www.wikidata.af-za.nina.az
Die Zimbabwiese Rugbyunie Engels Zimbabwe Rugby Union afgekort ZRU is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Zimbabwe beheer Die beheerliggaam is in 1895 gestig en in Harare gesetel Sedert 1987 verteenwoordig dit Zimbabwe by Wereldrugby en ook by Rugby Afrika RA Zimbabwiese Rugbyunie Kenteken van die Zimbabwiese Rugbyunie Engelse naam Zimbabwe Rugby Union Afkorting ZRU Land Zimbabwe Sportsoorte Rugby Sewesrugby Stigting 1895 Lid van Wereldrugby Aangesluit in 1987 Vastelandse beheerliggaam Rugby Afrika President Aaron Jani Setel Harare Namibie Amptelike taal Engels Inhoud 1 Geskiedenis 2 Taak 3 Kenteken 4 Sien ook 5 VerwysingsGeskiedenis wysigIn 1895 is die beheerliggaam Rhodesiese Rugbyvoetbalunie Rhodesia Rugby Football Union RRFU gestig 1 In 1980 is dit in Zimbabwiese Rugbyunie Zimbabwe Rugby Union ZRU hernoem Sewe jaar later het die Zimbabwiese Rugbyunie n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad IRVR nou Wereldrugby geword 2 Ook in 1987 het die Zimbabwiese Rugbyunie n lid geword van die kontinentale beheerliggaam Rugby Afrika 3 Taak wysigDie Zimbabwiese Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne insluitend Zimbabwe se nasionale seniorrugbyspan vir mans die Sables vroue en jeug Die ZRU hou ook toesig oor sewesrugby in Zimbabwe en aangesien dit n Olimpiese sportsoort is werk hulle met die Zimbabwiese Nasionale Olimpiese Komitee saam Naas die amptelike nasionale span roep die Zimbabwiese Rugbyunie ook ander keurspanne byeen Die Zimbabwe Sevens is die Zimbabwiese sewesrugbyspan Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting Die aantal skole wat rugby aanbied is om historiese redes egter klein Dit is veral privaat skole wat op die behoeftes van n klein hoer en middelklas gemik is en deur die bevolkingsmeerderheid nie bekostig kan word nie 4 Net soos ander rugbylande beskik Zimbabwe oor n o 20 nasionale span wat aan die Wereldrugby o 20 kampioenskap deelneem 5 Die beheerliggaam reel ook die plaaslike kompetisies Vanwee die swak strukture beskik Zimbabwe slegs oor n klein rugbyliga die Super Six Rugby League met ses spanne 6 Spelers met groter ambisies draf uit vir die keurspan Zimbabwe Goshawks wat aan die Suid Afrikaanse Curriebeker deelneem en sy tuiswedstryde tydens die toernooi in Kaapstad beslis Sedertdien is die meeste spelers van die Zimbabwiese nasionale span uit die keurspan afkomstig of speel vir ander Suid Afrikaanse spanne 7 Van die ander spelers is veral in Europa aktief Kenteken wysigDie beheerliggaam Zimbabwiese Rugbyunie se kenteken toon n goue Zimbabwiese voel die wapendier van die land op n rooi ster soos dit op die vlag van Zimbabwe verskyn Die nasionale span se bynaam is Sables ontleen aan die swartwitpens wat in Engels sable antelope genoem word Sien ook wysigZimbabwe KrieketVerwysings wysig en The History of Zimbabwe Rugby Zimbabwiese Rugbyunie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2009 Besoek op 4 Oktober 2009 en Zimbabwe Wereldrugby Besoek op 20 Maart 2024 en Rugby Africa Unions Rugby Afrika 2020 Besoek op 20 Maart 2024 en Rugby needs big changes The Herald 10 Junie 2011 Besoek op 20 Maart 2024 en World Rugby U20 Championship Wereldrugby Besoek op 20 Maart 2024 en Ray Bande 7 Mei 2021 Super Six rugby is back pressreader com Besoek op 20 Maart 2024 en Daniel Nhakaniso 13 Februarie 2022 Jam packed Currie Cup schedule for Zimbabwe The Standard Besoek op 20 Maart 2024 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Zimbabwiese Rugbyunie amp oldid 2667107