www.wikidata.af-za.nina.az
Rugby Afrika Engels Rugby Africa Frans Rugby Afrique afgekort RA is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Afrika Hulle is ook een van Wereldrugby se ses kontinentale konfederasies 1 Die konfederasie is in 1986 gestig en hulle hoofkantoor is in Kaapstad Suid Afrika gelee Die amptelike tale is Engels en Frans en Herbert Mensah dien as president van Rugby Afrika Rugby Afrika Kenteken van Rugby Afrika Engelse naam Rugby Africa Franse naam Rugby Afrique Afkorting RA Vasteland Afrika Lede 36 Sportsoorte Rugby Sewesrugby Stigting 1986 Gestig in Tunis Tunisie Sambreelorganisasie Wereldrugby Aangesluit in 1988 President Herbert Mensah Ghana Setel Kaapstad Suid Afrika Amptelike tale Engels en Frans Amptelike webwerf rugbyafrique com Rugby Afrika organiseer verskeie vastelandse toernooie insluitend die Afrikabeker vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans vroue en jeug Rugby Afrika hou ook toesig oor Sewesrugby in Afrika en aangesien dit n Olimpiese sportsoort is werk hulle met die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees van Afrika ANOCA saam In 1986 is Rugby Afrika onder die naam Konfederasie van Afrikarugby Engels Confederation of African Rugby Frans Confederation Africaine de Rugby in Tunis gestig deur Ivoorkus Kenia Madagaskar Marokko Senegal Seychelle Tanzanie en Tunisie 2 Na die einde van Apartheid kon in Julie 1992 die Suid Afrikaanse Rugbyunie SARU ook toetree by verre die vasteland se belangrikste beheerliggaam In 1998 het die vastelandse beheerliggaam die eerste eie toernooi aangebied die Rugbywereldbeker 1999 Afrikakwalifisering Twee jaar later het die eerste Afrikabeker gevolg 3 In Desember 2014 is die Konfederasie van Afrikarugby hernoem in Rugby Afrika 4 Inhoud 1 Lidlande 2 Sien ook 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsLidlande wysig nbsp Lidlande van Rugby Afrika volgens aantal geregistreerde rugbyspelers in 2018 5 gt 600 000 lisensies gt 200 000 lisensies gt 100 000 lisensies gt 40 000 lisensies gt 20 000 lisensies gt 10 000 lisensies gt 5 000 lisensies lt 5 000 lisensies Rugby Afrika het tans 36 lede 6 nbsp Algerie nbsp Benin nbsp Botswana nbsp Burkina Faso nbsp Burundi nbsp Demokratiese Republiek die Kongo nbsp Egipte nbsp Eswatini nbsp Gaboen nbsp Ghana nbsp Guinee nbsp Ivoorkus FIR nbsp Kameroen nbsp Kenia KRU nbsp Lesotho nbsp Madagaskar nbsp Malawi nbsp Mali nbsp Marokko nbsp Mauritius nbsp Namibie NRU nbsp Niger nbsp Nigerie nbsp Kongo nbsp Rwanda nbsp Senegal nbsp Sentraal Afrikaanse Republiek nbsp Seychelle nbsp Suid Afrika SARU nbsp Tanzanie nbsp Togo nbsp Tsjad nbsp Tunisie nbsp Uganda nbsp Zambie nbsp Zimbabwe ZRU Sien ook wysigAfrikakrieketvereniging Konfederasie van AfrikasokkerVerwysings wysig en Africa Wereldrugby Besoek op 17 Desember 2023 en About us Rugby Afrika Besoek op 17 Desember 2023 en Thirty years of rugby in Africa The early days Wereldrugby 4 April 2016 Besoek op 17 Desember 2023 fr La Confederation africaine de rugby devient Rugby Afrique Africa Top Sports 14 Desember 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018 Besoek op 3 November 2018 en Global Participation in Rugby PDF Wereldrugby 2018 Besoek op 17 Desember 2023 en Rugby Africa Unions Rugby Afrika Besoek op 17 Desember 2023 Eksterne skakels wysig en fr Amptelike webwerf Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rugby Afrika amp oldid 2660669