www.wikidata.af-za.nina.az
Plante is hoofsaaklik meersellige fotosintetiese eukariote van die koninkryk Plantae Dit bestaan uit meer as 300 000 spesies wat organismes insluit soos bome blomme kruie en varings PlanteWetenskaplike klassifikasieDomein Eukaryota geen rang Diaphoretickes geen rang ArchaeplastidaKoninkryk Plantaesensu Copeland 1956SuperdivisiesChlorokybophyta Mesostigmatophyta Spirotaenia Chlorobionta Kenrick amp Crane 1997 Chlorophyta Streptobionta Kenrick amp Crane 1997 Klebsormidiophyceae Charophyta Chaetosphaeridiales Coleochaetophyta Zygnematophyta Embryophyta Engler 1892 Marchantiophyta Bryophyta Anthocerotophyta Horneophyta Aglaophyta TracheophytaSinoniemeViridiplantae Cavalier Smith 1981 1 Chlorobionta Jeffrey 1982 emend Bremer 1985 emend Lewis and McCourt 2004 2 Chlorobiota Kenrick and Crane 1997 3 Chloroplastida Adl et al 2005 4 Phyta Barkley 1939 emend Holt amp Uidica 2007 Cormophyta Endlicher 1836 Cormobionta Rothmaler 1948 Euplanta Barkley 1949 Telomobionta Takhtajan 1964 Embryobionta Cronquist et al 1966 Metaphyta Whittaker 1969 Adiantum pedatum n varing Aristoteles het alle lewende dinge in twee groepe ingedeel plante wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie en diere wat wel beweeg en sintuie het Alle alge en swamme is dus ook as plante beskou Joseph Priestley het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse suurstof en koolstofdioksied bestudeer Dit is sedertdien duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle die vermoe het om energie van sonlig vir fotosintese te benut 5 Moderne klassifikasies sluit die swamme en sommige van die alge uit sowel as die prokariote die Archaea en bakteriee Die klade Viridiplantae Latyn vir groen plante sluit die bedeksadiges naaldbome en ander naaksadiges varings en hulle verwante horingblad lewermosse mosse en die groenalge in maar sluit die rooi en bruinalge uit Groen plante verkry die meeste van hulle energie van sonlig deur fotosintese deurdat primere chloroplaste verkry word uit endosimbiose met sianobakteriee Hulle chloroplaste bevat chlorofil a en b wat hulle hulle groen kleur gee Sommige plante is parasiete en het die vermoe verloor om normale hoeveelhede chlorofil te vervaardig of te fotosintetiseer Plante word gekenmerk deur seksuele voortplanting en generasiewisseling hoewel aseksuele voortplanting ook algemeen is Tussen 260 000 en 290 000 van die sowat 320 000 plantspesies vervaardig sade 6 Groen plante verskaf n aansienlike deel van die wereld se molekulere suurstof 7 en vorm die basis van die meeste ekostelsels Plante wat graan vrugte en groente vervaardig verskaf ook basiese kos aan die mens en word al millenniums lank gedomestiseer Plante word ook gebruik as ornamente en skryf en boumateriaal en vir medisyne Die wetenskaplike bestudering van plante staan bekend as plantkunde of botanie n tak van biologie Inhoud 1 Kladogram 2 Evolusie 3 Embriofiete 4 Struktuur groei en ontwikkeling 4 1 Faktore wat groei beinvloed 5 Ander koninkryke 6 Sien ook 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsKladogram Wysig Bedeksadig Magnolia virginiana Naaksadig Picea glauca n Eenvoudige kladogram van groen plante is Viridiplantae Groenalgelandplante lewermosse Marchantiophyta horingblad Anthoceratophyta blaarmosse Bryophyta wolfskloue Lycophyta vaatplante varings Pteropsida saadplante naaksadigesbedeksadigesEvolusie Wysig Stockmansella langii een van die oudste plante uit die Devoon Die plante het nog geen blare gehad nie net stingels Die evolusie van plante het gelei tot n toename in vlakke van ingewikkeldheid van die vroegste alge tot die komplekse bedek en naaksadiges van vandag n Laag alge het 1 2 miljard jaar gelede op land gevorm maar eers in die Ordovisium periode sowat 450 miljoen jaar gelede het landplante hulle verskyning gemaak 8 Daar is egter nuwe bewyse in Prekambriese gesteentes gevind wat daarop dui dat komplekse fotosintetiese plante meer as 1 miljard jaar gelede ontwikkel het 9 Woude het teen die laat Devoon begin vorm Meer as n eeu lank is geglo die voorlopers van landplante het in n wateromgewing ontstaan en later by n lewe op land aangepas n idee wat gewoonlik toegeskryf word aan die botanis Frederick Orpen Bower in sy boek van 1908 The Origin of a Land Flora n Onlangse alternatiewe teorie wat deur genetiese bewyse ondersteun word is dat hulle uit eensellige alge op land ontwikkel het 10 en dat selfs die gemeenskaplike voorloper van rooi en