www.wikidata.af-za.nina.az
Noorwee Bokmal Norge luister hulp inligting Nynorsk Noreg luister hulp inligting Noord Samies Norga Lule Samies Vuodna Suid Samies Noorje amptelik die Koninkryk Noorwee Bokmal Kongeriket Norge Nynorsk Kongeriket Noreg Noord Samies Norgga gonagasriika Lule Samies Vuona ganagisrijkka Suid Samies Noorjen gankarijhke is n Noord Europese land Dit is in die weste van die Skandinawiese skiereiland gelee en strek oor n afstand van meer as 1 600 kilometer van die Noordkaap na Lindesnes in die suide Dit grens in die Arktiese noorde aan die Russiese Federasie en Finland en vanaf Lapland in die noorde tot by die Skagerrak in die suide aan Swede Koninkryk NoorweeKongeriket Norge Bokmal Kongeriket Noreg Nynorsk Norgga gonagasriika Noord Samies Vuona ganagisrijkka Lule Samies Noorjen gankarijhke Suid Samies Vlag WapenNasionale leuse Alt for Norge Noreg Noors vir Alles vir Noorwee Eidsvoll gelofte 1814 Enig og tro til Dovre fallerEinig og tru til Dovre fell Noors vir Verenig en lojal totdat die berge van Dovre verkrummel Volkslied Ja vi elsker dette landet Noors vir Ja ons is lief vir hierdie land source source track track track track track track track track Koninklike Volkslied KongesangenHoofstad Oslo 59 56 N 10 41 O 59 933 N 10 683 O 59 933 10 683Grootste stad OsloAmptelike tale Noors Bokmal en Nynorsk Samies Noord Samies Lule Samies en Suid Samies 1 2 Regering Monarg Eerste minister Unitere parlementeregrondwetlike monargieHarald VJonas Gahr StoreOnafhanklikheid Vorming Vereniging Ou Noorse Koninkryk Kalmarunie Denemarke Noorwee Noorse Herstigting 3 Eerste grondwet Opskorting van Unie met Swede 87212631397 15231524 181425 Februarie 181417 Mei 18147 Junie 1905Oppervlakte Totaal Water 385 207 4 km2 61ste 148 729 myl25 32 2015 5 Bevolking 2023 skatting Digtheid 5 488 984 6 118de 14 3 km2 213de 37 0 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2023 skatting 452 996 miljard 7 52ste 82 655 7 6de BBP nominaal Totaal Per capita 2023 skatting 554 105 miljard 7 30ste 101 103 7 3de MOI 2021 0 961 8 2de baie hoogGini 2019 27 7 9 laagGeldeenheid Kroon a href ISO 4217 html title ISO 4217 NOK a Tydsone Somertyd MET UTC 01 MEST UTC 02 Internet TLD noSkakelkode 47 Herfskleure in September Tennfjorden eiland Hinno provinsie Nordland By sy wydste punt strek die land oor n afstand van sowat 430 kilometer in wes oostelike rigting terwyl die Arktiese hawestad Narvik slegs agt kilometer van die Sweedse grens af le Sowat n derde van die land le binne die Noordpoolsirkel maar trek in klimatiese opsig voordeel uit die warm Golfstroom se matigende effek Die seehawens van die Arktiese kuslyn soos Hammerfest en Kirkenes bly in die meeste winters ysvry Noorwee is die sesde grootste land in Europa maar ook een van sy ylbevolkstes met slegs 14 inwoners per vierkante kilometer Die bevolking is oneweredig oor die land versprei met groot konsentrasies in die kusgebiede van Suid en Wes Noorwee Die hoofstad van Noorwee is Oslo Ander belangrike stede is Bergen Trondheim en Stavanger Hierdie vier stedelike sentra behels sowat n kwart van die Noorse bevolking terwyl groot dele van die sentrale berggebiede en die noordelike landsdele ongerep en byna onbewoon is Noorwee is n grondwetlike monargie Die huidige koning is Harald V premier is Jonas Gahr Store Noorwee was n selfstandige koninkryk van die 9de eeu tot 1397 waarna dit in die Unie van Kalmar opgeneem is saam met Denemarke en Swede Toe Swede in 1521 die Unie verlaat het het Noorwee n provinsie van Denemarke geword Dit het onder Deense gesag gebly tot dit in 1814 in Sweedse hande oorgegaan het Noorwee het daarmee n eie grondwet en meer selfbestuur gekry In 1905 het Noorwee weer n onafhanklike staat met koning Haakon VII as staatshoof geword In teenstelling met sy buurlande Swede en Finland het Noorwee nie by die Europese Unie aangesluit nie maar is nogtans n lidstaat van die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie NAVO Die samewerking met ander Skandinawiese lande in die Nordiese Raad is veral op sosiale welvaart en opvoeding gemik Noorwee se geskiedenis en tradisionele bedrywe weerspieel sy verbintenis met die see Sowat 1 000 jaar gelede het Wiking seevaarders uit Noorwee die noordelike oseane verken en nedersettings langs die kuslyne van Brittanje Ysland Groenland en selfs Noord Amerika gestig Vissery skeepsbou en skeepvaart het sindsdien n belangrike ekonomiese rol gespeel en die land beskik nog steeds oor n groot handelsvloot Volgens die Menslike Ontwikkelingsindeks MOI wat jaarliks deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram uitgegee word behoort Noorwee tot die lande met die hoogste lewenskwaliteit 10 Inhoud 1 Etimologie 2 Geografie 2 1 Geologie 2 2 Landskapsvorme 2 3 Die kusgebiede en eilande 2 4 Die fjorde 2 5 Die fjell landskappe van Suid en Sentraal Noorwee 3 Klimaat 4 Geskiedenis 4 1 Die Ystydperke 4 2 Vroee geskiedenis 4 3 Die Wiking tydperk 4 4 Die vereniging van Noorwee 4 5 Die Middeleeue 4 6 Die kerstening van Noorwee 4 7 Die unie met Denemarke 4 8 Die skeiding van Denemarke 4 9 Die unie met Swede 1814 1905 4 10 Die tydperk tussen 1905 en 1939 4 11 Die Tweede Wereldoorlog 4 12 Die tydperk na 1945 5 Ekonomie 5 1 Mineraalhulpbronne en nywerhede 5 2 Ekonomiese struktuur 5 3 Die belangrikste sektore 6 Politiek 6 1 Politieke bedeling 6 2 Storting 6 3 Staatsorganisasie 6 4 Binnelandse beleid 6 5 Huidige regering 6 6 Verkiesingsuitslae in 2001 2005 2009 2013 2017 en 2021 6 7 Godsdiensbeoefening 7 Demografie 7 1 Die bevolking van Noorwee 7 2 Taal 7 3 Migrasie 8 Kuns en kultuur 8 1 Argitektuur 8 2 Skilderkuns 9 Letterkunde 9 1 Die Noors Yslandse periode tussen omstreeks 800 en 1400 9 2 Die Noors Deense periode tussen omstreeks 1400 en 1814 9 3 Die 19de eeu 9 4 Die 20ste eeu 9 5 Noorwee se literere stelsel 9 6 Ander programme ter bevordering van Noorse literatuur 10 Sport 11 Verwysings 12 Bronnelys 13 Eksterne skakelsEtimologie Wysig Eerste stel van Ohthere se Oudengelse rekening wat vertaal as Ohthere het aan sy heer koning AElfrede gese dat hy noord van alle Noorweers woon Noorwee se Noordkaap is die mees noordelike punt van Europa n Yslandse kaart van Noord Europa uit die jaar 1599 Na die seeroete vanaf Karmoy en verder noordwaarts is vroeer verwys as Nordrvegr of Roete na die Noorde Hierdie benaming wat oorspronklik deur Gote en Dene gebruik is het net soos Vestrvegr Austrvegr of Sudrvegr geleidelik tot n geografiese naam vir die gebied ontwikkel wat ook in tale soos Engels Duits en Frans gebruik is om na die Wes Skandinawiese land te verwys Op n later tydstip is die skeepsroete se naam gebruik om na die land te verwys wat aan die oostelike kant gelee was Dit is nie presies bekend wanneer Ostlandet gebruik is om na die land langs die Nordrvegr te verwys nie aangesien hierdie gebied in die 12de eeu meestal aan die Deense konings belastingpligtig was In Ottar se verslag vir die Engelse koning Alfred wat omtrent 880 geskryf is word die terme Nordweg en Nordmannaland gebruik Die rune inskrifte op een van die Deense Jelling stene wat omstreeks 980 ontstaan het gebruik die akkusatief Nuruiak wat van die nominatief Norvegh afgelei is Middeleeuse Yslandse handskrifte verwys na die land as Noreg h r of Norveg h r In die 14de eeu is die naam saamgetrek tot die nominatief vorms Noreg h e Norig h e en Norg h e Na hierdie eeu het nominatiewe soos Norie en Nories ontstaan waarby die i as n j klank uitgespreek is soos in die huidige Sweedse benaming vir Noorwee Vanaf 1450 kom die variant Noreg h nog skaars voor terwyl Norg h e al meer gebruiklik raak as n gevolg van die nasionale gemeenskap Denemarke Noorwee en dus die invloed van die Deense taal Ivar Aasen het die dialektiese vorm Norig gebruik toe hy in die 19de eeu die Noorse skryftaalvariant Landsmal geskep het In 1917 het die variante Norig en Noreg gelyke status in Landsmal gekry maar met die spellingshervorming van 1938 het Noreg die eenheidsvorm in Nynorsk geword In Bokmal en Riksmal was Norge steeds die enigste woordvorm Geografie WysigGeologie Wysig Die hoogste vertikale rotswand in Europa Trollveggen en Trollryggen oor die rivier Rauma in die vallei van Romsdalen Die landmassa van Noorwee is in geologiese opsig baie oud die bergreekse van die land is reeds meer as 400 miljoen miljoen jaar gelede teen die einde van die geologiese Siluur en die begin van die Devoon tydperk aan die westelike kant van die Baltiese Skild gevorm Hierdie bergvorming of orogonese het deel uitgemaak van die Kaledoniese bergvorming wat na die Latynse naam vir sy uitgangspunt Skotland Caledonia vernoem is 11 Die Skandinawiese bergreeks loop oor n afstand van byna 1 700 kilometer deur die land en tussen Kaap Lindesnes teen die 57ste noordelike breedtegraad in die suide tot by die Noordkaap teen die 71ste breedtegraad in die noorde is die grootste deel van hierdie bergreeks op Noorse gebied gelee waaronder die hoogste bergspitse in Noord Europa Galdhoppigen 2 469 meter bo seevlak en Glittertind 2 465 meter in die Jotunheimenreeks en Snohetta 2 286 meter in die Dovrefjell Sowat die helfte van Noorwee se oppervlakte is gebiede met n hoogte van meer as 500 meter bo seevlak en sowat n kwart van die land is selfs teen n hoogte van meer as 1 000 meter gelee Landskapsvorme Wysig Die berglandskap van die Nasionale Jotunheimenpark Hierdie satellietfoto van Suid Noorwee met vals kleure sneeu word in rooi vertoon verduidelik die topografiese struktuur van die land Die Sogne en Hardangerfjord is duidelik sigbaar aan die linkerkant van die beeld Noorwee is n ruwe bergagtige land en sy klimaat en topografie wat die lewe in baie gebiede steeds moeilik gemaak en eeue lank ook die oorsaak van honger en armoede was Dit bemoeilik nog steeds kommunikasie en vervoer Die landskap van Noorwee word deur golwende plato s die sogenaamde vidda met n gemiddelde hoogte van 300 tot 900 meter bo seevlak oorheers alhoewel sommige bergspitse tot hoogtes van tussen 1 500 en 2 500 meter rys veral in die gebied tussen Oslo Bergen en Trondheim Die pieke in Noord Noorwee bereik daarenteen net hoogtes van minder as 2 000 meter Die hoogste berggebiede soos byvoorbeeld die Jotunheimen bo oor die Sognefjord is met permanente ysvelde bedek Die Noorse bergreekse het gedurende die laaste 400 miljoen jaar in drie verskillende periodes van bergvoming ontstaan en bevat gesteentes uit die vroegste geologiese tydperke Tydens die bergvorming is ook vulkaniese materiaal by die gesteentes gevoeg wat veral uit groot hoeveelhede graniet en gneiss bestaan Hierdie gesteentes bevat Noorwee se mineraalrykdomme Daar is min lae vlaktes in die land alhoewel in die ooste diep riviervalleie in die viddas ingesny het Die riviere vloei na die laer gelee gebiede van Suidoos Noorwee Gedurende die glasiale periodes van die Ystydperk was die hele gebied van Noorwee met die groot noordelike yskap bedek Toe die ys sowat 10 000 jaar gelede afgesmelt het het dit groot afsettings agtergelaat die sogenaamde glasiale morenes waarvan die Raa morenes in die omgewing van Oslo die bekendstes is Gebiede met sanderige of gruiserige grond is gewoonlik bebos terwyl die Noorse landbou die beter grond in ander streke vir akkerbou of veeteelt gebruik Die kusgebiede en eilande Wysig Selfs as die fjorde nie ingereken word nie strek Noorwee se kuslyn oor n lengte van 2 650 kilometer die fjorde se oewers vertiendubbel hierdie syfer sodat die Noorse kuslyn net so lank is as die van Australie Mits al sy eilande ingereken word beloop die Noorse kuslyn selfs sowat 60 000 kilometer As Noorwee om Oslo geroteer sou word sou die Noordkaap die noordelikste punt van die land by Rome gelee wees Die kenmerkende kuslandskap het n sterk invloed op Noorwee se historiese ontwikkeling tot n seevaardersnasie uitgeoefen Nou fjorde met steil rotswande aan weerskante wat deur die glasiale yskap gevorm is sny diep in die viddas van die Wes Noorse kus in Die Sognefjord is met n lengte van 203 kilometer en n wydte van minder as vyf kilometer die grootste van hierdie fjorde Die smal strepies land langs die fjorde word vir landboudoeleindes gebruik terwyl die hoer gelee berghange gedurende die somermaande as weivelde vir beeste en skape dien Die plaaslike waters is belangrike visgronde Langs die Noorse kus le honderde eilande Die Lofoten eilande noord van die Arktiese of Noordpoolsirkel is die grootste argipel van hierdie eilandwereld wat die vastelandse kusgebiede teen die sterk branders van die Noorse See beskerm Veer en vissersbote trek sodoende voordeel uit veilige waterwee langs die kuslyn Die nabygelee Arktiese Svalbard en Jan Mayen eilandgebiede val onder Noorweegse heerskappy en word sedert die 1920 s as deel van die Noorweegse koninkryk beskou terwyl die Bouvet eiland in die Suid Atlantiese Oseaan en die Peter I Eiland in die Suidelike Stille Oseaan as Noorweegse besittings wat nie deel is van die Noorweegse koninkryk is nie gesien word Noorwee maak verder ook aanspraak op Dronning Maud Land in Antarktika Die steenkoolmyne in Svalbard word deur Noorwee en Rusland gemeenskaplik ontgin Die seegebied bevat daarnaas ruolie en gasvelde terwyl Jan Mayen ook as n