www.wikidata.af-za.nina.az
Die renosterveld verwys oorspronklik na n streek in die Overberggebied van die Kaapkolonie wat n kenmerkende flora en fauna gehad het Die Overbergse renosterveld het eens die golwende laagliggende landskap van die oorgrote Overbergstreek bedek en was die tuiste van baie wildtroppe Vandag is dit egter een van die mees bedreigde biome ter wereld aangesien die omvang daarvan weens landboupraktyke met 95 afgeneem het Die vrugbare grond van hierdie ekostelsel is grotendeels omgeploeg sodat vandag slegs fragmente oorbly meestal in plekke wat te styl of rotsagtig is vir saaiboerdery 2 Meer onlangs word die term ook gebruik om dergelike plantegroei van n naasgelee streek in die Wes Kaap aan te dui naamlik die van die Swartland 1 Omvang van die oorspronklike Overbergse renosterveld 1 Inhoud 1 Samestelling 2 Versnippering 3 Overberg 4 Swartland 5 Tipes renosterveld 6 VerwysingsSamestelling WysigRenosterveld maak deel uit van die Kaapse floraryk saam met bergfynbos wat arm aan voedingstowwe is en strandveld wat alkaliese grond het wat ryk aan voedingstowwe is n Belangrike verskil met fynbos is dat in renosterveld die restio s die protea s en die heideagtiges wat oorheersende elemente van fynbos is ontbreek Pleks daarvan het dit baie grasse soos Themeda en Cymbopogon struike uit die Asteraceae en die grootste verskeidenheid geofiete veral bolgewasse ter wereld Daar word bespiegel oor die hoeveelheid gras waaruit hierdie bioom aanvanklik bestaan het en of die graskomponent deur menslike toedoen sou toeneem of afneem 2 Versnippering WysigRenosterveld gedy op vrugbare grond waarvan meeste omskep is in omgeploegde saailande Minder as 5 bestaan nog in klein geisoleerde stukkies byvoorbeeld op klipperige koppies wat nie vir saailandbou geskik is nie Etlike fauna elemente van hierdie lewensgemeenskap het weens hierdie versnippering uit die streek verdwyn soos die swartrenoster en tierboskat of het volkome uitgesterf soos die kwagga en bloubok 1 Natuurbewaarders is ook besorg oor die uitwerking van die versnippering op die genetiese verskeidenheid van die endemiese plantspesies Navorsing op die bloubaardbekkie n eenjarige endemiese plant het nogtans min negatiewe uitwerking getoon 3 Overberg WysigIn 2013 het die WWF die Haarwegskloofplaas gekoop Dit omvat die grootste stuk renosterveld wat steeds bestaan 500 ha Dit is noord van die De Hoop natuurreservaat gelee en daar is planne om die twee met mekaar te verbind 4 Swartland Wysig nbsp Oorspronklike omvang van die renosterveldplantegroei in die Swartland 5 Swartberg skalie Swartberg graniet Swartberg silkreet n Ander gebied met renosterveldplantegroei is die skalie van die Swartland Drie soorte renosterveld word hier aangetref Swartberg skalierenosterveld oorwegend Swartberg granietrenosterveld suidwestelik Swartberg silkreetrenosterveld baie lokaal Tipes renosterveld WysigRenosterveld kan as westelik Swartland en suidelik Overberg onderverdeel word maar ook volgens die hoogte waarop dit voorkom d i kusrenosterveld en bergrenosterveld Bergrenosterveld het meer sukkulente as kusrenosterveld en die weste het meer fynbosinvloede minder grasse en n groter verskeidenheid van eenjarige plante en bolgewasse Die suide kry meer reen en het meer grasse en toon benewens groter verskille na gelang van hoogte 6 Die WWF deel die kus en bergrenosterveld by twee verskillende ekostreke in naamlik die kusfynbos en renosterveld en die bergfynbos en renosterveld Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Die Overberg se ruens Renosterveld 2 0 2 1 Overberg Renosterveld Conservation Trust What is Renosterveld Shrubby grassland or grassy shrubland overbergrenosterveld org za Renosterveld News Besoek op 3 Julie 2020 Low impact of fragmentation on genetic variation within and between remnant populations of the typical renosterveld speciesNemesia barbatain South Africa Steffen Heelemann et al Biochemical Systematics and Ecology 54 2014 bls 59 64 Haarwegskloof in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2019 BA Walton Vegetation Patterns and Dynamics of Renosterveld at Agter Groeneberg proefskrif Stellenbosch Universiteit 2006 boskloof co za PDF Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 20 Junie 2014 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Renosterveld amp oldid 2463011