www.wikidata.af-za.nina.az
Hierdie artikel dokumenteer n aktuele gebeurtenis Inligting kan vinnig verander namate die gebeurtenis ontvou en die eerste nuusberigte mag onbetroubaar wees Die nuutste wysigings aan hierdie artikel mag verouderd wees Kijif Oekraiens Kiyiv ˈkɪjiu luister hulp inligting Engels Kyiv Kiev voorheen Kief in Afrikaans nota 1 is die hoofstad van Oekraine en die land se stad met die meeste inwoners Dit is in Noordsentraal Oekraine aan die Dnjepr Oekraiens Dnipro gelee Op 1 Januarie 2021 het dit n bevolking van 2 962 180 gehad 3 en dit is dus die stad in Europa met die sewende meeste inwoners 4 KijifKiyivKaart WapenVlag Land Oekraine Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kijif Koordinate 50 27 N 30 31 O 50 450 N 30 517 O 50 450 30 517 Stigting 6de eeu Oppervlakte Totaal 839 vk km Hoogte bo seevlak 179 m Bevolking Totaal 1 Januarie 2021 2 962 180 1 Bevolkingsdigtheid 3 299 vk km Metropolitaanse gebied 3 475 000 2 Etniese groepe Oekrainers 82 2 Russe 13 1 Jode 0 7 Ander Minder as 5 Tydsone UTC 2 OET Somertyd UTC 3 OEST Burgemeester Witali Klitsjko BPP Amptelike webwerf kyivcity gov uaKijif is n belangrike nywerheids wetenskaps opvoedings en kulturele sentrum in Oos Europa Dit het baie hoetegnologiebedrywe hoeropvoedingsinstellings en historiese landmerke Die stad het n uitgebreide openbarevervoer en infrastruktuurstelsel insluitende die Kijifse Metro Die stad se naam is afgelei van die van Ki een van sy vier legendariese stigters Gedurende sy geskiedenis het Kijif een van die oudste stede in Oos Europa deur verskeie stadiums van prominensie en obskuriteit gegaan Dit het waarskynlik reeds in die 5de eeu as n handelsentrum bestaan Dit was n Slawiese nedersetting aan die groot handelsroete tussen Skandinawie en Konstantinopel en was n skatpligtige van die Chasare 5 totdat dit in die middel van die 9de eeu deur die Warangiers Wikings oorgeneem is Onder Warangiese heerskappy het dit die hoofstad geword van Kief Roes die eerste Oos Slawiese staat In die Mongoolse inval van 1240 is dit heeltemal verwoes en dit het vir die eeue daarna die grootste deel van sy invloed verloor Dit was n provinsiale hoofstad van mindere belangrikheid aan die buitewyke van die gebiede wat deur magtige bure beheer is eers die Groothertogdom Litaue toe die Koninkryk Pole en daarna die Russiese Ryk 6 Die stad het weer floreer tydens Rusland se nywerheidsomwenteling in die laat 19de eeu In 1918 nadat die Oekraiense Volksrepubliek sy onafhanklikheid van Sowjet Rusland verklaar het het Kijif sy hoofstad geword Van 1921 af was Kijif n stad in Sowjet Oekraine en van 1934 af die republiek se hoofstad Dit is weer heeltemal verwoes in die Tweede Wereldoorlog maar het na die oorlog vinnig herstel en die Sowjetunie se derde grootste stad gebly Na die verval van die Sowjetunie en Oekraine se onafhanklikwording in 1991 het Kijif Oekraine se hoofstad gebly en n bestendige invloei van etniese Oekrainers van ander dele van die voormalige Sowjetunie beleef 7 Gedurende die land se transformasie in n vryemarkekonomie en demokrasie het Kijif Oekraine se grootste en rykste stad gebly Sy nywerheidsproduksie wat van bewapening afhanklik was het gedaal na die verval van die Sowjetunie en dit het sy wetenskap en tegnologie negatief beinvloed maar nuwe sektore van die ekonomie soos dienste en finansies het Kijif help groei en geld verskaf vir die ontwikkeling van behuising en n stedelike infrastruktuur Kijif het die streek in Oekraine geword wat die meeste pro Westers is politieke partye wat opname in die Europese Unie voorgestaan het het oorheers gedurende die verkiesings 8 9 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Omgewing 2 1 Geografie 2 2 Klimaat 3 Demografie 3 1 Historiese bevolking 3 2 Etniese samestelling 3 3 Taal 3 4 Jode 4 Stedelike landskap 5 Notas 6 Verwysings 7 SkakelsGeskiedenis WysigDie eerste bekende mense in die omgewing van Kijif het in die laat Steentydperk daar gewoon 10 Gedurende die vroee Ystertydperk het sekere stamme hulle om Kijif gevestig wat met gewasse en diere geboer het en handel gedryf het met