belangrike basis vir die uitsaai van radioprogramme en weerkundige doeleindes gebruik word Die klein eilandjies langs die Suid Noorse kus word skere genoem Hulle is die hoogste spitse van n kusplato wat tydens die koueperiodes van die Ystydperk deur die beweging van ysmassa s sy huidige gestalte gekry het en in die latere warmer periodes deur seewater oorstroom is Slegs die hoogste spitse rys tans tot by sestig meter bo die seevlak Net n klein gedeelte sowat 2 000 van die altesaam 150 000 skere is bewoon Die fjorde Wysig Geirangerfjord uitsigplatform In die koue periode van die Pleistoseen wat tussen twee en drie miljoen jaar lank voortgeduur en eers sowat 10 000 jaar gelede geeindig het het Noorwee onder n dik yslaag gele As gevolg van die swaartekrag het die gletsers se magtige ysmassa s stadig van die bergreekse na die see beweeg Die bestaande V vormige kerfdale was natuurlike paaie vir die ys en is deur die geweldige gewig van die gletsers asook grint en rolstene wat hulle meegevoer het tot benede die seevlak tot U vormige trogdale uitgegrawe Vanwee die verskillende vloeisnelhede van die gletsers en hardheidsgrade van die gesteentes het elkeen van die valleie sy eie spesifieke karakter ontwikkel By die vorming van die Sognefjord is 10 000 kubieke meter se gesteente geerodeer 12 Tydens die daaropvolgende warme periode het die yslaag grotendeels afgesmelt en vanwee die groot watermassa s wat nou na die see begin stroom het het die seevlak aansienlik gestyg en die trogdale begin oorstroom Die vasteland wat tydens die koue periode onder die gewig van die yslaag geswig het het sedertdien begin rys In sommige dele van Noorwee rys die land nog steeds sowat een sentimeter per jaar terwyl die opheffing van die vasteland in die binneste gedeeltes van die fjorde tot enkele millimeter per jaar beperk bly Die fjordbeddings le gewoonlik dieper as die bodem van die see waarin hulle uitmond die Sognefjord se bedding le byvoorbeeld tot by 1 308 meter benede seevlak Die fjorde en die oop see word meestal deur n rotsskuinste wat net 100 meter benede seevlak le van mekaar geskei Die watertoeloop vanuit die see veroorsaak n hoe soutgehalte van die fjordwater wat egter na gelang van die afstand tot by die oop see steeds laer word Hierdie verskynsel word onder meer deur die groot hoeveelhede soetwater veroorsaak wat na die fjord vloei sodra die sneeu in die lente begin smelt Die fjell landskappe van Suid en Sentraal Noorwee Wysig Suid en Sentraal Noorwee word deur uitgestrekte fjell landskappe oorheers Die Noorse term fjell verwys na n berg rots of berglandskap maar dui ook die verskillende hoogteliggings aan Die algemene fjell is teen n hoogte van tussen 400 en 600 meter gelee die platofjell tussen 700 en 1 500 meter en die hoogfjell rys tot by sowat 2 500 meter Die bekendste fjellgebiede en gewilde bestemmings vir voetslaners en bergklimmers is Sognefjell en Dovrefjell Klimaat Wysig n Satellietbeeld van die vastelandse Noorwee in die winter van 2003 Klimaatsones in Noorwee volgens die Koppen klimaatklassifikasie Ondanks sy noordelike ligging word Noorwee as gevolg van die passaatwinde wat vanuit die Amerikaanse vasteland oor die Atlantiese Oseaan waai en die warm stromings wat noord van die ewenaar in rigting van die Noorse See vloei deur n gematigde klimaat gekenmerk Hier lei die hoek van die Noorse kuslyn en die oop baan in rigting van die Arktiese Oseaan gematigde lug en watermassa s na die noordelike breedtegrade Noorwee se klimaat en weerpatrone is baie wisselvallig veral in die noordelike randgebiede van die gematigde klimaatsone Die laagste temperatuur wat ooit aangeteken is was 51 C in Karasjok Noord Noorwee Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is tussen sowat 8 C aan die weskus en benede vriespunt in die berggebiede in die valleie van Oos Noorwee daal die kwik dikwels tot 20 C Januarie en Februarie is die koudste maande van die jaar terwyl die hoogste temperature in die binneland in Julie aangeteken word In die kus en berggebiede word die warmste temperature van die jaar soms ietwat later aangeteken Vanwee sy geografiese en topografiese kenmerke verskil Noorwee se klimaat duidelik van die in ander Skandinawiese lande Die hoe bergreekse wat die Noorse vasteland in twee helftes verdeel beskerm groot dele van die Oos Noorse binneland teen neerslae en skep ondanks die nabyheid van die see eerder kontinentale klimaattoestande In sommige streke oos van die bergreekse word gemiddelde jaarlikse neerslae van minder as 300 millimeter aangeteken terwyl die jaarlikse reenvalle langs die Noorse weskus tot by 3 000 millimeter kan beloop 13 Die belangrikste streke kry jaarliks reenvalle van tussen 500 en 1 000 millimeter en Julie en Augustus is die natste maande van die jaar In die Noorse binneland word sowat 100 reendae per jaar aangeteken terwyl hierdie syfer langs die kus tot by 200 dae kan styg Windsterktes en rigtings varieer weens die snel bewegende fronte en lae en hoedrukgebiede sterk Langs die kus en in die bergstreke word dikwels baie sterk winde aangeteken Geskiedenis WysigDie Ystydperke Wysig Die vergletsering van die Noordelike Halfrond gedurende die laaste Ystydperk Die magtige ysskilde het die seevlak met sowat 120 meter laat daal Prehistoriese rotstekeninge wat rendiere uitbeeld Alta museum Noord Noorwee As gevolg van n globale afkoeling was die gemiddelde jaarlikse temperature in die gebied van die huidige Noorwee enkele honderdduisend jaar vroeer sowat 8 C laer as vandag en gedurende hierdie langdurige Ystydperke het magtige gletsers begin vorm Navorsers neem aan dat die gletsers sowat 300 000 jaar gelede hul maksimale uitbeiding bereik het en destyds was Skandinawie onder n yslaag met n dikte van tot by 3 000 meter begrawe 14 Slegs op enkele plekke het die hoogste pieke bo die see van ys en sneeu verrys en die geweldige yslaag het die Skandinawiese vasteland met sy groot gewig benede die seevlak begin druk wat destyds sowat 120 meter laer as vandag was Die Noordsee was gedurende die Ystydperke n toendra sonder bome en sy uitgestrekte gebied wat deur groot riviere deurstroom is het veral uit sanderige heidevelde en groot moerasgebiede bestaan Vroee geskiedenis Wysig Toe die groot ysdekke van die laaste glasiale Ystydperk op die Skandinawiese vasteland sowat 15 000 jaar geleidelik begin smelt het het die eerste mense na die gebied getrek vermoedelik vanuit Denemarke en Swede of vanuit die Kola skiereiland Die swaar ysmassa s het die Noorse landskap ingrypend verander en die seevlak langs die Noorse kuslyn was aanvanklik nog sowat 200 meter hoer gelee as vandag Met die afsmelting van die yslaag het die seevlak begin styg net soos die Skandinawiese landmassa Die voorvaders van die huidige Noorse bevolking was sowat 10 000 jaar gelede nog oorwegend jagters en rendiervleis was hul stapelvoedsel Argeoloe het die oudste sporevan n menslike nedersetting op n heuwel in die suidoostelike gewes Ostfolds opgegrawe Die heuwel was destyds waarskynlik nog n eiland voor die kus en net suid van die gletsertong af gelee 15 Daar is min bekend oor die oorsprong van die eerste Nore en hul roetes op pad na Noorwee behalwe vir die feit dat hulle deur Ostfold getrek het Voorwerpe wat in die plaaslike vroee nedersettings gevind is lyk op die wat in Suid Swede en Denemarke opgegrawe is Moontlik het mense op hul pad na Suidwes Noorwee nog n ander roete deur die gebied wat vandag as die Noorsee vasteland bekend staan gevolg Die vroee jagters het hulle in klein groepe in die land gevestig en die belangrikste argeologiese spore van hul vroee beskawing is steenwerktuie kleipotte en rotsgravure en tekeninge Die laasgenoemdes is orals in Noorwee ontdek en beeld gewoonlik hul prooidiere uit rendiere elande herte bere en visse alhoewel daar ook beelde van mense of bote geteken of ingegraveer is Die gebied rondom die Oslofjord was die eerste waar mense in die tydperk tussen 4 000 en 3 000 v C begin het om na landbou oor te skakel Argeologiese vondse wat uit die Bronstydperk 1 500 tot 500 v C dateer getuig dan ook van n vroee agrariese beskawing wat veral in die suide van die land uitgebrei het In plaas van stene bene en hout is werktuie nou meestal van brons vervaardig akkers is met perde en ploee bewerk en skaapwol het huide as die belangrikste materiaal vir die klerevervaardiging vervang Die bewoners van Noord Noorwee was in hierdie periode nog steeds jagters wat hulle in groter nedersettings in die gewes Finnmark in dier uiterste noorde gevestig het Brons en glasvoorwepe asook wapens wat in die periode van die Romeinse Ryk 0 400 n C vir begrafnisrituele gebruik is verwys na die destydse handelsbetrekkinge met die beskawings van Suid Europa Die destydse bewoners van Noorwee het danksy die suidelike invloede ook hul eerste rune alfabet ontwikkel Argeologiese vondse dui daarop dat ook Noorwee deur die onstuimige tydperk van die Europese Volksverhuisings 400 tot 550 geraak is Boereplase in kleiner gebiede toon dat die land destyds al relatief digbevolk en die kusgebiede onbebos was Die plaaslike stamme het hulle met versterkings teen potensiele aanvallers beskerm oorblyfsel van hierdie soort bouwerke is oor n afstand van 50 kilometer aan die oosoewer van die grootste meer in die land die Mjosa gevind Die Wiking tydperk Wysig Die Oseberg skip in die Wikingskipmuseum van Bygdoy Oslo Vanwee die gebrek aan skriftelike oorlewerings moet die geskiedenis van die Wiking tydperk aan die hand van argeologiese vondse en die Nordiese saga s bestudeer word Alhoewel die saga s eers later neergeskryf is baseer hulle op mondelinge oorlewerings wat van een generasie na die volgende toe oorgedra is Baie deskundiges beskou die aanval op en die plundering van die klooster Lindisfarne voor die kus van Noordoos Engeland in die jaar 793 as die begin van die Wiking tydperk As gevolg van hulle rooftogte word die Wikings in sekere dele van Wes en Suidwes Europa nog steeds as wrede barbare beskryf wat nedersettings verwoes en hul bewoners dikwels in slawerny verkoop het Alhoewel dit een aspek van die rol is wat die Wikings in die vroee Middeleeuse geskiedenis gespeel het het hulle steeds ook as vreedsame handelaars en setlaars opgetree Noorse Wikings het nedersettings op die Orkney Shetland en Hebride eilande gestig asook op die eiland Man gestig en hulle daarnaas op die Noord Skotse vasteland en in Ierland gevestig Die huidige Ierse hoofstad Dublin is in 840 deur Wikings gestig en het tot 1171 onder Nordiese heerskappy gestaan Ysland en Groenland was onbewoonde gebiede waar Noorse Wikings hulle as boere en seevaarders gevestig het Die huidige Ysland en sy bewoners gaan regstreeks terug op die Noorse kolonisasie terwyl die Oud Nordiese nedersettings enkele eeue later om onbekende redes uitgesterf het Die Wikings het by hulle ekspedisies gebruik gemaak van snel en hoogs maneuvreerbare skepe Die vroee Skandinawiers was ervare seevaarders wat met hul langbote selfs die kusgebiede van Noord Amerika bereik het Volgens die Nordiese saga s het Leif Erikson in 1001 in Vinland die destydse benaming vir n gebied wat erens in Noord Amerika gelee was voet aan wal gesit Huidige navorsers neem selfs aan dat ander Wikings nog voor Erikson in Amerika geland het Die Wiking tydperk het sy hoogtepunt en ook sy einde in 1066 bereik toe die Noorse koning Harald Hardradi en sy leer tydens hulle mislukte poging om Engeland te verower in die Slag van Stamford brug verslaan is Die vereniging van Noorwee Wysig Plekke van die Germaanse stamme in Noorwee volgens deur Jordanes Die Wes Skandinawiese gebiede wat later Noorwee sou vorm was tot in die 9de eeu nog nie verenig nie alhoewel daar reeds vroeg pogings onderneem is om hulle in n gemeeskaplik ryk saam te smelt Die meeste van hierdie gemeenskappe was in vergaderings of tings georganiseer wat deel uitgemaak van n sentrale alting of hulle is as klein koninkryke geregeer Veral die boeregemeenskappe in die kusgebiede wat steeds deur roofbendes en Wikings op hulle pad huis toe bedreig is het na n vreedsame bestaan verlang Die kusgemeenskappe was danksy hul roofgoed en handelsware baie welvarend en die plaaslike heersers het klein maar gevestigde ryke geregeer wat deur middel van voordelige huwelike tot n groep magtige klein state ontwikkel het Die plaaslike heersers van Viken n gebied aan die oewers van die Oslofjord het n sentrale rol by hierdie politieke proses gespeel en hul magsgebied steeds verder uitgebrei Na n slag in die Hafrsfjordgebied naby Stavanger wat vermoedelik in 872 plaasgevind het het Harald Mooihaar Harald Harfagre sy posisie as heerser oor n uitgebreide ryk gevestig 16 Na dekades se bloedige botsings is Noorwee omstreeks 1060 verenig Die Middeleeue Wysig Die sarkofaag van die Deens Noorse koningin Margrethe I een van die magtigste vroue in die Middeleeuse geskiedenis in die katedraal van Roskilde Denemarke Die jaar 1130 markeer die begin van n periode wat deur politieke konflikte en n burgeroorlog gemarkeer is wat tot 1227 voortgeduur het Dit is egter ook die begin van die Hoe Middeleeue n tydperk van bevolkingsgroei konsolidasie in die kerk en die ontwikkeling