www.wikidata.af-za.nina.az
Die verlatespinnekopbos Serruria scoparia is n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm Die plant is endemies aan die Wes Kaap en kom vanaf Riebeeck Oos tot die Paarl voor Die struik is klein met kruipende stammetjies en word slegs 40 cm hoog en blom van Augustus tot Oktober VerlatespinnekopbosBewaringstatusKritiek bedreig IUCN 3 1 Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk Plantae geen rang Angiosperms geen rang EudicotsOrde ProtealesFamilie ProteaceaeGenus SerruriaSpesie S scopariaBinomiale naamSerruria scopariaR Br 1810 SinoniemeProtea scoparia R Br Poir Serruria callosa KnightDie plant se wortels kan weer uitspruit na n brand Twee maande nadat dit geblom het val die vrugte af en miere versprei die sade Hulle stoor die sade in hul neste Die plant is eenslagtig Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 100 m In Engels staan dit as die Forlorn spiderhead bekend Hierdie spesie was as uitgesterf beskou nadat dit laas in 1810 gesien is maar in September 2001 is die plant weer opgemerk Bronne wysigREDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Verlatespinnekopbos amp oldid 2543525