die Skitiers en antieke state aan die kus van die noordelike Swartsee 10 Die ontdekking van Romeinse muntstukke van die 2de tot 4de eeu dui op handelsbetrekkinge met die oostelike provinsies van die Romeinse Ryk 10 Die volk van die Zaroebintsi kultuur word beskou as die direkte voorvaders van die antieke Slawiers wat later Kijif gestig het 10 Geleerdes verskil steeds oor wanneer presies die stad gestig is Die tradisionele stigtingsdatum is 482 n C en die stad het sy 1 500ste herdenking in 1982 gevier Volgens argeologiese data was die stigting in die 6de of 7de eeu 11 12 en volgens sekere navorsers eers in die laat 9de eeu 13 nbsp Die legendariese Ki Sjtsjek Chorif en Libid in die Konigsberg kroniek Daar is verskeie legendariese weergawes van die oorsprong van die stad Volgens een in die Primere Kroniek het die lede van n Slawiese stam die Oos Poljane die broers Ki die oudste na wie die stad genoem is Sjtsjek en Chorif en hulle suster Libid die stad gestig 10 Volgens n ander het die apostel Andreas in die 1ste eeu deur die gebied gereis Waar die stad nou is het hy n kruis opgerig en n kerk is later daar gebou Sedert die Middeleeue het n beeld van die aartsengel Migael die stad en die hertogdom verteenwoordig nbsp Hongare in Kijif in 830 tydens die tyd van die Kanaat van Roes Daar is min historiese bewyse van die tyd waarin die stad gestig is Verspreide Slawiese nedersettings het van die 6de eeu af in die gebied voorgekom maar dit is onduidelik of enige van hulle later in die stad ontwikkel het Een van die nedersettings was Azagarium wat volgens sommige historici die voorloper van Kijif was 14 n Ander naam vir Kijif waarvan die oorsprong onbekend is was Sambat wat blykbaar iets met die Chasaarse Ryk te doen gehad het Volgens die Primere Kroniek het die inwoners van Kijif aan Askold gese Daar was drie broers Ki Sjtsjek en Chorif Hulle het die stad gestig en gesterf en nou bly ons hier en betaal belasting aan hulle familie die Chasare In sy boek De Administrando Imperio noem Konstantyn Porphyrogennetos n karavaan van klein vragbote wat jaarliks byeengekom het en skryf Hulle het met die rivier Djepr afgevaar en byeengekom by Kijif Kioava ook genoem Sambatas 15 Die Primere Kroniek lui dat Askold en Dir in n stadium in die 9de of 10de eeu oor Kijif regeer het Hulle was dalk van Wikingafkoms Hulle is in 882 deur Oleg van Nowgorod vermoor maar volgens sommige historici soos Omeljan Pritsak en Constantine Zuckerman het die Chasaarse heerskappy tot so laat as die 920 s geduur Ander historici glo Magjaarse stamme het tussen 840 en 878 oor die stad regeer voordat hulle saam met sommige Chasaarse stamme na die Karpatebekken migreer het Die Primere Kroniek noem ook dat Hongare deur Kijif beweeg het Tot vandag is daar n plek in Oekraine met die naam Ugorske urochishe Oehorske oerotsjisjtsje Hongaarse Plek 16 wat beter bekend is as Askold se Graf Volgens die bogenoemde geleerdes is die fort in Kijif in 840 klaar gebou onder die leierskap van Keo Keve Csak en Gereb drie broers moontlik lede van die Tardjanstam Die drie name is in die Primere Kroniek Ki Sjtsjek en Chorif Hulle was dalk nie van Slawiese oorsprong nie want Russiese historici het nog altyd gesukkel om rekenskap te gee van hulle betekenis en oorsprong Volgens die Hongaarse historikus Viktor Padanyi is hulle name in die 12de eeu in die Kijifse kroniek ingevoeg en is hulle geidentifiseer as Oudrussiese mitologiese helde 17 Die stad Kijif was gelee aan die handelsroete tussen die Warangiers en Grieke In 968 het die nomadiese Petsjenege Kijif aangeval en beset 18 Teen 1000 n C het die stad 45 000 inwoners gehad 19 In Maart 1169 het grootprins Andrei Bogoljoebski van Wladimir Soezdal Kijif verwoes waarna net ruines van die ou stad oor was 20 21 Hy het baie godsdienskunswerke onder meer die ikoon Teotokos van Wladimir uit die nabygelee Wisjhorod verwyder 22 In 1203 het prins Rjoerik Rostislawitsj en sy Kiptsjak bondgenote Kijif binnegeval en afgebrand In die 1230 s is die stad verskeie kere deur verskillende Roes prinse binnegeval en verwoes Die stad het nog nie van die