www.wikidata.af-za.nina.az
Sint Petersburg Russies Sankt Peterburg transkripsie Sankt Peterburg ˈsankt pʲɪtʲɪrˈburk luister hulp inligting is n federale stad van Rusland gelee in die Noordwestelike Federale Distrik aan die Newarivier oos van die Golf van Finland Die stad wat na tsaar Pieter die Grote se beskermheilige die apostel Simon Petrus genoem is en die Duitse naam Sankt Petersburg dra het met die begin van die Eerste Wereldoorlog toe anti Duitse gevoelens opgewek is die Russiese naam Petrograd Russies Petrograd gekry en is later tot ere van Wladimir Lenin Leningrad Russies Leningrad genoem Na die verbrokkeling van die Sowjetunie is in 1991 n referendum gehou oor die stadsnaam Sint Petersburg wat deur sy bewoners dikwels kortweg Pitjer genoem word het sy oorspronklike naam terug ontvang Sint PetersburgSankt Peterburg Federale stad Kloksgewys van links bo Sint Isak katedraal troon bo die stad uit die Fort van Petrus en Paulus Paleisplein Peterhof Nefski prospekt die Winterpaleis Politieke statusLand Russiese FederasieFederale distrik NoordwestelikeEkonomiese streek NoordwestelikeStigting 27 Mei 1703RegeringLeier Georgi PoltawtsjenkoAmp GoewerneurWetgewer Wetgewende RaadBevolkingSensus 2020Totaal 5 392 992 1 Volgorde 4deDigtheid 3 843 9 km StatistiekOppervlakte 1 439 km Volgorde 82steTydsone UTC 04 00Registrasienommer 78 98 178Amptelike tale RussiesWebtuiste gov wbr spb wbr ruWapen en vlagPortaal Rusland Lugaansig van die Peterhof paleis die gunstelingpaleis en somerresidensie van tsaar Pieter die Grote waarna dikwels as die Russiese Versailles verwys wordWit Nagte gedurende midsomer in Junie en JulieSint Petersburgse hoerskoolleerders vier hul matriekeksamen sedert die 1950 s met n vrolike en kleurryke fees in Junie waarin die hele stad deel Alje Paroesa of die Fees van skarlaken seile Bolsjeochtinski brug met Smolni katedraal teen die agtergrondSint Petersburg is op 27 Mei 1703 gestig deur Pieter die Grote van die Russiese Ryk en was langer as tweehonderd jaar 1712 1728 1732 1918 die land se hoofstad Met n bevolking van 5 39 miljoen soos op 1 Januarie 2020 is dit die tweede grootste stad in Rusland na Moskou asook die vierde grootste in Europa na Londen en Parys Sint Petersburg is een van Europa se vernaamste wetenskap kultuur en nywerheidsentrums en n belangrike hawe aan die Baltiese See Daarnaas is dit die wereld se noordelikste miljoenestad Die Venesie van die Noorde soos Sint Petersburg n stad wat op 42 eilande in die Newa delta ontstaan wat deur meer as 400 brue en talle kanale met mekaar verbind word dikwels genoem word was die resultaat van n grootskaalse stedelike bouprojek wat in 1703 onder tsaar Pieter die Grote begin is en slegs danksy die grootskaalse gebruik van dwangarbeiders onder wie Russiese soldate Sweedse en Ottomaanse krygsgevangenes en Finse en Estniese werkers verwesenlik kon word Hierdie mense het in minder as twintig jaar n stad voltooi wat volgens die ontwerp van die Franse boumeester en tuinontwerper Jean Baptiste Alexandre Leblond 1679 1719 wat in 1716 as hoofargitek vir die Sint Petersburg projek aangestel is n onherbergsame kusgebied in n eersterangse Europese metropool met paleise kerke en kloosters asook tweeverdiepingwoonhuise omgeskep het Tsaar Pieter die Grote se visie was om vir Rusland destyds n uitgestrekte maar agtergeblewe ryk n venster na die weste te open om sy land toeganklik te maak vir die ontwikkelde Europa se ambagte kuns en beskawing As timmerman in