carpobrotus onder die familie Aizoaceae geklassifiseer Genera WysigDie familie omvat 120 genera 2 Acrodon N E Br Acrosanthes Eckl amp Zeyh Aizoanthemopsis Klak Aizoanthemum Dinter ex Friedrich Aizoon L Aloinopsis Schwantes Amphibolia L Bolus ex Herre Antegibbaeum Schwantes ex C Weber Antimima N E Br Apatesia N E Br Argyroderma N E Br Astridia Dinter Bergeranthus Schwantes Braunsia Schwantes Brianhuntleya Chess S A Hammer amp I Oliv Calamophyllum Schwantes Carpanthea N E Br Carpobrotus N E Br Carruanthophyllum G D Rowley Carruanthus Schwantes Schwantes Cephalophyllum Haw N E Br Cerochlamys N E Br Chasmatophyllum Schwantes Dinter amp Schwantes Cheiridopsis N E Br Circandra N E Br Cleretum N E Br Conicosia N E Br Conophytum N E Br Cylindrophyllum Schwantes Deilanthe N E Br Delosperma N E Br Dicrocaulon N E Br Didymaotus N E Br Dinteranthus Schwantes Diplosoma Schwantes Disphyma N E Br Dracophilus Schwantes Dinter amp Schwantes Drosanthemopsis Rauschert Drosanthemum Schwantes Eberlanzia Schwantes Ebracteola Dinter amp Schwantes Enarganthe N E Br Erepsia N E Br Esterhuysenia L Bolus Faucaria Schwantes Fenestraria N E Br Frithia N E Br Gibbaeum Haw ex N E Br Glottiphyllum Haw Gunniopsis Pax Hallianthus H E K Hartmann Hammeria Burgoyne Hartmanthus S A Hammer Hereroa Schwantes Dinter amp Schwantes Hymenogyne Haw Jacobsenia L Bolus amp Schwantes Jensenobotrya A G J Herre Jordaaniella H E K Hartmann Juttadinteria Schwantes Khadia N E Br Lampranthus N E Br Lapidaria Dinter amp Schwantes Leipoldtia L Bolus Lemonanthemum Klak Lithops N E Br Machairophyllum Schwantes Malephora N E Br Malotigena Niederle Marlothistella Schwantes Mesembryanthemum L Mestoklema N E Br ex Glen Meyerophytum Schwantes Mitrophyllum Schwantes Monilaria Schwantes Mossia N E Br Muiria N E Br Namaquanthus L Bolus Namibia Schwantes Dinter amp Schwantes Nananthus N E Br Nelia Schwantes Neohenricia L Bolus Octopoma N E Br Oophytum N E Br Orthopterum L Bolus Oscularia Schwantes Ottosonderia L Bolus Peersia L Bolus Phiambolia Klak Pleiospilos N E Br Prepodesma N E Br Psammophora Dinter amp Schwantes Rabiea N E Br Rhinephyllum N E Br Rhombophyllum Schwantes Schwantes Roosia van Jaarsv Ruschia Schwantes Ruschianthus L Bolus Ruschiella Klak Saphesia N E Br Sarcozona J M Black Schlechteranthus Schwantes Schwantesia Dinter Scopelogena L Bolus ex A G J Herre Sesuvium L Skiatophytum L Bolus Smicrostigma N E Br Stayneria L Bolus Stoeberia Dinter amp Schwantes Stomatium Schwantes Tanquana H Hartmann amp Liede Tetragonia L Titanopsis Schwantes Trianthema L Tribulocarpus S Moore Trichodiadema Schwantes Vanheerdea L Bolus ex H E K Hartmann Vanzijlia L Bolus Vlokia S A Hammer Wooleya L Bolus Zaleya Burm f Zeuktophyllum N E Br Groeiwyse en morfologie WysigVygies is een of meerjarige vetplante en die plantvorm wissel van klein kruide wat slegs uit twee blare bestaan tot klein struike Die blare is enkelvoudig en teenoorstaande Vygies soos die Lithops en ander spesies bestaan uit slegs 2 groot sukkulente blare wat deels met mekaar vergroei is en waartussen die blom verskyn Heelwat variasie word in die wortels van vygies aangetref en die wortelstelsel is dikwels oppervlakkig sodat dit die min reen wat in die droe dele val optimaal kan benut Sommige vygies het n wortelstok terwyl die wortelstelsel by ander tydens