aanvalle herstel nie toe die Mongole onder Batoe Khan dit in 1240 heeltemal verwoes 23 nbsp Die Doop van die Kijifse inwoners n skildery deur Klawdi Ljebedef nbsp Die Kosak Bohdan Chmelnitski gaan Kijif binne na die Chmelnitski opstand teen Poolse oorheersing Skildery deur Mikola Iwasjoek Die gebeure het n groot invloed op die toekoms van die stad en die Oos Slawiese beskawing gehad Voor Bogoljoebski se aanval het Kijif n reputasie gehad as een van die grootste stede in die wereld met n inwonertal van meer as 100 000 aan die begin van die 12de eeu 24 In die vroee 1320 s het n Litause leer onder groothertog Gediminas n Slawiese leer onder Stanislaf van Kief verslaan en die stad verower Die Tatare wat ook aanspraak op Kijif gemaak het het in 1324 1325 vergeldingstappe geneem Hoewel Kijif toe deur n Litause prins regeer is moes die stad heffings aan die Goue Horde betaal Eindelik het die groothertog van Litaue Algirdas Kijif en die omringende gebiede by die Groothertogdom Litaue ingelyf 25 In 1482 het die Krim Tatare n groot deel van Kijif afgebrand 26 Met die Unie van Lublin van 1569 toe die Pools Litause Gemenebes gestig is is die Litaus beheerde grondgebied van Kijif oorgedra van die Groothertogdom Litaue na die Koninkryk Pole 27 Russiese troepe het Kijif sedert die Verdrag van Perejaslaf beset en in 1667 het die stad deel van die Tsaredom Rusland geword met n mate van outonomie In die Russiese Ryk was Kijif n hoofsaaklik Christelike sentrum wat pelgrims gelok het en die wieg van baie van die ryk se belangrikste godsdiensfigure maar tot in die 19de eeu was die stad van mindere kommersiele belang Na n geleidelike afname in Oekraine se outonomie is Kijif in die 19de eeu toenemend gerussifiseer deur middel van Russiese immigrasie administratiewe optrede en sosiale modernisering Aan die begin van die 20ste eeu het die Russiessprekende deel van die bevolking die middestad oorheers terwyl die laer klasse aan die buitewyke gewoon en in n mate die Oekraiense volkskultuur behou het nbsp Kijif in die laat 19de eeu Gedurende die Russiese nywerheidsomwenteling in die laat 19de eeu het Kijif n belangrike handels en vervoersentrum van die Russiese Ryk geword Dit het gespesialiseer in suiker en graanuitvoer per spoorlyn en op die Dnjepr Teen 1900 het die stad ook n belangrike nywerheidsentrum geword en het dit n inwonertal van 250 000 gehad Landmarke uit die tydperk sluit in die spoorweginfrastruktuur die stigting van talle opvoedings en kultuurgeriewe en argitektoniese monumente hoofsaaklik handelsgeorienteerd In 1892 is die eerste tremlyn in die Russiese Ryk in Kijif in gebruik geneem die derde in die wereld Kijif het floreer gedurende die Russiese nywerheidsomwenteling van die laat 19de eeu en het die derde belangrikste stad van die Russiese Ryk geword asook die grootste handelsentrum in die suidweste In die onstuimige tydperk na die Russiese Rewolusie van 1917 het Kijif die hoofstad geword van verskeie opeenvolgende state en was dit midde in verskeie konflikte die Eerste Wereldoorlog waartydens Duitse soldate dit van 2 Maart 1918 tot November 1918 beset het die Russiese Burgeroorlog van 1917 tot 1922 en die Pools Sowjetoorlog van 1919 1921 In die laaste drie maande van 1919 is Kijif af en aan deur die Wit Leer beheer Beheer oor Kijif het van die einde van 1918 tot in Augustus 1920 16 keer verander 28 Van 1921 tot 1991 was die stad deel van die Oekraiense Sosialistiese Sowjetrepubliek wat in 1922 n stigerstaat van die Sowjetunie was Die belangrikste gebeure wat tussen die twee wereldoorloe in Sowjet Oekraine plaasgevind het het alles Kijif geraak die Oekrainifikasie van die 1920 s sowel as die migrasie van die plattelandse Oekraienssprekende bevolking het die Russiessprekende stad verander in n Oekraienssprekende sentrum en het die Oekraiense kultuurlewe in die stad n hupstoot gegee die Sowjetse industrialisasie wat laat in die 1920 s begin het het die stad voorheen n sentrum van handel en godsdiens omskep in n groot nywerheids tegnologiese en wetenskaplike sentrum die Groot Hongersnood van 1932 33 het n groot deel van