Amsterdam het hy self onder die indruk van n moderne stad gestaan wat as voorbeeld vir sy nuwe regeringsetel sou dien n vooruitstrewende metropool met seehawe kanale en brue Sint Petersburg se pragstraat die Nefskij prospekt met sy indrukwekkende Jugendstilfasades die Russiese Museum en die Grand Hotel Europa ding mee met Parys se Champs Elysees en die Kurfurstendamm in Berlyn en vir die digter Nikolai Gogol was hierdie laan die grootste aantreklikheid in Rusland se Oosseemetropool Sint Petersburg se argitektoniese erfenis verenig n verskeidenheid uiteenlopende boustyle soos barok rokoko en suiwer neoklassieke boustyle met geboue soos die Admiraliteits Winter en Marmerpaleis en die Hermitage So is die historiese middestad tot Unesco werelderfenisgebied verklaar Sint Petersburg was in die laat 19de en vroee 20ste eeu n dinamiese periode van ontwikkeling in die Russiese Ryk die setel van die meeste banke en sodoende die spilpunt van Russiese kapitalisme en globalisering waar sosiale klasse gevorm en maatskaplike mobiliteit begin het maar ook grootskaalse verstedelikings en transformasieprosesse aan die gang was die oorgrote meerderheid van Sint Petersburgers in die jare voor die Groot Oorlog was voormalige boere die bakermat van nuwe strominge in literatuur argitektuur musiek en skilderkuns van Russiese massakultuur en van n lewendige burgerlike samelewing prosesse wat van die stad omstreeks 1900 een van die sentra van Europese modernisme gemaak het en eers deur die Russiese Oktoberrewolusie in 1917 waarin die stad n sleutelrol gespeel het skielik tot stilstand gedwing is 2 Ter geleentheid van sy driehonderdjarige jubileum in 2003 het Sint Petersburg sy status as een van Europa se groot metropole hervat Inhoud 1 Stadsnaam en bynaam 2 Geografie 3 Klimaat 4 Geskiedenis 4 1 n Beplande stad 4 2 Beleg van Leningrad 4 3 Moderne geskiedenis 5 Vervoer 5 1 Spoorwee 5 2 Openbare watervervoer 5 3 Metro van Sint Petersburg 6 Bekende boorlinge 7 Verwysings 8 Literatuur 9 Eksterne skakelsStadsnaam en bynaam WysigPieter die Grote het die stad wat hy laat bou het genoem na sy beskermheilige die apostel Petrus Aanvanklik is na gelang van sy verblyf in Nederland die Nederlandse toponimie Sankt Pieterburch gekies maar dit is kort na die stad se stigting na die Duitse Sankt Peterburg verander Na die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog toe anti Duitse sentiment hoog geloop het is die stad herdoop tot Petrograd Na Wladimir Lenin se afsterwe is dit ter ere van die Sowjetleier hernoem as Leningrad Met die verbrokkeling van die Sowjetunie en die ontbinding van die kommunistiese regeringstelsel het die stad op 6 September 1991 weer sy historiese naam teruggekry Die omliggende distrik se naam is nogtans nie aangetas nie dit staan steeds bekend as die Leningrad oblast Naas Venesie van die Noorde word na Sint Petersburg ook verwys as die Palmyra van die Noorde die Noordelike Hoofstad van Rusland na gelang van sy mededinging met Moskou Rusland se ander groot metropool en huidige hoofstad en Stad op 101 Eilande n sinspeling op die stad se ligging in die Newarivierdelta met sy talle eilande 3 Geografie Wysig nbsp Strandlewe naby n hotel in die stadsdeel ZelenogorskSint Petersburg het in n voormalige moerasgebied naby die Newamonding in die Finse Golf ontstaan Die huidige stadsgebied strek oor 1 431 km insluitende die voorstede Peterhof en Poesjkin wat sedert 1999 administratief onder beheer van die Sint Petersburgse