www.wikidata.af-za.nina.az
Jugendstil Duits Jugendstil jeugstyl of Art Nouveau Frans art nouveau nuwe kuns is n kunsstyl en beweging wat dateer uit die laat negentiende en vroee twintigste eeu As n reaksie op akademiese kuns van die negentiende eeu word dit gekenmerk deur die organiese met veral blomme en ander plant geinspireerde motiewe sowel as hoogs gestileerde vloeiende kromlynige vorms 1 Jugendstil of Art Nouveau is n benadering tot ontwerp waarvolgens kunstenaars aan alles moet werk om kuns deel te maak van die alledaagse lewe Die Jugendstil is dan ook veral gemanifesteer in gebruiksvoorwerpe glaskuns plateel sierade meubels ens argitektuur en skilderkuns 2 Jugendstil fasade in die Letlandse hoofstad Riga Inhoud 1 Ontstaan 2 Karakter 3 Benaming van die styl 3 1 Bing se Maison de l Art Nouveau 3 2 Jugend en Jugendstil 3 3 Ander name 4 Nalatenskap 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsOntstaan WysigDie oorsprong van Art Nouveau kan teruggespoor word na die weerstand van William Morris teen die oorvol komposisies en die herlewingtendense van die Victoriaanse era asook sy teoretiese benaderings wat die inleiding van die kuns en kunsvlytbeweging aangehelp het 3 Maar Arthur Mackmurdo se boekomslag vir Wren s City Churches 1883 met sy ritmiese blompatrone word dikwels beskou as die eerste uitvoering van die Art Nouveau 3 Terselfdertyd het die plat perspektief en sterk kleure van die Japannese houtsnees veral die van Katsushika Hokusai n sterk invloed op die formulering van die Art Nouveau se formele taal uitgeoefen 4 Die golf van Japanisme wat in die 1880 s en 1890 s oor Europa gespoel het met sy organiese vorme verwysings na die natuurlike wereld en die helder ontwerpe wat in sterk kontras gestaan het met die heersende smaak was besonder invloedryk op baie kunstenaars 4 Benewens die aanname deur kunstenaars soos Emile Galle en James Abbott McNeill Whistler is Japannees geinspireerde kuns en ontwerp deur die sakemanne Siegfried Bing en Arthur Lasenby Liberty onderskeidelik in hulle werkswinkels in Parys en Londen bevorder 5 4 Die beweging is sterk beinvloed deur die Tsjeggiese kunstenaar Alfons Mucha deur litografiese plakkate wat hy ontwerp het en op 1 Januarie 1895 in die strate van Parys verskyn het as n advertensie vir die drama Gismonda deur Victorien Sardou met Sarah Bernhardt in die hoofrol 6 Dit was n oornagsensasie wat die nuwe artistieke styl en sy skepper aan die burgers van Parys verkondig het Aanvanklik bekend as die Styl Mucha Mucha Styl het dit vinnig bekend geword as Art Nouveau 7 Die aanduiding Jugendstil is afkomstig van die weekblad Die Jugend wat vanaf Januarie 1896 in Munchen verskyn het Vir verwante strominge wat in elders in Europa verskyn het is ander terme gebruik soos Art Nouveau in Belgie en Frankryk en Modernismo in Katalonie In Skotland is die Art Nouveau styl wyd verteenwoordig deur Charles Rennie Mackintosh In Frankryk is Art Nouveau veral opmerklik in die metroingange wat in 1900 deur Hector Guimard ontwerp is Karakter WysigJugendstil of Art Nouveau was nie n konsekwente styl nie en kan beskryf word as generiese terme vir n verskeidenheid van style wat gelyktydig op verskillende plekke voorgekom het Belgie Oostenryk en Katalonie word gewoonlik gesien as die belangrikste gebiede vir die ontstaan van die Art Nouveau in die argitektuur Ondanks die opvallende streeksverskille is daar n aantal kenmerke wat hierdie strominge verenig n optimisme wereldbeeld en geloof in die toekoms n voorliefde vir die gebruik van nuwe moderne tegnieke in die argitektuur byvoorbeeld groot glasoppervlakke n afsku in simmetrie en n voorkeur vir ornamentiek waarby blom en voelmotiewe oorheers Algemeen aan die Jugendstil in die argitektuur was n reaksie teen die denke van historisisme Die argitekte het hulleself bevry van klassieke komposisie beginsels en uitgedoste geboue met naturalistiese versierings ontwerp Baie Art Nouveau of Jugendstil geboue dra ook kenmerke van ouer style en word ook gekenmerk deur Japannese en ander Asiatiese eienskappe Hoewel die Jugenstil of Art Nouveau bepaalde plaaslike tendense aangeneem het soos dit geografiese versprei het is daar n aantal algemene kenmerkend van die vorm n Beskrywing van Hermann Obrist se muurbehangsel Cyclamen 1894 gepubliseer in die Pan tydskrif beskryf dit as skielike gewelddadige kurwes gegenereer deur die