die migrantebevolking wat nie vir rantsoenkaarte geregistreer was nie verwoes en Josef Stalin se Groot Suiwering van 1937 38 het amper die stad se intelligentsia uitgewis 29 30 31 In 1934 het Kijif die hoofstad van Sowjet Oekraine geword Die stad het weer floreer in die jare van die Sowjet industrialisasie terwyl sy inwonertal vinnig gegroei en baie nywerheidsreuse gestig is waarvan sommige vandag nog bestaan nbsp Die ruines van Kijif tydens die Tweede Wereldoorlog In die Tweede Wereldoorlog is die stad weer erg beskadig en Nazi Duitsland het dit van 19 September 1941 tot 6 November 1943 beset Magte van die Spilmoondhede het meer as 600 000 Sowjetsoldate gevange geneem in die Slag van Kief in 1941 waarin die stad omsingel is Die meeste het nie lewend teruggekeer nie 32 Kort nadat die Wehrmacht die stad oorgeneem het het n span NKWD offisiere wat weggekruip het die meeste geboue aan die hoofstraat Chresjtsjatik wat deur Duitse militere en burgerlike owerhede beset is met dinamiet opgeblaas Die geboue het dae lank gebrand en 25 000 mense is dakloos gelaat Die Duitsers het na bewering in reaksie op die NKWD se optrede die plaaslike Jode byna 34 000 33 bymekaargemaak en hulle op 29 en 30 September 1941 by Babin Jar in Kijif uitgemoor 34 In die daaropvolgende maande is nog duisende na Babin Jar geneem en geskiet Die Duitsers het na raming meer as 100 000 mense van verskillende etniese groepe meestal burgerlikes in die oorlog by Babin Jar vermoor 35 Kijif het na die oorlog ekonomies herstel en weer die derde belangrikste stad in die Sowjetunie geword Die kernramp by Tsjernobil nou Tsjornobil in 1986 het net 100 km noord van die stad plaasgevind Die suidewind het egter die meeste radioaktiewe afval weg van Kijif gewaai Met die verbrokkeling van die Sowjetunie het die Oekraiense parlement die Werchowna Rada die Oekraine op 24 Augustus 1991 in die stad onafhanklik verklaar In 2004 05 was die stad die verhoog van die grootste post Sowjetse openbare demonstrasies tot in daardie tyd uit ondersteuning van die Oranje Rewolusie Van November 2013 tot Februarie 2014 was Sentraal Kijif die belangriste terrein van Euromaidan Kijif was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Oekraine en Pole saam aangebied het Omgewing WysigGeografie Wysig nbsp n Satellietbeeld van Kijif en die Dnjepr Kijif is geografies gelee aan die grens van die ekologiese sone Polesie woudland wat deel is van die Europese gemengdewoudgebied en die Oos Europese woudsteppebioom Die stad se unieke landskap onderskei dit egter van die omringende gebied Kijif is heeltemal deur die Kijif oblast omring Kijif was aanvanklik aan die westeroewer van die Dnjepr gelee maar le nou weerskante van die rivier Die Dnjepr vloei suidwaarts deur die stad na die Swartsee Die ouer en hoer westelike deel van die stad le op verskeie woudagtige heuwels die Kijif heuwels met ravyne en klein riviere Kijif is deel van die groter Dnjepr hoogland wat aan die westeroewer van die Dnjepr le en bydra tot die stad se hoogtewisseling Die noordelike buitewyke van die stad grens aan die Polesiese Laagland Kijif het eers teen die 20ste eeu uitgebrei tot in die Dnjepr laagland aan die linkeroewer in die ooste Die gebied word dan ook die Linkeroewer Oekraiens Livij bereg Liwi bereh genoem In die stad vorm die Dnjepr verskeie sytakke eilande en hawens Die stad le naby die mond van die Desnarivier en die Kijif reservoir in die noorde en die Kanif reservoir in die suide Beide die Dnjepr en Desnarivier is by Kijif bevaarbaar hoewel dit beperk word deur skeepvaartsluise en vriesing in die winter Daar is altesaam 448 oop watermassas binne die grense van Kijif wat insluit die Dnjepr self sy reservoirs en verskeie klein riviere en talle natuurlike en kunsmatige mere Dit beslaan 7 949 hektaar Daar is ook 16 ontwikkelde strande en 35 ontspanningsterreine naby water In sommige watermassas kan nie geswem word nie 36 37 Volgens die evaluasie van die VN in 2011 is daar geen gevaar van natuurrampe in Kijif en sy metropolitaanse gebied nie 38 nbsp n Panoramiese uitsig oor die regteroewer van Kijif waar