van die eerste stedelike sentra Hoe meer nedersettings onder die gesag van die Noorse kroon en kerk gekom het hoe meer het die openbare administrasie uitgebrei en sy gesag oor die land gevestig en sodoende die skepping van die monargiese eenheidsstaat voltooi In die 12de en 13de eeu het sowel die kerk asook die feodale leenhere die oppergesag van die Noorse koningshuis erken en die tradisionele wereldlike adel is deur sogenaamde dienende aristokrate vervang Die boere se status het van grondbesitters na leenmanne verander wat nogtans in teenstelling met die meeste ander lande in Europa lewenslange grondhuur en dus persoonlike vryheid behels het 17 Die slawerny wat uit die Wiking tydperk oorgeerf is het eweneens gedurende die Hoe Middeleeue verdwyn Die tradisionele politieke sentrum van die land in Suidwes Noorwee is deur die nuwe politieke swaartepunt aan die Oslofjord vervang en onder die heerskappy van koning Hakon in die 13de eeu het Oslo die Noorse hoofstad geword Oslo was aanvanklik net n onbeduidende nedersetting en toe die Swart Dood omstreeks 1350 in Noorwee aan wal gekom het het die dorp n bevolking van slegs sowat 2 000 mense gehad in teenstelling met Bergen se 7 000 en Trondheim se 3 000 inwoners 18 Die staatsinkomste was gedurende die Hoe Middeleeue gevolglik nog beskeie in vergelyking met die van ander Europese lande en was net voldoende om die uitbreiding van die administrasie te finansieer Na beramings het die helfte of selfs twee derdes van die Noorse bevolking aan die Swart Dood beswyk en die Noorse kroon en adel was gedwing om op hulle inkomste uit landgoedere en feodale besittings sowel binne as buite van Noorwee te steun Hulle het sodoende ook n bydrae tot die politieke unie van die Nordiese lande gelewer Noorwee en Swede het in die periode tussen 1319 en 1343 n gemeenskaplike monargie gevorm en die aanleiding tot n politieke instelling gegee wat later deur voordelige huwelike in Skandinawie voortgesit is Koning Hakon VI 1340 1380 die seun van die Sweedse heerser Magnus Eiriksson en sy eggenote Ingebjorg dogter van Hakon V was die regmatige erfgenaam van die Noorse troon Hy het met Margrete die dogter van die Deense koning Valdemar Atterdag getrou en hul seun Olav is na die afsterwe van Valdemar in 1375 as Deense koning verkies In 1380 het Olav ook die Noorse koningstitel van sy vader geerf sodat Noorwee en Denemarke tot 1814 in n politieke unie verenig was Die kerstening van Noorwee Wysig Olaf Haraldsson Die kerstening van Noorwee was eers na n periode van tot by 200 jaar voltooi Die Wiking rooftogte en handelsbande met die res van Europa het die plaaslike bevolking vir die eerste keer in aanraking met die nuwe godsdiens gebring en sendelinge uit Engeland Duitsland en Denemarke het n groot bydrae gelewer tot die uitbreiding van die Christendom gelewer Die tradisionele Nordiese religie en godhede het veral danksy die invloed van die koninklike sendelinge Hakon die Goeie Olaf Trygvasson en Olaf Haraldsson Olaf die Heilige minder gewild geraak Met die marteldood van Olaf Haraldsson in die slag van Stiklestad in 1030 het hy n heilige geword terwyl die kerk uiteindelik n oorwinning oor sy heidense teenstanders behaal het Vanaf die middel van die 11de eeu getuig die Noorse lied en boukuns van die Christendom se vestiging Kort voor die jaar 1100 is die eerste diosese gestig waaronder die van Nidaros later Trondheim wat sedert 1152 as setel van die aartsbiskop gedien het Die laasgenoemde het steeds ook n belangrike rol in Noorwee se politieke lewe gespeel Die Reformasie het in 1537 ingevolge n koninklike dekreet plaasgevind Noorwee was in hierdie periode n Deense besitting sodat die Reformasie met die toepassing van die Deens Noorse ritus in die plaaslike kerk deurgevoer kon word Die Evangelies Lutherse geloof was sedert die vroee 17de eeu die staatsgeloof van Noorwee Die unie met Denemarke Wysig Die Koninkryk Denemarke Noorwee tot 1814 Die Universiteit van Oslo Die Laat Middeleeue was n tydperk van ekonomiese agteruitgang in Noorwee onder meer as gevolg van pes en ander epidemiee gedurende die 14de eeu wat tot n groot bevolkingsverlies gelei het Talle plase in die randgebiede van die land was verlate terwyl die inkomste orals in die land gedaal het Historici het verskeie teoriee oor die oorsake van die krisis ontwikkel wat n nadelige klimaatsverandering die invloed van die Hanseverbond op die Noorse ekonomie en uitputting van landbougrond insluit Die ekonomiese depressie het ook politieke gevolge ingehou Denemarke het sy magsposisie uitgebou en tot die beduidendste Nordiese land ontwikkel Deense en Duitse adellikes het die belangrikste ampte in Noorwee se administrasie beklee terwyl landgoedere en biskoplike besittings deur buitelanders oorgeneem is Die Noorse adel se posisie het aansienlik verswak net soos die land die se vermoe tot selfbestuur In die periode tussen 1319 en 1343 was daar reeds n personele unie met Swede en huwelike is as n middel gebruik om nouer politieke bande tussen Noorwee Swede en Denemarke te smee Hakon VI 1340 1380 die seun van die Sweedse koning Magnus Eriksson en sy eggenote Ingebjorg n dogter van Hakon V was die regmatige Noorse troonopvolger wat met Margarethe die dogter van Waldemar IV Atterdag van Denemarke getrou het Hul seun Olav is in 1375 tot Deense koning verkies en toe hy na die afsterwe van sy vader in 1380 ook die Noorse troon geerf het is Noorwee en Denemarke in n politieke unie verenig wat tot n lang tydperk vn Deense heerskappy oor Noorwee sou lei Die Noorse digter Henrik Ibsen het hierdie periode in die Noorse geskiedenis wat deur die Noorse volk later as n Deense oorheersing en uitbuiting ervaar is as 400 jaar se nag beskryf wat oor Noorwee aangebreek het 19 Die politieke unie met Denemarke is vanaf 1450 deur n formele ooreenkoms gereel Oorspronklik het die twee lande ooreengekom dat die Noorse Ryksraad invloed op die Deense koningsverkiesing sou he maar in die praktyk is hierdie bepaling verontagsaam net soos die grondwetlike gelykberegtiging van die twee koninkryke In 1536 het Noorwee sy status as onafhanklike koninkryk verloor toe die Deense koning Christiaan III tydens n nasionale vergadering aan Deense adellikes belowe het dat Noorwee voortaan aan die gesag van die Deense kroon ondergeskik sou wees net soos enige ander Deense afhanklikheid Die Noorse Ryksraad is ontbind en die Noorse Kerk het sy selfbestuur kwytgeraak Deense edelmanne was gemagtig om n loopbaan as wettelike amptenare in Noorwee te volg en hul inkomste uit die land te ontvang As n Deense vasallestaat is Noorwee vanaf 1572 deur n Deense stadhouer in Kristiania bestuur Alhoewel die land in politieke godsdienstige en kulturele opsig aan Denemarke ondergeskik was is die Noorse regstelsel wat in 1274 uit die verskillende gewestelike regsisteme saamgestel is net soos die inheemse geregshowe nie aangetas nie Daarnaas het ook Noorwee se samelewing en ekonomie grotendeels selfstandig ontwikkel waarby hierdie proses dikwels regstreeks deur die Deense kroon bevorder is Die juk van oorheersing deur die Hanseverbond is in die 16de eeu afgeskud sodat die land sy eie handelsbande met oorsese lande soos Engeland en Nederland kon smee Vissery houtuitvoere skeepsbou silwer koper en ystertertsmynbou het as basis vir hierdie betrekkinge gedien Kenmerkend vir Noorwee was die swak posisie waarin die plaaslike adel in teenstelling met Denemarke verkeer het Die aantal adellikes was net soos hul invloed uiters beperk sodat vrye boere vanaf die 18de eeu in staat was om landerye wat voorheen in besit van die kroon die adel of die kerk was aan te koop en as vrye grondeienaars kon optree Die politieke unie met Denemarke het van Noorwee n gedwonge bondgenoot in die Deense oorloe teen Swede en die Baltiese seemagte gemaak Die Deense koning moes Noorse gebiede aan Swede afstaan soos byvoorbeeld Jamtland en Herjedalen Noors Jemtland og Herjedalen in 1645 Bohuslan Noors Bahuslen en Trondheim in 1658 Die laasgenoemde is egter al twee jaar later aan Noorwee teruggegee n Algemene vergadering van die Deense State het in 1660 Fredrik III tot erfgenaam van die Deense troon verklaar en aan hom die opdrag gegee om n nuwe grondwet vir die koninkryk af te kondig Die Koninkryk Denemarke Noorwee het sodoende tot n absolute monargie ontwikkel waarin die politieke gesag in Noorwee deur Deense amptenare uitgeoefen is Noorwee het nogtans voordeel uit hierdie ontwikkeling getrek sommige Deense amptenare was immers vertroud met die situasie in Noorwee en hulle standpunte ten opsigte van Noorse aangeleenthede is dikwels gerespekteer In die absolutistiese stelsel is Denemarke en Noorwee as n ekonomiese eenheid beskou Denemarke het in 1737 die monopolie op graanverkope in Suidoos Noorwee verkry n Soortgelyke monopolie is op die handel met Noorse yster in Denemarke ingevoer Danksy die voorregte wat in 1662 aan stedelike nedersettings gegee is was die houthandel beperk tot stadsburgers wat geregtig was om hout van boere en besitters van saagmeule aan te koop Met hierdie doelbewuste maatreel het die owerhede die ontstaan van n welvarende stedelike middelklas bevorder Die nuwe burgery het egter vanaf die 18de eeu ook n nasionale bewussyn ontwikkel Naas hul groter welvaart was ook die Deense voorneme om van Kopenhagen die ekonomiese sentrum van Denemarke Noorwee te maak n belangrike dryfkrag agter die groeiende selfbewussyn Noorse handelaars was immers nie in staat om met die magtige handelshuise van Kopenhagen mee te ding nie Die meeste invoere na Noorwee is in die laat 18de eeu deur Kopenhagen gehanteer Die houthandelaars van Suidoos Noorwee het daarop aangedring dat n Noorse staatsbank gestig moes word terwyl hoe amptenare hulle ten gunste van n Noorse universiteit uitgespreek het Die Deense regering het egter geweier om aandag aan hierdie eise te skenk aangesien hulle as n moontlike stap in die rigting van Noorse selfregering en dis as n bedreiging vir die politieke unie beskou is Die plan om n nasionale Noorse bank en universiteit te stig het sodoende vinnig n simbool vir die groeiende nasionale bewussyn van Noorwee geword Gedurende die Napoleontiese Oorloe tussen 1807 en 1814 het die Noorse onafhanklikheidsstrewe nog versterk As n bondgenoot van Frankryk is Denemarke Noorwee se ekonomie deur n blokkade getref wat die land van die Europese mark afgesny het Die vervoerstelsel en houthandel is ontwrig en die embargo het uiteindelik n hongersnood in Noorwee veroorsaak Dit was vir Kopenhagen nou nie meer moontlik om Noorwee regstreeks te bestuur nie en n regeringskommisie van hoe amptenare het nou hierdie funksie waargeneem Koning Fredrik VI het die stigting van n nasionale universiteit goedgekeur wat in 1811 geopen is Die skeiding van Denemarke Wysig Die Grondwetlike Vergadering Eidsvollsforsamlingen in 1814 Skildery deur Oscar Wergeland In die Slag van Leipzig in 1814 het Swede en ander Europese magte Napoleon Bonaparte n verpletterende nederlaag toegedien Swede wat vooraf reeds Finland aan die Russiese Ryk moes afstaan was nou van plan om Noorwee as n soort bufferstaat langs sy westelike grens te annekseer Die geallieerdes het diplomatieke en militere druk op Kopenhagen uitgeoefen en in Januarie 1814 het die Deense koning Fredrik VI gekapituleer en sy politieke bande met Frankryk verbreek Toe hy Noorwee aan Swede afgestaan het het die unie van Denemarke en Noorwee na 434 jaar tot n einde gekom In die ooreenkoms met Denemarke het die geallieerde magte Noorwee se reg op selfregering en sy status as n onafhanklike nasie bevestig Alhoewel die land nou in n politieke unie met Swede verenig is het die Sweedse koning Carl XIII in n proklamasie Noorwee se outonomie erken Die land het die reg gekry om sy eie grondwet af te kondig sy eie nasionale vergadering en regering te he en om self belastings te hef Die unie met Swede was in Noorwee aanvanklik minder gewild Die destydse goewerneur van Noorwee prins Christiaan Frederik n neef van die Deense koning het n opstand georganiseer om die vereniging met Swede te verhinder en moontlik om die ou unie tussen Denemarke en Noorwee te herstel 20 Danksy die inisiatief van prins Christiaan Frederik is n nasionale vergadering byeengeroep om n nuwe grondwet daar te stel Die afgevaardigdes wat in Eidsvoll sowat 70 kilometer noord van Oslo vergader het het onder die invloed van die gedagtes van die Amerikaanse en Franse Rewolusie gestaan en met die afkondiging van die nuwe Noorse grondwet op 17 Mei 1814 en die vekiesing Christiaan Frederik as Noorse koning het hulle ook die soewereiniteit van die Noorse volk as n politieke doelwit beskou Die geallieerdes was egter nie bereid om enige afwyking van die oorspronklike ooreenkoms te aanvaar nie Die Swede het begin om diplomatieke druk uit te oefen en uiteindelik n militere veldtog na Noorwee geloods Na hul oorwinning het die Swede in Augustus in Moss n stad suid van Oslo n ooreenkoms gesluit waarin hulle die Noorse grondwet erken het Verwysings na die unie met Swede is by die oorspronklike teks van die grondwet gevoeg Koning Christiaan Frederik het op 10 Oktober 1814 afstand gedoen van sy magsbevoegdheid