stadsregering staan waarvan sowat n tiende deur waterliggame beslaan word Van die oorspronlike eilande in die stadsgebied het 42 bewaar gebly Hul getal is merkbaar verminder nadat baie kanale opgevul is Omrede die Newamonding ongeveer op seevlak gelee is en grondwater tydens die boubedrywighede reeds op n diepte van enkele sentimeter aangetref is moes die beboude gebied op hoer gelee terrein ontstaan Tans is Sint Petersburg tussen twee en vier meter bo seevlak gelee Die oewers is met granietblokke beveilig wat die stad nie net teen vloedwater beskerm nie maar ook bydra tot Sint Petersburg se stadskarakter Die Russiese digter Alexander Poesjkin het die Newa in sy gedig Die Ysterruiter derhalwe as n rivier beskryf wat in graniet gehul is Nogtans word Sint Petersburg voortdurend deur vloedwater en oorstromings bedreig Die stadsdeel Kronstadt wat op n eiland gelee is dien as nulpunt vir die waterstand Die Kronstadtse waterpeil se nulpunt is sowat 15 sentimeter hoer as die Amsterdamse waterpeil wat ook in Duitsland gebruiklik is Dit is die verwysingspunt vir waterpeilmetings in groot dele van Oos Europa Tot en met 1993 is dit ook in die oostelike deelstate van die herenigde Duitsland vir hierdie doeleinde gebruik Sint Petersburg is reeds verskeie kere deur oorstromings geraak Volgens die amptelike statistiek van 2003 is die stad vanaf sy stigting 295 keer oorstroom waarvan 44 oorstromings vanaf 1980 voorgekom het Verwoestende oorstromings het die stad in 1824 en 1924 getref Tydens die vloed van 1824 wat as inspirasie vir Poesjkin se Ysterruiter gedig gedien het was die waterpeil 4 2 meter bo die nulpunt Tussen 200 en 500 inwoners het hul lewens verloor terwyl 462 geboue vernietig is Klimaat WysigSint Petersburg die noordelikste miljoenemetropool op aarde is op die 60ste en dus dieselfde breedtegraad gelee soos die Skandinawiese hoofstede Oslo en Stockholm die suide van Alaska en die suidpunt van Groenland Die wisselende weerstoestande van Sint Petersburg word deur sy ligging aan die Oossee bepaal Die stad het n seeklimaat met gematigde somers en gemiddelde temperature van tussen 19 en 22 C Gedurendce die wintermaande daal die kwik tot gemiddeldes tussen 4 en 8 C Die hoogste temperatuur ooit is in 2010 met 37 C gemeet die laagste was 42 C in die winter van 1941 Die ligging op die noordelike 60ste breedtegraad beteken dat die stad in die tyd van die Somersonstilstand snags nie volledig in donkerheid gehul is nie Die sogenaamde Wit Nagte van Sint Petersburg lok inheemses en toeriste na buite Een van die gewildste besiensxwaardighede is die opening van Sint Petersburg se brue vir skeepsvervoer tussen 1 uur snags en 5 uur soggens Geskiedenis Wysig n Beplande stad Wysig nbsp Die Bronsruiter n monument ter ere van Pieter die Grote op Sint Petersburg se Senaatsplein nbsp Die verlate paleisruine van groothertog Nikolai Nikolajewitsj in Znamenka Peterhof voer mens terug na n vergane tydperk nbsp Sonstrale val helder deur die vensters van die verlate paleis As gevolg van die rewolusie in 1917 het die meeste adellikes uit die stad gevlug Baie verlate wonings het vervolgens begin verval So het waterpype gedurende die winter bevries en in die lente gebars nbsp Die Lachta sentrum in die gelyknamige stadsdeel met 462 m die hoogste wolkekrabber in die Russiese Federasie dien onder meer as hoofkwartier vir die energie onderneming GazpromPieter die Grote het Sint Petersburg op 27 Mei 1703 gestig in n voorheen yl bevolkte gebied wat