www.wikidata.af-za.nina.az
Onafhanklikheid van n land organisasie of regeringstak dui op die vermoe om self te regeer teenoor om deur iemand anders regeer te word Die verklaring van sulke onafhanklikheid impliseer somtyds n gewelddadige wegbreek van die heersende bestel en is daarom n rede vir gereelde herdenking van die oorwinning John Trumbull se skildery Onafhanklikheidsverklaring Declaration of Independence wys die vyf lede van die ontwerpskomitee wat in 1776 die teks van die Onafhanklikheidsverklaring aan die Tweede Kontinentale Kongres in Philadelphia voorleProklamasie en sweer van die onafhanklikheid van Chili skildery deur Pedro Subercaseaux Errazuriz 1945Kaart van Afrikalande volgens hul onafhanklikheiddatums Inhoud 1 Onafhanklikheid van n land of staat 1 1 Onafhanklikheidsverklaring 1 2 Onafhanklikheidsdag 1 3 Onafhanklikheidsoorlog 2 Sien ook 3 Eksterne skakelsOnafhanklikheid van n land of staat WysigMet die onafhanklikheid van n land of staat word bedoel dat so n land of staat nie meer deur n ander staat geregeer of bestuur word nie en volledig kan beslis oor binnelandse en buitelandse beleid tot die mate toegelaat in internasionale reg Onafhanklik beteken dus nie dat n land nie meer afhanklik is van ander lande nie maar wel dat dit die reg het om self te besluit Die status van onafhanklikheid word internasionaal bepaal deur die Verenigde Nasies n Onafhanklike land kan dan ook lid word van die Verenigde Nasies Daar is enkele lande waarvan die onafhanklikheid internasionaal nie erken word nie maar wel deur een of meer lande n Voorbeeld is Turks Siprus wat slegs deur Turkye erken word Voor 1994 het slegs Suid Afrika die onafhanklikheid van die tuislande Transkei Venda Ciskei en Bophuthatswana erken sowel as die van Taiwan Daar is ook enkele lande wat hul onafhanklikheid eensydig verklaar het Voorbeelde hiervan is Puntland in Somalie en die toenmalige Rhodesie nou Zimbabwe Onafhanklikheidsverklaring Wysig Die Onafhanklikheidsverklaring dui op n amptelike dokument of bekendmaking dat n spesifieke staat hom die reg voorbehou of dat hierdie reg aan hom toegestaan word om homself te regeer Onafhanklikheidsdag Wysig Die onafhanklikheidsdag of onafhanklikheidsdatum van n staat word gewoonlik gedefinieer as die datum waarop soewereiniteit bereik word In sommige gevalle mag die gegewe datum nie onafhanklikheid in die strengste sin voorstel nie maar eerder n belangrike gebeurtenis van nasiebou soos die tradisionele stigtings of eenheidswordingsdatum of n fundamentele verandering in die vorm van regering Onafhanklikheidsoorlog Wysig n Onafhanklikheidsoorlog is n gewapende stryd met die doel onafhanklikheid te verkry So n oorlog kan vooraf gegaan word deur n onafhanklikheidsverklaring waar n geografiese gebied of etniese groep onafhanklikheid verklaar vanaf n ander staat of etniese groep Sien ook WysigKolonialisme Pier Gerlofs Donia Imperialisme Che Guevara Neokolonialisme Lys van lande volgens onafhanklikheidsdatumEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir onafhanklikheid Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Onafhanklikheid amp oldid 2547938