www.wikidata.af-za.nina.az
Die Silwermyn natuurreservaat vorm deel van die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad Suid Afrika Dit beslaan dele van die bergreeks van die Kaapse Skiereiland van Kalkbaaiberge tot by Constantiaberg Hierdie gebied is n belangrike bewaringsgebied vir die inheemse fynbos Ou Kaapse Weg loop deur die reservaat en verdeel dit in n noordelike en suidelike deel Die Silwermyn reservoir op die noordelike deel is gebou in 1898 om water te voorsien aan Kaapstad Die Suid Afrikaanse Vloot se hoofkwartiere is op die lae hange van Silwermynberg Die laaste van die dennebome wat vroeer hier voorgekom het is uitgehaal na n groot vuur in die gebied in 2000 Die Silwermynrivier wat begin in die reservaat en tot by Clovelly loop is die enigste rivier in die Kaapse Skiereiland waarvan die hele loop nerens deur n ontwikkelde gebied gaan nie Die gebied is gewild vir stap piekniek en bergfietsry Daar is sandsteengrotte in die reservaat en rotsklimroetes op Muizenberg ECHELON WysigSilwermyn is n voormalige stasie vir die versameling van inligting vir onder andere n projek genaamd ECHELON Echelon was n hoogs geheime wereldwye projek bedryf deur die Amerikaanse weermag Die stasie is in 1969 gebou toe daar steeds groot samewerking was tussen die voormalige Suid Afrikaanse regering en die VSA Silwermyn is strategies geplaas om n reuse deel van die Indiese en Atlantiese Oseaan te dek Dit was veral bemoeid met inligting oor Russiese skepe en duikbote Foto s Wysig Soos gebruiklik met die Nasionale Sekuriteitsagentskap NSA van die VSA is daar geen bordjies of enige tekens van identifikasie by die antennes nie nbsp Antenna 1 nbsp Antenne 1 wagtoring se fondasie nbsp Hek na die Antenne 1 kompleks nbsp Antenne 1 deur die draad nbsp Antenne 2 deur die draad nbsp Antenne 3 deur die draad nbsp Antenne 3 amp 4 beheerbunker nbsp Antenne 4 deur die draadBronne WysigSilvermine Nature Reserve by die Engelse Wikipedia National Security Agency The U S Intelligence Community Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine hoofstuk 12 Jeffrey T Richelson New York Ballinger 1989 nbsp Provinsie Wes KaapHoofstad KaapstadStreke Kaapse Skiereiland Kaapse Wynlande Sentraal Karoo Overberg Tuinroete WeskusGrootste stede en dorpe Kaapstad George Mosselbaai Knysna Oudtshoorn Paarl Robertson Stellenbosch Swellendam Vredenburg WorcesterMunisipaliteite Beaufort Wes Bergrivier Bitou Breedevallei Kaap Agulhas Cederberg Drakenstein George Hessequa Kaapstad Kannaland Knysna Laingsburg Langeberg Matzikama Mosselbaai Oudtshoorn Overberg Overstrand Prins Albert Saldanhabaai Sentraal Karoo Stellenbosch Swartland Swellendam Theewaterskloof Tuinroete Weskus Witzenberg Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Silwermyn natuurreservaat amp oldid 2429129