droogtetye soms doodgaan Die blomme van vygies staan alleen en is opvallend helder gekleur Byna alle kleure behalwe blou word aangetref Daar is 4 of 5 meer of minder sukkulente kelkblare en ʼn groot aantal kroonblare in werklikheid staminodes onvrugbare meeldrade Voortplanting WysigDikwels word daar ook oorgangsvorme tussen steriele en vrugbare meeldrade aangetref Die blomme is tweeslagtig Die vrugte van vygies is gewoonlik kenmerkende doosvrugte wat slegs oopgaan wanneer dit reen Sodoende word die sade deur reendruppels uit die vrug geforseer en is die toestande dadelik gunstig vir ontkieming Na die reens gaan die vrugte weer toe en hulle bly toe totdat hulle weer nat word Verreweg die meeste vygies word in Suid Afrika en Namibie aangetref veral in die Karoo Boesmanland Namakwaland en die suidelike deel van die Namibwoestyn Verteenwoordigers WysigEen van die bekendste vygiegenera is Lampranthus en heelwat gewilde tuinplante behoort ook tot die genus Hulle is meerjarig kruipend en blom hoof saaklik in die lente Hierdie genus is endemies in Suid Afrika Spesies van die genera Ruschia Drosanthemum en Cephalophyllum lyk baie soos die van die genus Lampranthus en baie van hulle is ook gewilde tuinplante Die genus Doreanthus bestaan uit 10 spesies eenjarige vygies wat ongeveer 10 cm hoog word en tot die Wes Kaap en Namakwaland beperk is Die bekendste is die Bokbaaivygie Doreanthus belfidiformis wat wereldwyd as ʼn gewilde tuinplant aangeplant word Ook die Hottentotsvye genus Carpobrotus word as vygies beskou Hulle lyk baie soos die ander vygies behalwe dat sowel hul blare as hul blomme heelwat groter is Altesaam 23 spesies van hierdie genus word in Suid Afrika aangetref en 5 spesies elders in die wereld Die vrugte van verskeie spesies is eetbaar Hottentotsvye is geharde plante en word dikwels as grondbedekkings aangeplant Die genus Mesembryanthemum bestaan vandag slegs uit ongeveer 74 spesies Hulle het almal relatief groot blare wat met watergevulde papille oortrek is Conophytum Lithops en n paar ander genera is eienaardige vygies wat by baie droe omstandighede aangepas is en gewild is onder vetplantversamelaars Hulle bestaan meestal uit slegs 2 blare wat baie soos die klippe in hul omgewing lyk Ook die spesies van die genus Fenestraria is eienaardige vygies met n ondergrondse wortelstok en slegs enkele blare wat bo die grond te voorskyn kom Die genus het sy naam te danke aan die sirkelvormige deursigtige weefsel aan die bokant van die blare wat soos klein venstertjies lyk Tuinbou WysigVygies is baie gewild as pot of tuinplante Hulle kan maklik van saad gekweek word In Engeland is daar n vygievereniging gestig met lede oor die hele wereld Die vygiefamilie is die grootste vetplantfamilie en 98 persent daarvan kom in Suid Afrika voor 3 Sien ook WysigRooivygie Bokbaaivygie Suurvy Natalse duinevygie Vingervygie Bababoudjies Bokklootjies Lithops hookeriBron WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409702 volume 29 bl 41 42Verwysings Wysig Vygies van die Noorde Pricscilla Swartz Veld amp Flora Sept 1996 https powo science kew org taxon urn lsid ipni org names 30004741 2 tuinmaakinsuidafrika Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2018 Besoek op 26 Oktober 2016 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vygies amp oldid 2598234