www.wikidata.af-za.nina.az
Die Winteroorlog Fins talvisota Sweeds vinterkriget Russies Zimnyaya vojna transliterasie Zimnjaja woina ook bekend as die Sowjet Finse Oorlog 1939 1940 Russies Sovetsko finskaya vojna Sowjetsko finskaja woina 1939 1940 17 18 19 20 het uitgebreek toe die Sowjetunie Finland op 30 November 1939 aanval drie maande na die begin van die Tweede Wereldoorlog As gevolg hiervan is die Sowjetunie op 14 Desember uit die Volkebond geskop Die Sowjetleier Josef Stalin het verwag dat die hele land teen die einde van die jaar oorwin sou wees maar die Finse weerstand was te sterk vir die Sowjetmagte wat drie keer so groot was Finland het uitgehou tot in Maart 1940 toe n vredesverdrag geteken is waarvolgens omtrent 11 van Finland se grondgebied en 30 van sy ekonomiese bates aan die Sowjetunie afgestaan is WinteroorlogDeel van Tweede WereldoorlogFinse skitroepe in Noord Finland 12 Januarie 1940 Datum 30 November 1939 12 Maart 1940Ligging Oos FinlandResultaat Moskouse vredesverdragGebieds veranderinge Sessie van die Finse Golf eilande die Kareliese landengte Ladoga Karelie Salla die Visser skiereiland en Hanko tot die SowjetunieStrydende partye Finland Sweedse Vrywilligerskorps Sowjetunie Finse Demokratiese Republiek 1939 1940 satellietstaat slegs erken deur die Sowjetunie AanvoerdersRisto Ryti Carl Gustaf Emil Mannerheim Hjalmar Siilasvuo Harald Ohquist Josef Stalin Kirill Meretskof Kliment Worosjilof Semjon Timosjenko Otto Wille KuusinenSterkte337 000 346 500 soldate 1 2 32 tenks 3 114 vliegtuie 4 425 640 760 578 soldate 5 2 514 6 541 tenks 6 3 880 vliegtuieOngevalle en verlieseTotaal 70 00025 904 dood of vermis 7 43 557 gewond 8 1 000 gevangenes 9 957 burgerlikes in lugaanvalle 7 20 30 tenks62 vliegtuie 10 Totaal 323 000126 875 dood of vermis 11 188 671 gewond beseer of verbrand 11 5 572 gevangenes 12 3 543 tenks 13 14 15 261 515 vliegtuie 15 16 WinteroorlogTolvajarvi Suomussalmi Taipale Summa Raate Road Kuhmo Honkaniemi Kollaa Salla PetsamoDie gevolge van die oorlog was gemeng Alhoewel die Sowjetmagte uiteindelik deur die Finse verdediging kon breek het nog die Sowjetunie nog Finland ongeskaad uit die konflik getree Sowjetverliese aan die front was geweldig en die land se internasionale aansien het daaronder gely Erger nog die vegvermoe van die Rooi Leer is bevraagteken wat bygedra het tot Hitler se besluit om Operasie Barbarossa van stapel te stuur Op die ou einde het die Sowjetmagte nie in hulle hoofdoel geslaag om Finland te verower nie maar hulle het aansienlik grond aan die Ladogameer gewen Die Finne het hulle soewereiniteit behou en aansienlike internasionale guns gewen Die vredesverdrag van 15 Maart het Frans Britse planne verydel om troepe deur Noord Skandinawie te stuur om Finland te help Die Geallieerde planne was ook daarop gemik om Duitse toegang tot Noord Swede se ystererts te verhoed Duitsland se inval in Denemarke en Noorwee op 9 April 1940 Operasie Weserubung het daarna die wereld se aandag afgelei na die stryd vir beheer oor Noorwee Die Winteroorlog was n militere ramp vir die Sowjetunie Stalin het egter uit die fiasko geleer en besef dat politieke beheer oor die Rooi Leer nie meer moontlik was nie Na die oorlog het die Kremlin n proses begin waarvolgens gekwalifiseerde offisiere heraangestel is en die leer se magte gemoderniseer is n besluit wat die Sowjetunie in staat sou stel om die Duitse inval die hoof te bied Alhoewel dit nie spesifiek beproef is nie was die leers van Frankryk Brittanje en die VSA waarskynlik ook nie gereed vir n winteroorlog nie In die Ardenne aanval teen die einde van 1944 is duisende Amerikaanse troepe byvoorbeeld gestrand gelaat deur weerstoestande wat matig was in vergelyking met die van die Skandinawiese winter Inhoud 1 Agtergrond 2 Die Oorlog 3 Buitelandse steun 4 Frans Britse planne vir n Skandinawiese verhoog 5 Wapenstilstand 6 Moskouse vrede 6 1 Finse eise vir terugbesorging van na Sowjetse