slaan van n sweep wat welbekend geword het tydens die vroee verspreiding van Art Nouveau 8 Daarna het nie net werk self bekend geword as Die Sweepslag nie maar is die term sweepslag dikwels aangewend om die karakteristieke krommes wat die Art Nouveau kunstenaars gebruik het te beskryf 8 Sulke dekoratiewe sweepslag motiewe gevorm deur dinamiese golwende en vloeiende lyne in n gesinkopeerde ritme word deurgaans aangetref in argitektuur skilderye beeldhouwerk en ander vorme van Art Nouveau ontwerp Benaming van die styl WysigAanvanklik was nog Art Nouveau nog Jugendstil die algemene naam vir die styl en het die styl verskillende name aangeneem soos dit tussen artistieke sentra versprei het 9 Die twee name is afkomstig van onderskeidelik Samuel Bing se galery Maison de l Art Nouveau in Parys en die tydskrif Jugend in Munchen 10 wat beide die styl bevorder en gewild gemaak het 9 Bing se Maison de l Art Nouveau Wysig Maison de l Art Nouveau letterlik Huis van Nuwe Kuns was die naam van die galery wat in 1895 deur die Duitse kunshandelaar Samuel Bing in Parys geopen is en wat gemerk is deur sy uitsluitlike fokus op moderne kuns 11 12 Die bekendheid van sy galery het tydens die 1900 Exposition Univers toegeneem waar hy in ontwerp en kleur gekoordineerde installasies van moderne meubels tapisseriee en objets d art ten toon gestel het 12 Hierdie ten volle uitgevoerde dekoratiewe is so so sterk geassosieer met die styl dat die naam van sy galery later n algemeen gebruikte term vir die hele styl Art Nouveau verskaf het 12 nbsp Hierdie voorblad van n 1896 uitgawe van die Duitse tydskrif Jugend is versier in Art Nouveau motiewe Jugend is sterk geassosieer met die styl en die tydskrif se naam het die Duitse term vir die beweging Jugendstil Jugend styl geinspireer Jugend en Jugendstil Wysig nbsp Jugendstil tipografie toegepas op n brouerytekenJugend Munchner illustrierte Wochenschrift fur Kunst und Leben Jeug Munchense geillustreerde weekblad vir kuns en lewenstyl was n tydskrif wat in 1896 deur Georg Hirth gestig is 13 Op die hoogtepunt van die Art Nouveau was die tydskrif instrumenteel in die bevordering van die styl in Duitsland As gevolg hiervan is die tydskrif se naam aangeneem as die mees algemeen Duitse term vir die beweging Jugendstil Jugend styl alhoewel die woord in die vroee 20ste eeu slegs gebruik is vir tweedimensionale voorbeelde van die grafiese kuns 14 en veral die vorms van organiese tipografie en grafiese ontwerp wat in die Duitse tydskrifte soos Jugend Pan en Simplicissimus voorgekom het Dit word vandag breedweg aan die breer manifestasies van die Art Nouveau visuele kunste toegepas in Duitsland Nederland die Baltiese lande Nordiese lande en Suid Afrika 10 15 Ander name Wysig Ander plaaslike name was gekoppel aan eienskappe van die styl se vorme die beoefenaars en hul werk en die skole van denke of studie waar dit gewild was Verder het baie terme die idee van die nuutheid vervang Voordat die term Art Noveau posgevat het was le style moderne die moderne styl in Frankryk die meer algemene benaming 9 Arte joven jong kuns in Spanje Arte nuova nuwe kuns in Italie en Nieuwe kuns nuwe kuns in Nederland modern nuwe moderne Rusland bly almal by hierdie tema 10 Op soortgelyke wyse het die styl se moderne eienskappe aanleiding gegee tot die Katalaanse Modernism in Barcelona Baie name verwys spesifiek na die organiese vorms wat gewild was onder die Art Nouveau kunstenaars Stile Floreal blom styl Lilienstil lelie styl Styl Nouille noedelstyl Stile Vermicelli vermicelli of klein wurm noedel styl Bandwurmstil lintwurmstyl Paling Styl paling styl en Wellenstil golf styl 9 In ander gevalle het belangrike voorbeelde bekende kunstenaars en gepaardgaande plekke die name beinvloed Hector Guimard se Paryse Metro ingange het byvoorbeeld die term Style Metro opgelewer die gewildheid in Italie van die Art Nouveau ontwerpe uit Londen se Liberty amp Kie afdelingswinkel het gelei tot die feit dat dit bekend as die Stile Liberty Liberty styl en in die Verenigde State het dit bekend gestaan as die Tiffany styl as gevolg van die verband met Louis Comfort Tiffany 9 In die Oostenryk is n plaaslike vorm van die Art Nouveau beoefen deur kunstenaars van die Wiener Secession Weense afskeiders en het dit dus as die Sezessionstil Secession styl bekendgestaan 16 In die Verenigde Koninkryk is dit gekoppel aan die aktiwiteite