www.wikidata.af-za.nina.az
Margaret Hilda Thatcher Barones Thatcher 13 Oktober 1925 in Grantham Lincolnshire 8 April 2013 in Londen was die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk van 1979 tot 1990 en die leier van die Britse Konserwatiewe Party van 1975 tot 1990 Sy was die eerste en tot dusver enigste vrou wat hierdie posisie beklee het en het tydens haar bewind bekend geword as Die Ystervrou Margaret ThatcherEerste Minister van die Verenigde KoninkrykAmpstermyn4 Mei 1979 28 November 1990Vise William WhitelawGeoffrey HoweMonarg Elizabeth IIVoorafgegaan deur James CallaghanOpgevolg deur John MajorLeier van die OpposisieAmpstermyn11 Februarie 1975 4 Mei 1979Monarg Elizabeth IIEerste minister Harold WilsonJames CallaghanVoorafgegaan deur Edward HeathOpgevolg deur James CallaghanLeier van die Konserwatiewe PartyAmpstermyn11 Februarie 1975 28 November 1990Voorafgegaan deur Edward HeathOpgevolg deur John MajorStaatsekretaris vir Onderwys en WetenskapAmpstermyn20 Junie 1970 4 Maart 1974Eerste minister Edward HeathVoorafgegaan deur Edward ShortOpgevolg deur Reginald PrenticeLid van die Parlement vir FinchleyAmpstermyn8 Oktober 1959 9 April 1992Voorafgegaan deur John CrowderOpgevolg deur Hartley BoothPersoonlike besonderhedeGebore 13 Oktober 1925 Grantham EngelandSterf 8 April 2013 op 87 Londen EngelandPolitieke party Konserwatiewe PartyEggenoot note Denis ThatcherKind ers 2Alma mater Somerville College OxfordInns of CourtReligie Metodisme 1925 1951 Kerk van Engeland 1951 2013 Thatcher is in Engeland gebore Sy het chemie aan die Somerville Kollege in Oxford gestudeer en is later as advokaat opgelei In 1959 het sy n setel in die Britse algemene verkiesing van 1959 gewen en n parlementslid vir die Londense voorstad Finchley geword Na die Konserwatiewe Party die algemene verkiesing weer in 1970 gewen het het die toenmalige eerste minister Edward Heath haar as die Staatsekretaris vir Onderrig en Wetenskap aangewys Vier jaar later het Thatcher vir Keith Joseph ondersteun in sy poging om die leier van die Konserwatiewe Party te word Joseph was egter geforseer om uit die Konserwatiewe Party se leierskapsverkiesing van 1975 te onttrek Thatcher het besluit om haarself as kandidaat beskikbaar te stel en is na die verkiesing as die nuwe leier van die Party aangewys Met die volgende nasionale verkiesing het die Konserwatiewe Party n oorwinning behaal en is Thatcher as Eerste Minister aangewys Thatcher en Ronald Reagan in 1986 in Camp David In die inleiding tot haar 1979 manifes het sy geskryf oor n gevoel van hulpeloosheid dat n eens groot nasie op een of ander manier agtergeraak het 1 Sy het by Downingstraat 10 ingestap met n vaste voorneme om n ommekeer teweeg te bring in wat sy as n nasionale afname gesien het gekarakteriseer deur n kombinasie van hoe inflasie hoe werkloosheidsyfers en stagnerende of stadige groei Haar politiese filosofie en ekonomiese beleid het nadruk gele op deregulasie veral in die finansiele sektor buigbare arbeidsmarkte en die verkoop van besighede in staatsbesit Die hoe werkloosheidsyfer en n nasionale resessie het n afname in haar gewildheid beteken alhoewel die daaropvolgende ekonomiese herstel en die Falklandoorlog in 1982 haar hernieude ondersteuning gebring het Sy is herverkies in die 1983 verkiesing Thatcher het n ontoegeeflike houding teenoor vakbonde gehad n sluipmoordaanval oorleef en die Sowjetunie teegesit Met die 1987 verkiesing is sy vir n derde termyn verkies maar die volgende jare het moeilik verloop haar kopbelastingplan was uiters ongewild en haar mede kabinetslede het nie haar sienings oor die Europese Unie gedeel nie In 1990 het Michael Heseltine haar posisie as leier van die Konserwatiewe Party uitgedaag en Thatcher het besluit om te bedank Haar ampstermyn as Eerste Minister was die langste sedert die van Lord Salisbury en die langste aaneenlopende sedert Lord Liverpool in die 19de eeu 2 Sy was die eerste vrou wat n groot politieke party in die Verenigde Koninkryk gelei het en die eerste van slegs drie vroue wat enige van die vier hoogste staatsposisies van die Britse staat beklee het Sy is tot die adel verhef as Barones Thatcher van Kesteven in die Graafskap Lincolnshire en het sodoende n lewenslange lid van die Britse Hoerhuis geword Bronnelys en verwysings Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Margaret Thatcher Oorspronklike Engelse aanhaling a feeling of helplessness that a once great nation has somehow fallen behind Uit Thatcher Margaret 2001 Conservative Party Manifesto 1979 in Engels politicalstuff co uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019 Besoek op 28 Julie 2009 HM Government Margaret Thatcher 10 Downing Street in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018 Besoek op 5 Januarie 2008 Voorafgegaan deurJames Callaghan Arbeidersparty Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk Konserwatiewe Party 1979 1990 Opgevolg deurJohn Major Konserwatiewe Party Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Margaret Thatcher amp oldid 2438857