grondgebied 7 Belangrike veldslae 8 Die Winteroorlog in kultuur 9 Bronne 10 Verwysings 11 Eksterne skakelsAgtergrond Wysig nbsp Noord Europa in November 1939 21 Neutrale lande Nazi Duitsland en geannekseerde lande Sowjetunie en geannekseerde lande Lande met Sowjet militere basisseFinland was lank deel van die Sweedse koninkryk toe dit in 1808 deur Rusland oorwin is en in n outonome bufferstaat omskep is om die Russiese hoofstad te beskerm Na die Oktober rewolusie wat n Sowjetregering in Rusland tot gevolg gehad het het die Groot Hertogdom van Finland homself op 6 Desember 1917 onafhanklik verklaar Sterk bande tussen Finland en Duitsland het ontstaan toe die Duitse Ryk Finland se ondergrondse onafhanklikheidsbeweging tydens die Eerste Wereldoorlog ondersteun het In die burgeroorlog wat daarop gevolg het het Duitse soldate en Finse Jagertroepe wat in Duitsland opgelei is n deurslaggewende rol gespeel Slegs Duitsland se nederlaag in die Eerste Wereldoorlog het die vestiging van n Duits afhanklike monargie in Finland onder Frederick Charles van Hesse as koning verhinder Na die oorlog het Duits Finse bande stewig gebly alhoewel Finse simpatie vir die Nasionaal Sosialiste maar dun gesaai was Die verhouding tussen die Sowjetunie en Finland was gespanne en kil die twee tydperke van gedwonge Russifisering teen die vorige eeuwisseling en die nalatenskap van die mislukte sosialistiese rebellie in Finland het bygedra tot sterk wedersydse wantroue Stalin het gevrees dat Nazi Duitsland uiteindelik sou oorgaan tot aanval en met die Sowjet Finse grens slegs 32 km van Leningrad sou Finse grondgebied n uitstekende basis vir n aanval wees In 1932 het die Sowjetunie n nieaanvalsverdrag met Finland geteken Die ooreenkoms is in 1934 vir tien jaar herbevestig In April 1938 of moontlik selfs vroeer begin die Sowjetunie diplomatieke onderhandelinge met Finland in n poging om hulle gesamentlike verdedigingsvermoe teen Duitsland te versterk Die Sowjetunie se grootste bekommernis was dat Duitsland Finland as n vastrapplek vir n aanval op Leningrad sou gebruik Meer as n jaar verloop sonder noemenswaardige vordering terwyl die politieke toestand in Europa versleg nbsp Die Mannerheimlyn waar van die felste gevegte van die Winteroorlog plaasgevind hetNazi Duitsland en die Sowjetunie teken op 23 Augustus 1939 n nieaanvalsverdrag die Molotof Ribbentrop verdrag Dit sluit n geheime klousule in waarvolgens die lande van Oos Europa tussen die twee ondertekenaars verdeel sou word Daar word ook ooreengekom dat Finland in die Sowjet invloedsfeer sal val Die Duitse aanval op Pole op 1 September word gevolg deur n Sowjet inval uit die ooste Binne n paar weke verdeel hulle die land tussen hulle In die herfs van 1939 na Duitsland se aanval op Pole dring die Sowjetunie finaal daarop aan dat Finland instem om die grens 25 kilometer verder van Leningrad te skuif Hy dring ook daarop aan dat Finland die Hanko skiereiland vir 30 jaar aan die USSR verhuur vir die oprig van n vlootbasis In ruil daarvoor bied die Sowjetunie Finland n groot deel van Karelie twee keer so groot maar minder ontwikkeld aan Die Finse regering weier egter die Sowjet eise Op 26 November onderneem Sowjetmagte die bombardering van Mainila n voorval waarin die Sowjetartillerie gebiede naby die Russiese dorpie Mainila beskiet en toe aankondig dat Sowjettroepe in n Finse artillerieaanval gesterf het Die Sowjetunie eis dat die Finne om verskoning vra vir die voorval en hulle magte 20 25 km van die grens moet skuif Die Finne ontken enige verantwoordelikheid vir die aanval en weier om toe te gee Die Sowjetunie gebruik dit as n verskoning om uit die nieaanvalsverdrag te onttrek Op 30 November val Sowjetmagte Finland met 23 divisies van altesaam 450 000 man aan en bereik vinnig die Mannerheimlyn n Marionetregering word op 1 Desember 1939 in die besette Finse grensdorp Terijoki nou Zelenogorsk geskep onder die beskerming van die Finse