die middestad gelee is Mei 2011 Klimaat Wysig Kijif het n humiede kontinentale klimaat met warm somers Koppen Dfb 39 Die warmste maande is Junie Julie en Augustus met gemiddelde temperature van 13 8 tot 24 8 C Die koudste maande is Desember Januarie en Februarie met gemiddelde temperature van 4 6 tot 1 1 C Die hoogste temperatuur wat nog in die stad gemeet is was 39 4 C op 30 Julie 1936 40 41 Die koudste temperatuur was 32 9 C op 11 Januarie 1951 40 41 Weergegewens vir Kijif 1991 2020 Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des JaarGemiddelde maksimum C 0 8 0 7 6 5 15 0 21 1 24 6 26 5 25 9 20 0 12 9 5 3 0 5 13 2Gemiddelde temperatuur C 3 2 2 3 2 5 10 0 15 8 19 5 21 3 20 5 14 9 8 6 2 6 1 8 9 0Gemiddelde minimum C 5 5 5 0 0 8 5 7 10 9 14 8 16 7 15 7 10 6 5 1 0 4 3 9 5 4Neerslag mm 38 40 40 42 65 73 68 56 57 46 46 47 618Reendae d 8 7 9 13 14 15 14 11 14 12 12 9 138Humiditeit 82 7 80 1 74 0 64 3 62 0 67 5 68 3 66 9 73 5 77 4 84 6 85 6 73 9Bron Pogoda ru net 42 World Meteorological Organization humiditeit 1981 2010 43 Demografie WysigVolgens die amptelike registrasiestatistieke was daar in Julie 2013 altesaam 2 847 200 inwoners in Kijif 44 Historiese bevolking Wysig Historiese bevolkingJaarInwoners 10xx100 000 164715 000 85 0 166610 000 33 3 176342 000 320 0 179719 000 54 8 183536 500 92 1 184550 000 37 0 185656 000 12 0 186571 300 27 3 1874127 500 78 8 1884154 500 21 2 1897247 700 60 3 1905450 000 81 7 1909468 000 4 0 1912442 000 5 6 1914626 300 41 7 1917430 500 31 3 1919544 000 26 4 1922366 000 32 7 1923413 000 12 8 1926513 000 24 2 1930578 000 12 7 1940930 000 60 9 1943180 000 80 6 1956991 000 450 6 19591 104 300 11 4 19651 367 200 23 8 19701 632 000 19 4 19751 947 000 19 3 19802 191 500 12 6 19852 461 000 12 3 19912 593 400 5 4 19962 637 900 1 7 20002 615 300 0 9 20052 596 400 0 7 20102 786 518 7 3 20152 890 432 3 7 Op 1 Januarie van n spesifieke jaar 45 46 Volgens die Oekraiense sensus van 2001 was die inwonertal in die jaar 2 611 300 47 Volgens die sensus was daar 1 393 000 53 3 vroue en 1 219 000 46 7 mans In vergelyking met die vorige sensus van 1989 kan die neiging van veroudering in die land gesien word terwyl dit in Kijif gedeeltelik gekeer is deur die invloei van migrante van n werkersouderdom Sowat 1 069 700 mense het n hoer opvoeding gehad of hulle sekondere opvoeding voltooi n aansienlike toename van 21 7 sedert 1989 Etniese samestelling Wysig Volgens die sensusdata van 2001 het mense van meer as 130 nasionaliteite en etniese groepe in Kijif gewoon Oekrainers was die meeste teen 2 110 800 mense of 82 2 van die inwoners Russe het 337 300 13 1 uitgemaak Jode 17 900 0 7 Belarusse 16 500 0 6 Pole 6 900 0 3 Armeniers 4 900 0 2 Azerbeidjanners 2 600 0 1 Tatare 2 500 0 1 Georgiers 2 400 0 1 en Moldowiers 1 900 0 1 Volgens n studie van 2015 deur die International Republican Institute van Amerika was 94 van Kijif se inwoners etniese Oekrainers en 5 etniese Russe 48 Die meeste van die stad se nie Slawiese inwoners was Tatare volke van die Kaukasus en ander volke van die voormalige Sowjetunie Taal Wysig Oekraiens en Russies word albei algemeen in die stad gepraat sowat 75 van Kijif se inwoners het in die sensus van 2001 Oekraiens as hulle moedertaal aangegee en sowat 25 Russies 49 Volgens n opname in 2006 word Oekraiens in 23 van Kijifse huise gepraat Russies in 52 en albei in 24 50 Jode Wysig Die Jode van Kijif word in n brief uit die 10de eeu die eerste keer genoem Die Joodse bevolking het tot in die 19de eeu relatief klein gebly 51 n Reeks pogroms is in 1882 uitgevoer en nog een in 1905 Aan die vooraand van die Eerste Wereldoorlog was die stad se Joodse bevolking meer as 81 000 52 In 1939 was daar sowat 224 000 Jode in Kijif 51 van wie sommige uit die stad gevlug het voor die Duitse inval van die Sowjetunie wat in Junie 1941 begin het Op 29 en 30 September 1941 is byna 34 000 Kijifse Jode by Babi Jar vermoor 53 54 Jode het aan die einde van die oorlog na Kijif begin terugkeer maar in September 1945 was daar nog n pogrom 55 In die 21ste eeu het die stad se Joodse inwoners sowat 20 000 getel Daar