www.wikidata.af-za.nina.az
Die Keniaanse Rugbyunie Engels Kenya Rugby Union afgekort KRU Swahili Shirikisho la Raga Kenya is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Kenia beheer Die beheerliggaam is in 1970 gestig en in Nairobi gesetel Sedert 1990 verteenwoordig dit Kenia by Wereldrugby en sedert 1986 ook by Rugby Afrika RA Keniaanse Rugbyunie Kenteken van die Keniaanse Rugbyunie Engelse naam Kenya Rugby Union Afkorting KRU Swahili naam Shirikisho la Raga Kenya Land Kenia Sportsoorte Rugby Sewesrugby Stigting 1970 Gestig in Nairobi Kenia Lid van Wereldrugby Aangesluit in 1990 Vastelandse beheerliggaam Rugby Afrika Setel Nairobi Kenia President Alexander Mutai Hoof uitvoerende beampte Thomas Odundo Amptelike tale Engels en Swahili Amptelike webwerf kru co ke Inhoud 1 Geskiedenis 2 Taak 3 Kenteken 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsGeskiedenis wysigDie Rugbyvoetbalunie van Kenia Engels Rugby Football Union of Kenia RFUK is oorspronklik in Augustus 1921 gestig en het teen 1923 operasioneel geword met die vorming van die eerste Nairobi klubs Nondescripts RFC en Harlequin RFC In 1953 het die rugbyunies van Tanganjika en Uganda by die RFUK aangesluit om die Rugbyvoetbalunie van Oos Afrika Engels Rugby Football Union of East Africa RFUEA te word ter verteenwoordiging van die kolonies van Brits Oos Afrika 1 In 1956 is die RFUK ontbind omdat die meeste distriksunies reeds direk aan RFUEA verbind was In 1970 is die huidige Keniaanse Rugbyunie in Nairobi gestig en het in 1990 n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad IRVR nou Wereldrugby geword 2 Daarbenewens was die Keniaanse Rugbyunie n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Konfederasie van Afrikarugby Engels Confederation of African Rugby Frans Confederation Africaine de Rugby nou Rugby Afrika wat in 1986 in Tunis deur agt beheerliggame gestig is 3 In 2016 het die Keniaanse Rugbyunie n borgskapstransaksie met Sportpesa ter waarde van KES 607 miljoen aangekondig dit is die winsgewendste borgskapstransaksie in die Keniaanse rugbygeskiedenis en sal nie net die sewes en mansspanne borg nie maar ook die vroue en jeugspanne 4 In September dieselfde jaar het Keniaanse Rugbyunie formeel aansoek gedoen om aan die Suid Afrikaanse Curriebeker deel te neem 5 Taak wysigDie Keniaanse Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne insluitend Kenia se nasionale seniorrugbyspan vir mans die Simbas vroue en jeug Die KRU hou ook toesig oor sewesrugby in Kenia en aangesien dit n Olimpiese sportsoort is werk hulle met die Keniaanse Nasionale Olimpiese Komitee saam Naas die amptelike nasionale span roep die Keniaanse Rugbyunie ook ander keurspanne byeen Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder en jeugrugby in Kenia Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting Net soos ander rugbylande beskik Kenia oor n o 20 nasionale span wat aan die Wereldrugby o 20 kampioenskap deelneem 6 Die Kenia Sevens is die Keniaanse sewesrugbyspan Die beheerliggaam reel ook die plaaslike kompetisies Die hoogste rugbyliga in Kenia is die Keniaanse Beker met elf klubspanne Spelers met groter ambisies draf uit vir die keurspan Simbas wat aan die Suid Afrikaanse Curriebeker deelneem Sedertdien is die meeste spelers van die Keniaanse nasionale span uit die keurspan afkomstig of speel vir ander Suid Afrikaanse spanne 7 Van die ander spelers is veral in Europa aktief Die unie deel n tuisveld die RFUEA veld in Nairobi met Kenia Harlequins Kenteken wysigDie Keniaanse Rugbyunie se kenteken toon n Leeu Kenia se wapendier en die belettering KENYA RUGBY Die nasionale span se bynaam is Simbas die leeus Sien ook wysigKrieket KeniaVerwysings wysig en John Nauright 6 April 2012 Sports around the World History Culture and Practice 4 volumes History Culture and Practice ABC CLIO pp 146 ISBN 978 1 59884 301 9 en Kenya Wereldrugby Besoek op 20 Maart 2024 en Rugby Africa Unions Rugby Afrika 2020 Besoek op 20 Maart 2024 en Isaac Swila 20 Julie 2016 Betting firm SportPesa KRU sign Sh600m deal Daily Nation Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2019 Besoek op 29 Desember 2019 en William Nuguna 6 September 2016 Kenya eye Currie Cup The Star Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2019 Besoek op 29 Desember 2019 en World Rugby U20 Championship Wereldrugby Besoek op 20 Maart 2024 en Kenya s rugby 15s squad unveiled ahead of Currie Cup Pulselive Kenya 6 April 2022 Besoek op 20 Maart 2024 Eksterne skakels wysig en Amptelike webwerf Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Keniaanse Rugbyunie amp oldid 2665389