Demokratiese Republiek gelei deur Otto Ville Kuusinen Dit word gedoen beide ter wille van diplomatieke oorwegings dit het onmiddellik die enigste regering van Finland geword wat deur die Sowjetunie erken is en om militere redes hulle het gehoop dat dit sosialiste in Finland se leer sou laat oorloop Die republiek is nie juis suksesvol nie maar bly bestaan tot 12 Maart 1940 en word later in die Russiese Karelo Finse SSR ingesluit Die Oorlog Wysig nbsp Aanvalrigtings van die Rooi Leer en die belangrikste linies aan albei kante Aanvanklik kan Finland slegs n leer van 180 000 man mobiliseer maar die troepe blyk verbete teenstanders te wees wat guerrillataktiek vinnigbewegende ski troepe in wit kamoefleerpakke en plaaslike kennis inspan n Geimproviseerde petrolbom wat aangepas is van een wat in die Spaanse Burgeroorlog gebruik is word met groot sukses gebruik en raak bekend as die Molotov cocktail Toestande tydens die winter van 1939 40 was straf temperature van 40 was nie ongewoon nie en die Finne was daartoe in staat om dit tot hulle voordeel te gebruik Hulle kies gereeld om nie in konvensionele oorlogvoering met die vyand betrokke te raak nie Hulle val eerder Sowjettroepe aan wat in veldkombuise wat kritiek vir oorlewing was om kampvure sit Tot die verbasing van beide die Sowjetleierskap en die Finne het die meerderheid van die Finse Sosialiste ook nie die Sowjetinval ondersteun nie maar saam met hulle landgenote teen die gemeenskaplike vyand geveg Baie Finse kommuniste het in die 1930 s na die Sowjetunie getrek om sosialisme te bou net om slagoffers van Stalin se Groot Suiwering te word Dit het gelei tot grootskaalse ontnugtering en selfs openlike haat van die Sowjetregime onder sosialiste in Finland n Verdere faktor was die vooruitgang van die Finse samelewing en wette na die burgeroorlog wat gehelp het om die gaping tussen die verskillende stande in die samelewing te verklein Daar word steeds na die gedeeltelike genesing van wonde en onenigheid na die Finse Burgeroorlog 1918 en Finland se taalstryd verwys as die gees van die Winteroorlog Baie kommuniste is egter nie toegelaat om in Finland se leer te veg nie as gevolg van hulle politieke agtergrond Sowjet verwaandheid en onbevoegdheid was n belangrike faktor in die oorlog Die aanvallers het nie veel teenstand verwag nie en het selfs die aanval met marsorkeste begin in die verwagting van n vinnige oorwinning Talle historiese verslae vertel van Russiese soldate wat die Finse lyne met arms ingehaak genader het terwyl hulle luidkeels Sowjet lofsange sing As gevolg van Stalin se suiwerings het die aanvoerders van die Rooi Leer se getalle met 80 afgeneem Die offisiere is gewoonlik vervang met minder bevoegde mense wat meer lojaal teenoor hulle hoofde was aangesien Stalin sy aanvoerders deur middel van politieke offisiere bestuur het Taktiek wat teen die Tweede Wereldoorlog uitgedien was is soms gebruik Taktiek is slaafs volgens reels toegepas aangesien n mislukte inisiatief n hoe risiko van teregstelling vir die leierskap daarvan ingehou het Baie Sowjetverliese was eenvoudig as gevolg van aanvoerders se weiering om terug te trek of omdat hulle nie toegelaat is om dit te doen nie Die Sowjetleer was ook swak voorberei vir winteroorlogvoering veral in woude en het swaar gesteun op ondoeltreffende gemotoriseerde voertuie Die voertuie is 24 uur per dag aan die gang gehou om te probeer verhoed dat hulle brandstof vries maar enjins het steeds geweier en brandstoftekorte het voorgekom Een van die merkwaardigste nederlae in militere geskiedenis is die sogenaamde Raatteentie voorval tydens die maand lange Slag van Suomussalmi Die Sowjetunie se 44ste Infanteriedivisie ongeveer 25 000 troepe is geheel en al uitgewis nadat hulle hulle op n woudpad reg in n hinderlaag van die Finse Osasto Kontula n eenheid van 300 manskappe vasgeloop het Die klein eenheid het die naderende Sowjetdivisie tot stilstand gebring terwyl