is twee groot sinagoges in Kijif 56 Stedelike landskap Wysig nbsp n Panoramiese uitsig oor Podil een van Kijif se sentrale woonbuurte Die moderne Kijif is n mengsel van oud sowat 70 van meer as duisend geboue wat van 1907 tot 1914 gebou is het bewaar gebly 57 en nuut wat te sien is in van die argitektuur tot die winkels en die mense self Toe die hoofstad van Sowjet Oekraine van Charkif na Kijif geskuif is is baie nuwe geboue gebou om die stad die prag en praal van n hoofstad te gee 57 Te midde van n vinnige bevolkingsaanwas tussen die 1970 s en die middel 1990 s het die stad na die millenniumwisseling bestendig bly groei Intussen het die uitbreiding van die stad afgeneem en die bevolkingsdigtheid van die voorstede toegeneem Die duurste eiendom is in die gebiede Petsjersk en Chresjtsjatik Dit is ook prestigeryk om eiendom te besit in die nuut geboude geboue in die buurte Charkifski of Obolon aan die Dnjepr Oekraine se onafhanklikheid met die eeuwisseling het ook ander veranderings ingelui Woonkomplekse in n Westerse styl moderne nagklubs deftige restaurante en luuksehotels het hulle deure in die middestad oopgemaak Nog belangriker is dat Oekraine na die verslapping van visumregulasies in 2005 58 n toptoeristeattraksie vol nuwe moontlikhede geword het Die middestad is skoongemaak en geboue is herstel en oorversier Baie historiese gebiede het gewilde handelsplekke geword waar n mens Oekraiense kuns godsdiensitems boeke speletjies en juwele kan koop 59 Op die VN se Klimaatsveranderingskonferensie van 2009 was Kijif die enigste stad van die Gemenebes van Onafhanklike State wat die Europese TOP30 groenstadindeks gehaal het in die 30ste plek 60 nbsp Die Rooi universiteitsgebou hoofgebou van die Kijif universiteitKijif se bekendste historiese argitektuurkomplekse is die Sint Sofia katedraal en die Kijifse Petsjersk lawra Grotkloosters wat deur Unesco as werelderfenisgebiede beskou word Noemenswaardige historiese landmerke sluit in die Marijinski paleis ontwerp en gebou van 1745 tot 1752 en herbou in 1870 en verskeie kerke van die Oosters Ortodokse Kerk Een van Kijif se makliks herkenbare landmerke is die uiters sigbare reusestandbeeld Moeder Moederland van titaan wat aan die regteroewer van die Dnjepr staan by die Nasionale Museum van die Geskiedenis van Oekraine in die Tweede Wereldoorlog Onder die stad se bekendste monumente tel Michail Mikesjin se standbeeld van Bohdan Chmelnitski op sy perd naby die Sint Sofia katedraal die een van Wladimir die Grote sint Wladimir wat Kief Roes gekersten het op Sint Wladimir heuwel en die een vir Ki Sjtsjek Chorif en Libid die legendariese stigters van die stad Op Onafhanklikheidsplein in die middestad pryk twee monumente een van die historiese beskermer van Kijif die aartsengel Migael bo n rekonstruksie van een van die ou stadspoorte en n moderne uitvinding die beskermingsgodin Berehinia op n hoe pilaar Argitektoniese en historiese monumente van Kijif nbsp Die Goue Poort nbsp Die Sint Sofia katedraal nbsp Die Sint Migael gouekoepelklooster nbsp Die Klooster van die Voorspraak nbsp Die Sint Andreas kerk nbsp Die Marijinski paleis Notas Wysig Die ou naam Kief is die verafrikaanste vorm van die Russiese naam Kiev tr Kijef Die Oekraiense naam is Kiyiv wat in Engels Kyiv gespel word en in Afrikaans Kijif In Oekraine self word die Engelse transliterasie gebruik Verwysings Wysig uk Chiselnist nayavnogo naselennya Ukrayini PDF Oekraiense Staatsdiens vir Statistiek Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 4 November 2021 Besoek op 11 Julie 2021 en Major Agglomerations of the World Citypopulation de 1 Januarie 2021 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2019 Besoek op 23 September 2021 Chiselnist naselennya m Kiyeva Number of present population of Ukraine 1 January 2021 PDF in Oekraiens UkrStat gov ua 1 Januarie 2021 Besoek op 15 Julie 2021 City Mayors The 500 largest European cities 1 to 100 www citymayors com Kiev TheFreeDictionary com Besoek op 4 Julie 2015 Kyiv History Encyclopaedia Britannica in Engels Besoek op 9 Maart 2020 Magocsi Paul Robert 2010 A