en die land verlaat Die unie met Swede 1814 1905 Wysig Ja vi elsker dette landet Ja ons is lief vir hierdie land n Patriotiese poskaart wat ter geleentheid van die referendum oor Noorwee se onafhanklikheid gedruk is Die jare na 1814 was n tydperk van ekonomiese depressie in Noorwee aangesien die gemeenskaplike mark met Denemarke nou nie meer bestaan het nie terwyl belangrike houtmarkte soos die van die Verenigde Koninkryk nie toeganklik was vir Noorse uitvoerders nie Eers die 1830 s was weer gekenmerk deur n ekonomiese opswaai en n liberalisering van die buitelandse handel asook tegniese modernisering Die eerste spoorlyn is in 1854 tussen Oslo en Eidsvoll gebou telegrafiese dienste het kommunikasie vergemaklik en ook die landboousektor is deur nuwe metodes gemoderniseer Die nywerheidsomwenteling het in 1840 met die oprigting van die eerste tekstielfabrieke begin terwyl ook die moderne ingenieurswese al hoe belangriker geword het Die vinnige groei van Noorwee se handelsvloot gedurende die 19de eeu dit was destyds die derde grootste ter wereld na die van die Verenigde Koninkryk en die VSA het by die maritieme tradisies van die land aangeknoop Eers omstreeks 1900 het die omskakeling na stoomskepe groot strukturele veranderings saamgebring stoomskepe was vyf keer duurder as n seilskip en net groot rederye kon hulle bekostig Dit was nou duidelik dat die land sy eie nywerhede moes ontwikkel om tred te kan hou met die tegniese vooruitgang Die ekonomiese ontwikkeling het net soos in ander Europese lande gepaardgegaan met sosiale vraagstukke en die opkoms van n Noorse werkersklas het die bevolking se politieke selfbewussyn versterk Boere en liberaalgesindes het hulle in 1884 in die radikale Liberale Party verenig terwyl hulle politieke teenstanders enkele maande later die Konserwatiewe Party van Norwee gestig het Die sosiale omwentelinge van die industrialersing was n oorheersende onderwerp in die 19de eeuse Noorse letterkunde Dalende houtpryse het talle groot boere laat verarm koopmans bankrot gemaak en n groot aantal plattelandse werkers van hul inkomste ontneem Tipiese literere verwerkings van die sosiale moeilikhede en ellende is Bjornstjerne Bjornson se drama n Bankrotskap 1875 waarin hy skerp kritiek op die meedoenlose winsbejag van sy landgenote uitspreek en Knut Hamsun se roman Honger 1890 Vanwee die ellende in hul tuisland is talle Nore gedwing om n nuwe heenkome in oorsese lande te vind In die tydperk tussen 1865 en 1914 het meer as 670 000 Nore na Noord Amerika geemigreer Tans het sowat 2 6 miljoen Amerikaners Noorse voorvaders 21 Voor 1910 toe vir die eerste keer gerieflike moderne stoomskepe tussen Oslo en New York gevaar het het emigranteskepe vir hul haglike en onmenslike toestande gedurende die seereis bekend gestaan die vervoer van emigrante was n winsgewende bedryf en reders het gewoonlik nie omgegee nie Passasiers was self verantwoordelik vir hul proviand wat meestal net uit plat brood en klein vaatjies suurmelk bestaan het Die mans was daarnaas verplig om die waterpompe aan boord aan die gang te hou Die skrywer Henrik Ibsen se dramatiese werk Steunpilare van die maatskappy 1877 lewer felle kritiek teen die wegestelde Noorse koopmans wat by hierdie bedryf betrokke was Noorwee het geleidelik ook begin om meer selfbewus teen die Sweedse monargie op te tree en meer regte vir die Noorse parlement beding In die 1880 s het vir die eerste keer n Liberale politikus Johan Sverdrup die amp van premier beklee n Geskil oor afsonderlike Noorse konsulate in die buiteland het uiteindelik tot n politieke krisis gelei Op 7 Junie 1905 het die Noorse parlement die personele unie tussen die twee monargiee herroep Swede het op n referendum aangedring en in Augustus 1905 het 368 392 Nore vir en slegs 184 teen n onafhanklike Noorse staat gestem 22 Noorwee en Swede het in Karlstad onderhandelinge oor die vreedsame einde van hul politieke unie gevoer en n gemeenskaplike ooreenkoms in hierdie verband onderteken Die tydperk tussen 1905 en 1939 Wysig Koning Haakon VII 1905 1952 In n tweede referendum het die Noorse bevolking ten gunste van n monargiese regeringsvorm gestem en die Storting het op 18 November 1905 die Deense prins Carl tot koning van Noorwee verkies Prins Carl was getroud met prinses Maud n dogter van die Britse koning Edward VII en het die naam Haakon VII aangeneem Die ekonomiese groei het in die jare na 1905 tot jaarliks sowat vier persent versnel en Noorwee het die tweede fase van sy nywerheidsomwenteling betree Hierdie fase was gekenmerk deur die opwekking van goedkoop waterkrag en grootskaalse buitelandse beleggings die opbou van n elektrochemiese en elektrometalurgiese bedryf die stigting van groot maatskappye soos Norsk Hydro en nuwe nywerheidsentra Die ekonomiese opswaai het tot by die Eerste Wereldoorlog voortgeduur Ook Noorwee se arbeidersbeweging het in die periode na 1905 sy aanvang geneem Die eerste vakbond is in 1872 en die Noorse Arbeidersparty in 1887 gestig In 1912 het die party reeds 26 persent van die uitgebragte stemme op hom verenig en was met 23 afgevaardigdes die tweede grootste party in die parlement na die Liberale Die algemene stemreg vir mans is in 1898 en die vir vroue in 1913 ingevoer Die sosiale strukture is aanvanklik minder sterk deur die industrialisering geraak Die land en bosboubedryf het in 1910 nog steeds 42 persent van alle ekonomies aktiewe Nore in diens gehad en hierdie syfer het ook tot 1920 nog 37 persent beloop 23 Op politieke gebied het die land geleidelik begin om diplomatieke betrekkinge met ander state aan te knoop en sy buitelandse beleid het die neutraliteit van Noorwee beklemtoon Die land het ondanks sy vriendskaplike bande met die Verenigde Koninkryk nie aan die Eerste Wereldoorlog deelgeneem nie tog het die Noorse handelsvloot as gevolg van duikbootaanvalle talle skepe en meer as 2 000 seemans verloor Sowjet Rusland het tydelik n beduidende invloed op radikale elemente in die Arbeidersparty uitgeoefen en sodoende die stigting van arbeiders en soldaterade bevorder tog het ver linkse sosialiste uiteindelik geen noemenswaardige rol in Noorwee se politieke lewe meer gespeel nie In finansiele opsig het die land voordeel uit die oorlog getrek en Noorwee was in staat om belangrike maatskappye wat deur buitelanders beheer is terug te koop waaronder Borregaard en die steenkoolvelde van Spitzbergen Svalbard As gevolg van vredesooreenkomste het Noorwee in 1920 ook sy soewereiniteit oor Svalbard teruggekry In dieselfde jaar het die land by die Volkebond aangesluit Die Liberale het in die verkiesing van die jaar 1918 hul meerderheid in die parlement verloor en tot 1945 was geen party meer in staat om n meerderheid van die setels te verower nie Alhoewel die Arbeidersparty in 1928 vir die eerste keer n regering kon vorm is hierdie kabinet na slegs 19 dae weer deur n burgerlike meerderheid tot n val gebring Die nadelige gevolge van die Groot Depressie is na 1929 nog versterk deur die regering se monetere beleid Veral die handels en vervoerbedryf het onder die krisis gebuk gegaan Die Noorse kroon se wisselkoers het duidelik verswak en daar was n knellende tekort aan buitelandse valuta Werkloosheidsyfers het tot by die begin van die Tweede Wereldoorlog hoog gebly terwyl lone en salarisse ingekort is Vanaf 1932 het die ekonomie egter weer begin groei Die oorlogsgevaar in die laat 1930 s het ook die binnelandse beleid oorskadu Liberale en Sosialiste het skepties teenoor n verhoging van die militere begroting gestaan en toe die Sosialistiese regering in die laat dertigerjare uiteindelik begin het om meer geld aan die Noorse weermag te bestee was dit al te laat om die land se militere slaankrag nog aansienlik te verhoog Noorwee het met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog opnuut sy neutraliteit verklaar Die Tweede Wereldoorlog Wysig Voedsel het tydens die Tweede Wereldoorlog ook in Noorwee skaars geword Klante staan in n lang tou by n Oslose koswinkel Die land kon sy neutraliteit na die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog slegs enkele maande lank handhaaf Op 9 April 1940 het Duitse troepe die land aangeval Ondanks die militere steun van die Verenigde Koninkryk en Frankryk was Noorwee na twee maande se hewige gevegte gedwing om te kapituleer Die geallieerde troepe het die land ontruim en ook die koninklike gesin die Noorse regering en senior amptenare het in ballingskap gegaan Die regering het sy funksies vanuit die Verenigde Koninkryk vervul Die Noorse handelsvloot met meer as 1 000 skepe die vierde grootste ter wereld en selfs die grootste ten opsigte van tenkskepe is aan die geallieerde magte beskikbaar gestel en die Noorse weermag is in die Verenigde Koninkryk geherorganiseer om aan die geallieerde kant teen die Spilmoondhede te veg 24 Noorse troepe was by die seegevegte in die Atlantiese Oseaan die gevegte na die geallieerde landing in Frankryk in 1944 en by die lugstryd bo Engeland en die vasteland betrokke Teen die einde van die oorlog het die Nore ook die toestemming van die Sweedse regering gekry om in die oostelike buurland militere eenhede vir die stryd teen die Duitse besetters op te bou Ook die burgerlike weerstand teen die besetters het steeds gegroei terwyl ook geheime militere eenhede in die ondergrond saamgestel is Die kommuniste het in Noorwee se versetbeweging Hjemmefront Tuisfront wat met die Noorse regering in ballingskap nou saamgewerk het geen noemenswaardige rol gespeel nie Die Hjemmefront onder leiding van Paal Berg die voormalige president van die Noorse Hooggeregshof is ook deur die Evangelies Lutherse biskop Berggrav ondersteun en het in 1943 toe die Duitse besetters met die gedwonge rekrutering van Noorse mannekrag begin en die Universiteit van Oslo gesluit het die massavlug van burgers en studente na Swede georganiseer Nadat die Duitsers in 1943 ook begin het om Noorse offisiere wat al uit die krygsgevangeskap vrygelaat was weer te interneer en jong Nore in Mei 1944 deur die fascistiese Noorse Nasjonal Samling regering onder leiding van Vidkun Quisling 1887 1945 vir diensplig opgeroep is het n groot aantal burgers by die Hjemmefront se militere vleuel Milorg aangesluit Vanaf Oktober 1944 het Milorg die vervoer van Duitse Finland troepe terug na die Duitse Ryk met sabotasie aksies teen vervoerpaaie skepe en brandstoftenks belemmer 25 Alhoewel die gevolge van die militere besetting minder dramaties as in baie ander lande was het die Duitsers die Noorse ekonomie vir hul eie doeleindes uitgebuit en weerstand met teregstellings en ander geweldaksies beantwoord Toe die Duitse Ryk in 1945 gekapituleer het was daar nog sowat 400 000 Duitse soldate in Noorwee gestasioneer Vanaf 8 Mei 1945 het troepe van die Noorse weerstandsbeweging begin om Duitse posisies in te neem Ook geallieerde Britse en Sweedse en Noorse weermagtroepe het geleidelik in Noorwee aangekom Koning Haakon het op 7 Junie aan boord van n Britse vlootskip die hawe van Oslo aangedoen Noorse oorlewendes het uit die Duitse konsentrasiekampe na hul tuisland teruggekeer net soos 92 000 landsburgers wat in ballingskap was Naas die Duitse besetters was ook 141 000 buitelanders waarvan 84 000 Russiese oorlogsgevangenes in Noorwee 26 10 262 Noorse burgers het hul lewens as gevolg van oorlogshandelinge of in gevangeskap verloor Na die oorlog het die kinders van Noorse vroue en Duitse soldate die tragiese slagoffers van genadelose diskriminasie geword Die tussen 12 000 en 20 000 nakomelinge van Duitse Weermagsoldate en Noorse moeders het eers in 2005 volgens n parlementsbesluit n finansiele genoegdoening van 20 000 Noorse kroon 27 400 ZAR ontvang 27 Die tydperk na 1945 Wysig Die moderne stadshorison van Oslo Die verkiesing van 1945 is deur die Arbeidersparty gewen en daar was nasionale konsensus dat die heropbou van die land as die belangrikste politieke doelwit binne n tydperk van vyf jaar bereik moes word Die regering het hom hierby veral op die swaar nywerhede gekonsentreer en die ekonomiese groei het uiteindelik die meeste verwagtings nog oortref Die land het ook voordeel getrek uit die Amerikaanse Marshall plan vir Europese samewerking en in die jare tussen 1948 en 1951 ekonomiese bystand ter waarde van 2 5 miljard NOK ontvang 28 Ten opsigte van sy buitelandse beleid het Noorwee daarna gestrewe om sy neutraliteit te handhaaf en om nie by potensiele konflikte tussen die twee groot moondhede Verenigde State en Sowjetunie betrokke te raak nie Veral die Verenigde Nasies onder leiding van hul eerste sekretaris generaal die Noorweer Trygve Lie is as n geskikte internasionale instelling beskou om hom vir sleutelkwessies soos wereldvrede en veiligheid te beywer Met die toenemende politieke spanninge tussen die Westerse lande en die Oosblok het Noorwee sy buitelandse beleid hersien Die Kommunistiese magsoorname in Tsjeggo Slowakye in 1948 en die Sowjet voorstel om n militere ooreenkoms met Noorwee te sluit het vurige reaksies uitgelok Aanvanklik is daar pogings onderneem om n ooreenkoms oor die stigting van n Nordiese Verdedigingsalliansie te bereik maar in 1949 het Noorwee saam met Denemarke by