groenalge asook eensellige varswateralge in n landomgewing in varswater biofilms ontstaan het 11 Primitiewe landplante het in die laat Siluur sowat 420 miljoen jaar gelede begin diversifiseer en teen die middel van die Devoon was die meeste eienskappe wat vandag in plante gesien word teenwoordig insluitende wortels blare en sekondere hout Teen die laat Devoon het sade ontwikkel 12 Plante het teen die laat Devoon dus n graad van sofistikasie bereik wat die vorming van woude met hoe bome moontlik gemaak het Evolusie innonvasies het in die Kryt en latere periodes voorgeduur en kom vandag steeds voor Die meeste plantgroepe het taamlik ongedeerd van die Perm Trias uitwissing afgekom hoewel die strukture van gemeenskappe verander het Dit kon gelei het tot die evolusie van blomplante in die Trias sowat 200 miljoen jaar gelede wat n ontploffing in die Kryt en Tersier ondergaan het Die laaste groot groep plante wat ontwikkel het was die grasse wat in die middel van die Tersier vanaf omtrent 40 miljoen jaar gelede belangrik geword het Die grasse asook baie ander groepe het nuwe maniere van metabolisme ontwikkel om die min koolstofdioksied en warm droe toestande van die trope oor die afgelope 10 miljoen jaar te oorleef Embriofiete Wysig Dicksonia antarctica n spesie boomvaring Die plante wat waarskynlik die bekendste is is die veelsellige landplante Embryophytes Dit sluit vaatplante soos varings naaldbome en bomplante in asook die briofiete waarvan blaarmosse en lewermosse die algemeenstes is Al hierdie plante het eukariotiese selle met selwande wat uit sellulose bestaan en die meeste verkry hulle energie deur fotosintese die gebruik van lig water en koolstofdioksied om kos te fotosintetiseer Sowat 300 plantspesies is nie in staat tot fotosintese nie en parasiteer op ander plante Embriofiete word onderskei van groenalge wat n soort fotosintese gebruik soos die plante waaruit moderne plante vermoedelik ontwikkel het hulle het gespesialiseerde voortplantingsorgane wat deur nievoortplantingsweefsel beskerm word Briofiete het in die vroee Paleosoikum hulle verskyning gemaak Hulle kom hoofsaaklik voor in omgewings waar vog vir aansienlike tydperke teenwoordig is hoewel sommige spesies teen verdroging bestand is Vaatplante het in die Siluur ontstaan en teen die Devoon gediversifiseer en na baie verskillende omgewings versprei Hulle het n aantal aanpassings ondergaan wat hulle toegelaat het om in al hoe droer gebiede te oorleef veral die vaatweefsel wat water en kos deur die hele organisme vervoer Wortelstelsels wat hulle in staat gestel het om water en voedingstowwe uit die grond te haal het ook in die Devoon ontwikkel Die eerste saadplante pteridosperma saadvarings nou uitgesterf het in die Devoon ontwikkel en deur die Kryt gediversifiseer Hulle was die voorlopers van moderne naaksadiges waarvan vier groepe vandag wydverspreid voorkom veral die naaldbome wat in verskeie biome die oorheersende bome is Die naam naaksadiges kom van die feit dat die plante se sade nie in n beskermende struktuur voorkom nie maar naak gedra word Struktuur groei en ontwikkeling Wysig Die blaar is gewoonlik die belangrikste plek waar fotosintese in plante geskied Die meeste van die soliede materiaal in n plant word uit die atmosfeer geneem Deur fotosintese gebruik die meeste plante die energie in sonlig om koolstofdioksied uit die atmosfeer en water in eenvoudige suikers om te skakel Hierdie suikers word dan as boustene gebruik en vorm die hoofstruktuur van die plant Chlorofil n groen magnesiumbevattende pigment is noodsaaklik vir die proses dit kom gewoonlik in die blare voor en dikwels ook in ander dele van die plant Plante maak op grond staat vir steun en water maar kry ook samestellings van stikstof fosfor kalium magnesium en ander voedingstowwe daaruit Lug en rotsplante is van lug en afval in die omgewing afhanklik vir voedingstowwe en vleisetende plante verkry hulle voedingstowwe veral stikstof en fosfor uit insekte wat hulle vang Die meeste plante het ook suurstof in die atmosfeer en om hulle wortels nodig vir asemhaling Plante gebruik suurstof en glukose wat uit gestoorde stysel verkry kan word om energie te verskaf 13 Sommige plante groei in die water en gebruik suurstof wat in die omringende water opgelos is en n paar gespesialiseerde vaatplante soos wortelbome en fluitjiesriete 14 kan groei met hulle wortels in anoksiese water met baie min opgeloste suurstof Faktore wat groei beinvloed