History of Ukraine The Land and Its Peoples 2de hersien uitg University of Toronto Press p 481 ISBN 978 1 4426 9879 6 Viborchi komisiyi fiksuyut peremogu opozicijnih kandidativ u Kiyevi www radiosvoboda org Bitva za Kiyiv chomu posada mera vzhe ne potribna Klichku i chi budut vibori vzagali in Oekraiens Kontrakty 19 Maart 2013 Besoek op 19 Augustus 2013 10 0 10 1 10 2 10 3 10 4 Kyiv at Ukrainian Soviet Encyclopedia Kyiv Encyclopaedia Britannica besoek op 9 Maart 2020 Petro Tolochko Glib Ivakin Yaroslava Vermenych Kyiv Encyclopedia of History of Ukraine Rabinovich GA From the history of urban settlements in the eastern Slavs In the book History culture folklore and ethnography of the Slavic peoples M 1968 134 Erofalov Pilipchak Boris 22 Februarie 2019 Rimskij Kiev ili Castrum Azagarium na Kievo Podole A C via Google Books Sigfus Blondal The Varangians of Byzantium History Pechersk Raion in the Kiev City dr Viktor Padanyi Dentu Magyaria p 325 voetnoot 15 Lowe Steven Ryaboy Dmitriy V The Pechenegs Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2009 Besoek op 27 Oktober 2009 Paul M HOHENBERG Lynn Hollen Lees Paul M Hohenberg 2009 The Making of Urban Europe 1000 1994 Harvard University Press p 10 ISBN 978 0 674 03873 8 Plokhy Serhii 2006 The Origins of the Slavic Nations PDF Cambridge University Press p 42 ISBN 978 0 521 86403 9 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 29 Maart 2017 Martin Janet L B 2004 1986 Treasure of the Land of Darkness The Fur Trade and Its Significance for Medieval Russia Cambridge England Cambridge University Press p 127 doi 10 1017 CBO9780511523199 ISBN 978 0 521 54811 3 Janet Martin Medieval Russia 980 1584 Cambridge University Press 1996 100 The Destruction of Kiev University of Toronto Research Repository Orest Subtelny 1989 Ukraine A History Illustr Repr CUP Archive p 38 Jones Michael 2000 The New Cambridge Medieval History Volume 6 c 1300 c 1415 Cambridge University Press ISBN 978 0 521 36290 0 Jerzy Lukowski W H Zawadzki 2006 A concise history of Poland Cambridge University Press p 53 ISBN 0 521 61857 6 Davies Norman 1982 God s Playground A History of Poland Vol 1 The Origins to 1795 Columbia University Press ISBN 978 0 231 05351 8 Eksteins Modris 1999 Walking Since Daybreak Houghton Mifflin p 87 ISBN 0 618 08231 X The Great Purge under Stalin 1937 38 brama com Besoek op 14 Januarie 2010 Orlando Figes The Whisperers Private Life in Stalin s Russia 2007 ISBN 0805074619 pages 227 315 Robert Gellately Lenin Stalin and Hitler The Age of Social Catastrophe Knopf 2007 ISBN 1 4000 4005 1 720 bladsye Daniel Goldhagen Hitler s Willing Executioners p 290 2 8 million young healthy Soviet POWs killed by the Germans mainly by starvation in less than eight months of 1941 42 before the decimation of Soviet POWs was stopped and the Germans began to use them as laborers Babi Yar Jewish Virtual Library 2012 Andy Dougan Dynamo Triumph and Tragedy in Nazi Occupied Kiev Globe Pequot 2004 ISBN 1 59228 467 1 p 83 Kiev and Babi Yar Holocaust Encyclopedia United States Holocaust Memorial Museum U Kiyevi bilya vodojm vidkrito 32 zoni dlya vidpochinku z yakih 12 iz mozhlivistyu kupannya kyivcity gov ua in Oekraiens Kyivcity gov ua 19 Junie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2020 Besoek op 12 Oktober 2020 U Klichka rozpovili de v Kiyevi mozhna kupatisya a de tilki zasmagati Spisok pravda com ua in Oekraiens Pravda com ua 19 Junie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2020 Besoek op 12 Oktober 2020 Urban agglomerations with 750 000 inhabitants or more in 2011 and types of natural risks United Nations Department of Economic and Social Affairs Population Division April 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014 Besoek op 1 September 2013 Kottek M J Grieser C Beck B Rudolf F Rubel 2006 World Map of the Koppen Geiger climate classification updated PDF Meteorol Z 15 3 259 263 Bibcode 2006MetZe 15 259K doi 10 1127 0941 2948 2006 0130 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2012 Besoek op 24 Augustus 2012 40 0 40 1 CGO Klimatichni dani po m Kiyevu