die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie NAVO aangesluit Die binnelandse beleid het veral op die uitbou van die welvaartstelsel en die skepping van n egalitere samelewing gekonsentreer Die ontdekking en ontginning van ruolie en gasvelde in die Noordsee sedert die laat 1960 s en later ook in die Noorse en Barentssee het van Noorwee n beduidende uitvoerder van fossielbrandstowwe gemaak Die inkomste van die olie en gasbedryf het n gunstige klimaat vir ekonomiese groei geskep Die referendum van 28 November 1994 waartydens n meerderheid van Noorse kiesers hulle teen die land se toetreding tot die Europese Unie uitgespreek het het dan ook geen nadelige gevolge vir die Noorse ekonomie ingehou soos deur die destydse regering oorspronklik voorspel is nie Ekonomie WysigMineraalhulpbronne en nywerhede Wysig Noorse bruto nasionale produk 1865 2003 Die hawe van Kirkenes Ruolie en aardgas wat uit die seebed ontgin word is tans die belangrikste mineraalhulpbronne maar Noorwee is ook ryk aan ertse Yster en loodertse kom in die noorde voor koper in Sentraal en titaanerts in Suid Noorwee Alhoewel daar geen steenkool in die vastelandse gebiede voorkom nie is kleiner steenkoolvelde op die eilande van die Svalbard of Spitsbergen argipel in die Arktiese See ontdek Die tekort aan steenkool word egter deur waterkrag gekompenseer wat sedert die vroee 20ste eeu ontgin word Die lae energiekoste het die ontwikkeling van houtpulp papier chemiese en metaalverwerkende nywerhede bevorder Baie nywerheidsaanlegte het langs die oewers van afgelee fjorde ontstaan waar hidroelektriese krag en diepseehawegeriewe vir die invoer van grondstowwe en die uitvoer van verwerkte goedere en metale beskikbaar is Die Noorse metaalbedryf het sedert die Tweede Wereldoorlog veral in die noorde begin ontwikkel Na sy eerste verwerking word Noorse ystererts vanuit Kirkenes na n smeltery in Mo i Rana verskeep terwyl steenkool vanuit Svalbard na die smeltery vervoer word Die ysvrye Noorse seehawe Narvik is al in 1903 met die Sweedse spoorwegstelsel verbind sodat Sweedse ystererts ook tydens die Skandinawiese winter na sy bestemmings in Sentraal Europa verskeep kan word Die vinnige industrialisering na 1945 en ontginning van ruolie en aardgas in die laat 20ste eeu het van Noorwee wat voor die oorlog veral op tradisionele bedrywe soos vissery landbou en skeepvaart gesteun het n welvarende nywerheidsland gemaak Ekonomiese struktuur Wysig Die olieplatform Statfjord A in 1982 Noorwee se olie ontginning Die eksklusiewe ekonomiese sone van Noorwee en sy oorsese gebiede Die Noorse ekonomie verskil sterk van die van ander Europese lande Die land was tot by die 1970 s nog een van die armer Wes Europese state wat in ekonomiese opsig veral op skeepsbou en skeepvaart vissery land en bosbou gesteun Met die ontginning van die ruolie en aardgasvelde in die Noordsee het Noorwee skielik die sewende grootste ruolieprodusent ter wereld en die derde belangrikste uitvoerder na Saoedi Arabie en die Russiese Federasie geword Net soos in ander nywerheidslande lewer die dienstesektor sowat 39 persent van die bruto geografiese produk op 29 Terwyl die Noorse ekonomie geen stadium van hoe industrialisering deurloop het soos ander moderne ekonomiee nie beskik Noorwee net soos ander gevorderde nywerheidslande oor n hoogs ontwikkelde dienstesektor wat grotendeels op uitvoergoedere soos ruolie aardgas vis en hout steun Die inkomste uit ruolie uitvoere vloei sedert 1990 in n sogenaamde oliefonds wat die kapitaal in die buiteland bele en sodoende verseker dat ook latere generasies voordeel uit die land se huidige natuurlike hulpbronne kan trek Die oliefonds is op 1 Januarie 2006 amptelik hernoem tot Staatspensioenfonds Die fonds het in Januarie 2011 oor buitelandse aandele ter waarde van 3 126 miljard Noorse krone 398 2 miljard of 3 822 miljard ZAR beskik 30 Vandag geniet die Noorse bevolking n baie hoe lewensstandaard met lae werkloosheidsyfers hoe oorskotte op die lopende rekening en begroting en een van die hoogste bruto geografiese produkte ter wereld wat in 2006 461 000 Noorse krone 580 000 ZAR soos op 31 Desember 2007 per capita beloop het 31 Volgens die jaarlikse ondersoeke van die Londense navorsingsinstelling Economist Intelligence Unit wat die prysvlak van goedere en dienste in belangrike metropole ranglys is Oslo sedert die jaar 2006 die duurste hoofstad ter wereld 32 Die belangrikste sektore Wysig n Vulstasie van die Noorse maatskappy Statoil in Pole Die Noorse toerismebedryf trek voordeel uit die land se natuurskoon Die Naeroyfjord Ruolie en gasontginning is tans die sleutelbedrywe in die Noorse ekonomie wat in 2006 26 persent van die bruto geografiese produk BGP en na gelang van olieprysskommelings tussen 30 en 50 persent van die totale uitvoerwaarde verteenwoordig het Nogtans bied die ontginningsbedrywe net n beperkte aantal werkgeleenthede in 2004 was die gemiddelde volgens die Statistisk Sentralbyra sowat 1 4 persent van die ekonomies aktiewe bevolking 33 Die inkomste uit olie en gasuitvoere het verseker dat daar teen die begin van die 21ste eeu steeds n begrotingsoorskot was Vanwee die afhanklikheid van die wereldmarkprys vir ruolie verskil Noorwee se konjunktuursikluus gewoonlik van die van die Europese Unie en word deur n teengestelde beweging gekenmerk Skeepvaart speel al lank n beduidende rol in die Noorse ekonomie en Noorwee beskik oor die vierde grootste handelsvloot ter wereld Saam met ander maritieme bedrywe verteenwoordig skeepvaart die tweede grootste sektor van die ekonomie wat in 2004 met byna 29 5 miljard NOK vir sewe persent van die BGP verantwoordelik was Van die skepe met meer as 2 830 bruto registerton wat in 2005 in gebruik was was 863 in Noorwee en n bykomende 670 Noorse skepe in die buiteland geregistreer 34 Die visserybedryf behels die tradisionele seevissery en moderne visteelt Terwyl die vangste van seevissers geleidelik afneem behoort Noorwee se visteeltbedrywe tot die mees gesofistikeerdes ter wereld Visuitvoere beloop 5 2 persent van die totale uitvoerwaarde en mak van vis die derde belangrikste uitvoerproduk na fossiele brandstowwe en metale Die belangrikste bestemmings is Denemarke die Russiese Federasie Frankryk en Japan 35 Net soos in baie ander Europese lande speel die landbousektor n belangrike en dikwels emosionele rol in die bewussyn van die Noorse bevolking en die regering in Oslo Noorse boere word deur middel van subsidies wat onder die hoogstes ter wereld gereken word teen die uitwerkings van buitelandse mededinging beskerm Die Noorse landbousektor het in 2006 nogtans slegs 0 5 van die BGP en 2 6 persent van alle werksgeleenthede verteenwoordig 36 Die houtbedryf se totale omset het in 2005 39 5 miljard NOK beloop wat gelykstaan aan byna 7 persent van die totale nywerheidsomset Die houtbedryf het tans sowat 6 000 werknemers in diens en kommersiele bosgebiede beslaan 24 persent van Noorwee se oppervlakte 37 Die energiebedryf is geliberaliseer en steun in teenstelling met die meeste ander nywerheidslande byna uitsluitlik op waterkrag Die bou van nuwe waterkragsentrales bly net soos die oprigting van gaskragsentrales vanwee hul verreikende ekologiese gevolge omstrede Die algemene nywerheidsektor het dekades lank grotendeels uit kleiner nasionale ondernemings bestaan Tans is baie nywerheidsektore afhanklik van die olie en gasbedryf se konjunktuursiklus waaronder byvoorbeeld Noorwee se skeepswerwe Ander sektore het hulle op halfvervaardigde goedere en komponente vir die Europese mark toegespits waaronder aluminiumkomponente vir die motorbedryf Die Noorse toerismesektor toon steeds sterk groei en verteenwoordig tans sowat 3 4 persent van die BGP en 6 4 persent van alle werkgeleenthede 38 Politiek WysigPolitieke bedeling Wysig Die parlementsgebou Stortinget in Oslo Noorwee is volgens die grondwet van 17 Mei 1814 wat reeds verskeie kere gewysig is n konstitusionele monargie met n parlementere demokratiese regeringstelsel Die parlementere stelsel is in 1884 ingevoer en die koning beklee nog slegs n simboliese funksie as staatshoof Koning in die Staatsraad en amptelike verteenwoordiger van die Noorse samelewing en ekonomie Hy speel egter ook n belangrike integratiewe rol in nasionale krisistye Koning Hakon VII het byvoorbeeld verset gebied teen die Duitse inval in 1940 en uit die land gevlug om vanuit Londen teen die besetters te werk Die koning benoem volgens die Noorse grondwet die regering Stadsradet het n beperkte vetoreg te opsigte van parlementere wetsbesluite en fungeer as opperbevelhebber van die Noorse weermag en as hoof van die Evangelies Lutherse Staatskerk van Noorwee As staatshoof word die koning deur die regering geadviseer wat uit die eerste minister Norges Statsminister en tans 19 ministers bestaan Nege van die huidige ministers is vroue Die staatsgesag word in drie magte verdeel Die Storting of nasionale parlement wat die wetgewende gesag uitoefen die regering uitvoerende gesag en die geregshowe regsprekende gesag Die openbare administrasie word soms as die vierde politieke mag in die staat beskryf aangesien dit selfstandig kan optree en groot invloed op die politieke beleidstoepassing uitoefen Die politieke gesag word sodoende ook in geografiese opsig verdeel in staats provinsiale en munisipaliteitsvlak Die bevolking is deur regstreekse verkiesings en die lidmaatskap in verenigings en ander organisasies betrokke en volgens statistieke is die gemiddelde Noorse burger lid van vier verenigings terwyl 70 persent van die volwasse bevolking lid van tenminste een vereniging is 39 Hierdie verenigings kan danksy hulle formele en informele betrekkinge met die openbare administrasie politieke invloed op owerhede uitoefen Die betrekkinge tussen belangegroepe staande parlementere komitees en staatsdepartemente lei daartoe dat die Noorse politiek op funksionele deelgebiede gemik is soos byvoorbeeld die nywerheidsbedryf landbou of onderwys Die algemene stemreg vir mans is in 1898 en die vir vroue in 1913 ingevoer Die stempersentasie in verkiesings is gewoonlik hoog en beloop byna 80 persent Burgers word op 18 jarige ouderdom mondig Storting Wysig Stortingssalen die vergadersaal van die Noorse parlement Die Storting of Noorse Nasionale Vergadering dien sedert die invoering van die parlementere stelsel in 1884 as die hoogste vlak van politieke instellings Die Storting word vir n termyn van vier jaar volgens n stelsel van proporsionele verteenwoordiging verkies Die regering word in opdrag van die Noorse koning uit die geledere van die Storting verkies Die Storting bestaan uit 165 lede wat almal n politieke party verteenwoordig Dit is n gemodifiseerde eenkamerparlement wat in twee kamers verdeel word sodra dit sy wetgewende funksie uitoefen die Odelsting 3 4 van die lede en die Lagting 1 4 wat oor proporsionele bevoegdhede beskik Wetsontwerpe van die regering moet eers deur die Odelsting en daarna deur die Lagting goedgekeur word Die Noorse grondwet kan slegs by wyse van n tweederdemeerderheid van parlementslede gewysig word Aangesien die Noorse parlement nie voor die einde van sy ampstermyn ontbind mag word nie het die Noorse partye n tradisie van minderheidsregerings en parlementere samewerking oor partygrense heen ontwikkel sodat regeringsbesluite dikwels met afwisselende politieke meerderhede geneem kan word In die praktyk het die Storting se politieke invloed en magsbasis teenoor die regering as gevolg van hierdie konsensusbeleid steeds toegeneem Staatsorganisasie Wysig In administratiewe opsig is Noorwee in 11 provinsies Noors fylke en 356 munisipaliteite verdeel Die munisipaliteite is selfregerende politieke liggame met eie bevoegdhede ten opsigte van onderwys gesondheid en welsyn Die provinsies fungeer sowel as instrumente van administratiewe desentralisasie met goewerneure fylkesmann wat deur die Noorse regering benoem word asook as selfregerende geweste met bevoegdhede ten opsigte van sekondere onderwys en ander sake Administratiewe kaart van Noorwee Provinsies 2020 Admistratiewe setel3 Oslo Oslo11 Rogaland Stavanger15 More og Romsdal Molde18 Nordland Bodo30 Viken Oslo Drammen Sarpsborg34 Innlandet Hamar Lillehammer38 Vestfold og Telemark Skien Tonsberg42 Agder Kristiansand Arendal46 Vestland Bergen Leikanger50 Trondelag Steinkjer54 Troms og Finnmark Tromso Vadso 40 Munisipaliteite en Fylke beskik oor hul eie parlemente munisipale en provinsiale verkiesings word twee jaar na die verkiesing op nasionale vlak gehou en naas staatssubsidies ook oor hul eie belastinginkomste Binnelandse beleid Wysig Noorwee se oorsese gebiede Die binnelandse beleid van Noorwee word hoofsaaklik deur vier primere faktore oorheers 41 Die uiteenlopende sosiokulturele kontekste van die verskillende landsdele die suidooste met die grootste stedelike sentra en sy moderne nywerheid en dienstesektor het steeds nou bande met ander Europese lande gehandhaaf die Atlantiese gebiede van Suidwes en Wes Noorwee word nog sterk deur pietistiese houdings beinvloed terwyl die yl bevolkte noorde wat aan Rusland grens en waar talle mense n lewe maak uit die kommersiele visserybedryf deur moeilike lewensomstandighede gekenmerk