van Charles Rennie Mackintosh in Glasgow en staan dit dikwels bekend as die Glasgow styl Art Nouveau tendense is ook opgeneem in breer plaaslike bewegings In Denemarke was dit byvoorbeeld n aspek van Skonvirke estetiese aktiwiteit wat weer nouer verband hou met die Kuns en Kunsvlytbeweging 17 18 Net so het kunstenaars baie van die blomme en organiese motiewe van die Art Nouveau in die Mloda Polska Jong pole beweging in Pole opgeneem 19 Mloda Polska het egter ook ander artistieke styl ingesluit en n breer benadering tot kuns letterkunde en lewenstyl behels 20 nbsp Gedeelte van n paneel van teels deur William Morris ontwerp vir Membland Hall en uitgevoer deur William De Morgan 1876 Identifikasie deur Linda Parry ed William Morris Abrams 1996Nalatenskap WysigDie beweging het n kort maar hewige bloeityd beleef In Wes Europa het die styl teen 1910 reeds tot die verlede behoort in die ooste het dit wel effens langer oorleef Dit word egter vandag gesien as n belangrike brug tussen die historisisme van Neoklassisisme en Modernisme 10 Art Nouveau monumente word nou deur UNESCO erken op die Werelderfenislys as betekenisvolle bydraes tot die kulturele erfenis Die historiese sentrum van Riga Letland met die mooiste versameling van die art nouveau geboue in Europa is in 1997 in die lys opgeneem en in 2000 is vier Brusselse dorpshuise deur Victor Horta opgeneem as werke van die menslike kreatiewe genie wat uitstaande voorbeelde van die Art Nouveau argitektuur die oorgang van die 19de na die 20ste eeu in die kunste denke en die gemeenskap briljant illustreer 21 22 Verwysings Wysig Duncan 1994 7 36 Art Nouveau Art Nouveau Art 3 0 3 1 Duncan 1994 10 13 4 0 4 1 4 2 Duncan 1994 14 18 Voor die opening van die Maison de l Art Nouveau het Bing n winkel bestuur wat in items uit Japan gespesialiseer het en na 1888 het hy die Japannisme bevorder in sy tydskrif La Japon Artistique Duncan 1994 15 16 Mucha Nouveau Bernhardt Gismonda Geargiveer 23 April 2009 op Wayback Machine True Artworks besoek op 4 Oktober 2009 An Introduction to the Work of Alphonse Mucha and Art Nouveau Geargiveer 18 Januarie 2012 op Wayback Machine lesing deur Ian Johnston van Mala Spina Universiteit College Nanaimo BC Hierdie dokument is in die publieke domein en mag deur almal gebruik word in sy geheel of deels sonder toestemming en sonder enige koste op voorwaarde dat die bron vermeld word 8 0 8 1 Duncan 1994 27 28 9 0 9 1 9 2 9 3 9 4 Duncan 1994 23 24 10 0 10 1 10 2 10 3 Michele Lavallee Art Nouveau Grove Dictionary of Art Oxford University Press geraadpleeg op 11 April 2008 Martin Eidelberg en Suzanne Henrion Giele Horta and Bing An Unwritten Episode of L Art Nouveau The Burlington Magazine vol 119 Spesiale Uitgawe toegewy aan Europese kuns sedert 1890 Nov 1977 pp 747 752 12 0 12 1 12 2 Duncan 1994 15 16 25 27 Hirth het redakteur gebly tot met sy dood in 1916 en die tydskrif is gepubliseer tot 1940 A Philip McMahon review of F Schmalenbach Jugendstil Parnassus vol 7 Oct 1935 27 Reinhold Heller Recent Scholarship on Vienna s Golden Age Gustav Klimt and Egon Schiele The Art Bulletin vol 59 Mar 1977 pp 111 118 Georg Hirth die redakteur vanJugend het die term Secession toegepas op die reeks van reaksionere beweging van die era Nicolas Powell Review of C Nebehay Ver Sacrum 1898 1903 The Burlington Magazine vol 118 Sep 1976 660 As n losstaande periode word Secession Duits Sezession Hongaars Szecesszio egter dikwels gebruik om die algemene kenmerke van die Art Nouveau styl buite Wene maar meestal in gebiede binne die kulturele omvang van Oostenryk Hongarye met die draai van die 20ste eeu te beskryf Jennifer Opie A Dish by Thorvald Bindesboll The Burlington Magazine vol 132 Mei 1990 pp 356 Claire Selkurt New Classicism Design of the 1920s in Denmark The Journal of Decorative and Propaganda Arts vol 4 Lente 1987 pp 16 29 esp 18 n 4 Danuta A Boczar The Polish Poster Art Journal vol 44 Spring 1984 pp 16 27 esp 16 Danuta Batorska Zofia Stryjenska Princess of Polish Painting Woman s Art Journal vol 19 Autumn 1998 Winter 1999 pp 24 29 esp 24 25 UNESCO World Heritage List Historic Centre of Riga UNESCO World Heritage List Major Town Houses of the Architect Victor Horta Brussels Eksterne skakels Wysig nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jugendstil Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Jugendstil amp oldid 2563944