www.wikidata.af-za.nina.az
Tielman Johannes de Villiers Roos 8 Mei 1879 28 Maart 1935 was n advokaat regter politikus en Suid Afrikaanse minister van justisie vanaf 1924 tot 1929 Tielman Johannes de Villiers RoosAdv Tielman Roos en n karikatuur van hom deur D C BoonzaierSuid Afrikaanse Minister van JustisieAmpstermyn1924 1929Eerste minister Barry HertzogVoorafgegaan deur Nicolaas de WetOpgevolg deur Oswald PirowPersoonlike besonderhedeGebore 8 Mei 1879Sterf 28 Maart 1935Politieke party Suid Afrikaanse PartyNasionale PartyHy is in 1879 in Kaapstad gebore en as regsgeleerde opgelei In 1902 verhuis hy na die destydse Transvaal waar hy leier van die Nasionale Party word vandaf die stigting van die party van 7 tot 9 Januarie 1914 Hy was altyd sterk republikeins in sy politieke beskouing Danksy sy bemiddeling het kol Frederic Creswell en genl Barry Hertzog in 1922 onderhandelings begin wat uiteindelik gelei het tot n koalisie tussen die Arbeidersparty en die Nasionale Party die sogenaamde Pakt regering wat aan bewind was van 17 Junie 1924 tot die samewerking van die Suid Afrikaanse Party en die Nasionale Party vanaf 1933 wat op 5 Desember 1934 uitgeloop het op die stigting van die Verenigde Suid Afrikaanse Nasionale Party Roos was Volksraadslid vir Lichtenburg van 1915 tot 1929 en minister van justisie in die eerste Pakt regering Hy was in 1929 verantwoordelik vir die Swart Manifes wat die verkiesing op 18 Junie 1929 as die sogenaamde Swartgevaar verkiesing gekenmerk het Hy het kort daarna uit die politiek getree weens swak gesondheid en is in die verkiesingsjaar benoem tot appelregter Roos het in 1932 tot die politiek teruggekeer met n opsienbare toespraak oor die noodsaaklikheid om af te stap van die goudstandaard Dit het die Pakt regering laat wankel en uiteindelik tot samesmelting tussen die N P en die S A P gelei Roos het sy hand egter ietwat oorspeel met die stigting van die Sentrale Party op 12 Mei 1934 n politieke party wat sy steun moes konsolideer Die party het voor sy stigting aan die verkiesing van 17 Mei 1933 deelgeneem die 20 kandidate kon net 23 723 stemme kry om slegs twee kandidate verkies te kry waarvan die een die oudste seun van pres F W Reitz Hjalmar Reitz was Die party ontbind egter op 9 Maart 1935 weens n gebrek aan steun en omdat hy uit die koalisieregering gelaat is Bronne WysigBrits J P Tielman Roos Vergete Leeu van die Noode In Lantern Tydskrif vir Kuns Kennis en Kultuur Jaargang XXX nr 1 Desember 1980 Saunders Christopher C raadgewende red An Illustrated Dictionary of South African History Ibis Books and Editorial Services BK Sandton 1994 Scannell J P Die Afrikaanse Kernensiklopedie Nasionale Boekhandel Beperk Kaapstad et al 1965 Cameron Trewhella hoofred Nuwe Geskiedenis van Suid Afrika Human amp Rousseau Kaapstad en Pretoria 1986 Rosenthal Eric Encyclopaedia of Southern Africa Juta and Company Limited Kaapstad en Johannesburg 1978 Mostert J P C Politieke Partye in Suid Afrika Instituut vir Eietydse Geskiedenis U O V S Bloemfontein 1986 nbsp Hierdie artikel omtrent n Suid Afrikaanse politikus is n saadjie Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Tielman Roos amp oldid 2564215