www.wikidata.af-za.nina.az
Die Nasionale Party was n dominante politieke party in Suid Afrika en was aanvanklik opgerig onder die naam Nationale Partij en in die volksmond Natte genoem Nasionale Party van Suid AfrikaNPLeier Barry Hertzog 1914 1934 Daniel Francois Malan 1934 1954 Johannes Gerhardus Strijdom 1954 1958 Hendrik Verwoerd 1958 1966 John Vorster 1966 1978 Pieter Willem Botha 1978 1989 Frederik Willem de Klerk 1989 1997 Marthinus van Schalkwyk 1997 2005 NNP Gestig 2 Julie 1915Ontbind 1997Saamgesmelt met Verenigde Party tussen 1934 en 1939 Opgevolg deur Nuwe Nasionale Party 1997 2005 Hoofkwartier Kaapstad Kaapprovinsie Suid AfrikaIdeologie Afrikaner nasionalisme Apartheid tot 1989 Konserwatisme Wit minderheidsregering RepublikanismeAmptelike kleure oranje wit blou 1935 1993 blou wit geel groen 1994 1998 Genl J B M Hertzog eerste minister en eerste leier van die N P Dr D F Malan eerste minister en tweede leier van die N P Adv J G Strijdom eerste minister en derde leier van die N P Dr H F Verwoerd eerste minister en vierde leier van die N P Inhoud 1 Ontstaan 2 Hereniging 3 Die Verenigde Party verloor 4 Kleurlingstemreg 5 Van Republiek tot Demokrasie 6 Leiers 7 Eksterne skakelsOntstaan WysigDie party is van 7 tot 9 Januarie 1914 onder leiding van genl J B M Hertzog gestig nadat hy die Suid Afrikaanse Party verlaat het Die party het aanvanklik net ses Parlementslede gehad maar in die algemene verkiesing van 20 Oktober 1915 word 27 van die party se 92 kandidate verkies en verower die party 29 9 van die stemme Die party het in opposisie gebly tot en met die verkiesing van 17 Junie 1924 toe hy die bewind oorneem in samewerking met die Arbeidersparty die sogenaamde Pakt regering Die party verower n meerderheid van setels in die algemene verkiesing op 18 Junie 1929 maar in Oktober daardie jaar stort die New Yorkse aandelebeurs in duie Die Nasionale Party weier hardkoppig om van die goudstandaard afstand te doen en in die gevolglike ekonomiese krisis midde in die Groot Depressie smelt die Nasionale Party uiteindelik op 5 Desember 1934 met die Suid Afrikaanse Party saam om die Verenigde Party te vorm Dr D F Malan en volgelinge weier egter om by die V P aan te sluit en so word die Gesuiwerde Nasionale Party gebore Net 27 van die party se 102 kandidate slaag in die algemene verkiesing op 18 Mei 1938 hoewel die party se steun net daal van 31 3 tot 29 6 Hereniging WysigIn 1939 verlaat Hertzog en sy volgelinge die regering toe hulle weier om oorlog teen Duitsland te verklaar So word die party waarvan dr D F Malan leier was maar wat bedank sodat Hertzog leier kon word se naam verander in die Herenigde Nasionale Party In die algemene verkiesing op 7 Julie 1943 slaag 43 van die party se 102 kandidate en verkry die party 35 8 van die stemme In daardie verkiesing was die karakter van die party nog grotendeels landelik en Afrikaner georienteerd In setels wat later jare veilige N P vestings sou word gee die V P die N P n bloedneus onder meer Bethal Boksburg Brakpan Ermelo Germiston distrik Jeppes Lydenburg Middelburg Potchefstroom Roodepoort Vereeniging en Witbank in die Transvaal en Lydenburg se twee setels Malmesbury die Paarl Prieska Queenstown en Vryburg in die Kaapprovinsie Veral op die Transvaalse platteland was die setels wat die N P wel kon verower die waarin hy van 1982 tot 1989 die grootste bedreiging van regse partye soos die Konserwatiewe Party sou ervaar Die Verenigde Party verloor WysigOp 26 Mei 1948 gebeur die ondenkbare toe die N P die V P verslaan met net 37 2 van die stemme maar 70 setels In koalisie met die Afrikanerparty neem die party die bewind oor en breek n droewige hoofstuk in die land se geskiedenis met die