hy net soos die Baltiese provinsies deur oorlogvoering van Swede verower het Die militere oorwinnings was eweneens aan n moderniseringsproses te danke danksy Wes Europese spesialiste is die Russiese leer in n strydmag met groot slaankrag omgeskep Voordat dit aan die tsaar se verwagtinge kon voldoen is geweldige bedrae daaraan bestee In Sint Petersburg se stigtingsjaar is byna die hele Russiese staatsbegroting vir militere uitgawes aangewend Nog in 1725 die jaar van Pieter se afsterwe het verdedigingsuitgawes sowat tagtig persent van die totale staatsbesteding verteenwoordig Tot vandag toe speel die Russiese vloot en leer n belangrike rol in die stad Vir Pieter het hierdie beleggings uiteindelik die gewenste vrugte afgewerp Hy wat as tsaar meer nog as Iwan IV die weswaartse orientasie van Rusland op byna alle gebiede van politiek tot modes Russiese mans is gedwing om hul baarde af te sny en Wes Europese klere te dra met alle mag bevorder het het Sint Petersburg beskou as sy venster op die Weste groot genoeg om die wind van verandering oor sy uitgestrekte ryk te laat waai Wat modernisering betref was Pieter nie net ambisieus nie maar het hy ook gou ongeduldig geraak met sy onderdane Toe hy na sy studies in Wes Europa wat n verblyf daar van anderhalf jaar vereis het na Moskou teruggekeer het moes hy sy gesag eers weer verstewig en opponente in n bloedige stryd uitskakel Dit was vir hom duidelik dat Moskou met sy dikwels eiesinnige bevolking wat nie net n opposisionele karakter vertoon het nie maar hardnekkig geweier het om hervormings te aanvaar en steeds vasgeklou het aan ou gelowe en tradisies aan sy verwagtinge en aanspraak as eersterangse moderne Europese heerser nie langer sou kon voldoen nie Die enigste opsie was om n nuwe moderne hoofstad te bou Amsterdam die stad waar Pieter n tyd lank gebly het sou as voorbeeld hiervoor dien Sint Petersburg wat in die nuut verworwe Oossee kusgebiede van noordelike Europees Rusland sou ontstaan was aanvanklik beperk tot die status van tegnokraties administratiewe seehawe as setel van regering en basis vir die Russiese Oosseevloot en leer Maar gaandeweg sou dit groei tot een van Europa se mees vooruitstrewende metropole Die pad daarheen was in baie opsigte moeilik begaanbaar Die weer geografie en haglike omstandighede het hul tol geeis met die bou van die stad Duisende dwangarbeiders is jaarliks na die gebied vervoer dikwels onder bewaking en selfs vasgeketting om ontsnapping te voorkom Die kleinste oortredings is onmiddellik en swaar gestraf Baie het egter ontsnap en talle ander is aan siektes en weens blootstelling aan die elemente dood Die dodetal tydens die boutydperk van 18 jaar word op tot 100 000 geskat In 1712 het Pieter Sint Petersburg amptelik tot nuwe hoofstad verklaar Die stad het veral floreer onder die bewind van twee van die magtigste vroue in die Russiese geskiedenis Pieter se dogter keiserin Elisabeth 1740 1762 en keiserin Katharina die Grote 1762 1796 Talle paleise en ander indrukwekkende geboue het in hul regeringstyd ontstaan Beleg van Leningrad Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Beleg van Leningrad nbsp Russiese troepe tydens n stormaanvalIn die Tweede Wereldoorlog is die stad byna 900 dae lank deur Duitse troepe onder bevel van generaal veldmaarskalk Wilhelm Ritter beleer en aan bombardement blootgestel Tydens die beleg van Leningrad tussen 8 September 1941 en 27 Januarie 1944 het die Duitse Weermag op bevel van Adolf Hitler geen