Wysig Daar is in die herfs geen fotosintese in die blare van bladwisselende plante nie Die genoom van n plant beheer sy groei Sekere varieteite of genotipes koring groei byvoorbeeld vinnig en is binne 110 dae ryp terwyl ander in dieselfde omgewing eers binne 155 dae sal ryp word 15 Groei word ook deur omgewingsfaktore beinvloed soos temperatuur beskikbare water lig en koolstofdioksied en beskikbare voedingstowwe in die grond Enige verandering in die beskikbaarheid van hierdie toestande sal in hulle groei weerspieel word Biotiese faktore kan ook n rol in groei speel Plante kan so dig wees dat geen enkele plant normaal kan groei nie Optimale plantgroei kan ook belemmer word deur plantvretende diere swak grondsamestellings en deur insekte of plantsiektes 15 Baie plante se groei hang van die seisoene af Jaarplante groei en plant voort in een groeiseisoen tweejarige plante in twee seisoene en meerjarige plante oorleef baie seisoene en as hulle eers volgroeid is sal hulle dikwels jaarliks voortplant Dit hang gewoonlik af van klimaats en ander omgewingsfaktore Plante wat in berg of gematigde streke eenjarig is kan in warmer klimate meerjarig wees Onder vaatplante kom beide immergroen en bladwisselende plante voor Eersgenoemde behou hulle blare deur die jaar terwyl laasgenoemde hulle blare vir n sekere tyd van die jaar verloor Plante se groeitempo wissel baie Sommige mosse groei minder as 0 001 mm per uur terwyl die meeste bome 0 025 tot 0 250 mm per uur groei Ander koninkryke WysigAnimalia Monera Protista FungiSien ook WysigBiologie Plantkunde Alfabetiese lys van Suid Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid Afrika Lys van onkruid in Suid Afrika OnkruidVerwysings Wysig Cavalier Smith T 1981 Eukaryote kingdoms Seven or nine BioSystems 14 3 4 461 481 doi 10 1016 0303 2647 81 90050 2 PMID 7337818 Lewis L A McCourt R M 2004 Green algae and the origin of land plants American Journal of Botany 91 10 1535 1556 doi 10 3732 ajb 91 10 1535 PMID 21652308 Kenrick Paul Crane Peter R 1997 The origin and early diversification of land plants A cladistic study Washington D C Smithsonian Institution Press ISBN 978 1 56098 730 7 Adl S M et al 2005 The new higher level classification of eukaryotes with emphasis on the taxonomy of protists The Journal of Eukaryotic Microbiology 52 5 399 451 doi 10 1111 j 1550 7408 2005 00053 x PMID 16248873 S2CID 8060916 AS1 onderhoud gebruik authors parameter link innominatesociety in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2017 Besoek op 12 Julie 2017 Numbers of threatened species by major groups of organisms 1996 2010 PDF International Union for Conservation of Nature 11 Maart 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 21 Julie 2011 Besoek op 27 April 2011 Field C B Behrenfeld M J Randerson J T Falkowski P 1998 Primary production of the biosphere Integrating terrestrial and oceanic components Science 281 5374 237 240 Bibcode 1998Sci 281 237F doi 10 1126 science 281 5374 237 PMID 9657713 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2018 Besoek op 10 September 2018 Transition of plants to land Geargiveer 2 Maart 2008 op Wayback Machine Strother Paul K Battison Leila Brasier Martin D Wellman Charles H 26 Mei 2011 Earth s earliest non marine eukaryotes Nature 473 7348 505 509 Bibcode 2011Natur 473 505S doi 10 1038 nature09943 PMID 21490597 Harholt Jesper Moestrup Ojvind Ulvskov Peter 1 Februarie 2016 Why Plants Were Terrestrial from the Beginning Trends in Plant Science 21 2 96 101 doi 10 1016 j tplants 2015 11 010 PMID 26706443 Ponce Toledo R I Deschamps P Lopez Garcia P Zivanovic Y Benzerara K Moreira D 2017 An early branching freshwater cyanobacterium at the origin of plastids Current Biology 27 3 386 391 doi 10 1016 j cub 2016 11 056 PMC 5650054 PMID 28132810 Rothwell G W Scheckler S E Gillespie W H 1989 Elkinsia gen nov a Late Devonian gymnosperm with cupulate ovules Botanical Gazette 150 2 170 189 doi 10 1086 337763 JSTOR 2995234 Wilson Edward O 1973 Life on Earth 1ste uitg Stamford Conn Sinauer Associates p 145 ISBN 978 0 87893 934 3 R M M Crawford 1982 Physiological responses in flooding Encyclopedia of Plant Physiology 12B 453 477 15 0 15 1 Robbins W W Weier T E et al Botany Plant Science 3de uitg Wiley International New York 1965 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Plant Wikiwoordeboek het n inskrywing vir plant Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Plant amp oldid 2586962