die Finse kol Siilasvuo en sy 9de Divisie ongeveer 6 000 troepe die Sowjettroepe se terugvalroete afgesny het die vyand in kleiner eenhede verdeel en hulle dan een vir een uitgewis het Die Sowjet ongevalle het tot 23 000 beloop terwyl die Finne omtrent 800 man verloor het Verder het die Finse troepe 43 tenks 71 veld en lugafweerkannonne 29 anti tenkkanonne trekkers 260 vragmotors 1170 perde infanteriewapens ammunisie en mediese en kommunikasiemateriaal gebuit nbsp Finse soldateDie Finse toerustingtekort was ook n faktor in die oorlog Aan die begin van die oorlog het slegs die soldate wat basiese opleiding ondergaan het uniforms en wapens gekry Die res moes hule eie klere dra Die bont verskeidenheid van uniforms het die bynaam Model Cajander verwerf na eerste minister Aimo Cajander Die Finne het egter baie toerusting wapens en ammunisie van die swakopgeleide Sowjettroepe gebuit Hulle weermag het nie die kaliber van hulle wapens verander na onafhanklikheid nie en hulle kon dus die Sowjet ammunisie gebruik As gevolg van Stalin se etniese paranoia is verreweg die meeste soldate van die Rooi Leer wat in die Winteroorlog geveg het uit die suidelike dele van die Sowjetunie gekies Stalin het gemeen dat Russiese troepe uit die gebied reg teen die Finse grens nie vertrou kon word om teen die Finne wat heel moontlik nie te verlangs familie van hulle was nie of n geskiedenis in gemeen gehad het te veg nie Die soldate uit die suidelike gebiede het hoegenaamd geen ondervinding van Arktiese wintertoestande en feitlik geen woudoorlewingsvermoens gehad nie Finse troepe kon in baie gevalle hulle eie winterklere aantrek en baie van hulle het die grootste deel van hulle lewe in woude deurgebring aangesien die meeste Finne tot die 1950 s nog plattelanders was Die weer in Finland tydens die Winteroorlog was van die strafste in menseheugenis In die lug het Finland die viervingerformasie gevegstyl bedink vier vliegtuie verdeel in twee eenhede van twee vliegtuie elk waar een eenheid laag vlieg en die ander hoog met elke vliegtuig wat onafhanklik van die ander veg maar mekaar tog ondersteun Dit was nie net beter as die Russiese taktiek van drie vliegtuie wat in n deltaformasie gevlieg het nie maar is ook later deur alle belangrike lugmagte in die Tweede Wereldoorlog nageboots en word tot vandag toe nog gebruik Die viervingerformasie en die credo van Finse vlieeniers om altyd aan te val ondanks die grootte van die oormag het bygedra tot die onvermoe van Russiese bomwerpers om noemenswaardige skade aan Finse teikens aan te rig Finse lugmagoperasies in die Winteroorlog is goed gedokumenteer Die Finse lugmag het 5 900 gevegsendings gevlieg insluitend 3 900 onderskeppingsendings 800 bomaanvalle 70 lugfotografievlugte en 1 100 vervoersendings Volgens sommige bronne is 190 280 vyandelike vliegtuie afgeskiet terwyl die Finne slegs 35 62 vliegtuie verloor het 22 Buitelandse steun WysigDie wereld het die Finse saak grootliks gesteun Die Tweede Wereldoorlog het nog nie werklik in erns begin nie en dit is as die skynoorlog Engels Phony War bestempel op daardie tydstip was die Winteroorlog die enigste werklike geveg behalwe die Duitse en Russiese inval van Pole en dit het dus die wereld se belangstelling gelok Die Sowjet aggressie is oor die algemeen as heeltemal ongeregverdig beskou Verskeie buitelandse organisasies het materiele hulp soos mediese voorrade aan Finland verleen Finse immigrante in die VSA en Kanada het teruggekeer en baie vrywilligers onder wie die toekomstige akteur Christopher Lee het na Finland gereis om by die Finse se magte aan te sluit 1 010 Dene 895 Nore 372 Ingriers 450 Hongare 150 Italianers 350 Amerikaners 230 Engelse 346 Finse uitgewekenes en 210 vrywilligers uit ander lande het in Finland aangekom voor die oorlog verby was 1 Buitelandse verslaggewers in Helsinki het verslag gedoen van vermeende Finse vindingrykheid en gevegsukses en selfs by geleentheid erg