word Die oorheersende rol van die sogenaamde distriksbeleid wat daarop gemik is om vir afgelee gebiede dieselfde lewensgehalte te skep as in die digbevolkte landsdele ongeag die hoe koste wat hieraan verbonde is Ook die Noorse verkiesingswette bevoordeel in sommige opsigte die yl bevolkte landsdele Die baie sterk nasionale bewussyn wat as gevolg van die relatief laat stigting van n nasionale staat wat eers in 1905 tot stand gekom het ontstaan het Die politieke term unie wat eeue lank met die Deense en Sweedse oorheersing vereenselwig is het nog steeds n negatiewe konnotasie Die gespanne verhouding tussen die Noorse model van n welvaartstaat en die egalitere strukture van die samelewing aan die een kant en die uitwerkings en uitdagings van die offshore ekonomie en globalisering aan die ander Uitgebreide sosiale dienste vir elkeen het dekades lank die grondslag van die Noorse model van n welvaartstaat gevorm waarvan die Sosiaal Demokratiese en Sosialistiese partye die belangrikste voorstanders vorm Globaliseringstendense die ekonomiese opswaai sedert die 1970 s en die vinnige verstedelikingsproses wat daarmee gepaard gaan het die waardestelsel van die Noorse samelewing nogtans ingrypend verander Huidige regering Wysig Solberg se kabinet in 2018 Verkiesing van 2005In die parlementere verkiesing op 12 September 2005 het die linkse en groen partye 87 van die 169 setels in die Storting gewen Die nuwe links groen regering onder leiding van die Sosiaal Demokratiese eerste minister Jens Stoltenberg is op 17 Oktober 2005 deur koning Harald V ingesweer Die koalisieregering is saamgestel uit die Noorse Arbeidersparty Det Norske Arbeiderparti DnA die Sosialistiese Linksparty Sosialistik Venstreparti SVP en die Sentrumsparty Senterpartiet SP en die eerste Noorse regering in meer as twintig jaar wat oor n meerderheid setels in die parlement beskik Vroue beklee die helfte van die 18 ministersposte 42 Die nuwe koalisie se beleid fokus op die inkomste uit die olieontginning wat in n staatsfonds bele word die ekonomie die welvaartstelsel en omgewingsbewaring Die oliefonds se bates het in laat 2005 1 312 miljard Noorse kroon beloop Die eerste minister Stoltenberg het aangekondig dat n deel van die fonds se bates onder meer gebruik sal word vir die volhouding en uitbreiding van sosiale dienste waaronder die arbeidsmark die gesondheidstelsel bejaardesorg en die onderwysstelsel Alhoewel die regeringskoalisie klem op omgewingsbewaring geplaas het volg die Arbeidersparty ten opsigte van die energiesektor n sakevriendelike beleid Nadat die gas en olie eksplorasie in die Barentssee as gevolg van omgewingstudies een jaar lank uitgestel is het die regering se toestemming vir die voortsetting van eksplorasie aktiwiteite gegee Noorwee het sy aktiewe vredesbeleid bevestig tog is die land se deelname aan die internasionale vredesmag in Afghanistan ISTAF waar 500 Noorse soldate en 20 offisiere gestasioneer was verminder Verkiesing van 2009Die links groen regeringskoalisie het ook in die nasionale verkiesing van September 2009 die meerderheid stemme gekry en n meerderheid setels in die Storting verower 86 setels het aan die regeringspartye gegaan 83 setels aan die burgerlike opposisiepartye Die Arbeiderpartiet het 35 4 persent van die uitgebragte stemme op hom verenig terwyl die Fremskrittspartiet met 22 9 persent die beste stemuitslag in sy geskiedenis behaal het Die stempersentasie was 76 4 persent Verkiesingsuitslae in 2001 2005 2009 2013 2017 en 2021 Wysig Jens Stoltenberg het tussen 2005 en 2013 die amp van eerste minister van Noorwee beklee Jonas Gahr Store is sedert 2021 die eerste minister van Noorwee Partye Stemme 2001 Stemme 2005 Stemme 2009 Stemme 2013 Stemme 2017 Stemme 2021 Setels 2001 Setels 2005 Setels 2009 Setels 2013 Setels 2017 Setels 2021Noorse Arbeidersparty Det Norske Arbeiderparti 24 3 32 7 35 4 30 8 27 4 26 3 43 61 64 55 49 48Progressiewe Party Fremskrittspartiet 14 6 22 1 22 9 16 3 15 2 11 6 26 38 41 29 27 21Konserwatiewe Party Hoyre 21 3 14 1 17 2 26 8 25 0 20 4 38 23 30 48 45 36Sosialistiese Linksparty Sosialistisk Venstrepartiet 12 7 8 8 6 2 4 1 6 0 7 6 23 15 11 7 11 13Christelike Volksparty Kristelig Folkeparti 12 4 6 8 6 2 5 6 4 2 3 8 22 11 11 10 8 3Sentrumsparty Senterpartiet 5 6 6 5 6 2 5 5 10 3 13 5 10 11 11 10 19 28Liberale Party Venstre 3 9 5 9 3 9 5 2 4 4 4 6 2 10 2 9 8 8Kusparty Kystpartiet 1 7 0 8 0 2 0 1 0 1 0 1 1 0 0 0 0 0Groen Party Miljopartiet De Gronne 0 3 2 8 3 2 3 9 0 0 0 1 1 3Rooi Party Rodt 1 3 1 1 2 4 4 7 0 0 0 0 1 8Totaal 100 100 100 100 100 165 169 169 169 169 169 169Godsdiensbeoefening Wysig Die Staafkerk van Borgund n tipiese Noorse staafkerk in Borgund Noorwee beskik oor n amptelike Protestantse Staatskerk wat op die Evangelies Lutherse geloof baseer Alhoewel daar geen formele skeiding tussen kerk en staat bestaan nie het alle burgers volgens n grondwetlike klousule uit die jaar 1964 die reg om hul godsdiens of religie vry te beoefen Sowat 90 persent van die Noorse bevolking is lede van die Noorse Staatskerk alhoewel slegs sowat tien persent meer as een keer per maand aan kerkdienste of ander Christelike byeenkomste deelneem 43 Sowat 5 9 persent van die Noorse bevolking is lede van ander religieuse gemeenskappe terwyl 6 2 persent ongebonde is Die grootste religieuse en eties filosofiese organisasies buite die Noorse Staatskerk is die Humanistiese Beweging 63 000 lede Islamitiese groeperings 60 000 aanhangers die Pinksterbeweging 45 000 die Rooms Katolieke Kerk 40 000 die Evangelies Lutherse Vrykerk 20 000 die Metodistekerk 13 000 en n aantal kleiner onafhanklike gemeenskappe Die kerstening van Noorwee het omstreeks die jaar 1000 begin en het uit n kombinasie van handelsbetrekkinge met en Wiking rooftogte in die Christelike Europa voortgespruit Sendingaktiwiteite van die Angelsaksiese Kerk en sendelinge uit Duitsland en Denemarke het n goeie reputasie vir die Christelike geloof opgebou sodat dit die tradisionele godhede van die Oud Nordiese mitologie en die natuurgodsdiens van die Sami bevolking geleidelik verdring het Tot die Reformasie in 1537 was Noorwee n Rooms Katolieke land Wes en Suid Noorwee was reeds sedert die laat 18de eeu die kerngebiede van pietistiese strominge Rondtrekkende lekepredikante het met hul fanatiese toesprake aandag getrek tog is hul leerstellings en praktyke deur die Staatskerk as sektaries beskou en onderdruk 44 Baie van hul godsdienstiges gedagtes is nogtans later deur Christelike matigingsbewegings oorgeneem wat hulle onder meer vir n verbod op alkoholiese dranke beywer het Die verbod op lekepredikante is in 1842 opgehef en het die aanleiding tot die groei van n sterk lekebeweging in die geledere van die Staatskerk asook die stigting van enkele vrykerke gegee Die Noorse kerke is gevolglik deur n konserwatiewe Christelike interpretasie en n sterk sendingsbeweging oorheers Demografie WysigDie bevolking van Noorwee Wysig n Samiese man met sy rendier in Noord Noorwee Die demografiese ontwikkeling in die periode tussen 1900 en 2000 Noorwee het tans n bevolking van sowat 5 3 miljoen Net soos in ander Europese lande word die demografiese ontwikkeling in Noorwee tans deur n periode met lae geboortesyfers gekenmerk wat op n tydperk met n relatief hoe natuurlike bevolkingsaanwas gevolg het Die natuurlike bevolkingstoename het in die jare kort na die Tweede Wereldoorlog nog 1 persent beloop maar sedert die 1970 s merkbaar afgeneem Hierdie tendens is in die 1980 s nog steeds ondervind en eers sedert die jaar 1995 het die bevolkingsaanwas veral danksy immigrasie weer begin versnel Die geboortekoers van etniese Noorse vroue het sedert die laat 19de eeu vanwee die toepassing van gesinsbeplanning duidelik afgeplat Die lae geboortesyfers van minder as een persent beteken dat Noorwee se bevolking sonder immigrasie sal afneem Statistieke vir die jaar 2006 toon nogtans n hoer geboortesyfer en met n gemiddelde van 1 9 kinders per vrou het Noorwee se fertiliteit die hoogste vlak sedert 1991 bereik Die syfer is na die van Albanie Turkye Ysland Frankryk en Ierland selfs die sesde hoogste in Europa 45 In 1665 het Noorwee n bevolking van sowat 440 000 gehad 46 Volgens die eerste volledige sensus in 1769 was daar destyds 700 000 inwoners In 1822 het die bevolking die een miljoenkerf oorskry in 1890 die twee in 1942 die drie en in 1975 die vier miljoenkerf Vroeer as orspronklik verwag het dit intussen ook by die vyf miljoen kerf verbygesteek Die sterftesyfer was in die verlede as gevolg van natuurrampe oorloe en epidemiee onderhewig aan sterk skommelings maar dit is danksy die ekonomiese en sosiale ontwikkeling van die land en verbeterde gesondheidsorg aansienlik verminder Die gemiddelde lewensverwagting by geboorte is tans 78 7 jare en behoort tot die hoogstes ter wereld 47 Die bevolkingsdigtheid in Noorwee varieer tussen 118 mense per vierkante kilometer rondom die Oslofjord en 1 6 in Finnmark 48 Sowat n derde van die Noorse bevolking is langs die suidkus en die Oslofjord saamgetrek Die beduidendste stedelike gebiede is Oslo in die suide Trondheim in Sentraal Noorwee en Tromso in die noorde As gevolg van die ruolie ontginning het n stedelike ontwikkelingsas in die suidweste ontstaan wat van Stavanger tot by Bergen strek Hierdie dig bevolkte streek kontrasteer met Finnmark in die uiterste noorde en die hoer gelee berggebied wat albei deur n baie lae bevolkingsdigtheid gekenmerk word Die noorde is die tradisionele tuisland van sowat 12 000 Kwene mense wat uit Finland na Noorwee geimmigreer het en 40 000 Sami waarvan sommige nog hul oorspronklike leefwyse as vissers en rendiertelers bewaar het Taal Wysig Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite Bokmal Nynorsk of Noytral Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmal Noors wat deur 95 persent van die bevolking gepraat word het twee amptelike skryftale Bokmal en Nynorsk wat as oorkoepelende standaardtale dien terwyl baie sprekers in die alledaagse lewe dialekte praat wat soms aansienlik van die twee standaard skryftale kan verskil Albei skryftale geniet erkenning as ampstale en word deur sowel die administrasie asook die media gebruik Die oorgrote meerderheid van die bevolking tussen 80 en 85 persent gee die voorkeur aan Bokmal In die algemeen is die meeste Noorse dialekte onderling verstaanbaar alhoewel sommige aansienlike pogings aan die kant van n luisteraar mag vereis om dit te verstaan Verskeie Oeraalse Sami tale word oor die hele land gebesig en ook as skryftaal gebruik veral in die noorde waar n groot deel van die Sami bevolking gekonsentreer is Sprekers van die tale het n reg op moedertaalonderwys ongeag hulle woonplek en mag in hul eie taal met staatsinstellings kommunikeer n Klein minderheid praat daarnaas Kweens n Oeraals Finse taal Migrasie Wysig In die laat 19de en vroee 20ste eeu het honderdduisende Nore na oorsese bestemmings veral na die Verenigde State en Kanada geemigreer Die emigrasiegolf het sy hoogtepunt in die 1860 s bereik toe twee derdes van die natuurlike bevolkingsaanwas of tussen 10 en 15 persent van die totale bevolking die land verlaat het Emigrasiesyfers was nog tot by die Eerste Wereldoorlog en die Groot Depressie van die 1930 s hoog Sedert die laat 1960 s het n groot aantal immigrante hulle in Noorwee gevestig wat in die 1970 s en die vroee 1980 s sowat 1 persent van die totale bevolking beloop het As gevolg van die dalende geboortesyfers van die etniese Noorse bevolking verteenwoordig immigrasie tussen 35 en 40 persent van die totale bevolkingsaanwas in Noorwee 49 Die immigrante het in die 1960 s veral uit Suid Europa Asie Afrika en Suid Amerika gekom en hulle merendeels in Oslo en sy omgewing gevestig In 1975 het die regering n verbod op immigrasie geplaas wat nog steeds bestaan Hierdie verbod word nie op bepaalde groepe vlugtelinge en asielsoekers toegepas nie Die immigrasie van hierdie groepe wat veral uit Pakistan Vietnam Iran en Turkye kom word deur n kwotastelsel beheer n Beperkte aantal van familielede van immigrante wat hulle reees in die land gevestig het mag eweneens Noorwee toe kom Vanwee die tekort aan opgeleide mannekrag het Noorwee ook n gewilde bestemming vir immigrante uit ander Europese lande geword Die sowat 120 000 buitelanders in Noorwee verteenwoordig minder as drie persent van die totale bevolking Kuns en kultuur Wysig Noorse bunader Die Nationaltheatret in Oslo is in 1899 geopen Alhoewel Noorwee nog n relatief jong nasie is en oor n tydperk van 400 jaar met Denemarke verenig was pronk die land met n lang geskiedenis veral as een van die beduidendste Europese seenasies en selfstandige kulturele tradisies Saam met musiek literatuur en kuns speel ook die tradisionele Noorse kleredrag die sogenaamde bunader nog steeds n belangrike rol as n nasionale simbool en word by spesiale geleenthede soos huwelike dope en op Noorwee se nasionale dag 17 Mei gedra Die oorspronklike inheemse bevolking van Noorwee die Sami het hul eie kulturele erfenis bewaar Naas die ander Skandinawiese lande oefen vandag veral die Engelssprekende wereld n groot invloed op Noorwee se kultuur en samelewing uit Amerikaanse rolprente en