www.wikidata.af-za.nina.az
Radioaktiwiteit kom oral voor en het nog altyd bestaan Radioaktiewe minerale wat natuurlik voorkom is aanwesig in die aardkors binne die vloere en mure van mense se huise skole of kantore en in die voedsel wat deur alle lewende wesens ingeneem word Selfs die atmosfeer bevat radioaktiewe gasse Die menslike liggaam bevat ook natuurlike radioaktiewe elemente in die spiere bene en ander weefsels Die mens is nog altyd aan natuurlike straling vanuit die aarde sowel as van buite blootgestel Oor die algemeen word die term radioaktiwiteit met skadelike of negatiewe persepsies geassosieer soos byvoorbeeld die atoombomme wat op Hirosjima en Nagasaki laat val is of ongelukke soos die Tsjernobil kernramp naby Kiev in die hedendaagse Oekraine Ioniserende straling en die effekte daarvan kan beter verstaan word indien mense weet wat straling veroorsaak Straling word deur radioaktiewe atome afgegee Alle materiale in die heelal bestaan uit kombinasies van verskillende chemiese elemente Met ingang van 2007 was daar 94 verskillende soorte elemente in die natuur n Atoom bestaan uit twee hoofdele n kern en n elektronwolk wat om die kern wentel Protone en neutrone is subatomiese deeltjies wat saam die kern vorm Atome se grootte wissel van eenvoudige waterstofatome wat een proton en een elektron bevat tot groot atome soos uraan met 92 protone 92 elektrone en 141 tot 146 neutrone 143 en 146 in sy mees algemene isotope Gevaarteken vir radioaktiwiteitRadioaktiewe elemente is die waarin die atome onstabiel is en verval om atome van n ander element te vorm Hierdie verval gaan gepaard met die vrystelling van ioniserende straling in die vorm van onsigbare klein deeltjies en hoe energiegolwe Uraan U torium Th en kalium 40 40K is voorbeelde van radioaktiewe elemente wat natuurlik voorkom Radioaktiewe atome is atome met onstabiele kerns of nukleone protone en neutrone Op n gegewe oomblik stort die kerns ineen en dit word radioaktiewe verval genoem Tydens die spontane verval skier n kern dan deeltjies uit en dit veroorsaak radioaktiewe bestraling n Atoom bestaan uit n positief gelaaide kern waaromheen negatief gelaaide elektrone sirkel Die kern bevat protone en neutrone en die aantal protone in n atoom bepaal die chemiese element waartoe dit behoort Die kern van n radioaktiewe atoom kan met n muur met los bakstene daarin vergelyk word Op n gegewe oomblik stort die kern muur spontaan ineen terwyl dit deeltjies en strale uitsend emissie Tydens hierdie radioaktiewe verval verander die kern dan ook van samestelling Wanneer n atoomkern van samestelling verander beteken dit dat die element ook verander en na die verval tot n ander groep elemente behoort n Element met n groot aantal onstabiele kerns verval telkens met vaste tussenpose terwyl dit radioaktiewe bestraling veroorsaak en so gebeur dit byvoorbeeld dat uraan U uiteindelik tot lood Pb verval koolstof 14 C 14 tot stikstof ensovoorts Radioaktiewe straling word gewoonlik in terme van die straling by die verval van 1 gram radium teen van die oudste bekende radioaktiewe stowwe uitgedruk Die verval van 1 g radium Ra is min of meer gelyk aan 1 curie Ci of 1 becqeurel Bq wat gelyk is aan 37 X 109 emissies per sekonde Die energie verbonde aan die emissie van radioaktiwiteit word in Joule kilogram gemeet en in die Rad radiation absorbed dose of die Rem Rontgen equivalent man uitgedruk Die Rad en die Rem is egter groot eenhede en word gewoonlik deur 1 000 gedeel om in millirad mrad en millirem mrem uitgedruk te word By radioaktiewe emissies word 3 soorte strale