oordryf Swede wat hulleself as nieoorlogvoerend eerder as n neutrale land met verwysing na die oorlog tussen Nazi Duitsland en die Geallieerdes verklaar het het militere voorraad kontant krediet humanitere hulp en sowat 8 700 Sweedse vrywilligers bygedra Waarskynlik die mees betekenisvolle hiervan was die Sweedse Vrywilligerlugmag in aksie vanaf 7 Januarie met 12 vegvliegtuie 5 bomwerpers en 8 ander vliegtuie wat op daardie stadium n derde van die Sweedse Lugmag beslaan het Vrywilligervlieeniers en werktuigkundiges het ook aangesluit Die gevierde vlieenier graaf Carl Gustav von Rosen familie van Hermann Goring het onafhanklik vir vrywillige diens aangemeld Daar was ook n vrywilligerarbeidsmag van ongeveer 900 werkers en ingenieurs Die Sweedse Vrywilligerskorps met 8 402 manskappe in Finland die enigste gewone vrywilligers wat voor die einde van die oorlog hulle opleiding voltooi het het in middel Februarie die vyf Finse bataljonne by Markajarvi afgelos Saam met die drie oorblywende Finse bataljonne het die korps twee Sowjetdivisies gekonfronteer en hulle vir n aanval teen middel Maart voorberei maar is daarvan verhoed deur die vredesooreenkoms 33 soldate het in gevegsituasies gesterf onder hulle die aanvoerder van die eerste afloseenheid luitenant kolonel Magnus Dyrssen Die Sweedse vrywilligers was steeds n bron van onenigheid tussen Swede en Finne Die binnelandse debat in Finland het by gewone Finne in die jare net voor die oorlog die hoop gekweek dat aansienlik meer steun uit Swede verwag sou kon word soos n groot mag van gereelde troepe wat n noemenswaardige impak op die verloop van die oorlog kon gehad het en selfs sou kon verhoed het dat die Russe tot aanval oorgaan Direkte finansiele en wapensteun is ook deur die VSA Argentinie Venezuela en Suid Afrika gebied 23 Na die uitbreek van die Winteroorlog het Suid Afrika 29 Gloster Gauntlet opleidingsvliegtuie by die Britse lugmag gekoop en aan Finland geskenk Slegs 25 is van Engeland gestuur en slegs 24 is lugvaardig gemaak Die vliegtuie is na Goteborg in Swede verskeep en by Centrala Flygverkstaden in Malmslatt aanmekaargesit Die eerste twee het op 10 Maart 1940 in Finland aangekom nog drie op 3 April en vier op 12 April Die res is na Finland verskeep en 15 het tussen 16 en 17 Mei by LeV aangekom 24 Frans Britse planne vir n Skandinawiese verhoog WysigBinne n maand het die Sowjetleierskap dit begin oorweeg om die operasie te laat vaar en is Finland se regering genader met voorlopige vredesvoelers via Swede se regering die eerste keer op 29 Januarie Tot op daardie tydstip het Finland in der waarheid vir die voortbestaan van die land geveg Toe geloofwaardige gerugte die regerings in Parys en Londen begin bereik het die dryfveer vir militere steun dramaties verander Nou het Finland slegs geveg om so veel as moontlik van die land se grondgebied naby Leningrad te behou Om die openbare mening aan Finland se kant te hou is die inligting egter nie gepublisseer nie nie in Finland of die buiteland nie Finland se geveg is steeds beskou as n stryd om lewe en dood nbsp Frans Britse steun is aangebied op voorwaarde dat die lande vrye deurgang deur die neutrale Noorwee en Swede verskaf sou word in plaas daarvan om die pad van Petsamo te neem Die rede was n wens om die Sweedse ysterertsdistrikte in Kiruna en Malmberget te beset Grens soos in 1920 1940 In Februarie 1940 het die Geallieerdes aangebied om te help die Geallieerde plan goedgekeur op 5 Februarie deur die Geallieerde Opperbevel het uit 100 000 Britse en 35 000 Franse troepe bestaan wat by die Noorweegse hawe Narvik aan wal sou stap en Finland via Swede sou ondersteun terwyl aanvoerroetes op pad verkry sou word Die plan sou op 20 Maart van stapel gestuur Op 2 Maart is oorgangregte amptelik van die regerings van Noorwee en Swede versoek Daar is gehoop dat dit die twee steeds neutrale Nordiese lande na die Geallieerde kant sou oorbring en dat dit so hulle