televisiereekse oorheers byvoorbeeld die oudiovisuele media Engels is die belangrikste vreemde taal in die land wat byna orals verstaan en gepraat word 50 Die Noorse staat bevorder die plaaslike kuns en kultuurbedryf ook in die yl bevolkte gebiede van die land Noorse skrywers soos Jostein Gaardner en Erik Fosnes Hansen het net soos die toneelskrywer Jon Fosse internasionale bekendheid verwerf 51 Edvard Grieg is nog steeds die mees bekende klassieke komponis Argitektuur Wysig Die Nidaros katedraal in Trondheim Die staafkerk van Urnes Damsgard hovedgard Skildery deur J F L Dreier 1810 Die argitektoniese geskiedenis van Noorwee weerspieel die historiese ontwikkeling van die land en eers met die relatief laat kerstening van Noorwee in die 11de eeu kan daar sprake wees van n selfstandige Noorse boukuns Met die vereniging van die verskillende klein koninkryke in n gemeenskaplike ryk sowat 1000 jaar gelede het Noorwee in nouer aanraking met die argitektoniese tradisies van ander Europese lande soos byvoorbeeld muurwerk gekom Die eerste katedraal in die Gotiese styl wat ooit in n Nordiese land opgerig is die Nidaros katedraal het in Trondheim op die graf van die heilige Olav ontstaan n Groot aantal ander kerkgeboue uit steen is orals in Noorwee in die Romaanse styl gebou Veral die Engelse en Noord Duitse boukuns het groot invloed op die plaaslike argitektuur van die Romaanse en Gotiese periode uitgeoefen Maar aangesien hout as n uiters geskikte boumateriaal steeds volop beskikbaar was het die land al vroeg sy eie tradisie van houtboukuns ontwikkel Vandag is van die mees interessante voorbeelde van eietydse Noorse argitektuur van hout gemaak en getuig van hierdie materiaal se aantreklikheid vir Noorse ontwerpers en boumeesters 52 In die vroee Middeleeue het baie kerkgemeentes in Noord Europa hul kerke van hout gebou hiervoor is gewoonlik houtpale in die grond versink Hierdie tradisie is in Noorwee verder ontwikkel en het sy argitektoniese hoogtepunt vanaf die 12de eeu met die oprigting van staafkerke bereik waarvan 28 bewaar gebly het en nog steeds die belangrikste Noorse bydrae tot die wereld se argitektuurgeskiedenis verteenwoordig Die staafkerk van Urnes is selfs deur UNESCO as n argitektoniese werelderfenis gelys Die vorm en versierings van staafkerke is aan die skeepsbou en kunstradisie van die Wiking tydperk ontleen en veral die kerkportale is n opvallende mengsel van Wiking en Christelike motiewe Die lafting tegniek of gebruik van langhoute het in Noorwee tot n gesofistikeerde vlak ontwikkel Noorse plase het byvoorbeeld oor n aantal houtgeboue van verskillende groottes beskik wat elkeen n spesifieke funksie vervul het en daar was n groot aantal tipes en samestellings van geboue in die verskillende geweste van die land Naas die binnelandse boerderygemeenskappe het ook die vissersdorpies langs die Noorse kus hul eie kenmerkende houtboukuns ontwikkel wat gedurende die Middeleeue oor die hele kuslyn uitgebrei het Noord Duitse koopmans van die Hanseverbond het byvoorbeeld die aanleiding gegee tot die bou van n reeks nou houtgeboue langs die oewerlyn van Bergen se Bryggen skeepswerf wat as hulle hoofkwartier gedien het Twee van die stede wat tydens die 17de eeu deur die Deense koning in Noorwee gestig is Kongsberg en Roros het as gevolg van mynbouaktiwiteite ontstaan Kongsberg pronk nog steeds met n kerkgebou in die destydse barokstyl terwyl in Roros kenmerkende lang geboe houthuise ontstaan het Net soos die Bryggen van Bergen is ook Roros se historiese stadskern deur die UNESCO as n werelderfenisgebied gelys Vanwee die politieke en ekonomiese oorheersing deur Denemarke is die ontwikkeling van n welvarende Noorse bourgeoisie belemmer en belangrike stylrigtings van die Europese argitektuur het derhalwe dikwels eers baie laat begin om n invloed op die plaaslike boukuns uit te oefen wat dan ook dikwels beperk was Nogtans is daar uitmuntende voorbeelde van historiese boustyle soos die Baronie Rosendal bo oor die Kvinnheradfjord met sy barok invloede en die statige landhuis Damsgard in Bergen wat volgens die Rokoko styl as n houtgebou ontwerp is Met die skeiding van Denemarke in 1814 het Oslo destyds Kristiania se nuwe funksie as hoofstad van Noorwee die aanleiding tot die bou van n aantal representatiewe geboue gegee Die argitek Christian H Grosch het naas die oudste gedeelte van die Universiteit van Oslo die Effektebeurs en die vroeere Sentrale Bank van Noorwee talle ander geboue in Oslo asook sowat sewentig kerke dwarsoor die land ontwerp In die 20ste eeu het Noorse argitekte nasionale tradisies met eietydse argitektoniese stromings verbind Toe die stad Alesund in 1904 deur n brandramp verwoes is het inheemse boumeesters hulle by die heropbou onder meer deur die Art Nouveau boustyl laat inspireer Die 1930 s met hulle funksionalistiese tendense was n eerste groot bloeitydperk van die Noorse boukuns alhoewel die plaaslike argitekte eers in die laaste dekades van die eeu internasionale bekendheid verwerf het Skilderkuns Wysig Hans Fredrik Gude Brudeferden i Hardanger Bruidvaart in Hardanger 1848 Volksverhaal illustrasie van die Kersman wat op n bok se rug ry Terwyl sowel Middeleeuse geskilderde antependia asook muur en gewelfskilderye bewaar gebly het word die vroee 19de eeu as die beginpunt van die moderne Noorse skilderkuns beskou Die eerste generasie van Noorse Romantici het hul inspirasie van buitelandse kunstenaars gekry soos Johann Christian Clausen Dahl 1788 1857 wat in Duitsland gebly en daar onder die invloed van Caspar David Friedrich gestaan het Thomas Fearnly 1802 1842 was een van die eerste inheemse landskapskilders Die laat Romantiese periode was deur n konsentrasie op die volkslewe die Nordiese geskiedenis en mitologie gekenmerk Skilders van landskappe en persone soos Hans Gude 1825 1903 Johan Fredrik Eckersberg 1822 1870 Adolph Tidemand 1814 1876 en Christian Krogh 1852 1925 is onder meer deur die Dusseldorfse Akademie in Duitsland beinvloed Die Franse skilderkuns het veral met sy impressionistiese stromings inspirasie vir Noorse skilders soos Fritz Thaulow 1847 1906 en Gerhard Munthe 1849 1929 gelewer Die impressionisme is opgevolg deur die Art Nouveau kuns met Edvard Munch 1863 1944 as een van sy bekendste Noorse verteenwoordigers Die karikaturis Olaf Gulbransson 1873 1958 het die kenmerkende grafiese styl van die satiriese Duitse tydskrif Simplicissimus ontwikkel tog het ander nie figuratiewe kunsstromings in die eerste helfte van die 20ste eeu soos die kubisme of konstruktiwisme min aandag in Noorse kunstenaarskringe gekry Eers in die 1950 s het hulle hul invloed in die dikwels melancholiese Noorse landskapskilderkuns laat geld Sedert die 1970 s het die beeldende kuns in Noorwee sy inspirasies ten opsigte van vorm en inhoud uit die veelvuldige internasionale kunsstromings gekry alhoewel Noorse kunstenaars steeds weer op onderwerpe konsentreer wat die plaaslike natuur bied Letterkunde Wysig n Selfstandige Noorse letterkunde het eers met die nasionale onafhanklikheidsbeweging vanaf 1814 begin ontwikkel sodat die vroee literere lewe as deel van n gemeenskaplike Skandinawiese letterkunde beskou moet word Die Noors Yslandse periode tussen omstreeks 800 en 1400 Wysig Wetenskaplikes het hul kennis oor die vroee Wiking beskawing onder meer aan Yslandse skrywers te danke wat in die 12de en 13de eeu begin het om die mondelinge tradisies neer te skryf Die wereld van Nordiese godhede en helde is die hoofonderwerp van die Edda die oudste literere werk van Noorwee In die 13de eeu het skalde afgelei van die Yslandse skald digter Wiking ideale soos verwantskap heldedom eer eerlikheid en deug wat aanvanklik in eenvoudige stafryme van rune inskrifte behandel is in n meer ingewikkelde literere styl verheerlik Rondtrekkende sangers het tydens die lang Skandinawiese winters veral die hoofse publiek met hul heldesange oor legendes historiese gebeurtenisse heldedade slagte en deugsame krygers vermaak Die eerste bekende Noorse skald uit die eerste helfte van die 9de eeu was Bragi Boddason Later was die skaldedigkuns hoofsaaklik tot Ysland beperk Ook die Nordiese sagas vroee Skandinawiese prosawerke het ondanks hulle Noorse wortels in Ysland ontstaan soos byvoorbeeld Snorri Sturluson se Kroniek van die Noorse konings uit die 13de eeu Die religieuse en hoofse literatuur van die Middeleeuse Europese vertalings van preke legendes rondom heiliges en heldedigte oor Koning Artus Karel die Grote en Theoderik die Grote is ook in Noorwee oorgeneem Die sogenaamde Koningsspieel n didaktiese afhandeling oor sedes en moraal wat in versvorm gegiet is was n belangrike inheemse literere werk Daarnaas het ballades vanaf die 13de eeu n beduidende rol in Noorwee se literere lewe begin speel Die Noors Deense periode tussen omstreeks 1400 en 1814 Wysig Die Noorse Geselskap skildery deur Eilif Peterssen in 1892 In die tydperk van die Kalmarunie het die Oud Nordiese literatuur sy hoogtepunt al lank oorskry en eers met die Reformasie was daar weer n oplewing in die produksie van literere tekste Aangesien Noorwee tot 1643 nie oor n eie drukkery beskik het nie is hoofsaaklik Deense boeke van Kopenhaagse uitgewers ingevoer Die Deense taal wat uiteindelik ook ampstaalstatus in Noorwee gekry het het n oorheersende invloed op die Noorse letterkunde uitgeoefen Die 16de eeuse humanisme het Noorse skrywers soos Absalon Pedersson Beyer en Peder Clausson Friis geinspireer Friis het met sy vertaling van Snorri Sturluson se Heimskringla saga uiting aan patriotiese gevoelens gegee en in 1739 het die geestelike Petter Dass met sy werk Norlands Trompet Die Trompet van die Noordland sy belewenis van die landskap van Noord Noorwee in versvorm uitgedruk Die Noorse letterkunde het veral in die 18de eeu begin om sy eie identiteit en uniekheid uit te druk By hierdie ontwikkeling het die Noors gebore Deense skrywer Ludvig Baron von Holberg sentraal gestaan Op sy reise deur Europese lande is hy deur die Franse rasionalisme en Engelse deisme beinvloed en hy het begin om hierdie ideee in sy literatuur in te werk Holberg se werke het historiese afhandelings satiriese digkuns en morele opstelle ingesluit alhoewel hy veral met sy tydlose realistiese komedies bekendheid verwerf het wat nog steeds in Noorse en Deense teaters opgevoer word Ander bekende skrywers in hierdie periode sluit Holberg se literere opvolger Johan Herman Wessel die digters Christian Braunman Tullin en Johan Nordahl Brun en die kritiese essayis Claus Fasting in n Spesifieke nasionale Noorse literatuur het in 1772 met die stigting van die Noorse Geselskap Det Norske Selskab n vereniging van klassisistiese digters gestalte gekry Die 19de eeu Wysig Henrik Ibsen 1828 1906 As gevolg van die Napoleontiese Oorloe is Noorwee se politieke bande met Denemarke in 1814 verbreek maar ook in die nuwe alliansie met Swede wat voorsiening vir selfregering gemaak het is die kulturele bande met Denemarke steeds gehandhaaf Tegelykertyd het die nasionale beweging van Noorwee vir die ontwikkeling van n selfstandige Noorse literatuur gepleit wat onder meer in die romantiese stylperiode verwesenlik is Die beduidendste romantiese digter in Noorwee was Henrik Arnold Wergeland wat as uitgewer en opvoedkundige ten gunste van n selfstandige Noorse literere tradisie was wat die ou bande met Denemarke sou vervang In die opkomende sogenaamde Noorse kultuurstryd was daar egter ook voorstanders van n voortgesette kulturele unie met Denemarke soos die digter Johan Sebastian Welhaven Die romanties nasionalistiese stroming in die letterkunde het met digters soos Peter Christian Asbjornsen en Jorgen Moe ondr meer die literere skatte van die volksdigkuns wat tot dusver net mondeling oorlewer is herontdek en in geskrewe vorm versamel Die taalkundige Ivar Aasen het met die wetenskaplike navorsing ten opsigte van Noorse dialekte begin terwyl die joernalis Aasmund Olafsson Vinje in sy nasionaal romantiese werke Noors as n literere taal gevestig het n Selfstandige Noorse geskiedskrywing het met Peter Andreas Munch n aanvang geneem Met die literere realisme het Noorwee skrywers van wereldfaam voortgebring Die roman Amtmandens dottre van Camilla Collett was in die jare 1854 en 1855 net die begin van n ontwikkeling wat met die dramatikus Henrik Ibsen die politieke skrywer Bjornstjerne Bjornson Jonas Lie wat later deur die impressionisme beinvloed is 1833 1908 en Alexander Kielland 1849 1906 sy hoogtepunt bereik het Verskeie van Ibsen se werke het deel van die wereldliteratuur geword Die naturalisme landelike lewe en volkstradisies het in die werke van skrywers soos Amalie Skram en Arne Garborg neerslag gevind In die laaste dekade van die 19de eeu is baie Noorse skrywers deur die nuwe romantiek beinvloed Die bekendste outeur in hierdie periode was Knut Hamsun Sy eensame romanhelde voel dikwels aangetrokke tot die natuur en die irrasionele Die 20ste eeu Wysig Die musikus en misdaadskrywer Jo Nesbo 1960 Die elektroniese uitgawe van die Groot Noorse Leksikon Store Norske Leksikon SNL Na die einde van die politieke unie met Swede in 1905 het die realistiese styl weer n oplewing beleef en Noorse