vrygestel Alfastrale a displaystyle alpha strale wat uit heliumkerns met 2 protone en 2 neutrone 4 2 displaystyle 4 over 2 He bestaan Dit het ʼn positiewe lading 2 Betastrale b displaystyle beta strale wat uit elektrone 1 of positrone 1 kan bestaan Die elektrone b displaystyle beta en die positrone b displaystyle beta is afkomstig uit die verval van die neutrone in die kern Gammastrale g displaystyle gamma strale wat ʼn vorm van elektromagnetiese strale is Dit het n baie kort golflengte en sluit byvoorbeeld lig in hoewel dit baie meer energieryk as lig is Van die 3 soorte strale is g displaystyle gamma strale die deurdringendste b displaystyle beta strale minder deurdringend en a displaystyle alpha strale die minste deurdringend In al 3 gevalle is die netto uitwerking van die strale egter die oordrag van energie en wanneer die energie deur byvoorbeeld ʼn lewende wese geabsorbeer word kan dit daardeur aangetas word Die vernaamste gevaar van radioaktiewe strale is dat die molekules in selle ioniseer elektrone afstoot of aantrek en ʼn chemiese verandering kan veroorsaak Die selle kan dan mettertyd afsterf as gevolg van stralingskade Inhoud 1 Radioaktiewe bronne 2 Gebruike 3 Sien ook 4 BronnelysRadioaktiewe bronne Wysig n Onderskeid kan gemaak word tussen natuurlike en kunsmatige radioaktiwiteit Natuurlike radioaktiwiteit is byvoorbeeld afkomstig van die volgende bronne Radioaktiewe elemente wat van die ontstaan van die aarde af al aanwesig is ongeveer 5 X 109 jaar gelede maar so langsaam verval het dat daar nog steeds daarvan oorgebly het Voorbeelde hiervan is uraan 235 uraan 238 kalium 40 ensovoorts die getal agter die naam gee die atoommassa aan Elemente wat steeds gevorm word Sommige elemente soos uraan 238 verval byvoorbeeld tot radium 226 die dogterproduk wat steeds baie radioaktief is Sommige elemente ontstaan weer onder die invloed van kosmiese strale byvoorbeeld koolstof 14 wat uit stikstof 14 ontstaan Kosmiese strate is self ook n bron van radioaktiwiteit Onnatuurlike radioaktiwiteit ontstaan tydens kernreaksies kernkragsentrales of atoombomontploffings of tydens die bestraling van onder meer stabiele elemente in sogenaamde kweekreaktors of in deeltjieversnellers Tydens die bestraling van die elemente word selfs nuwe elemente gevorm wat egter na n kort tyd weer verval Die tyd waarin n element verval word dikwels die halfleeftyd van die element genoem aangesien dit vir elke element die karakteristieke tyd is waarin die helfte van die element tot n ander stof verval Die oorblywende helfte van die element verval dan weer na die tyd en die proses duur voort totdat die element in totaal verval het Gebruike WysigRadioaktiwiteit word onder meer vir die volgende doeleindes gebruik In die geneeskunde om byvoorbeeld kankerselle te vernietig In die biologie om kunsmatige mutasie in byvoorbeeld sekere plantrasse te bewerkstellig In die voedselnywerheid vir preservering om mikroorganismes te vernietig In die tegnologie om byvoorbeeld die kristalstruktuur van materiale te ondersoek In die geologie om ouderdomsbepaling van byvoorbeeld gesteentes te doen op grond van die halfleeftyd van radioaktiewe elemente In die chemie om die radioaktiewe elemente as spoorders te gebruik byvoorbeeld tydens chemiese reaksies Sien ook WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Radioactivity Radio aktiewe verval Aardse agtergrondbestralingBronnelys WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409648 volume 23 bl 159 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Radioaktiwiteit amp oldid 2005906