posisie teen Duitsland sou versterk Hitler het reeds teen Desember aan die Sweedse regering verklaar dat Westerse troepe op Sweedse grond onmiddellik n Duitse inval sou ontketen wat in praktyk beteken het dat Nazi Duitsland die bevolkte suidelike deel van Skandinawie sou oorneem terwyl Frankryk en Brittanje in die verre noorde sou veg Slegs n klein breukdeel van die Westerse troepe was egter vir Finland bestem Voorstelle om Finland direk binne te gaan deur die ysvrye hawe Petsamo is verwerp Daar was agterdog dat die oogmerke van die operasie was om die Noorweegse skeepshawe Narvik en die uitgestrekte bergagtige dele van die Noord Sweedse ysterertsvelde te buit en beset van waar Duitsland n groot deel van sy ystererts kritiek in oorlogvoering bekom het As Frans Britse troepe sou poog om ysteruitvoer na Duitsland te verhoed sou die gebied n slagveld vir die Geallieerdes en Duitsland word As gevolg hiervan het Noorwee en Swede onder eerste minister Per Albin Hansson oorgangsregte geweier Eers na die oorlog het dit bekend geword dat die aanvoerder van die Geallieerde ekspedisiemag in werklikheid aangese is om gevegte met die Sowjettroepe te vermy Die Frans Britse plan was aanvanklik daarop gemik om die hele Skandinawie noord van n lyn Stockholm Goteborg of Stockholm Oslo in te neem dus die Britse konsep van die Mere lyn langs die mere Malaren Hjalmaren en Vanern wat sou bydra tot n goeie natuurlike vesting sowat 1 700 1 900 kilometer suid van Narvik Die Mere lyn het nie net Swede se twee grootste stede betrek nie die gevolg sou wees dat die tuistes van die oorgrote meerderheid Swede of in Nazi besette gebied of in die oorlogsgebied sou wees Later is die plan afgeskaal om slegs die noordelike helfte van Swede en die redelik nou naasliggende Noorweegse grens in te sluit Alhoewel Swede nie neutraliteit ten opsigte van die Winteroorlog verklaar het nie was hy neutraal in die oorlog wat Frankryk Brittanje en Duitsland betrek het Die verskaffing van oorgangsregte aan n Frans Britse korps is in die stadium as n te groot breuk met internasionale reg oor neutraliteit beskou Die Sweedse kabinet het ook herhaalde versoeke van die Finne vir die ontplooiing van permanente Sweedse troepe in Finland verwerp en uiteindelik het die Swede dit ook duidelik gemaak dat hulle steun in terme van wapens en ammunisie nie vir baie langer gehandhaaf sou kon word nie Op diplomatieke vlak is Finland vasgevang tussen Geallieerde hoop op n uitgerekte oorlog en Skandinawiese vrese vir n volgehoue oorlog wat na naburige lande sou versprei of stygings in die aantal vlugtelinge wat veroorsaak kon word deur n Finse nederlaag Wilhelmstrasse het ook duidelike advies vir vrede en toegewings verskaf die Duitsers het die indruk geskep dat toegewings altyd later herstel kon word Terwyl Berlyn en Stockholm Helsinki onder druk geplaas het om vrede teen nadelige voorwaardes te aanvaar het Parys en Londen die teenoorgestelde oogmerk gehad Van tyd tot tyd is verskillende planne en syfers aan die Finne voorgele Om mee te begin het Frankryk en Brittanje belowe om 20 000 soldate te stuur wat teen die einde van Februarie sou aankom maar onder die uitdruklike voorwaarde dat hulle op pad na Finland die geleentheid gegee sou word om Noord Skandinawie te beset Teen die einde van Februarie was Finland se opperbevelvoerder veldmaarskalk Mannerheim pessimisties oor die militere situasie Daarom het die regering op 29 Februarie besluit om vredesamesprekings te begin Op dieselfde dag het die Sowjetunie met n aanval op Viipuri voortgegaan Toe Frankryk en Brittanje besef dat Finland n vredesooreenkoms ernstig oorweeg het hulle nuwe hulp aangebied 50 000 soldate sou gestuur word as Finland voor 12 Maart om hulp vra Slegs 6000 hiervan was in werklikheid vir Finland bestem Die res was bedoel om hawens paaie en ysterertsvelde langs die pad te beveilig Ondanks die geringe magte wat Finland sou bereik het het intelligensie