poging aangewend om die stad in te neem nie maar dit van die res van die land afgesny In die koudste wintermaande kon kosvoorraad oor die bevrore Ladogameer ingesmokkel en sowat n derde van die stadsbewoners in veiligheid gebring word maar die res van die tyd was daar n groot hongersnood en tot n miljoen mense is na raming in hierdie tyd dood van wie sowat 800 000 van honger gesterf het Die Nasionaal Sosialistiese bewind het na die inval in die Sowjetunie planne ontwikkel om van die land n grootskaalse verskaffer van landbouprodukte vir die Duitse bevolking en weermag te maak Van begin af is die onvermydelike hongerdood van tientalle miljoene Sowjetburgers onder meer in die metropole Leningrad en Moskou koudbloedig aanvaar Op 23 September 1941 het die Opperkommando van die Duitse Weermag n geheime bevel ontvang Der Fuhrer ist entschlossen die Stadt Petersburg vom Erdboden verschwinden zu lassen Es besteht nach der Niederwerfung Sowjetrusslands keinerlei Interesse am Fortbestand dieser Grosssiedlung Die Fuhrer is vasbeslote om die stad Petersburg van die aardbodem te verdelg Na die oorwinning oor Sowjetrusland is daar geen behoefte meer om hierdie groot nedersetting te laat voortbestaan nie 4 Vanaf die lente van 1942 was die NS bewind van plan om die historiese gewes Ingermanland waarvan Leningrad deel uitgemaak het volgens die Generalplan Ost te annekseer en Duitse setlaars in die gebied te vestig Hierdie plan sou op die volksmoord aan sowat drie miljoen inwoners van Leningrad uitgeloop het vir wie by hierdie Neuordnung des Ostraums Herordening van gebiede in die Ooste geen plek meer was nie Josef Stalin se bevel was om Leningrad onder alle omstandighede te verdedig en nie aan die Duitse invallers te oorhandig nie Die stad is deur die Rooi Leer maar ook n halfmiljoen inwoners verdedig wat barrikades en tenkversperrings opgerig het Vir die eerste keer tydens die Tweede Wereldoorlog is gebruik gemaak van die gevreesde Katjoesja missiellanseerder waarna Duitse soldate later as Stalinorrel sou verwys Vir sy heldhaftige verdediging is aan Leningrad later die eretitel Heldestad van die Sowjetunie toegeken Moderne geskiedenis Wysig nbsp Die nuwe gebou van Rusland se Nasionale Biblioteek het langs die Moskou prospekt ontstaan nbsp Krestofski stadion op die gelyknamige eilandVolgens n besluit van Wladimir Lenin het Sint Petersburg in 1918 sy status as regeringsetel kwytgeraak Russiese departemente en ander regeringsinstellings het vervolgens na Moskou teruggekeer Vandag is Sint Petersburg naas Moskou en die Goue Ring van Rusland een van drie hoofbestemmings in die Russiese Federasie vir buitelandse toerisme Met sy argitektuur uit die agttiende en negentiende eeu sy talle kanale lang reguit strate tuine parke en paleise beskik die stad oor unieke argitektoniese ensembles In 2018 het die stad 3 9 miljoen buitelandse ontvang Na die invoering van elektroniese visa vir toeriste uit 53 lande op 1 Oktober 2019 sal besoekergetalle in Sint Petersburg en die Leningrad oblast na verwagting merkbaar toeneem 5 Daar is ook talle nywerhede onder meer staal chemie en masjienbou Sint Petersburg is die setel van die Russiese Akademie vir Wetenskappe en het drie universiteite en n konservatorium Daar is sowat 120 museums waaronder die enorme Hermitage en 18 teaters waaronder die Marinskiteater Sedert 1955 is daar ook n moltreinstelsel Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker Konfederasiebeker in 2017 en FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 2018 Vervoer WysigSpoorwee Wysig Die eerste spoorlyn in die Russiese Tsareryk is in 1837 vanaf Sint Petersburg na Zarskoje Selo die Tsaredorp soos die keiserlike somerresidensie genoem is gebou Veertien jaar later in 1851 is die treinroete na Moskou geopen terwyl die spoorlyn na Warskou tussen 1851 en 1862 gebou is Die Warskou treinroete het in Vilnius vertak en Sint Petersburg sodoende via die Pruisiese Oosspoorlyn Preussische Ostbahn regstreeks met Koningsberg en Berlyn verbind nadat die Pruisiese en Russiese spoornetwerk in 1861 naby die Oos Pruisiese nedersetting Eydtkuhnen met mekaar verbind is Vanaf 1896 tot die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog in 1914 het hierdie spoorlyn ook die luukse treindiens Nord Express bedien wat Sint Petersburg met Parys verbind het met n reistyd tussen 48 en 52 uur Vir passasiers wat in Parys aangekom het was daar treinverbindings na die Franse Riviera Londen Spanje en Portugal In Sint Petersburg kon reisigers maklik oorstap na treine soos die Trans Siberiese Spoorweg wat hulle na die Stille Oseaan en bestemmings in China geneem het 6 Openbare watervervoer Wysig nbsp Die skeerboot Meteor 197 op die NewaSkeerbote in Russies meteori genoem is n gewilde vervoermiddel vir toeriste wat besoeke aan die voorstede Peterhof en Kronstadt bring Meteori is bote met vlerke benede die wateroppervlak wat danksy hul stygkrag met toenemende spoed bo die wateroppervlak begin opstyg Hierdie bote kann snelhede van tot 43 knope of 80 km per uur behaal Die rit vanaf St Petersburg na Peterhof neem sowat n halfuur Skeerbootvervoer is beperk tot die somermmaande aangesien die Newa in die wintermaande moontlik bevries 7 Metro van Sint Petersburg Wysig nbsp Narvskaja stasie op lyn 1Die moltreinstelsel of metro van Sint Petersburg Russies Sankt Peterburgskij Metropoliten Sankt Petersburgskij Metropoliten word vanwee sy indrukwekkende boustyl en versierings wat as ondergrondse paleise vir die volk beskryf is as een van die aantreklikstes ter wereld beskou Die Sowjetunie se vernaamste argitekte is uitgenooi om stasies te ontwerp waarvan die mure met duisende ton marmer graniet en kalksteen versier is Beeldhouwerke mosaieke en kandelare is deur kunstenaars ontwerp Tegelykertyd is Sint Petersburg se metro een van die diepste moltreinstelsels op aarde met stasies wat op n gemiddeld van tussen 70 en 80 meter ondergronds gelee is Die diepste daarvan Admiralteiskaja is teen n diepte van 96 meter gebou Die Sint Peterburgse stelsel is heelwat jonger as Moskou s n die eerste moltreinlyn is op 15 November 1955 in bedryf gestel Tans bestaan die netwerk uit vyf lyne met n totale lengte van 124 8 km en 72 stasies Daagliks word sowat twee miljoen jaarliks meer as 720 miljoen passasiers vervoer Die stelsel het sowat 13 000 medewerkers in diens Bekende boorlinge WysigJoseph Brodsky 1940 1996 Russies Amerikaanse digter en essayis Wladimir Poetin 1952 Russiese politikus Daniel Bederov 1991 Russies Kanadese fotomodelVerwysings Wysig ru gks ru Bevolking soos op 1 Januarie 2020 Geargiveer 24 Januarie 2020 op Wayback Machine de Karl Schlogel Frithjof Benjamin Schenk en Markus Ackeret reds Sankt Petersburg Schauplatz einer Stadtgeschichte Frankfurt am Main Campus 2007 bl 29 en saint petersburg com Quick Facts Besoek op 7 Februarie 2020 Geargiveer 14 Februarie 2020 op Wayback Machine de Jorg Ganzenmuller Das belagerte Leningrad 1941 1944 Eine Stadt in den Strategien