skrywers het hulle op maatskaplike vraagstukke begin konsentreer Olav Duun het met sy omvattende epiese roman Juvikfolke wat ses boekdele behels n boeiende verhaal oor die landelike lewe en die geskiedenis van n familie geskep Johan Bojer het in sy werke die morele kwessies van n moderne nywerheidsmaatskappy behandel terwyl Johan Petter Falkberget hom op die probleme van mynwerkers toegespits het Met Sigrid Undset 1882 1949 het n nuwe skryweres van wereldfaam op die literere toneel verskyn Met haar trilogie Kristin Lavransdatter 1920 1922 wat in die tradisie van Oud Yslandse sagas geskryf is en in die Middeleeuse Noorwee afspeel het sy in 1928 die Nobelprys vir Letterkunde verower Naas Undset het ook ander realistiese skrywers soos Olav Dunn 1876 1939 en Johan Folkberget 1879 1967 dikwels etiese probleme teen n historiese agtergrond behandel Die politieke spannings in die tydperk tussen die wereldoorloe is onder meer in die werke van Nordahl Grieg weerspieel Net soos Grieg het ook die digter Arnulf Overland in sy liriek die Duitse besetting van Noorwee tydens die Tweede Wereldoorlog gekritiseer Die oorlog en die besettingstyd het ook na 1945 n sentrale in die literere lewe gespeel en is onder meer in die romans van Odd Bang Hansen en Kare Holt verwerk Algemene kritiek op die maatskappy het die romans en liriek van Jens Ingvald Bjorneboe oorheers terwyl die prosa van skrywers soos Johan Borgen sterk deur eksistensialistiese tendense beinvloed is Die kwessie van goed en kwaad het in die psigologiese romans van Age Ronning sentraal gestaan Net soos Sweedse outeurs het ook Noorse skrywers soos Karin Fossum Anne Holt Tom Egeland en Jo Nesbo met hul rillers en misdaadromans internasionale sukses behaal Ook Jostein Gaarder het met sy filosofiese roman Sofies verden 1991 wat vir jonger lesers bedoel was n internasionale blitsverkoper geskryf Ander belangrike eietydse skrywers sluit Jan Kjaerstad en die dramatikus Jon Fosse in Noorwee se literere stelsel Wysig Noorwee het n unieke literere stelsel ter bevordering van Noorse literatuur skrywers en die uitgewersbedryf Dit baseer op voorgeskrewe pryse vir boeke die aankoop van honderde eksemplare van bepaalde nuwe titels die vrystelling van boeke van belasting op toegevoegde waarde BTW en kollektiewe ooreenkomste tussen regtehouers Die program was die sleutelfaktor vir die vestiging van n veelsydige en dinamiese boekmark in Noorwee 53 54 AankoopprogramDie Noorse aankoopprogram vir boeke word deur die staat befonds en deur die Noorse Kunsteraad geadministreer Jaarliks word tussen 550 en 1 500 eksemplare van sowat 600 nuwe boektitels aangekoop en aan biblioteke dwarsoor die land beskikbaar gestel Die program se hoofdoelwitte is die bevordering van Noorse boekpublikasies die versekering van toegang tot nuwe werke vir die algemene leserspubliek en die verskaffing van hoer inkomstes aan skrywers Die program is in die 1960 s as n aankoopstelsel vir Noorse fiksie vir volwassenes geloods en is reeds kort daarna uitgebrei om ook literatuur vir kinders en jeugdiges in te sluit So is ook skoolbiblioteke van nuwe boektitels voorsien Die program was n groot sukses en het bygedra tot hoer produksie en oplaagsyfers Die aankoopprogram is intussen verder uitgebrei na vertaalde fiksie en nie fiksie Noorse nie fiksie vir volwassenes Noorse nie fiksie vir kinders en jeugdiges en grafiese romans Voorgeskrewe boekpryse en vrystelling van BTWDie voorgeskrewe vaste boekprys vir elke nuwe titel mag deur die uitgewery vasgestel word Boekwinkels en ander kleinhandelondernemings mag tot 1 Mei van die volgende jaar n afslag van maksimaal 12 5 persent aan klante aanbied Deur boeke orals in Noorwee teen meer of min dieselfde prys te verkoop word skrywers en uitgewers van n stabiele grondslag vir hul finansiele beplanning voorsien Die vrystelling van BTW maak boeke vir lesers meer bekostigbaar en verseker toegang tot literatuur vir almal Kollektiewe ooreenkomsteKollektiewe ooreenkomste wat tussen die Vereniging van Noorse Uitgewers aan die een en die belange organisasies van skrywers illustreerders en vertalers aan die ander kant gesluit is verseker vir alle partye wat regte in die publikasieproses hou n billike deel van die inkomste Ander programme ter bevordering van Noorse literatuur Wysig Die Noorse Kunsteraad stel beurse beskikbaar vir talentvolle en belowende skrywers asook finansiele steun vir projekte en produksies Die uitvoer van Noorse literatuur word deur n ander liggaam NORLA Norwegian Literature Abroad deur aktiewe bemarking en subsidies vir vertalings bevorder NORLA is in 1978 gestig en het in die tydperk tot 2004 die vertaling van nagenoeg 5 200 Noorse boektitels in 65 tale finansieel gesteun NORLA se werksaamhede word deur die Noorse Departement van Kultuur befonds Die grootste kulturele inisiatief in die buiteland ooit sal Noorwee se deelname as eregas aan die Frankfurtse Boekebeurs van 2019 wees Aktiwiteite in hierdie verband word eweneens deur NORLA gekoordineer In samewerking met die regtehouers onderhou NORLA ook n webtuiste wat inligting oor Noorse boekpublikasies in Engels bied https booksfromnorway com Sport Wysig Die Noorse skier Marit Bjorgen is met 15 medaljes die suksesvolste deelnemer aan Olimpiese Winterspele nog Die Noorse skaakspeler Magnus Carlsen is die huidige en vyfmalige wereldkampioen Sport vorm n belangrike deel in die Noorse kultuur en gewilde sportsoorte sluit in sokker handbal tweekamp heg en steg ski skansspring langbaanskaats en in n minder mate yshokkie Sokker is in Noorwee die gewildste sportsoort in terme van aktiewe deelname Volgens n 2014 2015 opname was sokker ver agter tweekamp en heg en steg ski wat die gewildheid onder toeskouers betref 55 Yshokkie is die belangrikste binnesport 56 Die Noorde nasionale vrouehandbalspan het verskeie titels ingepalm waaronder twee Olimpiese goue medaljes in 2008 en 2012 drie wereldbekertoernooie in 1999 2011 en 2015 asook ses Europese kampioenskappe in 1998 2004 2006 2008 2010 en 2014 In sokker het die nasionale vrouespan die wereldbekertoernooi in 1995 en die Olimpiese Sokkertoernooi in 2000 gewen Die vrouespan het ook twee UEFA Europese vrouekampioenskappe ingepalm in 1987 en 1993 Die Noorse nasionale manssokkerspan het al drie keer aan die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi deelgeneem in 1938 1994 en 1998 en een keer aan die UEFA Europa beker in 2000 Die beste FIFA rang wat Noorwee behaal het is tweede n plek wat hulle twee keer bereik het in 1993 en in 1995 57 Bekende Noorse spelers in die Nasionale Voetballiga sluit in Halvor Hagen Bill Irgens Leif Olve Dolonen Larsen Mike Mock en Jan Stenerud 58 Bandy is n tradisionele sport in Noorwee en die land is een van die vier stigters van die Vereniging van Internasionale Bandy In terme van gelisensieerde atlete is dit die tweede belangrikste wintersport in die wereld 59 Teen Januarie 2018 het die nasionale mansspane een silwer en bronsmedalje elk verower terwyl die nasionale vrouespan vyf bronsmedaljes tydens wereldbekertoernooie ingepalm het Noorwee se eerste deelname was tydens die Olimpiese Somerspele 1900 en sedertdien het die land atlete vir al die Olimpiese Spele gestuur behalwe vir die min bemarkte Olimpiese Somerspele 1904 en die Olimpiese Somerspele 1980 in Moskou wat deur die Weste geboikot is Noorwee voer die algehele medaljetabel by die Olimpiese Winterspele met n goeie voorsprong aan Noorwee het al twee keer Olimpiese Spele gehuisves Die Olimpiese Winterspele 1952 in Oslo en die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer Dit het ook die Olimpiese Jeugwinterspele 2016 in Lillehammer aangebied en sodoende die eerste land geword wat beide die Winterspele en Jeugwinterspele gehuisves het Noorwee se nasionale vrouespan in strandvlugbal het aan die CEV Strandvlugbal Kontinentale Beker 2018 2020 deelgeneem 60 Skaak het sterk in gewildheid toegeneem in Noorwee Die Noorse Magnus Carlsen is die huidige en vyfmalige wereldkampioen 61 Verwysings Wysig no Sprak i Norge Store norske leksikon 22 Mei 2019 Besoek op 14 Oktober 2021 no kirkedepartementet Kultur og 27 Junie 2008 St meld nr 35 2007 2008 Regjeringa no Besoek op 14 Oktober 2021 en The Re establishing of a Norwegian State regjeringen no 5 Julie 2020 Besoek op 5 Julie 2020 no Arealstatistics for Norway 2019 Kartverket mapping directory for Norway 20 Desember 2019 Besoek op 14 Oktober 2021 en Surface water and surface water change OESO Besoek op 22 April 2023 no Population 2023 01 01 Statistiek Noorwee 21 Februarie 2023 Besoek op 22 April 2023 7 0 7 1 7 2 7 3 en Norway Internasionale Monetere Fonds April 2023 Besoek op 22 April 2023 en Human Development Report 2021 2022 PDF United Nations Development Programme 2021 Besoek op 22 April 2023 en Gini Index Norway Wereldbank Besoek op 22 April 2023 no Facts about Norway gonorway com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2007 Besoek op 19 Desember 2007 de Galli Max en Johannes Holzleiter Norwegen Augsburg Weltbild 2008 bl 18 de Galli Holzleiter 2008 bl 32 en www norwegen no Klimaat Geargiveer 7 Junie 2007 op Wayback Machine de Galli Holzleiter 2008 bl 18 en www norwegen no Noorwee Geskiedenis Die eerste Nore en www norwegen no Geskiedenis Die Wiking tydperk Geargiveer 23 Oktober 2007 op Wayback Machine en www norwegen no Geskiedenis Die Middeleeue Geargiveer 23 Oktober 2007 op Wayback Machine en www norwegen no Geskiedenis Die Middeleeue Geargiveer 23 Oktober 2007 op Wayback Machine de Galli Holzleiter 2008 bl 20 en www norwegen no Geskiedenis Die skeiding van Denemarke Geargiveer 23 Oktober 2007 op Wayback Machine de Henningsen Bernd en Lothar Schneider reds Skandinavien Augsburg Weltbild 2008 bl 47 en www norwegen no Geskiedenis 1814 1905 en www norwegen no Geskiedenis Noorwee na 1905 Geargiveer 13 Februarie 2007 op Wayback Machine no Evig heder 1 6 dokumenter NRK Hordaland 1995 de Gruchmann Lothar NS Besatzungspolitik und Resistance in Europa In Broszat Martin en Norbert Frei reds in samewerking met die Institut fur Zeitgeschichte Munchen PLOETZ Das Dritte Reich Freiburg Wurzburg Ploetz 1983 bl 216 en www norwegen no Geskiedenis Die Tweede Wereldoorlog de Der Fischer Weltalmanach 2006 Munchen 2005 Fischer Taschenbuch Verlag bl 342 en www norwegen no Geskiedenis Noorwee na die Tweede Wereldoorlog Geargiveer 23 Oktober 2007 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Noorwee Ekonomiese Struktuur Geargiveer 30 Januarie 2011 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Ekonomie van Noorwee Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine en www norwegen no Algemene inligting Geargiveer 27 Oktober 2007 op Wayback Machine no Fra 1 januar 2020 er det 356 kommunar og 11 fylke i Noreg de Duitse Departement van Buitelandse Sake Noorwee Binnelandse Beleid Geargiveer 21 Junie 2008 op Wayback Machine de Der Fischer Weltalmanach 2007 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2006 bl 364 en www norwegen no Algemene inligting Religie in Noorwee Geargiveer 8 Februarie 2007 op Wayback Machine de Henningsen Schneider 2008 bl 33 en Statistics Norway Statistisk sentralbyra Focus on Population Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine en Statistics Norway Statistisk sentralbyra Focus on Population Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine en www norwegen no Bevolking Geargiveer 8 Februarie 2007 op Wayback Machine de Dittmann Frank red Reisehandbuch Skandinavien 2008 Essen Nordis 2008 bl 112 en www norwegen no Mense Migrasie de Duitse Departement van Buitelandse Sake Kuns en kultuur Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine de Duitse Departement van Buitelandse Sake Kuns en kultuur Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine en www norwegen no Die ontwikkeling van die Noorse argitektuur en www norway2019 com Literary system Besoek op 16 Februarie 2019 no Den Norske Forleggerforening The Norwegian Literary System Besoek op 16 Februarie 2019 no Knock out fra Northug amp co Dagbladet 22 Junie 2015 Besoek op 22 Junie 2015 no Stor interesse for ishockey NRK 13 April 2013 Besoek op 11 Junie 2016 en FIFA Coca Cola World Ranking FIFA 22 Junie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2015 Besoek op 19 Februarie 2015 en John Grasso 2013 Historical Dictionary of Football Scarecrow Press p 490 ISBN 978 0810878570 en Bandy destined for the Olympic Winter Games Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2018 Besoek op 17 Oktober 2018 en Continental Cup Finals start in Africa Federation Internationale de Volleyball 22 Junie 2021 Besoek op 7 Augustus 2021 no Carlsen er verdensmester Jeg er lykkelig og lettet NRK 22 Junie 2015 Besoek op 22 Junie 2015 Bronnelys WysigAlgemeen en Norway Encyclopaedia Britannica Besoek op 22 April 2023 en Norway Central Intelligence Agency Besoek op 22 April 2023 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Noorwee en Toerisme inligting oor Noorwee op Wikivoyage no Amptelike webwerf en Noorse Ambassade in Suid Afrika en Algemene inligting oor Noorwee en State of the Environment Norway Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Noorwee amp oldid 2571719