cgo sreznevskyi kyiv ua in Oekraiens Central Observatory for Geophysics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020 Besoek op 12 Oktober 2020 41 0 41 1 CGO Klimatichni rekordi cgo sreznevskyi kyiv ua in Oekraiens Central Observatory for Geophysics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2020 Besoek op 12 Oktober 2020 Weather and Climate The Climate of Kiev in Russies Weather and Climate Pogoda i klimat Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019 Besoek op 8 November 2021 World Meteorological Organization Climate Normals for 1981 2010 World Meteorological Organization Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2021 Besoek op 17 Julie 2021 Chiselnist naselennya m Kiyeva Population of Kyiv city in Oekraiens UkrStat gov ua 1 November 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2020 Besoek op 9 Januarie 2016 Vilenchuk S R Yatsuk T B reds 2009 Kyiv Statistical Yearbook for 2008 Kiev Vydavnytstvo Konsultant LLC p 213 ISBN 978 966 8459 28 3 Kudritskiy A V 1982 KIEV entsiklopedicheskiy spravochnik Kiev Glavnaya redaktsia Ukrainskoy Sovetskoy Entsiklopedii p 30 Ukrcensus gov ua Kyiv city Besoek op 4 Augustus 2007 Estimates based on the amount of bakery products sold in the city thus including temporary visitors and commuters suggest a minimum of 3 5 million There are up to 1 5 mln undercounted residents in Kiev Geargiveer 2 Desember 2008 op Wayback Machine Korrespondent 15 June 2005 in Russies Ukrainian Municipal Survey March 2 20 2015 PDF IRI Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2017 Besoek op 27 Mei 2015 According to the official 2001 census data Vseukrayinskij perepis naselennya 2001 Rezultati Osnovni pidsumki Nacionalnij sklad naselennya misto Kiiv in Oekraiens ukrcensus gov ua Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2009 Besoek op 14 Januarie 2010 Vseukrayinskij perepis naselennya 2001 Rezultati Osnovni pidsumki Movnij sklad naselennya misto Kiyiv in Oekraiens ukrcensus gov ua Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2010 Besoek op 14 Januarie 2010 Kiev the city its residents problems of today wishes for tomorrow Zerkalo Nedeli 29 April 12 Mei 2006 in Russian Geargiveer 17 Februarie 2007 op Wayback Machine in Ukrainian Geargiveer 17 Februarie 2007 op Wayback Machine 51 0 51 1 Kiev www jewishvirtuallibrary org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2016 Besoek op 24 Mei 2019 The Jewish Community of Kiev The Museum of the Jewish People at Beit Hatfutsot Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2020 Besoek op 1 Augustus 2019 Kiev and Babi Yar Holocaust Encyclopedia United States Holocaust Memorial Museum Gutman Israel 1990 Encyclopedia of the Holocaust vol 1 Macmillan pp 133 6 State sponsored Anti Semitism in Postwar USSR Studies and Research Perspectives Antonella Salomoni Quest Issues in Contemporary Jewish History Questioni di storia ebraica contemporanea 2 April 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020 Besoek op 26 Julie 2012 alla levy Jewish People Around the World Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2013 Besoek op 4 Julie 2015 57 0 57 1 Forgotten Soviet Plans For Kyiv Geargiveer 4 Februarie 2012 op Wayback Machine Kyiv Post 28 Julie 2011 Workpermit com Geargiveer 30 Desember 2009 op Wayback Machine Retrieved 30 July 2006 Kiev info Geargiveer 27 Junie 2009 op Wayback Machine Besoek op 20 Junie 2006 Kyiv found among greenest cities in Europe Emirates News Agency 10 Desember 2009 Skakels Wysig uk Amptelike webtuiste nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kijif en Toerisme inligting oor Kijif op Wikivoyage nbsp Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal nbsp Deelgebiede van OekraineOblaste Charkif Cherson Chmelnitski Dnipropetrofsk Donetsk Iwano Frankifsk Loehansk Lwif Mikolajif Odesa Kijif Kirowohrad Poltawa Riwne Zaporizjzja Zjitomir Soemi Ternopil Transkarpatie Tsjerkasi Tsjernihif Tsjerniftsi Winnitsja Wolhin Outonome republiek KrimMunisipaliteite Kijif Sewastopol Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kijif amp oldid 2563084