oor die planne die Sowjetunie bereik wat in n groot mate bygedra het tot hulle besluit ten gunste van die wapenstilstand om die oorlog te beeindig Daar word beweer dat sonder die bedreiging van n Geallieerde ingryping niks die Sowjetmagte op die ou einde sou stop om die hele Finland deur louter oormag en oenskynlik eindelose reserwes troepe te verower nie Wapenstilstand WysigTeen die einde van die winter het dit duidelik geword dat die Russiese magte uitgeput was en Duitse verteenwoordigers het voorgestel dat Finland met die Sowjetunie begin onderhandel Russiese ongevalle was hoog en die situasie was n bron van politieke verleentheid vir die Sowjetregime Met die naderende lente en gepaardgaande smelting van die sneeu het die Russiese magte die risiko geloop om in die woude vas te val en is voorlopige vredesvoorwaardes op 12 Februarie aan Finland aangebied Nie alleen die Duitsers nie maar ook die Swede was gretig dat die Winteroorlog eindig en laasgenoemde het n ineenstorting van hulle buurland gevrees Toe Finland se kabinet voor die streng Sowjet voorwaardes huiwer het Swede se koning Gustaf V in die openbaar aangekondig dat die Finne se versoek vir ondersteuning vir gereelde troepe van die hand gewys is Teen die einde van Februarie was die Finne se ammunisievoorrade uitgeput Die Sowjetunie het ook uiteindelik daarin geslaag om deur die voorheen ondeurdringbare Mannerheimlyn te breek Uiteindelik het die Finse regering op 29 Februarie ingestem om onderhandelinge te begin Teen 5 Maart het die Sowjetleer 10 15 kilometer verby die Mannerheimlyn gevorder en die voorstede van Viipuri binnegeval Die Finse regering het op dieselfde dag n wapenstilstand voorgestel maar die Sowjetkant wou die druk handhaaf en het die aanbod die volgende dag van die hand gewys Die gevegte het inderdaad aangehou tot die dag waarop die vredesverdrag onderteken is Sowjet intelligensiebronne het hulle leierskap ingelig oor Geallieerde planne om tussenbeide te tree in die oorlog maar nie oor besonderhede oor hoe ongereed die Geallieerdes was nie Daarom het die Sowjetunie gedwonge gevoel om n voortydige einde aan die oorlog te bring voor die Geallieerdes kon inmeng en oorlog teen die Sowjetunie verklaar Tydens die vier maande se gevegte het die Sowjetunie swaar verliese gely Een Sowjetgeneraal het die beroemde stelling gemaak dat die Rooi Leer net genoeg grondgebied gewen het om ons dooies te begrawe Ongevalleskattings wissel aansienlik van 48 000 sterfgevalle beswykings aan wonde en vermis soos aangehaal deur Sowjetamptenare onmiddellik na die oorlog tot 270 000 volgens Nikita Chroesjtsjof Finse oorlogsveterane het gereeld gespog dat vir elke Finse soldaat wat in die Winteroorlog gesterf het tien Sowjetsoldate gesterf het Verder het die Sowjetunie baie toerusting verloor insluitend meer as 2 000 tenks Finland het net 22 830 soldate verloor Moskouse vrede Wysig nbsp Winteroorlog Finland se ToegewingsIn die Vredesverdrag van Moskou van 12 Maart is Finland gedwing om die Finse deel van Karelie af te staan Die gebied het die stad Viipuri die tweede grootste in die land baie van Finland se nywerheidsgebiede en beduidende dele wat steeds onder Finland se leer se beheer was ingesluit byna 10 van vooroorlogse Finland Sowat 422 000 Kareliers 12 van Finland se bevolking het hulle huise verloor Militere troepe en oorblywende burgerlikes is haastig ontruim in ooreenstemming met die bepalings van die verdrag aangesien slegs n klein aantal burgerlikes verkies het om onder Sowjetbewind te bly Finland het ook n deel van die Salla gebied afgestaan die Kalastajansaarento skiereiland in die Barentssee en vier eilande in die Finse Golf Die Hanko skiereiland is ook vir dertig jaar aan die Sowjetunie as n militere basis verhuur Slegs n jaar later is vyandighede voortgesit in die Voortsettingsoorlog Finse eise vir terugbesorging van na Sowjetse grondgebied Wysig Na die oorlog het Kareliese plaaslike