von Angreifern und Verteidigern Schoningh Paderborn 2005 bl 13 82 Zitate bl 17 en 20 das Joachim Hoffmanns Position betreffende Zitat bezieht sich auf dessen Beitrag Joachim Hoffmann Die Kriegfuhrung aus der Sicht der Sowjetunion In Das Deutsche Reich und der Zweite Weltkrieg hrsg v Militargeschichtlichen Forschungsamt Band 4 Der Angriff auf die Sowjetunion DVA Stuttgart 1983 ISBN 3 421 06098 3 S 713 809 hier bl 741 en Visit Petersburg Official St Petersburg City Guide E visa Besoek op 14 Januarie 2020 Geargiveer 14 Januarie 2020 op Wayback Machine en Ralf Roth en Henry Jacolin reds Eastern European Railways in Transition Nineteenth to Twenty first Centuries Abingdon Oxon and New York NY Routledge 2016 bl 121 en Fodor s Travel Guides Fodor s Moscow amp St Petersburg Full color Travel Guide Kindle eBoek uitgawe 2014 pos 7919 7924Literatuur Wysig nbsp Peterhof nbsp Die Katharina paleis nbsp Die Moskouse treinstasie van Sint Petersburg is een van vyf hoofstasies in die Newametropool en bedien roetes na Moskou soos sy naam aandui en ander bestemmings in die Federasie en Edward Acton Rethinking the Russian Revolution Oxford University Press 1990 en Edward Acton Vladimir Cherniaev en William G Rosenberg reds A Critical Companion to the Russian Revolution 1914 1921 Bloomington 1997 en John Barber BBC History Stalin and the Betrayal of Leningrad en Orlando Figes A People s Tragedy The Russian Revolution 1891 1924 fr Oleg Kobtzeff Espaces et cultures du Bassin de la Neva representations mythiques et realites geopolitiques in Saint Petersbourg 1703 2003 Actes du Colloque international Universite de Nantes Mai 2003 ouvrage coordonne par Walter Zidaric CRINI Nantes 2004 ru R A Nezhihovskij Reka Neva i Nevskaya guba Leningrad Gidrometeoizdat 1981 en Richard Pipes The Russian Revolution New York 1990 en Edvard Radzinsky Stalin The First In depth Biography Based on Explosive New Documents from Russia s Secret Archives 1997 en John Reed Ten Days that Shook the World Eerste uitgawe 1919 uitgegee deur BONI amp Liveright Inc vir International Publishers Transkripsie en aanmerkings deur David Walters vir John Reed Internet Archive Penguin Books eerste uitgawe 1980 de Karl Schlogel Petersburg Das Laboratorium der Moderne 1909 1921 Munchen en Berlyn Carl Hanser 2002 en Voline The Unknown Revolution Black Rose Books en Dmitri Volkogonov Stalin Triumph and Tragedy 1996Eksterne skakels WysigWiki webtuistesWikimedia Commons bevat media in verband met Sint Petersburg en Toerisme inligting oor Sint Petersburg op Wikivoyage en Satellietbeeld van Sint Petersburg by WikiMapiaAmptelike webtuistes ru Amptelike webtuiste van die stadsadministrasie en fr Amptelike Unesco bladsyAlgemene inligting en ru Ensiklopedie van Sint PetersburgMedia de http www swr de schaetze der welt st petersburg id 5355190 nid 5355190 did 5978146 mpdid 5978142 1hn9aqy index html Geargiveer 7 Mei 2013 op Wayback Machine en Around the World 8K St Petersburg en St Petersburg Aerial Timelab pro en Winter in St Petersburg 4K Ultra HD en Nuwejaar 2018 in St Petersburg en St Petersburg The City of White Nights Timelab pro Fotogalerye en Sint Petersburg omstreeks 1900 Hoofstad van Keiserlike Rusland en Foto webtuiste oor die lewe in Sint Petersburg en Sint Petersburg foto sBoukuns en Geskiedenis en foto s van die stadsbrue Koordinate 59 57 N 30 18 O 59 950 N 30 300 O 59 950 30 300 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sint Petersburg amp oldid 2531889