deurvoer van tallose apartheidswette aan Albert Luthuli wat later president van die African National Congress sou word het die meerderheid van die bevolking se reaksie op die uitslag as volg in sy outobiografie opgesom Die Nasionaliste se oorwinning het ons nog verras nog besonder geinteresseer hoewel ons besef het daar sou waarskynlik n intensivisering van die swaarkry en onwaardighede wees wat nog altyd ons te beurt geval het Nietemin ek dink dit is waar dat baie min indien enige van ons begryp het hoe gou die agteruitgang sou gebeur Kleurlingstemreg WysigDie Nasionale Party kon in die 1953 verkiesing op 14 April weer nie daarin slaag om n meerderheid stemme te kry nie 49 maar sy 89 setels het wel aan hom n volstrekte meerderheid in die Parlement gegee Selfs voor die mandaat in Oktober 1950 het Malan sekuur genoeg gevoel om n aanslag op die reg van sekere kwalifiserende bruin mense om te stem van stapel te stuur en so aanleiding te gee tot die uitgerekte stryd oor die Kleurlingstemregvraagstuk wat tot Februarie 1956 sou duur Minister Ben Schoeman het reeds in Junie die vorige jaar die regering se beleid saamgevat deur te se Ons sal die Hottentotte van die wit man se kieserslys verwyder Malan kon egter nie voor 1953 se verkiesing optree nie omdat Klasie Havenga leier van die Afrikanerparty sonder wie se steun die N P nie kon regeer nie van hom verskil het Omdat die klousule in die Grondwet verskans is moes twee derdes van albei huise van die Parlement in n gesamentlike sitting ten gunste van enige verandering stem Jare lank het die stryd in die Parlement en in die howe voortgeduur totdat Malan die senatore van sy party van 29 tot 77 en die regsbank van die Appelhof van vyf tot 11 vermeerder het met die nuwe ses wat almal die N P ondersteun het Uiteindelik was die stemming van albei huise net n formaliteit en so is die bruin kiesers wat van 1853 in die Kaap kon stem van die kieserslys verwyder Net sowat 48 000 stemgeregtigdes was bruin en hulle het net in nege kiesafdelings in die Wes Kaap Kaapstad Kasteel Kaapse Vlakte Paarl Wynberg Stellenbosch Soutrivier Vasco Hottentots Holland en Malmesbury enigsins n beduidende rol gespeel hoewel hulle nerens die meeste kiesers in n kiesafdeling was nie Hulle was egter byna deur die bank V P ondersteuners en hulle aanwesigheid op die algemene kieserslys het nie by die N P se apartheidsdroom ingepas nie Van Republiek tot Demokrasie Wysig n Groot ideaal van die N P is verwesenlik met die ontstaan van die Republiek op 31 Mei 1961 nadat sowat 830 000 kiesers in n referendum daarvoor en sowat 760 000 daarteen gestem het Die meerderheid ten gunste was net 74 580 Met die agteruitgang en versplintering van die Verenigde Party het die N P se steun in die verkiesings van 1958 1961 en 1966 telkens toegeneem Daar was n geringe insinking in 1970 toe die getal setels van 120 na 111 afgeneem het maar in 1974 wen die party 117 setels en in 1977 na die ontbinding van die V P n volle 134 en 64 8 van die stemme In die laaste wit verkiesing waaraan die N P deelneem op 6 September 1989 wen die N P sy laagste getal setels sedert 1953 net 103 In die eerste volle demokratiese verkiesing op 27 April 1994 kry die N P net meer as 20 van die stemme en word saam met ander partye lid van die Regering van Nasionale Eenheid Leiers WysigGenl J B M Hertzog 1914 1934 Dr D F Malan 1934 1953 Adv J G Strijdom 1953 1958 Dr H F Verwoerd 1958 1966 B J Vorster 1966 1978 P W Botha 1978 1989 F W de Klerk 1989 1997 Marthinus van Schalkwyk 1997 2005 in die Nuwe Nasionale Party Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nasionale Party Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Nasionale Party amp oldid 2194064