regerings en provinsiale organisasies soos Karjalan Liitto gevestig om die regte en belange van Kareliese ontruimelinge te verdedig en om n oplossing te vind vir hul terugkeer na Karelie Tydens die Koue Oorlog het die Finse president Urho Kekkonen verskeie kere sonder sukses probeer om die gebiede terug te kry deur met die Sowjetleierskap te onderhandel Na die verbrokkeling van die Sowjetunie het die twispunt weer opgevlam Sommige klein groepies in Finland eis die vreedsame terugbesorging van die afgestane gebiede Die aktiefste groep in die verband is ProKarelia In onlangse meningspeilings was daar 26 38 ondersteuning vir die gedagte in Finland Alhoewel die vreedsame terugbesorging van Karelie altyd op sy agenda was het Karjalan Liitto meestal weggeskram van die eise Belangrike veldslae WysigSlag van Suomussalmi 8 Desember 1939 7 Januarie 1940 Slag van Tolvajarvi 2 Desember 1939 Slag van Honkaniemi 26 Februarie 1940 Slag van Kollaa 7 Desember 13 Maart 1940 Die Winteroorlog in kultuur WysigIn 1989 is n Finse rolprent genaamd Talvisota uitgereik Dit vertel die verhaal van n Finse peloton reserviste van die munisipaliteit van Kauhava in die provinsie Pohjanmaa Osttrobottnia wat hulle huise verlaat en aan die oorlog gaan deelneem het In 2006 het die liedjie Aliy Sneg Bloedrooi Sneeu deur die Argentynse melodic death metal groep Warbreed op hulle eerste CD So Cry Havoc verskyn Die liedjie beskryf die treurige landskap van die Winteroorlog n konflik waarin niemand regtig iets gewen het behalwe bloedrooi sneeu nie Bronne WysigEngle Eloise Paananen Lauri 1992 The Winter War The Soviet Attack on Finland 1939 1940 Stackpole Books ISBN 0 8117 2433 6 Ries Tomas 1988 Cold Will Defence of Finland Brassey s ISBN 0 08 033592 6 Trotter William R 1991 A Frozen Hell The Russo Finnish Winter War of 1939 1940 also published as The Winter War Aurum ISBN 1 85410 881 6 Van Dyke Carl 1997 The Soviet Invasion of Finland 1939 1940 Frank Cass Publishers ISBN 0 7146 4314 9 Verwysings Wysig Palokangas 1999 bl 299 300 Juutilainen amp Koskimaa 2005 bl 83 Palokangas 1999 bl 318 Peltonen 1999 Meltiukhov 2000 ch 4 Table 10 Kantakoski 1998 bl 260 7 0 7 1 Kurenmaa en Lentila 2005 Lentila en Juutilainen 1999 bl 821 Malmi 1999 bl 792 Tillotson 1993 bl 160 11 0 11 1 Krivosheyev 1997 bl 77 78 Manninen 1999b bl 815 Kilin 1999 Kantakoski 1998 bl 286 15 0 15 1 Manninen 1999b bl 810 811 Kilin 1999 bl 381 V N Baryshnikov E Salomaa 2005 Vovlechenie Finlyandii vo Vtoruyu Mirovuyu vojnu Voennaya Literatura Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2008 Besoek op 3 November 2009 ru Erik Kovalev 2006 Zimnyaya vojna baltijskih podvodnyh lodok 1939 1940 gg Voennaya Literatura Besoek op 3 November 2009 ru M Kolomiec 2001 Tanki v Zimnej vojne 1939 1940 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2012 Besoek op 3 November 2009 ru Aleksandr Shirokorad 2001 Zimnyaya vojna 1939 1940 gg in Russies Voennaya Literatura Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019 Besoek op 3 November 2009 Kilin and Raunio 2007 bl 10 Finnish Air Force argiefkopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2006 Besoek op 26 Maart 2006 http www saunalahti fi ambush faf adtrainer html dooie skakel Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Winteroorlog Furious Front Across Finland USSR skorsing uit die Volkebond uit die Volkebond se amptelike Joernaal Finse Radio Intelligensie tydens die Tweede Wereldoorlog deur Matti Yrjola Die Veldslae van die Winteroorlog breedvoerig deur Sami H E Korhonen gedek Die Front Museum op die Hankoskiereiland wat die huur van Hanko aan die USSR dokumenteer Finse oorlogfoto s en geskiedkundige webwerf Stories deur veterane historici en oorlogfoto s Halford Mackinder se Necessary War n Essay wat die Winteroorlog in die groter strategiese konteks van die Tweede Wereldoorlog skets Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Winteroorlog amp oldid 2464285